Witzenberg Herald Vol.26 no.23 (Online Weergawe)

Page 1

Witzenberg

WH H e r a l d

4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Bakkiedief vlug

GOEIE samewerking tussen plaaswaglede en die Ceres en Wolseley polisie, het gehelp dat ‘n vermeende bakkiedief die naweek vinnig vasgetrek kon word.

‘n Ford Bantam bakkie is in Worcester gesteel waarna die dief na Ceres uitgewyk het.

Lees meer op bladsy 3

Meer as 200 mm val in streek

Klaasen bedank as

raadslid

ISUZU skrik nie vir water nie! Die laagwaterbruggie tussen Alheit- en Hugostraat op Ceres is omstreeks 10:00 Woensdagoggend gesluit nadat die Dwarsrivier begin afkom het. * Berig en fotos op bladsy 3.

Dam styg met 20%

DIE afgelope week het die Ceres Koekedouwdam met 20% gestyg.

Dit is goeie nuus vir die landbougemeenskap en inwoners. Die dam was verlede Woensdag 49.2% en het Woensdag 14 Junie tot 69% gestyg. Die dam was 58.4% in die ooreenstemmende week in 2022.

Meer as 215 mm is sover die maand op Ceres gemeet. Van 3-4 Junie is daar tussen 80 en 95 mm reën op Ceres gemeet. Nog reën het tussen 7 Junie en 14 Junie (09:00) uitgesak.

In die tyd is 119.2 mm gemeet. In dieselfde tydperk is byna 75 mm in die Sterkwater-omgewing gemeet en 110.8 mm in die Romansrivier-omgewing.

Tulbaghdam het die afgelope week van 42% na 53% gestyg. Dit is beslis ook goeie nuus vir Tulbagh-inwoners wat sedert 21 April gebuk gaan onder vlak 4 waterbeperkings en waterbeurtkrag tussen 09:00 tot 16:00 daagliks.

Min skade is teen Woensdagoggend aangemeld.

Munisipale werkers was vroeg reeds druk besig om verstopte stormwater dreine oop te maak.

Die laagwaterbruggie tussen Alheit- en Hugostraat op Ceres is omstreeks 10:00 Woensdagoggend gesluit nadat die Dwarsrivier begin afkom het. Die woonstelle en parkeerplek by die Oewer Villas oorkant die Koekedouwdam se ingang was Woensdag ook onder water.

Nog reën

Nog reën is vir die res van Woensdag en Donderdag 15 Junie voorspel.

Die Wes-Kaap se rampbestuursentrum het Dinsdag gesê hulle is op ‘n gereedheidsgrondslag weens swaar reën wat vir die volgende 36 uur voorspel is.

Volgens die weerdiens sal ‘n frontale stelsel koue, nat en winderige weer oor die Wes-Kaap teweegbring.

Dit kan tot na die langnaweek duur. Rukwinde word voorspel en daar is ook ‘n moontlikheid van sneeu op hoogliggende dele.

BARNITO Klaasen, raadslid en ‘n voormalige burgemeester van die Witzenberg munisipaliteit, het as raadslid bedank.

Die DA in die Wes-Kaap het Dinsdag 12 Junie in ‘n mediaverklaring bevestig dat Klaasen, ‘n proporsionele raadslid van die DA, op 6 Junie as raadslid bedank het en dat die bedanking op 1 Julie in werking sal tree. Die DA het gesê hulle wens hom alle sterkte toe.

Na ‘n onstuimige 18 maande met talle ondersoeke teen hom, is Klaasen ook op 14 April van die prokureursrol geskrap en ‘n voorlopige sekwestrasie-aansoek is op 16 Mei by die Meester van die Hooggeregshof teen hom en sy vrou, ingedien.

Respondente moet op 27 Junie vir die hooggeregshof aandui waarom die sekwestrasie-aansoek teen die egpaar nie ‘n finale bevel gemaak moet word nie. Verdere siviele klagtes en optrede deur klaers word nie uitgesluit nie. Behalwe vir die SARPR se regskostes, is Klaasen verantwoordelik vir meer as R7.2 miljoen se terugbetalings.

Agtergrond

Die SARPR-aansoek om Klaasen (47) van die prokureursrol te skrap is op 14 April in die Kaapstad Hooggeregshof toegestaan.

Die SARPR-ondersoek enaansoek hou verband met R6.559 miljoen wat Klaasen onregmatig

vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het, dat hy tydens die ondersoek verbied was om verder as prokureur te praktiseer en dat die trustrekening bevries word. Die prokureurskantoor op Ceres is ook gesluit.

Die Kaapstad hooggeregshof het al op 5 Mei 2022 ‘n bevel bekragtig dat Barnito Klaasen aanspreeklik gehou moet word vir gelde van ‘n kliënt wat hy uit sy trustrekening onttrek het.

Klein Eikeboom boerdery en Druk my Niet Stud, is die twee applikante wat die aansoek teen Barnito Klaasen gebring het en deur waarnemende regter Carter aangehoor is.

Waarnemende regter Carter het verlede jaar beveel dat Klaasen die bedrag van R6.559 miljoen plus rente vanaf 22 Desember 2021 moet terugbetaal aan die twee applikante asook die regskostes van die applikante se regspan.

Die Demokratiese Alliansie (DA) het die laaste paar maande soos die graf geswyg en het dié politieke party se Federale raad tot op hede geen tugstappe teen Klaasen geneem nie - nieteenstaande die 2022 Hooggeregshofbevel.

Oor die polisie-ondersoek teen Klaasen is daar tans nog min inligting bekend oor behalwe dat die Bellville handelsmisdaadeenheid dit ondersoek.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Volume 26 no. 23 R 8.50 Friday, 16 June 2023 Ceres Koekedouw dam 69% Tulbagh dam 53% Lesings geneem: 2023/06/14
Donderdag 15 Junie 5° 15° Vrydag 16 Junie Saterdag 17 Junie Sondag 18 Junie 4° 17° 4° 15° 3° 13° CERES (023) 312-2144 A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za (023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za

DIE Togryers museum was Vrydag 9 Junie die plek waar die nuwe boek, Bella Bo, Bella Vista Rugbyklub se goue seisoen 2022, se bekendstelling aangebied is. Die skrywer, Sydney Davis, en Kaalvoet media, het saam met klublede, afrigters, Witzenberg raadslede, Vriende van die museum en ondersteuners van die klub, die bekendstelling bygewoon. Oom Cupido (Pie) Visagie, die erepresident en enigste oorblywende stigterslid van die klub het tydens die geleentheid sy trots uitgespreek teenoor die klub en die spelers. Hier is ‘n paar oudspelers afgeneem tydens die bekendstelling. VLNR: Divan Paulse (agterspeler afrigter), Jonathan Fredericks (hoofafrigter), rdl. Kariem Adams, Hilton Seroot (tegniese afrigter) en Barry Minnaar (oudafrigter van Bella Vista). * Die boek is teen R280 te koop by die Togryers museum.

Kliënt deel haar ervaring met African Bank

JOAN Malan van Tulbagh skryf:

‘n WERKNEMER van African Bank het in Augustus 2022 geld uit my bankrekening gesteel.

My bankrekening is na die diefstal gevries ongeag die finansiële krisis waarin dit my geplaas het.

Na my klagte aangemeld is, het die areabestuurder toevallig aan my genoem die diefstal is deur ‘n werknemer gepleeg en dat ek dit by die polisie moet gaan aanmeld.

Ek moes talle kere heen en weer ry van Tulbagh na Ceres om op hoogte te kon bly van die African Bank ondersoek.

Toe ek uiteindelik weer geld kon trek, moes ek dit stuk-

stuk doen wat baie ongerieflik was.

Na die voorval het ek 10% rente op die gesteelde bedrag van African Bank geëis vir trauma en ongerief.

Nou na ses maande se gesukkel het die areabestuurder en/of African Bank nog nie hul belofte van die ekstra 10% rente nagekom nie.

Ek wil aan African Bank se bestuur vra: Wie moet die 10% rente betaal - African Bank of die bestuurder wat dit belowe het?

Kommentaar ‘n Navraag hieroor is vroeër die week aan African Bank en die areabestuurder gestuur. Teen Woensdag het niemand nog op dié navraag gereageer nie.

Hey every BUNNY

INWONERS sou die afgelope weke die werkery by die ingang vanaf Bella Vista opgemerk het waar ‘n nuwe ingangsmuur gebou is. Ceres Besigheidsinisiatief (CBI) pak die projek saam met die Witzenberg munisipaliteit aan. Hulle beoog om later sodra fondse beskikbaar is, nog ingangsmure by Bella Vista en Nduli op te rig. Die Ceres-naam gaan ook hier opgerig word, soortgelyk aan die een by die Michellspas se hoofingang. Die muur en tuin is netjies afgerond met plaaslike klip en heinings. Die beplanning is om teen Juliemaand die gedenkplaat op te sit.

FOTO: Naas van der Merwe

CERES SEKONDÊRE SKOOL

benodig die dienste van ‘n dame vir ons voedingskema kombuis om te help met:

VOEDSELVOORBEREIDING

Pligte is as volg:

1.Voorbereiding van maaltye

2.Voorraadbeheer

Aansoeke kan ingehandig word by: Ceres Sekondêr se kantoor Sluitingsdatum vir aansoeke : Dinsdag 20 Junie 2023 om 12:00

Indien u nie teen Vrydag 23 Junie 2023 van ons gehoor het nie, beskou asb. u aansoek as onsuksesvol

CERES SECONDARY

•Kids 4 - 17 years•Manicure

•Pedicure•Facial

•Massage•Makeup

•Birthday SPArty’s

•Matric farewell makeup

•Kids basic makeup class

•Mom & Me pamper day

•Best friends pamper day Venue can also be used for:

•Baby shower

•Bridal party

•Adult SPA day

•Adult birthday party

•Matric farewell pre-drinks & snacks (non alcoholic)

• Gifts • Kids SPA products

• Dried fruit • Snacks menu

BOOKINGS: (023) 312-1080

074-748-5715

littleskinceres55@gmail.com

28B Voortrekker Road, Ceres (Langs SKIN Health & Beauty)

Monday - Friday: 08:00 - 17:00

Saturday: 08:00 - 12:00

SCHOOL

FARM MANAGER (WCED OPS-JE 1912)

Qualifications :

1.NQF 6 Appropriate National Diploma in Agriculture-related field

2.Driver’s licence

Please hand in your application at: Office of Ceres Secondary School

Or e-mail to: ceres.sec@wcgschools.gov.za

Closing date for applications: Tuesday 20 June 2023 at 12:00

Should you not receive any feedback by Friday 30 June 2023, please consider your application unsuccessful.

NOU is dit blitsvinnig om jou weeklikse uitgawe van die Witzenberg Herald te kry. As jy nie by ‘n kafee of supermark kan uitkom nie, kan jy enige tyd die Witzenberg Herald digitale QR-kode skandeer en betaal. Vinnig, veilig en gerieflik. Jy betaal via Payfast, een van die land se veiligste betalingsplatvorms. Sodra jy betaal het, word ‘n skakel na jou epos of selfoon gestuur. Jy kan die koerant lees in PDF-formaat of op ISSUU. Lesers kan ook per maand inteken op die koerant @ R39 per maand.

CERES SECONDARY SCHOOL

FARM FOREMAN (WCED OPS-JE 1913)

Qualifications:

1.NQF Level 4 (Grade 12 certificate or equivalent)

2.Driver’s licence

Please hand in your application at: Office of Ceres Secondary School Or e-mail to: ceres.sec@wcgschools.gov.za

Closing date for applications: Tuesday 20 June 2023 at 12:00

Should you not receive any feedback by Friday 30 June 2023, please consider your application unsuccessful.

‘n JONG vrou van Ceres is die naweek skielik oorlede. Lizey Wildskut (34) was voor haar dood vir 13 jaar werksaam by Ceres Midas. Sy is die naweek dood in haar woonstel aangetref. Die polisie doen ‘n geregtelike doodsondersoek om die oorsaak van haar dood te bepaal.

* Die roudiens vind Donderdag 15 Junie plaas en ‘n gedenkdiens word op Saterdag 17 Junie om 10:00 vanuit die St. Matthews gemeente in Bella Vista gehou.

2 l WITZENBERG HERALD l 16 JUNE 2023
KIDS SPA PRODUCTS & TREATMENTS AVAILABLE
The Salon for kids are OPEN!

Laagwaterbrug gesluit

Bakkiedief vlug, EMS-personeel beroof

GOEIE samewerking tussen plaaswaglede en die Ceres en Wolseley polisie, het gehelp dat ‘n vermeende bakkiedief die naweek vinnig vasgetrek kon word.

‘n Ford Bantam bakkie is in Worcester gesteel waarna die dief na Ceres uitgewyk het.

Polisielede op Ceres het die bakkie opgemerk en agterna gesit. Die bakkiedief het via Michellspas weggegejaag en Sondagmiddag omstreeks 13:30 teen die sperreling by Witbrug vasgejaag. Hy het daarna van die toneel weggehardloop.

Die hulp van Dogs and All is ingeroep en honde het die dief se spoor gevat. Omstreeks 19:20 is hy op die plaas Twistniet vasgetrek waar die verdagte weggekruip het.

Beroof

Twee EMS ambulanspersoneel van Ceres is getraumatiseer nadat ‘n gewapende man hulle van hulle selfone beroof het.

Die voorval het die naweek in Pine Valley buite Wolseley plaasgevind terwyl ambulanspersoneel besig was om ‘n pasiënt op te laai. ‘n Onbekende man het ‘n vuurwapen op hulle gerig en hul selfone gevat.

Ondersoek Wolseley SAPD ondersoek die voorval.

16 JUNE 2023 l WITZENBERG HERALD l 3 Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies 066 205 3312 023 1000 515 info@jptek.co.za SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS CAMERAS CCTV CAMERAS CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. *Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary. We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems
DIE woonstelle en parkeerplek by die Oewer Villas oorkant die Koekedouwdam se ingang op Ceres, was Woensdag ook onder water. DIE laagwaterbruggie tussen Alheit- en Hugostraat op Ceres is omstreeks 10:00 Woensdagoggend gesluit nadat die Dwarsrivier begin afkom het. DIE onwettige varkboerdery by ‘n woonplek in Nduli oorkant korrektiewe dienste, was Woensdag ook onder water. Klein varkies het uitgekom en los langs die pad geloop. GOEIE samewerking tussen plaaswaglede en die Ceres en Wolseley polisie, het gehelp dat ‘n vermeende bakkiedief die naweek vinnig vasgetrek kon word. Dié Ford Bantam bakkie is in Worcester gesteel waarna die dief na Ceres uitgewyk het. VERDAGTE gou vasgetrek.

HERSTELWERK aan die Van Bredabrug het reeds in Desember 2021 begin en behoort teen Maart 2024 klaar te wees. Die brug word tans opgegradeer teen ‘n koste van meer as R58 miljoen. Die linkerkant van die brug (in die rigting Michellspas), behoort oor ‘n maand reg te wees vir voetgangers om te gebruik.

CHRISTMAS IN WINTER PROGRAMME - 24 & 25 JUNE 2023

TICKETS AVAILABLE ONLINE AT QUICKET – https://qkt.io/X1mPEE

For the full programme and business hours visit www.tulbaghtourism.co.za

A fun, festive weekend for the whole family! Your entrance ticket to the festival gives you a chance to win a lucky draw prize from Aquila Private Game Reserve.

FRIDAY 18:30: Oude Kerk Volksmuseum The official Christmas in Winter Opening

ENTRANCE FEE (NB: TICKETS ARE VALID FOR BOTH SATURDAY & SUNDAY)

R180: Ticket includes wine glass for limited wine tasting at participating wine farms

R120: Ticket excludes wine glass for wine tasting

R50: Children 13 - 17 years

No charge: Children under 13

Tickets available at the 3 entrances to Church Street, Manley Wine Estate, Saronsberg Cellar and Twee Jonge Gezellen! Ticket includes a programme, Christmas hat, entrance to 5 Provincial Museums and entertainment at various venues plus the chance of winning an amazing prize from Aquila Private Game Reserve to the value of R35 480! (Draw takes place the week after the event).

TULBAGH TUL-NAG BEER & WINE GARDEN

Friday 17:00 - 20:00; Saturday 10:00 - 22:00; Sunday 10:00 - 18:00

Book for Traditional Christmas Dinners – menus available at the Tourism Office

CHURCH STREET

Saturday: 09:00 - 16:00 Christmas Market at the Old Parsonage

Saturday & Sunday: 12:00 Bands parade down historic Church Street

OUDEKERK VOLKSMUSEUMCAPE DUTCH QUARTERS

TULBAGH KITCHEN GARDENSANTHONY’S FINE ART GALLERY

VAN DER STEL STREET

CHAIN VINTAGE & PET SHOPTRIDENT HEALTH CENTRE

M.I.T – MADE IN TULBAGHTARZAN SHOE FACTORY & LIZARDS GIFT SHOP

OUT OF TOWN VENUES

DE OUDE DROSTDY MUSEUMDROSTDY WINE CELLAR

TULBAGH HORSE TRAILSMURLUDI HIKING TRAIL

MONTPELLIEROUDEKLOOF WINE ESTATE

VINDOUX GUEST FARMOAKHURST OLIVES

HORSE ABOUTFYNBOS ANIMAL SANCTUARY

CERES ZIPLINE ADVENTURESLE REVE BOUTIQUE HOTEL & RESTAURANT

BUCHANAN’S CRAFT BEER TASTING ROOM @ DUIKERSDRIFT

RESTAURANTS

READERS RESTAURANTDAPHNE’S

POPLERS PUB & GRUBKOLE & DEEG

TULBAGH HOTELBUSH PUB RESTAURANT

THE TASTE @ MANLEYRIJK’S WINE ESTATE & HOTEL

DUIKERSDRIFT & OBIQUA CAFéBIKE FORGE

KLOOFZICHT ESTATE FARM DELI & FOOLISH THINGS

WINE CELLARS

ROUTE 1

MANLEY WINE ESTATE

RIJK’S WINE ESTATE & HOTEL

THEUNISKRAAL

ROUTE 2

OUDE COMPAGNIES POST SARONSBERG CELLAR

TWEE JONGE GEZELLEN ESTATE (KRONE)

ROUTE 3

LEMBERG WINE ESTATE

Drink responsibly - Don’t drink & drive!

4 WITZENBERG HERALD l 16 JUNE 2023
PICK n Pay, one of South Africa’s leading retailers, has launched an exciting initiative to reward their Smart Shoppers by randomly selecting one winner from every store nationwide every day to win their entire shopping for free. It aims to give away up to R10 million in free groceries over six weeks. DIE nuwe Ceres Lions president en ampsdraers vir 2023/2024 is onlangs verkies. VLNR: Maureen Peters, Wynand Kloppers (Lionslid van die Jaar), Ockert Herselman (president), André Lombaard en Lino Pileggi.
16 JUNE 2023 l WITZENBERG HERALD l 5

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021

info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Lizey Dedré Wildskut

Roseline Joan Swartz

1989/02/27 - 2023/06/11

Roudiens: Do. 15/06/2023 om 19:00, Akasiastr. 2, Bella Vista Verassingsdiens: Sat. 17 Junie 2023

Huis: 09:00, Akasiastr. 2, BV

Kerk: 10:00, St Matthews, Bella Vista Privaat verassing

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Lizey Wildskut

1989/02/27 - 2023/06/11

Maryna Marilen Andries Boland

Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

MASSAGE

Dearly beloved friends and family

1969/08/20 - 2023/06/11 Verassingsdiens: Sat. 17 Junie 2023

Huis: 09:00,Tulpstraat 9, Bella Vista

Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Privaat Verassing

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

“ROLL ON LAWN” Skakel

082-859-2300

Full Body (75 min)....R450

Full Body (60 min)....R380

Back/Neck & Shoulder (40min) R320

Back/Neck & Shoulder (30min) R250

Skakel Joanne

083-551-6688 of (023) 312-1080

1979/03/23 - 2023/06/06

Roudiens: Do. 15/06/2023 om 19:00, Waboomsberg Plaas, PAH Begrafnisdiens: Sat. 17 Junie 2023

Huis: 09:00, Waboomsberg Plaas, PA Hamlet

Kerk: 10:00, Waboomsberg Plaas, PA Hamlet Graf Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Jan Johannes Rooy

Our dearly beloved Lizey. With immense sadness we as a family must come to accept the calling from our Almighty Father. We will keep and cherish the memories of your beautiful and compassionate soul. We wish you farewell on your journey to eternity. Forever in our hearts.

Mommy, Daddy, sisters, brothers-in-law, nieces and nephews

Lizey Wildskut 1989/02/27 - 2023/06/11

Twee blindings in goeie toestand Een is 950mm en ander een is 1 450mm breed. Beide vir R850. Francois 082-468-2649 w.t.o.

Dames vellies (ligbruin) . No. 6 grootte. Splinternuut. R300. Annetjie 083-379-3037

16/6

Samsung telefoon/faksmasjien R100. Annetjie 083-379-3037

16/6

Plat gietyster pappotjie. R100. Skakel Annetjie 083-379-3037

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

AND FRAMES

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

SPECIALISES IN FRAMING

STEFAN STEYN

083-227-6476

1957/01/10 - 2023/06/12

R oudiens: Do. 15/06/2023 om 19:00, Populierweg 396, Bella Vista

Begrafnisdiens: Sat. 17 Junie 2023

Huis: 13:00, Populierweg 396, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Jacobus Albertus Koopman

Ons koester die mooi herinneringe met die wete van hoe spesiaal jy vir ons was. “Ons verloor nooit die wat ons liefhet, want die liefde leef voort. Die tyd wat ons saam gedeel het sal altyd aan ons behoort.

Peetma Evol, Abrahams en Pietersen gesinne

16/6

Blomvaas Pienk (30cm). 2 vir R50. Annetjie 083379-3037

16/6

Lessenaar Grootte (1.2 x 0.8 x 0.75). R500. Fanie 083-676-1338

16/6

1946/02/04 - 2023/06/06

Roudiens: Do. 15/06/2023 om 19:00, St Andrews, Ceres Verassingsdiens: Sat. 17 Junie 2023

Kerk: 09:00, Fabriekstr. 7, Ceres

Kerk: 10:00, St Andrews, Ceres Privaat Verassing

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021

w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276.

w.t.o.

RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter

• Engine overhaul

• General Services

• Suspension

• Brakes

• and more

André du PAndré du P André du PAndré du P André du Preezreez reezreez reez 082-639-2800

(023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

1974/12/20 - 2023/05/21

Thank you so much for all you’ve done for us as a family during our sad and difficult time. You’ve all done so much for us in your own way to honour Jimeal and to celebrate her life. It touched us deeply to know that she’s made her mark in such a special way and to know her memory will live on in this beautiful way. All your efforts and sacrifices did not go unnoticed. Jimeal is smiling down on us today as I know she’s had a hand in everything - Her motto in life was: ‘Life is all about compassion and love’. Lots of love to all from our family to yours David, Skylar and Kelsey

GRATIS MAHHALA GRATUITO SIMAHLA LIVRE VERNIET

CERES speurders vra weer die Witzenberg en Tankwa Karoo gemeenskap om Calvin van der Merwe (21), ook bekend as Ivan, te help opspoor. Van der Merwe word sedert 22 Januarie 2022 gesoek nadat hy in die omgewing van Kareekolk en Sadawa op die Sutherlandpad, vermis geraak het. Van der Merwe het die betrokke dag omstreeks 06:05 (met ‘n blou werkbroek aan) ‘n fiets sonder die eienaar se toestemming geneem en van die plaas Kareekolk anderkant Inverdoorn, na Ceres begin ry. Iemand het hom later langs die pad voorgekeer, die fiets opgelaai en gery om ‘n oproep te maak. Met hulle terugkeer het Van der Merwe weggehardloop. Die familie het hom op 31 Januarie as vermis aangemeld waarna die polisie hom sedertdien sonder sukses gesoek het. Van der Merwe het verlede jaar voor sy verdwyning op dié plaas as algemene werker begin werk. * Die Ceres speurders het sedert Van der Merwe se verdwyning talle leidrade opgevolg nadat hy blykbaar in 2022 ook op 4 April in die Op-die-Berg omgewing en op 1 Julie agterop ‘n dubbelkajuit bakkie in Theronsberg, opgemerk is. Indien iemand weet waar hy hom nou bevind, kan hulle s/ sers. Seroot skakel by (023) 316-8500/5. ** ‘n Vorige Facebook-plasing op Witzenberg Herald se FB-blad wat deur meer as 34 000 mense gelees is, het ook niks opgelewer nie.

Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls:

•Slegs items met ‘n prys onder R1 000

•Slegs EEN item per Whatsapp

•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie

•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

6 WITZENBERG HERALD l 16 JUNE 2023
behoort aan
wie verkeerd doen,
nie vir God gesien nie.” Evangelis Jacobs Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MOLLIEMOLLIE MOLLIEMOLLIE (Female) 16 Months old GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply ANAKINANAKIN ANAKINANAKIN ANAKIN (Male) Born 14/02/2023 WIGGLESWIGGLES WIGGLESWIGGLES WIGGLES (Male) 13 Weeks old SMOKEYSMOKEY (Male) Born 14/02/2023 SHADOWSHADOW SHADOWSHADOW (Male) Born 14/02/2023 WW WAFFLEAFFLE AFFLEAFFLE (Male) Born 14/02/2023
3 Joh. 1:11 “ Liewe Gaius, moenie die verkeerde voorbeeld volg nie, volg die goeie. Wie goed doen,
God;
het
ART, CERTIFICATES AND MIRRORS Select LAUNDRY
Whatsapp of skakel
Ceres
- Vry: 08:00 - 17:00
Gesluit
082-821-3610 Joubertstr. 16,
Ma
Vakansiedae:
Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*
*Terme en voorwaardes geld Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop
untill 30 June
2m²
Christiaan
☎☎
c/o Vos-
PLANT
SPECIALS Valid
Mini skip rentals
Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
079-177-2490
/Fax: (023) 312-1414
& Faure Street 83
AND PLANT TOOL HIRE HIRE
Jimeal (Carolus) Geldenhuys
Het jy ongebruikte artikels wat net plek in jou huis opneem? Ons help graag om dit te verkoop!

No Cholera cases in the Western Cape

WESTERN Cape Government Health and Wellness confirmed that they have not had any cases of cholera in the Western Cape.

“We want to assure our communities that our health teams are on alert to detect any possible case. As part of the standard procedure to detect cholera early, patients presenting to a health facility with watery diarrhoea, will be tested for cholera”.

What is cholera?

Cholera is a diarrhoeal disease caused by a bacterium called vibrio cholerae.

How does cholera affect a person?

Symptoms can often be mild and can begin as soon as a few hours or as long as five days after infection and include watery diarrhoea, vomiting and leg cramps.

Who is at risk of getting cholera?

The people most at risk of contracting cholera are those who do not have access to clean, piped water and improved sanitation.

How does cholera spread?

Water contaminated with human faeces is the most important means of cholera transmission, either directly (through drinking contaminated water) or indirectly (through eating contaminated food).

Soiled hands can also contaminate clean drinking water and food.

How is cholera treated?

Rehydration (replacement of lost body fluid) is the mainstay of treatment and is lifesaving.

Mild cases of cholera can be managed outside the hospital with oral rehydration. Moderate and severely ill persons need to be admitted to hospital for intravenous fluid rehydration. Antibiotics are recommended.

DIE prokureursfirma, John PJ Sauls ingelyf, het besluit om ‘n jong belowende atleet van Ceres te help om sy droom te verwensenlik. Rudewaan Jonas van Morrisdale primêr (middel), is onlangs deur Stellenbosch Hoërskool geïdentifiseer om deel te wees van hul jeugontwikkelingsprogram. Hierdie program bied jong atlete die geleentheid om deur opvoeding en afrigting, hul talente te ontwikkel. Rudewaan sal op 28 Julie deelneem en probeer kwalifiseer vir ‘n atletiek-beurs by die skool. “Dit is vir ons onderneming ‘n voorreg om met Rudewaan geassosieer te word en wens hom alle voorspoed toe met die kwalifisering”. Hier oorhandig kandidaat-prokureurs, Carleon Prins en Angelo Daniëls, sporttoerusting aan Rudewaan.

nuusbrokkies

DIT is weer tyd vir die Vriende van die Togryers museum se algemene jaarvergadering. Vanjaar het ons ‘n uitstekende spreker. Woon die AJV by op 21 Junie om 18:00 en kom luister na prof. Nigel Penn, emeritus professor aan die Universiteit van Kaapstad wat gaan gesels oor Encouters with the unknown 1769 -1860. Indien jy belangstel om die aand by te woon, skakel ons by (023) 312-2045. Koste vir nie-lede beloop R30 p.p.

OPPIE Koppie creche op P.A. Hamlet beplan saam die Vuya Foundation, ‘n Jeugdag op die Hamlet sportgronde. Die verrigtinge word Vrydag 16 Junie vanaf 09:00 tot 13:00 aangebied. Die tema is: Let us dream together for a better future.

VAKANTE POS

Bamco Pakhuis, net buite P.A. Hamlet, bied ‘n uitstekende geleentheid vir ‘n hardwerkende persoon wat daarvan sal hou om deel te wees van die logistieke span.

ADMINISTRASIE KLERKUITLAAIE & VITRAX

Hierdie pos se hoof verantwoordelikhede sal die volgende wees: • Uitlaai en inname van palette • Koppel van Q67’s van houers • Alle uitlaai instruksies (uitvoer en lokaal) doen op Vitrax • Alle e-posse vanaf Core of pakhuis monitor

• Voorbereiding van China en Taiwan inspeksies dokumentasie

• Kommunikeer met versending toesighouer en versending bestuurder • Vitrax administrasie • Vitrax pakverslae • Ad Hoc admin take.

Vaardighede en vereistes benodig: • Goeie kommunikasievaardighede • Moet kan onafhanklik werk en moet goed onder druk kan funksioneer • Die persoon moet ±3 jaar al met palette gewerk het • Die persoon moet pligsgetrou wees en liggaamlik goeie gesondheid hê • Moet bereid wees om oortyd te werk soos nodig • Die persoon moet kan inskakel by ander afdelings soos nodig • Kennis van Vitrax is ‘n vereiste

• Rekenaarvaardig (Office programme) • Eie vervoer beskik.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 23 Junie 2023

Stuur asb. CV met werksverwysings en salarisverwagting na: ernst@bamco.co.za

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Ons volg ’n gelyke geleenthede-beleid.

MICHELLSPAS was Woensdagoggend 14 Junie ‘n tyd lank gesluit na ‘n modderstorting in die pas. Die pas is ure later oopgestel nadat die modder en klippe verwyder is.

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Besigheidsure:

Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

16 JUNE 2023 l WITZENBERG HERALD l 7

HERALD l 16 JUNE 2023

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Duiweseisoen begin

DIE 2023 wedvlugduiweseisoen het Saterdag 10 Junie afgeskop met ‘n wedvlug vanaf Laingsburg.

Duiwe is vroeg losgelaat en kon hulle vinnig by hul hokke uitkom.

Volgende Saterdag 17 Junie word die tweede wedvlug vanaf Laingsburg gevlieg. CHPS duiweklub wens alle duiweboere sterkte toe vir die 2023 seisoen en mag almal sukses behaal.

CPHS

Jaaroud

1. Cyril en Anne Davids - 898.114mpm

2. Jacobus Kupido - 857.464mpm

3. David Baron - 849.724mpm

4. Cyril en Anne Davids - 816.520mpm

Ope

1. Cyril en Anne Davids -1300.840 mpm

2. Cyril en Anne Davids -1267.813 mpm

3. Cyril en Anne Davids -1254.748 mpm

4. Cyril en Anne Davids - 1240.563mpm

CPS

Jaaroud

1. JRK Lofts - 1161.990mpm

BELLA Vista het Saterdag op ‘n nat veld kragte met Hamlet gemeet in ‘n baie opwindende wedstryd. Durin Nasson, een van Bella Vista se uitblinkers, het weer die span in die prentjie gehou met akkurate skopwerk. Nasson het Saterdag 15 punte aangeteken in Bella Vista naelskraapse oorwinning van 20-16. Die rustydtelling was 6-3. * Groot Uitdaagreeks uitslae: Evergreens Paarl klop Wellington 28-24, Hillcrest klop Temperance 67-16, Newtons klop Young Blues 45-15 en Roses United mors met Miracles en klop hulle 105-0. FOTO: Trevor Felix

2. Cameron Mars - 1119.931mpm

3. S.R. Williams - 1105.683mpm

4. Cameron Mars - 1104.825mpm

Ope

1. Blue Mountain Loft - 1295.373mpm

2. Cameron Mars - 1286.740mpm

3. Meyer en Van Wyk - 1270.872mpm

4. S.R. Williams - 1248.321mpm

5. S.R. Williams - 1248.321mpm

Tulbagh duiweklub

Jaaroud

1. Silvervaring hok - 835.44mpm

2. Silvervaring hok - 749.75mpm

3. Silvervaring hok - 711.90mpm

4. Silvervaring hok - 684.38mpm

5. Silvervaring hok - 644.29mpm

Ope

1. Silvervaring hok - 1160.54mpm

2. Silvervaring hok - 1051.68mpm

3. Always Rising - 923.05mpm

4. Silvervaring hok - 920.78mpm

5. Always Rising - 895.09mpm

BHPS

Jaaroud

1. R.A. van Wyk -1083.549mpm

2. D. Muller - 1052.039mpm

IN ‘n ander wedstryd in die Groot Uitdaagreeks, het Delicious tuis teen Wolseley gespeel. Die klipharde wedstryd het in goeie gees plaasgevind met Delicious wat met 25-15 gewen het. Vir Delicious het Delano Hofmeester, Edwin Kruger en Dewald Baron elk ‘n drie gedruk. Greagan Baron was in die kol met twee doelskoppe en twee strafskoppe. * Witsentraal Streek Uitdaagreeks uitslae: Ceres klop Lovedale 19-12, Young Westlyans wen 20-18 teen Pumas, Red Roses net-net baas met 23-21 teen Op-die-Berg, Paardekloof klop Vastrap 26-17, Tulbagh klop La Plaisant 45-41 en Young Good Hope speel 15-15 gelykop teen Lindeshof.

FOTO: Duke van Schalkwyk

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL

15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNINGVERORDENING

WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property Erwe 61496151, Ceres / Erven 61496151 Ceres

Ligging / Location Krotzsingel / Krotz Crescent, Bella Vista

Aansoeker / Applicant Michael Prinsloo (0822709289)

Aard / Nature

Onderverdeling van drie na ses erwe en hersonering van die erwe vanaf Enkel Woonsone I na Algemene Woonsone II / Subdivision of three to six erven and the rezoning of the erven from Single Residential I to General Residential II

Sluitingsdatum / Closure date 17/07/2023

3. M. Pieterse - 964.002mpm

4. E. Arries - 828.505mpm

5. E. Arries - 827.959mpm

Ope

1. E. Arries - 1271.222mpm

2. E. Arries - 1249.709mpm

3. E. Arries - 1248.821mpm

4. E. Arries - 1008.719mpm

5. D. Muller - 1003.717mpm

Danie wen

DANIE Goosen het Saterdag 10 Junie die maandelikse houespel kompetisie met ‘n telling van 70 houe gewen. Charles Basson was tweede met 71 houe gevolg deur Simon Molaza met 72 houe, Jodey Kayer met 74 houe en D. Cillie, ook met 74 houe.

Ligabepalings

Saterdag 17 Junie speel Ceres se Brodiespan teen Worcester en die Krugerspan teen Riverside.

Kompetisies Op 17 Junie word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied en op 24 Junie ‘n enkel stableford kompetisie. Die Rubberroofs winterreeks begin weer Juliemaand.

8 l WITZENBERG

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.