Witzenberg Herald Vol.23 no.24 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 24

R7.00

Voortrekkerstr. 129, Ceres ☎ (023) 316-1200

SCORE + AMAZING PIE slegs

Friday, June 26, 2020

(Aanbod geldig 25 Junie - 1 Julie 2020)

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 25 Junie

Vrydag 26 Junie

Saterdag 27 Junie

8° 12°

9° 18°

COOL TECH COOLTECH

Sondag 28 Junie

8° 12°

R22

50

Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za

6° 13°

Ceres Koekedouw dam

47%

Telephone: (023) 316-2021

REFRIGERATION • AIR CONDITIONING

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar

Lesing: 2020/06/24

Fax: (023) 316-2023

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Borgaansoek uitgestel NET een van die vier mense wat verdink word van die moord op ‘n Tulbagh dokter, het Woensdag 24 Junie in die Tulbagh landdroshof verskyn vir ‘n borgaansoek. ‘n 17-Jarige meisie wou aansoek doen vir borgtog maar dit is met ‘n week tot 1 Julie uitgestel. Haar mede-verdagtes het tydens ‘n vorige verskyning gesê hulle gaan nie om borgtog aansoek doen nie. Ondersoek Die polisie het sedert 1 Junie talle leidrade opgevolg nadat dr. Roelof Botha (59) van Tulbagh wreed vermoor is op die Schalkenbosch grondpad, ongeveer 3 kilometer buite Tulbagh. Die polisie is omstreeks 18:45 na die moordtoneel ontbied. Botha is kort na hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen, ‘n mes, is later op die toneel gevind. Arrestasies Goeie polisiewerk het daartoe gelei dat vier verdagtes, Aiden Abels (27), Andrew Gouws (30) en Justin Adonis (30) en ‘n 17-jarige meisie, skaars 2 kilometer van die moordtoneel vasgetrek is in die Witzenville woonbuurt. Die polisie het ook dr. Botha se gesteelde horlosie by een van die verdagtes gekry. Die haelgeweer is na die moord naby die moordtoneel in bosse versteek. Een van die verdagtes het die polisie gaan wys waar die wapen versteek is. Uitstel Abels, Gouws en Adonis sal weer op 28 Julie verskyn. Die motief vir die moord is nog onbekend maar roof word nie uitgesluit nie.

KLOKGEWYS: Aiden Abels, Justin Adonis en Andrew Gouws. FOTOS van drie verdagtes: Netwerk 24 en Jaco Marais. DIE mes is op die moordtoneel gekry en bloedmonsters is vir DNS-toetse weggestuur.

Noodvlug om pasiënt te kom haal DIE Air Mercy Services (AMS) helikopter was Donderdag 18 Junie op Ceres. Hulle het ‘n vroulike pasiënt kom oplaai en na Tygerberg hospitaal vervoer. AMS verskaf nie verdere inligting of wat die rede vir die oorplasing is nie behalwe dat dit ‘n noodgeval was. Hier word die pasiënt in die helikopter gelaai.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 25 - 28 JUNE 2020 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR TOPS: SUPERSPAR BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: (023) 316-2226 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Mon - Thur 09:00 - 17:00 T-Bone & Club Steak COMBO

8999 p/kg

7kg Potato, 3kg Butternut 3kg Onions, 1kg Carrots 1 Cabbage

Matured Sirloin Steak

10999 p/kg

5kg Spar IQF mixed Chicken portions

Beef Oxtail

74

139

99 p/kg

Ostrich Mince

2500

99 each

Naartjie bag 2kg

COMBO

100

Cheeky Burger

2 FOR

16

99 each

Guava punnet

00

2kg Sweet Potato

6999

19

p/kg

99 each

1999 each

12

1L Spar Vanilla Flavoured Custard

99 each

700ml All Gold Tomato Sauce

4000

each

each

Spar Long Life Milk, Full Cream, Spar Butcher’s Best Bacon 200g ass Low Fat or Fat Free 6 x 1L

Paw Paw

2 FOR

25

00

2 FOR

50

00

Nescafé Ricoffy (Excluding Decaf) 750g

6999 each

2 FOR

2399

99

3199 each

Spar Southern Style Crispy Crumbed Chicken 500g ass.

39

750g Ellis Brown Coffee Creamer Sweetened

Bacon & Cheese bread

6999

p/pack

3kg Omo Auto Washing Powder or Capsules 24’s

6499 each


2

WITZENBERG HERALD

Friday, June 26, 2020

Dankie Ceres hospitaal en verpleegpersoneel JOHN Kannemeyer - ‘n dankbare pasiënt: MET die skrywe wil ek my opregte dank uitspreek teenoor die Ceres provinsiale hospitaal en hul verpleegpersoneel vir die behandeling wat ek as pasiënt ontvang het. Ek is op 12 Junie omstreeks 23:30 daar opgeneem na ‘n noodrit met ‘n ambulans. Ek kon niks vir myself doen nie. In die hospitaal se ongevalle-afdeling is ek gestabiliseer en toe verskuif na die COVID-19 afdeling. Dit is hiér waar ek die ware helde van ons dorp ontmoet het. Die professionele manier en die menswaardigheid waarmee jy as pasiënt behandel word in daardie saal, ken geen grense nie. ‘n Groot woord van dank aan al die verpleegsters en stafverpleegsters vir wat julle vir ons mense in die streek doen en beteken. Die warmte waarmee julle jul passie uitleef en die omgee en empatie vir jul medemens, het my oorweldig. Die deernis waarmee almal in die COVID-19 saal behandel word is iets wat jyself moet sien en beleef. ‘n Spesiale dank gaan ook aan dr. Venter vir haar passie en toegewydheid waarmee sy haar pasiënte behandel. Ek het daar vir nege dae op my rug gelê met suurstof en het baie tyd gehad om dit waaroor ek nou hier skryf, waar te neem. Indien iemand hulle wil kritiseer - sit jouself net vir een skof in hul skoene dan praat ons weer! Ek het daardie Vrydagaand wat ek opgeneem is in die hospitaal amper die tydelike met die ewigheid verwissel. Die verpleegeenheid het baklei vir my lewe en daarom skryf ek met groot dankbaarheid hieroor.

TRU CAPE ondersteun al vir jare die Hunger Month inisiatief in samewerking met Food Lover’s Market en Food Forward SA. Die doel is om ‘n miljoen etes te verskaf aan mense wat honger ly tydens die impak van COVID-19. Laastedrif en Rossouw Cillie (verskaffer en Tru Cape direkteur) is een van die donateurs wat vrugte en groente aan die projek skenk.

Kyk beter na diere CHAIN Boland Dieresorg vereniging is bitter bekommerd om die erge verwaarlosing van diere in die Witzenbergstreek tydens die inperktyd. Diere word verwaarloos en sterf weens brandsiek of honger omrede inwoners hul werk in die tyd verloor het en finansieël sukkel. Chain doen ‘n beroep op gemeenskap om beter na hul diere te kyk, nie met honde te teel wetend jy kan nie vir hulle sorg nie en van die begin af sterilisasie te oorweeg. * Donasies asook kat- en hondekos is welkom en kan dié verwaarloosde diere help. Vir enige navrae skakel vir Hazel by 072-609-1165. Die bankbesonderhede vir donasies is: CHAIN, FNB, Tulbagh, takkode: 250 655 en rek no: 627-3579-3194.

CBI-rolspelers steek hul hand diep in die sak om inwoners te help CERES Besigheids Inisiatief (CBI) wil die Witzenberg gemeenskap bedank wat saamgewerk het om die voedselnood in die inperkingstyd te verlig. Die projek is aangepak in samewerking met die Witzenberg munisipaliteit, donasies vanuit landbou geledere asook besighede en vrywillige helpers wat gehelp het om die afgelope 10 weke meer as 9100 kospakkies (vrugte/groente/sap en kruideniersware) te versprei. Die waarde hiervan beloop meer as R725 000.

Voortrekkerstraat 129, Ceres ☎ (023) 316-1200

BACKUP POWER SOLUTIONS inverters batteries solar panels 087 095 3617 l www.jptek.africa l info@jptek.co.za

Ons braai elke dag vars roosterkoeke: Gewoon: R10 Ham en Kaas: R20 Chicken + Mayo: R30 Kerriemaalvleis: R30 Koeke: Bar One (groot): R110 Bar One (Mini): R20 Vlakoek: R85 Wortelkoek: R90

SCORE + AMAZING PIE slegs

R2250 (Aanbod geldig 25 Junie - 1 Julie 2020)


WITZENBERG HERALD

3

Friday, June 26, 2020

SAPD-lid se verhoor gaan Julie voort

PERDEKRAAL East Wind Farm outside Ceres, has received its main transformer, via road transportation from Pretoria, marking another important milestone in its construction process. This 500 MVA mega transformer was locally manufactured in South Africa, which has added to Perdekraal East Wind Farm’s already high local content percentage, as the turbine towers are also locally manufactured. The transformer will be housed in the substation that is situated outside of Ceres. Its job is to step up the voltage produced by the wind farm to 400kV, rendering it suitable for the national grid. This is one of the country’s twelve wind farms currently under construction, which went into a sudden lockdown in March. Activity resumed on site, late May, having lost over 50 days of work.

DIE saak teen ‘n SAPD-lid van Worcester wat voorheen by Ceres SAPD werksaam was en wat verdink word van die besit van gesteelde eiendom, regsverydeling en meineed, se verhoor is tot Juliemaand uitgestel. Die verhoor van Shalton Koopman (41) is verlede Woensdag na 22 en 23 Julie uitgestel sodat die oorspronklike landdros, die saak kan aanhoor. Agtergrond ‘n Apple Ipad is tydens ‘n inbraak op 16 September 2017 by ‘n woning op Ceres gesteel. Die tablet is vir ‘n tyd lank gebruik sonder dat dit aanlyn of met WiFi ingeskakel het. Waarskuwing ‘n Paar maande na die diefstal het die eienaar onverwags ‘n elektroniese waarskuwing van die Find-my-Friend soekfunksie gekry dat die tablet nou aanlyn is. Nie lank daarna het Koopman die klaer geskakel en gesê dat hy die tablet opgetel en later aan hom sal terugbesorg. Die voorval is weer by die polisie aangemeld wat gelei het tot die drie klagtes teen Koopman.

Aktiewe gevalle bly hoog

DIE Witzenbergstreek probeer sy COVID-19 brandpuntstatus afskud maar stygende aktiewe gevalle bly egter nog hoog. ‘n Groot bekommernis is die aktiewe en positiewe gevalle in die munisipalegebied wat in isolasie (positief getoets) en kwarantyn (kontak met iemand wat positief is of wag vir toetsuitslae) moet wees maar wat vrylik rondbeweeg. Die enigste manier om dit te verhoed is om die skuldiges weens poging tot moord aan te kla soos deur die rampbestuurswet voorgeskryf word. Statistieke Teen Dinsdag 23 Junie was daar 561 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 404 herstel met 157 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Drie munisipale areas het meer positiewe gevalle as die Witzenberg munisipaliteit. Drakenstein se syfer is tans 2131, Breedevallei 1086 en Stellenbosch 808 gevalle.

Teen 23 Junie was daar 4852 mense in die Kaapse Wynland wie positief getoets het vir COVID-19 waarvan 2890 mense reeds herstel het. Die sterftesyfer vir die Kaapse Wynlandstreek is tans 145. FNB Ceres was die afgelope twee weke gesluit na 'n paar positiewe gevalle aangemeld is. Die tak het 23 Junie hul werksaamhede hervat. Shoprite Ceres was ook vir ‘n dag gesluit na een personeellid positief getoets het. Die winkel is verlede Donderdag ontsmet waarna die winkel weer Vrydag 19 Junie geopen het. Daar is ook positiewe gevalle by Avbob Ceres aangemeld asook ‘n matriekleerder van Charlie Hofmeyr wat positief getoets het. Die skool was Maandag gesluit vir die ontsmettingsproses en was weer teen Dinsdag aan die gang. Onderwysers by skole in die Witzenbergstreek met onderliggende siektes moet ook by die huis bly. Almal moes planne ingedien

STATISTIEK vir Wes-Kaap. (Grafiek Dinsdag 23 Junie).

hoe hulle die kurrikulum kan laat voortgaan in hulle afwesigheid. Positiewe gevalle wat die meeste in dorpe en woonbuurte voorkom: Nduli (159), Bella Vista (103), Ceres (92), Tulbagh (38), Wolseley (51), Warmbokveld KD (24), P.A. Hamlet (80), Koue Bokkeveld plase (4), Dwarsrivier KD (2), Obiqua KD (1), Op-die-Berg (1) en 3 gevalle buite Witzenberg. Ceres het nog 40 aktiewe gevalle, Bella Vista en P.A. Hamlet 33 gevalle en Nduli 25 gevalle. Ouderdomsgroepe wat positief getoets het in hakies: Onder 5 jaar (11), 5-9 jaar (7), 10-19 jaar (43), 20-29 jaar (121), 30-39 jaar (147), 40-49 jaar (124), 50-59 jaar (78), 60-69 jaar (19), 7079 jaar (7) en 80-89 jaar (4). Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap is nou 1500, daar is 52 178 positiewe gevalle en 37 234 het volkome herstel. Sestien COVID-19 sterfgevalle (6 mans en 10 vroue) is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld (P.A. Hamlet met 5 sterftes, Tulbagh met 4, Nduli en Bella Vista met 3 elk en Koue Bokkeveld met 1 sterfte). Die sterftes is aangemeld by Ceres hospitaal (7), Worcester hospitaal (5), Worcester Mediclinic (3) en Tygerberg hospitaal (1). Die meeste sterfgevalle (9) was in die 50-59 ouderdomsgroep. Die jongste persoon was net 28 jaar oud en die oudste 76 jaar oud. Openbare vervoer Die Wes-Kaap departement van vervoer is steeds bekommerd oor minibus taxis in die provinsie wat nie gehoor gee aan COVID-19 maatreëls nie en passasiers se lewens in gevaar stel. Passasiers kan dit anoniem aanmeld by *134*234#. Gesondheidswerkers ondersteun organisasies en skole om COVID-19 se verspreiding te beperk en om die situasie te bestuur indien iemand positief toets. Vir ondersteuning stuur e-pos na Lulamile. Wawini@westerncape.gov.za

Polisie soek man wat vermis is DIE polisie sowel as die familie soek na Andrew Manuel (37). Andrew, ook bekend as Skaats of Skaatser, is tans vermis en is die laaste keer op 8 Junie in Bella Vista gesien. Hy is op 16 Junie as vermis aangemeld. Volgens sy ma, Rachel Louw, het Andrew ‘n swart Adidas sweetpakbroek aangehad saam met ‘n paar plakkies. Indien inwoners weet waar hy hom bevind of hom gesien het, kan hulle die ondersoekbeampte s/sers. John Baron by (023) 316-8500 of 0798939854 skakel.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, June 26, 2020

Polisie soek nog twee verdagtes in kapingsaak

KUTALA Memke.

ZUKILE Khuseko.

NTANDAZO Kuse.

‘n VROU van Khayelitsha wat saam met haar vriend en ‘n polisieman van Ceres by ‘n motorkaping betrek word, se saak is tot Juliemaand uitgestel. Die uitstel is om die polisie nog kans te gee om hul ondersoek na die voorval te voltooi. Die polisie soek steeds na Zukile Khuseko (30) en ‘n polisieman van die dorp, Ntandazo Kuse (30). Kutala Memke (31) is vasgetrek maar haar vriend, Khuseko, het die polisie ontglip en word nog gesoek. Memke is vroeër vanjaar op borgtog van R1000 vrygelaat en moet weer op 17 Julie in die Ceres landdroshof verskyn. Agtergrond Volgens die polisie het die kaping Donderdag 5 Maart in die Agter-Witzenbergvallei plaasgevind. Twee verdagtes, Memke en haar vriend, Zukile Khuseko, is net na 17:00 deur ‘n vriend en Ceres polisielid, Ntandazo Kuse, by Charlie Hofmeyr se ingang afgelaai waar hulle ‘n Somaliër sou ontmoet wat sy Toyota Run X wil verkoop. Memke en Khuseko is toe omstreeks 17:40 saam met die Somaliër vir ‘n toetsrit deur Ceres na die Koue Bokkeveld. Naby Agter-Witzenbergvallei het die slag-

offer die twee motorkopers gevra om te draai aangesien hy weer moet gaan werk. Memke het toe na bewering ‘n vuurwapen vir haar vriend, Khuseko, aangegee. ‘n Struweling het tussen hom en die slagoffer ontstaan en ‘n skoot is afgevuur wat blykbaar Khuseko skrams in die voet getref het. Die twee het toe met die Toyota op die vlug geslaan en die motoreienaar langs die pad gelos. Later die aand nadat die polisie in kennis gestel is van die kaping is die voertuig verlate naby ‘n kwekery gekry. Terwyl die polisie besig was om na die verdagtes te soek, het Memke doodluiters langs die grondpad gestap. Sy is deur die SAPD honde-eenheid, wat ‘n goeie beskrywing van haar gehad het, gewaar en gearresteer. Verdere ondersoek het daartoe gelei dat die polisie ook ‘n wit Toyota Fortuner verlate in Harare buite Kaapstad gekry het. Die polisie het ook op ‘n silwer Mercedes Benz beslag gelê. Talle leidrade is deur die ondersoekspan opgevolg maar indien die gemeenskap oor verdere inligting beskik waar die twee verdagtes hulle bevind, kan hulle s/sers. Van Rooyen skakel by (023) 313-3133 of 0798939-861 of Ceres speurders (023) 3168500.

PUBLIC PARTICIPATION PROCESS Competent Authority Ref No: DEA Ref: 14/12/16/3/1/1/121/AM1 Project Title: Environmental Authorisation (EA) Amendment Application for the proposed Wolseley Wind Energy Facility on a site in the Breede River Valley between Wolseley and Worcester in the Cape Winelands District Municipality, Western Cape Province. Project Description: The Applicant, namely SAGIT Energy Ventures (SAGIT) has applied to National Department of Environmental Affairs (DEA) for the following amendments to the existing EA: Amendment 1: Extension of the Validity Period of the Environmental Authorisation The Applicant requests DEA to extend the validity period of the Environmental Authorisation for an additional three (3) years from 11 June 2020 to 11 June 2023. Amendment 2: Amend the technical specifications of the existing Environmental Authorisation The Applicant wishes to amend the following authorised specifications of the Wolseley Wind Energy Facility: • Turbine hub height to increase from 120m maximum up to 200m maximum • Blade diameter to increase from 150m maximum up to 250m maximum. The above-mentioned changes will require specialist assessments and the compilation of an Amendment Application Report (AAR) to assess the potential impacts of the proposed material changes. A draft AAR will be made available to registered Interested & Affected parties electronically (for comment from 02 July - 31 July 2020). Property Location The proposed Wolseley Wind Energy Facility will be situated on the following properties: • Farm Kleineberg 64/208 • Farm Kleineberg RE/21/208 • Farm Vaal Vlei RE/324 • Farm De Liefde RE/6/323 • Farm De Liefde 7/323 • Farm De Liefde RE/334 • Farm De Liefde 5/334 • Farm Romans Rivier RE/320 • Farm Romans Rivier 22/320 GPS Location: 33° 29' 11.49"S; 19° 12' 59.86" E Project Progress: This notification forms part of the public consultation process as required by the NEMA EIA Regulations (2014 as amended) for I&APs to comment on the Amendment Application and Draft Amendment Report (dated July 2020). Opportunity to Participate: Interested and affected parties (“I&APs”) are hereby invited to comment on the Amendment Application and Draft Amendment Report (dated July 2020). I&APs should use the 191001 reference number when commenting and must provide their comments together with their name, contact details (preferred method of notification, e.g. email address or fax number) and a disclosure of any direct business, financial, personal or other interest which that party may have in the approval or refusal of the application, to the contact persons indicated below, within 30 calendar days (i.e. deadline for comments is Friday 31st of July 2020) from the date of the notice (2 July 2020) in accordance with the statutory requirements. PLEASE NOTE: The Amendment Application and Draft Amendment Report will be available electronically at the following website link from Thursday 02 July 2020 for comment: https://bit.ly/2BwTVHD Should you require any assistance with interpreting the documentation noted above, including the language used, the terminology used, the outcomes and recommendations, please contact the EAP at the contact details below, accordingly. All comments must be submitted directly to the EAP, as follows: • E-mail: comments@terramanzi.co.za • For Attention (the EAP): Ryan Jonas / Fabio Venturi • Tel no: (021) 701-5228

‘n INWONER van Ceres het verlede Maandag 22 Junie ‘n noue ontkoming gehad toe sy Mazda werksbakkie ‘n rondloper bees getref het. Nico Grobbelaar was onderweg van die Witzenbergvallei na Ceres toe ‘n trop rondloper beeste voor sy bakkie ingeloop het. Die ongeluk het omstreeks 18:30 naby die ingang van At Source plaasgevind. Grobbelaar is net lig beseer en erg geskok na die voorval. * Die rondloper beeste is al vir jare ‘n probleem op P.A. Hamlet en inwoners en motoriste word gevra om versigtig te bestuur as hulle deur dorp ry. Die munisipaliteit is genader vir kommentaar oor die skutprosedures maar het teen druktyd nog nie geantwoord nie. Indien dit ‘n kleiner voertuig was, kon dit noodlottig gewees het vir ‘n bestuurder.

LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issued of a certified copy of Deed of Transfer No. T37976/2013 passed by: Louis Phillippus Petrus Smit and Florence Janet Smit in favour of: Erf 1009 Prince Alfred Hamlet, in the Witzenberg Municipality, Division Ceres which has been lost or destroyed. All persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice. DATED at STELLENBOSCH this 2nd day of JUNE 2020 CONVEYANCER: TANIA VOLSCHENK 2nd Floor Block B, De Wagenweg Office Park Stellentia Street, Stellenbosch, 7600 tvolschenk@werksmans.com (021) 809-6000 Ref: SMIT43071.1

6 WAYS TO SUPPORT SMALL BUSINESSES WRITE A POSITIVE REVIEW . R0.00 TELL FRIENDS AND FAMILY . R0.00 FOLLOW THEM ON SOCIAL MEDIA ........... R0.00 ENGAGE WITH THEIR POSTS . R0.00 GIVE THEM A SHOUT OUT... R0.00 SIGN UP FOR THEIR NEWSLETTER ............. R0.00

TOTAL ............... R0.00 ******************************


WITZENBERG HERALD

Friday, June 26, 2020

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Raai wie word 21? 26/06/2020

Bondels koerante @ R15. Verpakking. Verfwerk. Babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Liefde Mammie, Daddy en die Twins

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Frans (Frank) Snyers 1965/09/09 - 2020/06/20

Roudiens Roudiens: Don. 25/06/2020 om 19:00, Betastr. 7, Bella Vista Begrafnis Begrafnis:: Sat. 27 Junie 2020

Slegs 45 naasbestaandes. 1,5m Afstand moet gehandhaaf word. Geen handdruk of drukkies. Was hande of gebruik sanitizer

Huis Huis: 09:00, Betastr. 7, BV Kerk Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Privaat verassing

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Frans (Frank) Snyers

1965/09/09 - 2020/06/20

Daddy, Oupa jou skielike heengaan het ons in ‘n groot skok agter gelaat. Maar ons gun jou die ewige rus. Van jou vrou, kinders en kleinkinders

Sarah Sofia van der Merwe

1966/02/22 - 2020/06/18 Met baie hartseer sê ons totsiens aan ons ma, suster, ouma en skoonma. Die tyd wat God Mamma vir ons geleen het was baie geseënd en ons berus ons daarin. Die waardes wat sy haar kinders geleer het sal ewig bly. Rus sag, ons sal Mamma altyd onthou as ‘n sterk vrou, ‘n vegter en ons rots. Van kinders, suster, broer, kleinkinders, skoonseun Hadley en breë familie

Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00

Pensionarisse betaal as werk klaar is.

Skakel of whatsapp

071-707-2066

Amy Hardneck

Baie geluk met jou besondere mylpaal. Ons gee vir jou padkos, Psalm 23

Maama Baraka

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

PROF PRINS

PA Hamlet 3 Slaapkamerhuis te huur met 2 badkamers. Dubbelmotorhuis met swembad en alarmstelsel. R8 500 per maand. Beskikbaar vanaf 1 Augustus 2020 Skakel

083-969-7227

Skakel

083-885-8142 Finances and money in account, lotto and powerball, goodluck oil for horse betting and casino, money within 24 hours.

Delayed work by other healers for free, claim your pension or provident fund within 3 weeks. Magic wallet, relationships and pregnancy.

Contact Julius

083-388-2491

Beskik oor die volgende pos:

ALGEMENE DRYWER

Soek motors en bakkies om te koop. Aandag! Aandag! Dadelik kontant. Ons doen ook. Bankaflosse. Skakel 079-379-2898. c/s CX56 26/6

Vereistes: • Kode 14 • Geldige PDP • Sober gewoontes Stuur CV na: elmarie@donkerbos.co.za Navrae: Martin van Niekerk 083-652-1572 Sluitingsdatum: 3 Julie 2020

Vrywaringskennisgewing by kwaksalweradvertensies Witzenberg Herald het nie ondersoek en vasgestel of enige van die dienste of produkte geadverteer die verlangde resultate of uiteinde sal hê nie. Lesers moet asb. kennis neem dat sommige van die beloofde resultate in hierdie advertensies buitengewoon is en dalk selfs onmoontlik is om te behaal. Sommige van die prosedures en beloftes geadverteer mag dalk gevaarlik wees indien nie uitgevoer deur ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie. Lesers word gewaarsku dat hulle die adverteerder se geloofwaardigheid en besonderhede deeglik moet ondersoek. Witzenberg Herald aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van die geadverteerde dienste of produkte nie

Disclaimer at quackery advertisements PLANT AND TOOL HIRE

CERES EN OMGEWING

Hy het baie mense se lewens verander, hy kan joune ook, Huwelik Bad luck Finansiële probleme Slegte skuld Wonderbeursie

DONKERBOS LANDGOED

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Johan Beelders 082-492-7745 Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

DONKERBOS LANDGOED Beskik oor die volgende pos:

WERKTUIGKUNDIGE Vereistes: •Ervaring in herstel van trekkers, landbou implemente en vragmotors • Prestasiegedrewe wees • Beskik oor goeie menseverhoudings • Sober gewoontes • Vermoë om afhanklik te werk Stuur CV na: elmarie@donkerbos.co.za Navrae: Martin van Niekerk 083-652-1572 Sluitingsdatum: 3 Julie 2020

Witzenberg Herald have not verified wether any of the services or products advertised will have the desired effect or outcome. Readers will note that some of the promised results in the advertisements are extraordinary and may be impossible to achieve. Beware some of the procedures and claims advertised may be dangerous if not executed by a qualified medical practioner. Readers are warned that they should carefully consider and verify the advertiser’s credentials. Witzenberg Herald do not accept any liability whatsoever in respect of any of the services or goods advertised

6 WAYS TO SUPPORT SMALL BUSINESSES WRITE A POSITIVE REVIEW TELL FRIENDS AND FAMILY FOLLOW THEM ON SOCIAL MEDIA ENGAGE WITH THEIR POSTS GIVE THEM A SHOUT OUT SIGN UP FOR THEIR NEWSLETTER

TOTAL

R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00 R0.00

R0.00

******************************

Psalm 1:1 “Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie,”

Evangelis Jacobs

Friday, June 26, 2020


WITZENBERG HERALD

7

Friday, June 26, 2020

Kerkdienste in COVID-19-Tyd DEUR ds. Pierre Marais DIE meeste kerke was die afgelope week steeds gesluit.

Gelukkig lewe ons in ‘n tegnologiese tyd waar boodskappe d.m.v selfone en rekenaars uitgestuur kan word en ons is almal baie dankbaar daarvoor. Maar geen TV-diens kan regtig die fisiese koinonia-ervaring van ‘n inliggaam-byeenkoms vervang nie. Vanaf Juniemaand sou kerke weer kon begin om openbare eredienste te hou, maar met die beperking van slegs 50 mense per lokaal. Dit het besluitnemers opnuut laat kopkrap. Sake wat in gedagte geneem moet word is: ● ‘n Taakspan moet saamgestel word wat moet help met alle nodige voorbereidings vir die lokaal. Hierdie taakspan kan ook help met die ontvangs van kerkgangers, die inskryf van name in ‘n register en die neem van elke persoon se koors. Hulle moet ook toesien dat die korrekte afstande tussen lidmate behou word. ● Daar mag slegs 50 mense die diens bywoon. Die kerk se ampsdraers is hierby ingesluit. ● Groot gemeentes moet dus ‘n stelsel ontwikkel waar hulle kan toesien dat slegs 50 die diens sal bywoon. Sommige doen indeling en uitnodigings op grond vanwyke, kleingroepe of laat die mense aanlyn bespreek. ● Die lokaal moet voor en na die tyd gesaniteer word. ● Groot gemeentes moet saam met die fisiese erediens (waar slegs 50 teenwoordig kan wees), ook steeds ‘n manier vind om daardie erediens uit te saai na die res van die lidmate. ● Kerkgangers moet maskers dra en moet ten minste een en ‘n halwe meter uitmekaar sit. Uitsonderings kan getref word vir gesinne en huwelikspare (wat die afstand betref). ● Die kerkgangers mag nie sing nie. Sakramente moet verkieslik ook nie bedien word nie. ● Mense wat oor 60 is of wat ‘n gesondheidsrisiko het,word afgeraai om dienste by te woon. Elkeen moet self besluit Afhangend van die gemeente se samestelling, kan gemeentes elkeen hulle eie besluit neem of hulle wil en kan voldoen aan al die riglyne. Al die voorskrifte en die verwagting dat die pandemie die volgende 2-3 maande van koue winterweer die hoogte sal inskiet voordat dit dalk afplat, maak dat baie kerke eers versigtig is om weer te begin met fisiese dienste. Ceres NG Moedergemeente en Ceresvallei het besluit om nie nou met fisiese dienste te begin nie. Die NG gemeente op P.A. Hamlet het reeds Sondag 7 Junie hul eerste erediens met

nuusbrokkies BELANGRIKEKENNISGEWING.DiePPKtoer na Israel vind weens COVID-19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084657-4673 of stuur ‘n epos na isaacjacobs50 @yahoo.com. Beperkte plek beskikbaar. ✗✗✗✗ DIE Brewelskloof hospitaal in Worcester is steeds opsoek na die familie van Puseto Khau (19). Puseto is op 2 April in die hospitaal opgeneem. Sy adres is Hopestraat, Pine Valley, Wolseley. Skakel Lena Jendrissek gedurende kantoorure by (023) 348-1397. ✗✗✗✗ BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.

streng veiligheids maatreëls en die nodige protokol gehou. Daar is besluit om twee eredienste te hou en die boodskap is ook met ‘n stemboodskap en Youtube skakel aan lidmate gestuur. Die gemeente het ook lidmate aangemoedig om by die huise te bly, sodat hulle veilig kan wees. “Dit was vir almal ‘n nuwe ervaring maar heerlik om saam met almal te kon aanbid. Ons is dankbaar dat ons dit kon implementeer en dat ons kan voortgaan met ons eredienste”.

‘n Beroerte is ‘n noodgeval ‘n BEROERTE is ‘n noodgeval - selfs tydens die COVID-19-pandemie. Reg oor die wêreld is daar ‘n afname in die hoeveelheid mense wat aanmeld vir noodsorg weens beroertes. Dit kan ‘n groot impak hê op hierdie individue se herstel. Wes-Kaap Regering Gesondheid se fasiliteite bied steeds noodsorg vir pasiënte en voorsorg word getref om besoekers teen COVID-19 te beskerm. “Dit kom voor asof minder mense na noodeenhede kom as hulle dink hulle kry ‘n beroerte,” sê dr. Colette Gunst, ‘n huisarts in die Kaapse Wynland. In die Wes-Kaap is beroertes onder die top vyf oorsake van natuurlike sterftes. “Vinnige optrede binne die eerste vier ure nadat jy die simptome opgelet het, kan ‘n verskil beteken tussen lewe, dood of permanente gestremdheid.” ‘n Beroerte vind plaas wanneer die toevoer van suurstofrykebloed na die brein afgesny word. As jy skielik hierdie nuwe simptome oplet, kan dit ‘n teken wees dat jy ‘n beroerte het: • Verloor van balans of koördinasie; • Dowwe sig of ‘n verlies van sig; • ‘n Mondhoek wat hang of een kant van jou gesig wat hang; • Swakheid in ‘n arm of been; of

• As jy sukkel om te praat, of as jy praat op ‘n manier wat moeilik is vir ander om te verstaan. Kry dadelik mediese hulp. Bel ‘n ambulans by 10177 of gaan na die naaste hospitaal se noodeenheid. As jy nog nie voorheen ‘n beroerte gehad het nie, kan personeel by ‘n plaaslike kliniek jou help om te bepaal wat jou risiko is om ‘n beroerte te hê. Hulle kan jou ook help om veranderinge te maak sodat jou risiko verlaag. Dit is belangrik dat jou bloeddruk en bloedsuiker gereeld getoets word. Mensie wie al in die verlede ‘n beroerte gehad het, het ‘n groter kans om weer ‘n beroerte te hê. Jy kan jou risiko verlaag deur op te hou rook, meer water te drink en minder alkohol, deur jou spanning te hanteer met gereelde oefening en ook ‘n verskeidenheid groente en vrugte in te sluit in jou dieet. Indien jy ‘n kroniese toestand soos hoë bloeddruk of diabetes het, is dit belangrik dat jy aanhou om die behandeling en medikasie te neem soos voorgeskryf deur jou gesondheidswerker. Aangesien pasiënte met ‘n kroniese toestand ‘n verhoogde kans het om ernstig siek te word van COVID-19, kan jy met die kliniek reël om die medikasie af te lewer óf om twee maande se medikasie op ‘n keer te kry.

PUT YOUR

WHERE

YOUR ♥ IS BUY LOCAL

○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○

○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○ ○

NG Moedergemeente op Ceres.

ADVERTISING SPECIALS FOR JUNE & JULY 2020 Times are tough and budgets tight - that’s exactly why we created these amazing deals! CLASSIFIEDS SPECIAL

¼ PAGE AD SPECIAL

ANY SIZE AD SPECIAL

Book any classified advert for 4 weeks and get 1 FREE ADVERT

Book a quarter page advert and get 1 FREE ADVERT T&C Apply

Book any size advert and get 25% DISCOUNT T&C Apply

Enquiries: erika@witzenbergherald.com


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, June 26, 2020

Witzenberg Herald

COVID-19 (3): Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Groot toernooi nog in weegskaal CERES gholfklub was die afgelope twee weke - soos die res van die land se bane volstoom aan die gang. Gholfklubs moet egter aan streng riglyne voldoen. Klubs moes ook Golf RSA skriftelik verwittig dat hulle risikomaatreëls vir die bekamping van COVID-19 in plek is en dat dit streng toegepas gaan word. Van die maatreëls sluit in dat spelers en baljoggies maskers moet saambring en dat hulle ‘n vraelys moet invul en hul temperatuur moet gemeet word. Spelers hoef egter nie met maskers te speel nie. Die klubhuis bly nog in vlak 3 buite perke vir spelers, net die badkamer is oop en die klubhuis moet 17:00 sluit. Geen drank word van Vrydag tot Sondag verkoop nie maar slegs nie-alkoholiese versnapperinge. Spelers moet ook as hulle klaar gespeel het die klub verlaat, die vlagpenne moet ingelos word, spelers moet hulle eie toerusting gebruik en sandputte net met hulle voet of gholfstok gelykmaak. Ceres gholfklub het hieraan voldoen en Saterdag 13 Junie kon die eerste 50 gholfspelers afslaan in ‘n kompetisie - byna drie maande nadat niemand mag gholf gespeel

het nie. Die voortbestaan van gholfklubs in die land is in gedrang weens die virus se verreikende impak op ekonomië. Daar is reeds ‘n paar bane wat moes sluit en talle het ook afleggings gedoen. Ceres gholfklub is weer oop en met die hulp van lede se donasies en hulp van Boland gholf kan die klub sake voortsit en probeer om die klub na kalmer waters of skoonvelde te stuur. Classic 2020 Die jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vind vanjaar op 6 en 7 November plaas. “Aangesien ons nie weet hoe die Covid-19 pandemie gholf in November gaan beinvloed nie, kan ons nog nie die finale toernooireëlings vasmaak nie” sê Gellies Gelderblom, klubbestuurder van Ceres gholfklub. “Tans weet ons nie wat die reëls rondom byeenkomste, drank en etes gaan wees nie. Die klub kyk ook na vermindere inskrywingsgelde en poog om dit teen die einde Julie bekend te maak, wanneer daar meer sekerheid oor die inperkings gaan wees”. Inskrywings sluit 30 September. Die klub

GOLF RSA-geskenkbewyse van R250 by Shoprite is beskikbaar vir gereelde baljoggies in Suid-Afrika tydens COVID-19. Ceres gholfklub het reeds drie keer van dié geskenkbewyse vir die vyf baljoggies gegee.

sal voorkeure vir Vrydag of Saterdag afslaantye sover moontlik eerbiedig, maar vra spelers se begrip vir die finale loting. Kompetisie Dinsdag 16 Junie het die klub ‘n enkelsyfer plus kompetisie aangebied. Henry Brown was die wenner met ‘n telling van +4. Marius Barnard en R. Barnard was

onderskeidelik tweede en derde met +3. Hannes Laubscher was vierde met 0. Op Saterdag 20 Junie het Ceres gholfklub ‘n houespel (medal) kompetisie aangebied. BJ Claasen was die wenner met 70 houe. Henry Brown was in die tweede plek gevolg deur Gerjo van der Merwe, beide met 70 houe. Werner Pharo was vierde met 71 houe.

GHOLFSPELERS het die afgelope twee weke na gholfbane gestroom om te gaan speel.

'n SPELER wag om af te slaan kort nadat die gholfbaan weer oopgestel is.

Agter elke klein besigheid, is daar ‘n gesin. Jumpstart your business

KOOP PLAASLIK

Advertise NOW!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.