Witzenberg Herald Vol.24 no.18 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 18

R7.50

Friday, May 14, 2021

Since 1997

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 13 Mei

Vrydag 14 Mei

11° 19°

12° 24°

Saterdag 15 Mei

Sondag 16 Mei

12° 16°

10° 16°

Ceres Koekedouw dam

62%

(023) 312-1916 CERES For orders of R50 + more, within a 5km radius from Ceres

Lesing: 2021/05/12

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Vyf sterf grusaam Vriende sterf tragies

OORLEDE: Keanno Africa (25), Cedric Fortuin (37), Jaydene Hector (23), SueAnn Rauss (20) en Geraldo Wanza (27).

DIE Witzenberg gemeenskap is in rou gedompel nadat vyf mense dood en ses ernstig beseer is in ‘n kop-aan-kop ongeluk op die R303 Bella Vista/Cerespad. Saterdagaand 8 Mei se ongelukstoneel word beskryf as een van die grusaamste in jare wat deur nooddienspersoneel, plaaslike sowel as provinsiale verkeer, brandweerdienste en SAPD-lede van die streek bygewoon is. Vier voertuie was omstreeks 23:20 betrokke in ‘n ongeluk tussen die ingange na Bergvliet/Klein Pruise en Rosenhof kwekery. Storie en meer fotos op bladsy 3.

10 99 99 36 18 23 99 36 99 21 2699 7299 4199 “Count on Card” in die winkel beskikbaar

99 99

BAKERS BLUE LABEL MARIE AND CARAMEL

2 VIR

MAGGI 2 MIN NOODLES ASS.

SIMBA CHIPS ASS.

5 VIR

LUCKY STAR ASS. PILCHARDS

STORK COUNTRY 40% FAT TUB 1KG

ELLIS BROWN COFFEE CREAMER 500G

BOKOMO CORN FLAKES 500G

CRYSTAL VALLEY UHT FULL CREAM 6 X 1 LITRE

SELATI SUGAR 2.5KG

Besoek ons vir nog vele meer spesiale aanbiedinge PROMOSIE GELDIG VANAF 12 - 16 MEI 2021

Voortrekkerstr. 112, CERES Steyn, Arno, Giepie of Andre (023) 312-1057

OK MINIMARK CERES, 44 VOS STREET (023) 316-1571 Monday - Sunday 07:00 - 20:00


2

WITZENBERG HERALD

Friday, May 14, 2021

WANGANELLA primêr wil baie graag hul dank en waardering uitspreek teenoor Mario Sampson van Uniform Agency vir die skenking van maskers aan die skool se leerders.

Witzenberg APD vier Moedersdag WITZENBERG APD wat omsien na persone met gestremdhede, het Vrydag 7 Mei vir die eerste keer in hul bestaan, ‘n Moedersdagfunksie aangebied. APD onder voorsitterskap van Deon Adams het saam met die personeel die funksie aangebied. Hanoi Goliath (hulpmaatskaplike werker) het die projek bestuur en saam met haar kollegas geskenkpakkies in Nduli, Ceres, Bella Vista, P.A. Hamlet, Wolseley en Tulbagh uitgedeel.

KENNISGEWING In die boedel van wyle: JOHANNA CORNELIA ESTERHUYSEN Id. no. 290326 0003 085 Van: Huis Disa, Woonstel 2, Tulbagh Boedelnommer: 012217/2020 Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 14 Mei 2021 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH. GEDATEER en GETEKEN te CERES op hierdie 3de dag van Mei 2021.

JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: LC/JC0001/LB)

OPVOEDERS en leerders van Agter-Witzenberg primêr bedank suster Cirene Williams en haar assistent, Wilma Wilemse vir die gesondheidsprogram wat hul aan die skool bied. Die program behels verskeie mediesedienste wat verwysings na oogkundiges, ‘n tand-arts, arbeids- en spraakterapie asook maatskaplikedienste insluit. Hier is die skoolhoof mnr. Moses Davids saam met suster Cirene Williams en haar assistent, Wilma Wilemse met van die leerders wat brille ontvang het.

Troosdiens vir vyf slagoffers op rugbyveld gehou DEUR Jacob Rooi ONDER die sterrehemel op die rugbyveld van Ceres het meer as ‘n duisend mense Dinsdagaand gehoor dat God alleen weet hoekom vyf jongmense diep in die Saterdagnag hul lewens in ‘n tragiese motorongeluk op die R303 naby Vreeland verloor het. Vier voertuie was betrokke, onder meer een minibus. “Not my place to question, only God knows why…” het ’n koor dit in die koel aandlig beklemtoon met verslae mense uit die gemeenskap wat op die veld staan en luister het. Pastoor Pieter Swarts het hul almal bestempel as “gebrokenes van hart.” Ds. Shaun Esterhuizen, voormalige predikant by die VGK Ceres, wat die roudiens van

Geraldo Wanza, Jaydene Hector, Cedric Fortuin, Keanno Africa en Sue-Ann Rauss behartig het, het onder hartseer snikke gesê daar is verslaentheid, droefnis en kommer in die harte van almal. “Terwyl ons almal probeer om die verlies te verwerk, is daar een ding wat ons gemeen het: Almal vra onwillekeurig na God. Ons vra waar is Hy - kon Hy nie die dood gekeer het nie…” Hy het gesê twee van die oorledenes Fortuin en Africa - “het deur hul rugbytalent soveel vir ons gebied… Hoe reageer ons op hul sterwe. Hoe behoort ons te reageer op hul afsterwe… ons vra herhaaldelik waarom het dit gebeur.” Hy het ook verwys na 14 jaar gelede se tragiese dood van sy eie suster en haar kind in’n motorongeluk naby Op-die-Berg. “ ’n Mens word geruk. Dit is dan wanneer ‘n

mens terugkeer na jou geestelike kern om moeilike lewensvrae te verwerk.” Ds. Esterhuizen het gesê, na aanleiding van die Bybeldeel waar Jesus saam met sy dissipels in ’n storm was en geslaap het, die werklikheid van die storm het sy dissipels geen ander keuse gelaat om hulle na Hom te wend nie. “God was saam met hulle in die storm. Die water het hom ook nat gemaak, die wind het Hom ook koud laat kry. Ons ervaar soms God se stilswye as sy onbetrokkenheid…maar dis dikwels in die stilte waar Sy almag lê”. “Onthou, God is saam met jou in die storm. Nes Jesus saam met Sy dissipels op die see van Galilea, wil God bevestig: Ek is saam met julle… God verlaat nooit sy kinders … al gaan ons deur ‘n donker dal van doodskaduwee. Wanneer ons ly, ly God saam.” (Lees berig op bladsy 3 in die uitgawe).

STEGGIES VOORSKOOLSENTRUM bied aan

Rheeboksplaat Farming Nominees BK, ‘n produsent van sagtevrugte en groente in die Ceres Distrik, beskik oor die volgende vakante pos:

PRODUKSIEBESTUURDER: VRUGTE/GROENTE 25 Junie 2021

STAP1: NEEM WAAR!

Ken jy iemand wat altyd laat is,

THE HAMLET nooit die koffiepot volmaak nie, ‘n COUNTRY LODGE bietjie te hard neurie of altyd vuil skotteldgoed in die kombuis se 12:00 - 17:00 wasbak agterlaat? Dit is dit nou die kans om ‘n lasbrief te laat uitreik en van hulle tronk-voëls te maak!

STAP 2: MELD AAN!

Stuur ‘n e-pos vir die lasbrief-aansoekvorm na: steggiekleuters@gmail.com

STAP 3: LAG BAIE!

Volg die dag live op facebook en kyk hoe die tronkvoëls hulle borgtog bymekaar moet maak!

Vir enige navrae stuur ‘n epos na: steggiekleuters@gmail.com

Sleutelverantwoordelikhede sal o.l.v. die Hoofbestuurder fokus op die volgende: • Koördinering van seisoensarbeid • Besproeiing, bemesting en bespuiting • Snoei en uitdun • Gehaltebeheer en aanplantings • Goeie menseverhoudinge • Instandhouding • Begrotings en toepaslike administrasie. Belangrike evalueringskriteria sal o.a. wees: • Matriek • Ten minste 5 jaar toepaslike en praktiese ervaring • Vertroud met Global Gap en Siza standaarde • Bewese bestuursvaardighede• Goeie leierseienskappe en spanbou vermoëns • Goed ontwikkelde rekenaarvaardighede ‘n Markverwante vergoedingspakket word aangebied Aansoeke word ingewag van kandidate wat oor goeie ondervinding van boerdery beskik en ‘n eenheid kan bestuur met insette van hoofbestuur. Sluitingsdatum vir aansoeke: 28 Mei 2021 Belangstellende kandidate kan hul CV’s stuur na: merinogtg@breede.co.za Indien u nie binne 10 dae na die sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was


WITZENBERG HERALD

3

Friday, May 14, 2021

Gemeenskap in rou na 5 sterf DIE Witzenberg gemeenskap is in rou gedompel nadat vyf mense dood en ses ernstig beseer is in ‘n kop-aan-kop ongeluk op die R303 Bella Vista/Cerespad. Saterdagaand 8 Mei se ongelukstoneel word beskryf as een van die grusaamste in jare wat deur nooddienspersoneel, plaaslike sowel as provinsiale verkeer, brandweerdienste en SAPD-lede van die streek bygewoon is. Vier voertuie was omstreeks 23:20 betrokke in ‘n ongeluk tussen die ingange na Bergvliet/ Klein Pruise en Rosenhof kwekery. ‘n Rooi Nissan Sentra STi met vier mense was in Ceres se rigting onderweg en het vermoedelik ‘n swart voertuig verbygesteek. Hulle het ‘n aankomende Bella Vista minibus van E.G. Arries getref voordat dit teen ‘n silwer Hyundai i20 van Ceres tot stilstand gekom het. Die Nissan se voorwiel is met die impakslag afgeruk en het naby die minibus gelê wat op sy sy te lande gekom het. ‘n Vierde voertuig, ‘n rooi Honda, was ook in die ongeluk en het in die geelstreep gestaan. Die bestuurder was nie op die toneel nie. Die bestuurder van die Nissan Sentra, sers. Cedric (Cedas) Fortuin (37), ‘n polisieman van Ceres en drie insittendes, Keanno Africa (25), Jaydene Hector (23) en Sue-Ann Rauss (20), is opslag dood. Africa wat in 2020 sy eie Ceressiet-klerereeks geloods het was ook ‘n mede-aanbieder van Ceres TV op Facebook. Hector, ‘n onderwysassistent van Kromlin primêr, en Africa was oudleerders van Charlie Hofmeyr. Drie ambulanse van Ceres EMS asook drie privaat ambulanse is na die ongelukstoneel ontbied. Daar was sewe insittendes in die minibus waarvan die bestuurder, Geraldo (Moewe) Wanza (27), op die toneel oorlede is. Die minibus was met sewe insittendes onderweg terug na Bella Vista.

Die beseerdes is Miche Martin, KeishaLeigh Alexander, Christa Wanza en Vernorita Hendricks, Ceaton Manuel en Quinton Viljoen. Hulle is met veelvuldige beserings na Ceres en Worcester hospitale vervoer. Paar van die beseerdes het reeds operasies ondergaan en een wag nog op ‘n operasie. Almal se toestand is stabiel. Die bestuurder van die Hyundai, James Nel, is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Ondersoek Die nasionale departement van vervoer se

RTMC (Road Traffic Management Corporation) moet die ongelukstoneel besoek en die botsing rekonstrueer. Die pad was tot ongeveer 05:00 Sondagoggend gesluit sodat die polisie, verkeerslede en nooddienste hulle werk kon afhandel. Ceres SAPD ondersoek ‘n strafbare manslagsaak. Die polisie sal verskillende opsies wat moontlik tot die ongeluk aanleiding kon gegee het asook hoë spoed, deeglik ondersoek. Die ondersoekbeampte is a.o. Deon Marais en hy kan geskakel word by (023) 316-8500.

Boodskappe van medelye vir die oorledenes en hul families stroom steeds in op sosiale media. ‘n Samekoms is Sondag langs die R303-pad gehou en tientalle voertuie het langs die pad gestop en hieraan deelgeneem. ‘n Troosdiens vir die slagoffers is Dinsdagaand 19:00 op die Ceres rugbyklub se veld gehou. * Vyf jaar gelede (einde Augustus 2016) en minder as ‘n kilometer van Saterdagaand se ongelukstoneel, is daar ook ses mense dood in ‘n gru-ongeluk op die pad.

‘n NISSAN Sentra met vier mense was in Ceres se rigting onderweg toe dit kop-aan-kop met dié minibus gebots het. Op die foto onder verwyder die polisie twee van die voertuie.

DAAR was sewe insittendes in die minibus waarvan die bestuurder, Geraldo (Moewe) Wanza (27), op die toneel oorlede is. Die beseerdes is Miche Martin, Keisha-Leigh Alexander, Christa Wanza en Vernorita Hendricks (nie op foto), Ceaton Manuel en Quinton Viljoen.

Eid Mubarak DIE Witzenberg gemeenskap is in rou nadat vyf mense dood en ses ernstig beseer is in ‘n kop-aan-kop ongeluk op die R303 Bella Vista/Cerespad. Hier is noodpersoneel besig op die ongelukstoneel.

Verhoor uitgestel DIE verhoor van ‘n inwoner van Wolseley wat tereg staan weens aanranding, sal weer in Junie voortgesit word. Die saak teen Morné Nel (29) is na 23 Junie uitgestel vir verdere verhoor. Agtergrond Nel is einde Augustus 2020 deur speurders van Tulbagh in hegtenis geneem weens die aanranding van Bradley (Brado) de Bruin (26). Die voorval het op Saterdag 22 Augustus 2020 omstreeks 23:30 op die Kluitjieskraalpad plaasgevind.

ONDER NUWE BESTUUR

Speaker Theodore Godden, Executive Mayor Barnito Klaasen and Executive Deputy Mayor Karriem Adams

Pierre van Schalkwyk (links) en Nico Southey (regs) het vanaf Mei 2021 die SIR GARNET HOTEL in Wolseley heropen. Die kroeg word bedryf as “Silwermaan Bar”. Die kroeg is oop vanaf Woensdae tot Sondae en daar is ook 5 pooltafels. Vanuit die kombuis kan pizza’s, sowel as burgers bestel word. Besoek ons Facebook “Silwermaan Bar Wolseley” vir meer inligting.

As the Executive Mayor of the Witzenberg Municipality, I want to wish all our Muslim residents a prosperous Eid Mubarak.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, May 14, 2021

CV-19 syfers bly konstant CV-19 syfers vir die Witzenbergstreek bly konstant. Die week was daar slegs 7 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek en een persoon van Wolseley het die week gesterf. Teen Dinsdag 4 Mei was daar 5044 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 4809 volkome herstel het. Uit die syfers het Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld nl: 1021 gevolg deur Bella Vista met 866, P.A. Hamlet met 704, Wolseley met 580, Tulbagh met 525, Nduli met 429 en Koue Bokkeveld plase met 404. Twee honderd agt en twintig (228) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Een persoon het die week weens CV-19 gesterf.

Ceres se getal sterftes sover was 46 gevolg deur Wolseley met 35, Bella Vista met 34, P.A. Hamlet met 27 en Tulbagh met 23. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11 673 (tot 11 Mei) met 288 754 positiewe gevalle en 274 738 wat al herstel het. Daar is al 74 777 mense in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19. Ceres hospitaalbesoektye Ceres provinsiale hospitaal bied daagliks besoektye tussen 15:00 tot 15:45 aan pasiënte wie in die algemene saal of in die kraamsaal is. Een besoeker word toegelaat per pasiënt. Besoekers moet om 14:45 aanmeld by die hospitaal sodat hulle deur die COVID-19siftingsproses kan gaan.

Uitspraak eers later verwag MEER as ses jaar na ‘n opspraakwekkende moord in Michellspas, is die hofsaak in Malmesbury weer uitgestel omrede die landdros nie beskikbaar was nie. Twee vroue wat ‘n Moorreesburgse hondeteler in 2015 in Michellspas buite Ceres vermoor het, sal op 24 Mei in die Malmesbury streekhof hoor of hulle skuldig is aan dié moord op Johan Kieser. ‘n Derde verdagte in die moordsaak is vroeër in 2019 al oorlede. Die twee Kaapse vroue, Linda Siebrits van Parow en Charise Doubell van Brackenfell en Hendrik Boonzaaier (oorlede), het Kieser, ‘n bekende hondeteler van Moorreesburg, in Januarie 2015 in Michellspas vermoor en lewend teen ‘n wal afgegooi.

Uit vroeë getuienis blyk dit dat Johan Kieser (65) op 4 Januarie 2015 met heroïen ingespuit en later lewend by ‘n uitkykpunt in Michellspas afgegooi is. Daar is ondermeer in ‘n borgaansoek getuig dat die lykskouingsverslag wys dat Johan Kieser nog geleef het toe hy in Michellspas afgegooi is, dat dit Charise Doubell (wat tans in aanhouding is in Pollsmoor gevangenis) was wat die polisie vertel het waar Kieser se lyk afgegooi is en dat die drie verdagtes na die moord in ‘n Kaapse hotel gebly en baie geld van hul slagoffer uitgegee het. Kieser se liggaam is drie dae later, op Woensdag 7 Januarie 2015 by ‘n Michellspas-uitkykpunt deur nooddienste werkers uitgehaal.

CRISPY GROEP, ‘n bemagtigingsinisiatief van die DUTOIT GROEP net buite Ceres, het ‘n uitstekende geleentheid beskikbaar vir ‘n veelsydige, professionele juffrou vir babas by Jack en Jill Bewaarskool en Nasorgsentrum.

BEWAARSKOOL EN NASORGSENTRUM Juffrou: Babas Verantwoordelikhede: • Versorging en toesig van babas: 3 maande tot 18 maande • Voorbereiding en aanbieding van lessies • Teenwoordigheid by en ondersteuning aan alle bewaarskool aktiwiteite • Ondersteuning aan ander personeel waar nodig. Posvereistes: • NQF ECD Vlak 1 of hoër • ‘n Minimum van 1 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke posisie • Goeie kommunikasievaardighede. ‘n Mededingende vergoedingspakket, met lidmaatskap tot ‘n voorsorgfonds word aangebied. Geen behuising is op die plaas beskikbaar nie. ‘n Volledige CV tesame met ‘n aansoekbrief kan gestuur word na: vrlontvangs@dutoit.com Sluitingsdatum: 25 Mei 2021

DIE ongelukstoneel in 2015 waar Salmon Nelson (65) en Elsa Nelson (63) gesterf het.

Taxibestuurder kry ligte vonnis ‘n TAXIBESTUURDER wat verantwoordelik was vir die dood van twee Ceres inwoners, is die week lig gestraf. Thaptlo Mtebere, ‘n taxibestuurder van De Doorns, is Maandag 10 Mei in die Worcester landdroshof gevonnis nadat hy ‘n tyd gelede skuldig bevind is aan twee klagtes van strafbare manslag. Behalwe dat sy bestuurderslisensie vir twee jaar opgeskort is, is hy ook tot 36 maande korrektiewe toesig gevonnis. Hy moet 16 uur gemeenskapsdiens per week by die De Doorns polisie verrig. Agtergrond Salmon Nelson (65) en Elsa Nelson (63) is

op 5 Desember 2015 dood nadat hulle met hul motorfiets in ‘n botsing buite De Doorns betrokke was. Die ongeluk het omstreeks 14:35 by die De Doorns-afdraai op die N1 snelweg plaasgevind waar kontrakteurs destyds besig was met padwerke met ‘n stop en ry-aksie. Mtebere, die bestuurder van ‘n Toyota Condor en ‘n Lesotho-burger, het vanuit Touwsrivier se rigting by die stop en ry voor die Nelsons se motorfiets ingeswaai waarna die Nelsons se motorfiets en die Toyota gebots het. Die impak het die Nelsons teen ‘n minibus geslinger wat by die versperring stilgestaan het.

Oudsekuriteitswag se verhoor begin Juniemaand ‘n OUDSEKURITEITSWAG wat sy meisie in 2019 met ‘n mes doodgesteek het, se verhoor begin Juniemaand in die Ceres streekhof. Johan Saayman (52), oudwerknemer van ‘n plaaslike sekuriteitsonderneming, het Andriza Maritz (27) van die plaas Delniet vermoor. Sy is meer as twee jaar gelede op Vrydag 8 Maart 2019 vermoor nadat Saayman haar na bewering 29 keer met ‘n mes gesteek het. Die polisie het op 9 Maart 2019 omstreeks 05:15 haar liggaam op ‘n bed aangetref. Volgens vroeër getuienis was daar die betrokke aand ‘n hewige argument tussen Maritz en haar kêrel, Saayman. Hulle het gebraai en

gedrink. Niemand weet waaroor hulle baklei het nie - net dat dit elke naweek plaasgevind het. Saayman het omstreeks 02:20 van die plaas weggejaag. Die polisie was besig met roetine-patrollies toe hulle ‘n Toyota Conquest skielik by ‘n plaas sien uitjaag en voor hulle inry. Hulle het die voertuig agterna gesit waar dit op Cascadepad afgedraai het. Kort hierna het die bestuurder teen ‘n brugreling vasgejaag en die motor het in ‘n boord tot stilstand gekom. Saayman is later met die moord verbind. Daar is ondermeer op bebloede klere beslag gelê. ‘n Mes en ‘n telefoon is ook op die moordtoneel gekry. Die verhoor begin op 4 Junie in die Ceres streekhof.

Catchment Management Agency Opvanggebied Bestuursagentskap I-Arhente yoLawulo lomMandla nokungqongileyo cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester Private Bag X3055, Worcester 6850

Spectra Trust is ‘n toonaangewende verspreider van landbouverpakkingsmateriaal en ander primêre landbou-insette met verspreidingspunte in die Wes-, Noord-, Oos-Kaap asook in Namibië. As gevolg van volgehoue groei benodig ons die dienste van die onderstaande vakatures vir ons Ceres-tak, wat vertroud is met die verpakkingsmateriaal-bedryf.

FINANSIËLE BEAMPTE

Vereistes: • Rekenaarvaardigheid en akkurate datavaslegging, Pastel Partner/ Microsoft kennis/ondervinding • Telefoonetiket en kliënteverhoudings is van uiterste belang • Administratiewe hulp aan Bestuur en logistieke afdeling • Alle ander administratiewe pligte rakende kantoor-administrasie. Pligte: • Datavaslegging • Kwotasies • Liassering • Skakelbord • Alle adhoc administratiewe pligte

TOESIGHOUER/STOORMAN

Vereistes: • Matriek met toepaslike ondervinding. Pligte: • Ontvang en uitlaai van voorraad • Instandhouding en netheid van voorraad / store / perseel • Voorraadopnames • Verkoopskantoor assisteer met voorraadinligting • Kontrolelyste, toepassing van gesondheid- en veiligheidsregulasies in stoor • Enige ander adhoc take. Vergoeding vir beide poste is onderhandelbaar volgens ondervinding. E-pos so spoedig moontlik jou CV, duidelik gemerk die pos waarvoor jy aansoek doen na: beatrice@spectratrust.co.za Sluitingsdatum vir beide aansoeke: 24 Mei 2021

CALL FOR PROPOSALS FOR FUNDING FOR WATER RELATED COMMUNITY DEVELOPMENT PROJECTS The Breede-Gouritz Catchment Management Agency (BGCMA) is inviting registered Non-Governmental Organisations and/or Non Profit Organisations in the BreedeGouritz Water Management Area, who are involved in water related community projects, to submit applications for funding to the BGCMA. Information and application forms are available at all the local libraries, on the BGCMA website: www.bgcma.co.za, and at the office of the BGCMA at cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester or 101 York Street, George. Your application should consist of an application letter and a completed application form with all relevant requested documentation attached to be considered. PLEASE NOTE: The BGCMA’s Grant Policy does not provide for stipends/salaries/ wages. Any application requesting stipends, salaries or wages will not be considered. The Grant Policy makes provision for financial assistance up to the amount of R200 000 per project. For any further enquiries please contact E. van Rooyen at (023) 346-8000. Closing date for applications is 4 June 2021 Please submit applications to the following address: The Breede-Gouritz Catchment Management Agency Attention: Mr. Jan van Staden Private Bag X3055, Worcester, 6849 Or: Hand deliver to Cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester Or: Hand deliver to 101 York Street, George Or: E-mail to info@bgcma.co.za


WITZENBERG HERALD

5

Friday, May 14, 2021

Skool vat hande met sakelui en die munisipaliteit om uitdagings die hoof te bied ‘n MOOI storie van hoop waar die Ceres Besigheidsinisiatief (CBI), die Witzenberg munisipaliteit, die boerdery gemeenskap, skole, kerke en polisieforums saamgespan het om ‘n kwelpunt op P.A. Hamlet aan te spreek. “In Maart 2020 het COVID-19 ons land en plaaslike gemeenskap met ‘n skok getref. Veral skole se onderrigprogramme het deurgeloop en is erg ontwrig.

St. Marks primêr moes egter nog die verdere uitdaging van ‘n woeste winterstorm wat groot skade aan infrastruktuur en klaskamers aangerig het, ook trotseer. Soveel so dat onderrig vir bykans die hele 2020 ontwrig is terwyl uitgebreide herstelwerk gedoen is”. Tydens ‘n strategiese sessie van die skool is die nodigheid vir ‘n addisionele graad 1 leerkrag geïdentifiseer. In samewerking met CBI is gesprekke met plaaslike landbouers en besigheidsvennote aangeknoop om befonds-

ing vir ‘n tyd van 3 jaar te bekom vir die nodige aanstelling. “Hierdie inisiatief is aangepak om die basis van ons grondslagfase leerders te versterk en ons litnum uitslae te verbeter. Hierdie inisiatief is gulhartig deur rolspelers uit ons boerdery gemeenskap verwelkom en finansieël ondersteun. Iets waaroor CBI en die skool innig dankbaar is” sê Colie van Rooi (skoolhoof). Tydens een van die komiteevergaderings by die skool is ‘n dringende behoefte geïden-

TYDENS een van St. Marks primêr se komiteevergaderings, is ‘n dringende behoefte geïdentifiseer om die boorgat op die aangrensende sportveld, wat die skool en die gemeenskap se sportgronde van water voorsien, te herstel nadat dit deur vandale beskadig is. Hier is ‘n paar rolspelers afgeneem met die spreiers in die agtergrond wat die veld nou nat maak. VLNR: Colie van Rooi (skoolhoof St. Marks primêr), Aubrey Flucks (voorsitter van Hamlet rugbyklub), Schalk Brits (Dogs and All), Pietie Wolvaardt (boerdery gemeenskap), Jannie Conradie (bestuurder CBI), Marius Croeser (Witzenberg Besproeiing), Theo van Rooi (CBI), Heloise Truter (Witzenberg munisipaliteit) en Ashwell Koopman (opsigter).

tifiseer om die boorgat op die aangrensende sportveld, wat die skool en die gemeenskap se sportgronde van water voorsien, te herstel nadat dit deur vandale beskadig is en die sportgronde in ‘n haglike toestand gelaat het. Daar is dadelik aan die werk gespring. In samewerking met die Witzenberg munisipaliteit, St. Marks primêr, OLAM, CBI en Pietie Wolfaardt (‘n boerdery-vennoot en ‘n mentor van die skool), is die probleem aangepak. Witzenberg Besproeiing het gesorg dat onderdele vinnig afgelewer word en Cronjé du Plessis het ‘n bestaande staalhouer verskuif om die toerusting te beveilig en te beskerm. Die Witzenberg munisipaliteit het gehelp met die koppeling van die boorgat en Dogs and All het sekuriteit verskaf. Boorgat aanskakel Op 23 April is die nuwe pomp weer aangeskakel en daar kon met besproeiing begin word Bedankings St. Marks primêr wil graag hul opregte dank en waardering uitspreek teenoor die volgende instansies en persone vir hulle ondersteuning en opofferings: Witzenberg munisipalteit (Heloise Trüter), CBI (Jannie Conradie en Theo van Rooi), OLAM (Neels Coetzer), Witzenberg Besproeiing en die plaaslike boerdery gemeenskap (Pieter Wolfaardt ), Cronjé du Plessis asook Dogs and All (Schalk Brits) vir die veiligheidsapekte. “Die skool doen ‘n beroep op die gemeenskap om saam met die skool eienaarskap en verantwoordelikheid te neem en te help by die sportgronde. Dit kan net gedoen word deur kwajongens aan te spreek en vandale te identifiseer wat suksesvol vervolg kan word. Op so ‘n manier kan elkeen sorg dat die sportgronde in ‘n goeie toestand bly en veilig is vir ons kinders, plaaslike sportspanne en ondersteuners”.


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Boland Roll on Lawn Cedric Llewellyn Fortuin

Jaydene van Wyk

1983/12/01 - 2021/05/09 Privaat begrafnis: Son. 16 Mei 2021

• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Kerk: 12:00, VGK, Op-die-Berg

Graf: Op-die-Berg

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Jaydene Shinéad Hector 1998/02/10 - 2021/05/09 Privaat begrafnis: Sat.15 Mei 2021

2005/05/11 - 2021/04/27 Op 11 Mei sou dit jou 16de verjaarsdag gewees het. Die skok is nog steeds met ons, van jou stil wegraak uit ons midde. Die wond is nog rou en die gemis aan jou nog pynlik. Geniet jouself in God se teenwoordigheid.

van Oupa Hearne, Volmoer en van Wyk families

Sonia Mathilda Onrust

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Huis: 09:00, Beetstr. 23, Ceres Kerk: 10:00, VGK Ceres Graf: Bella Vista

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Geraldo Ashley Wanza

1962/05/16 - 2021/02/10

In liefdevolle herinneringe aan my vrou en ons liefste moeder. Dit is jou eerste verjaarsdag by Liewe Jesus. Die vermisting is groot maar ons weet dat jy veilig is. Ons is almal baie lief vir jou. Van jou man Arnold, jou kinders en kleinkinders

Huis: 9:00, Jakarandastr. 82, BV Kerk: 10:00, Peres Saal, BV Graf: Bella Vista

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

R1000

Services: sell, install & repair

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

Joubertstr. 16, Ceres •Wasgoed van publiek en besighede kan teen baie billike pryse hier gewas, gedroog en gestryk word. •Bring wasgoed ook in vir nét droog of stryk. Ons voldoen aan u versoek

Dr Johnson

BOTTLE

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

1995/09/14 - 2021/05/09

Roudiens: Don. 13/05/21, om 19:00, Magnoliastr. 143, BV • 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

STEFAN STEYN 083-227-6476

Privaat Begrafnis Sat. 15 Mei 2021

Huis: 11:00, Magnoliastr. 143, BV Graf: Bella Vista

082 551 0060

Gold Medal Carpet Care

www.antiquebottles.co.za

Num. 6:25 “die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees”

• met ‘n besigheid wil begin • sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los • ‘n verlore minnaar terug te kry • ‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop • medisyne vir mans om krag te gee • enige hofsake • ‘n ongeluksfonds betyds te kry

Skakel of Whatsapp

074-466-5760

Dr Mama Mzeei Herbal Expert Here for all your personal problems. Big or Strong She will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres Call Mama for appointment:

073-016-4088

MAAMA BARAKA Liefdes spel/palmlesing ....................... R20000 Geld in rekening in uur ....................... R15000 Skrap lenings .... R15000 Wen Lotto/Powerball ....................... R22000 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ......... R20000 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R19990 Werkpromosie ... R20000 Skoonmaak en beskerming van huis ... R20000 Geluksolie/towering ....................... R30000 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp 078-777-8802

Vir ‘n gratis kwotasie, skakel:

Mari Blom 084-212-3020

Evangelis Jacobs

SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voertuigsitplekke Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎/Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Rolbalkompetisie 'n groot sukses

Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson Hy wil dit gee vir mense wat:

Jou oplossing is hier

FOR THIS, OR SIMILAR OLD

Luzaan Juan-Marie Evans

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

082-399-4068

PLANT AND TOOL HIRE

☎ (023) 316-1201 082-821-3610

Traditional Healer

1993/11/01 - 2021/05/09 Privaat begrafnis: Son. 16 Mei 2021

• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

SELECT LAUNDRY

Friday, May 14, 2021

ALLAN Finansiële geluk. Hupstoot vir besighede. Pensioen- en voorsorgeise. Reiniging van huise en besighede. Verdryf van slegte geluk. Verhoudings en persoonlike probleme.

065-631-1997

Ons doen landswye meubelvervoer. Gereelde vragte na en van Transvaal. Deelvragte is ook beskikbaar. Ons is persoonlik betrokke by elke verhuising. Ons doen ook verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal is by ons beskikbaar, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Skakel (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za vir gratis kwotasies of vir enige navrae en vra vir Farrel. rek M44 w.t.o.

TULBAGH rolbalklub het elke Dinsdagaand gedurende Aprilmaand die Orffer Twilight besigheidsrolbalkompetisie aangebied. Twaalf spanne het aan die kompetisie deelgeneem wat vir die vierde keer aangebied is en help om Tulbagh rolbalklub te bemark en fondse vir die klub in te samel. * Die klub bedank ook vir Tulbagh Spar, Kaap Agri, Rhodes en Rod Buchanan (oogarts op Tulbagh) vir die pryse. Tulbagh Spar was die wenners van die kompetisie met die span van Theron & Du Plessis in die tweede plek en Tul-bagh Bande in die derde plek. ** Tulbagh rolbalklub speel Saterdae gedurende die wintermaande vanaf 14:00 en vanaf 17:00 op Woensdae.


WITZENBERG HERALD

7

Friday, May 14, 2021

DIE Charl Munnik Foundation for Kids is ‘n inisiatief wat begin is kort nadat Charl Munnik van Worcester tragies gesterf het in ‘n besigheidsroof. Charl is op 29 Januarie vanjaar oorlede en was ‘n entoesiastiese motorfietsryer. Motorfietsgeesdriftiges en vriende van Charl het ‘n Pillowrun gereël waar elke motorfiesryer ‘n kussing of beddegoed na Steinthal Kinderhuis kon bring. Die deelnemers het Saterdag 8 Mei dit by Steinthal afgelaai. * Die bankbesonderhede is: Charl Munnik Foundation for Kids, FNB, takkode 250-655, tjekrekening 628-9045-1950. Vir navrae skakel Suzanne Haylett by 072-345-3914 of stuur ‘n epos na info@charlmunnik foundation.org of besoek die webtuiste by www.charlmunnik foundation.org

CERES Fisheries, ‘n onderneming in Voortrekkerstraat, het die laaste maande opgemerk dat die dorp baie stiller is vanweë die impak van COVID-19. Daar is elke dag lang rye voor departement arbeid en SASSA se kantore. Ceres Fisheries het met Sasko saamgespan om ekstra brood aan plaaslike ouetehuise te verskaf. Hier word die brood aan personeel en inwoners van Huis Pieter Strauss en Huis Maudie Kriel oorhandig.

SEISOENALE PLAASWERKERS

Die volgende vakatures betaan vir seisoenale werkers, op die plaas Doornkraal Agri (Edms) Bpk in die Witzenberg Vallei (Ceres), vir die verbouing van appels en pere. ALGEMENE WERKERS Posvereistes: Kennis van produksie-aktiwiteite op vrugteplaas. PLUKKERS / UITDUNNERS/SNOEIERS Posvereistes: Minstens 5 jaar ondervinding met goeie verwysings

JAK en die rankplant is ‘n kort musikale animasiefliek wat tot 6 Junie virtueel te sien is. Die fliek het ontstaan in die inperkingstydperk toe die regisseur en teatervervaardiger, Kosie Smit, skeppend wou bly. Die fliek, waarin veteraanakteur Tobie Cronjé, een van die stemme vertolk, is losweg op die sprokie Jan en die boontjierank geskoei. *Kaartjies kos R45.. Besoek gerus quicket.co.za om te bespreek.

Pligte: • Die kandidate moet beskik oor tegniese vaardighede om ‘n vrugteboom te kan snoei en uitdun • Die nodige kennis en ervaring moet toegepas word tydens die oesproses. Vrugte moet versigtig geoes word sodat geen bederf en ander skade kan voorkom nie. Vereistes vir bogenoemde poste: • Fiks, gesond en sober gewoontes • Bereid wees om op plaas te woon en te werk • Skriftelike bewys van relevante verwysings en ondervinding. Dienstydperke: Oktober 2021 - Desember 2021 Januarie 2022 - Mei 2022 Skriftelike aansoeke met kontaknommer kan gerig word aan: Die Algemene Bestuur E-pos: doornkraalhr@gmail.com Faks: (023) 313-3738 Aansoek sluit op: 28 Mei 2021

BASEBETSI BA NAKWANA BA POLASI

Doornkraal Agri (Ptl) Ltd ke polasi e fumanehang kahare ho sebaka sa Witzenberg Vally (Ceres), Mesebetsi e latelang kea nakong ya kotulo ya dithulwana diapole le dipere.

BASEBETSI KA KAKARETSO Tse hlokwang: Tse ka mekhwa ya thahiso polasing ya ditholwana

JANRU van Rensburg van Laerskool F.D. Conradie het deelgeneem aan die Witzenbergtak van Kaapjag se Chasa .22 randslag skietdag wat onlangs gehou was op die Klaas Fernhout skietbaan. Hy het ‘n tweede plek behaal in die junior-afdeling.

BAKOTUDI / BAKUTI / HO FOKOTSA Tse hlokwang: Ebe bonyane motho a sebeditsang lilemo tse-5 ho ya hodimo ka bopaki bo gelletseng. Dithhwanelo: • Tsebo e phethahetseng ya ho sebedisa disebediswa tse sebediswang nakong ya mokuto • Tsebo e phethahetseng ya hlokahala nakong ya kotulo ya ditholoana. Ditholwana di hloka ho kotulwa ka hlokosi ho qoba kapa ho fokotsa menyetha ya tshenyeho. Tse hlokwang mesebetsing e boletsweng kahodimo: • Motho a sebetsang ka thata, a phetseng hantle a bile a qobang ditshenyehelo • A nang le thahasello ya dula le ho sebetsa polasing • Ho hlokwa bopaki bo ngoetsweng ho paka tsebo le nako yea ue sebeditseng. Nako tse tshebetso: Oktober 2021 - Desember 2021 Januarie 2022 - Mei 2022 Mangolo a dikopo a nang le mehala a ka romelwa ho: Mookamedi E-mail: doornkraalhr@gmail.com Fax: (023) 313-3738 Dikopo di hokela ho fella ka la: 28 May 2021

SEASONAL FARM WORKERS

Doornkraal Agri (Pty) Ltd is a farm situated in the Witzenberg Valley (Ceres). The following vacancies exist for seasonal workers on the farm for the cultivation of apples and pears. GENERAL WORKERS Job requirements: Knowledge of production activities on fruit farm PICKERS/THINNERS/PRUNERS Job requirements: Minimum 5 years’ experience with good references Duties: • Candidates must have technical skills for the pruning and thinning of fruit trees • The relevant knowledge and experience should be applied during harvesting. Fruit should be harvested carefully in order to eliminate the risk of damage and decay. Requirements for abovementioned vacancies: • Fit, in excellent health and frugal habits • Willingness to live and work on farm • Written evidence of relevant references and experience Periods of service: October 2021 - December 2021 January 2022 - May 2022 Written Applications with contact numbers can be directed to: The General Manager Email: doornkraalhr@gmail.com Fax: (023) 313-3738 Closing date for applications: 28 May 2021

ABASEBENZI BASEZIFAMA BONYAKA

Izithuba ezilandelayo zazikho kubasebenzi ngamaxesha kwifama Doornkraal Agri (Edms) Bpk kwi Witzenberg Vallei (Ceres), ukuze kulinywe amapile kunye namapere. ABASEBENZI NGOKUBANZI Iimfuno: Ulwazi lwemisebenzi yemveliso kwifama yeziqhamo ABAVUNI / ITHINASI / IPRUNERS Iimfuno: Ubuncinane iminyaka emi-5 yamava ne reference elungileyo Imisebenzi: • Abaviwa kufuneka ukuba babe nezakhono zobugcisa ukuya umthi iziqhamo ukuthena • Ulwazi kunye namava kufuneka isicelo ukuvunwa Iziqhamo kufuneka zivunwe ngenyameko ukuze ukubola kungazokwazi ukudala umonakalom kwabanye. Imfuneko zezi zikhundla zingentla: • Impilo kunye ziingcathu • Zilungiselele ukuba bahlale efamakunye nomsebenzi • Ubungqina obubhaliweyo njengentelekiso amava afanelekileyo. Amaxesha wenkonzo: Oktober 2021 - Desember 2021 Januarie 2022 - Mei 2022 Izicelo ezibhaliweyo kunye nenombolo yesivumelwano ingabhekiswa: Umqeshi wolawulo jikelele E-pos: doornkraalhr@gmail.com Faks: (023) 313-3738 Isicelo sivalwa: 28 May 2021


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, May 14, 2021

Witzenberg Herald

Boland wen toernooi WILAN van der Berg van Ceres is ‘n lid van die Boland o/13 span. Boland het die naweek die driehoekige reeks op Robertson gewen.

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

THE Tankwa Trail, a 3-day stage trail run, returned in 2021 with a new approach after its discontinuation in 2017 due to fires in the area. Hosted by Dryland Event Management, the first reimagined event took place from 30 April to 2 May 2021 at the beautiful Kaleo Guest Farm outside Ceres. The new approach offered a laidback setting and atmosphere with the routes being just as enjoyable with the right amount of effort required to embrace the festivities at the race village afterwards. The event kicked off on Friday 30 April, with an evening fun-run. Runners had the opportunity to express their creativity, dressing up in bright and shocking colours to fend off the thin air of the Koue Bokkeveld. Saturday and Sunday saw the runners heading out to beautiful flowing single tracks through pre-historic rock formations, dam walls, wooden bridges, gorges and natural trails. The outstretched hills with its unbelievable views were the perfect recipe for a nostalgic decent to the finish line. The locals from Ceres made waves in the Men’s Teams Category with Christiaan Potgieter and Maissa Gningue in second and Ashwill Petersen and Demetri van Rooyen ending 3rd overall. * TOP PHOTO: Seen here in action are Charl (Tippie) du Toit from Ceres.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNINGVERORDENING WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom / Property

Ligging / Location

Aansoeker / Applicant

Aard / Nature

Sluitingsdatum / Closure date

Erf 103 Die Dorp Op Die Berg, Plase Schur fte Berg Nr. 210, Wagendrift Nr. 214 & Koue Bokkeveld Nr. 417 / Erf 103 Die Dorp Op Die Berg, Farms Schur fte Berg No. 210, Wagendrift No. 214 & Koue Bokkeveld No. 417

Skurweberg Sekondêr Skool / School, Op Die Berg

Munisipaliteit Witzenberg, Soetsop Eiendomme (Edms) Bpk, NG Kerk Die Dorp Op Die Berg / Witzenberg Municipality, Soetsop Eiendomme (Pty) Ltd & The Dutch Reformed Church Die Dorp Op Die Berg (contact Claus Riding, on behalf of all 3 parties, 082-5544-695)

Die onderverdeling van al 4 eiendomme, die konsolidasie van die gedeeltes na een erf en die hersonering van dié erf na Gemeenskap I (Skool) / Subdivision of all 4 properties, the consolidation of all portions into one erf and the rezoning of that erf to Community I (School)

17/06/2021

GHOLFSPELERS het Saterdag aan die tweede Windhoek pare kompetisie op Ceres gholfbaan deelgeneem. Gert Brink en FK van Schalkwyk was die wenners met 44 punte. Ronnie van Wyk en Glennie Nasson was tweede op ‘n uittel, ook met 44 punte. Willie van Heerden en Anton Niewoudt was derde gevolg deur Simon Molaza en Marshall Mepomie, beide met 44 punte. Werner Pharo en Esman Boer was in die vyfde plek met 43 punte. * Hier is FK van Schalkwyk en Gert Brink saam met Glenny Nasson (komiteelid) afgeneem.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.