Witzenberg Herald Vol.27 no.21 (Online Weergawe)

Page 1

SKOONMA AK VAN:

•Alle matte

•Gestoffeerde meubels

•Matrasse

•Voertuigsitplekke

•Was ruite van huise en geboue (slegs buite)

Polisielid skiet man dood

DIE Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) het ‘n geregtelike nadoodse ondersoek oorgeneem nadat ‘n man van Gouda verlede week doodgeskiet is.

Die 40-jarige man is verlede Donderdag omstreeks 10:30 dood kort nadat inwoners en die polisie in ‘n onderonsie betrokke geraak het. Dit is nie bekend wat het tot dié konfrontasie tussen die twee groepe gelei nie en

ook nie hoekom die polisie vroeër uitgeroep is na ‘n beweerde bakleiery nie. In die harwar naby die Bakerville primêre skool, het ‘n polisieman van Tulbagh, die lid van die publiek noodlottig getref. Geen verdere inligting oor die ondersoek is bekend nie en die naam van die slagoffer is ook nie bekend gemaak nie.

DIE 2024 nasionale verkiesing het op Woensdag 29 Mei sonder enige probleme in die Witzenbergstreek plaasgevind. Landsburgers het van 07:00-21:00 hul kruisies gaan trek en moes uit 52 partye op die stembrief ‘n keuse maak.

Fotos op bladsy 3.

TWEE mans en ‘n vrou is beseer nadat die bestuurder van dié Ford bakkie, beheer daaroor verloor en dit omgeslaan het. Sover as wat vasgestel kan word, was die bakkie van Worcester in die rigting van Tulbagh onderweg toe die ongeluk Saterdag 25 Mei omstreeks 14:00 naby Boontjiesrivier plaasgevind het. Die bestuurder en twee insittendes het sewe rylopers langs die pad opgelaai voor die ongeluk plaasgevind het. Die beseerdes is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. * Gedurende die week van 20-26 Mei, is daar 234 padblokkades en kontrolepunte deur verkeersbeamptes in die provinsie beman en meer as 28 450 voertuie is nagegaan. Vyf en vyftig persone is gearresteer waarvan 37 vir dronkbestuur. Daar was 19 ongelukke waarin 21 mense gesterf het. Hiervan was twee motorfietsryers en 10 voetgangers. Twee van die voetgangers is buite Ceres dood in twee tref-en-trap voorvalle waar bestuurders weggejaag het.

Lees berig elders in die uitgawe

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com WH H e r a l d
Volume 27 no. 21 R 10 Friday, 31 May 2024 CERES KOEKEDOUW DAM 54,8% TULBAGH DAM 83% WAVERENSKROON TULBAGH 23% Lesings geneem: 2024/05/28 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 30 Mei 1° 15° Vrydag 31 Mei Saterdag 1 Junie Sondag 2 Junie 0° 15° 0° 15° 1° 13° Mari Blom 084-212-3020
Witzenberg
Gold
Carpet
Janine Duckworth Area representative +27 (0)60 528 0683 janine@rubberroofs.co.za rubberroofs.co.za INDOOR & OUTDOOR EXPERT APPLICATION RESIDENTIAL, COMMERCIAL & INDUSTRIAL SERVICES
Medal
Care

KIETIEKAT kleuterskool op P.A. Hamlet se tjokkertjies het verlede week ‘n beroepsdag gehou. Konstabel Swartz en sy span van Hamlet SAPD het verlede week die kleuters besoek waar hulle meer van die polisie se werk en die belangrikheid van veiligheid geleer het.

DIE Wes-Kaap en Kaapse Wynland ditriksmunisipaliteit het tussen 20 en 24 Mei verskillende werkswinkels aangebied met die klem op Kinderregte. Verskillende rolspelers het die werkswinkel in die Ceres stadsaal bygewoon.

Daar is ook afsprake gemaak vir die wat medikasie benodig. Sr.

en haar span word bedank vir die besoek.

LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number T18238/ 1984 passed by CATHARINA CECILIA CONRADIE (BORN VILJOEN), Identity Number 1611080017000, Widow in favour of HENDRIK DU PLESSIS, IDENTITY NUMBER 5203295049006 in respect of ERF 873 (A PORTION OF ERF 684) WOLSELEY, IN THE MUNICIPALITY OF WOLSELEY, ADMINSTRATIVE DISTRICT OF TULBAGH, IN EXTENT 857 (EIGHT HUNDRED AND FIFTY SEVEN) Square metres which has been lost or destroyed.

All persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice.

Dated at Bellville this 28 MAY 2024

APPLICANT: MALHERBE TUBB FAURE INC / ATTORNEYS 295 Durban Road, Bellville E-mail address: riette@mhilaw.co.za Contact number: 086-191-9070 Ref: Leslie/J14512

LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T31963/2022 passed by HESTER ANNA KRIEL , I dentity Number 5910180053089, Unmarried in favour of HFB PROPERTIES PROPRIETARY LIMITED, Registration Number 2017/ 413425/07 in respect of ERF 774 TULBAGH which has been lost or destroyed.

All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks from the date of the publication notice.

Dated at Bellville this 27 MAY 2024

APPLICANT: MALHERBE TUBB FAURE INC / ATTORNEYS

295 Durban Road, Bellville

E-mail address: leslie@mhilaw.co.za Contact number: (021) 910-8437 Ref: Leslie/J14564

Herseël van pas voldoen aan spesifikasies

MICHELLSPAS asook die gedeelte tussen Wolseley se ingang en Ceres natuurtuin, is die afgelope weke herseël.

Alhoewel motoriste en inwoners bly is dat paaie in die Witzenbergstreek herstel word, was daar vrae aangaande die ry-kwaliteit in Michellspas.

Die pad is plek-plek ongelyk met baie lasse. ‘n Moontlike rede hiervoor kan wees dat materiaal nie aan ingenieursspesifikasie voldoen nie.

Die Wes-Kaap departement van infrastruktuur het verlede week ‘n kort verklaring uitgereik.

“ Dit is belangrik om te onthou dat hierdie ‘n herseëlprojek is en nie ‘n herbouprojek nie. Die materiaal wat gebruik word is ‘n ultrathin friction course”.

“Hierdie dun materiaal-laag (ongeveer 20mm) is nuwer tegnologie en het verskeie voordele wat insluit: verlaagde verkeersgeraas, weerstand teen spore/sporing onder swaar verkeerslading, asook verbeterde glyweerstand onder nat toestande".

"Die nadeel verbonde aan hierdie materiaal is egter: dat dit nie ongelykhede in die padoppervlak verbloem nie asook die aanwesigheid van ‘n aantal nate/konstruksielasse”.

Die Wes-Kaap departement van infrastruktuur wys weer daarop dat hierdie slegs ‘n herseëlprojek was en nie ‘n herbouprojek nie en dus - ongeag die materiaal - nie die ongelykhede in die padoppervlak sou aanspreek nie.

“ Daar is voltydse ingenieurs op die perseel om te verseker dat die werk aan die nodige standaarde voldoen en volgens die spesifikasies voltooi word. Die Wes-Kaap departement van infrastruktuur is oortuig dat die werke voltooi word volgens die betrokke standaard en spesifikasie en dat alle aantuigings dat die materiaal nie aan die spesifikasies voldoen nie, nie waar is nie”.

2 l WITZENBERG HERALD l 31 MAY 2024
DIE sentrum vir haweloses op Ceres in Vosstraat (agter Capitec) het verlede Donderdag 16 Mei, met Annie Brown kliniek gereël om 39 haweloses te sien vir bloeddruk, suiker en HIV toetse. Van Wyk MICHELLSPAS asook die gedeelte tussen Wolseley se ingang en Ceres natuurtuin, is die afgelope weke herseël.

THE Cape Winelands District Municipality (CWDM) and various partners last week celebrated the groundbreaking of the longawaited Regional Landfill site that will be established in Worcester. The state-of-the-art landfill site will serve the areas of Breede Valley, Witzenberg, and Langeberg. The project, which will cost approximately R104 million and is built on the same principles as the Overberg Region’s site at Karwyderskraal, just outside Hermanus, which has been hailed as a world-class facility. The sod-turning is an auspicious occasion as it marks the start of a new era in waste management in the Cape Winelands District. Seen here are Municipal Manager, Henry Prins and the Executive Mayor, Ald (Dr) Elna von Schlicht, turning the first sods at the event.

Jong vrou

sterf aan

meswonde

DIE Wolseley SAPD ondersoek ‘n klag van moord nadat ‘n jong vrou met ‘n skerp voorwerp gesteek is.

Die polisie is Maandag 27 Mei omstreeks 23:45 na Hopestraat ontbied waar ‘n Sotho man hulle vertel het van ‘n jong vrou wat dood is op ‘n voetpaadjie in die woonbuurt.

Die polisie is na die toneel in White City, Pine Valley waar hulle die liggaam van Ntseliseng Ramonyatsi (18) aangetref het.

Met nadere ondersoek is ‘n verdagte geïdentifiseer en is hy Dinsdag met twee steekwonde

aan sy bene, deur die polisie in hegtenis geneem. Hy sal later die week in die hof op Wolseley verskyn.

Roof

In ‘n ander voorval op Wolseley het drie onbekende mans, waarvan een gewapen was, ‘n 32-jarige vrou beroof.

Die voorval het Saterdag 25 Mei omstreeks 08:45 plaasgevind terwyl die vrou besig was om die drankwinkel naby USave oop te sluit.

Die mans het haar handsak met kontant in, gegryp en op die vlug geslaan.

Twee mans dood in tref-en-trap voorvalle

TWEE onbekende mans het die naweek grusaam gesterf toe hulle in twee afsonderlike voorvalle deur motorvoertuie getref is. Die twee tref-en-trap voorvalle het skaars 10 kilometer van mekaar plaasgevind. Die polisie vra nou die gemeenskap om na vore te kom met inligting of indien hulle weet van iemand wie se voertuie beskadig is. Beide motorbestuurders het weggejaag.

In die eerste voorval omstreeks 20:05 op Sondag 26 Mei, is ‘n 28-jarige man op die R46 op pad na Theronsberg dood toe hy deur ‘n voertuig getref is.

Die polisie het op sy liggaam afgekom tussen die Tweelingdamme en Ceres naby die plaas Langfontein. Indien iemand iets van die voorval weet, kan hulle s/ kst. Sikade skakel by (023) 316-8500.

Tweede voorval

Die tweede voorval het omstreeks 23:26 op die BoSwaarmoedpad naby De Eiken en Lakenvlei plaasgevind.

‘n Onbekende man is dood in die pad aangetref. Indien iemand iets van die voorval weet, kan hulle s/ sers. Laban skakel by (023) 316-8500.

Saak uitgestel

DIE saak teen ‘n Tulbagh wynmaker en sy seun wat in die hof verskyn op aanklagte van aanranding, is vir geskilbeslegting en mediasie uitgestel.

Die klagtes teen Andries Jordaan (56) van Theuniskraal boerdery en sy seun, Ernst (25), hou verband met ‘n voorval op 18 Januarie waar hulle na bewering ‘n verfbalgeweer gevat en op kort afstand ‘n kind daarmee geskiet het.

Die voorval het omstreeks 19:00 plaasgevind waar ‘n groep plaaskinders na bewering besig was om druiwe op die plaas te steel. ‘n 12-Jarige seun is twee keer getref.

Jordaan en sy seun is op 30 Januarie gearresteer maar later op waarskuwing vrygelaat tot met hul eerste verskyning op Dinsdag 13 Februarie in die Tulbagh landdroshof. Sake van aanranding om ernstig te beseer word teen Jordaan en sy seun ondersoek en ‘n klag van aanranding gewoon teen Jordaan sr. Die saak is Dinsdag na 5 Junie uitgestel.

DIE eerste Winelands Autumn Expo het die naweek van 24 en 25 op die Montana Hoërskool se sportgronde in Worcester plaasgevind. Besoekers kon verskillende stalletjies besoek en iets te ete kry. Daar was ook musiekvertonings deur onder andere Die Heuwels Fantasties, Emo Adams, Taryn Lamb, Loufi, Eddie Strings en Michael. Die Expo is verlede Vrydag deur die Kaapse Wynland burgemeester, dr. Elna von Schlicht, geopen. Die Expo gaan in die komende jare roteer en op ander dorpe in die streek aangebied word. * Witzenberg Toerisme wat Tulbagh, Wolseley en Ceres insluit, het ook ‘n stalletjie by die Expo opgeslaan om besoekers meer oor die streek te vertel en te wys. Ceres Zipslide het ook ‘n stalletjie beman. Links is Patty Nieuwoudt (Tulbagh) saam met Shirley Norman (Ceres) en Angelique le Roux (Ceres Zipslide) afgeneem.

DIE 2024 nasionale verkiesing het op Woensdag 29 Mei sonder enige probleme in die Witzenbergstreek plaasgevind. Landsburgers het van 07:00-21:00 hul kruisies gaan trek en moes uit 52 partye op die stembrief ‘n keuse maak.* Vir die 2024 verkiesing was daar byna 27,7 miljoen kiesers geregistreer. Hiervan woon slegs 12% in die Wes-Kaap. Op die kieserslys is 55.24% vroue en 44.76% mans. Die meeste kiesers is tussen die ouderdom 30-39 jaar. Op 27 en 28 Mei kon diegene wat geregistreer was, spesiale stemme uitbring. Meer as 600 000 inwoners van ouetehuise kon ook op die twee dae stem. Tannie Miemie van Huis Mostertshoek was die oudste inwoner (99 jaar en 5 maande) wat gestem het.

31 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 3

KARATEKAS van Kobura Kan karate op Ceres en P.A. Hamlet, het onlangs ‘n gradering voltooi om ‘n volgende gordel te verwerf. Kobura Kan karate word deur sensei Gerjo de Waal (4de dan), een keer per week op Ceres en PA Hamlet aangebied.

TWEE netbalspelers van Laerskool Gericke, Glynné Nasson en Mari Reynolds, is opgeneem in die o/13 CWSN-span.

ROBECHIA Stoffels van Laerskool Gericke is opgeneem in die o/13A Boland hokkiespan.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.

SYSTEM ADMINISTRATOR: SAFETY, MAINTENANCE & GENERAL ADMINISTRATION

The successful candidate will report directly to the Manager: Engineering Services and the responsibilities of the position include the following key performance areas:

•The maintenance and improvement of the Company’s safety system.

•Establishing / Arranging maintenance safety inspections and schedules as required in applicable Safety Legislation.

•Administrative role in relation to safety files, external and internal audits, deviations, updates to the latest legislation, as well as any changes to the system.

•Administrative role by maintaining changes in local government policies and safety regulations.

•Training with regard to safety as per HCS and NIHL regulations.

•Administration of maintenance schedules and the job card system.

•Reporting from the maintenance system.

•Administration with regard to the Company’s asset analyzes (summary, record keeping and updating).

•Training on usage of the system.

•General Administration such as record keeping of water consumption; updating of access cards and management of its system; budget and switchboard functions.

The ideal candidate should have the following attributes/ skills/ qualifications:

•An appropriate tertiary qualification in Safety, Health and Environmental Management (NOSA, SAMTRAC or any other training in HSE).

•Minimum 3 years experience in a similar position.

•Proven experience of processing information in Safety & Maintenance Systems.

•Excellent computer skills, Excel is essential.

The Company offers a market related compensation package.

Send your CV to:

The Manager: People and Performance Systems

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

E-mail:dlintnaar@cfp.co.za

Closing date: 13 June 2024

Jeugfotograwe na Rusland genooi

JEUGFOTOGRAWE van die Witzenbergstreek het geskitter by die IV International Youth Photo Contest Eurasia Noframes wat onlangs in Rusland aangebied is. Ané Sauer (16) van Hoërskool Charlie Hofmeyr en Thomas Bothè (18) van Wolseley - beide ledevanWitzenbergPhotographicSociety,isuitgenooinaRuslandomhultoekennings te ontvang op die Eurasia kongres in Chelyabinsk wat vanaf 8 tot 12 Julie plaasvind. Net ‘n klein aantal jeugfotograwe is genooi. Witzenberg Photographic Society vra die gemeenskap om te help met enige finansiële ondersteunung om die twee jongmense te help met vlug- en vervoerkostes van nagenoeg R24 000 elk. Hulle verblyf- en kongreskostes word deur die Eurasia-komitee betaal. Vir navrae skakel Phillip de Lange by 078-863-9184. Donasies kan inbetaal word in die Witzenberg Photografic Society se Capitec rekening: 1582 7136 75 - verwysing Eurasia. * Ané het ’n totaal van sestien interrnasionale salon-aanvaardings ontvang. Hoërskool Charlie Hofmeyr het 155 aanvaardings en vyf medaljes en vier eretoekennings ontvang. Dit is die meeste in Suid Afrika vir jeugfotograwe. Thomas het die meeste aanvaardings in totaal ontvang. Hy het 28 aanvaardings - wat twee goue medaljes en ‘n serifikaat van meriete insluit, ontvang.

DIE o/13 netbalspelers van Bella Vista primêr het die afgelope naweek aan die WesKaapse Top skole netbalkompetisie in Somerset-Wes deelgeneem en ‘n derde plek verower.

Kleine Heidepan Plase CC beskik oor ‘n produksieeenheid van 40ha geplant in die Greyton omgewing bestaande uit pere en appels. ‘n Groot deel van die plaas bestaan uit jonger bome wat nou in produksie kom. Ons het ‘n pos beskikbaar vir ‘n junior produksiebestuurder wat selfstandig kan funksioneer.

PLAASBESTUURDER

Die geskikte kandidaat sal oor die volgende beskik:

•Dinamiese, gemotiveerde persoon tussen 25 en 40 met ondervinding van vrugteboerdery wat daarvan hou om saam met ‘n senior bestuurder te werk.

•Sterk leier wat werkerspanne met gesag kan organiseer.

•Oor goeie vaardighede beskik vir rekenaarstelsels soos Irricheck, Motorola Irrigation, MB4000.

•Administrasie en rekordhouding van stelsels wat verband hou met GlobaGAP, SIZA en Tesco Nurture.

•Ondervinding van begrotings opstel.

•Ondervinding van boerderypraktyke soos chemiese beheer.

•Oorhoofse beheer van ‘n klein toerisme besigheid wat deel vorm van die plaas.

Aansoeke en CV van slegs 2 bladsye kan gestuur word aan: arnoreuvers@heideland.co.za

Sluitingsdatum van aansoeke: 14 Junie 2024

4 l WITZENBERG HERALD l 31 MAY 2024
Netbalspan eindig derde in kompetisie

Kapers se saak vir voorverhoor uitgestel

TWEE motorkapers wat kort na Nuwejaarsdag 2023 vasgetrek is nadat hulle toeriste buite Ceres aangeval, beroof en daarna met hul voertuig gevlug het, se saak is vir ‘n voorverhoor op Ceres uitgestel. Die saak is na 24 Junie uitgestel. Beide verdagtes bly in aanhouding.

Agtergrond

Volgens die polisie was drie vroue van Lephalale (voorheen Ellisras) op Maandag 2 Januarie 2023 onderweg na Velddrif vir vakansie.

Marie Seegers het saam met Elmien le Roux en Hannie Fourie, die vorige aand op Beaufort-Wes oornag en het dié Maandagoggend omstreeks 09:15 deur Ceres gery.

Marie het die silwerkleurige Mercedes Benz bestuur en besluit om by ‘n uitkykpunt in Michellspas te stop om fotos te neem.

Kort nadat hulle gestop en uitgeklim het, het twee mans (die verdagtes) - waarvan een gewapen was met ‘n Okapi mes - die vroue genader en hulle gevra om die voertuigsleutels vir hulle te gee.

Nadat Marie Seegers nie die sleutels wou gee nie, het daar ‘n worsteling ontstaan. Sy het die sleutels ‘n ent gegooi voordat die een verdagte haar gelos en in die motor geklim

Ondersoekwerk

het. Sy is drie keer in die been en een keer in haar hand gesteek.

Een van die vroue het toe die polisie probeer bel waarna die tweede verdagte haar selfoon gegryp en dit in die motor gegooi het voordat hy ingespring en die mans weggejaag het.

Vasgetrek

Die polisie is van die voorval in kennis gestel en hulle het die voertuig se besonderhede met ander polisiestasies en provinsiale verkeersdienste gedeel.

Die een kaper, Mihle Mboma (38), is deur die polisie en verkeersdienste voorgekeer waar die R46 vanaf Ceres aansluit by die N1 buite Worcester.

Inligting oor die tweede verdagte is opgevolg en Siyathanda Matyeni (31) is in ‘n taxi opgespoor buite Tulbagh wat op pad was na Bellville. Hy is blykbaar vroeër iewers afgelaai en het na Nduli teruggekeer voordat hy in die taxi na Bellville geklim het.

* ‘n Voorverhoor handel hoofsaaklik met aspekte soos blootlegging van dokumente, opsommings van deskundige getuienis en versoeke vir verhoorbesonderhede tussen die opponerende prokureurs en land-dros. Dit is om te bepaal of almal gereed is dat die verhoor kan begin.

Jain-moordsaak na drie jaar nog nie klaar nie

DIE polisie se ondersoek in die Jain-moordsaak is nog nie klaar nie.

Die vier verdagtes het verlede week Woensdag in die Wolseley streekhof verskyn. Die saak is na 19 Junie uitgestel.

Een van die vier verdagtes in die opspraakwekkende Reneé Jain-moordsaak, die voormalige polisielid en oudhofordonnans van Piketberg, Maurice Arries (45), het op 2 April vanjaar ‘n nuwe borgaansoek gebring. Arries is op borgtog van R10 000 vrygelaat nadat hy sedert sy inhegtenisname in Desember 2022, in aanhouding was.

Hofverskyning

Arries verskyn saam met sy ander drie beskuldigdes, Freddy Lottering (37), Nolan Visagie (25) en Anthony Schippers (23).

Die vier mans staan tereg op aanklagte wat wissel van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord, aanranding, die besit van ongeli-

sensieerde vuurwapens en ammunisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van georganiseerde misdaad.

Moord en arrestasies

Inbrekers het meer as drie jaar gelede - op 26 Maart 2021 - by die vakansiewoning van Reneé Jain (51) van Kaapstad, ingebreek en haar vermoor.

Dié inbrekers was deel van ‘n groep mans wat by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat tussen Wolseley en Bainskloof ingebreek het.

Jain was die betrokke aand alleen by die huis. Sy is dood nadat sy in die huis oorval, gewurg en vermoor is.

Visagie en Schippers is meer as ‘n jaar na die moord in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na ‘n gesamentlike polisie-optrede.

Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering, is in Junie 2023 as verdagte bygevoeg.

MUNISIPALE ONDERSTEUNING AAN SOPKOMBUISE

Bestaande sopkombuise kan aansoek doen vir ‘n donasie in die vorm van niebederfbare produkte by Witzenberg Munisipaliteit.

Bestaande sopkombuise, wat ten minste 6 maande operationeel is, word aangemoedig om aansoek te doen met die volgende inligting:

•Opsomming van die sopkombuis se bestuur (adres van aansoeker, wie dit bestuur/implimenteer, kontakpersoon, kontaknommer, eposadres)

•Hoe lank die sopkombuis in bedryf is

•Aantal dae wat sop bedien word per week/per maand

•Areas waar sop bedien word met bedieningspunte

•Hoeveelheid persone wat met die sopkombuis per maand bereik word.

•Verskaffing van NPO registrasie nommer kan in die sopkombuis se guns tel Suksesvolle sopkombuise sal self verantwoordelik wees vir optel van die produkte in Ceres.

Aansoeke kan per e-pos aan Letha Wessels by margaretha@witzenberg.gov.za gestuur word of per hand by sekuriteit by die Munisipale hoofkantoor in Ceres (in ‘n duidelik gemerkte koevert: “Sopkombuis ondersteuning aansoek”)

Sluitingsdatum vir aansoeke: 10 Junie 2024

by Op-die-Berg plaasgevind. Niemand is beseer nie.

Borgaansoek weer uitgestel

TWEE mans wat ‘n werknemer van Pep van duisende rande beroof het, het verlede week in die Ceres landdroshof verskyn. Hul borgaansoek is vir ‘n vierde keer uitgestel. Ibrahim Dwaba (19) en Kamva Gqalaqha (23), se saak is tot 3 Junie uitgestel wanneer die aansoek verder aangehoor gaan word. Hulle bly in aanhouding.

Goeie speurwerk Goeie speurwerk het gehelp dat Ceres speurders die twee mans vinnig vasgetrek het. ‘n Vrou was op 20 November 2023 op pad om die geld by Standard Bank Ceres te gaan bank toe sy deur die verdagtes van nagenoeg R66 000 beroof is.

Sy is deur ‘n gewapende man wat later as Kamva Gqalaqha geïdentifiseer is, voorgekeer en beroof. Na dié roof het twee mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat naby Vilco, het hulle teen ‘n Toyota bakkie gebots.

Na die ongeluk het Gqalaqha na bewering uitgespring en weggehardloop. Die vrou wat hulle beroof het, se handsak is in die bakkie gekry. Die polisie het die bestuurder van die

bakkie, Ibrahim Dwaba (19), wat vrugte smous in Munnikstraat, op die toneel gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou. Gqalaqha is ‘n paar dae later deur speurders gearresteer. Van die gesteelde geld is by hom teruggevind.

31 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 5
‘n BUSSIE van Dutoit Groep wat kinders vervoer het, was verlede Vrydag 24 Mei in ‘n ligte botsing betrokke. Die botsing het die oggend by die Stop-en-ry

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Ansley Geraldine Juriaan Lakay

1991/10/16 - 2024/05/21

BEGRAFNISDIENS:

Saterdag 1 Junie

Huis: 09:00, Plaas Veelgewaagt, P.A. Hamlet Kerk: 10:00, Plaas Veelgewaagt, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Jacob Coetzee

1950/01/29 - 2024/05/24

ROUDIENS: Do. 30/05

Kerk: 19:00, VGK Ceres

BEGRAFNIS: Sat. 01/06

Huis: 09:00, Die Laan 197, Ceres Kerk: 10:00, VGK Ceres Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Daniel Volmoer

1961/08/21 - 2024/05/26

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 1 Junie

Huis: 09:00, Plaas Mazoe, Ceres Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Whatsapp die woord

na 066-316-3003

+ Jou naam

+ Die item wat jy wil verkoop

R eëls: • Slegs items onder R1 000

• Slegs EEN item per Whatsapp

• Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

“ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop

• Engine overhaul

• General Services

• Suspension

• Brakes

• and more

André du PAndré du P du Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstr 131, Ceres. Skakel Hanlie 086-111-5193 rek C27 w.t.o.

DIANA & KIM

is there to help with:

•Financial assistance

•Bring back lost lovers

•Court and divorce cases

•Pay after job is done

•Delayed pension 063-478-6523

TE HUUR

Kantoorspasie

te Van Eedengebou, Voortrekkerstr., Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel) ONMIDDELLIK

BESKIKBAAR

Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490

☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

per bondel

nuusbrokkies

ALLE Ceres gholfklublede en huiseienaars word gevra om ‘n belangrike inligtingsvergadering by te woon. Die vergadering vind plaas op Woensdag 5 Junie om 18:30 in die klubhuis. Dit is belangrik dat almal dit bywoon sodat die klubbestuur terugvoering kan gee rakende die klubhuis, die ontwikkeling en algemene stand van sake.

NASIONALE Kinderbeskermingsweek word jaarliks van 28 Mei tot 4 Junie in die land herdenk. Ondersteun kinderbeskerming deur jou POPPIE plakker by die Togryers museum @ R10 te kom koop.

IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Die streeksfunksie vind plaas op 25 Julie 2024 Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 3170983 of e-pos na: edna@ kbos.co.za

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas van 23-30 September 2024. Belangstellendes kan navrae rig aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan isaacjacobs50@yahoo.com

INWONERS moet kennis neem van ‘n ou skelmstreek wat weer sy kop uitsteek. Persone doen hulle voor as meterlesers en stap sommer jou erf binne. Indien jy so iemand teëkom wat homself nie kan identifiseer nie, laat weet die munisipaliteit en SAPD.

HET jy al ‘n paar kleurvolle, funky sokkies in jou kas? Indien nie, het jy nog tyd om daai kleurvolle sokkies wat jy nog altyd wou aanskaf, voor 7 Junie aan te koop. Crazysocks4docs is ‘n jaarlikse inisiatief waar die klem op die geestesgesondheid van dokters en gesondheiswerkers val. Die Togryers museum ondersteun ook die inisiatief.

Junie 2024 l 09:00 - 15:00 STALLETJIES TE HUUR

6 l WITZENBERG HERALD l 31 MAY 2024
HERALD
Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles) Besigheidsure
@ R100 (Bespreek en betaal asb. stalletjie voor 31 Mei 2024) (Bring eie tafel
stoele) TB SURVIVOR
praat by
Navrae:
: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30 Sat. 8
en
kom
omgeewinkel
 (023) 316-2021
R30

‘n ONDERWYSER van Laerskool Gericke, Marzé Smith, is as afrigter van die o/12 Wynland netbalspan aangewys. Die span gaan die skoolvakansie aan die Interdistrik netbaltoernooi deelneem.

DIE o/13 rugbyspan van Laerskool Waveren op Tulbagh, het Saterdag op hul tuisveld vir Dagbreek primêr met 21-5 geklop. Die blitsige spoedvraat, Ashlin Daniëls, op pad doellyn toe.

Foto: Peter Luitjies

TWEE leerders van Laerskool Gericke op Ceres, Zachary Watt en Ruben Giliomee, is onderskeidelik in die Boland o/13 Akademiespan en die o/13 Cravenweekspan opgeneem. VLNR: Sjoerd Selders (skoolhoof), Ruben Giliomee, Zachary Watt en Günther von Bentheim (Laerskool Gericke se o/13A afrigter).

DRIE leerders van Laerskool Gericke is in Boland hokkiespanne opgeneem. Ruben Giliomee het die o/13A Boland hokkiespan gehaal en Erin Botman en Hugo Wium, is vir die Barlinka o/13 hokkiespan gekies.

KARATEKAS van De Eike-plaas het onlangs ‘n uitnodiging ontvang om swart gordel kursusse en opleiding te volg. Die vyf karatestudente neem al van sesjarige ouderdom deel aan die dissiplineprogram. Hulle moet die strawwe opleiding en kursusse voltooi voor hul swart gordel-gradering. Hier is Anthony Fortuin, Shelnique Antonie, Chloe Swarts, Moreese Sampson en Clairees Antonie saam met renshi Andries Douglas.

SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het die afgelope naweek aan die Helderberg Liga in Somerset-Wes deelgeneem. Die karatekas het baie goed gevaar met die Dojo wat ‘n algehele vierde plek uit 9 Dojo’s behaal het. Die karatekas verwerf ses goue medaljes asook 5 silwer en 4 brons medaljes. VOOR: Roman Hough. MIDDEL: Adriel Ndlovu, Wayne Vermeulen (afrigter) en Taylor Engelbrecht. AGTER: Mia Laubscher, Lukas Krige, Retief Spence, Izak Krige. AFWESIG: Bellanè Vermeulen. * Mia Laubscher het die trofee verwerf vir die beste meisie-student op die dag en Lukas Krige ontvang die trofee vir die beste seuns-student. Vier karatekas het in die Top 10 geëindig. Daar was 140 karatekas wat deelgeneem het.

Kole & Deeg, an eatery in Tulbagh famed for its traditional roosterkoek and the best coffee in town, has added a new item to its menu - the CHAIN Breakfast. Every time you order this delicious breakfast, Kole & Deeg will pass R10 to CHAIN to support its animal rescue work. And this isn’t just any brekkie - it’s super special! You get toasted mosbolletjie with melted mozzarella, fried eggs and crispy bacon, garnished with extra thin potato crisps and chilli oil. If you prefer, you can try the dish with another of Kole & Deeg’s famous artisan breads, such as roosterkoek or sour dough, instead of the mosbolletjie

CHAIN relies on public donations to do its work. We are proud to welcome Kole & Deeg on board as the first of our fundraising partners in the local business community.

Next time you’re feeling lus for a lekker brekkie, pop into Kole & Deeg and ask for the CHAIN Breakfast - it tastes even better because it supports a good cause! 29

31 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 7 072 609 1165 (Help Line - Animal Emergencies Only) e-mail: info@chainboland.co.za, adoptions@chainboland.co.za Follow us on Instagram Like us on Facebook@ChainBoland https://www.chainboland.co.za Visit our shop “Chain on Main” at 38 Van der Stel Street, Tulbagh Subscribe to newsletter: kevin@mettamedia.co.za Look out for our collection tins at paypoints in supermarkets, coffeeshops, garages and nurseries in Witzenberg. Your spare change adds up! Donate your unwanted clothes, homeware and books to the CHAIN Animal Charity Shopwe sell these to raise funds! 38 Van der Stel Street, Tulbagh Vanessa 082-831-4334 Other ways to support CHAIN Support
enjoy a lekker brekkie
CHAIN and
der Stel Street, Tulbagh
Monday to Saturday 09:00 - 15:00 Sunday Image: Photo by Manuel Meza on Unsplash New homes for rescued dogs and cats Proud supporter of CHAIN
Van
08:00 - 16:00

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

TWEE leerders van Charlie Hofmeyr, Luan Giliomee (losskakel) en Philip du Plessis (senter) het die Boland o/18 Cravenweekspan gehaal. Hulle gaan vanaf 24-29 Junie aan die Cravenweek in Krugersdorp deelneem. Wedstryde vind plaas by die Hoërskool Monument.

LEROUX Groenewald (slot) en leerder van Charlie Hofmeyr, is opgeneem in die o/18 Boland Akademiespan.

QUINTIN Potgieter, oudleerder van Laerskool Gericke en tans ‘n leerder van Paarl Gimnasium, is opgeneem in die WP o/18 Cravenweekspan.

SATURDAY 1 JUNE 2024

YOUNG GOOD HOPE YOUNG GOOD HOPE YOUNG GOOD HOPE YOUNG GOOD HOPE HOPE VS LINDESHOFLINDESHOF LINDESHOFLINDESHOF LINDESHOF CERES SPORT GROUNDS (ROOIKAMP) GATES OPEN AT 12:00

ADULTS: R20 l CHILDREN: R10 l VEHICLE: R10

Stokkies en André Hanekom wen kompetisie

DIE naweek het Ceres gholfklub ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied.

Die kompetisie is deur Stokkies Hanekom en André Hanekom jr. gewen met 44 punte. Esman Boer en Trevor Abrahams was tweede met 43 punte met FK van Schalkwyk en Henri Ferreira in die derde plek met 42 punte.

Kompetisies

Die klub bied vanaf Vrydag 31 Mei weer die weeklikse Sundowner 9 putjie-kompetisie aan. Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings. Daar is ook spesiale aanbiedinge op drank en kos. Skakel die klub om meer hieroor uit te vind.

Juniemaand se klubkompetisies: Op 1 Junie vind ‘n enkel houespel (medal) kompetisie plaas. Op 6 Junie ‘n enkel stableford, op 15 Junie ‘n enkel progressiewe stableford, op 22 Junie ‘n enkel syfer plus kompetisie en op 29 Junie ‘n enkel stableford kompetisie. Dit is ook weer tyd vir die jaarlikse Enkelspel- en Pare-putjiespel kampioenskappe. Inskrywingsfooi beloop R250 per speler. Indien lede vir beide enkels en dubbels inskryf, beloop die fooi R440 per speler. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Julie en die trekking sal op 12 Julie gedoen word.

Die eeste16 betaalde spelers/pare sal deel wees van die trekking. Inskrywings kan by die gholfklub se kroeg gedoen word of via 084587-6332 of (023) 312-3068

PUMAS rugbyklub wil Powerade bedank vir hulle nuwe telbord asook Waldo de Kock van Matroosberg natuurreservaat vir sy borgskap. Pumas (Bo-Swaarmoed) is die seisoen nog onoorwonne en het al 10 hul wedstryde in die gemeenskapskild gewen.

MICHAEL Khotso, ywerige tuinier en deelnemer aan Ceres se Parkruns, het op 2 Desember verlede jaar, sy 100ste Parkrun voltooi. Sy beste tyd is 16:43. Hy neem ook deel aan ander langer wedlope. Michael het onlangs aan die Rhodes halfmaraton op Wellington deelgeneem en tweede in sy ouderdomsgroep geëindig en ‘n silwer medalje ontvang. Michael was 17de algeheel.* Op 16 Maart vanjaar het Ceres Parkrun ‘n besonderse mylpaal gevier met die 200ste Parkrun wat aangebied is. Ceres Parkrun het op 14 April 2018 hul eerste byeenkoms aangebied. Saterdag 25 Mei was die 210de wedloop op Ceres.

8 l WITZENBERG HERALD l 31 MAY 2024

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.