WH Her ald
TRADING HOURS: Monday - Friday 07:30 - 17:30 Saturday 08:00 - 13:00 49 Lyell Street
Witzenberg
Volume 25 no. 8
R8
Friday, March 4, 2022
Since 1997
PREPARING FOR THE CAPE TOWN CYCLE TOUR? REMEMBER TO SERVICE YOUR BICYCLE CALL (023) 312-3578 TO BOOK YOUR SERVICE TODAY
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 3 Maart
Vrydag 4 Maart
10° 26°
8° 28°
Saterdag 5 Maart
10° 32°
Witzenberg Herald
Sondag 6 Maart
14° 35°
Ceres Koekedouw dam
79,5%
1997 - 2022 Lesing: 2022/03/02
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
Victoriapark, Ceres (023) 007-0299
Eggs Benedict @ R85 www.witzenbergherald.co.za
Kaapse-sindikaat moontlik betrokke
Totalsports word beroof SES mans, waarvan vier gewapen was, het Maandag Totalsport op Ceres beroof. Dit is die derde gewapende roof die afgelope vier maande op Ceres. Die ses verdagtes met maskers op, het die sportwinkel in die De Keur winkelsentrum net na 11:30 binnegestap en die verskrikte personeel beveel om na die agterkant van die winkel te beweeg. Daar was ook kliënte binne die winkel asook die areabestuurder. Die areabestuurder se persoonlike selfoon is gevat asook 54 nuwe selfone en klere. Hulle het ook personeel se selfone gevat. Die verdagtes het hierna in twee voertuie van die toneel gevlug. Toe die winkel stil word, het die personeel uitgekom en die polisie ontbied. Ondersoek vorder Die areabestuurder se foon se soekfunksie is geaktiveer wat die Ceres SAPD na ‘n adres in Nduli gelei het. Hier het speurders en polisielede twee voertuie, ‘n Toyota Auris en ‘n silwer VW Polo, verlate in die woonbuurt aangetref. Hulle is na ‘n nabygeleë huis waar die gesteelde goedere in ‘n buitegebou gevind is. ‘n Man en vrou, wat nie deel was van Maandag se rooftog, is inhegtenis geneem vir die besit van ondermeer gesteelde selfone en klere van Totalsports. Beide is ondervra waarna die polisie die man later vrygelaat het. Die vrou sal moontlik Donderdag 3 Maart in die Ceres landdroshof verskyn. Foschini-roof Drie mans, Richard Juanda (29), Karenzo
Gasaba (33) en Aphiwe Komanisi (30), is kort na die Foschini-rooftog in Oktober 2020 in die Kaapstad-omgewing vasgetrek. Hulle moet weer op 5 Mei in die Ceres landdroshof verskyn. Al drie is borgtog van R2000 elk toegestaan. Kragstasie-roof Sewe mans in ‘n Toyota minibus het in Januariemaand op die kragstasie agter Denne-
bos toegeslaan. Twee wagte is oorrompel, vasgebind en in ‘n gebou toegesluit. Die mans het daarna tussen R200 000 en R300 000 se ou koperkabels gesteel en op die vlug geslaan. Die polisie het inligting opgevolg en van die wagte se besittings by ‘n perseel in Nduli gevind. ‘n Verdagte, Sibuyila Ngwevela (35), is ge-
SES verdagtes, waarvan vier gewapen was, het Maandag Totalsport op Ceres beroof.
arresteer en word met die kragstasie-roof verbind. Hy het in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak na 25 April uitgestel is. Indien daar ooggetuies is of mense is wat oor met meer inligting beskik, kan hulle die ondersoekbeamptes s/sers. Swanson, s/ a.o. Vian van Wyk of s/sers. Burrows skakel by (023) 316-8505.
FOTO: Ceres SAPD
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91 Snowflake 2.5kg 50
25
Kellogg’s Noodles 5-pack 50
17
Score 00
7
750g Rainbow chicken 99
31
Crunch+Munch biscuits 50 500g
19
Maq washing powder 99 1kg
26
Pryse en produkte geldig tot 13 Maart 2022 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.
2
WITZENBERG HERALD
Friday, March 4, 2022
Newly renovated classrooms for Laastedrif primary school
TRUIDA Joubert (97) het nog altyd ‘n passie vir onderwys gehad en om ‘n verskil te maak in haar gemeenskap. ‘n Paar jaar gelede het sy besluit om ‘n boekie: Leer klank-klank lees, te skryf sodat ouers, oumas asook ouer broers en susters, ‘n jonger kind in die huis kan leer lees. Dié nuwe weergawe van die boekie is einde 2021 bekendgestel en het haar jarelange droom, waar geword. Magdél Botha van Leer & Leef het gehelp om die droom te bewaarheid sodat voorskoolse kinders met gemak kan leer lees. Maandag 31 Januarie het Terese Bam van VIA Kwêla en die filmspan ‘n draai op Ceres gemaak om met Truida en Magdél te kom gesels. Die insetsel is Sondag 27 Februarie op Kwêla uitgesaai. * Stuur ‘n e-pos vir bestellings na leerleefbestel@breede.co.za. Die boekie kos R100.
THE learners and teachers at Laastedrif NGK Primary School were thrilled to start the 2022 academic year in their newly renovated classrooms. The construction project, which was initiated by the school’s principal and commenced late last year, replaced asbestos class structures to make way for newly built brick classrooms. Overall learners and teachers at this school, are pleased to have returned to a better learning environment that is safer and more conducive to studying. “Asbestos is not an ideal material for classrooms, not only because of the possible long-term health impact, but because the classrooms get very hot in summer, which severely restricts academic activities. We found that due to the lack of air conditioning, the classrooms became more humid than brick-built rooms, resulting in lethargy and general fatigue amongst our learners making it difficult to concentrate for extended periods of time,” said Mr September, (principal). Funded by Perdekraal East Wind Farm, in collaboration Laastedrif Boerdery and headed by the school’s principal, Mr September, the renovation of this primary school, with over 30 learners from the surrounding community, included plastering and painting of the classrooms, which was not previously possible with the asbestos walls. “We as educators can now create a proper and inviting classroom atmosphere for our young learners. The brick classrooms aren’t as hot in the extreme summer heat and
LAERSKOOL F.D. Conradie atlete is die afgelope week in die Witzenberg atletiekspan opgeneem en gaan die naweek aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl deelneem. VLNR: Sophia van Deventer, Orli du Toit, Jayvian Kruger, Daniël van Deventer, Jamey-Ruth Swartz, Ashton Vermeulen, Elizabeth Goosen, Ferran Snyders en Gracie Adams.
Atlete presteer DIE groep atlete van Mooi Uitsig primêr het op 19 Februarie deelgeneem aan die Witzenberg atletiekbyeenkoms by Laerskool Wolseley.
Witzenberg Rekenaardienste (Edms) Bpk, ‘n diensverskaffer uitsluitlik aan sy aandeelhouers, Laastedrif Agri en Morestêr Landgoed, Ceres beskik tans oor die volgende vakante betrekking:
REKENAARTEGNIKUS Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n drie maande proeftydperk. Die posbekleër sal aan die IT Bestuurder rapporteer, terwyl hy/sy verantwoordelikheid sal aanvaar vir: • Rekenaarhardeware en -sagteware installasie • Instandhouding van netwerk installasie en kamerastelsels • Gebruikersondersteuning • Na-ure bystand op IT toerusting • Telefoonstelsel ondersteuning • “Wireless” tegnologie (Ubiquiti en Mikrotik) instandhouding. Die suksesvolle posbekleër sal aan die volgende minimum vereistes voldoen: • Graad 12 sertifikaat • A+ en/of N+ sertifisering • Twee jaar toepaslike ondervinding in bogenoemde veranwoordelikhede sal voorkeur geniet • Moet onder druk kan funksioneer • Goeie menseverhoudinge handhaaf • Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels • Geldige bestuurderslisensie • Bereid wees om ‘n praktiese toets af te lê. Ons bied ‘n markverwante vergoedingspakket wat aangevul word deur die voordele en aangename werksomstandighede wat met ‘n vooruitstrewende maatskappy vereenselwig word. Vir enige navrae en aansoeke, stuur asseblief ‘n volledige CV, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie verwysings aan: Innis Nagel by e-pos innis@cillie.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 18 Maart 2022 Indien u nie binne 2 weke na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
will be warmer during winter. It no longer rains into the classrooms and learners enjoy the new classrooms and school infrastructure improvements as much as the educators. We are very grateful and proud of this accomplishment”. This project forms as part of the Wind Farm’s Asset Based Community Development programme, which has a keen focus on mobilising communities. “We are very proud to have been involved in this project. Our goal has always been to help provide children with access to equitable education. Furthermore, we not only were able to support this school building project, but also a pro-active collaboration between the public and private sector. We believe working together leads to achieving results faster,” concluded Jo-Anne Brown, Economic Development Manager at Perdekraal East Wind Farm.
BELLA Vista primêr is trots op dié atlete wat opgeneem is in die Witzenberg atletiekspan. Die skool wens hulle alle sterkte toe vir hul deelname aan die Boland atletiekkampioenskappe in die Paarl.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, March 4, 2022
Jong vrou (20) herstel goed na ongeluk
OP Sondag 27 Februarie omstreeks 00:15 het ‘n Toyota Corolla motor die pad naby Op-die-Berg en Skurweberg sekondêr verlaat en gerol. ‘n Manlike bestuurder is beseer.
Talle beseer in ongelukke PADVEILIGHEID is elkeen van ons se verantwoordelikheid, hetsy as bestuurders, passasiers, fietsryers, motorfietsryers of voetgangers. Wes-Kaap provinsiale verkeersdienste het die week van 21-27 Februarie hul veiligheidsveldtog voortgesit en 215 padblokkades gehou. Meer as 36 000 voertuie is gestop en nagegaan. Daar is ook 222 spoedoortredings aangemeld en 58 voertuie is geskut en 102 is van die pad gehaal weens onpadwaardigheid. Meer as 35 mense het die afgelope week op paaie in die provinsie gesterf waarvan ondermeer een ‘n fietsryer was, vier motorbestuurders en 24 voetgangers. ‘n Vroulike voetganger is in die vroeë oggendure van 28 Februarie buite Ceres dood nadat sy deur ‘n voertuig raakgery is. Die voorval het naby Daytona plaasgevind. Ander ongelukke EMS personeel was die afgelope naweek besonder bedrywig met talle ongelukke wat aangemeld is. Op Sondag 27 Februarie omstreeks 00:15 het ‘n Toyota Corolla motor die pad naby Op-die-Berg en Skurweberg sekondêr verlaat en gerol. ‘n Manlike bestuurder is beseer. Die bestuurder van ‘n dubbelkajuit Toyota bakkie van Sensus 2022, het op 27 Februarie omstreeks 23:30 beheer daaroor verloor en die bakkie naby Kluitjieskraal gerol. Die voertuig het teen ‘n boom tot stilstand gekom. Die bestuurder het blykbaar van die toneel weggehardloop en vier passasiers, twee jong vroue en twee jong mans, op die toneel met ligte beserings gelos. Hulle is na die Ceres provinsiale hospitaal geneem vir behandeling. Die derde ongeluk op 27 Februarie het omstreeks 11:30 buite Wolseley naby die treinspoor plaasgevind. ‘n Toyota Tazz het die pad verlaat en twee volwassenes en ‘n kind (2) is beseer.
DIE bestuurder van die dubbelkajuit Toyota bakkie van Sensus 2022, het op 27 Februarie omstreeks 23:30 beheer daaroor verloor en die bakkie naby Kluitjieskraal gerol.
We offer: · · · · · · · · ·
Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems
DRIE jongmense van Ceres en P.A. Hamlet is ‘n maand gelede in ‘n ernstige ongeluk buite Wolseley beseer toe die Toyota Clubcab waarin hulle gery het, die pad verlaat en gerol het. Dié ongeluk het Saterdag 29 Januarie omstreeks 02:30 by die Wolseley-ingang naaste aan Tulbagh plaasgevind toe ‘n Toyota Clubcab bakkie met ‘n CT-registrasie regoor die stopstraat gery en ‘n sperreling aan die oorkant getref het. Die bakkie het gerol en in ‘n aangrensende landery op sy sy tot stilstand gekom. Een van die insittendes, die 20-jarige Maretha Engelbrecht, het agter die twee sitplekke in die Clubcab gedeelte gesit en is ernstig beseer. Sy is na Ceres provinsiale hospitaal geneem voordat sy na die Tygerberg hospitaal oorgeplaas is. Maretha, ‘n tweedejaar BSCH toerismebestuur en rekreasiekunde student van Pukke, het op 4 Februarie ‘n suksesvolle rugoperasie en fusie ondergaan nadat sy frakture aan haar T7, T8, T10 en L1 werwels opgedoen het. Haar ma, Annemarie Engelbrecht-Genade, het Maandag 28 Februarie gesê Maretha vorder goed. “Die wond herstel goed en sy kan al self haar hare in die stort was. Sy word egter gou moeg as sy haar arms te lank omhoog hou. Sy gebruik ook al minder pynmedikasie al het sy nog pyn”. Polisieondersoek Die ongeluk word nou deur die Wolseley SAPD ondersoek. Twee weke na die ongeluk was daar nog geen saak geopen nie en is die Ceres SAPD versoek om ‘n verklaring by Maretha te gaan afneem nadat dit nie vroeër op Wolseley gedoen is nie - dit terwyl Maretha die SAPD se 10111 nommer twee keer uit die wrak gebel het en dat daar wel polisielede later op die toneel teenwoordig was. Tygerberg hospitaal het ook die ongeluk en beserings van Maretha by die padongelukkefonds aangemeld. Ongeluk Maretha was die betrokke oggend ‘n passasier in die Toyota bakkie saam met Stefan Alberts en Charl Labuschagne. Die drie jong mense het van ‘n kuierplek op Wolseley
gekom en moes regs by die stopstraat na Ceres draai. Die bakkie se bestuurder, Charl Labuschagne, is egter reguit oor na die eerste kruising. Labuschagne het beserings aan sy gesig opgedoen en Alberts het sy arm gebreek. Labuschagne is later saam met Maretha Engelbrecht na Ceres provinsiale hospitaal geneem voordat hy vir behandeling na die Worcester Mediclinic geneem is. Help met fondse ‘n Vriendin van Maretha het kort nadat die ongeluk plaasgevind het, ‘n Back-a-Buddy befondsingprojek begin om geld in te samel vir Maretha se mediese koste. Indien inwoners nog bydraes wil maak, kan hulle https:/ /www.backabuddy.co.za/maretha-engelbrecht besoek.
DIE 20-jarige Maretha Engelbrecht (inlas), is ernstig beseer in 'n ongeluk. Sy herstel tans goed van haar beserings.
Ondersoek teen polisielede vorder VYF Wolseley SAPD-lede en twee inwoners het Dinsdag weer in die landdroshof op die dorp verskyn op korrupsieen regsverydelingklagtes. Die sewe se hofverskyning spruit uit ‘n ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid rakende voorvalle op 21 April 2021 en 3 Desember 2021 in die Wolseley-omgewing. Die eerste twee polisiemanne is op 4 Januarie deur lede van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid gearresteer en die ander drie polisielede en twee inwoners op ‘n onverwante saak, op 7 Januarie. Beide sake is na 8 April uitgestel vir ‘n streekhofdatum. Eerste saak Twee polisie konstabels van Worcester wat op Wolseley gestasioneer was, is op 4 Januarie gearresteer na ‘n voorval op 3 Desember 2021. Kst. Byrone Williams (26) en kst. Ricardo Conradie (39) word van korrupsie aangekla nadat hulle na bewering ‘n man met tik in sy besit betrap het en daarna geld van hom geëis het om hom nie aan te kla nie. Die twee polisiemanne verskyn op 8 April in die landdroshof. Beide is op borg van R2000 vrygelaat. Tweede saak Drie polisielede is op 7 Januarie by die polisiestasie in-
hegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het en die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer. Die polisielede, sers. Mxolisi Sigila (42), kst. Johannes Fransman (40) en kst.(v) Melzandré Pieters (33), is saam met ‘n oudpolisieman Daniël Davids (43) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (41), gearresteer. Sy is die suster van kst. Fransman. Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel. Die saak is ook na 8 April uitgestel. Die vyf se borgtog van R2000 elk is verleng. Nog klagtes Die oudpolisieman, Daniël Davids, staan ook tereg op ander soortgelyke klagtes waarvoor hy op borg van R4000 uit is. Davids is op 15 Julie verlede jaar inhegtenis geneem na ‘n groot hoeveelheid mandrax pille op 10 Junie by die Wolseley polisiestasie verdwyn het. Davids was vir 17 jaar werksaam by Wolseley SAPD en is in Oktober 2021 uit die polisie ontslaan.
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES
066 205 3312
023 1000 515
info@jptek.co.za
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies
4
WITZENBERG HERALD
Friday, March 4, 2022
Amended hospital visitation guidelines
MONDAY 28 February marked the official handover of a donation of R5.4 million (900 wheelchairs and 1 200 mobility aids) from The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints to the Western Cape Department of Health. This symbolic handover ceremony as devices, which took place at the Western Cape Rehabilitation Centre in Mitchells Plain, will be delivered according to patient specific orders placed over an 18-month period. The department provides various assistive devices to persons with disabilities across the province, which includes wheelchairs, walking aids, hearing aids, orthotics, and prosthetics. This donation will support and supplement the existing health system which has been impacted by the COVID-19 pandemic, thereby strengthening the mobility assistive devices services offered to persons with physical disabilities. The mobility aids were fueled by charitable donations from members of The Church of Jesus Christ of Latter-day Saints across the globe. FLTR: Elder David Nish and Sister Theresa Nish (volunteers), Paul Kruger (President of the Church of Jesus Christ of Latter-Day Saints), Dr Lizette Philips (Chief Director: Rural Health Services), Dr Keith Cloete (HOD: Western Cape Health Department), Juanita Arendse (Chief Director: Emergency and Clinical Services Support) and Dr Saadiq Kariem (COO: Western Cape Health Department).
Streek nie meer vasgevang in 4de golf nie DIE Wes-Kaap departement van gesondheid het die week veranderde besoektye vir hospitale aangekondig. Noudat die Wes-Kaap nie meer in die greep van die vierde COVID-golf vasgevang is nie, is nuwe aangepaste riglyne vir hospitaalbesoeke bekend gemaak met streng veiligheidsmaatreëls. Die departement glo die aangepaste riglyne sal ‘n verligting wees vir besoekers. Die Wes-Kaap departement van gesondheid het ook verlede week die intervalle tussen eerste en tweede dosis van die Pfizer entstof van 42 dae na 21 dae verkort. Verder word die ekstra entstofdosis (booster) wat eers na ses maande ontvang kon word, verkort na drie maande. Plaaslike statistieke Dinsdag 1 Maart was die 704de dag van inperking in Suid-Afrika. Sedert die begin van die pandemie is 9201 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek
WOLSELEY
Huis Mostertshoek Tehuis vir bejaardes, ‘n program van Badisa Wolseley benodig die dienste van ‘n:
HUISHOUDELIKE HOOF
Vereistes: • Sterk administratiewe vaardighede • Rekenaarvaardighede • Toesighoudende vaardighede oor skoonmaakdienste, washuis en kombuis • Bestuur van bates en ander middels, voorraadaankope en kontrole • Menslike hulpbronne • Spyseniersondervinding • Bestuurderslisensie. Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Maart 2022 Stuur CV met kontakbare verwysings na: bestuurder@huismostertshoek.org Of gee af by: Eeufeesstraat 37, Wolseley
Huis Maudie Kriel
3 Maart 2022 @ R65 Schnitzel, Chips & Mushroomsous Beskikbaar vanaf 17:00-18:00
Bestel en betaal by Huis Maudie Kriel
(023) 312-1950
aangemeld waarvan 8781 herstel het. Positiewe gevalle het die afgelope twee weke van 31 na 9 gedaal. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2154 gevolg deur Bella Vista met 1375, Wolseley met 1196, P.A. Hamlet met 1234, Tulbagh met 1126, Nduli met 612 en Koue Bokkeveld plase met 737. Vier honderd en elf (411) mense in die twee jaar sedert 1 Maart 2020, het gesterf. Die afgelope week het die sterfgevalle met 6 toegeneem. Dit is nuwe sterftes en ou sterfgevalle wat nou bygereken word. Meer as 95% van dié onlangse sterftes in die streek was nie ingeënt teen die virus nie. Ceres se getal sterftes staan tans op 82 gevolg deur Wolseley met 67, Bella Vista met 60, Tulbagh met 52, P.A. Hamlet met 50, Nduli met 34 en Koue Bokkeveld plase met 30. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 691 (1 Maart). Daar is al 658 925 positiewe gevalle aangemeld en 630 713 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 3.674 miljoen mense al herstel. Meer as 99 412 mense (28 Februarie) het al weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Die land se herstelkoers is tans 96.4%. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het gedaal na 5.74%.
DURING the fourth wave, Western Cape Government Health had to restrict visitation at hospitals to align with regulations and to reduce the number of people in our facilities at a time. “However, we firmly believe that being visited by their loved ones is an important part of a patient’s road to recovery. It is also essential to family who are anxious about the wellbeing of their loved one and wants to visit them in hospital. We also understand that it is also reassuring for young patients or the elderly to have an escort present when visiting the emergency room or outpatients’ department”. The COVID-19 epidemic has ushered in many changes, one of which is the need to avoid crowding and maintain a safe physical distance between people, to prevent infecting others with the coronavirus. “Health facilities are of necessity places where there are congregations of people accessing care, and even with a decline in COVID-19 infections and a change to adjusted lockdown level 1, we need to remain vigilant around avoiding congestion and maintaining a safe physical distance between people”. In line with the Western Cape having exited the fourth wave, Western Cape Government Health has recently adjusted its visitation guidelines accordingly to allow visitation at hospitals under strict safety precautions. The amended visitation guidelines include: - Visitors and escorts are only allowed at health facilities under special circumstances. - Formal screening of visitors and escorts at entrances is not required. - All visitors and escorts should wear masks at all times, sanitise their hands and maintain physical distance from other people. Outpatients: - One escort is only allowed for patients under 18 years old and disabled, vulnerable, or weak patients. Emergency Unit: - Patients younger than 18 years - one escort allowed to accompany patient into emergency room. - End of life patients - a maximum of two family members allowed to be present at a time. - Disabled/vulnerable patients - one escort may be allowed depending on situation. Will be assessed on a case-to-case basis. All other patients: - One escort is allowed only when EC is not crowded. Will be assessed on a case-tocase basis. Inpatients (adults): - Visitors to a ward must report to the nursing
CALL FOR PROPOSALS: LEASE OF MUNICIPAL BUILDINGS Registered organisations from Witzenberg Municipal area are invited to apply for the following vacant buildings: 1. BUILDING ON PORTION OF ERF 1, PINE VALLEY, WOLSELEY (OLD MALIKHANYE CRECHE BUILDING) 2. MUNICIPAL BUILDING ON ERF 5965, NDULI, CERES (OLD SIZAMELE CRECHE BUILDING) Criteria: • Only applicants that is a registered NGO or NPO will be evaluated • Proposal must include a plan of operations (business plan), with a summary of activities that will occur inside the building • Only applicants that reside within Witzenberg Municipal area will be evaluated • The applicant must be in possession of a valid South African identification document • Operations inside the building must benefit the community Application process: • Application forms for applicants will be available at all Municipal Offices, all municipal libraries and the official website: www.witzenberg.gov.za (Application form for Municipal property form) • The prescribed “Application form for Municipal property” must be completed and handed in together with the following supporting documents: Certified copies of ID, Business Plan/ Operations plan & NGO/NPO registration documents. The abovementioned must be clearly marked and handed in a sealed envelope ONLY at the Archives Division in Ceres (Municipal head office); or submitted via email: admin@witzenberg.gov.za • Clearly indicate on the application form (and the sealed envelope) to which building an application is made for • Applicants whose application forms and business/operations plan meet the criteria will be shortlisted APPLICATIONS CLOSE: 18 MARCH 2022 AT 16:00 For queries contact Mrs. Letha Wessels at margaretha@witzenberg.gov.za or (023) 316-1854 for building in Wolseley and Mrs Marinda Muller at marinda@witzenberg.gov.za or (023) 316-1854 for building in Nduli
station, wash or sanitise their hands, not touch the bed or any surfaces, and avoid hugging, kissing and holding hands with the patient. - Visiting time slot of 60 minutes per day. Confirm with hospital what the ward’s visiting hours are before visiting. - End of life patients allowed to be visited by loved ones. More people and longer time at discretion of ward manager. Inpatients (paediatric): - One parent/caregiver can be with the patient. - Parent/caregiver can alternate with other parent/caregiver, but only one allowed with patient at a time. - More family members allowed for end of life patients, restricted to two persons at a time for 60 minutes. More people and longer time slots at discretion of ward manager. Neonatal patients: - Mother is encouraged to remain with patient or regularly visit. - Birthing partner or one designated person can visit daily for 60 minutes. Longer visitation at discretion of ward manager. More family members allowed for end of life patients, restricted to two persons at a time for 60 minutes. More people and longer time slots at discretion of ward manager. Maternity & labour: - Birthing partners should wear a surgical mask and remain at the top end of the bed at all times. - COVID-19 positive patients in labour - one birthing partner allowed during active labour at the discretion of the ward manager and provided there is sufficient privacy and space. - COVID-19 negative patients in labour - one birthing partner is allowed during active labour if sufficient space and privacy is available. C-section: - COVID-19 positive patients: One birthing partner is allowed to be in the operating room if they have been fully vaccinated or had COVID19 in the past 90 days. No changing of birthing partners allowed. - COVID-19 negative patients: One birthing partner is allowed to be in the operating room. No changing of birthing partners. The birthing partner is allowed to remain with the mother in the recovery room and accompany her to the postnatal ward where they can remain for a short while. Birthing partners not allowed in theatre but can visit mother and baby for 30 minutes in postnatal ward. Teenagers in labour: - A birthing partner will be accommodated at the discretion of the ward manager. Postnatal ward: Two people are allowed to visit with the mother and the newborn for 60 minutes daily during the visiting hour for the postnatal ward. COVID-19 and PUI patients: - No visitors allowed. Can drop off parcels (toiletries, food, books, etc.) - Exceptions will be made for end of life patients at the discretion of the ward manager. Adult patients in non-COVID-19 wards: - Two people are allowed to visit once per day for 60 minutes during the designated visiting hour. - Patients who have had a death, serious illness/injury, or major event in their family (if the patient is mentally alert) are allowed extra visitors at the discretion of the ward manager. -End of life patients are allowed to have extra visitors at the discretion of the ward manager. Adult patients in non-COVID-19 High Care, ICU, and Isolation Wards: - No visits allowed as these are high-risk patients.Parcels (toiletries, food, books, etc.) can be dropped off. - End of life patients are allowed to be visited by a few loved ones. Visits restricted to one person at a time for 30 minutes once per day. More people and longer visitation at the discretion of the ward manager. Psychiatric and Rehabilitation patients in non-COVID-19 Acute Care and Long Stay wards: - Two people are allowed to visit once per day for 60 minutes during the designated visiting hour. Number of ward visitors to be managed at the discretion of the ward manager as space is limited. - Patients who have had a death, serious illness/injury, or major event in their family (if the patient is mentally alert) are allowed extra visitors at the discretion of the ward manager. - End of life patients are allowed to have extra visitors at the discretion of the ward manager. All patients and visitors to maintain the following safety precautions: wear a mask over your mouth and nose, maintain a physical distance, ensure good ventilation, and wash or sanitise hands often.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, March 4, 2022
Speurder se hofsaak kom Mei weer voor
JANI van der Merwe se fotos is onlangs vir ‘n fotografiekompetisie vir jeug fotograwe in Luxembourg (34e Concours International de Photos pour la Jeunesse 2021) ingeskryf. Saam met ‘n paar ander leerders van Charlie Hofmeyr Fotografieklub, het hulle ‘n algehele tweede plek behaal in die wêreld. Wat die prestasie merkwaardig maak is dat al vier van Jani se foto-inskrywings, Internasionaal erken is. Sy is ook vereer met die FIAP Ribbon wat toegeken is vir haar foto: Lilac Brested Roller (regs). * VERDUIDELIKING: Na alle toekennings gemaak is by die fotokompetisie en die eerste en tweede plek aangewys is, word die laaste 10% van die fotos wat gekies is, geneem en word sertifikate van meriete toegeken. Die FIAP Ribbon word toegeken aan die foto wat net-net die medaljes gemis het maar beter is as al die sertifikate van merietes. Die foto kan as ‘n derde plek beskou word.
Ligte trilling op Tulbagh waargeneem
BRANDSPANNE van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het Sondag 27 Februarie saam met ‘n helikopter van Werk met Vuur, vinnig die brand in die Ceres natuurtuin geblus. Witzenberg Brand en Redding het met water gehelp.
NEE dit was nie jou verbeelding nie! Daar was Maandag 21 Februarie ‘n ligte trilling op Tulbagh en Elanza Basson, haar dogter Enya en Lily Thomas was van die handjievol inwoners wat dit gevoel het. ‘n Woordvoerder van die Raad vir Geo Wetenskappe se seismologiese afdeling in Pretoria, Michelle Grobbelaar, het hul data nagegaan en verlede Woensdagoggend laat weet dat daar Maandag omstreeks 12:29 op die Richterskaal ligte trilling van 1.1 op Tulbagh was. Omrede die trilling so klein was, word dit nie outomaties aangeteken dat daar ‘n trilling was nie. Tulbagh inwoners wat dit gevoel het, kan ‘n aanlyn vraelys op Geoscience se webtuiste invul om te help met hul navorsing.
Maandag se trilling is die eerste een sedert September 2019. In 2019 is daar drie trillings waargeneem met die sterkste twee wat op 17 Junie, 1.8 en 1.7 op die Richterskaal, gemeet het. Geskiedenis Die aardbewing van 1969 het 52 jaar gelede Tulbagh en Ceres op 29 September geskud en het 6.3 op die Richterskaal geregistreer. Die ergste trilling in die laaste paar jaar was op 2 Desember 2015 wat 3.7 geregistreer het. In 2018 is vier trillings waargeneem wat gewissel het van 1.9 op 4 Februarie, 24 Augustus (1.7), 5 Oktober (1.1) en 28 November (1.1). Daar was geen trillings of skuddings in 2017.
Nel gevonnis vir aanranding BYNA 18 maande nadat ‘n inwoner van Wolseley ‘n ander man aangerand het, is die saak nou afgehandel. Morné Nel (30) is verlede Donderdag 24 Februarie in die Wolseley landdroshof skuldig bevind en gevonnis op ‘n aanklag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Landdros Naik het hom met R10 000 boete of 12 maande gevangenisstraf opgelê. Die helfte van die boete van R5000 of 6 maande gevangenisstraf, is in sy geheel opgeskort vir 3 jaar. Die hofsaak het 18 maande geduur nadat Nel einde
Augustus 2020 deur speurders van Tulbagh in hegtenis geneem is weens die aanranding van Bradley (Brado) de Bruin (26). Nel se skuldigbevinding spruit uit dié aanrandingsvoorval wat op Saterdag 22 Augustus omstreeks 23:30 op die Kluitjieskraalpad plaasgevind het. Selfoonvideo In ‘n video van die voorval wat deur ‘n skoolmeisie met haar selfoon verfilm is en op sosiale media platvorms gedeel is, kon gesien word hoe Nel op die rug van die kleiner slagoffer (Bradley de Bruin) sit, sy kop oplig en hom teen die kop slaan.
CERES (023) 316-2226 Exciting opportunity at Ceres Superspar
KITCHEN ASSISTANT The successful candidate will be responsible for: • Preparing cooked food • Ensuring that all food to be sold, is up to standard and of good quality • Cleaning of kitchen • Stock rotation • Waste control • Assisting with stock-take • Following recipes as per production sheet. Candidate attributes and requirements: • Ability to work under pressure • Excellent people’s skills • Willing and able to work shifts and over weekends • Fully bilingual • Knowledge of cleanliness and food hygiene • Grade 12 Certificate • Honest and hard working TULBAGH speurders is opsoek na Duedud Carolus. Die vermoede bestaan dat hy hom moontlik in die Ashton- of in die Kaapstadomgewing kan bevind. Hy word versoek om met die Tulbagh speurders inverbinding te tree aangesien hy hulle behulpsaam kan wees met diefstal/bedrog klagtes. Indien iemand oor inligting beskik waar Carolus hom bevind, kan hulles s/a.o Jaco Spamer skakel by (023) 230-8100 of 079-894-0101. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres.superspar2@gmail.com For attention: Human Resources Closing date for applications: 28 March 2022 Availability: Immediately Should you not receive any feedback by 13 April 2022, please consider your application unsuccessful.
‘n SPEURDER van Ceres het verlede Woensdag weer in die Ceres landdroshof verskyn op klagtes van versekeringsbedrog en meineed. Behalwe dié twee klagtes ondersoek die P.A. Hamlet polisie ook ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur nadat hy daar met sy VW-motor teen ‘n stilstaande plaasbakkie van Wolseley in die Kliprug woonbuurt gebots het. Die voorval het op 19 September 2020 plaasgevind. S/sers. Enrich van der Merwe (41) het na bewering weggery en by die polisie se slaapkwartiere op P.A. Hamlet gestop. Iemand in Kliprug het hom en sy voertuig herken en hy is later opgespoor en aangekla. Die verhoor sal nou op 10 Mei in die Ceres landdroshof begin. Die getuies in die saak is ook gewaarsku om by die hof te wees. Inbraak Van der Merwe het vroeër ‘n diefstalsaak gemaak waar huishoudelike toerusting by hom gesteel is. Tussen die beweerde inbraak en Februarie 2021 was daar blykbaar ‘n familietwis waarna ‘n saak by die Ceres polisie aangemeld is dat die huishoudelike goedere blykbaar nie gesteel is nie. Die Ceres polisie het ‘n lasbrief bekom waarna die huis deursoek en die beweerde goedere in die huis gevind is. Die versekeringsmaatskappy is ook van die polisie-ondersoek in kennis gestel. Die dossier is aan die senior staatsaanklaer in Worcester voorgelê wat besluit het daar kan voortgegaan word en Van der Merwe is toe formeel aangekla.
KENNISGEWING
AANSUIWERINGSBEGROTING 2021/2022
Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 23 Februarie 2022 is ‘n Aansuiweringsbegroting vir 2021/2022 en gewysigde SDBIP aan die Raad voorgelê en goedgekeur. Die Aansuiweringsbegroting en SDBIP is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres, 6835
NOTICE
ADJUSTMENT BUDGET 2021/2022
During a council meeting held on 23 February 2022 an Adjustment Budget for 2020/2021 and amended SDBIP was tabled and approved by Council. The Adjustment Budget and reviewed SDBIP can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
ISAZISO
UHLAHLOLWABIWOMALI OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKA- 2021/2022
Kwintlanganiso eyodwa yeBhunga ibibanjwe ngomhla we 23 February 2022, uhlahlolwabiwomali nolungiso lwe SDBIP olu hlengahlengiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga ukuhlola uhlahlolwabiwomali ne SDBIP oluhlengahlengisiweyo luyafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala www.witzenberg.gov.za D. NASSON UMLAWULI-MASIPALA uMasipala wengingqi yaseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
6
WITZENBERG HERALD
classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Bondels koerante teen R20 per bondel. Gebruik vir verpakking tydens trek, vir verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn
Friday, March 4, 2022
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
ROLBALSPELERS van Ceres rolbalklub het op Saterdag 12 Februarie deelgeneem aan die Boland enkelspel mans en vroue ope op Hermanus. Stoffel Lambrechts (links) was die mans ope wenner. Engela Lambrecths en Pieter Mostert (tweede in sy afdeling) het ook uitstekende rolbal gespeel maar kon net-net nie die pyp rook nie.
INSLAAP HUISHULP PAARL Maandag - Donderdag (weekliks)
Vereistes: • Vroulike volwasse persoon • Netjiese persoon met goeie waardes. • Goed wees in wasgoed was, stryk en huis skoonmaak Salaris onderhandelbaar
Skakel 082-559-4644
Eks. 15:2 “Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. Hy is my God, Hom roem ek, die God van my voorvaders, Hom prys ek.”
Evangelis Jacobs
Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/ social media, as they are too small.
RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter
Verskaffing, aflewering en pak van
AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
Jurie (Joed) Pass
082-859-2300
Peres & Williams Transport
Sekretariële pos (Vroulik) Vereistes: • Rekenaarvaardig • Goeie mense-
verhoudinge
• Graad 12 • Ondervinding sal tot
1963/08/29 - 2022/02/23
Roudiens: Do. 03/03/2022 om, 19:00, VGK Kerk, BV Privaat begrafnis: Sat. 5 Maart. 2022 Huis: 09:00, Eroslaan 357, Bella Vista Kerk: 10:00, VGK BV Graf: Bella Vista Psalm 23 “Die Here is my Herder”
Leonardus Daniel Strauss
1959/05/27 - 2022/02/28 Roudiens: Do. 03/03/2022, om 19:00, VGK Ceres Verassingsdiens Sat. 05 Maart 2022 Besigtiging: 09:00, Ceres Sekondêr Skoolsaal Kerk: 11:00, VGK Ceres Privaat Verassing
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
ROLBAL is deesdae groot pret en al hoe meer jong mense en families word blootgestel aan die sport. Meer as 95 mense van alle ouderdomme het Maandag 14 Februarie aan Laerskool Gericke se Valentynsdag rolbal-fondsinsamelings by Ceres rolbalklub deelgeneem.
Tosca Female. Born 9 Sept 2021. Terrier Cross. Small size.
Ceres verloor hul laaste wedstryd
Milo Male. April 2021.
u voordeel wees
• Beskik oor bestuur-
derslisensie
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
• Hardwerkend, goeie
sober gewoontes
• Handvaardig en
moet as deel van ‘n span kan werk
CV met kwalifikasies, ID en rybewys kan gestuur word na: pwtransport.ceres@gmail.com Sluitingsdatum: 18 Maart 2022
Spot Male. Born Feb 2021. Jack Russel.
Dina Female. Born 20 Nov 2021. Available for adoption from 24 Feb 2022.
Voortrekker Street, Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476 Stem, herstel, verkoop en koop van klaviere. Alle areas. Ons is meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer by 060-6192758 of 082-7043276 vir enige verdere navrae w.t.o.
CERES krieketklub het Saterdag hul laaste wedstryd teen Paarl-Oos gespeel. Ceres wen die loot en stuur Paarl-Oos om eerste te gaan kolf. Paarl-Oos teken 344 lopies aan in hul toegelate 50 boulbeurte. Ceres gaan kolf maar kan slegs 244 lopies aanteken met Johnny Koertzen (56) wat die meeste lopies vir Ceres aanteken. Ceres verloor hul laaste wedstryd met 100 lopies.
gesondheid
• Betroubaar en
nuusbrokkies Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
Ella + Esta Female. Born 15 July 2021 All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Includes a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply
MOOI Uitsig primêr bied op Saterdag 12 Maart hul kaskaren toutrekkompetisie aan op die skoolterrein. Die verrigtinge begin om 08:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir leerders. Daar is kompetisies vir ouers, leerders en personeel en stalletjies sal ‘n verskeidenheid lekkernye verkoop asook worsrolletjies, hamburgers en warm skyfies. Enige navrae kan aan die skool gerig word by (023) 315-0485 of 060-340-4097. ✗✗✗✗
Laurel & Hardy Maggie
Contact Hazel 072-609-1165
adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram
WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word. ✗✗✗✗
DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het verander. Inwoners kan hulle skakel by (021) 023-3018. ✗✗✗✗ SHOFAR Ceres bied aan: Dissipelskapkursus - Nader aan God en nader aan mekaar. Die kursus word deur Cassie en Jenny Carstens aangebied vanaf 4 - 6 Maart (Vrydagaand: 18:0022:00, Saterdag: 08:00-17:30 en Sondag: 08:30-12:30). Koste beloop R200 per persoon en etes is ingesluit wat binne sessie-tye val. Die goeie nuus van Jesus transformeer ons persoonlik, asook ons eie huis soos dit na buite vloei. Cassie en Jenny help kursusgangers op ‘n baie praktiese manier om in die gemeenskap met ander, hierin te groei. Vir verdere inligting skakel Shofar by 063-930-5340 of stuur epos na ceres@shofaronline. org ✗✗✗✗ CERES Netbalklub het weer met oefeninge op Dinsdae en Donderdae begin. Begintyd is vanaf 17:00 - 17:30 op Gericke netbalbane.
WITZENBERG HERALD
7
Friday, March 4, 2022
Baie dankie aan ons borge!
Die gewilde gholfdag op Ceres se sportkalender, samel fondse in vir verskeie projekte - een hiervan om skoolkinders met sig/oog probleme te help.
CERES
DIEREHOSPITAAL VETERINARY HOSPITAL ☎ (023) 312-3020
Ceres Lions Gholfdag 18 Februarie 2022
☎ (023) 312-3618
CERES N.J. GELDENHUYS VERVOER ☎ (023) 316-1880
Ceres Alarms and Guarding (023) 316-1117
☎ (023) 312-3152
DB Slootgrawerdiens BK
Cer es ☎ (023) 316-2226 Ceres
FK van Schalkwyk, Willie van Heerden, Gert Brink en Herman van der Walt was in die derde plek met 103 punte. Hier is Willie van Heerden saam met FK van Schalkwyk en Lino Pileggi (Lionslid en organiseerder van gholfdag). AFWESIG: Gert Brink en Herman van der Walt.
(023) 316-2035
CERES FISHERIES SUPERETTE & TAKE-AWAYS
DIE span van Franco Jordaan, Giovanni Pileggi, Ruaan Heunis en Franco Engelbrecht was in die tweede plek met 104 punte. VLNR: Franco Jordaan, Giovanni Pileggi, Elsa Lombaard (Ceres Lionsklub), Evan Swart (Petals Express - hoofborg), Ruaan Heunis en Lino Pileggi (Lionslid en organiseerder van gholfdag). AFWESIG: Franco Engelbrecht
(023) 313-3534
☎ (023) 312-1460
CERES (023) 312-1057
BOKKEVELD GAS Johann Alberts 082-324-2060
Petrus en Dirk BRANDT
ANDER UITSLAE: Wenners: Die span van Daniël Ackerman, Eric Ackerman, Neil Smit en Dave Mort het die kompetisie gewen met 106 punte (vierbal alliansie beste 2 tellings en 4 tellings op kort gate). Die naaste aan die pen: Peter Ovenstone (no. 7), Ruaan Heunis (no. 12), Dricus Swart (no. 14) en Rossouw van Zyl (no. 5).
TYRE CHOICE
Dr's Steyn ☎ (023) 312-1414
TELEVIDEO Dr. Blomerus
Buks v.d. Bank
CERES TREKKERS & INGENIEURSWERKE
(023) 316-1369
Op-die-Berg, Koue Bokkeveld KAROOPOORT SLAGTERY CHANTILLY GUESTHOUSE
Wholesome Foods
BAIE DANKIE OOK AAN: Besmilla Cash & Carry, Boland Eiers, Ceres Build It, Dam Worcester, Gatti's, Giovanni's Fisheries, Lumar Foods, Peninsula Beverages, Reid's Mica, Rocky River Spur, U-Save Prince Alfreds Hamlet. Asook elkeen wat 'n lootjie gekoop het
8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
Friday, March 4, 2022
Witzenberg Herald
Charlies wen 2022 interskole-atletiekbyeenkoms CHARLIE Hofmeyr het die 2022 interskole-atletiekbyeenkoms gewen en hul titel suksesvol verdedig! Nadat Charlies in 2020 die jaarlikse interskole-atletiekbyeenkoms gewen het, het COVID-19 veroorsaak dat hulle nie in 2021 kon deelneem nie. Hulle het vanjaar die geleentheid om deel te neem, met beide hande aangegryp en ‘n spesiale oorwinning op Coetzenburg in Stellenbosch behaal. Die ander skole wat aan die middag/aand byeenkoms deelgeneem het, was Hoërskool Stellenbosch, Worcester Gimnasium, Hoërskool Jan van Riebeeck, Curro Langebaan en Hoërskool Vishoek. * Die atletiekspan is ook genooi om aan die Twizza Nasionale kampioenskappe in Roodepoort deel te neem waar die span uitstekend presteer het deur in die 23ste plek te eindig. Charlies was ook derde van die Wes-Kaap skole wat deelgeneem het. Van die skool se atlete is ook gekies vir die Boland-span wat aan die Wes-Kaap kampioenskappe gaan deelneem.
BJ Claasen wen kompetisie
CASPER de Bruin het Saterdag 26 Februarie weer ‘n kolhou behaal. Hy het sy agtste kolhou behaal met ‘n ses yster op putjie no. 7 (161 meter syfer 3).
WITZENBERG HERALD
BJ Claasen het Saterdag 26 Februarie die enkel syfer plus kompetisie met ‘n telling van +5 gewen. Casper de Bruin was na ‘n uittel in die tweede plek, ook met +5. Michiel Herholdt was in die derde plek met +4 gevolg deur Henk Rossouw met +4, Glenny Nasson met +3 en Annalet Hugo met +3. Goeie brutotellings is aangeteken deur Casper de Bruin (67), Leroux Ferreira (67), Clement de Bruin (68) en Michiel Herholdt (72). Ceres klubkampioenskappe Die Ceres 2022 klubkampioenskappe vind die naweek in ‘n nuwe formaat plaas. Die klubkampioenskappe word Saterdag 5 Maart en Sondag 6 Maart aangebied. Die A-afdeling sal Saterdag 36 putjies speel en 18 putjies op die Sondag. Die B-afdeling en C-afdeling spelers sal op beide die Saterdag en Sondag 18 putjies speel.
Op Vrydag 4 Maart word ‘n pret/sosiale syfer-3 kompetisie oor 6 putjies aangebied. Na die tyd sal daar ‘n braai by die klub gehou word. Nag-gholf Na ‘n afwesigheid van meer as twee jaar, is daar weer besluit om weer ‘n pret naggholftoernooi aan te bied. Die Witzenberg Herald vier vanjaar hul 25ste bestaansjaar en bied op Vrydag 25 Maart die 2022 Nag-gholftoernooi aan. Afslaantyd begin om 14:30-16:30 met die eerste nege wat gespeel word in foursomes formaat. Spelers kies voor afslaantyd, wie speel gelyke en ongelyke gate (bofhoue). Daarna speel elke spanlid om die beurt. ‘n Shotgun-afslaantyd vir nag-gholf begin rondom 19:30 en die tweede nege word gespeel met beterbal stableford as formaat. Skryf vroegtydig in aangesien daar slegs 48 plekke beskikbaar is.
Klubrugby begin eers op 23 April DIE Boland Rugbyunie is genoop om die begin van die klubrugbyseisoen uit te stel. Dié besluit, wat by die algemene jaarvergadering geneem is, volg nadat S.A. Rugby ’n beleidsbesluit geneem het waarvolgens provinsiale unies moet verseker dat klubrugbyspelers aan die voorskrifte, soos uiteengesit in die Staatskoerant, voldoen. Dit word gedoen om die potensiële gesondheidsrisiko wat die Covid 19-pandemie steeds inhou, te voorkom. Liston Manuels, waarnemende uitvoerende hoof van die Boland Rugbyunie sê in ‘n BRU verklaring: “Ons het kennis geneem van die lae aantal inentings onder lede. Ons opname het gewys dat minder as 10% ingeënt is. Hierdie syfer is ver onder S.A. Rugby se verpligte vereiste dat alle spelers ingeënt moet word voor die hervatting van klubrugby. Daarom sal die voorgestelde begindatum van 5 Maart vir die afskop van die klubrugbyseisoen na 23 April verskuif word. Manuels het klubs en spelers gewaarsku dat die datum vir die beoogde afskop van die ligaprogram, afhang van die reaksie van rugbyklubs. Manuels doen ’n beroep op rugbyklubs, spelers en ondersteuners om ingeënt te word om te help dat klubrugby kan hervat ná ’n afwesigheid van byna twee jaar. Rugbyklubs sal ook vanaf 7 Maart verplig word om afskrifte van alle spelers se ingeënte sertifikate vir vriendskaplike wedstryde in te dien.
Ceres Voortrekkers Voortrekkersaal, Hugostraat Elke Dinsdagaand van 17:30 - 18:30 Anton Erwee 082-828-7370 www.voortrekkers.co.za
LISTON Manuels, waarnemende uitvoerende hoof van die Boland Rugbyunie.