Witzenberg Herald Vol.24 no.11 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

COOL TECH COOLTECH

Witzenberg

Volume 24 no. 11

R7.50

Friday, March 26, 2021

Since 1997

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 25 Maart

Vrydag 26 Maart

Saterdag 27 Maart

14° 24°

17° 31°

REFRIGERATION • AIR CONDITIONING

Hot Cross Buns

Sondag 28 Maart

12° 21°

Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za

VARS. DAAGLIKS.

060-911-9535, Voortrekkerstr., Ceres

(Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)

10° 27°

Ceres Koekedouw dam

74%

Lesing: 2021/03/24

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Taxibestuurder doodgeskiet DIE Wes-Kaap taxi-eenheid ondersoek ‘n skietvoorval in Nduli. Die afgelope vier jaar is verskeie taxi-eienaars of taxibestuurders op Ceres en Tulbagh doodgeskiet. Een taxi- en buseienaar is ernstig gewond en het ‘n aanval in 2020 oorleef. ‘n Taxibestuurder, Mzwamakhosi Zwayi Pheza (39), is Sondag 14 Maart omstreeks 22:55 voor sy huis in Chris Hani rylaan in Nduli geskiet. Hy is daarna deur omstanders in ‘n minibus gelaai en na die Ceres hospitaal gehaas waar hy later aan sy skietwonde beswyk het. Die laaste twee skietvoorvalle wat met die plaaslike taxigeweld verband hou, was op 26 Januarie vanjaar toe ‘n taxi-eienaar van P.A. Hamlet, Lekholo Moru (33), helder oordag in Nuwekloofpas buite Tulbagh in sy voertuig doodgeskiet is en die skietvoorval op 5 Desember 2020 toe ‘n Ceres taxi-eienaar, Archie Tyhobeka (38), in Nduli doodgeskiet is.

Inwoner vermoor

Drie lig beseer na ongeluk

‘n INWONER van Wolseley is die naweek vermoor. Volgens die polisie het die voorval Sondag 21 Maart omstreeks 02:00 plaasgevind. Henzil Fredericks (41) is in ‘n erg beseerde toestand na die polisiestasie op die dorp geneem nadat hy deur twee mans met ‘n mes gesteek is. Met nadere ondersoek het die polisie vir Hendricks op die agterste sitplek aangetref. Hulle het die ambulans en mediese personeel ontbied wat bevestig het dat hy dood is. Voor hy dood is het Fredericks vir ‘n familielid gesê wie hom met mes gesteek het. Die polisie het later twee mans, Ashley Joostenberg (35) en Ricardo Muller (23), gearresteer. Die mans het Dinsdag vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn waarna die saak vir verdere ondersoek na 22 April uitgestel is. Die polisie ondersoek ‘n moordklag en of die voorval bende verwant is.

TWEE vroue en ‘n man is verlede Vrydag lig beseer toe ‘n Ford bakkie van Sterkwater boerdery en ‘n Toyota Conquest in die Agter-Witzenbergvallei gebots het. Die ongeluk het omstreeks 06:30 plaasgevind. Blykbaar wou die bestuurder van die bakkie regs draai toe die Conquest se bestuurder hom wou verbysteek. Die Conquest het teen die bakkie gebots en gerol. Die polisie op P.A. Hamlet ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 25 - 28 MARCH 2021 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. Chicken balls & Vegetable stir-fry

FROM FRIDAY 26/03

SERVING

SUGGESTION

Bone Combo

p/kg

Neck Steak

mix 400g

6000

Whole or ½ Lamb

each

99

99 p/kg

3 FOR

8999 p/kg

COMBO

2000 7900

Avo’s

3499 each

4kg 3kg 2kg 1kg

Spar Feta tubs 400g

3999 4199 each

Potato Butternut Onions Carrots Mini Swiss Rolls

9

each

1

BUFFELFONTEIN 3 Year Brandy 750ml + Kola handies 6 x 275ml

5999

COMBO

each

22 21

Spar Charcoal Briquettes 5kg

Ola Ice Cream tubs 1.8L ass. 2 FOR

10

PER MULTIBUY

5000 Assorted Cake slices each

99

Nola Mayonnaise 750g

each

1299

Potato bag 7kg

p/tray

p/meal

80 70

2kg Spar IQF Chicken mixed portions

Nestlé Caramel Treat original or Mint 360g

7

2699 each

700g All Gold Tomato sauce

21000

56 49

750ml

104

20

21999

00

17999

(023) 316-2226 CERES SUPERSPAR Mon - Sun 07:00 Spar Seafood Bulk Pork 19:00 99 Bulk Club & TPhiladelphia Shrimp Roll 8-piece

Castle Lite Dumpies 24 x 340ml

Ballantine’s Finest Blended Scotch Whiskey 750ml Spier Cabertnet Sauvignon, Merlot, Pinotage, Shiraz or Signature Red

6999 each

NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.


2

WITZENBERG HERALD

TWEE karatestudente het groot pryse in ‘n onlangse lootjiekompetisie van Andries Douglas karate gewen. Henecia Arendse van Vrolikheid (foto bo) neem tans deel aan dissiplineprogram en het ‘n karate-lekkersak gewen. Willzyn Krotz (foto onder), wat ook deel is van die dissiplineprogram op Erfdeel, het ‘n skryfbehoefte-pak ter waarde van R500 gewen. * Enigiemand wat meer wil weet oor die dissiplineprogram, kan renshi Andries Douglas skakel by 073-278-4400 of ‘n epos stuur na renshi@adkarate.co.za

LIQUIDATION AND DISTRIBUTION ACCOUNTS IN DECEASED ESTATES LYING FOR INSPECTION In the Estate of: RICHARD FREDERICK LEGG Id. no.: 441030 5145 184 Address: Rosenhof, 13 Mark Street, Tulbagh Estate no: 14924/2019 In terms of section 35 (5) of the Administration of Estates Act, No. 66 of 1965, notice is hereby given that copies of the liquidation and distribution accounts (first and final, unless otherwise stated) in the estates specified below will be open for the inspection of all persons with an interest therein for a period of 21 days (or shorter or longer if specially stated) from the date specified or from the date of publication hereof, whichever may be the later, and at the offices of the Masters of the High Court and Magistrate Court of Tulbagh. Should no objection thereto be lodged with the Masters concerned during the specified period, the executors will proceed to make payments in accordance with the accounts.

H. PRETORIUS ATTORNEY

Attorneys for the Executor 40 Church Street, Tulbagh 6820 E-mail: hpretprok@gmail.com ☎ 071-347-8321 Ref: Legg

Friday, March 26, 2021

DIE Witzenberg Got Talent kompetisie het onlangs plaasgevind. Die algehele wenners was Oast Farm se Gospel-groepie.

Take care of your oral health WORLD Oral Health is celebrated globally every year on the 20th of March and is the largest global awareness campaign for oral health. Around 90% of the world’s population will suffer from oral diseases at some point in their lifetime. Dr Shubha Bhat, dentist at the District Six Community Centre, explains that Oral diseases are caused by the overgrowth of bacteria, mainly due to a combination of poor hygiene and poor diet, both which are easily preventable. “We are therefore spreading the message to the public about good oral hygiene practices for both adults and children.” Dr Bhat says that good oral health is important for your overall health. “Studies have shown that patients suffering from periodontal disease (gum disease) are at greater risk of having heart disease, stroke and diabetes complications. Poor oral hygiene results in chronic inflammation which affects many parts of the body". "Also, certain bacteria in the mouth can be transported to your lungs, resulting in pneumonia. Keeping mouth clean can prevent a whole lot serious problems in the future other than a loss of tooth!” The following guidelines are important contributors towards good oral hygiene: - Brush your teeth twice a day - in the morning and before going to bed. - Brushing harder doesn’t clean better.

Brushing hard damages the tooth and causes tooth sensitivity. - Floss daily to prevent cavities in between teeth. Brushing alone does not reach these areas. - Brush for at least 2 minutes. Many people brush fast which does not adequately clean the teeth well. - Avoid drinks and foods with high quantity of sugar. This is not only good for oral health but also overall health. Many parents are misinformed about the importance of primary teeth (baby teeth) and therefore neglect their children’s oral hygiene. Dr Bhat explains that baby teeth are just important as permanent teeth. If baby teeth are removed early it will result in overcrowding and misalignment of permanent teeth making oral hygiene difficult to maintain. This negligence also results in children’s poor diet. “We must remember that good habits taught at early age grows into adulthood,” shares Dr Bhat. Tips for parents for oral hygiene for children: - Use a clean, damp wash cloth (with toothpaste the size of rice grain) to gently wipe clean the first teeth and the front of the tongue, after meals and at bedtime. - Never put your child to bed with bottle or food. - If your child wants to have the bottle or sippy cup in between meals, try to fill it with water only

PAKMATERIAALASSISTENT (Dutoit Groente, Prince Alfred Hamlet)

Die suksesvolle kandidaat sal aan die Pakmateriaalbestuurder rapporteer vir, onder andere: • Hulp met die ontvang van groente voorrade vanaf landgoedere. • Voorraadbeheer. • Vaslegging van vraginligting op rekenaarstelsel. • Ondersteuning aan die Pakmateriaalbestuurder vir die beheer van optimale pakmateriaal voorraadvlakke op die perseel. • Algemene netheid van die pakmateriaalstoor. Die ideale persoon is energiek, entoesiasties, het sober gewoontes en beskik oor • Graad 12 • Goeie kommunikasie- en mensevaardighede • kennis van pakmateriaal en bedryfsaktiwiteite binne ‘n pakhuisomgewing en • moet bereid wees om oortyd in seisoentyd (tydens ontvang van produkte en pakmateriaal) te werk. Die posbekleër sal aan die Pakmateriaalbestuurder rapporteer. Benewens aangename werkomstandighede bied ons mededingende vergoeding (weekliks) wat lidmaatskap tot ‘n voorsorgfonds insluit. Stuur volledige aansoeke voor 15 April 2021 na recruitment@dutoit.com of dien u aansoek by die kantoor van Dutoit Groente, Voortrekkerstraat, PA Hamlet in. Diensaanvaarding sal so gou doenlik maar nie later as 1 Junie wees nie.


3

Friday, March 26, 2021

Gesoek

WITZENBERG HERALD

Earth Hour op 27 Maart

DIE polisie soek na dié mans. VLNR: Axolile Komeni van Nduli word steeds deur die P.A. Hamlet SAPD gesoek. ‘n Lasbrief is vir sy inhegtenisname uitgereik weens ‘n moord in 2015. Enige persoon met inligting, kan s/sers. Appollis skakel by P.A. Hamlet SAPD by (023) 313-3133 of 079-893-9861. Mokola Filipi Mokotelie (middel) word die afgelope ses maande deur die P.A. Hamlet speurders gesoek in verband met ‘n moordsaak van 2016. Enige persoon met inligting oor die verdagte of waar hy hom nou bevind, kan s/sers. Brian Uys skakel by (023) 3133133 of 079-893-9861. Tulbagh SAPD soek na Phafa van Nduli (regs), ‘n verdagte in ‘n poging tot moordsaak. Die voorval het op 30 Junie 2020 in Olifantstraat, Tulbagh plaasgevind. Indien enigiemand oor inligting beskik of weet waar Phafa hom bevind, kan hulle s/sers. Fouché skakel by (023) 230-8100 of 081-749-6187 of whats app stuur na 061-489-2069.

Laagste styging in 10 maande waargeneem

EARTH HOUR word vanjaar op Saterdag 27 Maart gevier. Inwoners kan van 20:30 tot 21:30 hulle ligte vrywilliglik vir ‘n uur lank afskakel om deel te neem aan die wêreldwye poging om elektrisiteit/krag te bespaar en om die aandag op klimaatsverandering te laat val. FOTO: A. Werdan - Pixabay

Voetganger sterf na voertuig hom tref

TEEN Dinsdag het Suid-Afrika die laagste styging in 10 maande beleef. Net een persoon op P.A. Hamlet het teen die einde van verlede week weens die virus gesterf. Daar is tans 30 aktiewe gevalle in die Witzenbergstreek. Teen Dinsdag 23 Maart was daar al 4978 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 4725 volkome herstel het. Uit die syfers het Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld (1000) gevolg deur Bella Vista met 862, P.A. Hamlet met 695, Wolseley met 569, Tulbagh met 515 en Nduli met 428. Twee honderd drie en twintig (223) mense het sedert 1 Maart gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 45 gevolg deur Wolseley met 33, Bella Vista met 32, P.A. Hamlet met 27 en Tulbagh met 23. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11 426 (tot 23 Maart) met 278 771 positiewe gevalle en 265 109 wat al herstel het.

‘n VOETGANGER (18) is ‘n week gelede naby Daytona by Nduli dood toe hy voor ‘n voertuig ingehardloop het. Volgens ‘n polisiewoordvoerder het die voorval Maandag 15 Maart omstreeks 20:30 plaasgevind. Die oorledene, Luwano Plaaitjies, was deel van ‘n groep seuns wat deur sekuriteitswagte van Dogs and All gejaag is. Hy het vir hulle weggehardloop en voor die aankomende Toyota Avanza op die R46 ingehardloop. Die polisie ondersoek die voorval.

Man dood in pad gekry ‘n MAN is verlede Maandag buite Wolseley dood in die middel van die pad aangetref. Volgens ‘n polisiewoordvoerder is hulle Maandag 15 Maart omstreeks 20:56 uit na die toneel. Met hulle aankoms het hulle ‘n man in sy 50’s, wat later as Johnny Phillips geïdentifiseer is, dood aangetref in Voortrekkerstraat tussen die plase Welgeleë en Welgemeend. Die polisie ondersoek die tref-en-trap voorval en strafbare manslag. Indien enigiemand dalk iets gesien het, kan hulle die SAPD skakel by (023) 231-8000.

2L Refreshh ass. cooldrink

Entstofprogram Daar is al 30 992 mense in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19. ‘n Derde besending van 5300 dosisse is onlangs ontvang.

NEVIL Britz (59), ‘n groentehandelaar en jarelange inwoner van Bella Vista, is verlede Vrydag 19 Maart omstreeks 18:50 dood na sy Nissan bakkie ‘n boom in Rivierkantstraat getref het. Hy het vermoedelik ‘n hartaanval gekry en beheer oor die bakkie verloor. Hy was op pad om sy vrou, Marie, wat by Ceres hospitaal werk, te gaan haal. Hospitaalpersoneel wat op pad werk toe was, het noodhulp toegepas terwyl daar vir ‘n ambulans gewag is. * Die begrafnis vind Saterdag 27 Maart om 10:00 vanuit die PPK Bella Vista. Die roudiens vind Donderdag 25 Maart plaas om 19:00 in Watsoniastraat.

Entstof-feite ‘n Entstof help jou immuunsisteem om ‘n infeksie te beveg indien jy geïnfekteer word. Wanneer jy geënt word teen COVID-19 sal jou risiko om ernstig siek te word of van COVID-19 te sterf, verlaag. Die entstof sal ook keer dat COVID-19 vinnig in gemeenskappe versprei.

8 99

STOKVIS Bull Brand Corned Beef 99 300g

17

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91 Snowflake Cake Wheat 50 Flour 2,5kg

23

Baby Soft Mini Toilet rolls 4's 99

17

Simba ass. 125g

Reboost Energy drink 29 500ml

6

SNOEK

2L d'lite Olie 99

SNOEK SHORTAGE EXPECTED. LIMITED STOCK.

39

Gevlek heel (p/kg) ............. R 69 99 Stukkies (p/kg) ................... R 75 00

GEELSTERT

13 99

Baker's Tennis Biscuits 99

18

Fillets (p/kg) ....................... R 89 99 Heel/ringe (p/kg) ................ R 75 99 5kg box ............................... R430 00

Pronto Bags Koffiehuis 250g

37 99

1L First Choice Custard 99

19

Heel (p/kg) ......................... R 65 99 Stukkies (p/kg) ................... R 72 99 Fillets (p/kg) ....................... R 85 99 Pryse geldig tot 18 April 2021

Pryse geldig tot 18 April 2021 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, March 26, 2021

Verhoor begin eers in Julie

Luitjies sterf na lang siekbed

‘n VEROORDEELDE verkragter se verhoor sal eers in Julie begin. Warren van Wyk (32) moet weer op 19 Julie in die Ceres streekhof verskyn weens die verkragting van ‘n 10-jarige meisie. Hy bly steeds in aanhouding. Agtergrond Die verkragting het meer as twee jaar en ses maande gelede op Vrydag 7 September 2018 plaasgevind. Van Wyk, gewapen met ‘n mes, het die 10-jarige meisie na bosse op die plaas Achtertuin geneem waar hy haar verkrag het. Hy is kort na die voorval gearresteer en het op 10 September 2018 vir die eerste keer weens dié verkragting verskyn. Veroordeelde verkragter Van Wyk is ‘n paar jaar gelede ook skuldig bevind aan verkragting en is ‘n 8 jaar vonnis opgelê. Twee jaar van dié vonnis is opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer ‘n soortgelyke misdryf sal pleeg nie. Hy is voor dié laaste oortreding vrygelaat nadat hy ses jaar van die vonnis uitgedien het. Hy het ten tye van die tweede verkragting by sy ma op die plaas Achtertuin gewoon.

FRANCKO Luitjies (35) van Tulbagh is verlede Dinsdag 16 Maart na ‘n lang siekbed oorlede. Hy het weens mediese redes by sy vorige werk bedank en daarna ligte takies by Rhodes Food Group verrig. Inwoners sal hom vir sy mededeelsaamheid, hulp aan sy medemens, vriendelikheid en stralende glimlag onthou. Francko laat sy ma, Sienie, agter asook drie susters Janice, Franzette (sy tweeling) en Karin, ‘n broer Colin en twee kinders, Farren en Riley. Die huisdiens word Saterdag 27 Maart om 9:00 by Sienie Luitjies in Jakarandastraat gehou en om 10:00 vanuit die Tulbagh VGK.

nuusbrokkies CANSA Relay for Life Witzenberg word op 27 Maart by Morrisdale primêr aangebied. Vir meer inligting skakel Esmerelda Booysen by 079-608-3391 of Jadrey Skippers by 063-623-1525. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.

Fotowenners aangewys

BELANGRIKE KENNISGEWING. Die PPK toer na Israel vind weens COVID-19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084-6574673 of stuur ‘n e-pos na isaacjacobs50@yahoo.com. Beperkte plek beskikbaar.

DIE Witzenberg Photographic Society (WPS) het hul Maart-kompetisie aangebied. Maandwenners van Charlie Hofmeyr fotografieklub is ook aangewys. Die junior en maandwenner (Hoop in droogte) was Jani van der Merwe en die ope kategorie skoolwenner (Visvang boerdery) was Jacoline Visser. Die maandwenners is: beste skolier en beste junior was Liza du Toit, selfoon ope kategoriewenner was Denise de Kock, selfoon tema wenner - Karien le Roux, monochrome wenner - Phillip de Lange, natuur wenner - Phillip de Lange, fotojoernalistiek wenner - Trevor Felix, tema wenner - Mariana Visser en ope maand en senior wenner - Louise de Lange. Die beste fotograaftrofee vir Maartmaand is aan Liza du Toit oorhandig. Die beoordelaar was Alicia Greyling.

CERES netbalklub wil graag hul 2021 seisoen afskop. Alle nuwe lede is welkom. Belangstellendes met navrae kan Beverley by 083-402-1246 of Sandra by 071-884-0073 skakel. HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum wil graag ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek begin en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076-689-2885 of (023) 312-2045.

Willem Johannes as pastoor ingeseën PASTOOR Willem Johannes is verlede Sondag 21 Maart in die Christian Mission kerk op Tulbagh ingeseën as pastoor. Sy vrou, Maureen, het hom saam met die gemeente, ondersteun.

We offer: · · · · · · · · ·

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


WITZENBERG HERALD

5

Friday, March 26, 2021

Klub aan die gang

Skryf nou in vir kompetisie by rolbalklub

DRIE Ceres rolbalspelers, Pieter Mostert, Stoffel Lambrechts en Jaco Theunissen, het hul onderskeie afdelings in die Wynland Ope mansenkelspel op 13 Maart gewen. Stoffel Lambrechts het op 14 Maart albei sy uitklopwedstryde gewen en deurgedring na die Boland top 8 mans ope enkelspel wat op 27 Maart in Worcester beslis word.

CERES rolbalklub se spelers is reeds baie bedrywig. Die jaarlikse Hunters Cup tussen Ceres en Tulbagh is op 6 Maart deur Tulbagh gewen. Die Wynland Ope en beginners enkelspel, Wynland Veterane driespel kompetisies, sowel as o/35 sosiale rolbaltoernooi vir nie-lede, het al plaasgevind, Drie spelers, Pieter Mostert, Stoffel Lambrechts en Jaco Theunissen, het hul onderskeie afdelings in die Wynland Ope mansenkelspel op 13 Maart gewen. Stoffel Lambrechts het op 14 Maart albei sy uitklopwedstryde gewen en deurgedring na die Boland top 8 mans ope enkelspel wat op 27 Maart in Worcester beslis word. Ceres rolbalklub sluit op Saterdag 27 Maart die maand af met ‘n toernooi wat deur Ceres Brouerye geborg word. Die spanne bestaan uit enige vier spelers (kan lede en nie-lede insluit). Inskrywingsgeld beloop R70 p.p. en sluit ‘n hamburger in. Registrasie vind om 10:30 plaas met alle Covid19 protokolle in plek. Vir meer navrae stuur epos na Charlie Bretske by cbretzke@fnb.co.za of skakel Abri Nel by 082-089-8993.

30 minute-diens kan mans se lewensgehalte bevorder

BELLA Vista primêr verwelkom Anyka Smith. Anyka is ‘n nuwe onderwyser by die skool.

Trains running again be careful at level crossings! TRAINS will start using the Wolseley-Ceres-Prince Alfred Hamlet railway branch line again from 29 March 2021 onwards. All road users must stop at train level crossings. Trains have right of way, run silently and may not be able to stop, even when they do see you. The line of 26km is back in use after being dormant for eighteen months. Rail traffic will shift some road transport to rail, benefit the economy and create jobs. So, from 29 March 2021 - STOP, be alert at all level crossings. Trains will be running regularly!

MANNE moenie die verskil wat ‘n 30 minuut-prosedure vir jou gesondheid kan beteken, onderskat nie. Terwyl Suid-Afrikaners Menseregtedag (21 Maart) herdenk het, moedig gesondheidswerkers veral mans aan om gesondheidsfasiliteite te besoek en só hul reg tot gesondheidsorg te benut. Mans word herinner daaraan dat een van die dienste waarby hulle kan baat, vrywillige mediese mansbesnyding (MMB) is - ‘n prosedure wat binne 30 minute afgehandel word, maar lewenslange voordele inhou. Mans en seuns wie besny word, het ‘n verlaagde risiko vir seksueel oordraagbare infeksies, ‘n verlaagde risiko om peniskanker te kry én hul persoonlike higiëne word bevorder. “Tydens die COVID-19-pandemie kon baie mans nie werk nie. Ander het hul werk verloor en nou weer seisoenwerk gekry, so hulle wil nie tyd afneem vir die prosedure nie, maar dit is tog baie belangrik,” sê sr. Moira Mentoor, een van die kundiges wat MMB’s Dinsdae by die TC Newman gemeenskapsdagsentrum bied. In die vyf jaar wat sy al hierdie diens lewer, sê Mentoor dat sy opnuut die waarde van ‘n persoon-gesentreerde diens besef het. Van die maniere waarop mans gerusgestel word wanneer hulle vir die prosedure kom, is deur die beskikbaarheid van wagareas net vir mans wie afsprake vir MMBs het. Die gesondheidswerker gee direk die pasiënt se medikasie vir hom sodat hy nie nodig het om ná die prosedure na die apteek-afdeling te gaan nie. Mentoor en die span sorg ook dat daar altyd ‘n klein geskenkie soos ‘n sleutelhouer of pen is, wat die pasiënt kry saam met inligting oor sorg tuis.

Sy sê behalwe dat baie pasiënte verbaas is daaroor dat die prosedure (waarvoor verdowing gegee word) nie so pynlik is soos hulle verwag het nie, is hulle ook bly oor die bykomende dienste soos berading, wat deel is van die besoek. In die Langeberg het gesondheidswerkers die waarde daarvan gesien om van vroeg af met jongmense te praat oor hul gesondheid en dienste soos MMB’s. Hoewel primêre gesondheidsfasiliteite dienste lewer vir oud en jonk, is daar ‘n ooreenkoms met skole in die omgewing sodat leerders op sekere dae toegang tot ‘n verpleegkundige het by die skool. “Ons sien MMB’s as deel van jou algehele gesondheid. Ons leer seuns, bv. oor die belangrikheid daarvan om om te sien na jou eie liggaam. Hulle praat van ‘n ‘sunat’ en ons praat hul taal,” sê sr. Elizabeth Beyers. Sy is sedert 2018 deel van hierdie program by skole en sê dit lewer goeie resultate. “ Vyf feite oor MMBs: 1. Mans wie MIV-positief is, kan ook ‘n MMB kry. 2.‘n MMB sal nie jou seksdrang verander of jou geslagsorgaan vergroot nie, maar sal jou risiko vir infeksies en kanker van die penis, verlaag. 3. Gebruik kondome selfs nadat jy besny is, sodat onbeplande swangerskappe voorkom kan word en sodat jy jou maat teen seksueel oordraagbare infeksies kan beskerm. 4. As jy om kulturele- of godsdienstige redes aan ’n besnyding deelgeneem het, besoek steeds ‘n gesondheidsfasiliteit vir ’n mediese besnyding 5. MMBs is gratis by Wes-Kaap regering gesondheid se fasiliteite Skakel jou naaste kliniek met vrae oor MMB's.


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

PROF. MORRIS

Prof. Morris is hier met besonderse magte. Hy is bekend vir afstandbeheer van verlore geliefdes en die voorspelling van Lotto- & Powerball nommers, werksbevorderings, huisreiniging, vinnige verkoop van eiendom soos huise, plase en motors, vinnige egskeidings en Sandawana-olie vir geluk. Pensioenarisse gratis.

BEL CERES

Nevil Britz 1961/09/16 - 2021/03/19 Privaat begrafnis: Sat. 27 Maart 2021

• 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Roudiens: Don. 25/03/2021 om 19:00, Watsoniastr. 1, BV Huis: 09:00, Watsoniastr. 1, BV Kerk: 10:00, PPK, Bella Vista Graf: Bella Vista

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

Nevil Britz 1961/09/16 - 2021/03/19

Dit was die wil van die Almagtige Vader om op 19/03/2021 uit ons midde weg te neem ons geliefde Nevil. Ons het soveel mooi en dierbare herinneringe aan hom en daarom gee ons alle lof en eer aan ons Hemelse Vader wat beskik oor lewe en dood. Ons eer Hom vir Sy liefde en al om teenwoordigheid. Van jou vrou, kinders en kleinkinders

Reginald Henry (Reggie) Williams 1967/04/16 - 2020/03/26

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Dr Mama Moses Herbal Healer Traditional & Spiritual

Here for all your problems. Big or Strong She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres For free consultation call:

A light from our family is gone. A voice we loved is still. A place is vacant in the home which can never be filled. We have mourn the loss of one. We would have loved to keep you but God called you home. A lifetime of his love and joy, is the music that fill our ears. God left these wondrous memories to help us through our tears. Rest in Peace Love Anna

Reginald Henry (Reggie) Williams

073-016-4088

MAAMA LINDA & MAAMA NAJI

• Money spells • Lost love spells • Enlargement • Marriage spells • Pregnancy spells • Clean homes • Lucky oil • Lotto

1967/04/16 - 2020/03/26

Call/whatsapp 064-078-2856 060-417-5914

Presies n jaar gelede is Dad weggevat van ons. Dit voel soms so onwerklik. Daar gaan nie n dag verby dat Dad nie deur ons gedagtes gaan nie. Nie net was Dad ‘n pa vir ons en ‘n man vir ons ma nie, maar Dad was ook ons beste vriend. Ons sal verewig dankbaar wees vir die tyd wat Dad aan ons geleen was.

Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson. Hy wil dit gee vir mense wat: •met ‘n besigheid wil begin •sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los •‘n verlore minnaar terug te kry •‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop •medisyne vir mans om krag te gee •enige hofsake •‘n ongeluksfonds betyds te kry Skakel of Whatsapp

Dr Johnson

Liefde Mischké, Re-Anne en Matthew

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking, verfwerk of jou babahondjies. (023) 316-2021 w.t.o.

074-466-5760

• • • • • • • •

073-050-5218 Anointed Prophet Joelmacy

is back, from the Mountain of Zion in Israel. Apostle has come back with Miracle Healing, Water and Stones from river Jordan. He is going to see one on one Pastors who want to have big churches, people who want to start a big business, those who are not enjoying marriage or relationship. I have been blessed with some medicine to stop people smoking and drinking. We gonna have prayer and medicine to stop your lover cheating on you, to stop divorce, get promotion at work, mens power medicine, win tenders and court cases, win LOTTO and get back lost lover.

Mama Eve & Healer Allan

Money in account Lotto & Powerballs Money in house Remove blacklist Magic wallet, stick & ring Lucky oil Get spiritual loan today Unfinished work & pensioners are welcome Claim UIF & provident fund quick

All problems R250

065-631-1997

TE HUUR

Stoorruimte

Ceres Kommersiële gebied.

Spasies vanaf 500m² - 1 500m² beskikbaar.

Call 081-722-9133

Skakel (023) 312-2261 of 082-5777-169

PROF MUSA & MAMA ZAINA

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

100% finansiële sukses & verhoudingskenner • Finansiële groei • Verlore minnaar terug hou • Help Lotto • Casino nommers, asook huwelike • Help met geestelike probleme • Raak ontslae van bose geeste in woning • Help met kontant in rekening, asook met skuld probleme deur amagwande • Help met padongeluksfonds uitbetaling • Towering vir jou beursie om te help met finansiële bystand • Help ook met alle hofsake en bevorderings in die werksplek Bel/Whatsapp

081-702-0032

Pensionarisse betaal as werk klaar is.

Skakel of whatsapp 078-777-8802

nuusbrokkies

CANSA Relay for Life Witzenberg word op 27 Maart by Morrisdale primêr aangebied. Vir meer inligting skakel Esmerelda Booysen by 079-608-3391 of Jadrey Skippers by 063623-1525. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. BELANGRIKEKENNISGEWING.DiePPKtoer na Israel vind weens COVID-19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084657-4673 of stuur ‘n e-pos na isaacjacobs50 @yahoo.com. Beperkte plek beskikbaar. CERES netbalklub wil graag hul 2021 seisoen afskop. Alle nuwe lede is welkom. Belangstellendes met navrae kan Beverley by 083-402-1246 of Sandra by 071-884-0073 skakel. HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum wil graag ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek begin en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076689-2885 of (023) 312-2045.

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

DIE laaste been van die Togryers museum se Gesondheidswerkersprojek het aangebreek. Vir oulaas wil die museum staatmaak op die gemeenskap om hul dank te betoon teenoor gesondheidswerkers wat gedurende die CV-19 pandemie gewerk het. Die museum soek 24 stortseep-houertjies en wassponsies saam met ‘n bederf sjokolade. Indien inwoners enige van die produkte kan skenk, sal dit waardeer word. Dit kan daagliks by die Togryers museum afgelaai word tussen 09:00 en 16:00.

Maama Baraka Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00

INWONERS van die Tankwa Karoo het onlangs bymekaar gekom en Tankwa Toerisme op die been gebring. Belangstellendes kan Tankwa Padstal besoek of ‘n e-pos vir Hein stuur by hlange@breede.co.za om meer uit te vind oor Tankwa Vlieghengel.

2013 Chev Utility 1.4 Club met kappie. A/C P/U S/C 175 000km

R105 000

Skakel 079-886-1989

Friday, March 26, 2021


WITZENBERG HERALD

Friday, March 26, 2021

7


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, March 26, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Demetri en Ashwill voltooi George 6 Peaks uitdaging

Adriaan breek rekord ADRIAAN Wildschutt, oud-Ceresiet en tans ‘n student in voorsieningsbestuur by die Coastal Carolina Universiteit in Middle Beach, Florida in Amerika, vaar uitstekend in atletiek en neem deel aan landlope oor 8 en 10 km deel asook 5 000 en 10 000 meter baanitems. Adriaan studeer sedert Januarie 2018 in Amerika. Adriaan het onlangs die 40 jaar oue binnenshuise rekord van Sydney Maree (13.38) wat hy in Februarie 1981 opgestel het, oortref. Adriaan was in die vierde plek in ‘n tyd van 13:30. Hy was ook onlangs tweede by die Florida State Seminoles Cross Country byeenkoms oor 10km in ‘n tyd van 29.48.

TWEE trailrunners van Ceres, Ashwill Petersen en Demetri van Rooyen, het Saterdag 20 Maart die George 6 Peaks FKT Uitdaging aangepak. Die uitdaging behels om 6 bergpieke te voet te bereik in die Outeniquaberge rondom George. Die roete strek oor ‘n afstand van 39 km en 46km, afhangende watter roete die hardlopers kies om te navigeer en sluit 3300 meter se vertikale klim in. Demetri het die uitdaging in Januarie 2020 aangepak in erge stormweer en met slegs 2km oor van die roete, op pad na die laaste piek, moes hy egter noodgedwonge omdraai omdat die Kaaimansrivier in vloed was. Die afgelope Saterdag het hy teruggekeer na die uitdaging en dit in 7 uur en 47 minute voltooi. Ashwill Petersen van Ceres het ook deelgeneem en die wedloop in ‘n tyd van 8 uur en 58 minute voltooi. Volgens die twee trailrunners was die weersomstandighede uitdagend met laaghangende wolke wat sigbaarheid baie beperk het. Hulle het ook reën op die roete gekry.

TWEE trailrunners van Ceres, Ashwill Petersen en Demetri van Rooyen, het Saterdag 20 Maart die George 6 Peaks FKT Uitdaging aangepak.

REVALDO Maurice (19), ‘n belowende jong rugbyspeler van Pine Valley, Wolseley, is in Januarie vanjaar opgeneem in die Griekwas se rugby-akademie in Kimberley. As onder-20 agterlynspeler, staan Revaldo op die drumpel van ‘n belowende sportloopbaan en ‘n moontlike senior kontrak vir 2022. Die Griekwa rugby-akademie ondervind weens CV-19 tans uitdagings met ‘n tekort aan borgskappe en finansiële ondersteuning vir hul groep jong rugbyspelers. * Revaldo se familie, vriende en die gemeenskap van Pine Valley, vra die gemeenskap om hom te help met ‘n donasie of skenking aan die akademie ten bate van Revaldo Maurice. ** Alle geldelike bydraes, donasies of skenkings kan gemaak word aan: UXI Sport Griquas Rugby Institute, FNB tjekrekening no: 628 40052708 en verw: GRI011119RM (Revaldo Maurice). Vir verdere inligting asook vir die aanstuur van bewys van enige skenkings of donasie, skakel gerus Lennox Plaatjies by 083-304-2824 of per epos na lennxpl@gmail.com

VERLEDE Donderdagaand het Ceres se o/35 spelers weer heerlik rolbal gespeel. Volgende week sal dit die laaste aand wees van die Somer-toernooi. * Indien daar nog jong spelers is wat belangstel om aan sulke toernooie deel te neem, kan hulle Stoffel skakel by 072-3472050 of ‘n epos stuur na Charlie by cfbretzke@ gmail.com of 072-615-6804.

TWEE besoekers van Malmesbury het Saterdag 20 Maart se syfer plus kompetisie gewen. I. Coetzee en R. Rinkwest het met ‘n telling van +11 gewen. Johan du Toit en André du Toit (foto) was in die tweede plek met + 8 gevolg deur Johan Smit en Connie Malherbe, ook met +8. S. Pietersen en S. Pietersen was vierde met +6.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.