Witzenberg Herald Vol.25 no. 9 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 9

Witzenberg Herald

R8

Friday, March 11, 2022

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 10 Maart

Vrydag 11 Maart

13° 35°

17° 38°

Saterdag 12 Maart

Sondag 13 Maart

14° 35°

7° 21°

Ceres Koekedouw dam

OPEN DURING

77,5%

(023) 312-1916 CERES

1997 - 2022 Telephone: (023) 316-2021

For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres

Lesing: 2022/03/09

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Dennebosoord

Vyf vuurwapens gesteel VYF vuurwapens waaronder drie haelgewere van ‘n sekuriteitsmaatskappy is einde Februarie vermoedelik gesteel. Die voorval is op 26 Februarie deur ‘n toesighouer van Mafoko, ‘n Johannesburgse sekuriteitsmaatskappy wat dienste aan die Witzenberg munisipaliteit en Dennebos vakansieoord lewer, aangemeld. Die polisie ondersoek dié voorval nadat drie haelgewere en twee R4 aanvalsgewere tussen 18:45 en 19:15 weggeraak het waar die toesighouer in ‘n huisie in Dennebos woon. Daar is geen kluis vir die wapens en rekords van die uitboek van die wapens is skynbaar ook lanklaas bygehou. Niemand is nog aangekla nie en die Valke en misdaadintelligensie was ook hier op die dorp om te besluit of hulle die ondersoek gaan oorneem. Ceres SAPD ondersoek ‘n klag van nalatige verlies van vuurwapens. Moontlike arrestasies is nie uitgesluit nie. Totalsports roof Nog geen verdagtes wat verlede Maandag betrokke was by die Totalsports rooftog op Ceres, is al vasgetrek nie. Dit was die derde gewapende roof die afgelope vier maande op Ceres. Ses verdagtes met maskers op, het die sportwinkel in die De Keur winkelsentrum net na 11:30 binnegestap en die winkel en personeel van 54 nuwe selfone en klere beroof. Die verdagtes het hierna in twee voertuie van die toneel gevlug. ‘n Man en vrou, wat nie deel was van Maandag se rooftog, is na die roof inhegtenis geneem vir die besit van ondermeer gesteelde selfone en klere van Totalsports. Beide is ondervra waarna die polisie eers die man vryge-

Corolla Cross 1.8 XI CVT .................... from R4 899 Corolla Cross 1.8 XS CVT ............. from R5 499 Corolla Cross 1.8 XR CVT ............. from R5 899 Urban Cruiser 1.5 XI .................... from R3 699 Urban Cruiser 1.5 XS .................... from R3 999 Urban Cruiser 1.5 XR ...... .................... from R4 299 Urban Cruiser 1.5 XR AT .................... from R4 599 Starlet 1.4 XS AT .................... from R3 399 Starlet 1.4 XR .................... from R3 599 Installments are per month. *T’s & C’s apply.

laat het. Die vrou is ook later vrygelaat nadat ‘n aanklaer gesê het daar is nie genoegsame getuienis om haar nou aan te kla nie. Voetganger dood Die Ceres polisie volg tans leidrade op nadat ‘n onbekende vrou op 28 Februarie naby Daytona dood is nadat sy deur ‘n voertuig getref is. Die voertuig het omstreeks 02:10 haar getref en toe weggejaag van toneel. ‘n Stuk van ‘n nommerplaat is op die toneel opgetel. Indien daar iemand is wat weet wie die slagoffer is, kan hulle s/a.o. Mostert skakel by (023) 316-8500. Brand by woonstel Drie kinders is verlede Vrydag omstreeks 20:30 beseer nadat ‘n brand in ‘n woonstel ontstaan het terwyl hulle alleen in die woonstel agter Fiesta drankwinkel gebly het. ‘n Somaliese kind van 18 maande is ernstig beseer en met 45% tweede en derde graadse brandwonde in die Rooi Kruis hospitaal in Kaapstad opgeneem. ‘n Man het die geskreeu gehoor en die deur oopgebreek en die kinders gered. Slegs die voorste vertrek het gebrand maar die oorsprong van die brand is nog onbekend. Die voorval is nie by die polisie aangemeld nie. Moord help oplos Die Ceres polisie vra die gemeenskap se hulp om ‘n ou moordsaak te help oplos. Inga Methusi van Swartbooistraat, Nduli, is op 9 September 2020 dood nadat hy deur ‘n onbekende aanvaller met ‘n mes gesteek is. Hy is die betrokke dag na die Ceres provinsiale hospitaal geneem waar hy gesterf het. Indien daar iemand is wat oor enige inligting beskik, kan hulle s/sers. Hamilton skakel by (023) 316-8500.

Freedom guaranteed with Future Drive

you can drive a new car every 3 or 4 years

Voortrekkerstraat 112, CERES Skakel (023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre

TWEE Honda Fit taxis van Ceres het Saterdag 5 Maart net na 12:00 op die grondpad verby Nduli, op hul dakke beland en gerol. Die twee motors met Lesotho registrasienommers het blykbaar op die pad gejaag om passasiers te gaan oplaai op plase daar naby. Beide bestuurders het bors- en skouerbeserings opgedoen en een passasier is lig beseer.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, March 11, 2022

STEERS en Debonairs Ceres het nou ‘n nuwe kragopwekker geïnstalleer. Kliënte kan nou tydens beurtkrag die twee kitskoswinkels besoek.

‘n Besigheidskonsultasie en rekenmeestersfirma, benodig dringend die dienste van ‘n REKENMEESTER vir hulle nuwe kantore te Ceres wat so spoedig as moontlik diens kan aanvaar. Die ideale kandidaat vir hierdie betrekking sal ‘n dinamiese persoon wees wat onafhanklik kan funksioneer, wat hardwerkend is, lus is vir ‘n uitdaging, bereid is om te leer en rustig sowel as geduldig van geaardheid is. Verder moet die persoon die vermoë hê om onder druk te werk met veelvoudige kliënte en moet dus hul tyd goed kan bestuur. Die kandidaat moet ten minste aan die volgende vereistes voldoen: • Boekhouding tot en met Proefbalans • BTW en LBS rekonsiliasies • Salarisadministrasie • Ondervinding met Pastel, Xero, VIP, Micro-soft Word, Excel en Outlook • Eie vervoer met ‘n geldige rybewys. Aansoeke met ‘n B.Com-/B.Rekkwalifikasie en voltooide klerkskap sal voorkeur geniet. Ons bied: Markverwante vergoeding en aangename werksomstandighede. Rig alle aansoeke en navrae vertroulik aan: hbbca@protonmail.com Aansoeke sluit: 20 Maart 2022, met indienstreding so spoedig moontlik.

AGRIMARK Ceres het verlede Vrydag 4 Maart hul nuwe winkel geopen. Die winkel is die afgelope vier en ‘n half maande oorgedoen vir ‘n nuwe koopervaring vir kliënte. Besoek gerus die tak in Retiefstraat, Ceres. Die opening is waargeneem deur Sean Walsh, besturende direkteur van Kaap Agri. Hier is hy saam met André Dumas (Ceres Agrimark takbestuurder) en personeel van Agrimark.

Montrouge kies nuwe prefekte MONTROUGE primêr het hul leiers vir 2022 aangewys. By die leerders is Lara Biggs le Roux (koördineerder) en die skoolhoof, mnr. J. L. Andrews.

PAKLYNBESTUURDER - VRUGTE

PACKLINE MANAGER - FRUIT

‘n Vakature het ontstaan by Doornkraal Agri se pakstoor vir ‘n toegewyde, gemotiveerde en gekwalifiseerde persoon om dienste te lewer as Paklynbestuurder. Die aangewese kandidaat sal ook beskik oor uitstekende tegniese- en probleemoplossingsvaardighede. Die posbekleër sal aan die Pakhuisbestuurder rapporteer.

A vacancy has arisen at Doornkraal Agri’s Packhouse for a dedicated and qualified person to provide services as a Packline Manager. The designated candidate will have excellent technical- and problem solving skills. The incumbent will report to the Packhouse Manager.

Noodsaaklike pligte: • Bestuur van twee paklyne Lynbalansering, produktiwiteit, kwaliteitsbeheer en personeel • Verantwoordelik vir bestel van pakmateriaal • Verantwoordelik vir daaglikse kalibrasies van paklyne en opstel van pakprogramme • Interne opleiding van personeel - verpakking en kwaliteit • Verseker dat pakstoor voldoen aan BRC/HACCP regulasies.

Duties: • Management of two packlines - Line balancing, productivity, quality control and personnel • Responsible for ordering of packaging material • Responsible for daily calibration of packlines and setting up of packing pro-grams • Internal training of staff - packaging and quality • Ensure that the packhouse complies with BRC/HACCP regulations.

Vereistes: • Matriek • Toepaslike Tersiêre kwalifikasie • Minimum 5 jaar ondervinding in soortgelyke agtergrond • Uitstekende rekord van bestuur van mense • Kennis van Vitrax-stelsel en Optiese sortering sal u aansoek versterk.

Requirements: • Matric • Relevant Tersiary qualification • Minimum 5 years’ experience in similar background • Must have an excellent record with managing people • Knowledge of Vitrax-System and Optical Sorting will strengthen your application

Sluitingsdatum: 25 Maart 2022

Closing date: 25 March 2022

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik CV kan gerig word aan: hr@dkagri.co.za Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Commencement date: As soon as possible CV can be directed to: hr@dkagri.co.za If you receive no response within two weeks of the closing date, please accept that your application was unsuccessful.


WITZENBERG HERALD

Friday, March 11, 2022

Polisie lê beslag op mandrax pille POLISIELEDE van Tulbagh SAPD was Dinsdag 1 Maart besig met sigbare patrollies op die R44 toe die misdaadvoorkomingspan ‘n verdagte voertuig opmerk. Die voertuig is gestop en deursoek. Die polisie het ‘n klomp mandrax tablette in die voertuig gekry. ‘n 35-Jarige Nigeriese man, Emmanuel Ehirim, was in besit betrap met meer as 505 boss mandrax tablette met ‘n straatwaarde van ongeveer R25 000. Hy het op Donderdag 3 Maart in die Tulbagh landdroshof verskyn. Onwettige bedrywighede Tulbagh polisielede het drie weke gelede toegeslaan op ‘n onwettige skrootyster handelaar op Gouda. D-skof-lede onderleiding van sers. Desmond Davids van Tulbagh SAPD, het op 16 Februarie lasbrief-visinterings gedoen vir dwelms en vermoedelike gesteelde goedere toe hulle op ‘n perseel afkom met ‘n groot hoeveelheid skrootyster, kopermetale en koperkabels. Tydens die deursoeking is Rhodney Valentyn (48) gearresteer vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die gewig van die skrootyster was meer as 3.3 ton met ‘n geskatte straatwaarde van tussen R300 000 en R500 000. Met die polisie se verdere deursoeking by twee wonings, is daar ook beslag gelê op koperdrade,kabels en penne. Twee verdagtes, Railton Janeston (40) en Steven Valentine (35), is gearresteer weens die besit van vemoedelik gesteelde eiendom. Waarskuwing Tulbagh SAPD wil die Witzenberg gemeenskap versoek om nie gesteelde items te koop nie aangesien hulle vervolg kan word. Die aankoop van gesteelde eiendom en koperkabels, is kommerwekkend en aan die toeneem in die Tulbagh/Gouda-area. Daar is steeds mense wat dit weet dat dit onwettig is om gesteelde goedere by mense aan te koop, maar dit steeds doen.

TULBAGH polisielede het drie weke gelede toegeslaan op ‘n onwettige skrootyster handelaar op Gouda.

3

POLISIELEDE van Tulbagh SAPD was Dinsdag 1 Maart besig met sigbare patrollies op die R44 toe die misdaadvoorkomingspan ‘n verdagte voertuig opmerk.

IN 2019 het Laerskool Gericke hul eerste Foods of the World fees aangebied. Besoekers kon ‘n fees van disse en musiek uit 8 verskillende lande soos Frankryk, Italië en ons eie land, Suid-Afrika geniet. Covid-19 het egter die skool die laaste twee jaar verhoed om die feesgeleentheid aan te bied. Laerskool Gericke sal op 23 Maart weer slaggereed wees met ‘n kaleidoskoop van kleure en geure wanneer hulle hul tweede Foods of the World fees aanbied. Die waterspeelpark sal van vroegmiddag vir die kinders oop wees en vanaf 18:00 sal die heerlikste disse voorgesit word terwyl die oud-Ceresiet, Michael Lindt, die gaste vermaak met musiek. Gericke ouers is reeds besig om voorbereidings te tref om van hierdie fees ‘n reuse sukses te maak. Kaartjies is nou te koop by Laerskool Gericke se kantoor. Vir meer inligting skakel die skool by (023) 312-1110.

Tannie Baby vier mylpaal TANNIE Anna Maria Schoeman van Huis Disa op Tulbagh, het Woensdag 9 Maart 102 jaar oud geword. Tannie Baby gebruik geen bloedruk- of waterpil nie en geniet nog goeie gesondheid. Baie geluk met die besonderse mylpaal.

21 April 2022 - 18:30 vir 19:00 Kaartjies: R180 p/p Sluit ligte ete in Bring eie wyn - glase sal voorsien word Kaartjies beskikbaar by Kerkkantoor (023) 313-3694 of skakel Alma Goosen 083-443-0881


4

WITZENBERG HERALD

Friday, March 11, 2022

Personeel vereer vir hul bydrae tot 80 000 inentings DIE diensbaarheid van personeel en puik ondersteuning deur rolspelers soos KaapAgri, het verseker dat nou meer as 80 000 COVID-19-inentings in die Witzenbergstreek toegedien is. Dít slegs etlike maande nadat gesondheidswerkers begin het met uitreike na die breë publiek, sê sr. Madelein Bauer, wie die uitrol van die entstof in die Witzenberg lei. “Op ’n tyd was die druk baie. Ons fone het onophoudelik gelui soos mense navraag gedoen het oor geleenthede vir inentings. Wanneer ons die program saamgestel het, was ek bekommerd dat julle (die personeel) nie sal kans sien daarvoor nie, maar dan het personeel van ander afdelings hulp aangebied én toe ons uitgereik het na Kaap-Agri, was hulle meer as bereid om te help,” het Bauer gesê. Kaap-Agri het vier administratiewe beamptes en twee verpleegkundiges tydelik in diens geneem sodat ’n mobiele inentingsfasiliteit in die streek ontplooi kon word. Kaap-Agri se plaaslike Agrimark-tak het die projek gekoördineer. “Agrimark neem sy rol in die gemeenskap

ernstig op en wou die entstofprogram ondersteun en struikelblokke soos lang werksure en ’n tekort aan vervoer en inentingspunte uit die weg ruim vir die talle werkers by plase en pakhuise. Hierdie was ’n geleentheid om ’n groot hoeveelheid mense te bereik in areas wat andersins baie moeilik toegang tot die entstof sou hê. Die terugvoer wat ons vanaf die werkers ontvang het, was baie positief. Ons is dankbaar vir die geleentheid om saam met die regeringsinstansies te werk om ’n verskil in Witzenbergstreek te maak en is hoogs tevrede met die mobiele-eenheid se sukses,” sê André Dumas, bestuurder van Agrimark Ceres. Buiten inentings/versterkingsdosisse wat weekliks by klinieke en Ceres provinsiale hospitaal beskikbaar is, kon administratiewe beamptes en verpleegkundiges die entstof neem na 185 plase (waar 30 175 entstowwe toegedien is) asook 70 pakhuise (waartydens 3 682 entstowwe toegedien is). Die grootste hoeveelheid entstowwe wat in een dag op ‘n plaas toegedien is, is 502, terwyl die grootste totaal entstowwe wat op ‘n gegewe dag toegedien is, 1 425 was.

“Die produsente was baie betrokke,” sê Bauer. “Ons is baie dankbaar dat hulle hul personeel tyd afgegee het om ingeënt te kon word. Met hulle hulp kon ons vooraf ‘n skedule opstel om die beste gebruik te maak van die tydgleuf wat ons op ‘n plaas is.” Die administratiewe personeel en ver-pleegkundiges van Wes-Kaap departement van gesondheid en Kaap-Agri is tydens ‘n informele geleentheid bedank vir hul harde werk. “Mense weet nie altyd wie die personeel op grondvlak is wat die werk doen nie. Ons gee graag aan julle en Kaap-Agri die er-kenning!” het dr. Elton Titus, mediese bestuurder van WesKaap Gesondheid in die Wit-zenberg gesê tydens die geleentheid. Die verskil wat die entstof kan maak, was veral duidelik in die vierde vlaag van die pandemie. 85% van mense wie in Januarie 2022 gehospitaliseer is by Ceres provinsiale hos-pitaal en gesterf het weens COVID-19, was nié teen die virus ingeënt nie. Hoewel die tydelike kontrakte wat KaapAgri aangegaan het met personeel om deel te wees van die uitreike om die entstof toe te dien, op 28 Februarie tot ‘n einde gekom het,

kan inwoners steeds hul inenting/versterkingsdosis by die klinieke of hospitaal kry. Plaaslike statistieke Dinsdag 8 Maart was die 711de dag van inperking in Suid-Afrika. Sedert die begin van die pandemie is 9218 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8795 herstel het. Positiewe gevalle het die af-gelope week van 9 na 12 gestyg. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2161 gevolg deur Bella Vista met 1376, Wolseley met 1196, P.A. Hamlet met 1238, Tulbagh met 1127, Nduli met 613 en Koue Bokkeveld plase met 740. Vier honderd en elf (411) mense het die afgelope twee jaar sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes staan tans op 82 gevolg deur Wolseley met 67, Bella Vista met 60, Tulbagh met 52, P.A. Hamlet met 50, Nduli met 34 en Koue Bokkeveld plase met 30. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 721 (7 Maart). Daar is al 661 615 positiewe gevalle aangemeld en 633 974 het al herstel.

CALL FOR PROPOSALS: SKOONVLEI MUNICIPAL SMALL BUSINESS HUB RENTAL UNITS

Witzenberg Municipality developed a small business centre in the Skoonvlei Industrial area, Bella Vista in Ceres, on the c/o Forel and Bank Street. Two units are currently vacant, namely the tuck shop/catering unit and an office/light industrial unit. These units comprise of a converted container with insolation, ablution, a washbasin, aircon and burglar bars. The tuck shop/catering unit has an additional serving hatch and a shelve. The size of both units is about 3m x 6m. There is fencing around the perimeter and paved parking space. THIS IS A CALL TO SMALL BUSINESSES TO APPLY FOR THESE RENTAL UNITS. Criteria: • Only emerging Small Medium and Micro Enterprises (SMME’s) are eligible to apply • Business units will not be eligible for the selling of liquor • The electricity supply size for the single units is 60A and declared volt is 230 Volts (single phase); Prepaid meters is installed with Municipal ruling rates applicable • Applicants must not be in arrears with their municipal account and have a valid tax clearance certificate • Only residents of Witzenberg Municipal area will be allowed to apply • The trader/business owner must be in possession of a valid South African identification document • Only one business unit will be issued per business owner and only one business unit will be issued per household • Applicants who have successfully operated as a SMME in the past 12 months and who is currently operational will get preference • Previous participation in Witzenberg Local Economic Development business capacity building programmes would be advantageous • Preference will be given to applicants who are selling South African products or are self-producing the stock or service Application process: • The application process is in conjunction with the Policy for the Management of business property for local economic development purposes, with its aim of capacitating previous disadvantaged communities • Application forms for applicants will be available at all Municipal Offices, all municipal libraries and the official website: www.witzenberg.gov.za (Application form for Municipal property) • The prescribed form must be completed and handed in together with the supporting documents in a clearly marked, sealed envelope, ONLY at the Archives Division in Ceres (Municipal Head Office); or submitted via e-mail: admin@witzenberg.gov.za • Clearly indicate on the application form that application is made for the Skoonvlei Municipal Business Hub and for which unit: office/light industrial unit or tuck shop/catering unit. • Applicants whose application forms and business plan meet the criteria will be shortlisted • Shortlisted applicants may be invited for an interview to present their application and sustainability of their business • The interview panel will draft a recommendation to the Committee for Local Economic development • The Committee for Local Economic Development will review the recommendations & forward the final applicants’ names to Witzenberg Council for approval • Successful applicants will be informed about the outcomes of their applications and requested to pay the rental fee after signing of the lease agreements • The business units will be rented to small businesses, in terms of the signed lease agreement, for a period of 12 months, renewable on absolute discretion of Council. • Witzenberg Council will determine the rental rates (not market related) APPLICATIONS CLOSE: 15 MARCH 2022 AT 16:00 For queries: riaan@witzenberg.gov.za or rachel@witzenberg.gov.za or call (023) 316-1854

WES-KAAP departement van gesondheid bedank Kaap-Agri wat vier administratiewe beamptes en twee verpleegkundiges tydelik in diens geneem het sodat ’n mobiele inentingsfasiliteit in die Witzenbergstreek ontplooi kon word. Kaap-Agri se plaaslike Agrimarktak het die projek gekoördineer.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom / Property

Ligging / Location

Portion 7 Ceres Karoo of The Farm De Bosch No. 29, Ceres

Aansoeker / Applicant

Aard / Nature

Verwysing / Reference

Sluitingsdatum / Closure date

Rudolph Haasbroek (064 725 3386)

Application for consent use for the purpose of tourist facilities and bar

15/4/2/ 341

30 Dae vanaf dag van plasing in die koerant 30 Days from date of publication in newspaper

Vergunningsgebruik vir die doeleindes van toerismefasiliteite en ‘n kroeg


WITZENBERG HERALD

5

Friday, March 11, 2022

SAPD soek na dié man

Forum vergader met munisipaliteit

HAMLET Forum het op 1 Maart met die Witzenberg munisipaliteit se bestuurspan en raadslede vergader oor sake wat P.A. Hamlet inwoners raak. Daar is gepoog om probleme aan te spreek en vir oplossings te soek. Die gesprek het baie positief verloop en almal het hul verbind tot goeie samewerking. AGTER: Johan Swanepoel, Joseph Barnard (direkteur tegniese dienste), Adrian Wolfwaardt (HF), Wilna du Plessis (HF), ds.Jan Grobbelaar (HF), rdl. Dirk Swart, rdl. Ronald Visagie en Tony Duckworth (HF). VOOR: Marlene van Zyl (HF), Alma Goosen (HF), Monwabisi Mpeluza (direkteur koöperatiewe dienste), Jacobus de Wee (HF), Thérèse Erasmus (HF), David Nasson (munisipale bestuurder) en Danie Goosen (HF).

HAMLET Forum het op 1 Maart met die Witzenberg munisipaliteit se bestuurspan en raadslede vergader oor sake wat P.A. Hamlet inwoners raak. Daar is gepoog om probleme aan te spreek en vir oplossings te soek. Die gesprek het baie positief verloop en almal het hul verbind tot goeie samewerking. Hamlet Forum is ‘n vrywillige komitee wat saamgestel is uit lede, vanuit die breër gemeenskap, wat ten doel het om P. A. Hamlet ‘n skoon, netjiese en effektief-funksionerende dorp te maak. “Ons wil dienste in ons gemeenskap koördineer en help lewer. Die forum wil help om die hele gemeenskap van P.A. Hamlet by te staan deur ‘n veilige omgewing te help vestig waarop ons almal kan trots wees en as ‘n spreukbuis optree vir elke inwoner m.b.t. die Witzenberg munisipaliteit en Ceres Besigheidsinisiatief (CBI), sodat sake wat die gemeenskap raak, aangespreek en uitgevoer kan word”. “Kom ons help mekaar om van P.A. Hamlet ‘n plek te maak, waarop almal trots kan wees, daar te woon en te werk.

DIE polisie op P.A. Hamlet is dringend opsoek na ‘n Etihiopiër van geboorte, Desta Nure Gutu. Hy word vir ondermeer klagtes van aanranding, diefstal en die gebruik van ‘n motorvoertuig sonder die eienaar se toestemming, gesoek. Hy was woonagtig op P.A. Hamlet en is die laaste keer in Nduli gesien. Enige persoon met inligting, kan s/ sers. Appollis skakel by P.A. Hamlet speurders by (023) 313-3133 of 079-8939-861.

OPENBARE DEELNAME AAN DIE OPSTELLING VAN DIE RAAD SE HERSIENE GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN EN BEGROTING 2022/2023 Hiermee word kennis gegee dat in terme van die Raad se Strategiese Prosesplan, daar nou begin sal word met ‘n rondte van openbare deelname-interaksies ten einde die insette van die gemeenskap saam te stel ten opsigte van die Hersiening van GOP en Begroting 2022/2023. As gevolg van die gesondheids- en veiligheidsbekommernisse van die COVID-19 pandemie, word lede van die gemeenskap versoek om, waar moontlik, aan die verskillende platforms van interaksie deel te neem. 1. 2. 3. DIE leerders van Laerskool F.D. Conradie het onlangs aan die Swellendam Skou deelgeneem en puik gevaar. Die leerders het plekke behaal in hul onderskeie klasse nl: junior-junior en junior boerbok, angora en melkbok. AGTER: René Steyn, Mia de Bod, Cecilia Conradie, Githe van Dyk en Heinz Rautenbach. VOOR: Olivia Swart, Marle Erasmus en Chadwick Vergotine.

E-pos insette na: idp@witzenberg.gov.za Vraelyste kan by GOP-invoerbokse by: alle Munisipale Kantore ingedien word. Faks insette na GOP faks: 086-505-4550

Lede van die publiek word hartlik uitgenooi en sterk aangemoedig om met die Raad en Amptenare te vergader om gesamentlik vir ons toekoms te beplan. Die vergaderings sal soos volg plaasvind: PLEK

AREA

DATUM

TYD

Ceres Stadsaal

Ceres

14 Maart 2022

12:00 - 14:00

Bella Vista Gemeenskapsaal

Bella Vista

14 Maart 2022

16:00 - 18:00

Montana Gemeenskapsaal

Wolseley

15 Maart 2022

12:00 - 14:00

Witzenville Gemeenskapsaal

Tulbagh

15 Maart 2022

16:00 - 18:00

P.A. Hamlet Stadsaal

P.A. Hamlet

16 Maart 2022

12:00 - 14:00

Nyukintaba Gemeenskapsaal

Op-die-Berg

16 Maart 2022

16:00 - 18:00

Nduli Gemeenskapsaal

Nduli

17 Maart 2022

16:00 - 18:00

PUBLIC PARTICIPATION IN DRAFTING OF COUNCIL’S REVIEWED INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN AND BUDGET 2022/2023 Notice is hereby given that in terms of Council’s Strategic Process Plan, there will now be embarked upon a round of public participation interactions in order to assemble the inputs from the community in respect of the Review 2022/2023 IDP and Budget. DRIE atlete van Laerskool FD Conradie, Daniël van Deventer, Ashton Vermeulen en Elizabeth Goosen, het die naweek aan die Boland atletiekbyeenkoms deelgeneem. Al drie is in die Bolandspan opgeneem. Ashton Vermeulen (middel) het uitstekend gevaar en is die Boland kampioen in vier items nl: verspring, 80 meter hekies, 100 meter en 200 meter. Die drie atlete gaan die naweek aan die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms deelneem.

LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a cer tified copy of Deed of Transfer No T51207/1995 passed by WOLSELEY MUNICIPALITY in favour of MIETJIE KERRS, Id. No. 6007220166085, Unmarried, and further endorsed in terms of Section 40 of Act 66 of 1965 in respect of certain Erf 913 Wolseley, in the Witzenberg Municipality, Division Tulbagh, Western Cape Province, which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks from the date of the publication notice. Dated at Bellville this 3rd of March 2022 APPLICANT: MHI ATTORNEYS Ref: Mariska/S2054 E-mail address: mariska@mhilaw.co.za Contact number: (021) 910-8421

Due to the health and safety concerns of the COVID-19 pandemic, members of the community are requested, where possible to partake in the different platforms of interaction. 1. E-mail inputs to: idp@witzenberg.gov.za 2. Drop-off questionaires at: IDP Input boxes at all Municipal Offices 3. Fax inputs to IDF fax: 086-505-4550 Members of the public are cordially invited and strongly encouraged to meet with Council and Officialdom in order to plan collectively for our future. Open day schedule: Venues

Area

Date

Time

Ceres Town Hall

Ceres

14 March 2022

12:00 - 14:00

Bella Vista Community Hall

Bella Vista

14 March 2022

16:00 - 18:00

Montana Community Hall

Wolseley

15 March 2022

12:00 - 14:00

Witzenville Community Hall

Tulbagh

15 March 2022

16:00 - 18:00

P.A. Hamlet Town Hall

P.A. Hamlet

16 March 2022

12:00 - 14:00

Nyukintaba Community Hall

Op-die-Berg

16 March 2022

16:00 - 18:00

Nduli Community Hall

Nduli

17 March 2022

16:00 - 18:00

DAVID NASSON MUNICIPAL MANAGER MUNISIPALE BESTUURDER VERWYSINGSNOMMER: 02/02/1 REFERENCE NUMBER: 02/02/1


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Boland Roll on Lawn Frans Snyders 1950/05/18 - 2022/03/07

Roudiens: Do. 10/03/2022, om 19:00, St. Jamestr 5, Ceres

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Privaat begrafnis Sat. 12 Maart 2022

Huis: 10:00, St. Jamesstr. 5, Ceres Kerk: 11:00, VGK Ceres Graf: Ceres

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

Frans Snyders 1950/05/18 2022/03/07

Nenetta Estel Sampson (Antie Stella)

Ons innige simpatie en sterkte word toegewens aan die gesin en breë familie van oom Frans.

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Young Good Hope Rugby club

Roudiens: Do. 10/03/2022 om 19:00, Klaradynstraat 795, BV

• Was, droog en stryk teen billike pryse • Besighede is welkom vir kwotasies

Privaat begrafnis: Sat. 12 Maart 2022 Huis: 12:00, Klaradynstr. 795, Bella Vista Kerk: 13:00, Pastoor Manuel se Kerk, BV Graf: Bella Vista

nuusbrokkies Peres & Williams Transport

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476 Motorhuisdeure. Skakel ons vir die verkope, herstelwerk en “automation” van motorhuisdeure. Skakel Derick by 082-8044550 vir enige verdere navrae. rek S15 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Sekretariële pos (Vroulik) Vereistes: • Rekenaarvaardig • Goeie mense-

verhoudinge

• Graad 12 • Ondervinding sal tot

u voordeel wees • Beskik oor bestuurderslisensie • Hardwerkend, goeie gesondheid • Betroubaar en sober gewoontes • Handvaardig en moet as deel van ‘n span kan werk

CV met kwalifikasies, ID en rybewys kan gestuur word na: pwtransport.ceres@gmail.com Sluitingsdatum: 18 Maart 2022

Boorman Assistent Stamper bore (Wolseley)

Landswye Meubelvervoer. Ons doen gereelde vragte na en vanaf Gauteng. Deelvragte is ook beskikbaar. Ons is persoonlik betrokke by elke verhuising. Ons help met die verpakking van u breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal beskikbaar. Veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Skakel (023) 3474092 of stuur 'n faks na: (023) 342-8629 of besoek www.trek stoor.co.za Skakel Farrel vir enige navrae en kwotasies. rek M44 w.t.o

Op soek na ‘n hardwerkende persoon. Moet beskik oor geldige bestuurderslisensie, eie vervoer indien moontlik. Vir verdere navrae:

Skakel Pierre by 083-663-3980 of (023) 231-1677

MOOI Uitsig primêr bied op Saterdag 12 Maart hul kaskar- en toutrekkompetisie aan op die skoolterrein. Die verrigtinge begin om 08:00 en toegang beloop R20 vir volwassenes en R10 vir leerders. Enige navrae kan aan die skool gerig word by (023) 315-0485 of 060-340-4097. WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. CERES Netbalklub het weer met oefeninge op Dinsdae en Donderdae begin. Begintyd is vanaf 17:00 - 17:30 op Gericke netbalbane. DIE Togryers museum op Ceres is tans besig met die beplanning van ‘n splinternuwe permanente gemeenskapsuitstalling vir 2022/23. Die klem val op besighede van ouds tot en met die tagtiger jare. Besighede op Ceres, Bella Vista, Morrisdale, Rooikamp, Rietvlei en Nduli, word ingesluit by die uitstalling. Vir meer inligting skakel die museum by (023) 312-2045.

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/ social media, as they are too small.

RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter 4 Females. Born 6 October 2021

PLANT AND TOOL HIRE

Whatsapp of skakel 082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

1956/11/23 - 2022/03/06

Friday, March 11, 2022

Ons voldoen aan u versoek

Lily

Snowy

Jessie

Gina

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK. OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP

Nenetta Estel Sampson (Antie Stella) Chantill Annifred Suzette Abrahams

Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg.

Kandidate wie voldoen aan die onderstaande minimum vereistes word uitgenooi om aansoek te doen vir die onderstaande vakature: “64 Years of the world being graced by your presence” Vir beter kon ons nie vra nie.

Van jou geliefde eggenoot Basie, al jou kinders, kleinkinders en agterkleinkinders

Joerie Josef

1980/03/10 - 2021/09/01 Vandag vier jy jou Hemelse verjaarsdag. Ons verlang vreeslik baie, net die gedagte dat jy vir ewig weg is, is so seer. Ek maak jou spesiale tert (maaskaas) en dink net aan jou. Jy is nou saam met Jesus en die Engele. Van Daddy, Mammie, Nadia, Denver, Archie en al die kinders

Anna Bosman 1947/03/12 2021/01/25

1968/09/01 - 2022/03/01

Privaat begrafnis: So. 13 Maart 2022

Huis: 09:00, Herthalaan 11, PA Hamlet Graf: 11:00, Bella Vista Psalm 23 “Na waters waar rus is.”

Dit sou vandag Mammie se 75ste verjaarsdag gewees het en ook Mammie se 2de verjaarsdag sonder ons. 1 Jaar en 46 dae maar vir ons voel dit nog so onwerklik maar ons weet wat God gedoen het is welgedaan. Alhoewel ons dit anders wou hê gun ons jou ‘n Hemelse verjaarsdag Van Noi, Grieta, Gallie, Boeta, Sussie, Ghoena, Boy en al jou kleinkinders

ASSISTENT FAKTOTUM: VOERTUIGWERKSWINKEL (SPUITVERFWERK) Kwalifikasies: • Minimum Graad 12 (Std. 10) Vaardighede: • Spuitverf ondervinding • Oor algemene meganiese insig en aanleg beskik • Handvaardig wees • Werksgeoriënteerd wees • Selfgedissiplineerd wees en moet kan onafhanklik funksioneer • Oor goeie kommunikasievaardighede beskik. Verantwoordelikhede: • Spuitverf • Handhawing van goeie huishouding • Hulpverlening aan ambagspersoneel • Was / Skoonmaak van voertuie en onderdele • Kennis dra van veilige werkspraktyke • Onder toesig roetine ambagstake verrig soos toegedeel • Algemene jaarlikse herstelwerk aan voertuie. Ander vereistes: • Ondervinding in spuitverf • Bereidwilligheid om ‘n proeftydperk van 6 maande te werk en om ‘n vaardigheidstoets af te lê • Absolute betroubaarheid. Aansoeke kan gerig word aan: hr@cfg.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: Voor of op Vrydag 18 Maart 2022. INDIEN U BINNE 2 WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM GEEN TERUGVOER ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS. In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.

Willie & Lilly Brother (white feet) & sister (brown feet). Born 21 November 2021 All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Includes a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply

Kittens Bert & Mousse

Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za

Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram


WITZENBERG HERALD

7

Friday, March 11, 2022

PAARDEKLOOF primêr wil die skool se borge bedank wat dit moontlik gemaak het dat sewe atlete verlede naweek aan die Boland atletiekbyeenkoms kon gaan deelneem. Dankie aan Laerskool Gericke vir die beskikbaar stel van hul sportveld, Hilton Seroot vir sy hulp met die ekstra afgrigting van die atlete en Witzenberg munisipaliteit vir die vervoer van die atlete asook al die borge wat finansiële bydraes gegee het. Dankie ook aan St. Marks primêr, wat hulle hoogspringmat vir twee weke aan die skool geleen het. Paardekloof is baie trots op al die atlete en is opreg dankbaar vir al die hulp en ondersteuning wat hulle kry.* Twee atlete van Paardekloof primêr, het op 5 Maart goed presteer by die Boland atletiekbyeenkoms en gaan die Bolandspan verteenwoordig wat op 12 Maart aan die Wes-Kaap byeenkoms in die Paarl gaan deelneem. VLNR: Stephanie Snyers (o/10 meisies hoogspring), Henri-Jonn Lintnaar (afrigter) en Jaylin Minnaar (o/11 seuns 1200 meter).

ATLETE van Agter-Witzenberg primêr het Saterdag 5 Maart aan die Boland atletiekkampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Beide atlete het in die o/10 ouderdomsgroep deelgeneem en goed gevaar. VLNR: Die skoolhoof, mnr. M.J. Davids, Rosmary van der Merwe (vyfde plek meisies o/10, 80 meter), Ritanio Gordon (vyfde plek seuns o/10, 1200 meter) en die spanbestuurder, mnr. H. Saville.

FRANS Snyders (71), ‘n bekende rietdekker en inwoner van die Witzenbergstreek, is Maandag 7 Maart na ‘n lang siekbed in die Worcester provinsiale hospitaal oorlede. Snyders is in die Koue Bokkeveld gebore en het jare by Murray en Roberts as ambagsman gewerk voordat hy hom as rietdekker by oom Japie Mepomie aangesluit het. Na sy skoonpa se dood, het hy sy eie besigheid, Snyders Rietdekkers, begin wat na sy aftrede deur sy seun oorgeneem is. Frans was ook ‘n goeie sportman wat vir Boland SARU rugby gespeel het, hy was ‘n bestuurslid, voorsitter en president van Young Good Hopes RVK asook ‘n lid van die VGK kerkkoor en die kerkraad. *Die begrafnisdiens vind Saterdag 12 Maart om 11:00 plaas vanuit die Ceres VGK.

KENNISGEWING In die boedel van wyle: HELMUT STIEDL Id. no. 400207 5434 185 Van: Van Riebeeckstraat 14, Prince Alfred Hamlet Boedelnommer: 015972/2021 Wie oorlede is op: 18 Junie 2021 Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf VRYDAG 11 MAART 2022. DRIE atlete van Morrisdale primêr is opgeneem in die Boland atletiekspan wat op 12 Maart aan die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe in die Paarl gaan deelneem. VLNR: Ryno Farmer (spanbestuurder), Emileo Sauls (seuns o/13 1500 meter), Alvina Persens (meisies o/13 gewigstoot), Lorenzo Vergotine (seuns o/12 1200 meter) en James Adams (afrigter).

JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: LC/JC0065/LM)

KENNISGEWING In die boedel van wyle: AUDREY MADELENE WILLIAMS Id. no. 680127 0253 086 Van: Wilgerlaan 12, Tulbagh, 6820 Boedelnommer: 012220/2020 Wie oorlede is op: 8 Julie 2020 Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf VRYDAG 11 MAART 2022.

JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: LC/J7240/LM)

ONTVANGS- EN ADMINISTRATIEWE BEAMPTE SLEUTELPRESTASIE-AREAS: • Ontvangs (skakelbord, korrespondensie, bestellings, drukwerk koördineer met hoofkantoor) • Ondersteuning aan Algemene Bestuurder en Produksie afdeling (kwotasies, bestellings, invoer van oesinligting, invoer van inligting chemie/bemesting program, voorraad en verslae) • Finansiële administrasie (Debiteure en Krediteure administrasie en koördinering, Eskom en dieselrekords) • Loon administrasie • Personeel administrasie • Globalgap en SIZA oudits in samewerking met Hoofkantoor • Gesondheid- en Veiligheidkomitee • Werkerskomitee VEREISTES: • Tenminste 3 jaar ervaring in ‘n soortgelyke posisie. • Uitstekende rekenaarvaardighede. • Werkende kennis van TMS en MB4000 sal u aansoek versterk. • Moet goed onder druk kan funksioneer en organiseerd werk. • Uitstekende menseverhoudinge en kommunikasievaardighede. • Moet eie vervoer hê. JURICA Vergotine (regs), ‘n karatestudent van renshi Andries Douglas, is onlangs gekies vir die nasionale Kiyobukan-span wat binnekort gaan toer. Sy word ook deur renshi Andries geborg met ‘n karatepak. Sy neem weekliks deel aan die dissiplineprogram by El Cuesta Farming. Indien iemand belangstel in die dissiplineprogram kan hulle 083-376-8989 skakel of ‘n epos stuur na renshi@ adkarate.co.za

Ons kliënt, ARBORLANE ESTATES, het ‘n geleentheid beskikbaar vir ‘n energieke en dinamiese Ontvangs- en Administratiewe Beampte op hul plaas, Panorama, geleë 10km buite TULBAGH op die Winterhoekpad.

Aansoeke (insluitende CV’s en salarisverwagtings) kan gestuur word na: info@thehrdepartment.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Maart 2022 SLEGS KORTLYS KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD.

Werwingsprosedures voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, Nr. 4 van 2013


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, March 11, 2022

Witzenberg Herald

Leroux Ferreira weer die klubkampioen

VIER en twintig tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs meegeding teen Laerskool Robertson. Die skool het die tennistoer gereël en teen Laerskool Koue Bokkeveld kom speel. * Dankie aan die borge wat hierdie wedstryde moontlik gemaak het: De Keur landgoed, Môrester landgoed en Dutoit Agri.

DELICIOUS rugbyklub het die naweek ‘n vriendskaplike wedstryd teen Moorreesburg gespeel. Delicious wen 26-17. Hier dryf Delicious se slot, Hershall Cupido, met die bal. FOTO: Trevor Felix

DIE jaarlikse Ceres klubkampioenskappe het Saterdag en Sondag 5-6 Maart by Ceres gholfklub plaasgevind. Die 2022 klubkampioenskappe is vir die eerste keer in ‘n nuwe formaat aangebied en die meer as 65 deelnemers was dit eens, dat hulle die nuwe formaat baie geniet het. Die A-afdeling het Saterdag 5 Maart 36 putjies gespeel en 18 putjies op Sondag 6 Maart. Die nuwe klubkampioen is Sondag na afloop van spel, op die 18de putjie gekroon. Die B-afdeling en Cafdeling spelers het Saterdag en Sondag 18 putjies gespeel. Vrydag 4 Maart is daar vir die eerste keer ‘n pret/sosiale syfer3 kompetisie oor 6 putjies aangebied waaraan 25 spelers deelgeneem het. Daar word beplan om die kompetisie een keer ‘n maand aan te bied. Uitslae Leroux Ferreira is vir die derde agtereenvolgende jaar die Ceres klubkampioen. Hy het tellings van 64, 68 en 68 aangeteken vir ‘n telling van 200 houe (-16). Clement de Bruin was in die tweede plek met 69, 67 en 70 vir ‘n telling van 206 houe (-10) met Vincent Hewitt in die derde plek met 70,72 en 73 houe vir ‘n telling van 215 (-1). Die beste nettotelling is deur Hugo Lombard aangeteken. Die B-afdeling is deur Arno van Wyk met 169 houe (84 en 85) gewen. David Cohen was net een hou agter Arno met ‘n telling van 170 houe gevolg deur Hendry Titus in die derde plek met 173 houe. Die beste nettotelling is deur Peter Versfeld aangeteken. Die C-afdeling is deur Wincen Abrahams gewen met 68 stableford punte (37 en 31). FK van Schalkwyk was tweede met 68 punte gevolg deur Wilhelm Muller met 67 punte. Die meeste spelers het in die A-afdeling meegeding en twee juniors, het ook vanjaar deelgeneem.

LEROUX Ferreira is vir die derde agtereenvolgende jaar die Ceres klubkampioen. VLNR: Casper de Bruin (klubkaptein), Leroux Ferreira (A-afdeling wenner), Arno van Wyk (B-afdeling wenner) en Wincen Abrahams (C-afdeling wenner).

Ceres Voortrekkers Voortrekkersaal, Hugostraat Elke Dinsdagaand van 17:30 - 18:30 Anton Erwee 082-828-7370 www.voortrekkers.co.za

CHARLIE Hofmeyr se o/19 A krieketspan (foto bo) het die interskolestryd teen HS Robertson met 99 lopies gewen. Dit was die hoogtepunt van die 2021/2022 krieketseisoen waartydens die span 9 van hulle 10 wedstryde gewen het. Oorwinnings is ook behaal teen HS Swellendam, HS Porterville, HS Punt, HS Bredasdorp, HJS Paarl, HS Swartland, HS Labori en HS DeVilliers Graaff. Die Charlie Hofmeyr o/15 A krieketspan (foto onder) het hul interskole-kragmeting teen HS Robertson met 80 lopies gewen. Die span het die afgelope seisoen ook oorwinnings behaal oor HS Porterville, HS Piketberg, HS De Villiers Graaff en HS Swartland.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.