INWONERS van Wolseley se oë het verlede Donderdag 20 Junie behoorlik gerek toe ‘n gekoppelde konvooi abnormale vragvoertuie van Eskom ook bekend as ‘n roadtrain, deur die dorp beweeg het in die rigting van die N1. Verkeer het vir byna ‘n kilometer agter die voertuie opgehoop terwyl dit deur provinsiale verkeer deur die dorp begelei is. Volgens inligting op die internet bestaan ‘n konvooi uit vier TR 8x8 Tractomas en twee swaardiensplatformsleepwaens. Die 8x8-aangedrewe vragmotors is deur Nicolas - ‘n Franse vervaardiger - ontwerp om abnormale vragte te vervoer, soos die Eskom-transformator van ongeveer 270 ton. Die 8x8 is die kleinboet terwyl die 10x10 die grootboet is. Om die vrag te vervoer word al vier vragmotors ingespan wat elk vier aste het. Twee vragmotors word vooraan die vrag gekoppel en twee aan die agterkant. Die vrag word deur twee platformwaens, elk met 13 rye wiele en drabalke van staal, gedra. Ses bestuurders is nodig om die gekoppelde konvooi te bestuur - een elk vir die vragmotors en een elk vir die sleepwaens. Die konvooi is tussen 90 en 170 meter lank en kan op ‘n goeie dag 100 kilometer aflê.
Inbrekers steel wapens
INBREKERS het die naweek by twee woonhuise op Ceres ingebreek en vuurwapens en juweliersware gesteel. Niemand was tuis tydens die inbrake nie aangesien die huiseienaars weg was met vakansie. Die inbrekers het Saterdag 22 Junie omstreeks 18:00 op die eerste huis toegeslaan en deur ‘n badkamervenster toegang tot die huis gekry. Daarna het inbrekers ‘n gat in die plafon geslaan voordat alarmdrade geknip is. Die hele huis is omgekrap soos wat inbrekers na iets waardevols gesoek het.
Hulle het later die wapenkluis in die huis gevind en dit oopgebreek. Twee handwapens, ‘n 9mm pistool en ‘n .38 special, is gesteel.
Tweede inbraak
Omstreeks 22:40 het die rowers by die bure langsaan ingebreek. Hier het hulle ook toegang verkry deur die badkamervenster. Een wapenkluis is uit die muur geruk en ‘n tweede groter kluis, is met moeite by die huis uitgedra en in die tuin gelos. Hierna is die veiligheidshek uit sy spore gelig voordat die kluis in ‘n voertuig gelaai is.
Die rowers het met twee handwapens, ‘n .38 special en ‘n .22 pistool, en juweliersware gevlug.
Wees versigtig
Inwoners word gevra om nie hul alarms wat afgaan, te ignoreer nie en veiligheidsmaatskappye moet nouer saam met die polisie werk om wonings wie se alarms afgaan tydens die vakansietyd, te besoek.
Polisielede vasgetrek
TWEE polisiemanne verbonde aan Wolseley SAPD, is verlede week op die dorp weens dwelmverwante misdrywe gearresteer.
Die twee lede, sers. Petshwa en konstabel Lintnaar, is Saterdag 15 Junie deur die Wes-Kaap SAPD se anti-korrupsie-eenheid gearresteer kort nadat hulle aan diens gekom het.
Hulle het Dinsdag 18 Junie vlugtig in die hof verskyn waarna die saak tot 22 Julie uitgestel is. Die twee is op borg van R2 000 elk vrygelaat.
Hulle word aangekla van diefstal, korrupsie en regsverydeling. Die twee lede het na bewering mandrax tablette by ‘n man afgevat en dit later weer aan ‘n dwelmsmous verkoop.
Die twee lede se arrestasie volg op die arrestasies in Januarie 2022 van vyf polisielede van Wolseley, ‘n gewese polisieman van die dorp en ‘n reservis by Wolseley SAPD.
Twee van die polisielede is al afgedank. Almal verskyn in die Bellville handelsmisdaadhof op klagtes wat wissel van diefstal, korrupsie en regsverydeling.
Nog drie polisielede van Wolseley is in 2023 aangekla maar die sake teen hulle is tydelik deur die staat teruggetrek. Die polisielede wat nog werk, se dissiplinêre sake is ook nog nie afgehandel nie. Een van die drie het ‘n magdom klagtes teen hom.
EMS personeel op Ceres het die week ‘n uitnodiging aanvaar om met Ceres Dienssentrum se Dynamics sosialeklub te gesels. Die praatjie het oor algemene lewensgehalte gehandel. Hier is die groep saam met Neville van Wyk en sy span.
Kom ons werk saam om gesond en veilig te bly hierdie winter
DIE Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand prioritiseer die gesondheid en veiligheid van pasiënte tydens hierdie koue seisoen.
Met die koms van winter gebruik baie mense gesondheidsdienste ten spyte van die koue en nat toestande.
“Die winter bring sy eie uitdagings, maar ons kan verseker dat jou besoek aan jou plaaslike kliniek en gemeenskapsdagsentrum (daghospitaal) veilig en gerieflik is”.
Regoor die provinsie maak gesondheidsfasiliteite gebruik van afspraakstelsels sodat jy nie so lank hoef te wag nie. Kom slegs 30 minute voor jou afspraak na die fasiliteit.
“Weet hoe laat jy moet kom,” sê suster Elanza Williams van Drakenstein. “Dienste begin om 07:30. Vermy die koue en kom net na die kliniek of gemeenskapsdagsentrum tussen 07:30 en 16:00.”
Haar kollega in die Witzenberg, Lulamile Wawini, stem saam. “Vermy dit om jouself onnodig bloot te stel aan koue-oggende. Kom sodra die fasiliteit oop is of 30 min voor jou afspraak.”
Hier is nog maniere om warm en veilig te bly hierdie winter:
- Vermy lang rye: Eerder as om vroeg in die koue en nat omstandighede in ‘n ry te staan, maak gebruik van ons afspraakstelsel. Deur ‘n afspraak te maak, is jou ervaring beter van die oomblik af wat jy by ons aankom.
- Kom die regte tyd: Deur op te daag net voor jou afspraak, help jy om rye te bestuur en dit verkort almal se wagtyd. As jy nie jou afspraak kan nakom nie, bel en herskeduleer.
- Prioritisering van kwesbare groepe: Ons verstaan dat dit belangrik is om kwesbare persone soos senior burgers en kinders te beskerm in die koue weer.
- Veiligheid eerste: Jou veiligheid is vir ons belangrik. As jy in die donker in ‘n ry begin staan, is daar sekuriteitsrisikos. Ons vra dat jy so ver as moonlik eers 30 min voor jou afspraak opdaag. Op hierdie manier is jy meer sigbaar en oor die algemeen veiliger.
Toegang tot noodsorg
Jy kan toegang tot noodsorg kry by jou naaste hospitaal. “ Onthou, ons gebruik die triage-sisteem. Wanneer jy by ‘n gesondheidsfasiliteit kom, word jou toestand geëvalueer. Pasiënte word dan gesien volgens die dringendheid van hul toestand.
Pasiënte word getriage as groen, geel, oranje, of rooi (met rooi wat die ernstigste toestand aandui). As jou kleurkode geel of groen is, het jy nie ‘n lewensbedreigende toestand nie, so dit beteken dat jy langer sal wag vir hulp as iemand wie inkom by ongevalle, veral oor ‘n besige naweek of na-ure”.
Bly gesond by die huis hierdie winter
Behalwe dat jy moet voorberei vir jou besoek aan ‘n gesondheidsfasiliteit, is dit ook belangrik dat jy omsien na jou algehele gesondheid in hierdie kouer tyd. Onthou om proaktief te wees deur die inenting teen griep by ‘n privaat diensverskaffer te kry.
Voorkoming is beter as genesing. Volg die paar wenke soos goeie higiëne, bly aktief, volg ‘n gebalanseerde dieët en rus genoeg.
5 Reasons why donating blood is the coolest thing you can do
AS the country comes together to commemorate the contribution made by young people, the South African National Blood Service (SANBS) invites all eligible young individuals to join in the mission to save lives this youth month as part of the ongoing #WeAreThePulse campaign.
This campaign aims to raise awareness about the importance of blood donation, especially among young people, and to inspire a culture of giving and compassion.
With the mission to heighten awareness around the significance of whole blood donation, young people are encouraged to roll up their sleeves and be part of the #LifeSavers. Whether you’re a first-time donor or a regular supporter, your contribution is invaluable.
Here are five compelling reasons why giving blood not only saves lives but also makes you a hero in someone’s story:
Can Save 3 Lives
One blood donation has the potential to save up to three lives. Your blood could be the lifeline that someone desperately needs in a medical emergency. Whether it’s a car accident, a complicated surgery, or a patient undergoing cancer treatment, your donation can make a huge difference. Imagine the impact you could have on someone’s life.
Personal Fulfilment
Imagine knowing that you have made a real difference in someone else’s life. This can bring a profound sense of personal fulfilment and satisfaction. Knowing that you are the reason that someone gets to celebrate their next birthday gives one an immeasurable emotional reward. It’s a feeling of pride that can’t be matched.
It’s Quick and Easy
The actual donation process only takes about 15 minutes and the entire process, including registration and the health screening using the recently launched digital medical questionnaire, usually takes about 30 minutes. Rest assured, all necessary safety measures are in place, including the use of sterile equipment and a thorough health screening. The needle prick is minor compared to the joy of knowing you’ve helped save a life.
Free Health Check
Before you donate, you’ll get a free health screening, including blood pressure, pulse, temperature and haemoglobin levels. It’s an excellent way to keep track of your health and ensure you’re fit to donate. Plus, after you donate, you’ll get to know your blood type, which is pretty exciting and handy to know.
Make new connections
Blood donation drives are not just about giving back, they’re also about building connections. They’re awesome places to meet likeminded people who also want to give back to their community. You might even make a friend for life! It’s a social and fulfilling experience that can leave you feeling connected to your community.
Donating blood is not just a personal act of kindness - it’s a powerful way to support your community. By donating, you’re setting a positive trend and encouraging others to do the same. You’re not just donating blood; you’re inspiring a culture of giving and compassion.
Dutoit Vrugte, die vrugteverpakkingsaanleg van Dutoit Agri, benodig die dienste van ‘n prestasiegedrewe persoon vir die posisie van:
VERKOELINGSTEGNIKUS
Ceres
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Verkoelingsbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir • instandhouding (meganies en elektries) van verkoelingstoerusting, in lyn met protokolle en wetlike vereistes • daaglikse monitering van temperature en gas regimes op gewone-, DCA en beheerdeatmosfeer koelkamers • deurlopende inspeksies (foutopsporing) en instandhouding van veiligheidstelsels • volledige diensrekordhouding op alle verkoelingstoerusting en • opstel en bestuur van verkoelingsbegroting.
Die ideale kandidaat beskik oor • minstens 5 jaar ondervinding as Verkoelingstegnikus, wat ervaring in ammoniak insluit • bogemiddelde kommunikasie- en organiseringsvaardighede, en • die vermoë om op eie inisiatief te funksioneer. Hierbenewens sal ‘n kwalifikasie en/of goeie ervaring in elektrisiteit en kennis van die vrugtebedryf die aansoek versterk.
Benewens aangename werkomstandighede, bied ons ‘n mededingende vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit.
Stuur ’n volledige CV so gou doenlik aan: lemarel@dutoit.com
Diensaanvaarding sal so gou doenlik, maar verkieslik nie later as 1 September 2024 wees nie.
DRIE ongelukke is die naweek op Tulbagh aangemeld waar motoriste teen rondloper beeste gebots het. Niemand is in die ongelukke beseer nie maar van die beeste moes van kant gemaak word. Die polisie sowel as die Witzenberg munisipaliteit sukkel om vas te stel wie se beeste dit is terwyl die beeste aan die genade van beeswagters oorgelaat word. Die munisipaliteit beskik ook nie oor skutgeriewe nie. Die kostes moet van die beeste se eienaars verhaal word wat nie maklik opspoorbaar is nie. Motoriste word gevra om versigtig te bestuur. * Die eerste voorval het Vrydagaand omstreeks 19:20 op Stasieweg buite Tulbagh plaasgevind waar ‘n NP300 bakkie ‘n bees getref het. Die tweede ongeluk was Saterdagaand omstreeks 22:10 toe die bestuurder van dié wit Renault Clio (foto bo)‘n bees in Van der Stelstraat getref het. Die derde voorval was Maandag 24 Junie omstreeks 07:15 naby die Tulbagh begraafplaas in Van der Stelstraat. ‘n NP200 koerier bakkie het ‘n rondloper bees getref.
Kapers speel vir tyd - saak uitgestel vir regshulp
TWEE motorkapers wat meer as 18 maande gelede vasgetrek is nadat hulle toeriste buite Ceres aangeval, beroof en daarna met hul voertuig gevlug het, se saak is weer uitgestel.
Die keer vir regshulp. Die saak is na 22 Julie uitgestel. Beide verdagtes bly in aanhouding.
Agtergrond
Volgens die polisie was drie vroue van Lephalale (voorheen Ellisras) op Maandag 2 Januarie 2023 onderweg na Velddrif vir vakansie.
Marie Seegers het saam met Elmien le Roux en Hannie Fourie, die vorige aand op Beaufort-Wes oornag en het dié Maandagoggend omstreeks 09:15 deur Ceres gery. Marie het die silwerkleurige Mercedes Benz bestuur en besluit om by ‘n uitkykpunt in Michellspas te stop om fotos te neem.
Kort nadat hulle gestop en uitgeklim het, het twee mans (die verdagtes) - waarvan een gewapen was met ‘n Okapi mes - die vroue genader en hulle gevra om die voertuigsleutels vir hulle te gee.
Nadat Marie Seegers nie die sleutels wou gee nie, het daar ‘n worsteling ontstaan. Sy het die sleutels ‘n ent gegooi voordat die een verdagte haar gelos en in die motor geklim het. Sy is drie keer in die been en een keer in haar hand gesteek.
Een van die vroue het toe die polisie probeer bel waarna die tweede verdagte haar selfoon gegryp en dit in die motor gegooi het voordat hy ingespring en die mans weggejaag het.
Vasgetrek
Die polisie is van die voorval in kennis gestel en hulle het die voertuig se besonderhede met ander polisiestasies en provinsiale verkeersdienste gedeel.
Die een kaper, Mihle Mboma (38), is deur die polisie en verkeersdienste voorgekeer waar die R46 vanaf Ceres aansluit by die N1 buite Worcester. Inligting oor die tweede verdagte is opgevolg en Siyathanda Matyeni (31) is in ‘n taxi opgespoor buite Tulbagh wat op pad was na Bellville. Hy is blykbaar vroeër iewers afgelaai en het na Nduli teruggekeer voordat hy in die taxi na Bellville geklim het.
DIE bestuurder van dié Suzuki-motor het Sondag 23 Junie omstreeks 15:00 teen ‘n kraghouer op die plaas Slagboom vasgery. Hy is later deur die polisie van die toneel weggeneem. Geen verdere inligting was beskikbaar nie.
INWONERS van Wolseley se oë het verlede Donderdag 20 Junie behoorlik gerek toe ‘n gekoppelde konvooi abnormale vragvoertuie van Eskom ook bekend as ‘n roadtrain, deur die dorp beweeg het in die rigting van die N1.
raadslede van die Witzenberg munisipaliteit, Elizabeth Sidego en Dirk Swart, is op 21 Junie tydens ‘n raadsvergadering met die titel raadsheer en raadsvrou vereer. Met dié titel gee die munisipaliteit erkenning aan raadslede vir volgehoue gemeenskapsdiens oor ‘n lang tydperk aan die munisipaliteit. VLNR: Rdl. Trevor Abrahams (burgemeester), raadsvrou Elizabeth Sidego
Dirk Swart en rdl. Noluthando Nogcinisa.
Saak teen paartjie se twee ontvoerders uitgestel
DIE polisie se ondersoek wat twee mans van Ceres betrek by ‘n ontvoering en roof is nog nie afgehandel nie.
Enrico Bosman (44) en Wandise Silwanyana (21), is op 4 Januarie deur lede van die Ceres speurtak gearresteer na ‘n voorval wat einde Desember naby die Deelville-plaas by Bella Vista plaasgevind het.
Die mans het na bewering die aand van 3 Januarie en die oggend van 4 Januarie, ‘n paartjie in die Ceres natuurtuin oorval waar hulle in ‘n Toyota Etios gesit het.
Die 35-jarige man is met skoenveters vasgebind en agter in die kattebak gelaai. Die twee mans het daarna met die 25-jarige meisie, wat ook met veters vasgebind was, na Michellspas gery.
Hulle het later op Ceres en P.A. Hamlet by OTM’s gestop en probeer geld trek uit die slagoffers se rekenings voordat hulle na Gydopas gery het. In Gydopas het die voertuig gestop en die man kon daarin slaag om hom los te wikkel. ‘n Struweling het tussen hom en die verdagtes plaasgevind voordat die twee mans in die motor gespring en weggejaag het. Die paartjie het daarna na Hamlet gestap waar hulle ‘n polisievoertuig voorgekeer en hulp gevra het.
Saak uitstel
Die mans verskyn in die Ceres landdroshof op klagtes van gewapende roof en ontvoering. Verdere klagtes kan later deur die polisie bygevoeg word.
Die saak is na 23 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.
Ceres Tuiste
Ceres Tuiste ‘n Aftree Oord op Ceres benodig die toepaslik gekwalifiseerde dienste van energieke, bekwame en ervare persone met opspoorbare werksverwysings vir die volgende betrekkings:
STAFVERPLEEGSTER of GEREGISTREERDE VERPLEEGKUNDIGE
Die posbekleër sal verantwoordelik wees vir die totale versorging van ouer persone wat insluit en nie beperk is tot die volgende:
•Bestuur van versorgers en assistentverpleegsters
•Administratiewe pligte en rekordhouding
•Voorraadbestuur
•Bystand aan die Eenheidsbestuurder Registrasie by die SARV is ‘n vereiste en bewys daarvan moet die aansoek vergesel.
NUTSMAN
Die fikse, flinke, betroubare en hulpvaardige posbekleër sal verantwoordelik wees vir algemene instandhouding- en herstelwerk op die terrein en in die hoofgebou en moet oor die volgende kennis, ondervinding en vaardighede beskik:
•Elektriese werk, loodgieterwerk, besproeiing, tuinwerk, houtwerk
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Julie 2024
Diensaanvaarding: Stafverpleegster:So spoedig moontlik
Nutsman:1 September 2024
Belangstellendes kan ‘n CV e-pos na: bestuurder@cerestuiste.co.za
Of aflewer by die volgende adres: Ceres Tuiste, Hek nr. 2, Munnikstraat 33, Ceres, 6835
Navrae: ☎ (023) 312-1315/95
Protect children from vaping
THE message from the Western Cape Department of Health and Wellness on World No Tobacco Day it is never too late to quit smoking and vaping. This year’s theme is, “protecting children from tobacco industry interference” which focuses on advocating for an end to the targeting of youth with harmful tobacco and related smoking products.
“We are seeing an increase in the use of e-cigarettes (also known as electronic cigarettes or vapes) in especially young people, which comes with many risks, including harm to the lungs and brain. According to the World Health Organisation, vaping has been proven ineffective as a way to quit smoking. People who want to quit smoking should aim to stop all together, and not just switch one ha-bit for another. Vaping also poses risks to non-smokers and can have harmful health effects, especially on young people whose brains are more sensitive to nicotine”.
Young people who vape are three times more likely to take up smoking.
The Department urges parents or caregivers to urgently address their youngster’s vaping as an important preventative step for both smoking and vaping in future.
E-cigarettes with nicotine are highly addictive and are harmful to health. Whilst long-term health effects are not fully understood, it has been established that they generate toxic substances, some of which are known to cause cancer and some that increase the risk of heart and lung disorders. Use of e-cigarettes can also affect brain development and lead to learning disorders for young people.
Diewe
steel ring en wapens
DIE trouring is een van die gesteelde items. Indien iemand jou nader om die ring te koop, moet dit by Ceres speurders (023) 316-8500 aangemeld word. Die ondersoekbeamptes is Zimri en Laban.
Pregnant women are also urged not to vape as fetal exposure to e-cigarettes can adversely affect the development of the baby. Exposure to emissions from e-cigarettes also poses risks to the fetus.
Both tobacco products and electronic nicotine delivery system (ENDS) pose risks to health. The safest approach is not to use either.
The levels of risk associated with using ENDS or tobacco products are likely to depend on a range of factors, some relating to the products used and some to the individual user.
Factors include product type and characteristics, how the products are used, including frequency of use, how the products are manufactured, who is using the product, user behaviour - user’s puffing style - and whether product characteristics are manipulated post-sale.
Toxicity is not the only factor in considering risk to an individual or a population from exposure to ENDS emissions. These factors may include the potential for abusing or manipulating the product, use by children and adolescents who otherwise would not have used cigarettes,
simultaneous use with other tobacco products (dual or poly use) and children and adolescents going on to use smoked products following experimentation with ENDS. Dual use, which is common, is at least as dangerous and likely more dangerous than smoking conventional cigarettes or using e-cigarettes alone. Further, not all ENDS are the same and the risks to health may differ from one product to another, and from user to user.
The World Health Organisation published shocking research indicating that children between 13 and 15 years old use e-cigarettes at a higher rate than adults in WHO regions.
Canada and the United Kingdom are also seeing a significant increase in the e-cigarette use under children.
Associate Professor Richard van Zyl-Smit, Professor and Consultant Pulmonologist at Groote Schuur Hospital (GSH) and University of Cape Town notes, “While vaping liquids do not contain tobacco, and there are reduced risks for tobacco-related diseases, there are still considerable numbers of toxins in vape fumes. The fumes can harm the lungs, the brain and blood vessels.”
Prof. Van Zyl-Smit and others conducted a pilot study on smoking and vaping in schools in South Africa.
It was the start of a bigger project, but they first looked at high income schools in Gauteng, KwaZulu-Natal and the Western Cape. They found low numbers of those smoking, but high levels of vaping even from grade 8, up to around 25% of matric learners vaping in these schools. The project is nearing its completion and they hope to have the full data analysed and published by mid-2024.
GSH started a smoking cessation clinic in 2012, because there was no service of any kind to help smokers in public hospitals to overcome their tobacco addiction. It is estimated that in the Western Cape that over 23% of women and 36% of men still smoke tobacco.
The clinic, led by Prof. Van Zyl- Smit, sees up to 50 patients per year. While the service at GSH is small, it regularly runs smoking cessation training courses and has partnered with the department to equip health care providers with the necessary skills to help smokers quit.
A key milestone of the clinic is that it produced the first South African smoking cessation guidelines for use around the country. In addition, outreach and education through talks and seminars continue and it offers advice telephonically or via email as needed.
Today is the best day to quit smoking. Quit smoking is the best thing you can do for your health, no matter your age or how long you have smoked, and the benefits begin immediately.
CHAIN Animal Charity Shop has all the decorations you need to get into the festive spirit Pop into our friendly shop and take a look at our wonderful assortment of old-school Christmas decorations. We stock tinsel, baubles, Christmas Tree toppers - and more!
CHAIN’s Animal Charity Shop raises funds for animals by selling donated goods.
CHAIN proudly supports Tulbagh’s legendary Christmas in Winter Festival
CHAIN ANIMAL CHARITY SHOP
38 Van der Stel Street, Tulbagh
Trading Hours: Mon - Fri: 09:00 - 16:00 Saturday: 09:00 - 14:00 Closed on Sunday Vanessa: 082 831 4334 www.chainboland.co.za
New homes for rescued dogs and cats
Dit is dieselfde skoolsaal - maar 40 jaar later. Dis die 1980-matriekgroep se reünie soos beleef deur Petrus Boshoff, die verteller. Die voormalige matrieks word gekonfronteer met die spoke van die verlede en ‘n tragedie wat hulle 40 jaar gelede saam beleef het. Dana Snyman en Frank Opperman het al verskeie kere kragte saamgesnoer in die skep van eenmanstukke: Dana met die pen en Frank op die verhoog. Met Reünie is die sterk regisseurshand van De Klerk Oelofse bygevoeg. Verwag dieselfde fyn spot, deernis & 'n tikkie nostalgie.
5 September 2024
18:30 vir 19:00
P.A. Hamlet NG Kerksaal Ligte ete ingesluit Bring eie drankies en glase
28 - 30 June 2024 Vir inligting skakel Kerkkantoor (023) 313-3694 Alma 083-443-0881
CERES polisie en EMS personeel is Vrydag 21 Junie omstreeks 11:00 na twee ongelukstonele in Michellspas ontbied. Beide ongelukke het binne minute van mekaar plaasgevind waar voertuie in lang rye by ‘n stop-en-ry in die pas gestaan het. In die eerste geval het ‘n minibus met passasiers teen die agterkant van ‘n Isuzu bakkie gebots. Sewe mense is op die toneel behandel.
Twee ongelukke by
stop-en-ry
'n MINIBUS met passasiers het teen die agterkant van ‘n Isuzu bakkie gebots. Sewe mense is op die toneel behandel.
Saak word weer uitgestel
‘n HAWELOSE man (33) wat ‘n sakeman by sy werksplek aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan het, se saak is weer uitgestel.
Elrico Engelbrecht moet weer op 6 Augustus in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.
Agtergrond Tony Kleynhans (60), ‘n tweedehandse handelaar op die dorp, was Maandag 4 Maart omstreeks 17:15 besig om sy perseel te sluit toe hy deur Engelbrecht aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan is. Engelbrecht, wat blykbaar voor die voorval op die perseel se stoep gesit het, het Kleynhans se selfoon asook beursie met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan. Die SAPD ondersoek ‘n klag van besigheidsroof. Die ondersoek is nog nie afgehandel nie.
SKAARS 15 minute na die eerste ongeluk by ‘n stopen-ry in die Michellspas, het ‘n gryskleurige Opel teen die agterkant van ‘n Toyota Corolla gebots waarna dit ook die motor voor hom, getref het.
Saak tot September uitgestel
DIE aanrandingsaak teen ‘n Tulbagh wynmaker en sy seun, is weer uitgestel.
Die klagtes teen Andries Jordaan (57) van Theuniskraal boerdery en sy seun, Ernst (25), hou verband met ‘n voorval op 18 Januarie vanjaar waar hulle na bewering ‘n verfbalgeweer gevat en op kort afstand ‘n kind daarmee geskiet het.
Die voorval het omstreeks 19:00 plaasgevind waar ‘n groep plaaskinders na bewering besig was om druiwe op die plaas te steel. ‘n 12-Jarige seun is twee keer getref.
Jordaan en sy seun is op 30 Januarie gearresteer maar later op waarskuwing vrygelaat tot met hul eerste verskyning op 13 Februarie in die Tulbagh landdroshof.
Sake van aanranding om ernstig te beseer en ‘n klag van aanranding gewoon is teen Jordaan sr.gemaak.
Die Jordaans moet weer op 27 September in die hof verskyn. Hulle het ook vroeër vertoë aan die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) gerig.
Klipgooier se saak uitgestel
‘n KLIPGOOIER wat maandelank inwoners se huise agter Ceres hospitaal en naby die Koekedouwdam se ingang met klippe gegooi en hulle geteister het, se sake is vir verhoor uitgestel.
Christopher van Schalkwyk (36) van Klein Pruise het Dinsdag 18 Junie verskyn. Die sake is uitgestel vir verhoor. Hy moet nou op 16 September in die Ceres landdroshof verskyn. Arresteer Van Schalkwyk is deur speurders gearresteer vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag op Klein Pruise en die oortreding van ‘n teisteringsbevel van een van die huisbewoners waar hy al meer as R20 000 se skade aangerig het. Van Schalkwyk staan ook op talle ander klagtes tereg in die Ceres landdroshof.
Hy is in Junie 2022 aangekla van kabeldiefstal, in Augustus 2023 vir die besit van dwelms en diefstal (ander klag), in Oktober 2023 vir teistering en in Januarie
vanjaar vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag en die oortreding van ‘n teisteringsbevel.
CHRISTOPHER van Schalkwyk (36) van Klein Pruise.
classifieds
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com
066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Johanna Elizabeth Smit
1935/06/27 - 2024/06/18
ROUDIENS: Do. 27 Jun
19:00 Heilige Evangelie Kerk (J. Klazen Kerk)
BEGRAFNIS: So. 30 Jun
Huis: 09:00 Azaliasingel 1142, Bella Vista Kerk 10:00 Bella Vista Gemeenskapsaal Graf Bella Vista
Die beste diens, altyd.
John Kannemeyer
(023) 316-1814
In liefdevolle herinnering aan Mamma met jou 1ste Hemelse verjaarsdag weg van ons!
Johanna Elizabeth Smit
1935/06/27 - 2024/06/18
Met die roep van die sagte skemerwind, het mamma Hanna haar ewige verheerlikde liggaam gevind. Met wye draaie en swaaie huppel sy nou deur die poorte van die Hemel. Gekroon in Sy ewige majesteit. Vir 88 jaar het mamma ‘n dapper lewe gevoer. ‘n Kryger soos min met ‘n hart sag gevul met opregte, nederige liefde. Daar waar mamma gewandel het, met die hartklop van ons hemelse Vader, het mamma sommer pens- en pootjies in mense se harte geklim. By mamma het ons geleer van aanhou glo, hoop en vertrou, al was die wonde en einas soms so rou. Ons veilige hawe en kalmte in die storm, het mamma elkeen van ons uniek help vorm. Ons steunpilaar, raadgewer, rigtingwyser, dogter, ma, ouma en vriendin, het menigte hul roeping deur mamma gevind. ‘n Poort tot heelmaking was mamma vir menigte geklee in Sy glorie en onvoorwaardelike liefde. Al is ons harte stukkend, leeg en seer, weet ons dat alles gebeur tot God se eer. En daarop sal ons bly staan, vashou en glo. Rus sag ons geliefde oumatot ons weer ontmoet. Van kinders, klein-, agter en agter-agter kleinkinders
Magrietha Olivier
1964/05/31 - 2024/06/17
ROUDIENS: Do. 27 Jun
Huis: 19:00 Plaas Koelfontein, Prince Alfred’s Hamlet
BEGRAFNIS: Sat. 29 Jun
Huis: 09:00 Plaas Koelfontein, Prince Alfred’s Hamlet Saal 10:00 Gemeenskapsaal, Prince Alfred’s Hamlet Graf Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Allen Wilfred Hofmeester
1972/02/16 - 2024/06/19
ROUDIENS: Do. 27 Jun
Huis 19:00 Sekondêre skoolsaal, Ceres
BEGRAFNIS: Sat. 29 Jun
Huis 09:00 Die Laan 196, Ceres Kerk: 10:00 St’Andrews, Ceres Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Angelique Abrahams
1980/02/10 - 2023/06/30 There are moments in life when you wish you could bring someone down from heaven, spend the day with them just one more time, give them a hug, kiss them goodbye, or hear their voice again. One more chance to say: “I love you!” Van die Volmoer- en Abrahams-families
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer
060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
Boland
Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Suspension
Brakes
and more André du PAndré du P André du PAndré du P du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.
CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086-1115193 rek C27 w.t.o.
Kantoorspasie TE HUUR te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel) Onmiddellik beskikbaar Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
PLANT AND AND PLANT AND AND TOOL HIRE
Christiaan 079-177-2490
Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER
VEREISTES: • Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517
Donate blood Ceres 4 July 15:30
Here, leer vir my hoe U wil hê ek moet lewe, lei my op ‘n veilige pad, want ek het baie vyande. Ps. 27:11 Evangelis Jacobs
Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies
R30 per bondel
(023) 316-2021
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
066-316-3003 + Jou naam + Die item wat jy wil verkoop R eëls: • Slegs items onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
Duiwe op Leeu Gamka losgelaat
DIE eerste duiwewedvlug vanaf Leeu Gamka is die naweek gevlieg.
Die wedvlug is in goeie weerstoestande gevlieg. Saterdag 29 Junie vlieg die duiwe vanaf Beaufort-Wes.
CHPS
Jaaroud
1. Cyril en Ann Davids - 1393.700 mpm
2. Hendriks familie - 1391.418 mpm
3. Team Koopman - 1361.527 mpm
4. Christopher Fortuin - 1333.134 mpm
Ope
1. Cyril en Ann Davids - 1415.521 mpm
2. Cyril en Ann Davids - 1409.712 mpm
3. Bryan Isaacs - 1400.513 mpm
4. Team Koopman - 1399.678 mpm
CPS
Jaaroud
1. Meyer & Van Wyk - 1405.784 mpm
2. CT Nige - 1400.833 mpm
3. Le Bretton lofts - 1385.552 mpm
4. Van Root lofts - 1379.783 mpm
Ope
1. Meyer & Van Wyk - 1430.967 mpm
2. Meyer & Van Wyk - 1418.198 mpm
3. CT Nige - 1371.566 mpm
4. Meyer & Van Wyk - 1367.019 mpm
5. Camerin Mars - 1366.964 mpm
Ons Ruimte - Witzenberg
Deur Annisa
PORNOGRAFIE, prostitusie en dwelmhandel is verwante bedrywighede wat as voedingsbron, kinderhandel bevorder. Sosiale media bring nuwe uitdagings binne gesinsverband. “Ons as ouers moet hierdie situasies pro-aktief hanteer om ons kinders te beskerm teen die negatiewe invloed van onbeperkte destruktiewe sosiale media blootstelling. Daar kan reeds op ‘n baie jong ouderdom begin word deurdat ek my kind help om sy unieke eienskappe te ken en sodoende met selfrespek sosiale verhoudinge te hanteer. Die fondasie vir gesonde sosiale waardes begin binne gesinsverband”.
Eerlike, oop-kommunikasie binne gesinsverband is die eerste teenvoeter rakende pornografie. Seksualiteit, intimiteit en gesondheid moet op ‘n vroeë ouderdom reeds deel wees van gesprekke binne die gesin. Hierdie gesprekke word hanteer om by die spesifieke ouderdom en persoonlikheid van elke kind te pas.
Hierdie kommunikasie kan binne die volgende riglyne geskied met inagneming van die uniekheid van elke kind:
- 0-3 Jaar beklemtoon aanvaarding.
- 3-5 Jaar word identiteit as individu hanteer.
- 5-8 Jaar word die kind blootgestel aan grense en intimiteit.
- Vanaf 8-11 jaar kan daar intensioneel die positiewe en negatiewe faktore van seksualiteit binne sosiale verband bespreek word.
- Vanaf 12 jaar behoort die tiener met vertroue enige aspek van hierdie onderwerp met die ouer te kan bespreek.
Navorsing het getoon dat goeie kommunikasie rakende seksualiteit reeds voorskool met geskikte gesprekke tussen ouers en kinders kan plaasvind. Indien daar gemaklike, eerlike kommunikasie reeds op ‘n vroeë ouderdom plaasvind, word hierdie onderwerpe binne gesinsverband nooit te sensitief en gevolglik vermy nie.
“Goeie kommunikasie is een van die eerste voorwaardes om ons en ons kinders as individue paraat te maak”.
Henri Ferreira wen kompetisie op Ceres
DIE naweek het Ceres gholfklub ‘n enkel syfer plus kompetisie aangebied. Henri Ferreira was die wenner gevolg deur Carel Cronjé in die tweede plek en Altus Joubert in die derde plek. Al drie het tellings van gelyk (0) aangeteken.
Ander kompetisies
Ceres gholfklub het Vrydag 21 Junie ‘n Sundowner 9 putjie-kompetisie aangebied. Ceres Superspar borg van-jaar die pryse. Die kompetisie is deur Wincen Abrahams gewen met 20 punte met Altus Joubert in die tweede plek met 17 punte.
Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.
Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.
Juniemaand se klubkompetisies: Op 29 Junie bied die klub ‘n enkel stableford kompetisie.
Dit is weer tyd vir die jaarlikse Enkelspelen Pare-putjiespel kampioenskappe Inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Julie en die trekking sal op 12 Julie gedoen word. Die eerste 16 betaalde spelers/pare sal deel wees van die trekking. Inskrywings kan by die gholfklub se kroeg gedoen word of via 084-587-6332, 076-233-1981 of (023) 312-3068
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Twee spelers blink uit by die o/18
Cravenweek
LUAN Gilliomee, belowende losskakel en kaptein van Boland se o/18 Cravenweekspan, het Maandag 24 Junie op die openingsdag van die 60ste Cravenweek wat op Krugersdorp plaasvind, uitgeblink. Gilliomee, ‘n leerder van Charlie Hofmeyr op Ceres, het ‘n afgeronde vertoning gelewer in sy span se oorwinning van 41-21 oor die Luiperds. Hy het al vyf sy span se drieë verdoel en twee strafskoppe oorgeskop. *Sy spanmaat en mede Charlieleerder, Philip du Plessis (foto regs), het ook goed gespeel en ‘n drie gedruk. Boland het Woensdag 26 Junie hul tweede wedstryd teen Grens gespeel en met 34-20 gewen. Gilliomee en Du Plessis het elkeen ‘n drie gedruk terwyl Gilliomee ook in die kol was met drie doelskoppe en ‘n strafskop.
NOTICE
Notice is given in terms of the National Water Act 36 of 1998, under GNR 267 for the procedural requirements for Water Use Licence Applications 2017. An application has been made for a water use licence on Portion 3 of Farm Boontjies Rivier 262 in terms of Section 21 (a), (b), (c) and (i) of the National Water Act. Any persons wishing to access and comment on the application should notify Jade Hermanus of Katika Consultancy (Pty) Ltd at 262 Main Road, Paarl, 7646 or e-mail at jade@katikaconsult.com or call at 021 300 1456. Should you be aware of any person or persons who might be interested or affected by this application, but may be illiterate, disabled or otherwise disadvantaged, please send relevant details to Katika Consultancy (Pty) Ltd.
Kindly ensure that your contact details and comments reach the abovementioned practitioner, within 60 days of this notice.
KENNISGEWING
Kennis word gegee ingevolge die Nasionale Waterwet 36 van 1998, kragtens GNR 267 vir die prosedurele vereistes vir Watergebruikslisensie Aansoek 2017. ‘n Watergebruikslisensie aansoek word gedoen vir Gedeelte 3 van Plaas Boontjies Rivier 262 in terme van Artikel 21 (a), (b), (c) en (i) van die Nasionale Water Wet. Enige persone wat toegang tot die aansoek wil verkry of kommentaar wil lewer, moet dit doen deur Jade Hermanus van Katika Consultancy (Pty) Ltd in kennis te stel, te Hoofstraat 262, Paarl, 7646 of e-pos by jade@katika consult.com of skakel 021 300 1456. Indien u bewus is van enige persoon of persone wat dalk deur hierdie aansoek geraak word of belangstel daarin, maar ongeletterd, gestremd of andersins benadeel kan wees, stuur asseblief relevante besonderhede aan Katika Consultancy (Pty) Ltd.
Maak asseblief seker dat jou kontakbesonderhede en kommentaar die bogenoemde praktisyn bereik, binne 60 dae vanaf plasing van hierdie kennisgewing.
Begeesterde Delicious klop Ceres
DELICIOUS het Saterdag ‘n opskudding veroorsaak met ‘n oorwinning van 29-13 oor hul bure, Ceres.
Ceres was rustyd met 7-3 voor.
Delicious het Saterdag op hul tuisveld welverdiend met Ceres afgereken. Dit was ook egter ‘n wedstryd van verbroude kanse.
Ceres, met ‘n paar eerste keuse spelers wat nie beskikbaar was nie, kon nie regtig aan die gang kom nie. ‘n Begeesterde Delicious was op die dag die beter span op die veld en het hul man gestaan in die skrums en lynstane.
Ceres aan die anderkant kan hulself skop vir baie verbroude kanse. Ceres het soos ‘n skaduwee gelyk van die span wat verlede week vir Bella Vista geklop het.
Ceres speel die naweek gasheer vir Temperance van Gouda en Delicious is die gasheer vir Hamlet. Beide wedstryde beloof om klipharde stryde te wees.
Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie:
Bella Vista klop Temperance 55-12, Hamlet wen 22-15 teen Hillcrest, Roses is te sterk vir Young Blues en wen 62-29 en Newtons klop Wolseley oortuigend met 32-5.
Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie: Lovedale klop Vastrap 33-27, Tulbagh is veels
te sterk vir Red Roses en wen 87-7, Op-dieBerg klop Young Good Hopes met 33-27, La Plaisant klop Young Westlyans met 17-15 en Lindeshof klop Paardekloof 21-18.