WH Her ald
COOL TECH COOLTECH
Witzenberg
Volume 24 no. 24
R7.50
Friday, June 25, 2021
Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za
Since 1997
REFRIGERATION • AIR CONDITIONING
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 24 Junie
Vrydag 25 Junie
1° 15°
2° 15°
Saterdag 26 Junie
Pizza base en Ouma brood
Sondag 27 Junie
0° 12°
060-911-9535 (OORKANT WITZENBERG MUNISIPALITEIT)
1° 14°
Ceres Koekedouw dam
55,4%
Lesing: 2021/06/23
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Huisroof
Vier verdagtes beroof gesin op plaas
Voertuie gly in pas DONDERDAG 17 Junie is twee ongelukke in Michellspas by die Ceres SAPD aangemeld nadat ‘n Kaapstad vervoerkontrakteur vrugte-moes naby die Tolhuis op die pad gemors het. Talle motoriste het tussen 05:30 en 08:00 op die gladde pad gegly voordat opruimingspanne die pad kon skoonmaak. Verkeerslui en polisie was ook op die toneel. Omstreeks 05:30 het Jurie Groenewald van Ceres, die bestuurder van ‘n wit Toyota Auris, gegly en teen die sperreling gebots. Omstreeks 07:30 is die tweede ongeluk aangemeld toe Jacobus Fritz van Bella Vista beheer oor sy Toyota Hilux bakkie (fotos) verloor het, deur ‘n sperreling by die Tolhuis gebars en tussen bome op sy sy te lande gekom het. Fritz het sy skouer beseer en is op die toneel deur EMS behandel. * Die vrugtemoes word grootmaat aan die kontrakteur verkoop waarna dit op hul verantwoordelikheid vervoer word. Dit word later as veevoer verkoop. Verskeie rolspelers is tans besig om na die probleem te kyk en om oplossings te vind sodat niks verder op die padoppervlakte gemors word nie. Meer duidelikheid hieroor sal oor twee weke bekend gemaak word. ** Die Witzenberg verkeersdienste is ook deur die munisipale bestuurder versoek om op te tree teen die vervoerkontrakteur.
SPEURDERS op Tulbagh se ondersoek na twee huisrooftogte die afgelope 10 dae, vorder goed. Een persoon is al inhegtenis geneem. Die arrestasie volg ‘n paar uur nadat vier verdagtes Donderdag 17 Junie omstreeks 20:00 ‘n gesin op die plaas Sneeusig buite Tulbagh oorval en beroof het. Die gesin, ‘n man, sy vrou en hul seun is net na 20:00 oorval in hul huis. Die mans was gewapen met ‘n vuurwapen en messe en het die huis binnegekom en sonder waarskuwing twee skote op die man geskiet.Niemand is in die voorval beseer nie. Die gesin is eers vasgebind voordat die mans gevlug het. Die Tulbagh polisie en plaaswag is van die voorval in kennis gestel. Kort na 21:10 het die Paarl SAPD en plaaswaglede ‘n Chevroletmotor afgetrek waar hulle ‘n deursoekpunt vir motors op die R45 beman het. Hulle het die bestuurder, die 31-jarige Charles Mafunga, versoek om die voertuig se kattebak oop te maak waarop die ander vier insittendes uitgespring en
weggehardloop het. Die polisie het klapmusse, handskoene, 'n pistool met magasyn en patrone asook elektroniese toerusting in die motor gevind. Daar is later vasgestel dat die items vroeër op Sneeusig gesteel is. Die bestuurder is gearresteer en het Maandag 21 Junie vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die saak is na Maandag 28 Junie uitgestel vir ‘n borgaansoek. Tweede voorval Die huisrooftog volg skaars 10 dae nadat vier gemaskerde mans ‘n gesin op die plaas Duikersdrift oorval en beroof het. Die gesin van vier en ‘n personeellid is Maandag 7 Junie omstreeks 20:20 oorval en vasgebind. Die mans was met messe en ‘n pistool gewapen en het geld en vuurwapens geëis. Hulle het omstreeks 22:30 te voet met skootrekenaars, selfone, kontant en juweliersware gevlug. Die moontlikheid word ook ondersoek of die vier mans met twee rooftogte van gastehuise vroeër die maand in die Paarl- en Wellington-omgewing, verbind kan word.
23 99
Snowflake 2.5kg
D’Lite 2L olie 50
48
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91 Weet-Bix 450g
2150
Knorr Soup 50g packet
1,5kg Rainbow 50
52
400
Beacon slabs 80g assorted 50
10
29
2kg Best 99 Choice Sugar white
Ricoffy 250g 99
31
Pryse en produkte geldig tot 8 Julie 2021 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.