Witzenberg Herald Vol.24 no.17 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 17

R7.50

Friday, May 7, 2021

Since 1997

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 6 Mei

Vrydag 7 Mei

12° 19°

10° 16°

Saterdag 8 Mei

Sondag 9 Mei

9° 20°

8° 20°

Ceres Koekedouw dam

64%

Lesing: 2021/05/05

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Gemeenskap in rou ‘n BOER van Tulbagh en ervare vlieënier van gyrokopters, is ernstig beseer en sy 12-jarige seun is dood toe die tweesitplek Magni gyrokopter waarmee hulle gevlieg het, op ‘n plaas buite Laingsburg neergestort het.

DANIËL Theron (50).

DANIËL Theron (12).

Die ongeluk het Maandag omstreeks 14:30 ongeveer 10 kilometer buite Laingsburg plaasgevind kort nadat Daniël Theron (50) en sy seun, Daniël jr. van die dorp se vliegveld opgestyg het. Volgens inligting het Daniël Theron die afgelope naweek die North meet South byeenkoms vir gyrokopters en gyrovliegtuie by die Forever-oord by Gariepdam saam met Daniël en sy oudste seun, Stephan (21), bygewoon. Meer as 75 gyrokopters het die byeenkoms bygewoon. Fratsongeluk Theron en die seuns het op Beaufort-Wes oornag. Hy het Maandag alleen tot op Laingsburg gevlieg terwyl die seuns in die bakkie gery het. Hy het geland en petrol ingegooi waarna Daniël jr. toe saamgevlieg het. Minute nadat hulle opgestyg het, het iets drasties skeefgeloop wat die witkleurige gyrokopter laat neerstort het. Daar word vermoed dat die gyrokopter enjinprobleme ondervind het en Theron ‘n noodlanding probeer doen het. Die gyrokopter het die grond getref en aan die brand geslaan. Daniël jr., ‘n graad 7 leerder van Rijks privaatskool buite Tulbagh, is opslag dood en Daniël sr. het brandwonde aan sy gesig, hande en bene opgedoen. Hulle was die agterste tuig van die vyf tuie wat saamgevlieg het en niemand het gesien wat presies gebeur het nie. Nooddienste is uit na die toneel waarna ‘n AMS noodhelikopter van Oudtshoorn ontbied is om die beseerde Daniël sr. na die Worcester Mediclinic te vlieg vir verdere behandeling. Hy is tans buite gevaar en stabiel in die inten-

siewe sorgeenheid en aan ‘n ventilator gekoppel. Dokters gaan hom die week in ‘n mediese geïnduseerde koma hou. Medelye en skok Die Tulbagh gemeenskap is in rou en het met skok van die tragiese vliegongeluk verneem. Skoolmaats van Daniël jr. was getraumatiseerd nadat hulle gehoor het een van die skool se gewilde leerders het in ‘n vliegongeluk gesterf. Daniël Theron is die beheerraadvoorsitter van Rijk Tulbagh privaatskool en boer op die plaas Fairview.

Begrafnisreëlings sal later gefinaliseer word sodra Daniël Theron sr. se toestand verbeter. Daniël jr. word oorleef deur sy pa, ma, Annelie en broers Jean-Pieter en Stephan. Ondersoek Die Laingsburg SAPD het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) geopen. Die toneel is aan ondersoekers van Burgerlugvaart oorhandig wat dié ongeluk en die oorsaak sal ondersoek. Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO, sê dat ‘n voorlopige bevinding oor ‘n maand bekend gemaak sal word.

DIE tweesitplek Magni gyrokopter is soortgelyk aan die een wat neergestort het. FOTO ter illustrasie - Facebook.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.24 no.17 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu