WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 10
Witzenberg Herald
R8
Friday, March 18, 2022
Since 1997
CERES (023) 312-2144
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 17 Maart
Vrydag 18 Maart
12° 33°
16° 36°
Saterdag 19 Maart
16° 34°
Sondag 20 Maart
16° 34°
Ceres Koekedouw dam
75,5% 1997 - 2022 Telephone: (023) 316-2021
Lesing: 2022/03/16
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Prokureur geskors ‘n PROKUREUR van Ceres kan nie verder praktiseer nie nadat hy verlede Vrydag deur die Kaapstad hooggeregshof verbied is om verder sy onderneming se trustrekening te gebruik. Die stap kom nadat die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad (SARPR) ‘n klagte op 25 Januarie ontvang het om die prokureur en politikus van Ceres, Barnito Klaasen (46), se trustrekening te vries. Klaasen het hierna ‘n grasietydperk gekry om te reageer op die klagte teen hom by die SARPR. Hy het egter nagelaat om dit te doen, dit nadat daarna nog ander pogings was om met hom te kommunikeer. Die ondersoek-komitee het op Donderdag 17 Februarie aanbeveel dat die dissiplinêre-komitee die aangeleentheid verder moet ondersoek. Die SARPR het ‘n dringende aansoek op 1 Maart by
BARNITO Klaasen (46).
die hooggeregshof ingedien om mnr. Klaasen in terme van die Wet op Regspraktyke te verhoed om verder as prokureur te mag praktiseer, sy trustrekening te gebruik en dat hy geskors word hangende die ondersoek deur ‘n dissiplinêre-komitee om die omvang van die beweerde wanbesteding, vas te stel. Die aangeleentheid is Vrydag 4 Maart in die Kaapstad hooggeregshof voor regter Mantame aangehoor. Die hof het ook ‘n kurator aangestel om die trustrekening te administreer totdat die dissiplinêre verhoor afgehandel is. Die dissiplinêre-komitee vergader later in Maartmaand. Mnr. Klaasen word verder beveel om die kuratorsfooie en uitgawes te betaal teen ‘n fooi van R1200 per uur, om die fooie en uitgawes te betaal van persone wat deur die kurator gekonsulteer word asook die koste van dié hooggeregshofaansoek op ‘n skaal van prokureur en kliënt. Agtergrond Klaasen, tans ‘n proporsionele raadslid en oudburgemeester van die dorp, word daarvan verdink dat hy wederegtelik meer as R6 miljoen uit sy trustrekening geneem het. Die geld was die koopsom van ‘n plaas, Druk my Niet Studs. Die plaas van nagenoeg 250 hektaar is op die Waterval-grondpad buite Tulbagh geleë. In November 2021 het die koper en verkoper die koop gekanselleer omdat die staat te lank geneem het om die plaas te onderverdeel en die oordrag nie kon plaasvind nie. Pogings deur die koper om die geld terug te kry was tot begin Februarie vanjaar nog onsuksesvol. Verdere optredes en reaksie Die aangeleentheid is Maandag 14 Maart deur die provinsiale uitvoerende komitee van die Wes-Kaap DA bespreek waarna dit vir ‘n beslissing en optrede na die federale voorsitter, Helen Zille, verwys is. Geen verdere terugvoering is sedertdien hieroor ontvang nie. Die Witzenberg munisipaliteit kan nie op navrae reageer wat betrekking het op raadslede/politici nie. Die voorsitter van Ceres Besigheidsinisiatief voel hulle kan nie saamwerk met raadslede wat betrokke is by beweerde of verdagte transaksies en versoek al die betrokke rolspelers om die aangeleentheid so gou as moontlik op te los.
Polisielede kry gesteelde skootrekenaar en musiekstel vinnig terug TWEE Ceres polisielede, sers. Shaun Hofmeester (links) en kst. Lollie Boer, het Maandag 14 Maart ‘n diefstalklag bygewoon waartydens ‘n Lenovo skootrekenaar en ‘n Harman/Kardom musiekstel ter waarde van nagenoeg R15 000 gesteel is. Goeie samewerking van gemeenskap het hulle na die gesteelde items gelei. Die polisielede word geloof vir hul vinnige en deeglike werk om die gesteelde items terug te kry.
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91
Stokvis (heel of fillet)
KOOP JOU VIS VIR PAASFEES VROEGTYDIG! Pickle spice
Snoek (heel of stukkies) Stokvis 5kg bokse
Geelstert
Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.
2
WITZENBERG HERALD
Totsiens Ceres!
Friday, March 18, 2022
SAPD soek dié man DIE polisie op P.A. Hamlet is dringend opsoek na ‘n Ethiopiër van geboorte, Desta Nure Gutu. Hy word vir ondermeer klagtes van aanranding, diefstal en die gebruik van ‘n motorvoertuig sonder die eienaar se toestemming, gesoek. Hy was woonagtig op P.A. Hamlet en is die laaste keer in Nduli gesien. Enige persoon met inligting, kan s/ sers. Appollis skakel by P.A. Hamlet speurders by (023) 313-3133 of 079-8939-861.
ONGELUKKIGE besoeker skryf: EK rig die skrywe aan die inwoners van Ceres, die Witzenberg munisipaliteit, Ceres SAPD en die plaaslike verkeersdienste. Hopelik is daar iemand wat dié brief sal lees en iets daadwerklik aan die probleem doen. Ons het die afgelope naweek Ceres besoek tydens die skolesport. Ons was baie beïndruk met die skole en die geriewe en nadat ek en ‘n vriend die Ceres gholfbaan besoek het, het ons besluit dat ‘n paar van ons vriende binnekort die dorp sal besoek vir ‘n gholfnaweek. Ons het ook gedink ons sou Sondag ‘n bekende bergfietsroete gaan ry nadat ons Saterdagaand by ‘n gastehuis in die hoofstraat oorgeslaap het. Wel dit was die plan as ons net kon slaap! Die gejaag van motors, die opjaag van enjinrevolusies, die bande wat op die teer getol word, was onuithoudbaar. Dan praat ek nie eers van die harde musiek waarna seker die helfte van die dorp moes luister nie. Die geraasmakers besef natuurlik nie hoe ver die klank in die nag trek nie - vanaf 23:00 tot 03:00 Sondagoggend. Ons het die Ceres polisiestasie probeer skakel maar sonder enige sukses. Nou wil ek weet. Waar is die polisie en waar is die verkeersbeamptes? Ons het vele deur die dag opgemerk. Die hoofstraat word deur talle sekuriteitskameras gedek en hoe moeilik kan dit wees om dié jaagduiwels te identifiseer en vas te trek? Net na 03:00 het ons in ons voertuie geklim en Ceres verlaat. Ons het redelik maklik die vrot kol opgespoor buite ‘n kuierplek langs die Dwarsrivier. Ek skryf die brief om Ceres inwoners, sakelui en die munisipaliteit te waarsku dat julle besig is om julle toeriste weg te jaag.
Skakel ons by (023) 312-2045 of stuur ‘n foto van die voorwerp aan 076-689-2885
Kom wees deel van die uitstalling DIE Togryers museum op Ceres is tans besig met die beplanning van ‘n splinternuwe permanente gemeenskapsuitstalling vir 2022/23. Die klem val op besighede van ouds tot en met die tagtiger jare. Die museum is opsoek na enige voorwerpe, plakker, foto, kwitansie, advertensies ens. wat in inwoners se besit is. Die dokumentasie sal ingeskandeer word waarna oorspronklike dokumente terugbesorg sal word. Besighede op Ceres, Bella Vista, Morrisdale, Rooikamp, Rietvlei en Nduli, word ingesluit by die uitstalling. Sonder hierdie skenkings kan die uitstalling nie realiseer nie en doen die museum ‘n beroep op elke lid van die gemeenskap om te gaan soek vir items. Vir meer inligting skakel die museum by (023) 312-2045.
Tazneemah is die beste kindersanger DINAMIET kom in klein pakkies! Tazneemah Greeff, ‘n graad 5 leerder van Laerskool Waveren, se sangtalent is pure goud werd. Tazneemah is onlangs deur ‘n internasionale agentskap genooi om in Kaapstad op te tree waar sy later aangewys is as die beste kindersanger. By haar staan die skoolhoof, Andelene Michaels.
CERES SAPD het die week rolstoele aan Huis Pieter Strauss oorhandig. Dit vorm deel van die Ceres SAPD se gemeenskaps betrokkendheid saam met Witzenberg APD en Frail Care.
VERKIESINGSKOMMISSIE NOMINASIE VAN KANDIDATE –
TUSSENVERKIESING WYK 2 WITZENBERG MUNISIPALITEIT
’n Tussenverkiesing vir die kies van ’n wyksraadslid vir Wyk 2 word geskeduleer vir Woensdag, 20 April 2022. Die kieserslys het reeds gesluit op 11 Maart 2022 om 17:00. Nominasies van kandidate sluit op 28 Maart 2022 teen 17:00 en moet ingehandig word by die OVK kantore, te Lyellstraat 64B, Ceres Kiesers in Wyk 2 kan hul stem by die volgende stemlokale vanaf 07:00 tot 21:00 op Woensdag 20 April 2022 uitbring: Wyk 10202002 10202002 10202002 10202002
Stemdistrik 97510013 97510035 97530015 97540072
Naam van Stemlokaal WF Loots Primêre Skool Wolseley Sekondêre Skool Waboom Saal La Plaisante Opleidingsentrum
Adres Vierdelaan, Wolseley Deborahstr., Montana, Wolseley Breederivierpad, Breërivier La Plaisante, Wolseley
Let wel: U kan slegs in die stemdistrik stem waar u geregistreer is. U kan u registrasie besonderhede nagaan deur u ID Nommer te sms aan 32810. (SMS R1) Aansoeke vir spesiale stemme vind plaas vanaf 4 - 8 April 2022 om 17:00. Navrae kan gerig word aan Gert Röscher 023 316 1099
LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68(1) of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number T.15050/2003 in the name of PETRUS JOHANNES VAN DER WESTHUIJZEN (Identity Number 381224 5021 08 9) Married out of community of property, in respect of: PORTION 3 OF THE FARM ZWARTKOP NUMBER 267, in the Witzenberg Municipality, Division of Ceres, Province of the Western Cape; IN EXTENT: 202,5514 (Two Hundred and Two comma Five Five One Four) hectares which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town, Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Malmesbury this 4th day of March 2022. APPLICANT: DU PLESSIS & MOSTERT Address: 13 Piet Retief Street, Malmesbury E-mail address: eddie@dupmos.co.za Contact number: (022) 482-1101
TULBAGH speurders soek steeds na Duedud Carolus. Hy het die Tulbagh polisie onlangs gekontak maar hy het nog nie by hulle aangemeld nie. Die vermoede bestaan dat hy hom moontlik in die Ashton- of Kaapstadomgewing kan bevind. Indien iemand weet waar hy hom bevind, kan hulle met die Tulbagh speurders inverbinding tree. Carolus kan die polisie behulpsaam wees met diefstal/bedrog klagtes. Skakel s/a.o Jaco Spamer by (023) 230-8100 of 079-894-0101. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, March 18, 2022
Goeie nuus: CV-19 sterftes neem af DIE afgelope Maandag het niemand in die land aan enige van die COVID-19 virusvariante gesterf nie. Suid-Afrika het ook nog geen sterftes weens die entstof aangemeld nie. Dit is die goeie nuus. Die slegte nuus is egter die regering wat die nasionale ramptoestand weer met nog ‘n maand verleng het. Maandag was ook die 717de dag wat Suid-Afrikaners met die virus worstel. Plaaslike statistieke Sedert die begin van die pandemie is 9234
positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8820 herstel het. Positiewe gevalle het die afgelope week van 12 na 3 gedaal. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2166 gevolg deur Bella Vista met 1379, Wolseley met 1198, P.A. Hamlet met 1240, Tulbagh met 1129, Nduli met 613 en Koue Bokkeveld plase met 741. Vier honderd en elf (411) mense het die afgelope twee jaar sedert 1 Maart 2020 gesterf.
Ceres se getal sterftes staan tans op 82 gevolg deur Wolseley met 67, Bella Vista met 60, Tulbagh met 52, P.A. Hamlet met 50, Nduli met 34 en Koue Bokkeveld plase met 30. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 749 (14 Maart). Daar is al 664 226 positiewe gevalle aangemeld en 636 933 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 3.577 miljoen mense al herstel. Meer as 99 725 mense (14 Maart) het al weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Die land se herstelkoers is tans 96.8%.
Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het gedaal na 4.64%. Inentings Plaaslike inwoners kan steeds hul inenting/versterkingsdosis by een van die volgende fasiliteite kry: Ceres provinsiale hospitaal: Maandae tot Vrydae. P.A. Hamlet kliniek: Maandae, Op-die-Berg kliniek: Dinsdae, Tulbagh kliniek: Woensdae, Bella Vista kliniek en Nduli Polo Crosssaal: Donderdae en Wolseley kliniek: Vrydae. Inwoners kan ook Clicks se tak op Ceres besoek.
Vier mans beroof winkel in dorp SPEURDERS van Wolseley ondersoek twee moorde en ‘n besigheidsroof wat die naweek op die dorp plaasgevind het. ‘n Man (40) en ‘n vrou (40) is Saterdag 12 Maart omstreeks 01:00 doodgeskiet in die Pinevalley woonbuurt buite Wolseley. Volgens die polisie is Teboho Lewala drie keer geskiet en Mamocheko Makwayi een keer in die bors. ‘n Verdagte is uitgewys en die polisie ondersoek die moontlikheid dat ‘n Ethiopiër wat in die vroeë oggendure na sy vrou kom soek het, verbind word met die moorde. Die vrou is na bewering die suster van die oorledene. SAPD en die EMS-lede was gou op die toneel maar beide persone was reeds dood. Arrestasies Verdere ondersoek deur die Wolseley SAPD het daartoe gelei dat twee verdagtes, Abdul Abera (28) en Ayele Adore Desaleng (38), Saterdag gearresteer is vir die moorde. Hulle het Maandag 14 Maart vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn waarna die saak tot Donderdag 17 Maart uitgestel is vir ‘n tolk. Hulle bly in aanhouding. Besigheidsroof Vier mans het Vrydag 11 Maart twee broers en werknemers van International Superette met vuurwapens aangehou en beroof. Volgens die Wolseley SAPD het die roof omstreeks 20:20 plaasgevind op die hoek van Voortrekker- en Eeufeestraat. Die vier mans het die winkel binnegestap waarna drie mans na die toonbank gestap en een man gewapen met ‘n panga na Uzzal Miah (34), wat by die deur gesit het. Die panga is teen sy keel gedruk waarna die man sy Samsung foon gegryp het. Een van die gewapende mans by die toonbank het die ander broer, Uzzal Islam, oor die kop met die vuurwapen geslaan. Een van die mans het daarna die kasregister gegryp terwyl die ander een sigarette gegryp het voordat hulle gevlug het. Die polisie ondersoek die voorval en geen verdagtes is nog aangekeer nie.
New kitchen brings joy to school learners and staff CERES Secondary School learners and teachers are delighted to have a new dedicated kitchen, which was handed over to the school on 15 February. With this fully equipped kitchen, the school can now provide learners with two nutritional meals per day in a safer and more efficient way, helping learners perform better academically and generally enjoy their schooling more. Whilst funding has been provided by the Perdekraal East Wind Farm, the project is implemented in partnership with Breadline Africa, a NGO that is impacting learning environments in a similar way, across the country. Previously, the kitchen staff operated from the school hall without any equipment to prepare cooked meals for the learners. With the funding of this prefab kitchen, as well as the essential kitchen items provided by the Western Cape Education Department, the kitchen staff can now operate in safer and healthier working conditions to prepare nutritious meals, benefiting 567 learners at the school.
We offer: · · · · · · · · ·
Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems
TWEE atlete van Charlie Hofmeyr, Juan Marais en Lané Giliomee (bo), gaan van 24 - 26 Maart die Wes-Kaap atletiekspan verteenwoordig by die S.A. Hoërskole atletiekbyeenkoms in Germiston. Juan het ‘n goue medalje verwerf in die diskus-item en Lané het ‘n silwer medalje verwerf in die meisies 400 meter hekkies.
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES
066 205 3312
023 1000 515
info@jptek.co.za
Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies
4
WITZENBERG HERALD
Friday, March 18, 2022
What is the difference between diarrhoea and enteric fever? ENTERIC or typhoid fever has recently been in the spotlight with a perceived increase in cases although there are annually cases diagnosed. Although enteric fever can be serious and is medically treated, it can often be mistaken for diarrhoea and gastroenteritis that is fairly common during the warm summer months. Seasonal diarrhoea can often be mistaken for enteric fever due to the similar symptoms and similar ways in which these illnesses are transferred. The big difference between enteric fever and diarrhoea is that the latter is usually caused by viruses and enteric fever by a bacteria called Salmonella Typhi. Dr Jaco Murray, Head of Paediatrics at Paarl hospital says the two conditions can be distinguished according to the symptoms displayed. “Typhoid fever can be seen as a severe type of diarrhoea, where you get other symptoms not usually associated with normal viral diarrhoea,dhe explains. What is diarrhoea? Diarrhoea is when a child has a runny tummy or frequent loose stools. Often the child may be nauseous and can vomit too. Diarrhoea is usually caused by viruses. If the child loses too much water she/he can become very ill and may die. It can also occur amongst adults, although the effect of diarrhoea is less severe for adults. During the warm summer months, diarrhoea can be quite common amongst babies and young children. According to Dr Murray diarrhoea is more common in the summer months and the department of Health monitor the Peadiatric Surge Season from November to May. What is enteric fever? Enteric fever (typhoid or paratyphoid fever) is caused by a bacterium called Salmonella Typhi and Salmonella Paratyphi A,B or C. • It is most common in areas where water and food may be unsafe and where sanitation is poor. • Any person who ingests the organism is at risk of developing enteric fever.
• Diarrhoea can also be a symptom of enteric fever. What are the symptoms of diarrhoea? The patient has a runny tummy or loose stools, vomits and presents with fast breathing. Fast breathing is a key symptom of pneu-monia and diarrhoea. Chest indrawing is al-so serious. Don’t wait: get the child to the clinic. • Other danger signs are: child can’t drink; vomits up everything; child has fits, is weak and stares blankly; there is blood in the stools. • When there are danger signs then take the child to the clinic as soon as possible. What are the symptoms of enteric fever? If you have Enteric Fever you may have mild or severe symptoms, which include: • Fever, headache, feeling unwell in general, abdominal pain or cramps, nausea and vomiting, constipation or diarrhoea, a rash on the abdomen (stomach), dysentery (blood in the stool) and dry cough. The symptoms may appear as early as 3 days to as late as 60 days after you were exposed to the bacteria. You usually start to get sick within 9 to 21 days
after exposure. If you experience symptoms, seek health care immediately. How is diarrhoea treated? Make sure that everyone who looks after the child knows how to make the sugar and salt drink to treat diarrhoea. Give small amounts of the drink frequently. (Mix one litre clean wa-ter + 8 teaspoons sugar + half a teaspoon salt). • A very sick child may need extra medication and oxygen and may be hospitalised. • Continue feeding the child small amounts at a time. • Continue giving breast milk even if baby has diarrhoea and vomiting. • A child who has been sick can only eat a little food at a time. Offer food more often (every 2/ 3 hours at least 5 times a day). How is enteric fever diagnosed and treated? A healthcare worker will collect and send samples of your blood or stool (faeces) to a laboratory for testing. • Enteric Fever is treated with antibiotics. • Antibiotic treatment is also used to treat carriers. • If you become very sick, you may need to be
hospitalised. How can diarrhoea and enteric fever be pre-vented? 1. Proper hand-hygiene which includes thorough washing of hands with water and soap after using the bathroom/toilette, and before preparing or eating a meal. 2. Maintain good hygiene in the kitchen when you are handling and preparing a meal. Cover food to keep flies away. 3. Make sure that water is safe to drink. If unsure, then boil it. Store water in a container that has a tap/spigot. If not available, use a clean bucket with a lid. 4. Household water and sanitation supplies should be safe. Avoid water that may be contaminated (polluted) with sewage. 5. Safe disposal of human stools/poo and nappies. 6. Children should be given the rotavirus vaccine at 6 weeks and 14 weeks. This protects against the main form of diarrhoea.
DRIE atlete van Laerskool Waveren het op 5 Maart deelgeneem aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl. VLNR: Gershwin Waterboer (afrigter), Clementia Mauritius (100 meter meisies o/12), Wayven Magoba (hoogspring seuns o/12), Andelene Michaels (skoolhoof), Aithley-John Martiens (hoogspring seuns o/13) en Jaime -Lee Lakey (afrigter).
CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK. OPWINDENDE LOOPBAANGELEENTHEID CERES, WES-KAAP Ceres Fruit Growers (Edms) Bpk, een van die leidinggewende vrugte-, verpakking- en bemarkingsmaatskappye in SA, benodig ‘n energieke en professionele persoon in die volgende betrekking by sy Ceres aanleg. Kandidate wie voldoen aan die onderstaande minimum vereistes word uitgenooi om aansoek te doen vir die onderstaande vakature:
TOESIGHOUER: SAKKIEPLAK Kwalifikasies: • Minimum Graad 12 Vaardighede: • Kennis van verskillende verpakking per teikenmark • Akkuraatheid • Moet onder druk kan funksioneer • Oor goeie kommunikasievaardighede beskik • Oor goeie organiseringsvaardighede beskik • Self gedissiplineerd wees en ’n positiewe beeld kan uitdra • Eie inisiatief aan die dag lê • Toesighoudende ondervinding sal u aansoek versterk • Dissipline kan handhaaf. Verantwoordelikhede: • Koördinering van die sakkieplak afdeling • Toesighoudende verantwoordelikheid van personeel in die sakkieplak afdeling • Afwykings in etikettering kan identifiseer en reg te stel • Monitering en verseker dat alle kontrole in plek is om hulp te verleen tydens alle naspeurbaarheid (“traceability”) oefeninge • Verliesbeheer toepas • Ad hoc administratiewe funksies. Ander vereistes: • Lojaliteit en absolute betroubaarheid • Bereidwilligheid om ongewone ure en nagskof te werk • 1 - 2 Jaar toesighoudende ondervinding in ’n soortgelyke omgewing. Aansoeke kan gerig word aan: hr@cfg.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: Voor of op Donderdag 31 Maart 2022 INDIEN U BINNE 2 WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM GEEN TERUGVOER ONTVANG HET NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS. In ooreenstemming met ons Beleid op Gelyke Indiensneming, sal toepaslike gekwalifiseerde persone vanuit die geïdentifiseerde groepe voorkeur ontvang.
OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERINGS VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: MAART TOT MEI 2022 Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergaderings van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum
Tyd
Plek
Besonderhede
Woensdag, 23 Maart 2022
10:00
Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
Spesiale Raadsvergadering
Woensdag, 30 Maart 2022
10:00
Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
Gewone Raadsvergadering
Woensdag, 25 Mei 2022
10:00
Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
Gewone Raadsvergadering
PUBLIC NOTICE OF MEETINGS OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: MARCH UNTIL MAY 2022
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meetings of the Witzenberg Local Municipal Council: Date
Time
Venue
Particulars
Wednesday, 23 March 2022
10:00
Town Hall, Voortrekker Street, Ceres
Special Council meeting
Wednesday, 30 March 2022
10:00
Town Hall, Voortrekker Street, Ceres
Ordinary Council meeting
Wednesday, 25 May 2022
10:00
Town Hall, Voortrekker Street, Ceres
Ordinary Council meeting
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3
WITZENBERG HERALD
5
Friday, March 18, 2022
Forum vergader met munisipaliteit
CERES SAPD het die week rolstoele aan Huis Pieter Strauss oorhandig. Dit vorm deel van die Ceres SAPD se gemeenskaps betrokkendheid saam met Witzenberg APD en Frail Care.
HAMLET Forum het op 1 Maart met die Witzenberg munisipaliteit se bestuurspan en raadslede vergader oor sake wat P.A. Hamlet inwoners raak. Daar is gepoog om probleme aan te spreek en vir oplossings te soek. Die gesprek het baie positief verloop en almal het hul verbind tot goeie samewerking. AGTER: Johan Swanepoel, Joseph Barnard (direkteur tegniese dienste), Adrian Wolfwaardt (HF), Wilna du Plessis (HF), ds.Jan Grobbelaar (HF), rdl. Dirk Swart, rdl. Ronald Visagie en Tony Duckworth (HF). VOOR: Marlene van Zyl (HF), Alma Goosen (HF), Monwabisi Mpeluza (direkteur koöperatiewe dienste), Jacobus de Wee (HF), Thérèse Erasmus (HF), David Nasson (munisipale bestuurder) en Danie Goosen (HF).
MOOI Uitsig primêr se o/13 netbalspan het Saterdag 12 Maart aan die Hoërskool Goudini se sportdag deelgeneem. Hier is die span saam met hul afrigters, Tiffany Pharo en Lucille Hufke.
Stephanie is op pad na SA's STEPHANIE Snyers (9), ‘n leerder en belowende atleet van Paardekloof primêr, het verlede Saterdag 12 Maart ‘n brons medalje verwerf by die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms in die Paarl waar sy lid was van die Bolandatletiekspan. Sy gaan nou die Wes-Kaap atletiekspan verteenwoordig wat van 24 -26 Maart in Potchefstroom aan die S.A. atletiekbyeenkoms gaan deelneem. “Dit is vir Paardekloof primêr, die beheerliggaam en die breë gemeenskap ’n absolute voorreg om haar geluk te wens met dié prestasie. Vir ‘n jong meisie wat nog nooit voorheen aan hoogspring deelgeneem het of met behoorlike toerusting geoefen het nie, het onse Steffie dit vermag. Wat haar optrede nog meer spesiaal maak, is dat dié ervaring haar soveel eerstes laat beleef het. Dit was die eerste keer dat sy aan hoogspring deelgeneem het op provinsiale vlak, die eerste keer dat iemand van die omliggende plase die provinsialespan vir hoogspring haal, die eerste keer wat sy buite die dorpsgrense gereis het en die eerste keer dat Steffie ‘n McDonalds hamburger geniet het. Kom ons help verseker dat Steffie se eerstes nie nou stop nie en dat sy volgende naweek aan die S.A. skole atletiekbyeenkoms kan deelneem. Dit is ook die eerste keer dat ‘n leerder van die skool die prestasie behaal. Kostes sluit vervoer, klere, akkommodasie en ander toerusting in en Paardekloof primêr saam met haar ouers kan ongelukkig nie alles bekostig nie”. Hulp Enige persoon of instansie wat kan help, kan vir Claudia Wessels skakel by 079-241-6781.
STEPHANIE Snyers (9), ‘n leerder en belowende atleet van Paardekloof primêr.
HAMLET Forum het op 1 Maart met die Witzenberg munisipaliteit se bestuurspan en raadslede vergader oor sake wat P.A. Hamlet inwoners raak. Daar is gepoog om probleme aan te spreek en vir oplossings te soek. Die gesprek het baie positief verloop en almal het hul verbind tot goeie samewerking. Hamlet Forum is ‘n vrywillige komitee wat saamgestel is uit lede, vanuit die breër gemeenskap, wat ten doel het om P. A. Hamlet ‘n skoon, netjiese en effektief-funksionerende dorp te maak. “Ons wil dienste in ons gemeenskap koördineer en help lewer. Die forum wil help om die hele gemeenskap van P.A. Hamlet by te staan deur ‘n veilige omgewing te help vestig waarop ons almal kan trots wees en as ‘n spreukbuis optree vir elke inwoner m.b.t. die Witzenberg munisipaliteit en Ceres Besigheidsinisiatief (CBI), sodat sake wat die gemeenskap raak, aangespreek en uitgevoer kan word”. “Kom ons help mekaar om van P.A. Hamlet ‘n plek te maak, waarop almal trots kan wees, daar te woon en te werk.
MOOI Uitsig primêr se o/13 rugbyspan het Saterdag 12 Maart aan die Hoërskool Goudini se sportdag deelgeneem. Hier is die spelers saam met hul afrigters, Jayden Arnoldus en Ivor Krotz.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
CENTRAL CERES MOTORS
Stem, herstel, verkoop en koop van klaviere. Ons bedien alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 vir enige navrae of om 'n kwotasie te kry. w.t.o.
PLANT AND TOOL HIRE
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden & general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
LAAT nuusbrokkies KENNISGEWINGS
Skakel ons by (023) 312-2045 of stuur ‘n foto van die voorwerp aan 076-689-2885
James Jaftha
Prediker 3:1 “Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd:”
Evangelis Jacobs
Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/ social media, as they are too small.
RESCUES UP FOR ADOPTION
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
Jeffrey Johannes van Wyk 1980/03/20 - 2021/01/08 Dit is jou tweede verjaarsdag in die Hemel. Ons harte is stukkend, maar God belowe dat Hy vir ons vertroosting sal bring. Ons mis jou stem, jou stywe drukkies en liefdevolle geaardheid. Elke herinnering is so kosbaar, ons sal dit vir altyd koester. Rus sag by Jesus. Jy is verewig in ons harte. Met liefde van jou vrou Belinda, en kinders Anandi en Amy
Venter Paving & Maintenance Solutions (Pty) Ltd
071-273-5573 info@venterpaving.co.za
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison St., Ceres
Automotive Engineering
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
CHIEF KAZZO
Ella & Esta Females. Born 15 July 2021
Bas Female. Born 31 October 2021
Vir verdere navrae:
Supply and install Industrial and residential • Full paving • Half brick paving • Swimming pool coping
• Skim cylinder head • Recon cylinder head • Rebore engine blocks
Mechanical workshop
• Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more
André du PPreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
• You want promotion and increased salary at work? • Clear your debts and financial problems • Win all kinds of gambling • Win contracts and tenders • All relationship problems ect.
You pay when work is done
Skakel Pierre by 083-663-3980 of (023) 231-1677 Tosca Female. Born 9 September 2021. Terrier Cross. Small size.
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na en vanaf Gauteng word gedoen. Deelvragte beskikbaar. Ons is ook persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, langen korttermyn. Skakel ons by (023) 347-4092 of stuur 'n faks na: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
Verassingsdiens: Sat. 19 Maart 2022 Huis: 08:00 Maple Park 18, Lyellstraat Ceres Kerk: 09:00 Nuwe Apostoliese Kerk Ceres,
Financial’s Love specialist
Boorman Assistent
Stamper bore (Wolseley) Op soek na ‘n hardwerkende persoon. Moet beskik oor geldige bestuurderslisensie en eie vervoer indien moontlik
1947/12/21 - 2022/03/15
Currently at the shelter
AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
Friday, March 18, 2022
Tessa Female. Born October 2021. Medium to Large size. Boerboel Cross.
Willie & Lilly Brother (white feet) and sister (brown feet). Born 21 November 2021 All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Includes a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply
Only for appointment CALL/WHATSAPP 065-990-2467
DIE Togryers museum op Ceres is tans besig met die beplanning van ‘n splinternuwe permanente gemeenskapsuitstalling vir 2022/23. Die klem val op besighede van ouds tot en met die tagtiger jare. Die museum is opsoek na enige voorwerpe, plakker, foto, kwitansie, advertensies ens. wat in inwoners se besit is. Die dokumentasie sal ingeskandeer word waarna oorspronklike dokumente terugbesorg sal word. Besighede op Ceres, Bella Vista, Morrisdale, Rooikamp, Rietvlei en Nduli, word ingesluit by die uitstalling. Sonder hierdie skenkings kan die uitstalling nie realiseer nie en doen die museum ‘n beroep op elke lid van die gemeenskap om te gaan soek vir items. Vir meer inligting skakel die museum by (023) 312-2045.
WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word. CERES netbalklub het weer met oefeninge op Dinsdae en Donderdae begin. Begintyd is vanaf 17:00 - 17:30 op Gericke netbalbane. Nuwe lede is welkom om by die klub aan te sluit. Skakel Marelize by 073318-7638 of Beverley by 083-402-1246 vir verdere navrae. DIE gewilde Skrywersslypskool word vanjaar weer in samewerking met die Togryers museum, ATKV en Diana Ferrus aangebied. Die werkswinkel word op 26 Maart aan opkomende en gevestigde skrywers aangebied en begin vanaf 10:00 tot 15:00. Koste beloop slegs R50. Bespreek nou jou plek by (023) 312-2045. LOVE and Healing sentrum (Sopkombuis) wil graag almal wat al bydraes aan hulle geskenk het en elke jaar doen, bedank vir hul getroue ondersteuning. Kos-uitdeeltye is Dinsdae en Donderdae na skool. Vir navrae of bydraes skakel Gertruida Bezuidenhout by 082-052-0614. WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word.
BELLA Vista primêr het onlangs hul nuwe hoofleiers vir 2022 aangewys. VLNR: Damian Rix, Raynique Sefoor, Mathan Swarts en Ashley Boer.
Kittens Laurel & Hardy Minni
Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram
CHARLIE Hofmeyr se 1961 matrieks het weer op 12 Februarie bymekaar gekom waar hulle saam op die gasteplaas Elim gekuier het en deur Pietman Geldenhuys vermaak is. Die volgende dag het die groep rustig in die Akkerbos op Ouplaas bymekaar gekom om oor die goeie tye te gesels.
WITZENBERG HERALD
7
Friday, March 18, 2022
Plaaslike sportlui en administrateurs beloon vir hul harde werk in die Witzenbergstreek DIE Witzenberg Sportraad, administrateurs en sportlui het op 27 Januarie tydens ‘n prysuitdeling geselligheid verskeie toekennings ontvang. Die geleentheid is deur die Kaapse Wynland Sportraad aangebied. Witzenberg Sportraad was ‘n finalis in die afdeling van die Sport en Rekreasie Organisasie van die Jaar. Individuele toekennings het onder andere die volgende ingesluit: Martie Zietsman en Charmaine Mostert (albei finaliste in die afdeling Administrateur van die Jaar), Marietjie van den Bergh (Ceres rolbalklub - finalis vir Sportvrou van die Jaar). VLNR: Charmaine Mostert (WSRC projekbestuurder en Cape Winelands Bowls president), Joey Jantjies (ondervoorsitter Witzenberg Sportraad), Martie Zietsman (Cape Winelands ringbal), Martin van Wyk (voorsitter Witzenberg Sportraad), Nicholette Baron (Witzenberg Sportraad) en Isak Snyders.
MEER as 40 jongmense in die o/30 ouderdomsgroep speel Donderdae rolbal by Ceres rolbalklub. Hulle kom van 18:30 bymekaar, speel rolbal vanaf 19:00 en kuier lekker gesellig saam. Indien daar nog jongmense is wat by die klub wil inskakel, kan hulle vir Stoffel Lambrechts skakel by 072-347-2050.
Sindikate bedrywig INWONERS word gewaarsku teen sindikate wat jou bankbesonderhede op ‘n bedrieglike wyse bekom.
Bedrieërs is deesdae volop en slaan onverwags toe op naïewe inwoners en veral bejaardes. Ook hier in die Witzenbergstreek het ‘n nuwe bedrogspul opgeduik en die polisie waarsku inwoners om op hul hoede te wees. Bedrieërs het die afgelope tyd op vier inwoners van P.A. Hamlet toegeslaan en voorgegee hulle is van Standard Bank, ABSA of Capitec se bedrogeenhede. Ongeveer R150 000 is reeds so gesteel. Skelms se werkswyse Die bedrieërs bel mense, hoofsaaklik bejaardes, dat daar verdagte transaksies op hul rekening plaasvind. Hulle lees dan gewoonlik die eerste paar nommers van ‘n spesifieke bank se kaarte en vra vir die res van die nommers, CVC nommer ingesluit, om die transaksies dringend te stop. Hulle stuur ook ‘n OTP-nommer na jou foon om die transaksie meer geloofwaardig te maak. Indien daar inwoners is wat deurgeloop het onder die misdryf, moet hulle met a.o. Janecke skakel by (023) 313-3133. Die CVC-nommer agterop die bankkaart of kredietkaart moet nooit, onder geen omstandighede, aan mense oor die foon gegee word nie.
IN 2019 het Laerskool Gericke hul eerste Foods of the World fees aangebied. Besoekers kon ‘n fees van disse en musiek uit 8 verskillende lande soos Frankryk, Italië en ons eie land, Suid-Afrika geniet. Covid-19 het egter die skool die laaste twee jaar verhoed om die feesgeleentheid aan te bied. Laerskool Gericke sal op 23 Maart weer slaggereed wees met ‘n kaleidoskoop van kleure en geure wanneer hulle hul tweede Foods of the World fees aanbied. Die waterspeelpark sal van vroegmiddag vir die kinders oop wees en vanaf 18:00 sal die heerlikste disse voorgesit word terwyl die oud-Ceresiet, Michael Lindt, die gaste vermaak met musiek. Gericke ouers is reeds besig om voorbereidings te tref om van hierdie fees ‘n reuse sukses te maak. Kaartjies is nou te koop by Laerskool Gericke se kantoor. Vir meer inligting skakel die skool by (023) 312-1110.
Amended hospital visitation guidelines DURING the fourth wave, Western Cape Government Health had to restrict visitation at hospitals to align with regulations and to reduce the number of people in our facilities at a time. “However, we firmly believe that being visited by their loved ones is an important part of a patient’s road to recovery. It is also essential to family who are anxious about the wellbeing of their loved one and wants to visit them in hospital. We also understand that it is also reassuring for young patients or the elderly to have an escort present when visiting the emergency room or outpatients’ department”. The COVID-19 epidemic has ushered in many changes, one of which is the need to avoid crowding and maintain a safe physical distance between people, to prevent infecting others with the coronavirus. “Health facilities are of necessity places where there are congregations of people accessing care, and even with a decline in COVID-19 infections and a change to adjusted lockdown level 1, we need to remain vigilant around avoiding congestion and maintaining a safe physical distance between people”. In line with the Western Cape having exited the fourth wave, Western Cape Government Health has recently adjusted its visitation guidelines accordingly to allow visitation at hospitals under strict safety precautions.
21 April 2022 - 18:30 vir 19:00 Kaartjies: R180 p/p Sluit ligte ete in Bring eie wyn - glase sal voorsien word Kaartjies beskikbaar by Kerkkantoor (023) 313-3694 of skakel Alma Goosen 083-443-0881
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, March 18, 2022
Witzenberg Herald
Michiel en Louis wen kompetisie
SATERDAG se beterbal stableford kompetisie wenners. VLNR: Louis du Toit, Michiel Herholdt en Emile Marais.
SATERDAG 12 Maart het Ceres gholfklub ‘n klubkompetisie aangebied. Michiel Herholdt en Louis du Toit was die wenners van die beterbal stableford kompetisie met ‘n telling van 44 punte. Michiel se telling het ook saam met dié van Emile Marais getel en dié span was in die tweede plek met 43 punte. Stokkies en Nonna Hanekom was in die derde plek met 42 punte. Goeie tellings Goeie brutotellings is deur Michiel Herholdt (70) en Casper de Bruin (71) aangeteken. Volgende kompetisies Spelers kan op Saterdag 19 Maart inskryf vir ‘n syfer-plus kompetisie en op 26 Maart vir ‘n beterbal stableford kompetisie. Hulle kan die klub skakel by (023) 312-3068 of op die Clubmaster app bespreek.
DIE Valley Funerals fietsryspan het die afgelope naweek deelgeneem aan die 44ste Kaapstad fietstoer. Die span het die reënweer en koue getrotseer en ‘n beter tyd as verlede jaar opgestel. Hier is die span van Otto van der Dussen van Pretoria, Jaco de Jager, Johnny de Leeuw, Brian Loff en Raymond Petersen saam met Mitch Jantjies (middel) van Valley Funerals.
EMILE Marais van Ceres en ywerige gholfspeler van Ceres gholfklub, het Vrydag 11 Maart tydens die Stoepsitters gholfdag, ‘n baie skaars prestasie behaal. Behalwe vir die kolhou wat hy op die 14de putjie ingeslaan het, het hy ook drie voëltjies op die ander syfer-3 putjies aangeteken. Hier is hy afgeneem kort nadat hy die kolhou met ‘n 6-yster op die 156 meter 14de ingerol het.
Lorenzo opgeneem in Wes-Kaap atletiekspan LORENZO Vergotine, ‘n belowende atleet van Morrisdale primêr, is opgeneem in die Wes-Kaap atletiekspan wat vanaf 24-26 Maart aan die S.A. atletiekbyeenkoms in Potchefstroom deelneem. Lorenzo gaan deelneem aan die 1200 meter vir seuns o/ 12. Regs is sy afrigter, James Adams.
Ashton laat rekords spat ASHTON Vermeulen, ‘n uitmuntende atleet van Laerskool F.D. Conradie, het die naweek uitstekend gevaar by die Wes-Kaap atletiekbyeenkoms. Hy het goue medaljes in sy 80 meter hekkies en 200 meter wedlope verower, asook ‘n nuwe rekord opgestel in beide die items. Ashton het ook ‘n silwer medalje in sy 100 meter wedloop verower. Die skool wens hom alle sterkte toe met die ASA nasionale atletiekbyeenkoms wat 24 - 26 Maart in die Noord-Wes provinsie plaasvind.
Ceres Voortrekkers Voortrekkersaal, Hugostraat Elke Dinsdagaand van 17:30 - 18:30 Anton Erwee 082-828-7370 www.voortrekkers.co.za
DIE tydrenspan van Johann Zulch en Patrick Vermaak (navigator) het einde 1997 hul finale tydren as span voltooi in die legendariese Witzenberg Motorklub klas S2 Ford Escort 1600 Sport. Nou 25 jaar later, kry Tania Vermaak (26), dogter van Patrick Vermaak, die naweek van 19 Maart tydens die Porterville Rally, die kans om in die navigatorsitplek langs Johann Zulch in te skuif. Dié Ford Escort 1600 Sport word vandag steeds beskou as een van die suksesvolste tydrenmotors in die WP en selfs SA.