Vergadering onwettig
DIE Witzenberg munisipaliteit het die afgelope maand ‘n onstuimige tyd beleef met klagtes van beweerde omkopery teen die burgemeester en nuwe ampsdraers wat verlede week tydens ‘n onwettige vergadering verkies is.
Einde Mei het die provinsiale GOOD-leierskap na meer as ‘n jaar se ondersoek, ‘n nuwe raadslid in die plek van die geskorste Witzenberg onderburgemeester, Felicity Klazen (GOOD proporsionele lid), aangewys.
Katriena Robyn is toe in die plek van Klazen aangewys en is sy tydens Dinsdag 6 Junie se spesiale raadsvergadering weer as ‘n raadslid verwelkom.
Pogings onsuksesvol
Sedert 6 Junie is talle pogings onsuksesvol om ‘n nuwe onderburgemeester te verkies.
Op 20 Junie het rdl. Robyn ‘n klag van beweerde omkopery teen die burgemeester Hennie Smit by die P.A. Hamlet polisie ingedien. Daar is Dinsdag 27 Junie ‘n navraag oor die klagte aan die polisie gerig en het hulle net gesê niemand is nog aangekla nie.
Op Woensdag 21 Junie is daar ‘n vergadering met net 11 raadslede gehou - sonder die DA en sy koalisie vennote - nadat rdl. Sidego (DA-speaker) vroeër die week ‘n spesiale vergadering onbepaald uitgestel het.
‘n Onwettige vergadering (geen kworum) is later die dag gehou waar ‘n mosie van wantroue in die twee huidige ampsdraers (Smit en Sidego) ingedien en aanvaar is voordat ‘n nuwe burgemeester (Katriena Robyn), onderburgemeester (Jannie Cloete) en speaker (Petrus Herandien) verkies is.
Interessant genoeg, die ANC met die tweede grootste aantal raadslede binne die raad, was nie deel van dié top drie se verkiesing nie.
Kommentaar
Verlede week het die DA ‘n persverklaring uitgereik en gesê dat rdl. Sidego nie geweier het om die vergadering te belê het nie maar dat sy dit onbepaald uitgestel het weens die sluiting van Michellspas en die vloedskade se impak op die munisipale gebied.
Sy het binne haar magte en die munisipale strukture wet opgetree. Volgens dié wet kan die meerderheid van die raad ‘n vergadering
aanvra en as die speaker weier moet die munisipale bestuurder dit byeenroep.
‘n Onafhanklike regsopinie het dit bevestig en erken die Witzenberg munisipaliteit slegs die wettige verkose ampsdraers.
Agtergrond van 2021 verkiesing
In die Witzenberg munisipale gebied was 47 098 inwoners vir die 2021 verkiesing geregistreer waarvan 37 085 gaan stem het.
Die twee grootste partye (ANC en die DA)
het 26 831 van die stemme gekry of 72.35%. GOOD het goed vertoon en 2 setels (2506 stemme - 6.25%) verower.
Ses partye het elkeen 1 setel proporsioneel verwerf. Die ses partye is: Patriotic Alliance (PA) met 2174 stemme, Witzenberg Aksie met 1495 stemme, Icosa met 1180 stemme, EFF met 1156 stemme, VF Plus met 972 stemme en Witzenberg Party met 777.
‘n POLISIE bakkie en ‘n minibus taxi het Donderdag 22 Junie omstreeks 07:50 in Vosstraat teen mekaar gebots. Die ongeluk het tussen OK, Puma en Dutoit Groep se hoofkantoor gebeur. Die taxi wou draai toe die speurdersbakkie van P.A. Hamlet teen die minibus gebots het. Niemand is beseer nie.
BELONING
TOT R10 000
Indien enige iemand die volgende items wat gesteel is in Ceres op 22 Junie 2023 terugbesorg aan die eienaar en die skuldige help vastrek, kan jy beloon word!
• Kameras: Sony RXM4
Canon 5D Mk4
Canon 40D
• Lense:
Canon EOS 70-200mm F2,8
Canon 85mm F1,2 USM
Canon 24-70/f2.8 l USM
Sigma 200-400mm F5-6,3
• Lens filters: Hoya 82mm HMC UV(0)
Hoya 72mm
• SD Kaarte:
Extreme 32GB pro SDHC 95 MB/s
Extreme 512GB
• Tripod: Manfrotto
• Mic: Sennheiser MKE 400 Rifle MIC
• Kameratas: Lower pro Roller
• Hardeskyf: I TB Rugged
• Flash: Speedlight
• Extenders: Canon 2x Extender
• Diverse toerusting: Kabels ens.
Skakel Adel by (023) 312-3136
E-pos: dutoitgroup@dutoit.com
Ceres Tuiste
Ceres Tuiste, ‘n aftree-oord in Ceres, beskik oor die volgende vakature:
ASSISTENT VERPLEEGSTER
Vereistes: • Registrasie by die SARV • Afrikaans magtig [lees, skryf en praat] • Deernis met ouer persone‘n geskiedenis van werk met ouer persone • Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede • Verkieslik woonagtig in Ceres omgewing
Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Julie 2023
Diensaanvaarding: 1 Augustus 2023 of so spoedig moontlik daarna
CV met ‘n afskrif van u ID, SARV registrasie, opleidingser tifikate asook ten minste twee opspoorbare ver wysings kan afgegee word by:
Die Bestuurder: Ceres Tuiste
Munnikstraat 33, Ceres, 6835 Of per e-pos gestuur word aan: bestuurder@cerestuiste.co.za
Navrae: ☎ (023) 312-1315/95
WANGANELLA primêr het Donderdag 22 Junie ‘n geslaagde pretloop aangebied om fondse vir die skool in te samel. Plaaslike sakelui asook individue word bedank vir hul bydraes en die skool waardeer dit opreg. Dankie aan: Reyneke oogkundiges, Jacques Abrahams, Anita Douries, Raymond Koopstad, Hetta Hamman, Kempton Juries, Old Mutual, Ceres Build It, Ceres Mica, Anna’s restaurant en Amazing Pies. * Die wenners van die pretloop was Tayo Fritz (eerste), Kearan Ockhuis (tweede) en Tiana Ockhuis (derde).
Gebruik jou foon en kry koerant weekliks
NOU is dit blitsvinnig om jou weeklikse uitgawe van die Witzenberg Herald te kry. As jy nie by ‘n kafee of supermark kan uitkom nie, kan jy enige tyd die Witzenberg Herald digitale QR-kode skandeer en betaal. Vinnig, veilig en gerieflik. Jy betaal via Payfast, een van die land se veiligste betalingsplatvorms. Sodra jy betaal het, word ‘n skakel na jou epos of selfoon gestuur. Jy kan die koerant lees in PDF-formaat of op ISSUU vir slegs R8.50 per week. Lesers kan ook per maand inteken op die koerant @ R39 per maand.
Hierdie uitdagende geleentheid het by Graaff Fruit Pakhuis ontstaan. Dit is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n proeftydperk.
ASSISTENT KWALITEITSBESTUURDER
Vereistes:
•Toepaslike kwalifikasie (minstens graad 12) en ‘n tersiêre kwalifikasie in landbou sal in u guns tel
•Ten minste 2 jaar ondervinding in en kennis van die vrugte industrie
•Uitstekende kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede
•Bereidwilligheid om oortyd en naweke te werk soos nodig
•Bewese rekenaarvaardigheid
•Vlot in beide Afrikaans en Engels
Take sluit in:
•Monitering van die kwaliteitstelsel by die pakhuis en op plase
•Kommunikasie met relevante persone rondom kwaliteit
Die Maatskappy bied aangename werksomstandighede en ‘n mededingende vergoedingspakket.
E-pos ‘n volledige CV so spoedig moontlik aan: recruitment@graaff-fruit.com
Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Julie 2023
Indien u nie binne 21 dae na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
‘n FONDSINSAMELING vir Jaython Sauls van Ceres, ‘n leerder van Pionierskool vir sig-gestremde kinders, is die week begin. Die Witzenberg gemeenskap se hulp en bydrae sal help om byna R50 000 in te samel wat Jaython se skoolfonds en koshuisgelde vir die jaar kan dek. Sy ouers, Francois de Wee en Louisa Sauls, sal enige hulp met die skoolgeld waardeer. Francois is ‘n hardwerkende en getroue werknemer van Ceres Paving en Erik Bakkes. * Indien inwoners en besighede ‘n donasie tot sy skoolgelde wil maak, kan Pionierskool ‘n artikel
18 A kwitansie uitreik vir belastingdoeleindes. Inbetalings kan gemaak word: ABSA Worcester tjekrekening, takkode 632005, rekening 440-620-272 met verwysing J.Sauls S07 inbetaal.
Inwoners
se bydrae kan jong seun help
Vloedskade word nou eers bepaal
OORSTROMINGS het byna twee weke gelede vloedskade van tussen R750 miljoen en R1 miljard in die Wes-Kaap aangerig na ‘n reeks kouefronte dié provinsie getref het
Behalwe vir boorde en landerye wat oorstroom is na riviere hul walle oorstroom het, is skade aan besproeiingstelsels, watertoevoerpype, elektrisiteitsverbindings en huise aangerig.
Die Witzenbergstreek het ook kwaai deurgeloop met paaie wat beskadig is, oorstromings op plase en mense wat van hulle huise se dakke gered moes word asook talle inwoners wat lank van die buitewêreld afgesny was.
Behalwe vir die vloedskade, het talle modderstortings ook teen die berghange in Michellspas, naby Witbrug en op ‘n plaas in die Boontjiesrivier-omgewing, plaasgevind en erge skade aangerig.
Die ergste modder- en rotsstorting het op ‘n plaas in die Boontjieskraal-omgewing voorgekom. Die impak hiervan kon eers teen die naweek waargeneem word nadat die water genoegsaam gesak het. Rotse van meer as 3 meter hoog en wat ‘n paar ton weeg, is soos albasters rondgeslinger en buite die rivierloop gegooi en honderde black wattle bome is soos vuurhoutjies geknak.
Daar word geraam dat nagenoeg 15 000 tipper-vragmotors se sand en klip in ‘n paar minute verby die woonhuis gestroom het.
Dam loop oor
Ceres Koekedouwdam het Sondag 18 Junie oorgeloop en het binne twee weke tot 100% gestyg. Tulbagh dorpsdam is tans 81% vol en die nuwe Waverenskroondam het tot 13% gestyg. Waterbeperkings sal seker in die volgende dae opgehef word.
Die Koue Bokkeveld het ook goeie reën ontvang en die meeste plaasdamme is vol.
Reënvalsyfers
Die meeste plase se reënvalsyfers vir Juniemaand is meer as die hele 2022 en daar is selfs plase wat meer as dubbeld die jaarlikse reën ontvang het.
Van 1-27 Junie is daar reeds 421 mm in die
Warm Bokkeveld gemeet, by Romansrivier buite Wolseley is daar reeds 330 mm gemeet, Bo-Swaarmoed het 186.1 mm ontvang, die Koue Bokkeveld (Sterkwater-omgewing) het 230 mm ontvang en Winterhoek buite Tulbagh het 293 mm ontvang.
Dinsdag 27 Junie is 26.6 mm in die Warm
Bokkeveld gemeet, by Romansrivier buite Wolseley is daar 27 mm gemeet, Bo-Swaarmoed het 21.6 mm ontvang, die Koue Bokkeveld (Sterkwater-omgewing) het 1.7 mm ontvang en Winterhoek buite Tulbagh het 24.9 mm ontvang.
DIE watervlak het tot teenaan Olive Rock, ‘n trou venue op die plaas, gestyg en Peppi Stanford se woonhuis was omring deur ‘n watermassa en moes hulle ‘n paar angsoomblikke beleef het terwyl hulle nêrens heen kon gaan. Die tennisbaan op die plaas (foto) was ook oorstroom.
Bendelid aangekla vir Jain-moord
‘n VEROORDEELDE moordenaar en vermeende bendelid is verlede week saam ‘n polisieman as beskuldiges in die Jain-moordsaak gevoeg.
Twee mans van Tulbagh, Nolan Visagie (24) en Anthony Schippers (22), was die eerste twee verdagtes wat in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem is na ‘n gesamentlike polisie-optrede. Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering (36) is onlangs bygevoeg met Lottering wat vir die eerste keer weens die moord verskyn het.
Arries word aangekla van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om moord te pleeg, sameswering om te roof en aanklagte ingevolge die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad.
Die staat voer ook aan dat Lottering, Visagie en Schippers lede is van die Junior Cisko Yakkies (JCY’s) bende. Arries het die bende gehelp om as ‘n groep dié misdrywe te pleeg. Dit sluit ook klagtes van moord, huisroof, huisbraak, aanranding en die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie in.
Luidens die klagstaat het Arries vir Lottering onder valse voorwendsels by die Voorberg korrektiewe sentrum uitgeteken. Terwyl Lottering op vrye voet was, is Jain deur die groep mans beroof en vermoor.
Die vier het Woensdag 21 Junie in die Wolseley landdroshof verskyn. Die saak is tot 30 Augustus uitgestel. Agtergrond
Inbrekers het op 26 Maart 2021 by die vakansiewoning van Reneé Jain (51) van Kaapstad, ingebreek en haar vermoor.
Dié inbrekers was deel van ‘n groep mans wat by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat tussen Wolseley en Bainskloof ingebreek het. Jain was die betrokke aand alleen by die huis. Sy is vermoedelik net na 23:00 dood nadat sy in die huis oorval, gewurg en vermoor is.
Na die moord is die mans omstreeks 23:45 na ‘n nabygeleë huis van ‘n Nederlandse egpaar in hul sewentigs
waar hulle ‘n houtbeeld deur ‘n slaapkamervenster gegooi het. Hulle het geld van die egpaar geëis en die man gedwing om saam met hulle na die motorhuis te gaan, die motorhuisdeur vir hulle oop te maak voordat hulle met sy Nissan X-trail gevlug het met gesteelde tabletrekenaars, selfone en horlosies. Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat op Tulbagh gevind. Die meeste van die gesteelde items was in die voertuig gelos.
Met die polisie se aankoms by die Jain-huis was die voordeur toe maar nie gesluit nie en het hulle bloed op die vloer opgemerk nadat hulle die deur oopgemaak het. Bloedspatsels het hulle na Reneé se lewelose liggaam gelei wat met ‘n elektriese koord aan ‘n bed se voetstuk vasgemaak was.
TRUIDA Joubert van Ceres het Saterdag 24 Junie haar 99ste verjaarsdag saam met familie gevier. Sy was vir baie jare ‘n onderwyser op die dorp en het talle jong kinders geleer lees met die hulp van klanke. Nadat sy haar studies voltooi het, het sy aan die einde van die Tweede Wêreld oorlog in 1945, na Ceres gekom om onderwys te gee. Sy het by die twee skole, Charlie Hofmeyr en Laerskool Gericke, met sportafrigting in gimnastiek, swem, netbal en atletiek gehelp. Sy was die ma van vyf kinders, ‘n huisvrou en het latere jare ook ‘n geskenkwinkel op die dorp bedryf. Toe sy in haar 60's was, het sy ook as suksesvolle eiendomsagent op Ceres gewerk. Sy was getroud met dr. Erhardt (Pikkie) Joubert, wat jare lank ‘n mediese dokter op Ceres was met hul praktyk in Munnikstraat oorkant die distriksmunisipaliteit se kantore. Behalwe vir haar passie vir sport en onderwys was sy in haar jonger dae ook ‘n ywerige tuinier en lief vir plante. Sy hou steeds daarvan om elke dag haar koerant en boeke te lees.
Vloedskade-fotos
moes twee weke gelede van huisdakke gered word. Die watervlak het ook tot teenaan Olive Rock, ‘n trou venue op die plaas, gestyg.
Baie geluk Christi, met jou uitsonderlike prestasie om aangewys te word as Wes-Kaap se Jongboer van die Jaar vir 2023!
Ons het groot waardering vir jou harde werk en bydrae tot die ontwikkeling van Graaff Fruit se produkte en mense.
Sterkte en voorspoed met die verdere kompetisie!
Direksie en Graaff Fruit Familie
Wes-Kaap Jongboer vir 2023 aangekondig
DIE Wes-Kaap Jongboer vir 2023 is op Woensdag 14 Junie aangekondig.
Christi van den Heever (38) van Graaff Fruit is as die Agri Wes-Kaap Santam Jongboer van die Jaar gekroon.
Christi boer die afgelope 15 jaar vir Graaff Fruit en is die afgelope vyf jaar die landgoedbestuurder op Rietfontein in die Koue Bokkeveld.
In 2004 matrikuleer hy aan die Augsburg Landbou Gimnasium waar hy ook as hoofseun van die koshuis dien.In 2007 ontvang hy 'n diploma in Landboubestuur by CPUT.
Volgens Christi is die vernaamste veranderinge wat hy in die boerdery gedurende die afgelope vyf jaar teweeggebring het, was om produksie praktyke te verbeter, infrastruktuur te ontwikkel en die winsgewendheid van die maatskappy te verhoog. Hy skryf sy sukses aan harde werk, goeie beplanning en aanpasbaarheid toe.
“ 'n Goeie boer is iemand wat 'n verhouding met ons Hemelse Vader het, goeie toekomsvisie het en wat op men-
severhoudings fokus. 'n Boer moet sy mense deel maak van sy sukses.”
Christi se langtermynvisie is om volhoubaar te boer en voortdurend te verbeter deur op hoogte van wêreldtendense te bly. Hy strewe ook om winsgewend en mededingend te wees.
Inus Oosthuizen, sameroeper van die beoordelaarspaneel, sê die paneel wil graag elkeen van die kandidate gelukwens met die geweldige hoë standaard van vanjaar se inskrywings.
“Elke kandidaat kan voorwaar trots wees op dit wat hy al in sy onderskeie besigheid vermag het. Julle is nie net ‘n inspirasie vir die Wes-Kaap nie, maar ook vir ons hele land.”
Die beoordelaars is ook van mening dat Christi 'n uitmuntende ambassadeur vir die Wes-Kaap sal wees tydens die Toyota SA / Agri SA Jongboer van die Jaar-kompetisie wat later vanjaar aangebied word.
classifieds
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Elsie Sauls1964/01/07 - 2023/06/24
Begrafnisdiens: Sat. 1 Julie 2023
Huis: 09:00, 1 Ste straat 96, Vredebes Graf: 10:30, Bella Vista
081-742-6706
n/u: 082-5753-181
Fransina Jonkies1952/01/20 - 2023/06/26
Roudiens: Do. 29/06/2023 om 19:00, Agterfontein Plaas, WB Begrafnisdiens: So. 02 Julie 2023
Huis 09:00, Agterfontein Plaas, Warm Bokkeveld Kerk: 10:00, Nduli Gemeenskapsaal, Nduli Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland
Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 vir enige verdere navrae. rek C27 w.t.o.
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
Mal. 2:2
“Wat julle moet gehoorsaam en waarop julle ag moet slaan, is om my Naam te eer, sê die Here die Almagtige. As julle dit nie doen nie, sal Ek ‘n vervloeking oor julle bring en ‘n einde maak aan al julle voorspoed. Ek het dit trouens reeds gedoen, want julle het nie ag geslaan op my bevel nie.” Evangelis Jacobs
WINSTON Koeries, oudverkeersman van Tulbagh en Ceres, is die naweek vermoedelik weens ‘n hartaanval oorlede. Ten tye van sy dood was hy werksaam by die Cederberg munisipaliteit op Citrusdal. Familie en vriende kon hom nie oor die naweek in die hande kry nie en hy het ook nie op teksboodskappe gereageer nie waarna hulle na sy blyplek is en hom daar dood aangetref het. Geen begrafnisreëlings was beskikbaar nie.
nuusbrokkies
Kathleen (Katy) Africa
1955/04/08 - 2020/07/01
My liefste vrou, ma en ouma, jy is alreeds weer drie jaar weg van ons. Ons vind vertroosting in al die herinneringe van jou en sal dit altyd koester. Die moeilikste was nie net om jou nie verloor nie, dit was om te leer om sonder jou te leef. Nico, kinders en kleinkinders
Garene (Warries) Mollet
1991/06/27 - 2021/04/23
Nay, op 27 Junie sou jy jou
32ste verjaarsdag vier, maar die Here het dit goed gedink om jou te verlos van die pyn wat jy ervaar het.
Geniet jou Hemelse verjaarsdag. Van Daddy, Mammie Dine, Morne, Uncle Mike en Tannie Des
Twee blindings in goeie toestand Een is 950mm en ander een is 1 450mm breed. Beide vir R850. Francois 082-468-2649 w.t.o.
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park
4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop
• Engine overhaul
• General Services
• Suspension
• Brakes
• and more
André du PAndré du P André du PAndré du P du Preez reez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
NOTICE
Betram Philander
Last seen in Tulbagh, originally from the Koue Bokkeveld. Please contact the social worker Marietjie Bezuidenhout at (021) 873-0532 regarding a family matter.
GRATIS MAHHALA GRATUITO SIMAHLA LIVRE VERNIET
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas in Maart 2024. Beperkte aantal plekke is nog beskikbaar. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan: isaacjacobs50@yahoo.com
HEN se Nes Dagsorg open Maandag 3 Julie op Ceres. Nasorg en vervoer sal ook beskikbaar wees. Enige navrae kan gerig word aan Merl Fredericks by 066-312-4987
YOUNG Good Hope RVK speel Saterdag 1 Julie teen Vastrap. Die wedstryd vind op die Bella Vista sportgronde plaas en wedstryde begin om 14:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir kinders en motors.
PLEASE support our Ceres Donation Drive. We would like to show our support to members of the community that were hit hard by the recent flooding. The Togryers museum has a task team that will ensure fair distribution of donations. Please let us stand together and help one another. For more information contact 076-689-2885.
DIT is weer tyd vir die Vriende van die Togryers museum se algemene jaarvergadering. Vanjaar het ons ‘n uitstekende spreker. Woon die AJV by op 19 Julie om 18:00 en kom luister na prof. Nigel Penn, emeritus professor aan die Universiteit van Kaapstad wat gaan gesels oor Encouters with the unknown 1769 -1860. Indien jy belangstel om die aand by te woon, skakel ons by (023) 312-2045. Koste vir nie-lede beloop R30 p.p.
DIE Fred Gaum Hostelites van 1979-1989 nooi alle oudleerders van Fred Gaum Hoërskool (nou Ceres Sekondêr) vanaf 19742022 uit na ‘n gala-geleentheid ter ere van wyle dr. Wesley Baartzes. Die geleentheid gaan gepaard met die bekendstelling van die dr. Wesley Baartzes Foundation. Alle oudleerders word uitgenooi om die historiese en glansryke geleentheid op 5 Augustus van 17:00-23:00 by te woon. Koste beloop R300 p.p. Dit word in die skoolsaal aangebied. Vir kaartjies skakel Wilma Cupido by 073-880-0321. Net 250 kaartjies is beskikbaar.
Het jy ongebruikte artikels wat net plek in jou huis opneem?
Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003
Reëls:
•Slegs items met ‘n prys onder R1 000
•Slegs EEN item per Whatsapp
•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie
•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
Ons help graag om dit te verkoop!
Fees 'n groot sukses
TULBAGH Toerisme en organiseerders van die 2023 Tulbagh Christmas in Winter fees, wil elke borg, uitstaller, rolspeler, inwoner en besoekers bedank vir hul ondersteuning van dié jaarlikse geleentheid. Die Tulbagh Christmas in Winter fees is van 24-25 Junie op die dorp aangebied. Die organiseerders vra dat besoekers nou reeds ‘n aantekening maak van die 2024 Christmas in Winter fees. ‘n Datum sal later bekend gemaak word.
HERALD l 30 JUNE 2023
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset,Lynxstraat 5,PaardenEiland.Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonderdieverlofvandie eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
QUINTIN Potgieter, Paarl Gimnasium-leerder en oudleerder van Laerskool Koue Bokkeveld en Gericke, is onlangs gekies om die WP o/16 span by die Grant Khomo-week te verteenwoordig. Hy is die enigste Gimmie in die A-span en speel flank. Die Grant Khomoweek het Maandag 26 Junie begin met ‘n wedstryd tussen WP en die Boland en duur tot 29 Junie. WP het maklik met 41-12 gewen nadat hulle rustyd 29-0 voor was. Quintin het ook ‘n drie gedruk in die oorwinning. FOTO BO: Hier is hy saam met sy ouers, Riaan en Marina Potgieter van Ceres, afgeneem na die wedstryd.
Witzenberg Herald
Sport
Meyer en Van Wyk se duiwe die vinnigste by hok
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 24 Junie op Leeu Gamka gelos. Saterdag 1 Julie vlieg die duiwe vanaf Beaufort-Wes. Dit neem gemiddeld vier ure vir duiwe om die wedvlug na Ceres te voltooi.
1.E Lofts - 1351.156 mpm
2.Cameron Mars - 1332.964 mpm
3.Cameron Mars - 1315.469 mpm
4.S.R. Williams - 1298.615 mpm
5.Marius en Moran Koopman - 1292.982 mpm
1. Meyer en Van Wyk -1388.940 mpm
2. Meyer en Van Wyk -1388.190 mpm
3. Meyer en Van Wyk -1387.940 mpm
4.Mike Lofts - 1383.003 mpm
(Net twee duiweklubs het die week betyds hul uitslae ingestuur. Uitslae moet teen Dinsdag 15:00 die Witzenberg Herald se kantoor bereik.)
DIE Witsentraal Groot Uitdaagreeks en die Streek Uitdaagreeks se tweede rondte begin die naweek. Delicious speel teen Newtons, Miracles pak Bella Vista, Young Blues meet kragte teen Roses United, Hillcrest en Hamlet spook sake uit, Wellington speel teen Temperance en Evergreens Paarl en Wolseley speel teen mekaar. In die Witzenberg Streek Uitdaagreeks sal La Plaisant ‘n moeilike wedstryd teen Ceres hê, Red Roses speel teen Tulbagh, Paardekloof en Lovedale meet kragte, Young Good Hopes speel teen Vastrap, Pumas vat Op-die-Berg aan en Lindeshof en Young Westlyans meet kragte. * Hier is ‘n argief-foto van Delicious.
HAWIES Fourie, Vrystaat-Cheetahs se hoofafrigter en oud Ceres-rugbyspeler en -afrigter, se span is onlangs as die nuwe Curriebeker kampioene gekroon. Die Cheetahs het die Pumas in die finaal met 2517 geklop. Fourie, wat in sy speeldae losskakel vir Ceres gespeel het, was voorheen ‘n hulpafrigter, agterlyn- en aanvalsafrigter van die Cheetahs. Hy was ook betrokke by die Stormers en het ook Boland, Griekwas en Maties suksesvol afgerig.