Witzenberg Herald Vol.24 no. 10 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 10

R7.50

Friday, March 19, 2021

CERES (023) 312-2144

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 Maart

Vrydag 19 Maart

15° 24°

13° 23°

Saterdag 20 Maart

Sondag 21 Maart

13° 24°

13° 28°

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

Ceres Koekedouw dam

76,1%

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) ☎ (023) 004-1338 or 082-335-8331 E-mail: nboshoff@mastheadfp.co.za www.mastheadfp.co.za

Lesing: 2021/03/17

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Man (18) sterf in ongeluk TWEE noodlottige ongelukke is die afgelope paar dae by die polisie aangemeld. In die een ongeluk is ‘n 29-jarige voetganger naby Daytona by Nduli opslag dood toe hy voor ‘n voertuig ingehardloop het. Volgens ‘n polisiewoordvoerder het die voorval Maandag 15 Maart omstreeks 19:00 plaasgevind. Die oorledene het na bewering vroeër aartappels gesteel en is deur sekuriteitswagte van Dogs and All gejaag. Hy het vir hulle weggehardloop en voor die aankomende motor op die R46 ingehardloop. Die polisie ondersoek die voorval. Een persoon dood Dinsdag 16 Maart is ‘n 18-jarige man dood in ‘n ongeluk op die Lushofpad buite P.A. Hamlet. Die ongeluk het omstreeks 15:00 plaasgevind naby Middelposplaas toe die bestuurder beheer verloor en die Hyundai Getz gerol het. Een insittende het uitgeval en is beseer. Die polisie ondersoek die strafbare manslagsaak en sal later die name bekend maak. Skoonvlei-ongeluk Die polisie het ‘n 28-jarige bestuurder aangekla van dronkbestuur sowel as roekelose en/of nalatige bestuur na ‘n ongeluk naby Skoonvlei buite Ceres. Die bestuurder, wat eers geïdentifiseer kan word wanneer hy op 1 Desember in die Ceres landdroshof verskyn het, het beheer oor sy Opel Astra verloor en dit gerol. Niemand is ernstig beseer nie. Die ongeluk het Sondag 14 Maart omstreeks 16:50 plaasgevind terwyl die bestuurder op pad was in Bella Vista se rigting van Ceres.

DIE bestuurder van ‘n platbak Mercedes vragmotor was verlede Woensdag 10 Maart omstreeks 09:00 op pad terug na Esperanto in die Koue Bokkeveld toe hy op die nat pad beheer in ‘n draai verloor het in Gydopas. Die vragmotor het teen die pas afgetuimel en het meters verder tot stilstand gekom. ‘n Passasier is uit die kajuit geslinger. Beide mans is later met ‘n ambulans na die hospitaal geneem en kort daarna ontslaan. Die P.A. Hamlet SAPD ondersoek ‘n saak van roekelose en/of nalatige bestuur en sal name bekend maak sodra ondersoek afgehandel is.

Taxi-bestuurder doodgeskiet DIE Wes-Kaap taxi-eenheid en die Ceres polisie ondersoek Dinsdag se skietvoorval in Nduli. Die afgelope vier jaar is verskeie taxi-eienaars of taxi-bestuurders op Ceres en Tulbagh doodgeskiet. Een taxi- en buseienaar is ernstig gewond en het ‘n aanval op hom oorleef. Inligting Min inligting is tans beskikbaar nadat ‘n taxibestuurder

op 16 Maart in Nduli doodgeskiet is. Die laaste twee skietvoorvalle wat met die voortslepende taxi-geweld verband hou, was op 26 Januarie vanjaar toe ‘n taxi-eienaar van P.A. Hamlet, Lekholo Moru (33), helder oordag in Nuwekloofpas buite Tulbagh in sy voertuig doodgeskiet is en die skietvoorval op 5 Desember 2020 toe ‘n Ceres taxi-baas, Archie Tyhobeka (38), in Nduli geskiet is.

DINSDAG 16 Maart is ‘n 18-jarige man van P.A. Hamlet dood in ‘n ongeluk op die Lushofpad buite die dorp. Die ongeluk het omstreeks 15:00 plaasgevind naby Middelpos-plaas toe die bestuurder beheer verloor en die Hyundai Getz gerol het.

STOKVIS ☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91

22 99

Snowflake 2.5kg

Spekko 10kg

Rainbow 2kg 50

63

145 00

2L Jive

10 99 Crunch & Munch Biscuits ass. 99 500g / 400g

18

Willards Crinkle Cut ass. 99 125g

11

SNOEK

SNOEK SHORTAGE EXPECTED LIMITED STOCK.

Dawn lotion 400ml ass. 99

15

Fillets (p/kg) ... R 8999 Heel/ringe (p/kg) ......................... R 7599 5kg box ........... R43000

Gevlek heel (p/kg) ......................... R 6999 Stukkies (p/kg) R 7500

GEELSTERT Heel (p/kg) ...... R 6599 Stukkies (p/kg) R 7299 Fillets (p/kg) ... R 8599 Pryse geldig tot 24 Maart 2021

Pryse geldig tot 24 Maart 2021 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


2

WITZENBERG HERALD

DIE mannegroep van P.A. Hamlet het onlangs besluit om die dorp mooi te maak. ‘n Aksielys is opgestel wat onder andere die skoonmaak en mooimaak van die dorp insluit. Die groepie Gydosig inwoners het ook besluit om ‘n verskil te maak en ingespring om voor Gydosig skoon te maak. * Die mannegroep vergader elke Dinsdagoggend van 05:30 tot 06:30 by die Hamlet N.G. Kerkkantoor.

Friday, March 19, 2021

DIE gedenkteken is jare later verskuif en is vandag te sien by die Tolhuis in Michellspas. Charl du Toit en Lona Lourens is meer as 65 jaar later weer by die gedenkteken afgeneem. CHARL du Toit sr. van Ceres het die uitknipsel uit die Burger van 3 Oktober 1955 ingestuur wat sy ma destyds uitgeknip het. Die foto is geneem gedurende Ceres se Eeufeesvieringe. Twee Voortrekkers, Charl en Lona Lourens (Retief) is destyds gevra om saam by dié marmergedenkplaat, waardeur die moed en durf van die voorgeslag gehuldig word, vir ‘n foto te poseer. Dit was so 75 meter berg-op van waar die tweede uitkykpunt in Michellspas vandag is en jy nog duidelik die wa-spore op die klippe kan sien. * Jan Mostert het in 1765 op eie houtjie ‘n pad gebou waar Michellspas vandag is. Die pad is tot 1848 gebruik toe ‘n beter pad gebou is.

Gemeenskap dankbaar vir harde werk GEDURENDE Februarie en Maart 2021 het die Togryers museum ‘n gemeenskapsprojek geloods waar plaaslike gesondheidswerkers bedank is vir hul toegewyde diens in die CV-19 pandemie. Dankie-sê pakkies is versprei aan EMS personeel, kliniekwerkers en personeel van Ceres en Op-die-Berg spreekkamers. * Die Togryers museum wil graag S & S Foundation, Ceres Zipline, Erfdeel boerdery, Puma en Caltex Garage, OK Minimark, die ATKV en die gemeenskap bedank vir hul ruimhartige bydraes tot die projek.

DIE Togryers museum op Ceres beplan ‘n uitstappie na Winterberg restaurant op Saterdag 27 Maart om 09:00. Winterberg was vroeër deel van historiese Wolwekloofplaas wat destyds aan Jan Mostert behoort het. * Jan Mostert het in 1765 Mostershoekpas (Michellspas) gebou. Karien Grobler gaan ‘n historiese agtergrond oor die plaas gee en besoekers kan die ou watermeul besigtig. Bevestig jou teenwoordigheid teen 25 Maart by 076-6892885 en of jy ontbyt wil geniet.

NOTICE OF SALE IN EXECUTION

WERKTUIGKUNDIGE • Algemene meganiese onderhoud • Werkswinkel bestuur • Werkswinkel administrasie • Bestuur van personeel Kompeterende vergoedingspakket Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Maart 2021 Diensaanvaarding: 1 Mei 2021 E-pos asb. u CV na: johannes@middelpos.net Indien u geen terugvoering na 1week vanaf sluitingsdatum ontvang het nie, beskou asb. u aansoek as onsuksesvol

In the Magistrate’s Cour t for the District of CERES held at Ceres Case no.: 254/20 IN THE MATTER BETWEEN: CERES CUPBOARDS AND BOARDS (PTY) LTD Judgment Creditor and NEIL VAN NIEKERK Judgment Debtor KINDLY TAKE NOTE THAT a sale in execution of the undermentioned goods will be held on the 30th of MARCH 2021 at 39 VOORTREKKER STREET, CERES at 10:00. GOODS: 1 x Ford Bakkie CT14038 DATED at WORCESTER this 5th of March 2021. NITA BRAND ATTORNEYS Judgment Creditor’s Attorneys 58 Stockenstrom Street Worcester, 6849 (Ref. Z22622)


3

Friday, March 19, 2021

Man wat geskiet is kry nuwe hofdatum

Gesoek

WITZENBERG HERALD

DIE polisie soek na dié mans. VLNR: Axolile Komeni van Nduli word steeds deur die P.A. Hamlet SAPD gesoek. ‘n Lasbrief is vir sy inhegtenisname uitgereik weens ‘n moord in 2015. Enige persoon met inligting, kan s/sers. Appollis skakel by P.A. Hamlet SAPD by (023) 313-3133 of 079-893-9861. Mokola Filipi Mokotelie (middel) word die afgelope ses maande deur die P.A. Hamlet speurders gesoek in verband met ‘n moordsaak van 2016. Enige persoon met inligting oor die verdagte of waar hy hom nou bevind, kan s/sers. Brian Uys skakel by (023) 3133133 of 079-893-9861. Tulbagh SAPD soek na Phafa van Nduli (regs), ‘n verdagte in ‘n poging tot moordsaak. Die voorval het op 30 Junie 2020 in Olifantstraat, Tulbagh plaasgevind. Indien enigiemand oor inligting beskik of weet waar Phafa hom bevind, kan hulle s/sers. Fouché skakel by (023) 230-8100 of 081-749-6187 of whats app stuur na 061-489-2069.

DIE skietvoorval waarin ‘n Karoo-inwoner deur ‘n Ceres polisielid gewond is, is by die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (OPOD) in die Wes-Kaap aangemeld. Die voorval het op 30 Januarie op die plaas Bullaagte op die Patatsrivier grondpad, plaasgevind. Die polisie is omstreeks 16:50 na die plaas nadat die 37-jarige Carlo Saayman se meisie gekla het dat hy hul kind al ‘n week by hom hou. Die meisie is die betrokke Saterdag saam met die polisie om die kind te gaan haal. Saayman het oproerig geraak en na bewering een van die polisielede se vuurwapen gegryp. Die ander polisielid het daarna twee skote afgevuur waarvan een hom in die arm getref het. Saayman is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Hy is Sondag 31 Januarie na die Worcester hospitaal oorgeplaas en op 1 Februarie ontslaan. Hy is gewaarsku om op 29 April in die Ceres landdroshof te verskyn. Saayman ontken die beweringe teen hom. Die polisielid wie se dienspistool Saayman na bewering gegryp het, het ook klagtes teen hom gelê. Saayman word ondermeer aangekla van aanranding op ‘n polisielid, die polisie verhinder om hul werk te doen en die rig van ‘n vuurwapen.

Moordverdagte se naam bekend TWEE minderjarige moordverdagtes van Ceres het Maandag saam met ‘n 18-jarige beskuldigde in die Ceres land-droshof verskyn. Die drie word aangekla van die moord op Brandon Claasen (35) op 24 Junie 2020. Adrian-Lee du Toit het ‘n paar weke gelede 18 jaar oud geword en is van die jeugsentrum op Clanwilliam, waar hy saam met die 15-jarige beskuldigde aangehou was, oorgeplaas na die Worcester gevangenis. Die saak is na 16 April uitgestel in afwagting van ‘n verslag oor die 12-jarige beskuldigde.

Hy bly steeds in sy ouers se sorg. Moord Claasen is Woensdag 24 Junie 2020 omstreeks 19:20 vermoor terwyl hy met ‘n vriend gestaan en gesels het. Die voorval het naby die Wit kafee op die hoek van Limpopoen Noordhoekstraat in Bella Vista plaasgevind. Ses seuns tussen die ouderdomme van 11 en 17 jaar oud, het van die winkel gestap en in ‘n argument met Claasen betrokke geraak. Van die seuns het hom aangeval en ‘n paar keer met ‘n mes gesteek. Die seuns is in Oktober 2020 gearresteer.

Verhoor gaan Meimaand in Ceres landdroshof begin AGTIEN maande nadat ‘n Ceres motorwerktuigkundige in ‘n motorongeluk gesterf het, is daar besluit dat die saak teen die ander motorbestuurder in die landdroshof aangehoor kan word. Die streekhofbeheeraanklaer het onlangs besluit dat die saak hoef nie na die streekhof hoef oorgeplaas te word nie. Speurders ondersoek twee klagtes, een van strafbare manslag en een van dronkbestuur, teen die 59-jarige Granville Slavers. Die saak is na 3 Mei uitgestel. Twee voertuie was Saterdag 28 September 2019 in die vroeë oggendure in ‘n botsing in Vosstraat betrokke. Piet Beukes (53), ‘n motorwerktuigkundige, is na die ongeluk in ‘n koma in die Tygerberg hospitaal opgeneem maar het later op Saterdag 5 Oktober 2019, in die Tygerberg hospitaal gesterf sonder om weer sy bewussyn te herwin. Slavers was die bestuurder van ‘n Toyota Ayo en het na bewering onder die invloed van alkohol, in Beukes se VW Fox vasgery. Hy is blykbaar deur omstanders op die ongelukstoneel gehou totdat die polisie opgedaag het. Die SAPD het die bloeduitslag in Julie 2020 terug ontvang asook die nadoodse verslag van Tygerberg hospitaal.

DIE Worcester bestuurder van dié Nissan NP300 dubbelkajuitbakkie het Sondag 27 Januarie 2019 met die oorlaaide bakkie van Ceres na Worcester gery. In die dubbelkajuit was daar ongeveer tien mense wat klein kinders en volwassenes ingesluit het asook die 13 mense agterop. Niemand is nog aangekla nie. * Verlede week het die departement van landbou die besluit verwelkom dat daar teen bestuurders sowel as plaaseienaars en arbeidsmakelaars opgetree gaan word wat plaaswerkers so vervoer. Van die voorstelle is dat insittendes nie die 50% wetlike perk van die spesifieke voertuig mag oorskry nie, dat werkers moet kan sit en dat daar ‘n tipe kappie as beskerming moet wees.

DIE Wolseley polisie het onlangs op groot hoeveelhede dwelms beslag gelê. Lede van B-skof het op meer as 32 mandrax pille en 100 stoppe dagga beslag gelê. Lede van D-skof het byna 60 gram se dagga gekonfiskeer.

Wolseley SAPD konfiskeer dwelms ‘n MAN is Maandag dood in die middel van die pad aangetref buite Wolseley. Volgens ‘n polisiewoordvoerder is hulle Maandag 15 Maart omstreeks 20:56 uit na die toneel. Met hulle aankoms het hulle ‘n man in sy 50’s, wat later as Johnny Phillips geïdentifiseer is, in ‘n erg beseerde toestand aangetref in Voortrekkerstraat tussen die plase Welgeleë en Welgemeend. Die polisie ondersoek die tref-en-trap voorval en strafbare manslag. Indien enigiemand dalk iets gesien het, kan hulle die SAPD skakel by (023) 231-8000.

Trains running again be careful at level crossings! TRAINS will start using the Wolseley-Ceres-Prince Alfred Hamlet railway branch line again from 23 March 2021 onwards. All road users must stop at train level crossings. Trains have right of way, run silently and may not be able to stop, even when they do see you. The line of 26km is back in use after being dormant for eighteen months. Rail traffic will shift some road transport to rail, benefit the economy and create jobs. So, from 23 March 2021 - STOP, be alert at all level crossings. Trains will be running regularly!


4

WITZENBERG HERALD

Friday, March 19, 2021

Sewende opeenvolgende skoon oudit vir KWDM DIE Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) kondig met genoeë aan dat die Ouditeur-Generaal ’n sewende opeenvolgende, ongekwalifiseerde ouditmening sonder bevindings vir die munisipaliteit uitgespreek het. Die COVID-19-pandemie het beperkings op die 2019/2020 finansiële jaar gestel - ’n jaar waarin die munisipaliteit strawwe finansiële besluite moes neem. “Hierdie toekenning getuig van die feit dat die KWDM in staat is om sy verbintenis tot dienslewering binne die streng raamwerk van finansiële oorsigbestuur na te kom, ongeag die uitdagings waarvoor hy te staan kom. Ek is dankbaar teenoor bestuur en alle amptenare vir hulle bydrae tot hierdie prestasie,” het die uitvoerende burgemeester rdh. (Dr) Elna von Schlicht gesê. Die Ouditeur-Generaal is verantwoordelik vir die ouditering van finansiële state en verslagdoening oor prestasie teenoor voorafbepaalde doelwitte, asook oor nakoming van wette en regulasies. Ten einde ’n ‘skoon oudit’ te behaal, moet die finansiële state sonder wesenlike wanvoorstellings wees (finansieel ongekwalifiseerde ouditmening) en daar moet geen wesenlike bevindings ten opsigte van verslagdoening oor prestasiedoelwitte of nie-nakoming van wetgewing wees nie. Hierdie skoon ouditmening is ’n bewys van grondige finansiële bestuur, goeie interne kontroles en ’n sterk begrotingsproses. Dit is ’n bevestiging dat die munisipaliteit sy beskikbare fondse doeltreffend en effektief aanwend ter bereiking van die doelstellings in die GOP wat uiteindelik daartoe lei dat ons beter dienste aan ons gemeenskappe kan lewer. Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit het ’n bewese rekord in die ondersteuning van die ekonomiese sektor en is die voorkeurvennoot om ondernemings uit te brei en verskillende beleggingsgeleenthede te identifiseer. Die distrik het ’n sterk toerismesektor wat gemik is op diegene wat veilige ruimtes soek om die beste ervarings van uitsonderlike waarde te hê. Volgens die burgemeester: “Dit illustreer die verbintenis deur die leierskap van die munisipaliteit om ’n direkte en persoonlike belangstelling te neem in ’n omgewing van interne kontrole wat behoorlik funksioneer. Ek rig ’n welverdiende gelukwensing oor aan ons administrasie en veral aan ons munisipalebestuurder, Henry Prins, wat in sy hoedanigheid as rekenpligtigebeampte sy tiende opeenvolgende skoon oudit by twee munisipaliteite behaal het.” Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit bly verbind tot sy visie om ’n “Verenigde Kaapse Wynland van Voortreflikheid!” te skep.

DIE P.A. Hamlet SAPD het Woensdag 10 Maart ‘n terug-skool-toe bewusmakingsprojek geloods. Die polisielede het met leerders van Driefontein primêr gesels oor die polisie wat hul vriend is. Tydens die besoek is pakkies skryfbehoeftes ook aan leerders uitgedeel. Drie nuwe polisiebeamptes, kst. S.J Swartz, kst. H.J Bartman en kst. G.A Fortuin, is ook aan leerders bekendgestel.

KONSEP 2019/2020 JAARVERSLAG VIR KOMMENTAAR Kennis geskied hiermee volgens artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels 2000 en Artikel 127(5)(a)(i) van die MFMA, dat die Witzenberg Munisipaliteit se konsep Jaarverslag vir 2019/2020, ter insae lê vir kommentaar by alle munisipale kantore, openbare biblioteke asook die munisipale webtuiste: www.witzenberg.gov.za/documents Enige persone wat nie kan skryf nie, mag na die munisipale kantore kom gedurende kantoorure, waar 'n personeellid hulle sal bystaan met die neerskryf van hulle kommentaar of vertoë. Kommentaar of vertoë moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word, voor of op Vrydag 9 April 2021. D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER

DRAFT 2019/2020 ANNUAL REPORT FOR COMMENTS Notice is hereby given, in terms of Section 21A of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 and Section 127(5)(a)(i) of the MFMA, that the draft 2019/2020 Annual Report, is now made public for inspection and comments. The draft Annual Report may be accessed at all municipal offices and public libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za/documents Any person who cannot write may come to the Municipal offices during office hours, where a staff member of the municipality will assist to transcribe their comments or representation. All comments or representation must be lodged in writing to the Municipal Manager before Friday 9 April 2021. D. NASSON MUNICIPAL MANAGER

INGXELO YONYAKA ENGAGQITYWANGA KA 2019/2020 Esisaziso sikhutshwa, ngokuyinxalenye necandelo 21A loMasipala basekhaya: uMthetho ka 2000 owaziwa njenge(Municipal Systems Act) kunye necandelo 127(5)(a)(i) lweMFMA ukuba ingxelo yonyaka ka 2019/2020 ngoku iyafumaneka kuzo zonke i-ofisi zakiMasipala, nakumathala encwadi nakwi website kaMasipala wase Witzenberg ethi: www.witzenberg.gov.za/documents ukuba niyiphonononge kweye nihlabe amadlala apho kuyimfuneko khona. Wonke ubani ongakwaziyo ukubhala unelungelo lokuba eze kwi-ofisi zikaMasipala ngexesha lomsebenzi ze afumane uncedo oluthe vetshe/oluphangaleleyo malunga nezikhalazo /uluvo olo. Lonke uluvo kunye nezikhalazo kufuneka zibhalwe phantsi kwaye zifikelele kuMlawuli-Masipala phambi komhla wesi 9 April 2021 ngolwesihlanu. D. NASSON UMLAWULI-MASIPALA

NOTICE: INVITATION TO ECNS LICENSEE’S NOTICE IS HEREBY GIVEN TO INVITE ALL POTENTIAL ELECTRONIC COMMUNICATIONS NETWORK SERVICE (ECNS) LICENSEE’S INTERESTED TO ROLL OUT FIBRE TELECOMMUNICATIONS SERVICES IN THE WITZENBERG MUNICIPAL AREA Witzenberg Municipality invite all potential ECNS Licensee’s interested to roll out fibre telecommunications services in the Witzenberg Municipal area to an informative meeting. Interested parties must notify the Technical Directorate, Mr. E. Lintnaar via e-mail, elton@witzenberg.gov.za before or on 2 April 2021 to give their intention of interest. Witzenberg Municipality’s Policy for the Installation of Services will be made available on request. D. NASSON MUNICIPAL MANAGER Ref. No. 17/15/1

Enrolled Nurse

We are looking for an Enrolled Nurse to join their team Requirements: • Registration with the South African Nursing Council as an Enrolled Nurse or equivalent NQF 4 qualification • Compliance with the SANC code for an Enrolled Nurse and all applicable health care legislation • Sound knowledge of general nursing theory and practice • Grade 12 • Knowledge of modern nursing care principles and practices. The candidate must preferably have experience in Theatre in the following areas: • Assisting the Anaesthetist with the anaesthetic procedure • General knowledge of anaesthetic drugs • Experience in caring for patients in the Recovery room will be an advantage • Candidate must be able to assist the circulating nurse. Please send a short CV for attention Corine De-beer to: E-mail: corine.de-beer@netcare.co.za Fax: (023) 312-2942 Enquiries: 082-942-1957 or (023) 316-1304 (Ceres) Closing date: 25 March 2021 Netcare will also provide training to inexperienced and who are interested in the field.

Vier mense sterf aan CV-19 INWONERS van die Witzenbergstreek word gemaan om steeds versigtig te wees vir CV-19 al bly daaglikse positiewe gevalle konstant. Vier mense van Ceres, Bella Vista, Tulbagh en Koue Bokkeveld plase, het die afgelope week weens die virus gesterf. Die afgelope week is 15 nuwe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Teen Dinsdag 16 Maart was daar 4949 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 4709 volkome herstel. Twee honderd en twee en twintig (222) mense het sedert 1 Maart gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 45 gevolg deur Wolseley met 33, Bella Vista met 32, P.A. Hamlet met 26 en Tulbagh met 23. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11 369 (tot 16 Maart) met 277 710 positiewe gevalle en 263 542 wat al herstel het. Entstofprogram Die tweede besending van die J&J entstof het onlangs in die land aangekom. Die program is na die Gatesville Melomed asook Worcester, Paarl en George uitgebrei en daar is al 27 570 mense in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19. ‘n Derde besending van 5300 dosisse is die naweek ontvang Entstof-feite ‘n Entstof help jou immuunsisteem om ‘n infeksie te beveg indien jy geïnfekteer word. Wanneer jy geënt word teen COVID-19 sal jou risiko om ernstig siek te word of van COVID-19 te sterf, verlaag. Die entstof sal ook keer dat COVID-19 vinnig in gemeenskappe versprei.

Reën begin vroeg VERLEDE week het daar onverwags lekker reën in die Witzenbergstreek uitgesak. Reënvalsyfers vir 1-16 Maart is Woensdag deur Hortec Ceres bekendgemaak: Bokkeveld Noord - gemiddeld 46.97 mm gemeet, Witzenberg is daar gemiddeld 34.5 mm gemeet, Warm Bokkeveld - 38.18 mm, Koue Bokkeveld - 57.7 mm en Swaarmoed - 62.97 mm. Die meeste reën (82.3 mm) is in die Swaarmoed-omgewing gemeet.


WITZENBERG HERALD

Friday, March 19, 2021

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Catherina Fredericka Norman 1933/08/03 - 2021/03/11 Privaat begrafnis: Vry. 19 Maart 2021

• 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Roudiens: Don. 18/03/2021 om 19:00, VGK Ceres Besigtiging: 10:00, Disastr. 4, Ceres Kerk: 11:00, VGK, Ceres Graf: Bella Vista

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuig-sitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o

Boland Roll on Lawn

Dr Mama Moses

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Herbal Healer Traditional & Spiritual

Dr Johnson

Skakel

082-859-2300

Here for all your problems. Big or Strong She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres

For free consultation call:

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

073-016-4088

Maama Baraka

1956/08/21 - 2021/03/13 Privaat begrafnis: Sat. 20 Maart 2021

• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Kerk: 10:00, VGK, Op-die-Berg Graf: Plaas De Keur, Koue Bokkeveld

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 082-399-4068 Services: sell, install & repair

Jeffrey Johannes van Wyk 1980/03/20 - 2021/01/08

Hier aan die einde van my lewenspad, het die son finaal vir my gesak. Maar moenie treur oor my , O nee,wees bly: My siel is vry! Onthou hoe het ons liefde ons lewenspad gebaan, mis my maar laat my gaan. Hierdie pad moet ons elkeen stap en alleen moet ons elk die tog aanpak. Laat vriende, familie se liefde en troos jou oorspoel. In goed doen aan ander, kan g’n droefheid bly staan. Met mooi herinneringe, jou vrou Belinda, Anandi, Amy, susters, Mamma en Pappa

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476 Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk, vensers was of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Jes.1:4 “Ellende wag vir julle, sondige nasie, volk met skuld belaai, geslag wat verkeerd handel, julle wat net afbreek, wat My, die Here, verlaat het, My, die Heilige van Israel, verag en vir My die rug gedraai het.”

Evangelis Jacobs

Jou oplossing is hier

Liefdes spel/palmlesing ....................... R20000 Geld in rekening in uur ....................... R15000 Skrap lenings .... R15000 Wen Lotto/Powerball ....................... R22000 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ......... R20000 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R19990 Werkpromosie ... R20000 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R20000 Geluksolie/towering ....................... R30000 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp 078-777-8802 MAAMA LINDA & MAAMA NAJI

• Money spells • Lost love spells • Enlargement • Marriage spells • Pregnancy spells • Clean homes • Lucky oil • Lotto Call/whatsapp 064-078-2856 060-417-5914

Anointed Prophet Joelmacy

is back, from the Mountain of Zion in Israel. Apostle has come back with Miracle Healing, Water and Stones from river Jordan. He is going to see one on one Pastors who want to have big churches, people who want to start a big business, those who are not enjoying marriage or relationship. I have been blessed with some medicine to stop people smoking and drinking. We gonna have prayer and medicine to stop your lover cheating on you, to stop divorce, get promotion at work, mens power medicine, win tenders and court cases, win LOTTO and get back lost lover.

Call 081-722-9133

Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson. Hy wil dit gee vir mense wat: •met ‘n besigheid wil begin •sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los •‘n verlore minnaar terug te kry •‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop •medisyne vir mans om krag te gee •enige hofsake •‘n ongeluksfonds betyds te kry Skakel of Whatsapp

KANTOORSPASIE (±150m²) te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar R8 300 p/maand

Skakel Jaco-Marié (023) 312-1414

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

074-466-5760

TE HUUR

Stoorruimte

Ceres Kommersiële gebied.

Spasies vanaf 500m² - 1 500m² beskikbaar. Skakel (023) 312-2261 of 082-5777-169

CERES netbalklub wil graag hul 2021 seisoen afskop. Alle nuwe lede is welkom. Belangstellendes kan vir Beverley 083-402-1246 of Sandra 071-884-0073 skakel.

TE HUUR

BEL CERES

073-050-5218

CERES NICO

Adam Pieters

PROF. MORRIS

Prof. Morris is hier met besonderse magte. Hy is bekend vir afstandbeheer van verlore geliefdes en die voorspelling van Lotto- & Powerball nommers, werksbevorderings, huisreiniging, vinnige verkoop van eiendom soos huise, plase en motors, vinnige egskeidings en Sandawana-olie vir geluk. Pensioenarisse gratis.

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Transvaal. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Skakel (023) 3474092 Faks: (023) 342-8629 of www. trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

Friday, March 19, 2021

DIE Koue Bokkeveld Opleidingsentrum in samewerking met André Bloem en Ninon Mackinnon, bied op 24 Maart ‘n sessie aan oor onderhandelingsvaardighede. Doeltreffende onderhandelinge is ‘n vaardigheid wat elkeen in hul alledaagse lewe behoort te gebruik. Dit is veral gemik op HR bestuurders, senior bestuur en produksiebestuur en word by die NG Kerk Op-die-Berg vanaf 08:30 tot 15:30 aangebied. Die koste beloop R1 450 p/p. Enige navrae en besprekings kan gerig word aan Euria by euria @kbos.co.za

BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. Die PPK toer na Israel vind weens COVID-19 eers vanaf 6 - 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084657-4673 of stuur ‘n e-pos na isaacjacobs50@yahoo.com Beperkte plek beskikbaar. CANSA Relay for Life Witzenberg word op 27 Maart by Morrisdale primêr aangebied. Vir meer inligting skakel Esmerelda Booysen 079-6083391 of Jadrey Skippers by 063-623-1525.


WITZENBERG HERALD

Friday, March 19, 2021

7

DIE P.A. Hamlet SAPD het Woensdag 10 Maart ‘n terug skool toe bewusmakingsprojek geloods. Die polisielede het met leerders van Voorsorg primêr gesels oor die polisie wat hul vriend is. Tydens die besoek is pakkies skryfbehoeftes ook aan leerders uitgedeel. By die leerders staan sers. Wildschut saam met kst. S.J Swartz, kst. H.J Bartman en kst. G.A Fortuin.

Graad 12 leerders ontvang skryfbehoeftes 500 plaaslike skoolkinders het onlangs terug-skool-toe-pakke ontvang wat deur plaaslike NGO’s en rolspelers soos Perdekraal East windplaas, OTB Africa, Communities of Abundance, WEN Angel, Ceres Superspar, Triple One Printers, onderwysers van Bella Vista hoërskool en Ceres Sekondêr, God’s Family Ministries, Hartnick Sports Development Academy en plaaslike inwoners wie dieselfde doelwitte nastreef, geskenk is. Die pakke bevat noodsaaklike skoolbenodighede en is aan vier dagsorgsentrums op Ceres, P.A. Hamlet en in Bella Vista uitgedeel asook aan graad 12 leerders van omliggende hoërskole. * Hier ontvang graad 12 leerders van Ceres Sekondêr hul pakkies.

Agri Wes-Kaap bied werkswinkel aan AGRI Wes-Kaap het onlangs ‘n werkswinkel vir kerkleiers in die Laingsburg-omgewing aangebied wat te midde van die voortslepende droogte na die emosionele welstand van produsente en plaaswerkers omsien. Die werkswinkel is op 16 en 17 Februarie in die Vloedmuseum deur die bedryfsielkundige, dr. Kobus White en ds. Willa McKay aangebied. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê die voortslepende droogte het ‘n groot emosionele uitwerking op produsente en plaaswerkers en hulle onderskeie families. “Kerkleiers van alle denominasies vervul die afgelope sewe jaar ‘n onmisbare rol om emosionele ondersteuning aan produsente en plaaswerkers te bied, maar met droogtetoestande wat voortduur, het die ondersteuners ook nou emosionele ondersteuning nodig”. “Agri Wes-Kaap het die hulp van konsultante ingeroep om die werkswinkel aan sowel kerkas gemeenskapsleiers aan te bied.

Die emosionele welstand van die persone wat na die landbouers en plaaswerkers se gemoestoestand omsien, kan nie agterweë gelaat word nie en dit is vir Agri Wes-Kaap belangrik dat hulle ook die nodige ondersteuning kry,” sê Strydom. Die werkswinkel is moontlik gemaak deur ‘n finansiële bydrae tot die Agri Wes-Kaap Droogtehulpfonds deur die Wes-Kaap se Departement van Landbou. Volgens dr. White was die primêre doel van die werkswinkel om gemeenskapleiers, spesifiek kerkleiers, te bemagtig om hulleself en die gemeenskap te ondersteun deur ‘n raamwerk wat geestesgesondheid en die Bybel as bron integreer. Agri Wes-Kaap sal gemeenskappe in ander droogtegebiede graag op dieselfde wyse wil bystaan en daarom word enige bydraes tot die Droogtehulpfonds steeds verwelkom. Die besonderhede van die Agri Wes-Kaap Droogtehulpfonds is soos volg: Absa-tjek: 400-960-313, Takkode: 334-210, Verwysing: Droogtehulp + jou naam/instansie se naam.

Make your life easier with Mobile convenience

CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!

OPEN GATE VIA MISSED CALL

Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES

GRAAD 5 leerders by die De Meul NGK primêr buite Ceres, is een van die eerste skole in die Witzenbergstreek waar sr. Werth en haar span gestop het as deel van vanjaar se skole immuniseringsprogram. Die graad 5 meisies - wie 9 jaar en ouer is en wie se ouers toestemming gegee het - kan tydens die besoeke die entstof kry teen die menslike papiloomvirus (wat lei tot servikale kanker), asook ‘n aanvulling om witseerkeel en klem-in-die-kaak te voorkom. Witseerkeel en klem-in-die-kaak is ernstige infeksies wat dodelik kan wees. Seuns in graad 5 wie se ouers toestemming gegee het, kan ook die aanvulling teen witseerkeel en klem-in-die-kaak kry. Wes-Kaap regering gesondheid moedig ouers aan om toestemmingsvorms te voltooi en terug te stuur na die skool sodat hul kinders kan baat vind by hierdie inisiatief. Die entstof en aanvullings is veilig, effektief en gratis. Die veldtog het op 1 Maart begin en duur tot 23 April.


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, March 19, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Charl en Johan wen Windhoek-pare kompetisie GHOLFSPELERS het Saterdag aan die Windhoek-pare beterbalstableford kompetisie op Ceres gholfbaan deelgeneem. Johan du Toit en Charl du Toit (jr.) was in die eerste plek met 46 punte. Die pa en seun kombinasie van Emile Marais en Francois Marais was tweede met 43 punte gevolg deur Ashley Schroeder en Jodey Kayer, ook met 43 punte. Henry Brown en William Isaacs was vierde gevolg deur Trevor Abrahams en De Villiers Heroldt, beide met 42 punte. Die wenners dring nou deur na die Windhoek streeksfinale met ‘n kans om in Windhoek te gaan speel. Meer as 65 spelers het Saterdag gespeel waarvan 55 spelers aan die kompetisie deelgeneem het. Goeie tellings Goeie tellings is deur Cornell Muller (70), Clement de Bruin (72) en Lourens Strydom (73) aangeteken.

CHARL (Tippie) du Toit en Johan du Toit was in die eerste plek.

DIE pa en seun kombinasie van Emile Marais en Francois Marais was tweede met 43 punte.

CLAIRE Dicey, plaaslike perderuiter en perde-afrigter van Wolseley, het die afgelope tyd goed gevaar by perdryskoue. Sy en haar helpers sien om na 22 perde waarvan 9 voltyds geoefen word. Rivendell Ringmaster is 7 jaar oud en het die WP kampioenskap gewen en was die naweek derde in die nasionale kompetisie. Hier is Claire by Rivendell Ringmaster afgeneem tydens ‘n onlangse kompetisie. * Nog een van Equiknow se perde, Firefly, het ook twee klasse gewen.

WYNAND du Toit, ‘n oudleerder van Charlie Hofmeyr presteer tans goed in atletiek. Wynand, ‘n student by Lee University in Cleveland, Amerika, het die naweek aan die NCAA divisie 2 binnenshuise nasionale atletiekkampioenskappe deelgeneem. Wynand was derde in die 400 meter en ook lid van die 4 x 400m aflosspan wat tweede gekom het in die finaal. Lee University het algeheel vierde in die kompetisie geëindig.

MUNICIPAL NOTICE

KARATESTUDENTE van De Keur landgoed het onlangs weer die dissiplineprogram hervat waar hulle onder andere die belangrike beginsels van karate leer, asook die program se sterk beginsels wat gegrond is op dissipline. Die studente het hulle eerste Japanese woordeskat eksamen geslaag en is tans besig om voor te berei vir die nasionale Kiyobukan karatespan om moontlik wêreldwyd deel te neem. Indien iemand meer wil uitvind van die dissiplineprogram, kan hulle vir renshi Andries skakel by 073-278-4400 of ‘n epos stuur na renshi@adkarate.co.za

The European Union, in collaboration with the South African Local Government Association (SALGA), has donated tablets to the Municipality for distribution to registered non-governmental organisations. The purpose of the donation is to enhance capacity for development within the organisation and to strengthen sector engagement with the Municipality as well as government institutions. Registered NGO’s are herewith invited to submit a proposal to the Municipality for consideration of becoming a beneficiary of the tablet as donated by the European Union. Any proposal / submission can be made in writing to the Manager Administration (Mr. Corrie Wessels) at the following e-mail address: cwessels@witzenberg.gov.za In the event of any further clarification Mr. Wessels can be contacted at the following number: (023) 316-1854. DAVID NASSON MUNICIPAL MANAGER Reference: 10/1/4

MUNISIPALE KENNISGEWING

Die Europese Unie, in samewerking met die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Plaaslike Regering (SALGA), het tablette aan die munisipaliteit geskenk vir verspreiding aan geregistreerde nie-regeringsorganisasies. Die doel van die skenking is om die kapasiteit vir ontwikkeling binne die organisasie te verbeter en om die sektor se betrokkenheid met die Munisipaliteit sowel as regeringsinstellings te versterk. Geregistreerde NGO’s word hiermee uitgenooi om ‘n voorstel by die munisipaliteit in te dien vir oorweging om ‘n begunstigde van die tablet te word soos geskenk deur die Europese Unie. Enige voorstel/voorlegging moet skriftelik aan die Bestuurder Administrasie (mnr. Corrie Wessels) gedoen word by die volgende e-posadres: cwessels@witzenberg.gov.za In geval van verdere inligting kan mnr. Wessels geskakel word by die volgende nommer: (023) 316-1854. DAVID NASSON MUNISIPALE BESTUURDER Verwysing: 10/1/4


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.