Witzenberg Herald Vol.25 no. 18 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 25 no. 18

R8

Friday, May 13, 2022

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 12 Mei

Vrydag 13 Mei

1° 19°

1° 17°

Saterdag 14 Mei

Sondag 15 Mei

1° 21°

4° 27°

Open during

Ceres Koekedouw dam

64%

(023) 316-2463 Lesing: 2022/05/11

Telephone: (023) 316-2021

For T&C’s visit www.steers.co.za

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Lasbrief uitgereik vir aanvaller ‘n JONGMAN van Zimbabwe wat ‘n gastehuis-eienaar verskeie kere met ‘n mes gesteek het, is skoonveld. ‘n Lasbrief is Donderdag 5 Mei op Wolseley uitgereik vir Lovemore Doriyo (18), nadat hy nie by die landdroshof opgedaag het nie. Hy is op 12 April, ‘n dag na die aanval, gearresteer en tot almal se skok kort

daarna op waarskuwing vrygelaat nadat landdros Naik die saak vir verdere ondersoek uitgestel het. Hy was ook onwettig in die land. Agtergrond Reint Grobler (51), mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, is ‘n tyd gelede uit die Worcester Mediclinic ontslaan en herstel goed

nadat hy op Maandag 11 April by die onderneming met ‘n mes aangeval is. Hy is meer as 10 keer met ‘n Okapi-mes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek. Grobler het blykbaar net voor middernag gehoor iemand skakel ‘n voertuig aan in hul parkeerarea. Hy is na buite waar hy Doriyo, die seun van een van sy werknemers, agter

die stuurwiel van ‘n Chev Utility bakkie aangetref het. Doriyo het Reint met ‘n Okapimes aangeval en meer as 10 keer gesteek voordat hy gevlug het. Plaaswaglede het gou ‘n soektog van stapel gestuur en Doriyo op die buurplaas Whitebridge aangetref waar hy by een van die plaaswerkerhuisies in iemand se bakkie lê en slaap het.

Kontrakwerker in hof ‘n EWP-kontrakwerker van die Witzenberg munisipaliteit, moet weer in Juniemaand in die landdroshof op Ceres verskyn op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging. Victor Mfengwana (31) het Vrydag 6 Mei weer in die Ceres landdroshof verskyn op vier aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging. Mfengwana het na bewering vier verkeersmotors voor die munisipale kantore beskadig. Die voorval het Saterdagoggend 26 Maart buite die Witzenberg munisipaliteit se verkeerskantore in Voortrekkerstraat plaasgevind toe hy na bewering die nuwe voertuie bekrap en beskadig het. Nadat CCTV materiaal bestudeer is, is Mfengwana op 29 Maart gearresteer. Hy is uit op borg van R500 en moet hy weer op 28 Junie in die landdroshof verskyn.

Verkragter kry 10 jaar

HERSTELWERK aan die Van Bredabrug het ‘n paar maande gelede in alle erns begin. Die brug word opgegradeer teen ‘n koste van R58 miljoen. Lees berig op bladsy 5.

2007 Opel Corsa Lite A/C 161 468km ....................................... R 49 995 2010 Kia Picanto 1.0 102 000km ....................................... R 65 000 2015 Peugeot 107 Trendy 84 000km ....................................... R105 995 2015 Chevrolet Sonic 1.6 LS 115 402km ...................... R119 995 2013 Volkswagen Golf 6 1.4 TSI Comfortline 103 789km . R189 995 2016 Nissan X-Trail 2.5 SE 4x4 CVT 144 923km ..................... R225 995 2018 Volkswagen Polo 1.6 Comfortline GP 38 762km ................. R249 995

2009 Toyota Corolla 1.3 Professional 295 000km ..................... R 89 995 2013 Toyota Rav4 2.2D GX 166 222km .......................................R229 995 2020 Toyota Corolla Quest 1.8 27 910km ....................... R245 995 2018 Toyota Fortuner 2.4GD6 86 762km ....................... R429 995 2016 Toyota Fortuner 2.8GD6 AT 99 958km ....................... R449 995 2017 Toyota Hilux 2.8GD6 4x4 AT DC 153 552km ..................... R479 995 2020 Toyota Rav4 2.0 VX CVT 28 641km ....................... R545 995 2020 Toyota Fortuner 2.4GD6 4x4 AT 40 878km ....................... R584 995 2020 Toyota Hilux 2.8GD6 RB Raider AT DC 41 344km ................. R639 995 2020 Toyota Hilux 2.8GD6 RB Raider AT DC 38 237km ................. R645 995 2020 Toyota Hilux 2.8GD6 L50 4x4 AT DC 25 398km ....................... R719 995

(023) 312-1057 Voortrekkerstr. 112, CERES Steyn, Arno, Giepie of Andre Toyota verlengde waarborge en diensplanne beskikbaar

‘n JONGMAN van ‘n plaas in die Bo-Swaarmoed-omgewing is in die Ceres streekhof gevonnis vir die verkragting van sy vriend se ma. Heinrich Paulse (25) is op Dinsdag 26 April tot 10 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis na ‘n voorval in Desember 2019 op ‘n plaas buite Ceres. Die verkragting het plaasgevind kort nadat die vrou se man die betrokke oggend werk toe is. Paulse is kort na die voorval op die toneel gearresteer. Sers. AJ van Rooy van Ceres SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) het die saak suksesvol ondersoek.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.25 no. 18 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu