Witzenberg Herald Vol.27 no.17 (Online Weergawe)

Page 1

Geen skade aangemeld

Bergbrand na dae geblus

DIGTE rook het sig so belemmer dat nooddienste en verkeer die pas met tye gesluit het.

FOTO: Witzenberg munisipaliteit

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se branddienste en CapeNature, is sedert die naweek besig met brandbestrydingstake in die Mostertshoek- en Wolwekloofarea, wat in die Witteberge bokant die R46 geleë is.

Die brand, wat Saterdagmiddag laat in die Wolwekloofgebied ontstaan het, is deur aansienlike uitheemse plantegroei, hoofsaaklik Hakia, en wisselende winde aangedryf.

Alhoewel die brand Sondagmiddag goed ingeperk was, het verskeie opvlammings weer Maandag en Dinsdag voorgekom.

Vars grondspanne van die NCC het Dinsdag 30 April die ander spanne afgelos en voortgegaan met aktiewe brandbestrydings- en eiendomsbeskerming, moniterings en opruimingstake.

Woensdag 1 Mei het die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) se branddienste gesê dat daar oornag goeie vordering gemaak is met die uitgebreide vuurlyn wat strek vanaf Wolwekloof buite Ceres tot by Romansrivier.

Koeler weer het brandspanne in staat gestel om verdere verspreiding te voorkom.

Die gebruik van voorbrand en ander tegnieke, het gehelp om die brandlyn in kleiner dele op te breek.

Geen skade

Geen skade aan eiendom is aangemeld nie. Die afgelope paar dae se weerstoestande en ongelyke terrein, het brandbestrydingsomstandighede bemoeilik.

OK EXPRESS TULBAGH is baie opgewonde oor die opgradering en vergroting van ons winkel.

Sien ons SPECIALS op bl. 5 (023) 230-1100 l 083-741-7213

leerder se akademiese vordering en dra by tot ‘n positiewe selfbeeld.

Munisipaliteit waarsku teen skelmstreek

DIE Witzenberg munisipaliteit vra inwoners om ag te slaan op dié waarskuwing!

“Dit is met kommer dat ons verneem dat bedrieërs poog om inwoners se eiendom te betree onder die voorwendsel dat hulle deur die Witzenberg munisipaliteit gekontrakteer is om elektrisiteitdienste te staak weens wanbetaling”.

Slegs persone, wat hulself positief kan identifiseer met dié identiteiskaartjie en dat hulle deur munisipaliteit aangestel is, moet toegelaat word op die perseel.

“Die munisipaliteit stuur nooit WhatsAppboodskappe om inwoners in kennis te stel dat jou elektrisiteitstoevoer afgesny gaan

word nie”. Skakel die Witzenberg munisipaliteit by (023) 316-1854 indien daar enige twyfel bestaan oor ‘n persoon wat jou perseel wil betree.

Belangrik om te weet:

● Die konsultante wat tans besig is in die veld, doen vervanging en opgradering van elektrisiteitmeters en hulle het identiteitskaarte om te toon.

(Advertensie op bladsy 3)

● Die munisipaliteit se meterlesers lees net watermeters en elektrisiteitmeters en kan uitgeken word aan hul kleredrag met munisipale logo op.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com WH H e r a l d Witzenberg Volume 27 no. 17 R 10 Friday, 3 May 2024 CERES KOEKEDOUW DAM 59,6% TULBAGH DAM 88% WAVERENSKROON TULBAGH 27,5% Lesings geneem: 2024/05/01 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 2 Mei 12° 31° Vrydag 3 Mei Saterdag 4 Mei Sondag 5 Mei 10° 31° 8° 21° 7° 26° Janine Duckworth Area representative +27 (0)60 528 0683 janine@rubberroofs.co.za rubberroofs.co.za INDOOR & OUTDOOR EXPERT APPLICATION RESIDENTIAL, COMMERCIAL & INDUSTRIAL SERVICES Martin Behm (023) 316-2959 082-734-4549mar tinb@27four.com • Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien. Porterstraat, Ceres (023) 312-3413 Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30 Terme en voorwaardes geld. Geen smouse. Pryse is BTW ing. Duram Flexikote 5L R175 Duram Rainkote 5L R285 Duram Rubberflex 5L............................ R460 20L.......................... R1 650 VV VV Valid 03/05/24 - 30/05/24 alid 30/05/24 BLACK & WHITE BLITZ DEAL Spraymate Spraypaint Gloss Black Gloss White Satin Black Matt Black R119 (While stocks last) Montego Monty & Me Essential Adult 20kg @ R350 (While stocks last) Dromex Soft Shell Jacket (Black) R595 Dromex Puffer Jacket (2 Tone Colour) R630 Dromex Puffer Jacket (Black/Royal Blue)... R595 Dromex Puffer Bodywarmer (Black) R395 VV VV Valid 03/05/24 - 30/05/24 alid 03/05/24
DRIE leerders van Fairfield primêr het onlangs brille van Ceres Lionsklub ontvang. Die skool bedank die Lions vir dié skenking aan drie leerders wie se sig swak is. Beter sig vergemaklik ‘n

JEUGFOTOGRAWE van die Witzenbergstreek het geskitter in ‘n internasionale fotografiekompetisie wat in Rusland gehou was. Die kompetisie is oop vir jeugfotograwe van dwarsoor die wêreld tussen die ouderdom 10 en 22 jaar. Meer as 1050 kinders het vanjaar ingeskryf. Fotograwe in die Witzenbergstreek het 187 foto-erkennings ontvang. Thomas Bothè van Witzenberg PS het die beste presteer met 28 aanvaardings gevolg deur Charl Conradie en Sofia van der Merwe van Charlie Hofmeyr Hoërskool fotografieklub met onderskeidelik 23 en 20 aanvaardings elk. Die drie fotograwe het vanjaar onder die top 5 beste fotograwe geëindig. Daniël Conradie het verder gepresteer en is die World Cup GIP toegeken as die beste jeugfotograaf in die kompetisie.

DIE fotos is deur twee Charlie leerders, Christelle Engelbrecht (14) en Anjani Kara (13), afgeneem. Anjani het die swemmer afgeneem en Christelle die Blouwildebeeste.

Wind waai ou akkerboom om

DALK een van Ceres se oudste en moontlik grootste akkerbome het twee weke gelede omgeval. ‘n Sterk wind het moontlik bygedra dat die boom in twee geskeur en omgeval het. Daar is ook tekens dat inwoners vuur binne die stam gemaak het. Die akkerboom is naby die Rooikamp woongebied op pad na die munisipale herwinningsaanleg.

FOTO: Marthinus de Villiers

BELLA Vista primêr is trots op Monroe Pieterse wat opgeneem is in die Witzenberg o/13 rugbyspan. Monroe gaan die naweek aan die finale Boland rugbyproewe deelneem.

FRANK PIETERSEN FRANK PIETERSEN FRANK PIETERSEN FRANK PIETERSEN PIETERSEN MUSIC CENTRE CENTRE MUSIC CENTRE CENTRE presents a CONCERCONCER CONCERT IN CERES T IN CERES

Saturday 11 May 2024

NG Moedergemeente, Ceres

We are excited to announce that our music centre has been invited by Ann Solomons, one of the founding members of the Music Centre, to present a concert in Ceres. This is a wonderful opportunity for our students to showcase their talents and share the joy of music with this community. The following groups will be performing in this event:

•African Percussion Ensemble

•Junior String and Percussion Ensemble

•Intermediate String and Percussion Ensemble

•Senior String Ensemble

•Senior Percussion Ensemble

•Senior Wind Band

Adults: R150 l Kids: R100 Enquiries: Ann Solomons 076-833-2022

DIE 2024 nasionale verkiesing vind oor minder as ‘n maand plaas. Landsburgers kan hul kruisies gaan trek op Woensdag 29 Mei. * Statistieke: Daar was 26,2 miljoen kiesers vir die 2021 munisipale verkiesing geregistreer. Vir 29 Mei se verkiesing is daar byna 27,7 miljoen kiesers geregistreer. Slegs 12% hiervan woon in die Wes-Kaap. Op die kieserslys is 55.24% vroue en 44.76% mans. Die meeste kiesers is tuseen die ouderdom 30-39 jaar.

2 l WITZENBERG HERALD l 3 MAY 2024

Klazen se saak uitgestel vir verhoor

DIE aanrandingsaak teen ‘n oudonderburgemeester van Ceres, is die week in die landdroshof vir verhoor uitgestel.

Die saak teen Felicity Klazen (42) is na 11 Julie uitgestel wanneer haar verhoor moet begin. Sy het op 31 Julie 2023 na bewering haar vervreemde man, Christiano (Chrisjan) Klazen (53), wat afhanklik is van ‘n rolstoel, aangerand.

Die voorval het omstreeks 17:20 by die egpaar se woning in Rooikamp plaasgevind.

Felicity Klazen het Chrisjan na bewering weggestamp en met die vuis in sy gesig geslaan.

Die Ceres egpaar, wat al talle kere oor en weer klagtes teen mekaar gemaak het, het na dié Julie-voorval beide in Ceres se polisieselle beland.

Polisie vra inwoners se hulp na moord

‘n MAN is die naweek in Pine Valley woonbuurt buite Wolseley vermoor.

Volgens die polisie is Akhole Maqwara (32) verskeie kere met ‘n mes gesteek en het hy ook kopbeserings opgedoen.

Inwoners het Saterdagaand die polisie geskakel waarna polisielede omstreeks 20:55, ‘n erg beseerde Maqwara in Hopestraat aangetref het.

Hy is deur nooddienste personeel na Ceres hospitaal geneem waar hy later die aand oorlede is.

Inligting gesoek

Die polisie vra inwoners met inligting om hulle te skakel. Dit is nie bekend waar die aanranding plaasgevind het nie en wat Maqwara se dood voorafgegaan het nie.

Die polisie ondersoek nou ‘n moordklag.

Vir inligting skakel s/sers. Hendriks by (023) 231-8000 of 079-894-0195. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Verdagte in hof na roof by Totalsports

TOTALSPORTS Ceres in 2022.

CHRISTINA Johanna Walters (74).

EEN verdagte en vermeende sindikaatlid verskyn in die Ceres streekhof na ‘n gewapende roof by Totalsports Ceres in 2022. Nog twee individue is reeds deur die polisie deur middel van vingerafdrukke geïdentifiseer en moet nog in hegtenis geneem word.

Qhamani Mthwesi is na die roof vasgetrek en later tydens ‘n uitkenningsparade met die gewapende roof van Totalsport verbind.

Die saak is verlede week in die Ceres streekhof uitgestel na 5 Augustus vir pleit en verhoor.

Agtergrond

‘n Paar gewapende verdagtes het op 28 Februarie 2022 die Totalsports-tak op Ceres beroof.

Die verdagtes het die sportwinkel in die De Keur winkelsentrum net na 11:30 binnegestap en die verskrikte personeel beveel om na die agterkant van die winkel te beweeg. Daar was ook kliënte binne die winkel asook die areabestuurder.

Die areabestuurder se persoonlike selfoon is gevat asook 54 nuwe selfone en klere. Die rowers het ook personeel se selfone gesteel.

Die verdagtes het kort hierna gevlug. Toe die winkel stil word, het die personeel uitgekom en die polisie ontbied.

Ondersoek

Die areabestuurder se foon se soek-eienskap is geaktiveer wat die Ceres SAPD na ‘n adres in Nduli gelei het.

Hier het speurders en polisielede twee voertuie, ‘n gekaapte Toyota Auris en ‘n silwer VW Polo, verlate in die woonbuurt aangetref.

Die polisie is na ‘n nabygeleë huis waar die gesteelde goedere in ‘n buitegebou gevind is.

Verdagtes soek regshulp

DIE saak teen drie mans wat verdink word van die moord op ‘n bejaarde vrou in die Ceres-Karoo is weer uitgestel sodat die verdagtes aansoek kan doen vir regshulp.

Willem Olivier (50) het saam met Kelvin Vlok (22) en Curswin Jiemies (18) in die Ceres landdroshof verskyn.

Die saak is tot 18 Junie uitgestel.

Ondersoek nog nie klaar nie

Die drie mans, een ‘n gewese plaaswerker op die plaas Papekuil, is verlede jaar na ‘n uitgebreide soektog deur die polisie vasgetrek na die moord op Christina Johanna Walters (74).

Die moord is meer as ‘n jaar gelede, op Vrydag 3 Maart tussen 18:00 en 24:00, gepleeg. Walters se liggaam is ongeveer 30 meter van die plaashuis, met ‘n skietwond in die kop aangetref.

Haar arms en hande was met ‘n belt en draad voor om haar lyf vasgemaak. ‘n Bebloede baksteen, waarmee sy vermoedelik geslaan en aangerand is, is ook op die toneel gekry. ‘n Ou haelgeweer het langs haar liggaam gelê. Olivier is Saterdag 4 Maart ongeveer 3 kilometer verder op die buurplaas Klein Papekuil, waar hy saam met sy vrou woon, gearresteer. Twee familielede, Vlok en Jiemies, wat by Olivier op die plaas gekuier het ten tye van die moord, is Sondag 5 Maart by hul ouma op die plaas Nwardouw naby die Tankwa padstal gearresteer. Hulle het hulself aan die polisie oorgegee. Die plaas is meer as 40 km van die moordtoneel. Die mans het na die moord met onder andere ‘n .38 rewolwer en 9mm pistool en ‘n .303-jaggeweer gevlug. Hulle het ook kruideniersware en drank gesteel.

WAARSKUWING!

Dit is met kommer dat ons verneem dat bedrieërs poog om eiendom te betree onder voorwendsel dat hulle deur die munisipaliteit gekontrakteer is om die elektrisiteit dienste te staak weens wanbetaling.

Geliewe kennis te neem dat slegs persone wat hulself positief kan identifiseer met die kaartjie soos in die aangehegte voorbeeld deur die munisipaliteit aangestel is. Die aangehegte foto’s is van die gekontrakteurde personeel.

Die munisipaliteit stuur nooit WhatsApp-boodskappe om u in kennis te stel dat u elektrisiteit toevoer gesny gaan word nie. Skakel die Munisipaliteit by (023) 316-1854 indien daar enige twyfel bestaan oor 'n persoon wat u perseel wil betree.

3 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 3
Moshito Mashilwane Bongani Schondo Dimakatso Sekepe Die gemagtigde personeel: Kenneth Mbangula

INWONERS kan ‘n tydelike uitstalling met die tema: Buried treasures, besigtig van 6-31 Mei in die John Steyn biblioteek. Die uitstalling bestaan uit voorwerpe wat vir baie jare begrawe gelê het in die Ceres-omgewing en word nou vir die eerste keer uitgestal. Hierdie geleentheid vorm deel van Internasionale Museumdag - ‘n jaarlikse gebeurtenis wat deur museums regoor die wêreld gevier word.

JUNIOR PR PR PRODUKSIEBESTUURDER ODUKSIEBESTUURDER

Modderasrivier Boerdery, ‘n gevestigde kern- en steenvrugte produsent, geleë in Tulbagh, het ‘n geleentheid vir ‘n energieke en dinamiese persoon tussen 25 en 35 jaar oud as junior produksiebestuurder.

VERANTWOORDELIKHEDE: • Bestuur produktiwiteit en kwaliteit van werkers • Daaglikse span prestasie verwerking & rapportering • Identifiseer probleme, foute, en hanteer die regstelling daarvan • Daaglikse opdragte ontvang en die uitvoer daarvan • Organisering en monitering van werkers, oes, besproeiing, bemesting en stukwerk • Rekordhouding van werksaktiwiteite en help met tydstudies by uitwerk van stukwerk • Insekmonitering in boorde • Algemene plaas instandhouding • Nuwe besproeiingsblokke insit vanaf plan.

VAARDIGHEDE: • Akkuraat, tydig, netjies en oplettend • Aanpasbaar - moet bereid wees om naweke en na-ure te werk • Moet goed onder druk kan funksioneer • Sober gewoontes • Ondervinding in sagtevrugteboerdery • Administrasie en kommunikasie in Engels en Afrikaans • Moet kan sweis en prakties aangelê wees • PVC pype lym/krane bou.

OPLEIDING EN ONDERVINDING: • Matriek • Na-graads in landbou is voordelig, maar volgende punt is belangriker • Kennis / praktiese agtergrond van sagtevrugte • Geldige swaarvoertuig lisensie, C1.

VERGOEDING: • Behuising op die plaas • Voertuig, motorfiets vir boerdery gebruik • Industrie vergelykbare salaris met groei moontlikhede.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 31 MEI 2024 Stuur asb. u CV, gekleurde ID afskrif en relevante verwysings aan mnr. Phil du Plessis by: tulbaghboerdery@gmail.com

LAERSKOOL F.D. Conradie is trots op Savannah Hendrikse en Ferran Snyders wat deurgedring het na die finale rondte van die Boland hokkieproewe. Die proewe vind Sondag 5 Mei plaas.

TWEE tennisspelers van Laerskool F.D. Conradie, Adriaan en Daniël Wolfaardt, het Saterdag 27 April aan die Ceres Pro-Kennex tennistoernooi deelgeneem en skitterend gevaar. Adriaan het ‘n tweede plek in die goue plaatkompetisie vir seuns o/12A behaal terwyl Daniël ook ‘n tweede plek in die goue plaatkompetisie vir seuns o/10B behaal het.

Hierdie nuwe opwindende posisie bestaan nou by Dutoit Vrugte in Ceres

ELEKTRO-MEGANIKUS (MILLWRIGHT)

Dutoit Vrugte

Ons benodig die dienste van ‘n vaardige persoon om verantwoordelikheid te aanvaar vir sekere funksies in die instandhoudingspan by ons vrugteverpakkingsaanleg in Ceres.

Die aansoeker sal aan die Instandhoudingsbestuurder rapporteer vir, onder andere: • Verseker dat masjinerie tot volle kapasiteit benut word • Beplande instandhouding uitgevoer word • Vervanging en instandhoudingskoste verminder op alle masjiene wat aan posisie toegewys is • Verseker die uitvoering van voorkomende- en noodonderhoud volgens werkkaarte • Elektriese en meganiese opknappings • Herbedrading van elektriese masjinerie met die oog op verbeterings • Hersien reserwe/ou masjinerie om beskikbaar te wees wanneer nodig • Onderhou en stel nuwe masjiene in en toets voor gebruik • Help produksie met daaglikse instandhoudingsbestellings • Bystand met ouditvereistes en • ander redelike pligte soos pos vereis. Verlangde ondervinding en kwalifikasie:

•Gr. 12 met Wiskunde en Wetenskappe

•Ambag kwalifikasie - Rooi Seël (Millwright)

•Minimum 5 jaar ondervinding

•Aandag aan detail

•Goeie probleemoplossingsvaardighede

•Goeie besluitnemingsvaardighede

•Kennis van veilige werksprosedures

•Kennis van voedselveiligheid, higiëne en HACCP-standaard

Ons bied aangename werksomstandighede en ‘n mededingende vergoedingspakket.

Belangstellendes moet aansoeke stuur na: lemarel@dutoit.com en die verwysing “Millwright” duidelik op die aansoek merk.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Mei 2024

Netbalspelers gaan aan finale proewe deelneem

leerders van Bella

en

Hierdie nuwe opwindende posisie bestaan nou by Dutoit Groente in Prince Alfred Hamlet.

REKENINGE KLERK

Dutoit Groente

Die posbekleër sal aan die Finansiële Bestuurder van Dutoit Groente rapporteer en verantwoordelik wees vir ‘n verskeidenheid van administratiewe funksies.

Die funksies behels hoofsaaklik die kontrole van alle Chep transaksies sowel as die bestelling en kontrole van Chep toerusting. Daar word ook van die posbekleër verwag om die res van die Dutoit Groente finansiële span te ondersteun met ander finansiële en administratiewe take.

Die suksesvolle kandidaat sal gekenmerk word aan die volgende:

•Minimum Graad 12 met vorige administratiewe ervaring

•Bo-gemiddelde administratiewe vaardighede

•Bo-gemiddelde akkuraatheid en fokus op “detail”

•Goeie tydbestuur en vermoë om prioriteite te bepaal

•Spanspeler wees en trots openbaar in die werk wat verrig word.

•Ervaring in finansiële sagteware asook MS Office.

Ons bied aangename werksomstandighede en mededingende vergoeding.

Belangstellendes moet aansoeke stuur na: recruitment@dutoit.com en die verwysing “Rekeningeklerk” duidelik op die aansoek merk.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Mei 2024

4 WITZENBERG HERALD l 3 MAY 2024
TWEE Vista primêr, Rahisnah Laban Kylie-Rose Pietersen, is opgeneem in die Witzenberg o/11 netbalspan. Hulle gaan Vrydag aan die Boland netbalproewe op Wellington deelneem. BELLA Vista primêr is trots op Warrenick Jooste en Annilynne Willems, wat opgeneem is in die Witzenberg o/13 netbalspan. Hulle gaan Saterdag aan die finale Boland netbalproewe deelneem op Moorreesburg.

Twee motorkapers weer in hof

TWEE motorkapers wat kort na Nuwejaarsdag 2023 vasgetrek is nadat hulle toeriste buite Ceres aangeval, beroof en daarna met hul voertuig gevlug het, het die week weer in die Ceres streekhof verskyn. Die saak is na 27 Mei uitgestel vir pleit en verhoor. Beide verdagtes bly in aanhouding. Agtregrond Volgens die polisie was drie vroue van Lephalale (voorheen Ellisras) op Maandag 2 Januarie 2023 onderweg na Velddrif vir vakansie. Marie Seegers het saam met Elmien le Roux en Hannie Fourie, die vorige aand op Beaufort-Wes oornag en het dié Maandagoggend omstreeks 09:15 deur Ceres gery. Marie het die silwerkleurige Mercedes Benz bestuur en besluit om by ‘n uitkykpunt in Michellspas te stop om fotos te neem. Kort nadat hulle gestop en uitgeklim het, het twee mans - waarvan een gewapen was met ‘n Okapi mes - die vroue genader en hulle gevra om die voertuigsleutels vir hulle te gee. Nadat Marie Seegers nie die sleutels wou gee nie, het daar ‘n worsteling ontstaan.

Sy het die sleutels ‘n ent gegooi voordat die een verdagte haar gelos en in die motor geklim het. Sy is drie keer in die been en een keer in haar hand gesteek.

Een van die vroue het toe die polisie probeer bel waarna die tweede verdagte haar selfoon gegryp en dit in die motor gegooi het voordat hy ingespring en die mans weggejaag het.

Vasgetrek

Die polisie is van die voorval in kennis gestel en hulle die voertuig se besonderhede met ander polisiestasies en provinsiale verkeersdienste gedeel.

Die een kaper, Mihle Mboma (38), is deur die polisie en verkeersdienste voorgekeer waar die R46 vanaf Ceres aansluit by die N1 buite Worcester.

Inligting oor die tweede verdagte is opgevolg en Siyathanda Matyeni (31) is in ‘n taxi opgespoor buite Tulbagh wat op pad was na Bellville.

Hy is blykbaar vroeër iewers afgelaai en het na Nduli teruggekeer voordat hy in die taxi na Bellville geklim het.

Matroosberg-brandstigter wil pleit

Matroosberg-brandstigter

Ashlin Brandon Paulse (25) staan tereg op klagtes wat verband hou met ‘n brand meer as ‘n jaar gelede waarin die bekende Matroosberg skihut en drie voertuie in puin gelê is.

Die saak is na 24 Junie uitgestel.

Paulse is Maandag 3 Julie 2023 deur WesKaap speurders gearresteer.

Hy word aangekla van vier klagtes van brandstigting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal.

Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei 2023 by Matroosberg se skihut oornag en die volgende oggend gaan stap. Met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref.

Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut.

Other collections & demolishing projects are also welcome

Museum spog met nuwe webblad

DIE Togryers museum het verlede Vrydag 19 April hul splinternuwe webtuiste bekendgestel. Hierdie webtuiste spog nou met opvoedkundige hulpbronne vir onderwysers en leerders t.o.v. plaaslike geskiedenis, die 1969 aardbewing, slawerny, die Khoi en San en boeliery. Daar is ook nou ‘n aanlyn besprekingsvorm vir onderwysers wat hul skoolklasse wil bespreek vir besoeke aan dié museum. Daar is verder baie historiese inligting wat jou kennis van die omgewing se natuurhistoriese en kultuurhistoriese gaan uitbrei. Die webtuiste is aangepas om toeganklik te wees om enige toestel, hetsy ‘n selfoon, tablet of rekenaarskerm, te akkommodeer. “Kom reis saam deur ons uitstallings en die temas wat ons dek in die museum. Spesiale aandag is gegee aan die vyf temas uit Ceres se geskiedenis wat uniek is aan ons omgewing”. Besoek ons gerus by www.ceresmuseum.co.za

SENIOR VERKOELINGSTEGNIKUS

Collection per load pricelist:

3.5ton to 4.4ton = 60c/kg

4.5ton to 5.4ton = 80c/kg

5.5ton and more = R1.00/kg

T’s & C’s:

•Prices valid for the month of April.

•Price only includes transport. Pricing could be affected if we should provide loaders also.

•Pricing could also be affected if distance is more than 100km outside of Piketberg

Cash or Immediate eft payment on collection.

Johan: 076 538 2909

Leonie: 060 356 6132 - Piketberg & Transport

Bianca: 076 581 3572 - Porterville Admin Landline (022) 913 1004

Heavy & Light Steel, Copper, Brass, Aluminium, Stainless Steel, Lead, Batteries

HD Cans (gifkanne), Plastic Bags, Plastic Cooldrink bottles, Black Pipe (Besproeiingspyp), Paper

BAMCO VERPAKKING, ’n sagtevrugte verkoelings- en verpakkingsfirma met ontstaan in 2009 as ’n vennootskap tussen drie goed gevestigde landbouondernemings, Bronaar Plase, Donkerbos Landgoed en Môrester Landgoedelkeen afsonderlike progressiewe besighede wat spesialiseer in die verbouing van vrugte en groente in die Koue Bokkeveld, Ceres. Essensiële kwalifikasies, vaardighede en ervaring:

Die gepaste kandidaat sal aansluit by ‘n wêreldklas maatskappy met van die nuutste tegnologie. ‘n Droom geleentheid vir enige passievolle kandidaat. Die pos sal leiding neem van die Verkoelingsafdeling en baie nou saamwerk met die instandhoudingsspan. Die kandidaat moet met oorgawe en passie sy werk verrig, goeie verkoelings dissiplines volg.

Eienskappe:

•Stiptelik, moet betroubaar wees asook ‘n oog vir detail

•Bereid wees om oortyd en naweke te werk, indien nodig

•Moet onafhanklik en onder druk kan werk

•Gedissiplineerd - werk binne veiligheidsreëls soos voorgeskryf

•Moet oor goeie gesondheid en sober gewoontes beskik

•Verblyf in Ceres omgewing of in Koue Bokkeveld

•Moet oor ‘n kode 8 lisensie beskik

•Relevante tegniese/trade kwalifikasie (Millwright/Elektries/Meganies)

•Elektriese- en Verkoelingsvaardighede / ervaring is kardinaal

•Meganiese kennis sal tot jou voordeel wees

•Minstens 3 jaar ondervinding in BA verkoeling

•Vertroud met wetlike aspekte van Gesondheid- & Veiligheidsmaatreëls en die toepassing daarvan

•Rekenaarvaardig (MsOffice)

•Bestuur van ‘n klein afdeling juniors

•Daagliks monitering

•Verkoelingsbestuur wat met foutopsporing gepaard gaan.

•Toesig oor daaglikse inspeksie prosesse

•Behou die leefwyse van skoonhou en instandhouding

•Skakeling met diensverskaffers en verseker alle instandhouding op toerusting word gedoen

•Bekend met BA & DCA toerusting

•Beheer van nuwe projekte

•Finansiële beplanning vir begroting en instandhoudings doeleindes

‘n Markverwante vergoedingspakket sal aangebied word volgens die aansoeker se ervaring en kwalifikasie. Die pos rapporteer aan die hoofbestuurder Stuur asb. CV met werksverwysings en salarisverwagting na: mannekrag@bamco.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 19 Mei 2024

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Bamco volg ’n beleid van Gelyke geleenthede.

3 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 5
Erf 450 Culemborg Street, PIKETBERG & Jakkalskloof Road, PORTERVILLE OK Express Tulbagh, Van der Stelstraat 26, Tulbagh l (023) 230-1100 DIE vermeende moet Juniemaand weer in die Ceres streekhof verskyn om te pleit.

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Dawid Jeremia September

1939/09/06 - 2024/04/25

ROUDIENS: Woensdag 1 Mei 2024 om 18:30 te VGK Kerk Wolseley

BEGRAFNIS: Saterdag 4 Mei 2024 Huis: 09:30, Ramanstraat 35, Wolseley Kerk: 10:00, VGK Wolseley

1984/11/30 - 2024/04/22

ROUDIENS: Do. 2 Mei 19:00 White Bridge Farm

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel 082-859-2300

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

DIANA & Kim is there to help with:

•Financial assistance

•Bring back lost lovers

•Court and divorce cases

•Pay after job is done

nuus brokkies

IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Alle landbouwerkers mag aan die kompetisie deelneem en is ‘n persoon wat deel vorm van en wat ’n bydrae tot ‘n boerdery, lewer. Inskrywings sluit op 8 Mei 2024 en die streeksfunksie vind plaas op 25 Julie 2024. Inskrywingsfooi is R80. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of epos na: edna@ kbos.co.za

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas van 23 - 30 September 2024. Belangstellendes kan navrae rig aan past. Jacobs by 084-6574673 of isaacjacobs50@yahoo.com

INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word.

•Delayed pension 078-283-7310 Kantoorspasie TE HUUR Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel)

Onmiddellik beskikbaar Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

Landswye Meubelvervoer Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Whatsapp die woord HERALD

na 066-316-3003 + Jou naam

+ Die item wat jy wil verkoop

R eëls: • Slegs items onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp

• Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

bondel

Want elkeen sal self vir God moet verduidelik hoekom hy dinge gedoen het. Galasiërs 6:5 Evangelis Jacobs

Opwindende kinderpret l Vars vrugte en groente l Tuisnywerheid met heerlike gebak l Koffie & koek Pannekoek, Poeding, Hamburgers, Chips, Roosterkoeke, Afval,

Kinders o/12 - R40 l Volwassenes - R100 Kaartjies beskikbaar by Kerkkantoor

EIE VERVERSINGS & DRINKGOED Hamburgers teen R40 elk kan by Kerkkantoor bestel word. DESMOND se koswaentjie met chips, koffie en milo sal ook daar wees (kaart/kontant) (023) 313-3694 l ngkpah@absamail.co.za

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere enskoene asook wintersklere vir mans en vroue

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of

6 WITZENBERG HERALD l 3 MAY 2024
classifieds
louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
Hoendersosaties, lekker Veiling en vele meer
R30 per
 (023) 316-2021
Mei
Bridge Farm, Wolseley
John
☎ ☎
beste
CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎
312-1254 ☎
312-1274
BEGRAFNIS: Sat. 4
Huis: 09:00 White
Kerk: 10:30 Tulbagh Gemeenskapsaal Graf: Tulbagh Kupido Baardman
Kannemeyer
(023) 316-1814 Die
diens, altyd.
(023)
(023)
Teken in vir slegs R10 per week
Prophet
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
PLANT
TOOL HIRE TOOL HIRE
PLANT AND PLANT AND PLANT AND
AND

Plaaslike atlete blink uit by Tankwa Trail

PLAASLIKE atlete het die naweek van 1921 April aan die gewilde Tankwa Trailrun op Kaleo deelgeneem.

Die byeenkoms lok jaarliks van die land se top veldloop-atlete. Vrydagaand het afgeskop met ‘n 5km Neon Run wat oop was vir almal om deel te neem.

Die Neon Run is deur Christaan Potgieter

Solo mansafdeling:

1ste -Sakkie Hanekom

2de -Willie van Zyl

3de -Christiaan Potgieter Mans ope:

gewen met Jason Scott in die tweede plek en Frans van der Merwe jr. in die derde plek. Liza du Toit was die eerste vrou by die eindpunt en vierde algeheel. Saterdag- en Sondagoggend het deelnemers aangetree vir vanjaar se veldloop-byeenkoms oor twee dae. Sakkie Hanekom het die solo-kompetisie maklik gewen.

1ste -Schutte Venter en Christiaan van Heerden

2de -Boetie Hugo en Jason Scott

3de -Jian Slabber en Daniël Conradie

Gemeng Ope:

1ste -Christiaan Greyling en Roelande Greyling

2de -Lance Kime en Anna Notten

3de -Jakob Volmoer en Ezelle Koegelenberg

Vaccinate your dogs against canine hepatitis

Cases of canine hepatitis (ICH) are reportedly increasing in Cape Town, so please take precautions to protect your dogs against this infectious disease, as it could be on the march in the Boland, too. Some vets in Cape Town suspect that fewer standard canine vaccinations administered during the Pandemic might be why more cases of ICH are showing up now. Canine hepatitis is caused by canine adenovirus 1 (CAV-1) and can be fatal for unvaccinated dogs, causing liver failure and internal bleeding.

If it is in the environment it can survive for three months, under ideal conditions. Dogs can pass it to each other via saliva, eye and nasal discharges, and contact with urine in the environment.

Look out for our collection tins at paypoints in supermarkets, coffeeshops, garages and nurseries in Witzenberg. Your spare change adds up!

Humans are not affected by the virus. Canine hep atitis might be mist aken for ‘kennel cough’, as its symptoms are similar.

Symptoms

Look out for these signs:

•Fever

•Coughing

•Red eyes

•Mucus discharge from eyes and nose

•Loss of appetite

•Increased thirst

•Lethargy

•Vomiting (blood in vomit)

•Pain in abdomen

Seek advice from your vet immediately if you notice any of these symptoms. Protect your dogs now by ensuring they are up to date with their ICH vaccinations. It forms part of the standard annual 5-in-1 vaccination recommended for dogs.

Donate your unwanted clothes, homeware and books to the CHAIN Animal Charity Shop –we sell these to raise funds!

38 Van der Stel Street, Tulbagh Vanessa 082-831-4334

072 609 1165 (Help Line - Animal Emergencies Only)

e-mail: info@chainboland.co.za, adoptions@chainboland.co.za

Follow us on Instagram Like us on Facebook@ChainBoland https://www.chainboland.co.za

Visit our shop “Chain on Main” at 38 Van der Stel Street, Tulbagh Subscribe to newsletter: kevin@mettamedia.co.za

Markus wen afdeling

MARKUS Tomlinson van Laerskool Koue Bokkeveld het die afgelope naweek die Pro-Kennex tennistoernooi op Ceres gewen. Markus het in die seuns o/12A platinum-afdeling meegeding.

PRE-QUALIFICATION MEETING

Roadmac Surfacing Cape (Pty) Ltd hereby invites SMME’s (Small Medium Micro Enterprises) to attend the clarification meeting and to submit Pre-Tender Qualification Documents for work on the main contract for C1216 (THE PERIODIC MAINTENANCE OF MR310, DR 1458 AND DR1487 BETWEEN CERES AND OP DIE BERG)

Applicants must have a CIDB contractor grading designations of 3, 4 or 5 CE, for the civil engineering portions of the works. Applicants who satisfy the eligibility criteria stated in the Pre-Tender Qualification documents will be invited to tender on the following portions of the work:

1.Open Drains and Subsoils

2.Prefabricated Culverts and Structures

3.Kerbing and Concrete Lined Drains

4.Gabions and Stone Pitching

5.Guardrails

Only SMME’s from target area 1 and 2 are allowed to submit Pre-Tender Qualification documents which will be used to determine who will be eligible for the tendering stage.

TARGET AREA 1 - THE GEOGRAPHICAL AREA LOCATED WARDS 3, 4, 5, 6, 8, 9 AND 10 OF THE WITZENBERG MUNICIPALITY.

TARGET AREA 2: THE GEOGRAPHICAL AREA WITHIN THE BOUNDARIES OF THE CAPE WINELANDS DISTRCT MUNICIPALITY.

The physical address of the clarification meeting is at the Hamlet Country Lodge in Prince Alfred’s Hamlet. The clarification meeting will start Friday 17 May 2024 at 10:00. No late arrivals will be allowed into the meeting. Prequalification documents can be collected after the meeting. The completed hardcopy pre-qualification documents will need to be submitted at the site office on the 29th of May 2024 between 09:00 and 15:00. The site office is situated on the R303 @ Nooitgedacht Farm (Between P.A. Hamlet and Op-die-Berg, just after the pass coming from Hamlet).

Kindly notify Liann Moller (Cell: 084-047-1515, E-mail: Liann.M@roadmac.co.za) or Patrick Johnson (Cell: 066-195-3541, E-mail: Patrick@roadmac.co.za) if your enterprise will be attending the clarification meeting. Only one representative will be allowed for the meeting. Any queries can also be directed to the above contacts.

After the evaluation of the Pre-Qualification Documents, the eligible applicants will be invited to tender for the different packages. No new applicants will be considered at this stage if they were not part of the pre-qualification round.

3 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 7
Photo by Manuel Meza on Unsplash How to support CHAIN

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

DELICIOUS het die naweek ‘n goeie oorwinning oor Wellington behaal. Kyle Nasson duik hier oor vir ‘n drie. Hy was Saterdag een van sy span se uitblinkers en het ook goed verdedig.

YOUNG HOPE VS LINDESHOF

CERES SPORTS GROUNDS(ROOI KAMP)

SATURDAY 04/05/2024

GATES OPEN 13:00

ADULTS: R20 l CHILDREN: R10 l VEHICLE: R10

Delicious klop Wellington

DELICIOUS het die naweek ‘n goeie oorwinning oor Wellington behaal.

Ceres, Hamlet en Wolseley het almal naelskraapse oorwinnings gehad. Delicious het 33-26 gewen nadat hulle rustyd met 12-9 voorgeloop het. Die wipplank-stryd het by tye goeie rugby opgelewer. Wellington het in die eerste paar minute die telbord laat praat met drie straf-skoppe. Delicious slaan gou terug en druk twee vinnige drieë. Na rustyd druk beide spanne drie drieë. Wolseley klop Hillcrest Wolseley het Saterdag ‘n oorwinning uit die kake van ‘n nederlaag gegryp toe hulle Hillcrest United op die Boland Stadion met 30-27 geklop het. Hillcrest het rustyd met 17-13 voorgeloop.

Wolseley het ‘n agterstand van 13-27 uitgewis om met ‘n skitterende drie in die doodsnikke, die wedstryd te beklink. Dit het ‘n einde gebring aan die drie wedstryde wat hulle na mekaar verloor het. Vir Wolseley het Neugan Fredericks, Edwin Vermeulen, Elcado Baadjies en Xzill Visser drieë gedruk. Curtley Cedras en Nathan van Wyk het elk met ‘n doelskop en strafdoel geslaag.

Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie:

Roses United klop Bella Vista 26-22,Hamlet klop Young Blues 40-38, Wolseley wen 30-27 teen Hillcrest, Temperance klop Evergreens Paarl 40-7 en Ceres wen 34-33 nadat hulle teen rustyd ver agtergeloop het.

Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie: Lindeshof klop Young Westlyans 55-22, Vastrap klop Môrester 38-21, Lovedale klop Red Roses 46-12, Tulbagh is te sterk vir Paardekloof en wen 43-10 en Op-die-Berg klop La Plaisant 19-14.

Louis en Emile wen

DIE Standard Bank-pare kompetisie (beterbal stableford) is die naweek op Ceres gholfbaan aangebied.

Louis du Toit en Emile Marais was die wenners met 47 punte. FK van Schalkwyk en Henry Brown was in die tweede plek met 46 punte. BJ Klaasen en Simon Molaza was derde met 45 punte.

April-kompetisies: Die gewilde Boland senior reeks word op Donderdag 30 Mei op De Zalze aangebied. Saterdag 4 Mei word ‘n enkel houespel kompetisie aangebied.

VIER fietsryers van die Witzenbergstreek het die afgelope naweek aan die Munga Tankwa Grit deelgeneem. Volgens ‘n paar deelnemers wat al aan talle ekstreme wedrenne deelgeneem het, het na die wedren gesê dit was een van die taaistes nog. Drie deelnemers, Boetie Hugo, Pierre de Jager en Aubrey November het aan die 500km wedren deelgeneem van Kaleo na Middelpos en terug en moes dit binne 50 uur voltooi. Boetie en Pierre het saam oor die eindstreep in die 34 en 35ste plek gery met Aubrey (links) in die 38ste plek. Eben Basson (foto onder) van Wolseley het aan die 24 uur wedren oor 230 km deelgeneem. Eben was eerste oor die eindstreep.

8 l WITZENBERG HERALD l 3 MAY 2024
FOTO: Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.