Witzenberg Herald Vol.25 no. 11 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 11

R8

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 24 Maart

Vrydag 25 Maart

10° 26°

8° 24°

Saterdag 26 Maart

Sondag 27 Maart

7° 26°

9° 30°

Friday, March 25, 2022

Hot Cross Buns VARS. DAAGLIKS.

060-911-9535, Voortrekkerstr., Ceres

(Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)

Since 1997

Witzenberg Herald

Ceres Koekedouw dam

73,4%

Telephone: (023) 316-2021

Ceres poskantoor word beroof - 3

1997 - 2022

Lesing: 2022/03/23

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Vrou (70) sterf in ongeluk EEN persoon is Dinsdagoggend dood en ses mense ernstig beseer in ‘n kop-aan-kop botsing op die R46 buite Wolseley. Die ongeluk tussen ‘n minibus taxi van Ceres en ‘n wit Opel Meriva van Tulbagh het omstreeks 06:30 plaasgevind tussen die twee Wolseley-kruisings. Die polisie en verkeer het na die ongeluk die pad by beide kruisings gesluit sodat EMS personeel op die ongelukstoneel kon werk. Volgens voorlopige inligting was die taxi met plaaswerkers op pad in Ceres se rigting toe dit na bewering ‘n ander voertuig verbygegaan en teen die Opel Meriva, wat op pad was na Tulbagh, gebots het. Die taxi het op sy sy te lande gekom in die middel van die pad en die Opel het van die pad geloop en ook op sy sy tot stilstand gekom. Die bestuurder van die Opel, Estelle du Plessis (70) van Tulbagh en ‘n verpleegster by Boland Hospice op Ceres, is op die toneel dood. Sy was alleen in die motor. Ses insittendes van die taxi is ernstig beseer en twee mans en twee vroue het ligte beserings opgedoen. Pasiënte is na die Ceres provinsiale hospitaal geneem vir behandeling. Ondersoek Dit is onbekend of die taxibestuurder, Molise Nketu, onder die beseerdes is. Die polisie ondersoek ‘n klag van strafbare manslag teen die taxibestuurder.

EEN persoon is Dinsdagoggend omstreeks 06:30 dood en ses mense ernstig beseer in ‘n kop-aan-kop botsing tussen ‘n minibus taxi van Ceres en ‘n wit Opel Meriva op die R46 buite Wolseley. Hier is nooddienste werkers besig by die wrak van die Opel Meriva. INLAS: Estelle du Plessis (70).

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 24 - 27 MARCH 2022 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 19:00

TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00

Spar UHT Milk 6x1L, Full Cream, Fat Free or Low Fat

69 Speciality meats Smoked Sandwich Ham

Pork Neck Steak bulk Chicken Thigh kebab

69

99 p/kg

89 8499

82

99 p/kg

Sirloin Steak matured

13999 p/kg

p/kg

7kg Potato Bag, 2kg Butternut, Cabbage whole, 750g Carrots 2kg Onions

PER COMBO

Ceres Spar Boerewors bulk

p/meal

Spar 5kg IQF Chicken

169

Avo’s

3 FOR

10000 2000

34

99 each

Carrot loaf

19

200 00 180 00

Chicken leg quarter, Carrot & Pineapple salad & Mealiepap bolle

Hauswirth Chocolate Bunnies

each

Focaccia ass.

99 each

64

20

6-pack

3000

p/kg

each

Spar 2L Cooking Oil

SERVING SUGGESTION

99

99

99

Baby Soft 18’s PER MULTIBUY

5999

3000 each

4

25 21 99

20

99

69 99 49 99

1.35kg Bokomo 700ml All Gold Weetbix Family Pack Tomato Sauce

2 FOR

99

FROM FRIDAY 25/03/2022

Beacon Mallow Eggs 36’s

184 00 170 00

KWV 5 Year Brandy 750ml + Coca-Cola 1L PER MULTIBUY

4

26 99 22 99

5

29 99 24 99

14

750g Nola Mayonnaise ass.

Spar Smoked or Red Vienna’s 500g (excl. Chilli & Chicken)

19999

CERES SUPERSPAR (023) 316-2226

Castle Lager NRB 24 x 340ml PER CASE

NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, March 25, 2022

Ceres Voortrekkers vaar goed in vlotvaart DIE Voortrekkers het Saterdag 5 Maart hul jaarlikse Vlotvaart op Velddrif aangebied. Daar was 23 vlotte ingeskryf en Ceres Voortrekkers was goed verteenwoordig en het goed gevaar. In die Ope klas het die Bloublasies skoonskip gemaak. Die Bloublasies se vlot het 18de weggespring en eerste van al die vlotte die eindstreep bereik. Hul wen hul kategorie en behaal ‘n tweede plek vir die mooiste vlot van die dag. In die seuns-afdeling het die Pienk Pikkewyne 22ste weggespring en derde klaargemaak in hul kategorie. Die wenners van die seuns-afdeling was die Swartwitpense wat heel laaste weggespring het en kort op die hakke van die Bloublasies klaargemaak het.

Matriekfonds skenk rekenaar aan student DIE Witzenberg Matriekfonds het onlangs ‘n skootrekenaar geskenk aan Ovayo Kombela, ‘n eerstejaarstudent aan die Skiereiland Technikon in Bellville. Die Matriekfonds moes tydens die COVID19 pandemie hul ondersteuningsprogram aanpas omdat klasse toenemend aanlyn aangebied word. Dit is noodsaaklik dat behoeftige studente toegang tot rekenaars het. Hier is me. Saula afgeneem saam met Sarel Brown (voorsitter van Witzenberg Matriekfonds). * Ouers kan nie direk by die Witzenberg Matriekfonds aansoek doen nie. Leerders word deur hul skoolhoofde aanbeveel met ondersteunende dokumente wat bewys lewer van gebrekkige finansies en goeie akademiese prestasies. Dankie aan elke donateur wat dié ondersteuningsprogram moontlik maak.

Bedankings Ceres Kommando wil ‘n groot dankie sê aan die volgende mense: - Ian Versfeld van Vadersgawe en Eric Kershoff vir die leen van jul waens - Jaco Theunissen vir die leen van drie plastiekdromme - Arno Koen van Ceres Superspar vir die skenk van die energie pakkies vir almal op die vlotte - Kobus van Rensburg en Jaco Theunissen vir die braai van die wors, laai en help bou van vlotte - Jaco du Toit vir die maak van die hempies Dankie ook aan elke offisier, staatmaker en volwassene wat gehelp het dat die kinders veilig in Velddrif aankom en teruggekom het by die huise en elke verkenner wat so hard geroei en met so ‘n lekker gees deelgeneem het. Baie dankie ook aan die Witzenberg Herald wat so getrou ons advertensies en beriggies plaas.

IN die ope klas het die Bloublasies skoonskip gemaak.

DIE wenners van die seuns-afdeling was die Swartwitpense.

DIE Pienk Pikkewyne.

Boland Hospice Intermediate Care Facility (ICF) based at Ceres Provincial Hospital and Home Based Care services in Witzenberg have vacancies for Professional & Enrolled Nursing Staff.

Professional Nurse as a Home Based Care Coordinator Minimum requirements: • Registered with South African Nursing Council (SANC) • Driver’s License Key performance areas: • Leading a team of Health Workers in the community • Networking with Primary Health Care Facilities • Assessment of patients and implementation of Care Plans • Part of an inter-disciplinary team • Administration and Supervision duties

Enrolled Nurse as a Shift Leader ICF (x2) Minimum requirements: • Registered with the South African Nursing Council (SANC) • Previous working experience will be an advantage Key performance areas: • Part of a Multi-Disciplinary Team • Running a shift of staff within a 12 bed ward For more information, please contact Jakkie at the Boland Hospice office: (023) 342-4816 Send CV and proof of SANC registration to: hr@bolandhospice.org by no later than 31 March 2022.

VROLIKE Vinkies op Ceres spog met agt studente wat onlangs hul Community Homebase Care studies voltooi het deur Medicaemanus Academy. Die studies is deur Perdekraal-Oos windplaas geborg en Vrolike Vinkies is baie dankbaar vir die gebaar. Die studente is nou gereed om in die Witzenberg gemeenskap versorgingswerk te gaan doen.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, March 25, 2022

Trokbestuurder loop hom vas TWEE mans, ‘n vragmotorbestuurder van Clover SA en ‘n passasier van Khayelitsha, Kaapstad, het verlede week hulle rieme op Ceres styfgeloop nadat hulle beweer het hulle vragmotor is gekaap. Die mans, Bongolethu Besi en Wandile Dyani, het op 14 Maart omstreeks 18:00 aan die SAPD beweer hulle Hino vragmotor is naby Britos in Voortrekkerstraat gekaap nadat twee onbekende mans hulle met ‘n vuurwapen gedreig en daarna met hulle na Nduli gery het. Hulle sou daarna die kluis in die vragmotor probeer oopmaak. Hulle kon nie daarin slaag om die kluis oop te maak nie.

Die vragmotor se opsporingstelsel het gewys dat die voertuig rondbeweeg in Nduli waarna die polisie in kennis gestel is daarvan. Na verdere ondersoek deur polisielede en CCTV beeldmateriaal wat nagegaan is, is daar vasgestel dat die mans lieg oor die beweerde kaping en is beide gearresteer en aangekla van meineed. Hulle het verlede Woensdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak na Woensdag 23 Maart uitgestel is vir ‘n borgaansoek. Die bestuurder, Bongolethu Besi, was blykbaar die afgelope twee jaar in meer as 20 gevalle die klaer dat hy gekaap is en dat onbekende bedrae geld by hom gesteel is.

SES mans het die poskantoor in Owenstraat binnegestap terwyl daar personeellede en twee kliënte binne die tak was. Meer as R90 000 is gebuit.

Rowers beroof poskantoor en vlug met geld

SES gewapende mans het verlede Donderdag die Ceres poskantoor beroof. Dit was die agtste poskantoor in die WesKaap wat vanjaar beroof is. Volgens ‘n polisiewoordvoerder het die roof net na 10:30 plaasgevind toe ses mans die poskantoor in Owenstraat binnegestap het terwyl daar personeellede en twee kliënte binne die tak was. Twee mans het by die buitedeur bly staan om mense te keer om in of uit te gaan terwyl die ander vier die personeel en kliënte met vuurwapens gedreig het. Twee mans het oor die toonbank gespring en die geld geëis. Meer as R90 000 is gesteel voordat die verdagtes op die vlug geslaan het in ‘n wit Mercedes Benz motor. Die motor is later in Tableview opgemerk waarna ‘n 52-jarige verdagte gearresteer is. Hy sou blykbaar op 22 Maart in die Ceres landdroshof verskyn het op ‘n besigheidsroof-klag. Die ander verdagtes is nog op vrye voet. Geen beserings Geen skote is deur die verdagtes afgevuur nie en geen personeellid of kliënt is tydens die roof beseer nie. Hulle was net erg geskok. Die tak is kort na die roof gesluit sodat die polisie hulle ondersoekwerk kon doen. Die tak was Dinsdag 22 Maart nog gesluit. Dit was die vierde gewapende roof die afgelope vier maande op Ceres en Wolseley nadat Totalsports en Foschini op Ceres en International Superette op Wolseley ook onlangs beroof is.

DIE polisielede was betrokke by die inhegtenisname van die twee mans wat beweer het hulle is gekaap. VOOR: Kst. Van Wyk, a.o. Klaasen (skofbevelvoerder), a.o. Nombewu en kst. Meyekiso. AGTER: Sers. Baron, sers. Robertson, sers. Cupido, sers. Saunders en kst. Africa.

Drie mense die naweek in die streek vermoor DIE polisie in die Witzenbergstreek ondersoek drie moorde wat verlede Sondag op Ceres en op Wolseley plaasgevind het. Die Wolseley SAPD ondersoek twee moorde in die Pinevalley-omgewing. Die eerste moord het Sondag 20 Maart omstreeks 05:00 plaasgevind nadat die polisie die liggaam van ‘n Lesotho-burger, Bokang Mate, gekry het. Hy is twee keer met ‘n skerp voorwerp in sy bors gesteek. Geen verdagtes is nog vir die moord vasgetrek nie. ‘n MAN vragmotor van Brackenfell, Kaapstad met ‘n vrag appels op, het verlede Donderdag 17 Maart omstreeks 15:00 bokant die treinspoordraai in Michellspas omgeslaan. Die bestuurder is beseer maar geen saak is by die polisie aangemeld nie. Later die middag het ‘n ander vragmotor sy vrag pere verloor voor Witbrug. * Op Sa-terdag 19 Maart omstreeks 01:15 is ‘n vragmotorbestuurder in Theronsbergpas dood nadat hy beheer oor die vragmotor verloor en dit omgeslaan het.

Moord en verkragting ‘n Gestremde man (48) en ‘n 18-jarige meisie, twee inwoners van Pinevalley, is Sondag 20 Maart omstreeks 22:30 deur ‘n onbekende man voorgekeer terwyl hulle ‘n kortpad na Kluitjieskraal geneem het. Johannes Samuels het aanhou stap en is deur die man met ‘n skerp voorwerp in sy bors gesteek. Hy is op die toneel dood. Die verdagte het daarna die meisie oorval en verkrag voordat hy op die vlug geslaan het. Geen verdagtes is nog vir dié moord en verkragting vasgetrek nie. Moord in Nduli ‘n Man het Sondag 20 Maart omstreeks 06:30 gesterf nadat hy ook met ‘n skerp voorwerp in sy bors gesteek is. Die moord het in Eluxolwenistraat plaasgevind. Niemand is nog inhegtenis geneem na die moord nie.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, March 25, 2022

Construction of Tulbagh Bulk Water Supply on track

THE Department of Water and Sanitation (DWS) Western Cape Provincial Head, Ntombizanele Bila-Mupariwa, observed progress on the Tulbagh Bulk Water Supply construction site in Tulbagh. The Tulbagh Bulk Water Supply is intended to augment water supply for Witzenberg Local Municipality and was funded through DWS’ Regional Bulk Infrastructure Grant (RBIG). Phase 1 of the project entails the construction of a dam. Upon completion, the dam will yield 1.2 megalitres of water. The last phase of the project, which involves the construction of the rising main and pump station, is scheduled for completion in June 2023. Phase 1 progress is at 40% and the project is on time, on budget and approved specifications. Once the entire project is completed, it will enable the development of low-cost housing development and the project will improve water security within the region. FLTR: Ian Odendaal (developer), David Nasson (municipal manager), Ntombizanele Bila-Mupariwa (DWS Western Cape Provincial Head), Simphiwe Mashicila (DWS) and Nathan Jacobs (Witzenberg Municipality).

MATJIESRIVIER primêr het op Woensdag 9 Maart hul splinternuwe kantoorgebou ingebruik geneem. Die opening is bygewoon deur mnr. Benjamin, direkteur van KWOD, mnr.Hendrik Ockhuis (kringbestuurder van kring 5) asook verteenwoordigers en aandeelhouers van Perdekraal-Oos windplaas. “Die nuwe kantoorgebou is te danke aan Perdekraal-Oos windplaas en die skool wil graag hul opregte dank oordra vir hul onbaatsugtige skenking. Die skool wil veral vir Jo-Ann Brown bedank vir haar dryfkrag agter die projek”. VLNR: Me. J. Batts (PFP), mnr. J.P. Franse (skoolbestuurder), mnr. J. Benjamin, Jo-Ann Brown (Perdekraal-Oos windplaas) en mnr. Hendrik Ockhuis.

Ons beskik tans oor die volgende vakature vir ‘n

DIESEL-/TREKKER WERKTUIGKUNDIGE Vereistes: • Minstens 5 jaar ondervinding as gekwalifiseerde werktuigkundige • Case IH produkkennis sal in u guns tel Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 April 2022 Diensaanvaarding: Onmiddellik E-pos verkorte CV na: tarina@northmec.co.za Indien u binne14 dae vanaf sluitingsdatum geen terugvoering ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was. DIE ongeluk tussen ‘n minibus taxi van Ceres en ‘n wit Opel Meriva van Tulbagh het omstreeks 06:30 plaasgevind tussen die twee Wolseley-kruisings. Lees volledige berig op voorblad.

Make your life easier with Mobile convenience CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!

21 April 2022 - 18:30 vir 19:00 Kaartjies: R180 p/p Sluit ligte ete in Bring eie wyn - glase sal voorsien word Kaartjies beskikbaar by Kerkkantoor (023) 313-3694 of skakel Alma Goosen 083-443-0881

OPEN GATE VIA MISSED CALL

Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience SKAKEL ONS VIR ALLE HEKMOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

023 1000 515 066 205 3312 info@jptek.co.za

Verkragtingsaak teen drie seuns begin eersdaags MEER as drie jaar het verloop sedert drie minderjarige skoolseuns aangekla is vir verkragting. Die saak gaan nou uiteindelik op 29 Maart in die Ceres streekhof begin. Die seuns moet verskyn op aanklagte van verkragting of sodomisering van vier jong seuns in 2018 in die P.A. Hamlet omgewing. Ondersoek Ceres SAPD se GKS afdeling het einde 2018 die voorvalle begin ondersoek en ‘n gesinsadvokaat van die staat en die departement sosiale ontwikkeling was ook betrokke by die ondersoek. Die voorvalle het middel November 2018 by ‘n klein plaasskooltjie buite Ceres plaasgevind en weens die sensitiwiteit van die voorval en dat minderjarige kinders betrokke was, is die drie verdagtes eers op 13 Junie 2019 gearresteer. Die verdagtes was ten tye van die voorval 13, 15 en 16 jaar oud terwyl die slagoffers almal 9 jaar oud was en leerders was in graad vier en vyf. Nou is een van die verdagtes reeds 18 jaar oud terwyl die ander twee binnekort 18 jaar en 17 jaar oud word. Hulle name sal gepubliseer word sodra hulle in die hof verskyn.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, March 25, 2022

Inwoners bly oor vlak1-aanpassings VLAK 1 regulasies word vanaf Woensdag 23 Maart verslap. Dié vlak1-aanpassings kom nadat pres. Ramaphosa Dinsdagaand weer die land toegespreek het oor stand van sake rakende die hantering van CV-19 maatreëls. Sodra kommentaar ontvang is oor die konsepregulasie, kan die ramptoestand wat vanaf 15 Maart 2020 in plek is, opgehef word. Maatreëls sal dan toegepas word onder gesondheid- en arbeidwetgewing en nie onder die Wet op Rampbestuur nie. Mense hoef glad nie meer maskers in die buitelug te dra nie maar dit bly verpligtend binnenshuis, op treine, vliegtuie en op busse. Sportstadions mag ook nou 50% vol wees as toeskouers ingeënt is of ‘n 72-uur negatiewe toets kan wys. Die toerismebedryf is bly dat buitelandse besoekers nou makliker die land kan binnekom en dat PKR-toetse nie meer nodig is nie. Inentings Meer as 33 miljoen landsburgers is reeds teen CV-19 ingeënt en meer as 3.6 miljoen mense het al herstel van die virus. Die dodetal is tans 99 890 en kruip stadig nader aan die 100 000 kerf. Die verskil wat die entstof reeds gemaak het, was duidelik tydens die vierde vlaag van die pandemie toe meer as 85% van mense in die Witzenbergstreek wie in Januarie 2022 gehospitaliseer is by Ceres provinsiale hospitaal en gesterf het weens COVID-19, nié teen die virus ingeënt was nie. Dinsdag was die 725ste dag wat SuidAfrikaners met die virus worstel. Plaaslike inwoners kan steeds hul inenting/versterkingsdosis by een van die volgende fasiliteite kry: Ceres provinsiale hospitaal: Maandae tot Vrydae. P.A. Hamlet kliniek: Maandae, Op-die-Berg kliniek: Dinsdae, Tulbagh kliniek: Woensdae, Bella Vista kliniek en Nduli Polo Crosssaal: Donderdae en Wolseley kliniek: Vrydae. Inwoners kan ook Clicks se tak op Ceres besoek. Plaaslike statistieke Sedert die begin van die pandemie is 9240 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8823 herstel het. Positiewe gevalle het die week van 3 na 5 gestyg.

Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2168 gevolg deur Bella Vista met 1380, Wolseley met 1198, P.A. Hamlet met 1242, Tulbagh met 1130, Nduli met 613 en Koue Bokkeveld plase met 741. Vier honderd en twaalf (412) mense het die afgelope twee jaar sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes staan tans op 83

gevolg deur Wolseley met 67, Bella Vista met 60, Tulbagh met 52, P.A. Hamlet met 50, Nduli met 34 en Koue Bokkeveld plase met 30. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 848 (22 Maart). Daar is al 666 834 positiewe gevalle aangemeld en 640 189 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 3.704 miljoen mense al herstel. Meer as 99 890 mense (22 Maart) het al weens die virus in Suid-Afrika

gesterf. Die herstelkoers is tans 96.9%. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het gedaal na 3.92%.


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van

AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15

Maria Magdalena Baadjies

Frikkie Frentlin Claasen

1985/05/16 - 2022/03/ 21

Roudiens: Do. 24 Mrt. 2022 om 18:30 te Welgemeen, P.A. Hamlet Begrafnis: Sat. 26 Maart 2022 om 09:00 te Welge-meen, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista

1972/03/24 - 2021/10/15 We little knew that God was going to call your name. In life we loved you dearly in death we do the same. It broke our hearts to lose you, you did not go alone, for part of us went with you the day God called you home. You left us peaceful memories, your love is still our guide and though we can not see you, you are always at our side. Our family chain is broken and nothing seems the same but as God calls us one by one , the chain will link again. Happy Heavenly Birthday ‘Nanna’ From your children, your brothers and sisters

Ivan van Wyk 1970/03/23 - 2020/12/22

Alvino Lombaard

2003/07/18 - 2022/03/ 20 Begrafnis: So. 27 Maart 2022 te Middelpos (Noord-Kaap)

Daar is geen woorde om die leegheid waarmee jy ons agtergelaat het te beskryf nie. Mag mooi herinneringe ons troos in hierdie moeilike tyd. Ons is baie lief vir jou Alvino. Rus in vrede. Van jou moeder, Veronica en breë familie

Financial’s Love specialist

CHIEF KAZZO • You want promotion and increased salary at work? • Clear your debts a n d financial problems • Win all kinds of gambling • Win contracts and tenders • All relationship problems ect.

You pay when work is done

Mis my, maar laat my gaan. Hier aan die einde van my lewenspad het die son vir my finaal gesak. Maar moenie huil en treur oor my. O nee, wees bly, my siel is vry. Van jou mamma, pappa, broer, susters en kinders

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060619-2758 of 082704-3276. w.t.o.

Dit is jou tweede verjaarsdag weg van ons en ons mis jou steeds. By tye wil ons net fisies uitreik na jou, want jy was ‘n rots waarop ons altyd kon steun. Geniet jou verjaarsdag by die Engele. Ons sal jou altyd lief hê, Ivan. Van jou Van Wyk gesin.

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Luk. 12:3 “Daarom, alles wat julle in die donker gesê het, sal in die daglig gehoor word; en wat julle ag-ter geslote deure vir iemand in die oor gefluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word.”

Ev. Jacobs

Friday, March 25, 2022

Saving Women’s lives with HPV vaccination CERVICAL cancer, the leading cause of cancer among women aged 35 and 44 years, is an almost entirely preventable disease. An effective and affordable way of preventing this is through vaccination against the human papillomavirus (HPV), which is being offered to girls in grade 5 over the age of nine years in public - and special schools during March 2022. World Cancer Day celebrated last month reminds us how essential it is to support prevention efforts and save people’s lives. Parents and caregivers can play a vital role in supporting the Western Cape Department of Health’s HPV vaccination programme this year. They are reminded that the consent forms that they sign is going to be only for the HPV vaccine, which is different from the COVID-19 vaccine. The HPV vaccine and the COVID-19 vaccine are not the same. According to the World Health Organization, a large majority of cervical cancer (more than 95%) is due to the HPV. The more eligible girls are vaccinated against the HPV, the lower their risk of developing cervical cancer when they are adults. We acknowledge parents’ concerns to vaccinate their children because they work hard to protect them every day. As with all vaccinations, some girls may experience some bruising or redness at the injection site. In most cases, the side effects usually resolve within a few days.

came eligible for the COVID-19 vaccine. “ As we can only administer HPV vaccines on the premises of schools, our nurses will again work hard to ensure good relations with principals and teachers so that we can reach as many eligible girls as possible this year”. Sr. Beatrice Groenewald, the Overberg district child health coordinator, says she and her HPV team members are implementing various measures to achieve high levels of vaccination coverage. “With the help of girls in grade 5, we are sending their parents printed HPV vaccine FAQs [frequently asked questions] in local languages, together with the consent form. This can enable them to familiarise themselves with the key facts (that the HPV is safe and effective, and that it is different from the COVID-19 vaccine) and make an informed decision. Each girl who returns a signed consent form will then receive a ruler as a gift. We will again rely on our good relationships with the schools and community health workers. Support for our HPV vaccination campaign will go a long way in helping us eliminate cervical cancer.” The HPV vaccine offers hope to us all for a world free from cervical cancer, and we thank all parents and caregivers for supporting our vaccination programme this year and in the future.

Due to the COVID-19 pandemic, there had been a reduction in the 2021 vaccination coverage provincially. Nurses found it more difficult to reach those learners attending schools on a rotational time-table, while misinformation and other reasons, led to parents and caregivers withdrawing consent forms particularly around the time when children 12 years and older be-

Only for appointment CALL/WHATSAPP

065-990-2467 Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 vir enige verdere navrae. rek C27 w.t.o.

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

DIE Togryers museum op Ceres is tans besig met die beplanning van ‘n splinternuwe permanente gemeenskapsuitstalling vir 2022/23. Die klem val op besighede van ouds tot en met die tagtiger jare. Die museum is opsoek na enige voorwerpe, plakker, foto, kwitansie, advertensies ens. wat in inwoners se besit is. Die dokumentasie sal ingeskandeer word waarna oorspronklike dokumente terugbesorg sal word. Besighede op Ceres, Bella Vista, Morrisdale, Rooikamp, Rietvlei en Nduli, word ingesluit by die uitstalling. Sonder hierdie skenkings kan die uitstalling nie realiseer nie en doen die museum ‘n beroep op elke lid van die gemeenskap om te gaan soek vir items. Vir meer inligting skakel die museum by (023) 312-2045.


WITZENBERG HERALD

7

Friday, March 25, 2022

Kuberafknouery onder tieners neem toe DAAR is al dikwels gesê dat die COVID-19pandemie niemand onaangeraak gelaat het nie. In werklikheid het dit nie net groot verliese veroorsaak nie, maar ook verdere druk op elkeen se daaglikse lewe geplaas. Hierdie ‘nuwe normaal’ is moeilik vir volwassenes, maar vir die ingewikkelde wêreld van ’n tiener het hierdie nuwe manier van hoe om saam met ’n pandemie te lewe, ’n ondraaglike bykomende las geword. Een van die newe-effekte van die pandemie is die kommerwekkende toename in gevalle van kuberafknouery onder tieners uit alle agtergronde in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit. Met die koms van digitale platforms en die gevolglike beskikbaarheid en die gemak van gebruik daarvan, het kuberafknouery vir baie mense ’n nare werklikheid geword, en dit kom veral voor in die ouderdomsgroep 11 tot 18 jaar. Kuberafknouery verwys na die doelbewuste gebruik van die internet, e-pos, teksboodskappe, kitsboodskappe, sosiale mediawebwerwe, aanlyn-forums, kletskamers en ander digitale middele om vals, neerhalende of kwaadwillige inligting oor ’n ander persoon te versprei - met die uitsluitlike doel om daardie persoon te teister, te dreig of te verneder. Weens die beskerming van anonimiteit wat digitale platforms aan oortreders verleen, het hierdie vorm van afknouery die afgelope paar jaar aansienlik toegeneem. In wese is dit ernstiger as tradisionele of fisiese afknouery, want dit kan enige tyd op enige toestel plaasvind en kan met ’n eindelose gehoor gedeel word. Al wat ’n kuberafknouer nodig het om ’n slagoffer 24 uur per dag te laat ly, is ’n selfoon en data, en wat meer is, hierdie boelie kan kies om sy of haar identiteit bekend te maak of nie! Dit beteken dat die slagoffer nooit vrede of ’n veilige ruimte kan vind nie. Statistieke 3,2 miljoen leerders in Suid-Afrika word jaarliks afgeknou.

In Februarie 2021 het ’n opname bevind dat 51,5% van Suid-Afrikaanse leerders een of ander vorm van kuberafknouery ervaar het. Kuberafknouery kan veroorsaak dat slagoffers aan angs en depressie ly, wat in uiterste gevalle tot selfmoord kan lei. “Ons het almal in die onlangse media berigte gesien oor tieners wat hul eie lewens geneem het en die hartseer werklikheid is dat tienerselfmoord ook aan die toeneem is”. As ouers en volwassenes is dit elkeen se verantwoordelikheid om soveel as moontlik te doen om seker te maak dat kinders veilig is. “Dit is belangrik dat ons met ons kinders praat oor kuberafknouery en dat ons aanhou met hierdie gesprekke. Praat met julle kinders en hulle vriende oor hoe om aanlyn veilig te bly, praat met hulle oor die gevare van sosiale media en praat met hulle oor deernis teenoor ander tieners. Herinner hulle daaraan dat daar ’n persoon aan die ander kant van ’n digitale platform is”. Raad en hulp Jy kan jou kind teen kuberafknouery beskerm deur sy of haar aanlyn en digitale aktiwiteit te monitor. Jy kan dit doen deur eenvoudige stappe te volg, soos om die wagwoorde op sy of haar toestelle te ken en deur rekenaaren aanlyn tyd tot ’n familie-area in die huis te beperk. Daar is ook verskillende filters en toepassings wat jy kan aflaai om op toestelle te installeer, soos sagteware vir ouerleiding wat jou in staat stel om ongewenste inhoud te blokkeer. Sê vir jou kinders dat jy bewus is van kuberafknouery en dat hulle met jou moet praat as hulle geteiken word; laat hulle voel dat dit veilig is om dit vir jou te sê. Maar ons is nie alleen nie. Daar is organisasies wat daartoe verbind is om kuberafknouery te help stop - hierdie mense is bekwaam en opgelei om diegene in nood te help. Die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), die Wes-Kaapse regering en die

Amended hospital visitation guidelines DURING the fourth wave, Western Cape Government Health had to restrict visitation at hospitals to align with regulations and to reduce the number of people in our facilities at a time. “However, we firmly believe that being visited by their loved ones is an important part of a patient’s road to recovery. It is also essential to family who are anxious about the wellbeing of their loved one and wants to visit them in hospital. We also understand that it is also reassuring for young patients or the elderly to have an escort present when visiting the emergency room or outpatients’ department”. The COVID-19 epidemic has ushered in many changes, one of which is the need to avoid crowding and maintain a safe physical distance between people, to prevent infecting others with the coronavirus. “Health facilities are of necessity places where there are congregations of people accessing care, and even with a decline in COVID-19 infections and a change to adjusted

lockdown level 1, we need to remain vigilant around avoiding congestion and maintaining a safe physical distance between people”. In line with the Western Cape having exited the fourth wave, Western Cape Government Health has recently adjusted its visitation guidelines accordingly to allow visitation at hospitals under strict safety precautions. The amended visitation guidelines include: - Visitors and escorts are only allowed at health facilities under special circumstances. - Formal screening of visitors and escorts at entrances is not required. - All visitors and escorts should wear masks at all times, sanitise their hands and maintain physical distance from other people. Outpatients: - One escort is only allowed for patients under 18 years old and disabled, vulnerable, or weak patients. Emergency Unit: - Patients younger than 18 years - one escort allowed to accompany patient into emergency room.

We offer: · · · · · · · · ·

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het materiaal oor kuberafknouery ontwerp om almal te help om hierdie ingewikkelde sosiale probleem te verstaan. Die materiaal sluit in afbeeldings om op digitale platforms te deel en plakkate in drukbare formaat vir kennisgewingborde, klaskamers en kantore - dis alles beskikbaar om van die KWDM-webwerf af te laai. Die KWDM doen ’n beroep op almal om op te tree en betrokke te raak om hierdie vernietigende tendens te staak. Laai die afbeeldings af en deel dit op jou WhatsApp-status. Onderwysers kan dit op klasgroepe deel en skole, biblioteke en ander plekke waar jongmense bymekaarkom, kan ’n paar plakkate druk om bewustheid te skep en slagoffers te laat weet dat hulle nie alleen is nie. “Ons tieners moet egter ook hulle deel doen - dit is nie ’n stryd wat ouers en onderwysers op hulle eie behoort te voer nie. Dit is belangrik vir tieners om bewus te wees van die gevare van digitale platforms en om hierdie platforms versigtig te gebruik”. Hier is ’n paar wenke om te verhoed dat niemand geteiken word nie: ● Moet nooit persoonlike inligting aanlyn deel nie - die ontvanger is moontlik nie wie hy of sy voorgee nie. ● Moenie fotos van jou of van iemand anders neem wat seksueel van aard kan wees nie. En bowenal, moenie hierdie fotos deel nie. Die algemene reël is - as jy nie die foto vir jou ouers kan wys nie, moet jy dit nie op jou sosiale media plaas of dit via WhatsApp stuur nie. Daar is ’n groot risiko dat dit uitgelek kan word. ● Dit is ook belangrik om (verskillende) wagwoorde op al jou toestelle en platforms te hê en dit met niemand anders as jou ouers te deel nie. Praat met mekaar oor die belangrikheid van respek vir mekaar se privaatheid, selfs al het julle wagwoorde. ● Dit is ook uiters belangrik om te onthou dat as iets op ’n digitale platform gedeel is, dit vir altyd daar bly - dit gaan nooit weg nie. YOUNG Good Hope rugbyklub speel op 26 Maart ‘n vriendskaplike wedstryd tuis teen Op-die-Berg. Die wedstryd vind plaas op die Lyellstraat sportgronde. Die rugbyklub bied ook op Saterdag 16 April ‘n Easter Knockout Tournament aan. Die prysgeld beloop R20 000 en die inskrywingsfooi is R500 per span. Alle spanne is welkom om deel te neem. Navrae kan aan Des van Wyk gerig word by 082-574-7932. WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag ‘n spesiale geleentheid daarvan maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word. CERES Netbalklub het weer met oefeninge op Dinsdae en Donderdae begin. Begintyd is vanaf 17:00 - 17:30 op Gericke netbalbane. Nuwe lede is welkom om by die klub aan te sluit. Skakel Marelize by 073-

● As jy weet dat iemand op die internet afge knou word, moenie met die oortreder kontak maak nie. Rapporteer dit! ● Moenie ’n boelie se foto of opmerkings ‘like’, kommentaar daarop lewer of dit deel nie. Dit dra net by tot die skade wat berokken word. ● En, as jy afgeknou word, praat daaroor! Daar is tekens waarvoor ’n mens moet uitkyk as iemand op die internet afgeknou word, soos ’n verandering in gedrag, buie, slaappatroon en eetlus. Hierdie individue onttrek hulle aan familie en vriende en hou op om deel te neem aan aktiwiteite waaroor hulle voorheen mal was. Hulle toon tekens van angs en depressie en kom veral angstig of ontsteld voor tydens of na die gebruik van die internet of hul toestelle. As kuberafknouery plaasvind, moet hierdie stappe gevolg word: ● Moenie reageer nie, veral nie as emosies hoog loop nie ● Moenie aan woede-oorloë deelneem nie ● Neem ’n skermkiekie (screen shot) van die inhoud ● Verwyder jou of jou kind uit die groep of toepassing waar die kuberafknouery plaasvind ● Blokkeer die persoon of groep mense wat afknouers is ● Rapporteer dit aan die owerhede ● Rapporteer dit aan die skoolhoof as leerders betrokke is, selfs al is dit na skoolure

Ouers, as julle vermoed dat julle kind ’n slagoffer van kuberafknouery is, soek dadelik hulp. “Aan ons jongmense, as iemand julle afknou op die internet, praat met ’n betroubare volwassene. As jy weet van iemand wat afgeknou word, moenie betrokke raak nie, maar rapporteer dit”. Besoek die webwerf www.cwdm.co.za vir meer inligting oor kuberafknouery

nuusbrokkies 318-7638 of Beverley by 083-402-1246 vir verdere navrae. DIE Togryers museum op Ceres is tans besig met die beplanning van ‘n splinternuwe permanente gemeenskapsuitstalling vir 2022/23. Die klem val op besighede van ouds tot en met die tagtiger jare. Vir meer inligting skakel die museum by (023) 3122045. DIE gewilde Skrywersslypskool word vanjaar weer in samewerking met die Togryers museum, ATKV en Diana Ferrus aangebied. Die werkswinkel word op 26 Maart aan opkomende en gevestigde skrywers aangebied en begin vanaf 10:00 tot 15:00. Koste beloop slegs R50. Bespreek nou jou plek by (023) 312-2045. YOUNG Good Hope speel op 26 Maart ‘n vriendskaplike wedstryd teen Op-die-Berg.

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, March 25, 2022

Witzenberg Herald

DIE tydrenspan van Johann Zulch en Patrick Vermaak (navigator) het einde 1997 hul finale tydren as span voltooi in die legendariese Witzenberg Motorklub klas S2 Ford Escort 1600 Sport. Die afgelope naweek het Tania Vermaak (26), dogter van Patrick Vermaak, tydens Saterdag se Porterville Rally in die navigatorsitplek langs Johann Zulch van Ceres ingeskuif. Dit was baie warm, droog en stowwerig met 19 inskrywings wat vir die tydren ingeskryf het. Die span van Zulch en Vermaak was algeheel in die 7de plek en eerste in klas S2.* Owen Jones en Aden Bredenkamp in ‘n klas S4 Subaru Impreza WRX STi 4x4 Turbo 2.0 was die wenners.

VANJAAR is daar weer 'n paar Ceres bergfietsryers wat aan die ABSA Cape Epic deelneem. Hannes Hanekom en Jandri Ferreira het Woensdag na skof 3 in die algehele 77ste plek gewees en 14de in die meesters-afdeling. Nico Verhoef van Ceres (links) ry saam met Leon Erasmus van Durbanville. Die Mont Sainte-Victoire span was na Dinsdag se tweede skof in die 268ste plek en 90ste in die meesters-afdeling. * Vanjaar is dit Sakkie se 13de Epic, Jandri se 8ste en Nico Verhoef se tweede Epic.

BELLA Vista rugbyklub het Saterdag ‘n vriendskaplike wedstryd op hul tuisveld teen Saldanha gespeel. Saldanha het die aanskoulike wedstryd met 19-15 gewen. Marco Manus, woelige skrumskakel van Bella Vista, duik hier oor vir een van sy span se twee drieë. FOTO: Trevor Felix

Ceres Voortrekkers Voortrekkersaal, Hugostraat Elke Dinsdagaand van 17:30 - 18:30 Anton Erwee 082-828-7370 www.voortrekkers.co.za

Victor Hendrikz 083-301-6941

100ste Parkrun begin weer Saterdag

Ceres Sportgronde (Homegrown) elke Saterdag om 08:00

Kry Vitality-punte vir elke deelname

5km Loop, draf of hardloop

INSKR YWINGS INSKRYWINGS IS GRA TIS GRATIS online registrasies by: www.parkrun.co.za/ceres/

SATERDAG 19 Maart het Ceres gholfklub ‘n syfer plus kompetisie aangebied. Henri Ferreira (foto) was die wenner met ‘n telling van +9. Wilhelm Muller was in die tweede plek met +5 gevolg deur André Hauptfleisch met +4. Willie van Heerden was in die vierde plek met +3. Cornel Muller het ‘n goeie brutotelling van 68 houe aangeteken. Spelers kan op Saterdag 26 Maart inskryf vir ‘n beterbal stableford kompetisie asook op 2 April vir ‘n beterbal stableford kompetisie. Hulle kan die klub skakel by (023) 312-3068 of op die Clubmaster app bespreek.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.