Du Toit kry opgeskorte vonnis
VIER jaar nadat ‘n jong vrou van Tulbagh op Ceres doodgery is, is die motorbestuurder wat verantwoordelik was vir haar dood, gevonnis.
Jan Justin du Toit (30), ‘n werklose motorwerktuigkundige van Bella Vista, het op 2 Februarie 2020 omstreeks 01:41 roekeloos gejaag in Voortrekkerstraat, Ceres.
Hy het in die vroeë oggendure oor ‘n verkeerslig gejaag en Cemielia Ross (31) van Tulbagh oorkant die Shell motorhawe in Voortrekkerstraat, Ceres getref.
Sy was die betrokke Sondagoggend saam met ‘n vriendin en ‘n man onderweg na Tulbagh toe hulle gou aan Engen se kant van die pad in ‘n parkeerplek gestop het. Sy het uit die bakkie geklim, langs die voertuig gestaan en na die verkeerslig se kant gekyk.
Sy het skaars ‘n paar treë gestap na Shell toe sy die voertuig hoor aankom.
Sy het probeer terughardloop maar is deur die voertuig wat vinnig gejaag het, getref en byna 30 meter ver teen ‘n boom geslinger.
Du Toit en sy passasier het van die toneel weggejaag. Hy homself later aan die polisie gaan oorgegee. Hy het vir die eerste keer in November 2022 in die hof verskyn op aanklagte van strafbare manslag en versuim om ongeluk te rapporteer.
Vonnis
Du Toit is verlede Vrydag deur landdros Mabuya gevonnis nadat hy ‘n pleit- en vonnisooreenkoms met die nasionale vervolgingsgesag aangegaan het.
Volgens die ooreenkoms het hy skuldig gepleit op aanklagte van strafbare manslag en versuim om ongeluk te rapporteer asook ‘n 2018-dronkbestuurklag wat later bygevoeg is.
Du Toit is drie jaar gevangenisstraf opgelê
wat in geheel opgeskort is vir 3 jaar. Hy moet hom ook aan 3 jaar korrektiewe toesig onderwerp. Hy moet 720 uur gemeenskapsdiens verrig met ‘n minimum van 20 ure per maand. Hy moet dit by Ceres SAPD verrig.
Op 7 Mei 2018 omstreeks 19:00 het hy onder die invloed van alkohol bestuur en ‘n ongeluk met ‘n Toyota Tazz in Geelhoutstraat, Bella Vista veroorsaak.
In dieselfde pleit- en vonnisooreenkoms, het hy skuldig gepleit vir dié oortreding.
Beboet
Hy is met R4 000 beboet of 12 maande gevangenisstraf opgelê. Die helfte van die vonnis, is opgeskort vir ses maande.
Hy het R2 000 boete by die hof betaal.
Hy is ook onbevoeg verklaar om die volgende 24 maande ‘n leerling- of bestuurderslisensie te kry.
Nie tevrede met ooreenkoms
Die pleit- en vonnisooreenkoms is met die ma en familie van die slagoffer bespreek maar hulle was volgens die hofdokumente ontevrede met die ooreenkoms en straf.
ALMAL weet dat die grootskaalse herstelwerk en herseël van paaie rondom Ceres, baie belangrik is vir die Witzenbergstreek. Al drie in- en uitgange van Ceres sal vir die volgende twee jaar deel wees van uitgebreide padwerke. Maar swak kommunikasie oor dié padwerke en stop-en-ry punte wat nie reg funksioneer nie, gaan nog vir baie probleme sorg. Elke kontrakteur doen dinge op sy eie manier en werkers het nie die nodige opleiding of ondervinding nie. Daar was reeds verlede week ‘n botsing tussen ‘n kontrakteursvoertuig en ‘n motor. Van die stop-en-ry punte laat verkeer vir meer as 40-60 minute op ‘n slag ophoop. Die verkeers departement se beamptes moet meer sigbaar wees by die verskeie stop-en-ry punte en taxis en motoriste moet swaar beboet word wat die punte verontagsaam voordat iemand met sy lewe daarvoor boet. * Die video van die taxi wat naby Bella Vista op die voetgangerpaadjie ry, is binne ‘n week deur meer as 380 000 mense na gekyk.
OP Woensdag 20 Maart groet Bella Vista hoërskool hul waarnemende skoolhoof, Desiree Pharo, na 38 jaar in onderwys. Pharo het aan die Universiteit van Wes Kaapland gestudeer en later haar onderwysjare by Ceres primêr op 1 Januarie 1986 begin. Sy was hier werksaam tot tot 30 Junie 1995 voordat sy op1 Julie by Bella Vista hoërskool begin het. Oor die jare het sy as landloopafrigter baie suksesverhale opgelewer. Van die twee bekendste atlete is Nadeel Wildschutt wat opgeneem is in die S.A. landloopspan wat einde Maart 2024 aan die Wêreld Landloop kampioenskappe in Serbië gaan deelneem en Adriaan Wildshutt, ‘n S.A. rekordhouer in verskeie items. * Desiree bedank die SBL, personeel en die Hamlet en Bella Vista gemeenskap wat haar die kans gegun het om hierdie belangrike taak te doen. Sy wens almal sterkte toe en wil leerders aanmoedig om altyd net hul beste te gee.
in Gauteng Magaliesburg for a Cherry farm.
Kindly forward a detailed copy of your CV to: info@maloneyscherries.com
Museum soek na ou skooltasse
JY kan ‘n verskil maak tot die Togryers museum se splinternuwe opvoedkundige inisiatief. Het jy nog een van daardie outydse skooltasse wat net stof opgaar? “Ons benodig hierdie skooltasse vir die EDU TASSE projek. Hierdie tasse, gevul met toepaslike voorwerpe vir ‘n skoolles, sal deur skole gehuur kan word om die geskiedenis meer lewendig te maak. Dit sal ook deur die museum gebruik word. Die Togryers museum streef om die beste kwaliteit klasse vir leerders aan te bied. Die projek sal ‘n nuwe dimensie bring in hoe leerders visueel baat vind by ‘n sosiale wetenskapklas”.
079 033 6754
www.treemonkeys.co.za
‘n NUWE ding wat nou begin kop uitsteek op Ceres en P.A. Hamlet is jong mans wat teen vragmotors opklim terwyl hulle by verkeersligte of stopstrate stilstaan en dan van die appels of pere uit kratte vir hulself vat. Die vragmotorbestuurder en sy agterryer is skynbaar nie veel gepla hieroor nie - totdat iemand onder die vragmotorwiele beland.
‘n TOYOTA Etios en ‘n Wolseley minibus taxi was Sondagoggend omstreeks 05:04 by die verkeerslig naby die Ceres polisiestasie in ‘n ongeluk betrokke. Die Etios se bestuurder het by dié verkeerslig gewag voordat hy regs in Vosstraat ingedraai het. Die taxi was blykbaar op pad in die rigting van Nduli en het die Etios getref en op die sypaadjie teen ‘n gebou tot stilstand gekom. Volgens die polisie was daar beseerdes. Daar kon nie vasgestel word hoe ernstig hulle beserings was nie.
Twee mans van ontvoering en roof aangekla
DIE polisie se ondersoek teen twee mans van Ceres wat van ontvoering en roof aangekla word, is nog nie afgehandel nie.
Enrico Bosman (43) en Wandise Silwanyana (21), is op 4 Januarie deur lede van die Ceres speurtak gearresteer na ‘n voorval wat einde Desember naby die Deelvilleplaas by Bella Vista plaasgevind het. Die twee mans het na bewering die aand van 3 Januarie en oggend van 4 Januarie, ‘n paartjie in die Ceres natuurtuin oorval waar hulle in ‘n Toyota Etios gesit het.
Die 35-jarige man is met skoenveters vasgebind en agter in die kattebak gelaai. Die twee mans het daarna met die 25-jarige meisie, wat ook met veters vasgebind was, na Michellspas gery.
Hulle het later op Ceres en P.A. Hamlet by OTM’s gestop en probeer geld trek uit die slagoffers se rekenings voordat hulle na Gydopas gery het.
In Gydopas het die voertuig gestop en die man kon daarin slaag om hom los te wikkel. ‘n Struweling het tussen hom en die verdagtes plaasgevind voordat die twee mans in die motor gespring en weggejaag het. Die paartjie het daarna na Hamlet gestap waar hulle ‘n polisievoertuig voorgekeer en hulp gevra het.
Ondersoek
Polisielede het na die voertuig begin soek en dit later op die Eselfonteinpad opgemerk. Die eerste verdagte, Bosman, is kort na die voorval gearresteer. Silwanyana is later dieselfde dag vasgetrek.
Uitstel
Die mans verskyn in die Ceres landdroshof op klagtes van gewapende roof en ontvoering.
Verdere klagtes kan later deur die polisie bygevoeg word. Die saak is na 19 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.
Witzenberg haal die top 10
DIE Wes-Kaap het verlede week skoonskip gemaak in die jongste indeks van munisipaliteite wat die beste regeer word.
Die organisasie Good Governance Africa reik jaarliks die statistieke uit. Die organisasie sonder winsbejag wat navorsing oor die vasteland heen doen, het verlede Vrydag sy regeringsprestasie-indeks (GPI) vir 2024 bekend gestel.
Sy algehele top 10 munisipaliteite in Suid-Afrika is Swartland, Drakenstein, Saldanhabaai, Breedevallei, Overstrand, Bergrivier, Hessequa, Stellenbosch, Witzenberg en Midvaal. In die 2024indeks is 15 van die 20 top munisipaliteite in die Wes-Kaap.
Toppresteerders
Onder die distriksmunisipaliteite wat nie water en sanitasiedienste verskaf nie, was die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit die beste gevolg deur Weskus, Tuinroete en Overberg in die WesKaap.
Die B3-munisipaliteite (klein dorpe) se top tien word oorheers deur die Wes-Kaap, met Swartland, Bergrivier en Hessequa in die eerste drie plekke. Witzenberg munisipaliteit was vierde uit 99 munisipaliteite in dié afdeling en no.9 in die Wes-Kaap.
Anton Bredell, Wes-Kaapse LUR vir plaaslike regering, het verlede week al die munisipaliteite wat goed gevaar het op die indeks, bedank en gelukgewens.
Indeks
Met die opstel van vanjaar se indeks is munisipaliteite landwyd ‘n telling van vyf gegee vir administrasie en regering, leierskap en bestuur, beplanning, monitering en evaluasie en dienslewering, wat die swaarste gewig gedra het.
Metro’s is ook geëvalueer op grond van ekonomiese ontwikkeling, waarin indiensneming, armoede en formele behuising beoordeel is.
Dienslewering sluit in toegang tot drinkwater, sanitasie, krag en vullisverwydering asook die gehalte van dienste en die steun wat aan behoeftige huishoudings verskaf word.
Die Wes-Kaap het die hoogste telling van al die provinsies van 4,13. Dié provinsie is die enigste met ‘n telling van 4 of meer in al vier kategorieë waarin munisipaliteite beoordeel is.
KwaZulu-Natal is tweede op 3,5, gevolg deur Gauteng (3,4) en Limpopo (3,3), met die nasionale gemiddeld wat op 3,2 staan.
Die 205 plaaslike munisipaliteite oor die land heen bedien 60% van die land se bevolking en is ‘n noodsaaklike kontakpunt vir miljoene burgers wat in stedelike, semi-stedelike en landelike gebiede woon.
Aanvaller wil 'n
DIE verdagte wat ‘n sakeman by sy werksplek aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan het, wil nou ‘n borgaansoek bring.
Die saak is Maandag na 17 April uitgestel.
Tony Kleynhans (60), ‘n tweedehandse handelaar, was Maandag 4 Maart omstreeks 17:15 besig om sy perseel te sluit toe hy deur Elrico Engelbrecht (34) aangeval en ses keer met ‘n hamer oor die kop geslaan is. Engelbrecht, wat op die stoep gesit het, het Kleynhans se selfoon asook beursie met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan.
Die SAPD ondersoek ‘n klag van besigheidsroof.
Engelbrecht is op 7 Maart in Fase 3 buite P.A. Hamlet gearresteer nadat die polisie leidrade opgevolg het.
DANIEL van Deventer van Laerskool FD Conradie, is opgeneem in die Wes-Kaap atletiekspan. Hy gaan vanaf 25-26 Maart in Limpopo aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskappe deelneem. Daniël gaan aan die gewigstoot vir seuns o/13 deelneem.
FROM 11-15 March the Department of Water and Sanitation and the Witzenberg Municipality visited various primary schools to spread the message of water saving. The visits were part of National Water Month, a flagship event of the Department which is hosted annually to increase awareness about water challenges in the country. This year the Department partnered with the Witzenberg Municipality in going to schools across the municipal areas including Tulbagh, P.A. Hamlet, Wolseley and Ceres. During the campaign, government met and spoke to over six hundred primary school learners from St.Marks, Bella Vista, Witzenberg and Morrisdale pimary schools.
Atlete op pad Limpopo toe
DRIE leerders van Laerskool Gericke is in die Wes-Kaap atletiekspan opgeneem. Die drie gaan aan die S.A. kampioenskappe deelneem wat van 23-25 Maart in Polokwane, Limpopo plaasvind.
VLNR: Wilhelm Visser (o/10 - 70 meter hekkies), Ruben Gilliomee (o/13 - 80 meter hekkies) en Dirk Louw (o/12 spiesgooi).
Nearly 4 in 10 patients referred for stem cell transplants are
OVER the last four years, the SA Bone Marrow Registry (SABMR) has seen a marked increase in the number of children being referred for stem cell transplantation as a result of blood disorders and childhood cancers.
Of the more than 800 patients referred for stem cell transplantation since 2019, 35% have been under the age of 18 years.
In light of World Cancer Day (4 February), the SABMR is encouraging parents to seek medical attention for any symptoms or ailments that persist in children as early diagnosis is key in treating many childhood cancers.
Deputy Director for the SABMR, Jane Ward, says leukaemia followed by lymphoma are the most common cancers among children worldwide. According to the National Cancer Registry (NCR), half of the cases diagnosed in South Africa are children under four years of age.
The diagnosis of childhood cancer is somewhat challenging as it often mimics symptoms related to other common communicable diseases.
Ward says it is therefore important for parents to keep a close eye on any unusual ailments that do not go away on its own.
“Unlike adult cancers, childhood cancer is very difficult to prevent or screen for because of causative genetic and environmental factors that are less understood, but if it is detected early, most children can be treated successfully. The tragedy is that two thirds of children with cancer never reach a specialist treatment centre in South Africa and when they do, their cancer is often at an advanced stage.
Survival rates of childhood cancers in lowand-middle income countries are generally far lower - approximately 20% compared to high-income countries where the survival rate is 80%.
This was recently highlighted in the World Health Organisation’s (WHO) Global Initiative for Childhood Cancer, which was launched to improve cancer outcomes for children by attaining a survival rate of 60% by 2030.
The overall survival rates of childhood cancer in South Africa remain low, when compared to international data.
According to Ward addressing the concern requires a comprehensive approach involving government, healthcare providers, international organisations and other stake-holders.
She says among the key factors driving delayed diagnosis among S.A. children is the
OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERING VAN DIE
WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 27 MAART 2024
Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad:
Datum
Woensdag, 27 Maart 2024
Tyd 10:00 Plek
Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
Besonderhede
Spesiale
Raadsvergadering
PUBLIC NOTICE OF MEETING OF THE WITZENBERG
LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 27 MARCH 2024
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council:
Date
Wednesday, 27 March 2024
D. NASSON
Time 10:00
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3
Venue
Town Hall, Voortrekker Street, Ceres
Particulars
Special Council meeting
stigma and myths linked to cancer, especially among certain local and ethnic groups.
“Misconceptions surrounding childhood cancer need to be debunked with earnest as this delays the treatment of the child who can often be saved and live a full life.
In many cultures, Western medicine is still not trusted or the family is of the belief that they may be shunned since the disease is not properly understood.”
Ward says greater awareness of the warning signs of childhood cancer can encourage earlier diagnosis and lead to improved outcomes.
Childhood cancers share general symptoms with other illnesses, however, if one or more of the following symptoms persist, medical assistance should be sought immediately:
Acute Lymphoblastic Leukemia symptoms:
• Fatigue and weakness
• Frequent infections
• Pale skin (anemia)
• Easy bruising and bleeding
• Swollen lymph nodes
• Bone and joint pain
• Loss of appetite and weight loss
• Enlarged liver or spleen
children
• Headaches, vomiting, or visual changes (in cases where leukemia spreads to the brain and spinal cord)
Hodgkin Lymphoma (HL) - symptoms:
• Enlarged lymph nodes, typically in the neck, armpits, or groin
• Unexplained fever
• Unexplained weight loss
• Night sweats
• Itchy skin
BRONAAR
Bronaar Plase (Edms) Bpk, ‘n gevestigde vrugte- en groente plaas, geleë in die Koue Bokkeveld, verlang die dienste van ‘n persoon vir die onderstaande beskikbare vakature.
UIE PAKSTOOR- EN GROENTE ASSISTENTPRODUKSIEBESTUURDER
Hierdie is ‘n uitdagende geleentheid vir ‘n selfgemotiveerde en prakties georiënteerde persoon vir die bestuur van die pakstoor. Bogenoemde vakature sal direk aan die Groente Landgoedbestuurder raporteer.
Kernfunksies: • Kontrole oor pak proses • Kwaliteitskontroles • Kontrole oor pakmateriaal • Rekord oor pakvordering en skryf van vragbriewe • Ad-hoc take • Hulp met produksie buite die pakstoor.
Vereistes: • Vermoë om teikendatums te behaal en onafhanklik te werk • Goeie interpersoonlike menseverhouding • Rekenaargeletterdheid is ‘n vereiste • 5 Jaar ondervinding in die bedryf • Naskoolse kwalifikasies sal die aansoek versterk. ‘n Markverwante vergoedingspakket word aangebied.
Stuur CV aan Madelein Gagiano by: madelein@bronaar.co.za
Navrae: Steyn Marias 078 803 9320
Sluitingsdatum vir aansoeke:5 April 2024.
Diensaanvaarding:1 Augustus 2024
INDIEN U TEEN 30 APRIL 2024 NOG GEEN TERUGVOERING GEKRY HET NIE, NEEM AAN DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS.
Aubrey en JC wen Standard Bank-pare kompetisie
CERES gholfklub het Saterdag vir die eerste keer die Standard Bank-pare kompetisie aangebied.
Die kompetisie vervang die Windhoek-pare kompetisie.
Die dag is deur Aubrey Isaacs en JC van der Merwe met 47 punte gewen.
Aubrey Isaacs het ook saam met C. du Plessis gespeel en 45 punte aangeteken vir ‘n tweede plek. Rodney Engelbrecht en Jodey Kayer was derde met 44 punte gevolg deur Wilhelm Muller en Herman van der Walt met 43 punte. Harry en Vince Hewitt was in die vyfde plek, ook met 43 punte.
Cornell Muller het ‘n goeie 71 houe aangeteken.
Maart-kompetisies: Op 23 Maart borg Proverte die Ceres klubkampioenskappe en op 30 Maart vind ‘n enkel proggresiewe stableford kompetisie plaas wat die klub borg.
Wellington junior ope
Die Wellington junior ope het die naweek plaasgevind. Marko Swart van Ceres gholfklub was tweede met 37 punte.
Besprekings
Spelers kan op die Clubmaster app bespreek of die klub skakel by (023) 312-3068 vir volgende naweek se spel.
Klipgooier moet weer Meimaand in hof wees
‘n KLIPGOOIER wat vir maande inwoners se huise agter Ceres hospitaal en naby die Koekedouwdam se ingang met klippe gegooi en hulle geteister het, se sake is weer in die Ceres landdroshof uitgestel.
Christopher van Schalkwyk (35) van Klein Pruise het Maandag 18 Maart verskyn. Die sake is uitgestel vir regshulp-konsultasie. Hy moet weer op 14 Mei in die hof verskyn.
Van Schalkwyk is deur speurders gearresteer vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag op Klein Pruise en die oortreding van ‘n teisteringsbevel van een van die huisbewoners waar hy al meer as R20 000 se skade aangerig het.
Ander sake
Van Schalkwyk staan ook op talle ander klagtes tereg in die Ceres landdroshof. Hy is in Junie 2022 aangekla van kabeldiefstal, in Augustus 2023 vir die besit van dwelms en diefstal (ander klag), in Oktober 2023 vir teistering en in Januarie vanjaar vir die aanranding van ‘n sekuriteitswag en die oortreding van ‘n teisteringsbevel.
Twee mans wat vrou beroof se saak met
3 maande uitgestel
TWEE mans wat ‘n werknemer van Pep van duisende rande beroof het, se saak in die Ceres landdroshof is uitgestel vir ‘n borgaansoek.
Ibrahim Dwaba (19) en Kamva Gqalaqha (23), se saak is vir drie maande tot 10 April uitgestel wanneer die aansoek aangehoor sal word. Hulle bly in aanhouding.
Goeie speurwerk
Goeie speurwerk het gehelp dat Ceres speurders die twee mans vinnig vasgetrek het.
‘n Vrou was op 20 November 2023 op pad om die geld by Standard Bank Ceres te gaan bank toe sy deur die verdagtes van nagenoeg R66 000 beroof is.
Sy is deur ‘n gewapende man wat later as
Kamva Gqalaqha geïdentifiseer is, voorgekeer en beroof. Na dié roof het twee mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat naby Vilco, het hulle teen ‘n Toyota bakkie gebots. Na die ongeluk het Gqalaqha uitgespring en weggehardloop. Die vrou wat hulle beroof het, se handsak is in die bakkie gekry. Die polisie het die bestuurder van die bakkie, Ibrahim Dwaba (19), wat vrugte smous in Munnikstraat, op die toneel gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou.
Arresteer
Gqalaqha is ‘n paar dae later deur speurders gearresteer. Van die gesteelde geld is by hom teruggevind.
classifieds
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Ania Waterboer 20 Maart
Op 20 Maart was jy 5 jaar oud en jy is ‘n handvol! So dankbaar aan ons Vader vir die vreugde wat jy in ons lewens bring. Weet jou dag was baie spesiaal en mag dit altyd wees. Van Peetpa Daniel en almal wat so lief is vir jou
Roger Rodney Baird
1988/12/19 - 2024/03/16
Begrafnisdiens: Sat. 23 Maart 2024 Saal: 10:00, PA Hamlet Stadsaal, PA Hamlet Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Gert Boer
1955/11/11 - 2024/03/17
Begrafnisdiens: So. 24 Maart 2024 Huis: 09:00, Doornkraal Plaas Saal : 10:00, Agter Witzenberg saal Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
23: “Na waters waar rus is, lei Hy my heen”
Clifton Aubrey Japhets
1968/02/09 - 2024/03/14 Met
Van jou broer Franklin, Sheila, kinders en kleinkinders
Johannes Muller
1965/04/28 - 2024/03/13
Begrafnisdiens: So. 24 Maart 2024
Huis: 10:00, Sol Plaatjiesstraat 9, PA Hamlet Graf Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS
“ROLL ON LAWN” Skakel
082-859-2300
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres
☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
• Engine overhaul
• General Services
• Suspension
• Brakes
• and more
André du PAndré du P du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
DRINGEND OP SOEK NA
2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop. SkakelKobusSkakelKobus Skakel Kobus 083-659-1735083-659-1735
Mini
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte. Persoonlik betrokke by verhuisings. Verpak breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, stoorruimte: lang- en korttermyn. (023) 347-4092 of www .trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
Whatsapp die woord HERALD
na 066-316-3003
+ Jou naam
+ Die item wat jy wil verkoop
R eëls: • Slegs items onder R1 000
• Slegs EEN item per Whatsapp
• Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
nuusbrokkies
PPK Ceres gaan vanaf 29-31 Maart na die Paaskonferensie in Jeffreysbaai. Belangstellendes wat wil saamgaan kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673
COUNCIL for Enterprise Development and Economic Reform (CEDER) bied ‘n inkleur-kompetisie aan vir alle kinders tussen die ouderdom 7-12 jaar. Die kompetisie vind plaas op Donderdag 21 Maart (Menseregtedag), by die Rietvallei biblioteeksaal. Die verrigtinge begin vanaf 10:30 tot 14:00 en inskrywings beloop R10 per kind. Daar is verskillende pryse op die spel en nog ander pret om na uit te sien. Vir verdere navrae kan Christophe Seroot by 071-278-0544 geskakel word.
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas van 23-30 September 2024. Belangstellendes kan navrae rig aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan isaacjacobs50@yahoo.com
DIE Oesfees op die geskiedkundige
Solms-Delta wynlandgoed is weer terug op die kalender. Die Oesfees word op 6 April aangebied in Franschhoek. Kunstenaars soos Loukmaan Adams, Anton Goosen en Agri Got Talent wenners sal optree. Kaartjies kos R200 en hekke open om 10:00. Kaartjies is by Plankton.mobi beskikbaar.
INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word.
CERES gholfkompetisies: Op 23 Maart borg Proverte die Ceres klubkampioenskappe en op 30 Maart vind ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie plaas wat die klub borg.
Bondels koerante te koop
vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies
R30 per bondel
(023) 316-2021
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00
Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
Waterveiligheid - Wat ouers moet weet
EOUDIA Erasmus van NSRI deel graag ‘n paar waterveiligheidswenke met ouers.
Kinders hou van water, dit trek hulle aan en dit is hoekom basiese waterveiligheid so belangrik is. Kinders verskil ook wanneer dit kom by selfreddingslesse - sommige kinders is rustig en ander meer gespanne, maar dit is ‘n tegniek wat deur elke persoon aangeleer kan word.
Kinders moet van jongs af geleer word om NOOIT sonder ouertoesig naby water te gaan nie.
Hulle moet nooit na iemand gryp in die water nie en nooit iemand se kop onder die water druk of rowwe speletjies speel nie. Dit is ook belangrik dat hulle moet leer hoe om
veilig in en uit ‘n swembad te klim.
Volgens Eoudia gebeur ‘n ongeluk in ‘n oogwink! Verdrinking kan stil wees, iemand skeeu nie noodwendig om hulp nie en daarom moet ouers ALTYD toesig hou wanneer hul kinders swem, al is kinders waterveilig.
Memoriseer ‘n noodnommer en leer om KPR te doen.
Onthou, enige poging is beter as geen poging.
Indien lesers betrokke wil raak as vrywilliger by die NSRI se Survival Swimming-projek, kan hulle Eoudia Erasmus skakel by 074-321-5322 vir meer inligting.
“Met meer helpers in die water, kan ons meer kinders in die Witzenberg gemeenskap waterveilig maak”.
200ste Parkrun op Ceres
Hufke ontvang toekenning
CAMERON Hufke, oudspeler van Bella Vista rugbyklub, is die naweek aangewys as Curriebeker speler van die Jaar. Die toekenning is tydens die jaarlikse SA rugbytoekenningsaand gemaak.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
ADRIAAN Wildschutt, internasionale langasem en oud-Ceresiet, het verlede Sondag die rekordboeke herskryf toe hy die eerste Suid-Afrikaanse atleet geword het wat deur die grens van 27 minute in die 10 000 meter gebars het. Hy het die prestasie behaal in die Tensatletiekbyeenkoms in Kalifornië met ‘n tyd van 26:55:54. Hy het ‘n sesde plek in die wedloop behaal. *Wildschutt het Januarie vanjaar geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaner te word wat deur die grens van 13 minute bars oor 5 000 meter. Adriaan het op die John Thomas Terrier Classic byeenkoms in Boston die rekordtyd van 12:56:76 behaal en sy eie Suid-Afrikaanse kortbaan-binneshuise rekord in flarde laat spat. Hy het reeds in Julie verlede jaar sy plek op die vliegtuig na die Parys Olimpiese Spele, bespreek toe hy die kwalifiserende tyd van 13:05 behaal het. ** Ander rekords: Adriaan het ook in 2023 ‘n nuwe nasionale rekord in die 10 000 meter vir mans opgestel toe hy die stophorlosie op 27:23.10 gestop het. Hy het Hendrik Ramaala se rekord (27:29.94) van 24 jaar gelede verbeter wat Ramaala destyds in 1999 in Port Elizabeth opgestel het. Hy hou ook die SA rekord in die 3000 meter (7:39:25).
Witzenberg Herald
Sport
FOTO: Trevor Felix
GLEN-LIHN Tromp, woelige senter van Hamlet rugbyklub, was Saterdag een van die gevaarmanne met sy breekslae wat teenstanders onkant gevang en na lug laat gryp het. Hamlet het Delicious met 45-22 geklop.
FOTO: Herman Snyman
CERES RVK het hulle oorwinning oor Delicious opgevolg met ‘n weg-oorwinning van 41-21 oor Temperance. Die wedstryd het op ‘n klipharde veld plaasgevind. * Hier duik ‘n Ceres speler sy opponent dat die stof so staan.
Ceres klop Delicious, Bella Vista wen vêr
DIE naweek het die derde rondte wedstryde in die Groot Uitdaag- en streekuitdaagreeks plaasgevind. Ceres, Bella Vista, Wolseley en Hamlet het almal goeie oorwinnings behaal.
Ceres het hulle oorwinning oor Delicious opgevolg met ‘n weg-oorwinning van 41-21 oor Temperance.
Vir Ceres het Corné du Plessis ‘n drie gedruk en geslaag met vyf doelskoppe en twee strafdoelle. Die ander drieë is deur Waylon Johnson, Sipho Gqadu, JW Snyman en De Wet van Huysteen gedruk.
Ceres speel die naweek teen Hamlet.
Bella Vista wen
Bella Vista rugbyklub het die naweek met sy oorwinning teen Young Blues, opgeskuif na die tweede posisie op die punteleer.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNINGVERORDENING
WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION
15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende nor male kantoor ure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Erf 373 Tulbagh
Ligging / Location Witzenbergstraat 10 / 10 Witzenberg Street, Tulbagh
Aansoeker / Applicant Olive Tree Trust (Aneretha Hauptfleisch023 230 2292)
Aard / Nature
Onderverdeling en Hersonering van die gedeelte na Algemene Woonsone I (dubbele woonhuis) / Subdivision and rezoning of the portion to General Residential Zone I (double dwelling house)
Sluitingsdatum / Closure date 24/04/2024
Die eindtelling van 60-29 vertel nie die ware verhaal. Bella Vista se agttal wat sonder ‘n paar staatmakers klaargekom het, het steeds die kitaar voorlangs geslaan. Met oorgenoeg balbesit teken die tuisspan reeds teen rustyd hul bonuspunt drie aan.
Met die telling 41-10 laat hul afrigter Hilton Seroot, die impak-spelers los. Dit gee die besoekers kans om terug in wedstryd te kom en word hul ook beloon met ‘n bonuspunt drie wat die telbord skielik 41-29 laat lees.
Bella Vista druk hierna nog drie drieë voor die eindfluitjie blaas.
John-Lee Skippers blink uit en druk drie drieë terwyl Jayten-Lee Martin, Cameron Davids, Lorenzo Boer, Adrian Mars, Morné Swartz en Patwin van der Merwe elkeen ‘n drie druk. Die skeidsregter ken ook ‘n straf drie toe aan
Bella Vista. Patwin van der Merwe slaag met twee doelskoppe en Ruan Manuel en Kenan Wessels skop ook een oor.
Bella Vista reis die naweek na Wellington. Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie:
Bella Vista klop Young Blues maklik met 6029, Roses United klop Wellington met 45-14, Wolseley wen 19-14 teen Evergreens Paarl, Newtons klop Hillcrest 29-19 en Hamlet verras met ‘n goeie oorwinning van 45-22 teen Delicious.
Uitslae in die streek uitdaagkompetisie: Tulbagh klop Young Westlyans met 24-14, La Plaisante is te goed vir Young Good Hopes en wen 32-12, Op-die-Berg klop Lindeshof 2615, Lovedale klop Paardekloof 35-11 en Môrester en Red Roses speel gelykop met 38-38.
FOTO: Epic Facebookblad