Witzenberg Herald Vol.24 no. 8 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 8

R7.50

Friday, March 5, 2021

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 4 Maart

Vrydag 5 Maart

14° 26°

14° 30°

Saterdag 6 Maart

Sondag 7 Maart

15° 27°

13° 25°

Ceres Koekedouw dam

79%

Lesing: 2021/03/03

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Twee sterf

TWEE insittendes van ‘n Audi A4 is Sondag dood in ‘n kop-aan-kop botsing buite Wolseley. Volgens die polisie het die ongeluk Sondag 28 Februarie omstreeks 10:35 plaasgevind toe ‘n silwerkleurige Audi A4 met drie passasiers naby Rora-plaas teen ‘n Ford Ranger bakkie gebots het. Lees meer oor die ongeluk op bladsy 3.

SAPD en verkeer skut 32 taxis en 17 voertuie DIE grootste optrede teen onwettige taxis en Avanza taxis van Lesotho wat nie oor die regte permitte beskik nie, is die naweek van 26-28 Februarie in die Witzenberg munisipalegebied uitgevoer. Dit is die eerste keer dat provinsiale verkeersdienste die gesamentlike optrede saam met Witzenberg munisipale verkeersdienste, Mafoko sekuriteit sowel as Ceres en P.A. Hamlet SAPD en SAPD POP Paarl uitvoer. Daar is op onwettige taxis sowel as permitte en voorwaardes gefokus. Die eerste optrede het Vrydagaand begin en Saterdagoggend en Sondag van 08:00 tot 15:00 voortgeduur. Padblokkades is buite Michellspas, Nduli en op pad na P.A. Hamlet gehou. Daar is beslag gelê op 32 taxis wat in die Paarl geskut word asook 17 onpadwaardige voertuie. Boetes vir verkeersoortredings asook ‘n CV-19 boete is uitgereik. Meer as 60 personeel het aan die optrede deelgeneem en 196 voertuie is deursoek.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, March 5, 2021

Polisie nader Grondwetlikehof DIE SAPD het die Grondwetlikehof genader vir toestemming om teen die Peppe Canelli Appèlhofuitspraak te appèlleer. Drie appèlregters het op 3 Februarie vanjaar ten gunste van Peppe Canelli, ‘n Italianer wat op Ceres woon, bevind ten opsigte van sy gewese vrou se kwaadwillige vervolging en laster. Die hof het ook gedeeltelik teen die SAPD beslis vir die SAPD se aanhouding van Canelli nadat sy alibi bevestig is tot sy eerste hofverskyning. Mnr. Canelli se eis teen die direkteur van openbare vervolging (DOV) is egter van die hand gewys. Volgens mnr. Canelli se regspan kan die polisie slegs grondwetlike aspekte of aspekte wat in publieke belang is, na dié hof verwys. Hulle moet teen Vrydag 5 Maart hul hofstukke

liasseer. Teen druktyd was dit nie duidelik of Jeannie Canelli of haar regspan gaan appèlleer nie. Hulle moes teen verlede Donderdag 25 Februarie (spertyd) aangedui het of hulle gaan appèlleer. Gevolglik gaan die kwantum-verhoor (skadebepaling) nou terrolle geplaas word en wag die Peppe Canelli-regspan vir ‘n hofdatum. Agtergrond Vir meer as 8 jaar het mnr. Canelli en sy regspan geveg om sy naam in ere te herstel en geregtigheid te laat geskied na ‘n vals verkragtingsklag deur sy gewese vrou wat byna sy lewe verwoes het. Dié siviele geding spruit uit ‘n vals verkragting- en aanrandingsaak van Jeannie

(Pienaar) Canelli (40) op 18 September 2012. Die vals klagtes het daartoe gelei dat Peppe Canelli kort na die beweerde voorval gearresteer en van verkragting, aanranding en huisbraak aangekla is. Hy is eers na 18 dae in aanhouding in die polisieselle, op borgtog vrygelaat. Appèlregter Cachalia was baie uitgesproke in sy opsomming van 68-bladsye dat die Kaapstad Hooggeregshof en regter Baartman gefouteer het rakende me. Canelli. Jeannie Canelli was deurentyd onbereidwillig om te getuig - hoofsaaklik weens bewerings van vrees en posttraumatiese stresversteuring (PTSV). Sy, haar regspan en psigiater het aangevoer dat haar lewe bedreig word en sy aan PTSV ly en daarom nie kan ge-

tuig of ondervra word nie. Volgens appèlregter Cachalia was dit ook moeilik om te verstaan hoe die getuies en lede van haar familie, ondanks die casino in Worcester se beeldmateriaal wat die teendeel bewys, steeds geglo het dat mnr. Canelli verantwoordelik was vir die aanval op haar. Hofkostes Jeannie Canelli en die SAPD is verantwoordelik vir mnr. Canelli se regskoste van die verhoor in die Kaapse Hooggeregshof. Jeannie Canelli is ook verantwoordelik vir die regskostes in die Appèlhof terwyl die SAPD verantwoordelik gehou word vir die helfte van die regskostes in die Appèlhof. Die regskostes beloop miljoene rande.

LEDE van Witzenberg APD en die Togryers museum het opleiding ontvang. Die opleidingsessie is deur Ellen Strauss van Worcester museum en Truda Bastian aangebied.

FAIRFIELD primêr bedank Ashley Pass en Tasswille Pass vir die skenking van handreinigerstaanders aan die skool.

AS part of restoring the dignity of young people from previously disadvantaged communities, Working On Fire in the Western Cape recruited about 50 new firefighters from across the province. Twelve of the new recruits were recruited in Ceres where WOF is opening a new base in partnership with the Witzenberg Municipality. A handful of young people with their hope of getting their first experience of employment gathered at the Bella Vista Sports Ground to try their luck to see if they cut the selection process. Working on Fire’s recruitment criteria includes fitness tests which consist of 40 push-ups, 40 sit-ups as well as running 2.4 km in 14 minutes for females and 12 minutes for males.

EEN van Witzenberg Photographic Society (WPS) se skoliere, Alexa Bothe, het in Iran presteer met ‘n aanvaarding by die Mental Health 2020 International Exhibition of Photography 2020. Haar foto is in die Ope kleur-afdeling ingeskryf.

Enrolled Nurse

We are looking for an Enrolled Nurse to join their team Requirements: • Registration with the South African Nursing Council as an Enrolled Nurse or equivalent NQF 4 qualification • Compliance with the SANC code for an Enrolled Nurse and all applicable health care legislation • Sound knowledge of general nursing theory and practice • Grade 12 • Knowledge of modern nursing care principles and practices. The candidate must preferably have experience in Theatre in the following areas: • Assisting the Anaesthetist with the anaesthetic procedure • General knowledge of anaesthetic drugs • Experience in caring for patients in the Recovery room will be an advantage • Candidate must be able to assist the circulating nurse. Please send a short CV for attention Corine De-beer to: E-mail: corine.de-beer@netcare.co.za Fax: (023) 312-2942 Enquiries: 082-942-1957 or (023) 316-1304 (Ceres) Closing date: 25 March 2021 Netcare will also provide training to inexperienced and who are interested in the field.

SEISOENALE PLAASWERKERS Die volgende posisies is beskikbaar vir seisoenale werkers by Howbill Farming (Pty) Ltd in die Koue Bokkeveld, 40km buite Ceres. ALGEMENE WERKERS: VRUGTE Sleutelprestasie areas: Snoei, uitdun en oes van vrugte, sonder enige bederf of skade aan vrugte en bome, insluitend alle algemene werk soos versoek. ALGEMENE WERKERS: PAKSTOOR Sleutelprestasie areas: Pak van vrugte en alle algemene werk soos versoek. VEREISTES (BEIDE POSISIES): Minstens 3 jaar ervaring in ‘n soortgelyke posisie, verwysings wat gekontak kan word, tegniese vaardighede, gesond en sober gewoontes en moet bereid wees om op plaas te woon. Aansoeke kan per hand of skriftelik voor 31 Maart 2021 gerig word aan: Die Menslike Hulpbronne hr@howbill.co.za

WERKTUIGKUNDIGE • Algemene meganiese onderhoud • Werkswinkel bestuur • Werkswinkel administrasie • Bestuur van personeel Kompeterende vergoedingspakket Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Maart 2021 Diensaanvaarding: 1 Mei 2021 E-pos asb. u CV na: johannes@middelpos.net Indien u geen terugvoering na 1week vanaf sluitingsdatum ontvang het nie, beskou asb. u aansoek as onsuksesvol


WITZENBERG HERALD

3

Friday, March 5, 2021

Twee sterf in ongeluk

Onbekende man sterf in hoofstraat

TWEE insittendes van ‘n Audi A4 is Sondag dood in ‘n kop-aan-kop botsing buite Wolseley. Volgens die polisie het die ongeluk Sondag 28 Februarie omstreeks 10:35 plaasgevind toe ‘n silwerkleurige Audi A4 met drie passasiers naby Rora-plaas teen ‘n Ford Ranger bakkie gebots het. Uit die voorlopige ondersoek blyk dit dat die bakkie onderweg was na Wolseley middedorp en die Audi was op pad in die rigting van die T-aansluiting met die R46 by La Plaissant toe die bestuurder van die Audi, Woncia Jim (53) van Nduli, vermoedelik beheer verloor en in die aankomende baan teen die Ford bakkie gebots het. Die Audi het die pad daarna verlaat en in ‘n sloot langs die pad tot stilstand gekom.

‘n ONBEKENDE man is Saterdag 27 Februarie dood op die sypaadjie voor die De Keur winkelsentrum op Ceres. Die polisie en Ceres EMS is na die toneel oorkant die verkeersafdeling ontbied. Met hul aankoms was die man reeds dood. Geen misdaad word vermoed en geen dossier is by die SAPD geopen nie. Die voorval het omstreeks 11:00 plaasgevind.

Laagste styging in 9 maande is goeie nuus vir inwoners DIE laagste styging in 9 maande. Dit is goeie nuus vir vuisvoos inwoners wat die afgelope jaar gebuk gegaan het onder die COVID-19 pandemie. Die ander goeie nuus is president Ramaphosa se aankondiging dat die land onmiddellik na vlak 1 kan afskuif en daarmee saam dat drankwinkels en restaurante kan begin om normaal sake te doen en kerke kan nou 100 mense binnenshuis akkommodeer. Die dra van maskers is steeds verpligtend en die aandklokreël verander na 24:00-04:00. Suid-Afrika se COVID-19 gevalle het Maandag 1 Maart die laagste styging in 9 maande getoon. Daar is tans slegs 12 aktiewe gevalle in die Witzenbergstreek teenoor verlede week se 19 gevalle. Die afgelope week het net een persoon in die streek aan CV-19 gesterf. Teen 2 Maart was daar al 4916 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 4687 volkome herstel. Twee honderd en sewentien (217) mense het sedert 1 Maart gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 44 gevolg deur Wolseley met 33, Bella Vista met 31, P.A. Hamlet met 26 en Tulbagh met 21. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op

Vragmotor tref twee motors

11 184 (tot 1 Maart) met 275 449 positiewe gevalle en 260 479 wat al herstel het. Daar is 12 997 mense ingeënt teen CV-19. Entstofprogram Die tweede besending van die J&J entstof het die naweek in die land aangekom en 13 068 entstoftoedinings is aan Wes-Kaap geallokeer. Meer as 2550 hiervan is vir landelike gesondheidswerkers. Fase 2 en 3 sal meer mense bereik. Tydens dié eerste fase van die entstofprogram is gesondheidswerkers in die metrogebiede ingeënt by Grootte Schuur, Tygerberg hospitaal, Khayelitsha distrikshospitaal en Karl Bremer. Die week sal die program voortgesit word by Gatesville Melomed asook vir landelikegebiede in Worcester, Paarl en George. Entstof-feite ‘n Entstof help jou immuunsisteem om ‘n infeksie te beveg indien jy geïnfekteer word. Wanneer jy geënt word teen COVID-19 sal jou risiko om ernstig siek te word of van COVID19 te sterf, verlaag. Die entstof sal ook keer dat COVID-19 vinnig in gemeenskappe versprei.

‘n VRAGMOTOR van Welbedaght-plaas in die Koue Bokkeveld het Maandag 1 Maart omstreeks 17:50 onverklaarbaar aan die loop gegaan en twee voertuie, ‘n wit VW Golf van Leon Baartman wat voor slaghuis geparkeer was en ‘n wit Kia Sedona bussie van die Hewitt-gesin, in P.A. Hamlet se hoofstraat voor Karoopoort slaghuis getref. Niemand is in die voorval beseer. Die polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.

Man met mes probeer vrou beroof

SPEURDERS op Ceres ondersoek ‘n voorval waar ‘n bejaarde vrou by haar huis oorval is. Die voorval het op 22 Februarie tussen 06:20 en 09:45 in Carsonstraat op Ceres plaasgevind. Die 64-jarige vrou was besig in haar motorhuis toe ‘n onbekende man deur ‘n venster geklim en haar met ‘n mes aangehou en geld

geëis het. Die slagoffer was erg geskok en nie beseer nie en kon later ontvlug. Die verdagte het op die vlug geslaan. Inligting Indien enigiemand iets weet oor die voorval of wie betrokke kan wees, kan hulle vir s/sers.(v) Zimri skakel by (023) 316-8500.

Moordenaar se slagoffer se identiteit nou bekend DIE identiteit van die Pine Valley-reeksmoordenaar se derde slagoffer is bevestig. Siyamcela Sombambela (32), ‘n gewese plaaswerker, is op 24 Oktober 2020 gearresteer vir die moord op drie jong vroue. Die saak is na 10 Maart uitgestel vir verdere ondersoek. Drie slagoffers uitgeken Al drie moordslagoffers is nou uitgeken. Die beendere van ‘n derde slagoffer wat gevind is, is deur middel van DNS-toetse vasgestel as die van Gisela Minnaar. Haar familie is deur die polisie in kennis gestel van die uitslag. Kort na die arrestasie van Sombambela is die liggaam van die 21-jarige Bernadine Frans (Cloete) gevind. Haar ligaam is Saterdag 24 Oktober langs ‘n grondpad gekry nadat ooggetuies gesien het hoe Sombambela ‘n liggaam sleep. Die tweede slagoffer was Miché Pienaar (25) wat slegs aan haar vingerafdrukke uitgeken is. Haar beendere is Sondag 25 Oktober gevind nadat ‘n voetganger ‘n vlak graf in ‘n stuk veld opgemerk het.

Jim is op die toneel aan sy beserings dood en drie insittendes is ernstig beseer. Die Ceres EMS is na die toneel ontbied waar hulle die beseerdes op die toneel behandel het. Twee van die insittendes, ‘n man en vrou, is met ernstige beserings na die Eben Dönges hospitaal vervoer. Een onbekende persoon het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk. Die derde beseerde het borsbeserings opgedoen en is na Ceres hospitaal vervoer. Die bestuurder van die bakkie, Paul Saayman (28) van Worcester, is lig beseer. Ondersoek Die Wolseley polisie ondersoek twee klagtes van strafbare manslag en probeer nog die onbekende oorledene se identiteit vasstel.

KENNISGEWING AANSUIWERINGSBEGROTING 2020/2021 Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 24 Februarie 2021 is ‘n Aansuiweringsbegroting vir 2020/2021 en gewysigde SDBIP aan die Raad voorgelê en goedgekeur. Die Aansuiweringsbegroting en SDBIP is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER Voortrekkerstraat 50, Ceres, 6835

NOTICE ADJUSTMENT BUDGET 2020/2021 During a council meeting held on 24 February 2021 an Adjustment Budget for 2020/2021 and amended SDBIP was tabled and approved by Council. The Adjustment Budget and reviewed SDBIP can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835

ISAZISO

MASKERS VERPLIGTEND

UHLAHLOLWABIWOMALI OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKA- 2020/2021 Kwintlanganiso eyodwa yeBhunga ibibanjwe ngomhla we 24 February 2021, uhlahlolwabiwomali nolungiso lwe SDBIP olu hlengahlengiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga ukuhlola uhlahlolwabiwomali ne SDBIP oluhlengahlengisiweyo luyafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala www.witzenberg.gov.za D. NASSON UMLAWULI-MASIPALA 50 Voortrekker St, Ceres, 6835


4

WITZENBERG HERALD

WITZENBERG SEKURITEITSFORUM (PTY) LTD Reg. nr.: 2019/520091/07 VOORSITTERSVERSLAG 2021

Direksie: Mauritz Walters, Bennie van Rensburg, David Nasson CBI, Landbou en Witzenberg Munisipaliteit as ‘n gesamentlike onderneming het 3 jaar gelede, die behoefte geïdentifiseer om sekuriteit te verbeter in gemeenskappe binne die Ceres, Bella Vista, Nduli en P.A. Hamlet areas. Met die doel om monitering van ons hoofingange en gebiede soos hier bo genoem, deur CCTV kameras te installeer en reaksie-eenhede in plek te stel. Spesifieke doelwitte: • Om beweging van verdagte voertuie effektief te moniteer. • Verminder misdaadverwante aktiwiteite in Ceres • Identifiseer dwelmhandelaktiwiteite • Verminder vandalisme-aktiwiteite aan openbare strukture / geboue • Om alle plaaslike besighede betrokke te kry

Friday, March 5, 2021

Moordverhoor begin Juniemaand MEER as drie jaar na die moord op ‘n jongman van Ceres, gaan sy moordenaar se verhoor uiteindelik in die Ceres streekhof begin. Die moordverhoor van die 23-jarige Llwellyn Beukes (links) gaan op 9 Junie in die Ceres streekhof begin. Jason (Pakkie) Petersen (28), ‘n werknemer van Ceres Fruit Juices, is in die vroeë oggendure op 25 Maart 2018 op Ceres in Cilliersstraat in die industriëlegebied dood nadat hy omstreeks 03:30 met ‘n mes in die bors gesteek is. Beukes, ook bekend as Wange, is later gearresteer en het hy die polisie na ‘n huis geneem waar daar op die bebloede mes beslag gelê is waar dit bo-op ‘n kas weggesteek was. * Die DNS-uitslag van bloed wat op moordwapen gevind is, is eers in November 2019 teruggekry waarna die saak teruggeplaas is op die hofrol.

Bestuur v.l.n.r.: (inlas) David Nasson (Witzenberg Munisipaliteit), Nellis Thiart (finansies), Jannie Conradie (CBI), Bennie van Rensburg (ondervoorsitter), Mauritz Walters (voorsitter), kol. Dyers (SAPD), Gawie Mathee (LTS) en a.o. R.A. Williams (SAPD).

Wat het ons in jaar 1 bereik? • Die kamerastelsel dek ten volle roetes vanaf Michellspas tot Theronsberg via Nduli en Gydopas via P.A.Hamlet. • 24 Kamerapunte wat bestaan uit sowat 80 kameras versprei oor bogenoemde roetes, verskaf 24 uur monitering saam met ‘n reaksie-eenheid op bystand. • Weeklikse skakeling met die plaaslike Polisiediens en Verkeer verseker baie goeie samewerking tussen betrokke partye. • LTS Sekuriteit streef ook daarna om goeie verhoudings met ander plaaslike sekuriteitsmaatskappye te bou, deur hul toegang tot die beheerkamer te bied, om insidente te help oplos. • Dit is vir WSF prioriteit om ons kliënte wat basies bestaan uit plaaslike besighede en Witzenberg Munisipaliteit tevrede te hou betreffende die monitering van insidente en beter misdaadbeheer. • Danksy die lisensieplaat identifisering sisteem is ons baie suksesvol met monitering van verdagte voertuie wat die area in en uit beweeg. Verskeie voertuie wat geïdentifiseer is vir ernstige oortredings is deur die plaaslike polisiediens aangekeer. Aangesien ons kameras op kruisings en aansluitings geposisioneer is word meeste ongelukke ook vasgevang wat help om vinniger uitklaring te kry rondom ongelukstonele. • Twee ekstra punte in Ceres is geïdentifiseer waar nog 6 oorhoofse kameras geïnstalleer is om te verseker dat daar geen onbedekte areas is nie. • Al is WSF se groot fokus op die monitering van voertuie gemik word ongelooflik baie bereik deur die identifisering van verdagte persone en vinnige optrede deur ons reaksie-eenheid, tesame met die polisiediens en ander plaaslike sekuriteitsmaatskappye. • LTS Sekuriteit het ook ‘n verantwoordelikheid teenoor WSF om op ‘n maandelikse basis terugvoering te gee rondom alle gebeurtenisse en insidente d.m.v. ‘n maandverslag. Die maandelikse verslag word dan aan alle kliënte aangestuur. Beheerkamer: LTS Sekuriteit Beheerkamer (Kontakbesonderhede: 068-1700272) is baie sentraal geleë in Voortrekkerstraat,Ceres bokant OK Furniture in ou FNB gebou. Dankwoord: Groot dank aan Witzenberg Munisipaliteit, CBI, Agri Witzenberg en alle lede wat bydra om dit moontlik te maak om ‘n suksesvolle Kameraprojek te bestuur, wat beter en volhoubare gemeenskapsbeveiliging kan verseker.

CAPE Winelands Bowls streekafrigters het saam met Ceres rolbalklub se afrigters ‘n rolbal-afrigtingskliniek op Tulbagh aangebied. Die kliniek is op 18 en 25 Februarie bygewoon deur beginner rolbalspelers.

HR MANAGER Ladismith Cheese seeks a dynamic and experienced Human Resources Manager to assume the role of a strategic business partner to drive the HR strategy and the effective implementation of HR activities throughout the business. The successful candidate will report directly to the managing director. KEY PERFORMANCE AREAS: • Implement and manage a HR strategy which is aligned to the business strategy and direction • Ensure the effective implementation of HR initiatives as required from the Group HR Director • Monitor and maintain a harmonious IR climate within the organisation, through the appropriate implementation of sound labour practices and collaborative stakeholder engagement • Facilitate the acquisition and retention of talent across the business, by assisting in identifying top talent, creating talent pipelines and pools, developing succession plans, retention, development and fast-tracking of plans • Effectively manage all statutory and develop-mental training initiatives to ensure optimal functioning across the organisation • Partner with business leadership to define skills, capabilities and future needs that strengthen the organization for continued growth • Facilitate the company’s Transformation strategy, including the attainment and sustainability of the business Employment Equity and B-BBEE targets • Assist in HR-related financial/cost management and monitoring. QUALIFICATIONS & KEY REQUIREMENTS: • Suitable qualification in Human Resources Management • At least 5 years’ experience at managerial level, preferably within FMCG industry and across Human resources value chain • Proficient in both English and Afrikaans • Strong experience in an unionized environment and understanding of relevant legislation and Trade Union agreements • Effectively and appropriately communicate with stakeholders on varying levels • Expert knowledge & skills in: ■ dispute resolution, negotiation, and facilitation skills ■ Staffing processes and procedures ■ complex business issues, strategies and financial impact derived from HR decisions and policies. Interested parties who meet the above requirements and possess the attributes stated above, may submit your application form along with a detailed CV and relevant copy of qualification/s to: The HR Manager at: recruitcorporate@seaharvest.co.za Due to the geographical location, the company is prepared to discuss relocation conditions, where applicable. Please note: all relevant qualifications submitted will be verified during the recruitment process. CLOSING DATE: 19 MARCH 2021 ALL APPOINTMENTS ARE MADE IN LINE WITH OUR EMPLOYMENT EQUITY STRATEGY

Mauritz Walters VOORSITTER

If you do not receive a response within 30 days of closure of this advert, regard your application as unsuccessful.


WITZENBERG HERALD

Friday, March 5, 2021

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Katrina Hanse Aubrey Witbooi 1964/12/22 - 2021/02/15 Privaat begrafnis: Don. 04 Maart 2021

• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Huis: 09:30, 2de Laan 37, Wolseley Graf: 10:30, Wolseley Psalm 23 “Die Here is my Herder”

Aubrey Witbooi 1964/12/22 - 2021/02/15

Met groot hartseer neem ons afskeid van ‘n geliefde vriend en pa. Ons sou jou nog langer by ons wou hê, maar ons berus in wat die Here gedoen het is welgedaan. Jy is so skielik van ons af weggeruk en ons gaan jou verskriklik mis. Ons is en bly lief vir jou. Rus sag.

Van kinders, kleinkinders, skoondogters en skoonseun

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Van res van die familie

1949/03/01 - 2021/02/27 Privaat begrafnis: Sat. 06 Maart 2021

• Slegs 45 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Huis: 08:00, Santa Rosastr. 18, Ceres Kerk: 09:00, VGK Ceres Graf: Ceres

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

082-399-4068

Services: sell, install & repair

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators

Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

TS Vragmotors Vir die skoonmaak van huise en kantore in Ceres en Hamlet omgewing. Skakel vir kwotasies Chantelle Sauer 082-632-5330

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o

Jou oplossing is hier

1964/12/22 - 2021/02/15

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

STEFAN STEYN 083-227-6476

Maama Baraka

Aubrey Witbooi

Gertruida Wilschut

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

082-859-2300

Van Leona en Leolin Brummer

Jou afsterwe was so skielik, dit was so gou. Ons harte is seer maar ons sal jou altyd onthou. Jy was ‘n vriend wat later deel van die familie geword het. Ons berus in wat die Here gedoen het en koester jou nagedagtenis. Ons gaan jou baie mis.

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

05/03/1943 - 06/01/2021

Die 5de Maart 2021 is dit Mamma se eerste verjaarsdag weg van ons. Die vermisting en leemte is meer as ooit, maar ons weet Mamma vier die spesiale dag saam met die Engele. Die verlange is groot en mamma bly nog elke dag in ons harte. Ons sal altyd die herinneringe en oomblikke saam koester. Rus sag, tot ons weer ontmoet.

Psalm 1:6 “Waarlik, die Here lei die regverdiges op hulle pad, maar die pad van die goddeloses lei tot ondergang.”

PLANT AND TOOL HIRE AND FRAMES

Liefdes spel/palmlesing .................. R200 00 Geld in rekening in uur .................. R150 00 Skrap lenings R150 00 Wen Lotto/Powerball .................. R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging .................. R 2 0 0 0 0 Wen hof-/egskeidingsake ........... R199 90 Werkpromosie R200 00 Skoonmaak en beskerming v. huis R 2 0 0 0 0 Geluksolie/towering .................. R300 00 Pensionarisse betaal as werk klaar is.

Skakel of whatsapp 078-777-8802

Dr Mama Moses Herbal Healer

Traditional & Spiritual

Here for all your problems. Big or Strong She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres Call for free consultation:

073-016-4088

Benodig die dienste van ‘n tydelike

TUINIER

Moet veral kennis van boomplant en ‘n liefde vir tuin werk hê.

Friday, March 5, 2021

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Transvaal. Deelvragte is ook beskikbaar. Ons is persoonlik betrokke by elke verhuising. Ons behartig ook die verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Skakel (023) 3474092 of stuur 'n faks na: (023) 342-8629 of www.trekstoor. co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

Stuur e-pos na:

jannietsv@gmail.com

Navrae:

(023) 315-5443

NUUSBROKKIES CANSA Relay for Life Witzenberg word op 27 Maart by Morrisdale primêr aangebied. Vir meer inligting skakel Esmerelda Booysen by 079-608-3391 of Jadrey Skippers by 063-623-1525. BELONING word aangebied. Daar is tussen 4-12 Februarie by ‘n huis in Owenstraat ingebreek. ‘n Geweerkluis met geêrfde juweliersware en ‘n lêer met persoonlike dokumente in, is ondermeer gesteel. Indien iemand oor enige inligting beskik kan hulle 073-512-3324 skakel. ‘n Beloning word aangebied. *Die speurders kan ook geskakel word by (023) 316-8500. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. JULIUS Julies, voorsitter van die Bella Vista Crusaders kerskoor, wil graag die onderstaande persone bedank vir hul bydraes ten opsigte van hul funksie wat Vrydag 26 Februarie gehou is. Dankie aan Jannie Fortuin, Monday (Jaysham Fruits), Katy van Wyk en Sussie Manus asook Karin vir die hulp met beriggies en Witzenberg Herald vir die plasing daarvan. Die kinders wat deel is van die koor word weer herinner aan musiekoefening elke Sondag om 17:00 by die huis van Ivan (Puma). Vir navrae of skenkings skakel die voorsitter by 083726-5866. DIE Koue Bokkeveld Opleidingsentrum in samewerking met André Bloem en Ninon Mackinnon, bied op 24 Maart ‘n sessie aan oor onderhandelingsvaardighede. Doeltreffende onderhandelinge is ‘n vaardigheid wat elkeen in hul alledaagse lewe behoort te gebruik. Dit is veral gemik op HR bestuurders, senior bestuur en produksiebestuur en word by die NG Kerk Op-die-Berg vanaf 08:30 tot 15:30 aangebied. Die koste beloop R1450 per persoon. Enige navrae en besprekings kan gerig word aan Euria by euria@kbos. co.za

Evangelis Jacobs


WITZENBERG HERALD

7

Friday, March 5, 2021

Baie dankie aan ons borge! O.K.E.

Ceres Lions Gholfdag 26 Februarie 2021 DIE Ceres Lions gholfdag het Vrydag 26 Februarie weer plaasgevind. Die span van Johan Fourie, Willie van Heerden, Alvinne Minnaar en Jannie Conradie het die liefdadigheidsgholfdag met 94 punte (vierbal alliansie) gewen.

☎ (023) 312-3618

CERES

N.J. GELDENHUYS VERVOER ☎ (023) 316-1880

Ceres Alarms and Guarding  (023) 316-1117

PIONEER FOODS GROUP CERES BEVERAGES

☎ (023) 312-3152

DB Slootgrawerdiens BK

Ceres ☎ (023) 316-2226 Voortrekkerstr 19, P. A. HAMLET 6840

 / Faks: (023) 313-3800

VLNR: Ria Prins (Huis Maudie Kriel), Johan Fourie, Willie van Heerden, Alvinne Minnaar, Jannie Conradie, Maureen Peters (Ceres Lionsklub) en Basil de Wee (Huis Pieter Strauss).

Franco Jordaan 084-581-3253

Ceres Square ☎ (023) 312-3768

 (023) 313-3534

CERES FISHERIES SUPERETTE & TAKE-AWAYS

☎ (023) 312-1460

HAMLET ELEKTRIES BK Elektriese Kontrakteurs Ig Olivier 082-494-8802 Leroux Ferreira

BOKKEVELD GAS Johann Alberts 082-324-2060

Bordeaux

TYRE CHOICE

Wholesome Petrus en Dirk ☎ (023) 312-1414

Foods

BRANDT

JustinWilkinson

Forel Plase

Dr's Steyn & Van Niekerk

KAROOPOORT SLAGTERY

Dr. Laubscher & Rossouw

BAIE DANKIE OOK AAN:

Boland Eiers, Ceres Build It, Coronations, Count Down Cash & Carry, J.P. Potatoes (Pastana), Kaap Agri, Kits Eiendomme, Peninsula Beverages, Sasko Worcester, Rocky River Spur, U-Save Prince Alfreds Hamlet asook elkeen wat 'n lootjie gekoop het

FK van Schalkwyk, Mossie Botha, Gert Brink en Herman van der Walt (afwesig) was tweede met 90 punte. Ander uitslae: Dan Ackerman, Eric Ackerman, Neil Smit en Dave Mort was derde met 88 punte gevolg deur Ben Viviers, Ronald Hand, Connie Schreuder en Debbie Schreuder met 85 punte. Francois du Toit, Arnoldus du Plessis, Ernie Scholtz en Willa Verster was in die vyfde plek, ook met 85 punte.


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, March 5, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

LEROUX Ferreira is vir die tweede agtereenvolgende jaar die klubkampioen. VLNR: Jean de Jager (klubkaptein), Leroux Ferreira (A-afdeling wenner) en Ronald Hand (Bafdeling wenner).

Leroux weer klubkampioen

DIE jaarlikse klubkampioenskappe het die naweek op Ceres gholfbaan plaasgevind. Simon Molaza was die wenner van die C-afdeling.

DIE jaarlikse Ceres gholf klubkampioenskappe oor 36 putjies, het Saterdag 27 Februarie plaasgevind. Leroux Ferreira is vir die tweede agtereenvolgende jaar die klubkampioen. Hy het 139 houe (69 en 70) gespeel. Lourens Strydom was in die tweede plek met 142 houe (75 en 67) met Clem de Bruin in die derde plek met 144 houe. Dricus Swart en Casper de Bruin was gesamentlik vierde met 147 houe. Die beste nettotelling is deur Glenville Nasson (141) aangeteken. Die B-afdeling is deur Ronald Hand met 166 houe gewen. Louis de Klerk, Bevan Davids, Divan Maasz en Ashley Schroeder was almal gesamentlik tweede met 170 houe. Werner Pharo het die beste nettotelling van 147 houe aangeteken. Die C-afdeling is deur Simon Malaza met 189 houe gewen. Esman Boer was tweede met 190 houe gevolg deur Philip Grobler met 193 houe en Lappies Labuschagne met 196 houe. Marshall Mepomie het die beste nettotelling aangeteken met 149 houe.

CERES rolbalklub se Somerliga het verlede Donderdagaand (25 Februarie) begin. Die o/ 35 groep geniet die rolbalspelery. Die toernooi word oor vyf weke beslis.

CERES rolbalklub se 2021 klubkampioene is onlangs aangewys. Die parespel wenners was Jaco Theunissen en Marietjie van den Bergh. Die mans enkelspelkampioen is Stoffel Lambrechts (foto regs).

CHARMAINE Mostert is Ceres rolbalklub se vroue enkelspel kampioen vir 2021.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.