Witzenberg Herald Vol.25 no. 17 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 17

R8

Friday, May 6, 2022

MAY MADNESS GIVEAWAY! Spend R200 and more to stand a chance to win a Speedmaster 500 Lumen light worth

49 Lyell Street (023) 312-3578

R500

Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00

Valid until 21 May ‘22

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 5 Mei

Vrydag 6 Mei

11° 29°

Saterdag 7 Mei

7° 20°

Sondag 8 Mei

7° 19°

5° 20°

Voortrekkerstr. 17 Ceres 078-766-6268

Ceres Koekedouw dam

65,7%

Chicken Schnitzel bagel @ R69

Lesing: 2022/05/04

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Renosterkalfie gebore NA die tragiese voorval in Desember verlede jaar waarin vyf renosters op Inverdoorn geskiet is, het die personeel van die oord die week trane van blydskap gestort na die geboorte van ‘n nuwe renosterkalfie. Vier wit renosters is tydens dié stropingsvoorval dood en ‘n vyfde een, wat verwagtend was, is sleg gewond en beseer. Searl Derman, Aquilla en Inverdoorn se eienaar, het Maandag 2 Mei bekend gemaak dat ‘n renosterkalfie op 30 April gebore is. Die kalfie se ma, is op 8 Desember in ‘n stropingsvoorval gewond en vir dood agtergelaat. Douw Grobler, bekende veearts, het

Twee lig beseer na bakkie buite Ceres rol DIE afgelope naweek is drie ongelukke in die Ceres-omgewing aangemeld waarin vier mense lig beseer is. Op 29 April het die bestuurder van dié Nissan NP 200 bakkie beheer verloor en die bakkie op die Ceres/Calvinia-pad gerol. Twee persone is lig beseer en na die Ceres hospitaal vir behandeling geneem. Die ongeluk het omstreeks 12:00 plaasgevind.

na die voorval gehelp om die renosterkoei se lewe te red, haar genoegsaam te stabili-seer voordat talle operasies op haar uitgevoer is. Op 30 April het een van die bewaarders op Inverdoorn die kalfie opgemerk waar hy in ‘n aardvark-gat vassit. Hulle het hom uitgehaal en later met sy ma herenig. Dit is toe dat hulle sien dat dit die beseerde renoster se kalfie is. Agtergrond Vyf renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek. Die mans word verdink van die

stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagte van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings. Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhoring. Die saak is na 18 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

NA die tragiese voorval in Desember verlede jaar waarin vyf renosters op Inverdoorn geskiet is, het die personeel van die oord die week trane van blydskap gestort na die geboorte van ‘n nuwe renosterkalfie.

Valke arresteer daggakweker buite Ceres DIE Valke het verlede Donderdag op ‘n plaas buite Ceres toegeslaan en ‘n man gearresteer vir die onwettige kweek van dagga. Volgens die Valke se Wes-Kaap woordvoerder, Zinzi Hani, is ‘n 42-jarige verdagte op Donderdag 28 April op ‘n plaas in die Onderswaarmoed-omgewing gearresteer vir die onwettige kweek en handel in dagga. Lenloxonolo Mokhoabane het verlede Vrydag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na Donderdag 5 Mei uitgestel vir borginligting. Mokhoabane woon op die plaas Pofadderfontein en bly in aanhouding. Die arrestasie volg nadat inligting opgevolg is en ander daggaklopjagte in die Boland uitgevoer is. Daar is op nagenoeg R171 000 se dagga en 79.95 kg se gedroogde dagga met ‘n beraamde straatwaarde van nagenoeg R90 000 beslag gelê.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, May 6, 2022

Heuningkwas of .....HARDEKWAS Francois Snyman DIEWE se algehele disrespek vir inwoners se eiendom kan enige mens warm onder die kraag maak. Maar wanneer hulle begin om kerke te besteel laat dit ‘n gemeenskap toe om ernstige introspeksie te doen. Die gemeenskap laat toe dat sulke optredes plaasvind en doen nie genoeg moeite om dit met die hulp van die SAPD, stop te sit nie. My vraag is wanneer gaan ‘n gemeenskap sê dit is nou genoeg? Die plaaslike munisipaliteit het die afgelope paar weke duisende rande se skade gelei van diewe wat openlik kabels steel, subkragstasies beskadig en kabels uitgrawe tussen lamppale. Die polisie kan nie vinnig genoeg by al die klagtes uitkom nie. Dieselfde vraag: Wanneer gaan ‘n gemeenskap sê dit is nou genoeg? Wie dink hulle betaal vir al die skade? Die munisipaliteit ja, maar met ons elkeen se dienstegelde en belastings. Skrik wakker en help as breë gemeenskap om dié misdrywe stop te sit. Help ook om diegene uit te wys wat al die gesteelde koper, skrootyster en gesteelde goedere aankoop en verkoop. Ons moet iets doen - Ons kan nie altyd verwag iemand anders moet dit doen nie.

TWENTY one teachers and admin personnel from Iingcinga Zethu SS attended training on discipline and leadership skills. This was a Freedom Day well spent as they participated at an inter-active workshop presented by Archie van Biljon. This was part of the Partners for Possibility yearlong programme. Guest speakers were Pieter du Toit (M.D of Dutoit Fruit) and Anton Reinecke (MD of CFP). The team enjoyed a relaxing afternoon at Loxtonia Cider. Thanks to Mgeba’s taxi’s who provided the transport.

Oudbouer Johan Alberts oorlede na lang siekbed ‘n BEKENDE inwoner van P.A. Hamlet en oudbouer, Johan Alberts (64), is op 28 April oorlede. Hy word oorleef deur sy ouers, Jannie en Cathy Alberts, asook JD, Carine, Anja, Stefan, Ansie, Susan, Steve, Nico, Rudolf en kleinkinders. ‘n Troosdiens vind op 7 Mei om 10:00 plaas vanuit die NG Hamlet gemeente.

INVITATION / UITNODIGING REGISTRATION AS PROSPECTIVE SUPPLIERS ON ACCREDITED DATABASE All interested parties are invited to register on the municipality’s database as prospective suppliers for goods and services. Prospective suppliers for goods and services are also encouraged to register on National Treasury’s Central Supplier Database (CSD) which will be utilized in future by Witzenberg Municipality. The database of accredited prospective suppliers will be used by the municipality for the procurement of goods and services. Small, medium and micro enterprises (SMME’s), historically and local enterprises are encouraged to register. Registration forms can be obtained from the Supply Chain Unit, Dromedaris Street, Ceres and can be downloaded from the municipality’s website at http://www.witzenberg.gov.za/resourcecategory/tenders?category=132 or from Me A Poole at telephone number (023) 312-1761 or email at andrewnecia@witzenberg.gov.za. Completed registration forms must be either hand delivered or posted for the attention of Me A Poole, Supply Chain Unit, Witzenberg Municipality, P O Box 44, Ceres, 6835. Registration forms received via fax or email will not be accepted. She will also be available to assist applicants with the completion of the registration form. Registration on the municipality’s accredited supplier database does not guarantee business opportunities with the municipality. All supplier information will be held strictly confidential. By registering on the accredited supplier database, prospective suppliers will adhere to the Supplier’s code of conduct which is annexed to the municipality’s Supply Chain Management Policy. The said policy can be found at http://www.witzenberg.gov.za/resource-category/ tenders?category=132 It remains the responsibility of suppliers to provide the municipality with updated information regarding their business.

Leerder haal span JAY-LEIGH du Toit, ‘n leerder van Mooi Uitsig primêr, het op 28 April op Stellenbosch deelgeneem aan Wynland netbalproewe. Sy is ingesluit in die Wynlandspan en neem op 7 Mei deel aan die Wes-Kaap netbalproewe op Hermanus.

NUWE DATUM

REGISTRASIE AS VOORNEMENDE VOORSIENERS OP GEAKKREDITEERDE DATABASIS Belangstellende persone en besighede word hiermee uitgenooi om op die munisipaliteit se databasis as voornemende voorsieners vir goedere en dienste te registreer. Voornemende verskaffers van dienste en goedere word ook aangemoedig om te registreer by Nasionale Tesourie se “Central Supplier Database” wat in die toekoms by Witzenberg Munisipaliteit implimenteer word. Die geakkrediteerde voorsieners databasis sal gebruik word om goedere en dienste aan te koop. Klein, medium en mikro besighede (SMME’s) en plaaslike besighede word aangemoedig om te registreer. Registrasie vorms kan verkry word van die Voorsieningskanaaleenheid, Dromedarisstraat, Ceres, vanaf die webblad van die munisipaliteit by http://www.witzenberg.gov.za/resourcecategory/tenders?category=132 of vanaf Me A Poole by telefoonnommer (023) 312-1761 of per e-pos by andrewnecia@witzenberg.gov.za.

Troosdiens vir

Amalia du Toit 01/02/1930 - 03/04/2022

'n Tuiste vir almal

Voltooide registrasie vorms moet per hand afgelewer word of gepos word na Me A Poole Voorsieningskanaaleenheid, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835. Sy sal ook behulpsaam wees met die voltooiing van die aansoekvorms. Registrasievorms wat ontvang word deur epos en faks, sal nie aanvaar word nie. Registrasie op die munisipaliteit se geakkrediteerde voorsieners databasis waarborg nie enige besigheidsgeleenthede nie. Alle inligting van voorsieners word vertroulik hanteer.Voornemende verskaffers wat registreer op die munisipaliteit se geakkrediteerde voorsieners databasis, moet gehoor gee aan die gedragskode vir verskaffers, wat aangeheg is tot die munisipaliteit se Voorsieningkanaal beleid. Die beleid kan gevind word http://www.witzenberg.gov.za/resourcecategory/tenders?category=132 Dit bly die verantwoordelikheid van verskaffers om die munisipaliteit te voorsien van hul besigheid se jongste inligting.

D. NASSON MUNICIPAL MANAGER MUNISIPALE BESTUURDER

Maandag 16 Mei 2022 om 10:30 vanuit die NG Kerk P.A. Hamlet

DIE slagspreuk: In die gemeenskap, Vir die gemeenskap is amptelik deur die Togryers museumraad aangeneem en bevestig die museum se onderneming om hulself as ‘n tuiste vir almal te vestig. Die museum stap al ‘n geruimte tyd ‘n pad saam met die gemeenskap en is dikwels betrokke by sosiale projekte bo en behalwe die bewaringsaspek van die omgewing se historiese erfenis. “Ons is trots om te sê dat die Togryers museum in verskeie vennootskappe betrokke is saam met organisasies en individue op Ceres. Met die oog op Internasionale Museumdag in Meimaand, wil ons dan hierdie slagspreuk amptelik bekend maak aan die publiek”.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, May 6, 2022

CERES Besigheids Inisiatief (CBI), bedank David Fortuin (links) en sy span helpers wat die uitkykpunte in Michellspas mooi skoonhou. Hulle is Woensdagoggend met koffie bederf. Hulle gaan ook die wrakstukke wat so lelik vertoon naby die treinspoorkruising verwyder. Enigiemand wat betrokke wil raak by die projek kan Jannie Conradie skakel by 083270-7713.

Health is everybody’s business ON Friday 29 April, Western Cape Government Health and Wellness hosted its first External Health Indaba with stakeholder representation from the private sector, statutory bodies, universities, civil society, political parties, and other government departments. The External Indaba is an important step in seeking intersectoral collaboration from government departments and all stakeholders to work towards a healthier Western Cape where health is everybody’s business. The COVID-19 pandemic had a huge impact on the health system and service delivery, as well as the social determinants of health. However, it also emphasised the important role volunteers and community-based organisations play in supporting the health system, and it built a sense of connectedness, collaboration and collective resilience. The pandemic has provoked innovative response, which could ultimately help to resolve pre-existing problems in our health system. “We are now on the move to start rebuilding the province and commit ourselves to WoGA, underpinned by greater policy coherence across departments with sound policy decisions and coherent actions. My overarching goal is to have a health system that is peoplecentric, trusted and equitable; a system that is built on a caring, competent and empowered workforce, clean governance, innova-

tion, and accessible service delivery. The goal is to have a health system for everyone,” says Western Cape Minister of Health and Wellness, Dr. Nomafrench Mbombo. “ As we rebuild our health system after the pandemic, we are committed to a whole of government approach (WoGA) underpinned by improved policy decisions that is supported by our actions across departments. This means that health is everybody’s business as a healthier province depends on intersectoral action to address the social determinants of health”. “With the Indaba we aim to share and test our thinking as a department and our strategic direction for the provincial health system with participants. To move to a healthier Western Cape, we need to build a shared understanding of what it means to be peoplecentric and collaborative in how health services are delivered, how the health system is governed, and how we create a healthy public policy,” says Head of Western Cape Health and Wellness, Dr. Keith Cloete. The outcomes of the External Indaba will be used to drive Western Cape Government Health and Wellness’ reset agenda on how we can work more collaboratively with private sector, higher education institutes and other government departments. It will also help the Department to understand which steps we need to take to do things differently to ensure collaborative service delivery, collaborative governance, and collaborative healthy public policy.

ON Friday 29 April, Western Cape Government Health and Wellness hosted its first External Health Indaba with stakeholder representation from the private sector, statutory bodies, universities, civil society, political parties, and other government departments. Dr. Saadiq Kariem facilitating a group discussion at the Indaba.

We offer: · · · · · · · · ·

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

DIE naweek is drie ongelukke in die Ceres-omgewing aangemeld waarin vier mense lig beseer is. Op 30 April is twee Amerikaners lig beseer toe hulle Landrover die pad verlaat en gerol het. Die ongeluk het omstreeks 12:44 naby die Daytona skool plaasgevind.

MOTORISTE en inwoners wat die afgelope maand in Michellspas gery het, kon dalk opgemerk het die groot hoeveelheid los klippe wat langs die sementsloot lê. Die klippe lê vir 'n paar kilometer langs die afvoersloot vanaf Oustasie tot voor die Tolhuis. Navrae hieroor is aan die Raad vir Geo Wetenskappe se seismologiese afdeling in Pretoria gerig. Geen trilling is egter by hulle waargeneem. Hulle sluit egter nie ‘n klein rotsstorting of trilling uit nie.

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


4

WITZENBERG HERALD

Friday, May 6, 2022

Vier netbalspelers haal Witzenbergspan DIE groep Graad R was onlangs op ‘n Safari! Hierdie klassie is Laerskool Koue Bokkeveld se kleinste klassie, maar aan ywer en entoesiasme skiet hulle nie tekort nie. Hulle leer speel-speel van wilde diere tydens hul jaarlikse uitstappie.

DIE netbalspelers van Laerskool Koue Bokkeveld is opgeneem in die Witzenberg netbalspan. Drie spelers, Liza Fabricius, Alize Fabricius en Katrien van der Merwe is in die o/11 span opgeneem en Marile Titus in die o/12 span.

DRIE leerders van Laerskool Koue Bokkeveld is onlangs in die Witzenberg rugbyspan opgeneem. VLNR: Zak Oosthuizen, Ignatius van der Merwe en Hanno du Toit. DIE netbalspelers van Laerskool F.D. Con-radie is in die Kaapse Wynland netbalspan opgeneem. Die spelers gaan nou aan die Wes-Kaap netbalproewe deelneem wat op 6 Mei op Wellington plaasvind vir o/11 spelers en op 7 Mei op Hermanus vir o/12 en o/13 spelers. VLNR: Kirsten Goosen, Romy Jakobs, Gracie Adams, Elizabeth Goosen, Mia de Bod en Jamey-Ruth Swartz.

Twee Charliefotograwe presteer

LOST OR DESTROYED DEED

almal is welkom

Notice is hereby given in terms of Regulation 68(1) of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number T.15050/ 2003 passed by KAREE KLOOF FARMS PROPRIETARY LIMITED (Registration Number 2001/007651/07) in favour of PETRUS JOHANNES VAN DER WESTHUIJZEN (Identity Number 381224 5021 00 6) Married out of community of property, in respect of certain: PORTION 3 (PORTION OF PORTION 1) OF THE FARM ZWARTKOP NUMBER 267, in the Witzenberg Municipality, Division of Ceres, Province of the Western Cape; IN EXTENT: 202,5514 (Two Hundred and Two comma Five Five One Four) hectares

DIABETESPRAATJIE deur NICOMIE BOSMAN 10 Mei 2022 om 10:00 te Huis Maudie Kriel Suikervlakke word deur Ceres Lionsklub vanaf 09:00 getoets (moet asb nil per mond wees) en ENIGEEN IS WELKOM

Laat weet asb. Huis Maudie Kriel so spoedig moontlik by (023) 312-1950 indien u die oggend sal bywoon. Verversings met tee/koffie sal agterna beskikbaar wees

which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town, Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Malmesbury this 26th day April 2022. APPLICANT: DU PLESSIS & MOSTERT Address: 13 Piet Retief Street, Malmesbury E-mail address: eddie@dupmos.co.za Contact number: (022) 482-1101

TWEE leerders van Charlie Hofmeyr Hoërskool, Liza du Toit en Daniël Conradie (regs) is saam met Thomas Bothè (HTS Drostdy afwesig), deur die PSSA (Photographic Society of South Africa) vereer met ‘n diamantgraderings toekenning. Die toekenning word gemaak aan fotograwe wat by nasionale en internasionale fotografie-salonne ‘n minimum van vyftien salonaanvaardings per kategorie ontvang. Daar word net drie toekennings per foto toegelaat. Dié skoliere het onlangs ook sukses in Duitsland behaal saam met hul jeuggroep toe die groep algeheel sesde geëindig het. Thomas het ‘n 8ste plek behaal, Daniël ‘n 10de plek en Liza ‘n 11de plek.


WITZENBERG HERALD

Friday, May 6, 2022

5

Inentings bly belangrik DIE Wes-Kaap departement van gesondheid het onlangs gesê entstowwe vir voorkombare siektes red steeds lewens. Wêreld inentingsweek het van 24-30 April plaasgevind maar inwoners moet steeds gaan vir inentings. Belangrike inentings teen voorkombare siektes sluit in: HPVinenting, verkoue, COVID-19 en inentings teen kindersiektes. Die CV19 inentings is steeds die beste verdediging teen die virus. Inwoners kan ook hul immuunstelsels opbou met ‘n gebalanseerde dieët met baie vrugte en groente, ‘n griep-inspuiting en om stresvlakke te monitor. Langtermyn stresvlakke kan ook immuunstelsel aantas.

DIE graad 6 en 7 penkoppe en drawwertjies van Ceres Voortrekkers kommando het Saterdag 30 April ‘n heerlike uitstappie na Kweperfonteinplaas onderneem. Hulle het heeldag in die natuur gespandeer sonder enige selfone of tegnologie wat so baie van die kinders se kosbare tyd steel. Veldbewustheid is aan die Voortrekkers om met ‘n elementêre kennis van die veld, sy inwoners en sy elemente toe te rus, te leer om die veld en die natuur beter te verstaan en om ‘n liefde en waardering vir die veld te ontwikkel. Wessel Uys, ‘n veldkenner van Ceres, het die dag saam met die kinders geniet en sy veldkennis met hulle gedeel. Daar was heerlik in die veld gestap, waar hul meer geleer het oor uitheemse- en inheemse plante, insekte, reptiele en plantsoorte. Later het die kinders ook meer geleer hoe om vuur te maak, roosterkoeke te maak, stokbrood te maak en was daar ‘n paar wat braaf genoeg was om die koue damwater te trotseer! * Dankie aan Wessel dat jy jou kennis met die kinders gedeel het en Nicoline vir al jou moeite en insette met die uitstappie. Dankie ook aan Kweperfontein dat die kinders die natuurskoon kon geniet.

Besoek museum vir unieke uitstalling DIE Togryers museum op Ceres is bevoorreg om gedurende Meimaand ‘n tydelike uitstalling te huisves van Karla Koopman, ‘n boorling van Ceres. Karla het die gedwonge verskuiwings vir haar MA in haar kunsopvoeding-projek gebruik. Dit bestaan uit ‘n reeks van drie woordelose E-boeke om die gedwonge verskuiwings op Ceres uit te beeld. Besoek gerus die museum die maand om hierdie unieke interpretasie te beleef.

IN the spirit of this year’s theme, Unity and Support, Reach For A Dream would like to encourage every single South African, any age and in any industry, from schools and corporates to individuals to stand together and show their support on Slipper Day, Friday, 6 May 2022. Slipper Day supporter stickers will be available to purchase for R20 in-store at all retail partners: Wimpy, Dis-Chem Pharmacies, Pick n Pay, TOYZONE and Baby City, or online. Each sticker purchased goes towards the Reach For A Dream Foundation, helping children harness the power of their dreams to fight lifethreatening illnesses and making their dreams come true. Last year, through your support, Reach For A Dream raised over R6 million and all funds were used to fulfil the dreams of little dreamers. * Don’t forget to wear your slippers and stickers on Friday, 6 May and walk into any Wimpy store countrywide to claim your FREE Wimpy Coffee.

Plaaslike CV-19 statistieke Sedert die begin van die pandemie is 9307 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8876 herstel het. Die afgelope week was daar net 9 aktiewe gevalle aangemeld. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2192 gevolg deur Bella Vista met 1385, Wolseley met 1205, P.A. Hamlet met 1255, Tulbagh met 1139, Nduli met 616 en Koue Bokkeveld plase met 741. Vier honderd twee en twintig (422) mense het die afgelope twee jaar sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes staan tans op 85 gevolg deur Wolseley met 68, Bella Vista met 63, Tulbagh met 52, P.A. Hamlet met 52, Nduli met 35 en Koue Bokkeveld plase met 30. Een sterfte is al by die Dwarsrivier korrektiewe sentrum buite Wolseley aangemeld en 11 op AgterWitzenberg plase. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 957 (2 Mei). Daar is al 680 999 positiewe gevalle aangemeld en 653 051 het al herstel. Wêreldwyd is meer as 502 miljoen gevalle in 210 lande aangemeld en byna 7 miljoen mense het gesterf. Inentings Meer as 34,88 miljoen landsburgers is al teen CV-19 ingeënt en meer as 3.65 miljoen mense het al herstel van die virus. Die land se herstelkoers is tans 96%. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers in die land het die afgelope paar weke gestyg na 20.98%. Net 7 sterftes is die afgelope 24 uur in die land aangemeld. Plaaslike inwoners kan steeds hul inenting/versterkingsdosis by een van die volgende fasiliteite kry: Ceres provinsiale hospitaal: Maandae tot Vrydae. P.A. Hamlet kliniek: Maandae, Op-die-Berg kliniek: Dinsdae, Tulbagh kliniek: Woensdae, Bella Vista kliniek en Nduli Polo Cross-saal: Donderdae en Wolseley kliniek: Vrydae. Inwoners kan ook Clicks se tak op Ceres besoek.

Bloeddiens het dringend bloed nodig DIE Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) vra inwoners om bloedskenkers te word. Daar is tans ‘n ernstige tekort aan O+ en O-bloedgroepe. Die vloede in KZN het ook bygedra dat daar nou bloed benodig word. Bloedskenking neem ongeveer 30 minute van jou tyd elke 56 dae. Jy moet ouer as 16 en jonger as 75 jaar oud wees, 50kg of meer weeg, gesond wees op die dag van skenking en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf. Bloedskenking sal jou geen fisiese skade berokken nie, aangesien slegs 475 ml bloed geneem word wat binne 24-uur vervang word. Eet ‘n maaltyd tussen drie en vier ure voor jy kom bloed skenk en vermeerder jou vloeistofinname voor, gedurende en ná skenking. Neem dit asseblief ook rustig met oefening na jou bloedskenking. Vir meer inligting, SMS “Bloed” na 33507 en die WKB sal jou terugskakel met inligting waar om te skenk. Skenkers kan ook ‘n WhatsApp stuur na 060-549-7244 of 0800119-031 of (021) 507-6300 skakel.


6

WITZENBERG HERALD

Minister Mitchell congratulates newly-elected members of the PEC

classifieds CENTRAL CERES MOTORS

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Service Center Panelbeating

&

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

MINISTER Mitchell congratulates the newly-elected members of the Provincial Executive Committee of SANTACO Western Cape. On behalf of the Western Cape Government, I wish to extend congratulations to the newly-elected Provincial Executive Committee (PEC) of SANTACO Western Cape. “ We commend the SANTACO Western Cape leadership for conducting a peaceful, inclusively representative, and fair election held on the 21st of April 2022. We are proud to witness a smooth transition of newly elected PEC members, creating an unified provincial body for SANTACO Western Cape. We trust that the PEC will fulfil their role as the mouthpiece of the industry by acknowledging, welcoming and representing a diverse range of views, thereby upholding the values of inclusivity and unity within the industry. Through this leadership body, the industry while facing many challenges, can find hope knowing their voice will be heard”. The Minibus Taxi industry is a critical pillar in the South African transport sector, transporting the majority of commuters. SANTACO Western Cape has been instrumental in

PLANT AND TOOL HIRE

Skakel

082-859-2300 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Johannes Stephanus Alberts 1958/03/27 - 2022/04/28 Privaat begrafnis: Sat. 7 Mei 2022 Kerk: 10:00, NG Kerk P.A. Hamlet Graf: P.A. Hamlet Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Christiaan 079-177-2490

☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Automotive Engineering • Skim cylinder head • Recon cylinder head • Rebore engine blocks Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

Cedric Llewellyn Fortuin 1983/12/01 - 2021/05/09

Jaydene Shinéad Hector 1998/02/10 - 2021/05/09

Cedric and Jaydene, one year of indescribable pain. We will always love you.

Your parents, family and friends

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

André du Preez 082-639-2800 (023) 313-4422

3 Joh. 1:10 “Daarom sal ek die dinge wat hy doen, ter sprake bring as ek daarheen kom: hy versprei slegte en vals gerugte oor ons en asof dit nie genoeg is nie, ontvang hy self ook nie die medegelowiges nie, en dié wat dit wil doen, belet hy en ban hy uit die gemeente.”

Polisie lewer praatjie by skool CERES SAPD het Maandag 25 April nagenoeg 400 graad 8 en 9 leerders van Bella Vista Hoërskool toegespreek oor die gevare van dwelms, swak dissipline en boelieoptredes. Die praatjies is gelewer deur a.o Rudi Williams, a.o. Van der Merwe en sers. Nico van Rooi (foto).

'n Tuiste vir almal

crazypistonsct@gmail.com

Evangelis Jacobs

shaping the Minibus Taxi industry in the province by providing decisive leadership and by being a mouthpiece for the industry. Despite recent challenges including the rebuilding of the industry after the COVID-19 lockdowns, the eruption of violence and the tragic loss of innocent lives of members of the industry, the department acknowledge the accomplishments of the industry. Through tireless efforts, hard work and with the partnership of government, much progress has been made in formalising and empowering the industry through their involvement in groundbreaking projects. The industry has been instrumental in transporting healthcare and other frontline workers during the height of the pandemic, ensuring that our province delivers critical services to the public, as well as ensuring that the majority of commuters have access to safe, reliable and affordable transport. This contributed to the economic well-being of the industry and easy access to transport for the public. “ We wish the newly-elected SANTACO Western Cape leadership success as leaders in the industry, and in moving the province forward".

Inwoners moet versigtig wees

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Friday, May 6, 2022

DIE slagspreuk: In die gemeenskap, Vir die gemeenskap is amptelik deur die Togryers museumraad aangeneem en bevestig die museum se onderneming om hulself as ‘n tuiste vir almal te vestig. Die museum stap al ‘n geruimte tyd ‘n pad saam met die gemeenskap en is dikwels betrokke by sosiale projekte bo en behalwe die bewaringsaspek van die omgewing se historiese erfenis. “Ons is trots om te sê dat die Togryers museum in verskeie vennootskappe betrokke is saam met organisasies en individue op Ceres. Met die oog op Internasionale Museumdag in Meimaand, wil ons dan hierdie slagspreuk amptelik bekend maak aan die publiek”.

INWONERS word gewaarsku teen sindikate wat jou bankbesonderhede op ‘n bedrieglike wyse bekom. Bedrieërs is deesdae volop en slaan onverwags toe op naïewe inwoners en veral bejaardes. Ook hier in die Witzenbergstreek het die bedrogspul opgeduik en die polisie waarsku inwoners om op hul hoede te wees. Bedrieërs het die afgelope tyd op inwoners van P.A. Hamlet toegeslaan en voorgegee hulle is van Standard Bank, ABSA of Capitec se bedrogeenhede. Ongeveer R150 000 is reeds so gesteel. Skelms se werkswyse Die bedrieërs bel mense, hoofsaaklik bejaardes, dat daar verdagte transaksies op hul rekening plaasvind. Hulle lees dan gewoonlik die eerste paar nommers van ‘n spesifieke bank se kaarte en vra vir die res van die nommers, CVC nommer ingesluit, om die transaksies dringend te stop. Hulle stuur ook ‘n OTP-nommer na jou foon om die transaksie meer geloofwaardig te maak. Indien daar inwoners is wat deurgeloop het onder die misdryf, moet hulle met a.o. Janecke skakel by (023) 313-3133. Waarsku Die CVC-nommer agterop die bankkaart of kredietkaart moet nooit, onder geen omstandighede, aan mense oor die foon gegee word nie. Inwoners sal ook nie deur hul banke vir sulke bedrogtransaksies vergoed word as hulle dié betroubare inligting self uitgegee het nie.

Bloeddiens kort dringend skenkers DIE Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) vra inwoners om bloedskenkers te word. Daar is tans ‘n ernstige tekort aan O+ en O-bloedgroepe. Die vloede in KZN het ook bygedra dat daar nou bloed benodig word. Bloedskenking neem ongeveer 30 minute van jou tyd elke 56 dae. Jy moet ouer as 16 en jonger as 75 jaar oud wees, 50kg of meer weeg, gesond wees op die dag van skenking en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf. Bloedskenking sal jou geen fisiese skade berokken nie, aangesien slegs 475 ml bloed geneem word wat binne 24-uur vervang word. Eet ‘n maaltyd tussen drie en vier ure voor jy kom bloed skenk en vermeerder jou vloeistofinname voor, gedurende en ná skenking. Neem dit asseblief ook rustig met oefening na jou bloedskenking. Vir meer inligting, SMS “Bloed” na 33507 en die WKB sal jou terugskakel met inligting waar om te skenk. Skenkers kan ook ‘n WhatsApp stuur na 060-549-7244 of 0800-119-031 of (021) 5076300 skakel.


WITZENBERG HERALD

7

Friday, May 6, 2022

nuusbrokkies IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Alle landbouwerkers mag aan dié kompetisie deelneem en is ‘n persoon wat deel vorm van en ’n bydrae lewer tot die boerdery. Inskrywings sluit op 10 Mei 2022 en die streeksfunksie vind plaas op 28 Julie 2022. Inskrywingsfooi beloop R70. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of edna@kbos.co.za of Meghan Cupido (021) 808-5421 / (021) 808-7601 of meghan.cupido@western cape.gov.za WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word.

MATJIESRIVIER NGK Primary School is celebrating the expansion of it’s infrastructure and classroom facilities. The small school recently received a newly built admin office, funded by Perdekraal East Wind Farm, which is enabling the school to conduct administrative tasks. With the new office space, the school is now able to use part of the existing classroom as a computer lab. This new lab will be a valuable addition to the school, as learners will have the opportunity to gain digital literacy and technology skills. Moreover, learning how to use computers and software is essential in preparing learners for life after they graduate school.

CERES netbalklub het weer met oefeninge op Dinsdae en Donderdae begin. Begintyd is vanaf 17:00 - 17:30 op Gericke netbalbane. Nuwe lede is welkom om by die klub aan te sluit. Skakel Marelize by 073318-7638 of Beverley by 083-402-1246 vir verdere navrae.

ROBERT Collingridge het tydens Paasnaweek deelgeneem aan die SA Sailing Western Cape Provincial Dinghy Championships by Threewaterskloofdam buite VIlliersdorp. Hy het in die ILCA 6-klas deelgeneem ‘n goeie tweede plek verower. Daar was altesaam 93 deelnemers wat aan 11 sessies van 50 minute elk deelgeneem het. Robert het ook op 28 April aan die ILCA South African National Championships deelgeneem.

DIE tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs deelgeneem aan die Ceres Wilson tennistoernooi wat op 17 April plaasgevind het. Hulle behaal vier eerste plekke, vyf tweede plekke en drie derde plekke.

DAWID Scholtz van Ceres en ‘n leerder van Hoër Jongenskool Paarl, het die afgelope naweek die Pro Kennex Grandprix tennistoernooi vir seuns o/16 gewen.


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Ar t. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, May 6, 2022

Witzenberg Herald

DELICIOUS het Saterdag die 2022 rugbyseisoen begin met tuiswedstryd teen Wolseley. Delicious het die opwindende wedstryd met 31-21 gewen. Delicious het in die tweede helfte beheer oor die wedstryd geneem en hulle stempel afgedruk op die wedstryd. Een van Delicious se uitblinkers was Christiano Swartz wat goed vertoon het met sy taktiese skopwerk en aanvallende spel.

JAKOB Volmoer het die afgelope langnaweek aan die Augrabies Falls Klipspringer uitdaagwedloop deelgeneem wat in die NoordKaap aangebied is. Dit was ‘n wedloop oor twee dae waarin Jakob algeheel derde geëindig het.

FOTO: JDA Photography

FOTO: Trevor Felix

BELLA Vista rugbyklub het Saterdag die 2022 rugbyseisoen op ‘n hoë noot afgeskop toe hulle Newtons op Wellington met 32-5 geklop het. Hier duik Cameron Davids oor vir sy span se bonuspunt drie.

Glenville wen kompetisie op Ceres

GLENVILLE Nasson (links) was Saterdag die wenner en Wincen Abrahams was in die tweede plek.

SATERDAG 30 April is ‘n individuele syfer plus kompetisie op Ceres aangebied waaraan 40 spelers deelgeneem het. Glenville Nasson was die wenner met ‘n telling van +4. Wincen Abrahams was in die tweede plek met +3 gevolg deur Marius Barnard met +3 en JC van der Merwe met +2. Volgende kompetisies Spelers moet daarop let dat die gholfbaan vanaf 8-12 Mei gesluit sal wees vir die IPT toernooi. Saterdag 14 Mei vind die maandelikse houespel kompetisie plaas. Spelers kan die klub skakel by (023) 3123068 of op die Clubmaster app bespreek.

We offer: · · · · · · · · ·

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

DIE jaarlikse Tankwa Trail het die naweek rondom Kaleo in die Koue Bokkeveld plaasgevind. Plaaslike atlete het goed gevaar in die gemengde afdeling. VLNR: Boetie Hugo en Marilize Cilliers (derde plek), Paul Wolff en Kaitlyn Wolff (eerste) met twee Charlie Hofmeyr leerders, Liza du Toit en Christiaan Potgieter, in die tweede plek.

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.