Witzenberg Herald Vol.27 no.18 (Online Weergawe)

Page 1

24-25 May

DIE Witzenbergstreek se winterreënval is vanjaar wel bietjie laat maar die huidige stand van die Koekedouw, Waverenskroon- en Tulbaghdam, is nog nie kommerwekkend nie. Inwoners moet spaarsamig werk met water. Die damvlakke is heelwat hoër as die ooreenstemmende tyd verlede jaar toe Koekedouwdam net 16% water in gehad het en die Tulbaghdam 60%. Die Koekedouwdam was op Dinsdag 7 Mei 58.8% vol, Tulbaghdam was 88% vol - maar is baie kleiner as Ceres se Koekedouwdam. Die nuwe Waverenskroondam by Tulbagh is tans 26% vol.

Man doodgeskiet

DIE polisie op Tulbagh ondersoek ‘n moordklag nadat ‘n man buite Gouda doodgeskiet is.

Die ondersoek volg nadat Lesotho-man, Mozoanele Leboko (43), omstreeks 13:25 op Maandag 22 April doodgeskiet is. Sy liggaam is in ‘n stuk veld naby die Gouda windplaas met vier skietwonde, drie in die rug en een in die keel, aangetref.

report

Volgens ‘n ooggetuie het drie onbekende mans Leboko genader en met hom in Sotho gepraat. Hulle het vuurhoutjies gevra voordat een van die mans ‘n wapen uitgepluk en Leboko geskiet het. hulle het daarna op die vlug geslaan.

Indien die gemeenskap oor enige inligting beskik, kan hulle Tulbagh SAPD skakel by (023) 230-8100.

Toyota Hilux D4D

brake parts special

Front brake pads for low suspension starting from.................. R703 35

Front brake pads for raised body starting from.................. R799 50

Rear brake shoes for low suspension starting from R910 80

Rear brake shoes for raised body starting from.................. R1 095 45

Brake part special prices are model and year dependant and prices may differ according to your vehicle specification. All prices are VAT incl.

Gesinsgeweld

Ma

DIE Ceres speurders ondersoek twee klagtes van poging tot moord en ‘n besigheidsroof wat die naweek aangemeld is.

In die eerste voorval ondersoek die Ceres polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) ‘n poging tot moord-klag.

Dit volg na ‘n argument tussen ‘n ma en haar volwasse dogter tydens ‘n huishoudelike geweld voorval op Saterdag 4 Mei.

Betroubaar word verneem dat Sharon Matthysse (39) van die plaas Elrio omstreeks 12:30 haar dogter, Amelia Matthyse (23) met warm water gegooi het tydens ‘n argument.

Die saak is na 13 Mei uitgestel.

Matthyse bly in aanhouding tot haar volgende hofverskyning.

Man aangerand

In ‘n tweede onverwante voorval, het drie onbekende mans ‘n 27jarige man aangerand, met ‘n mes gesteek en hom probeer ontvoer.

Die voorval het op 29 April omstreeks 20:15 in Nduli plaasgevind.

Die polisie ondersoek ‘n klag van poging tot moord teen die drie mans nadat die klag op 2 Mei by hulle aangemeld is. Die man is met ‘n mes in die kop en arm gesteek voordat hulle hom na ‘n taxi staanplek geneem en verder aangerand het.

Dit is nie bekend wat het tot die aanval gelei nie.

Besigheidsroof

Drie verdagtes het Sondag 5 Mei ‘n Spaza (huiswinkel) in Nduli beroof van R1400 kontant en sigarette.

Die voorval het omstreeks 10:00 plaasgevind.

Die verdagtes het die ‘n man in die winkel met pepersproei gespuit voordat hulle hom beroof het.

Other collections & demolishing projects are also welcome Johan: 076 538 2909 Leonie: 060 356 6132 - Transport & pricing Landline (022) 913 1004

Heavy & light steel, Copper, Brass, Aluminium, Stainless steel, Lead, Batteries

HD Cans (Gif kanne), Plastic Bags, Plastic Cooldrink bottles, Black Pipe (Besproeiings pyp)

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com WH H e r a l d
Volume 27 no. 18 R 10 Friday, 10 May 2024 CERES KOEKEDOUW DAM 58,8%% TULBAGH DAM 88% WAVERENSKROON TULBAGH 26% Lesings geneem: 2024/05/08 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 9 Mei 4° 24° Vrydag 10 Mei Saterdag 11 Mei Sondag 12 Mei 3° 19° 2° 18° 3° 24° Collection per load pricelist: 4 ton to 5.4 ton = R1.00/kg 5.5 ton and more = R1.20/kg T’s & C’s: •Prices valid for the month of May 2024. •Price only includes transport. Pricing could slightly be affected if we should provide loaders and if distance is more than 100km outside Piketberg Cash on collection or
Witzenberg
immediate EFT payment.
Erf 450, Culemborg Street, PIKETBERG & Jakkalskloof Road, PORTERVILLE
(39) word aangehou na sy dogter met kookwater gooi
(023) 312-1916 (023) 312-1916 CERESCERES CERESCERES CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres
Voortrekkerstr.
CERES l (023) 312-
112,
Taxi
service Minor service that
R1 400 (VAT incl) Service includes: • Oil filter• Engine oil • Labour• Report • Sump plug washer
Special
includes check over and

Steenkamp van Laerskool Koue Bokkeveld het deurgedring na die tweede rondte van die Kaapse Wynland netbalproewe.

DIE Vryburger Omgeemense van Ceres het verlede week verf aangekoop waarmee hul winkelmure in Lyellstraat geverf het. Een van die inwoners in die Ceres nagskuiling, Simone Pieters, het die muur geverf.

DIE Matrieks van 1959 het op 30 April hul 65ste jaar reunie by Goudini Spa gehou. Elf van die 40 matrikulante was teenwoordig. VOOR: Jurie-Wessel de Kock, Susan Jordaan, Rina Snyman (1959 hoofmeisie), Elana (van der Merwe) Crafford, Ria (Coetzee) van Rensburg en Albert Prins. AGTER: Dirk Brink, Piet Freysen, Coenie du Toit, Boetie du Plessis (Soetfontein) en Marius Crafford.

CHARLIE Hofmeyr se koffiekroegbestuur het verlede week ‘n uitreik gedoen en items geskenk aan die Ceres Hospitaal. “ Elke leerder en inwoner word aangemoedig om ook ‘n bydrae aan die hospitaal te maak - maak nie saak hoe groot of klein nie!”

DIE Togryers museum op Ceres stel hul UBUNTU WINTER DRIVE aan die publiek bekend . Vanjaar vat hul hande met die ACVV op Ceres. Die projek sluit in die jaarlikse sop- en koffieflesse en die insameling van verskeie ander noodsaaklike items. Die seisoen draai en dit is tyd om kaste skoon te maak. Indien jy enige warm klere het kan jy dit gerus by die Togryers museum óf ACVV-kantore kom afgee. Onthou ook om jou leë Koffieflesse (groot mayonnaise bottels kan ook werk) museum toe te bring. Die museum steun elke jaar swaar op die gemeenskap vir droë bestanddele vir hul bottels.

2 l WITZENBERG HERALD l 10 MAY 2024
ANMARI

Verdagtes vra borg jaar na moord op sendeling

MEER as ‘n jaar na die moord op ‘n sendeling en Ceres-inwoner, wil twee mans nou aansoek doen om op borg vrygelaat te word.

Die twee mans, Banele Moyo (20) en Bongani Banda (20), word verdink en aangekla van die moord op die 59-jarige Herman Nieuwoudt van Ceres.

Hulle het Maandag 6 Mei in die Worcester landdroshof verskyn op ‘n klagte van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig. Die verdagtes wil nou aansoek doen vir borg.

Die saak is tot 16 Mei uitgestel. Die twee verdagtes bly in aanhouding.

Moord skok gemeenskap

Dié moord het verlede jaar skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur.

Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei

AL drie in- en uitgange van Ceres sal vir die volgende twee jaar deel wees van uitgebreide padwerke in die Witzenbergstreek. Talle stop-en-ry punte is sedert middel Februarie in Michellspas, Gydopas en Theronsbergpas in werking. * Inwoners moet ook kennis neem van strate op Ceres wat herseël en geteer word. Werk het op 2 Mei in Krigestraat (tussen Voortrekker- en Parkstraat) begin. Tans is kontrakteurs besig in Owenstraat (Drommedarisstraat tot by treinspoor by Plutostraat). Daarna word Owenstraat (tussen Voortrekker- en Phillipstraat) gedoen. ** Lys van strate wat geteer gaan word, is op die Witzenberg munisipaliteit se Facebookblad beskikbaar.

na 17:00, sy huis op Ceres in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die bakkie is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het.

Saterdag 6 Mei omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/ Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Dit is later as dié van Nieuwoudt geïdentifiseer. Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie is later op die Eureka-plaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind.

DIE twee 20-jarige verdagtes, Bongani Banda (links) en Banele Moyo, tydens ‘n verskyning in 2023 in die Worcester landdroshof.

FOTO: Edrea du Toit - Rapport.

DIE Africaburn het van 29 April tot 5 Mei op die plaas Quaggafontein in die Tankwa Karoo plaasgevind. Daar het vanjaar talle feesgangers deur Ceres gery of via N1 vanaf Worcester. Die byeenkoms is soortgelyk aan die bekende Amerikaanse Burning Man. Afrikaburn is ‘n gemeenskap wat saamtrek om o.a. kuns te skep, aan die einde van die naweek strukture te brand, kostuums aan te trek en na musiek te luister. Talle Ceres inwoners het ook die naweek hul veldry karavane en tente gepak om die byeenkoms by te woon.

OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 16 MEI 2024

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad:

Datum

Donderdag, 16 Mei 2024 Tyd 10:00 Plek Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres

Besonderhede Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 16 MAY 2024

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council:

Date Thursday, 16 May 2024 Time 10:00 Venue Town Hall, Voortrekker Street, Ceres

D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

MUNICIPAL MANAGER

Voortrekkerstraat 50, Ceres

50 Voortrekker Street, Ceres

Verw/Ref.: 03/1/2/3

Particulars Council meeting

10 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 3

DIE barmhartigheid van ‘n Vuya Foundation skenker, het Vrydag 3 Mei vyf matriekstudente gehelp met ‘n nuwe rekenaar. VLNR: Josh Isaacs (CEO van Vuya Foundation), Sinethemba Masilo, Willmary Liefie, Deidre Maart, Le-Mar Titus en Colie van Rooi(raadlid van Vuya Foundation). * Albertus Petoors was afwesig tydens die neem van die foto.

Eerste groep Oppie Koppie kinders nou in matriek

OPPIE Koppie crèche vier vanjaar hul 13de bestaansjaar.

Die crèche is deur die Vuya Foundation gebou met die hulp van Henkel Suid-Afrika. Ouers het die naam aan die crèche gegee omdat dit op die koppie geleë is en soos ‘n baken vir geleerdheid uitstaan in ‘n omgewing waar seisoenwerk en werkloosheid ‘n realiteit is.

“Toe die deure van Oppie Koppie crèche op P.A. Hamlet vir die eerste skooldag in 2011 oopmaak, was dit ‘n gewone skooldag soos altyd. ‘n Nuwe skooljaar met nuwe gesiggies, huilende kleuters wat aan mamma vaskloute bang om die vreemde omgewing binne te tree. Dit het nie gelyk na hulle idee van speel en nuwe vriende maak nie. Nou 13 jaar later, in ‘n oogwink is van hierdie eerste kleuters nou matriekstudente!”

Nuwe rekenaars

Die barmhartigheid van ‘n Vuya Foundation skenker, help vyf matriekstudente elkeen met ‘n nuwe rekenaar. Die rekenaar moet help om hulle voor te berei vir die kritiese digitale en tegnologiese wêreld te betree. Vir hierdie jong leerders gaan dit die weg ruim vir ‘n nuwe wêreld van opvoedkunde en nuwe geleenthede.

“Vrydag 3 Mei se oorhandiging van die rekenaars aan die leerders, was ‘n feesviering vir die plaaslike gemeenskap.

Dit is ‘n fondasie wat jare gelede gelê was by die crèche en wat nou gelei het na hierdie wonderlike oomblik in hierdie kinders se lewens” sê Mercia Isaacs, stigter en president van Vuya Foundation.

“Hierdie rekenaars is nie net masjiene nie - dit is die brug na ‘n toekoms gevul met moontlikhede. Hierdie oomblik is ‘n mylpaal in die lewe van die Vuya Foundation en die personeel van Oppie Koppie”.

Die vyf studente wat Vrydag rekenaars ont-vang het is: Deidre Shariffa Maart (Bella Vista Hoërskool), Albertus Braino Petoors, Le-Mar Titus en Willmary Liefie, almal van Ceres Sekondêr en Sinethemba Moses Masilo van Nduli Sekondêr. Hulle het by Oppie Koppie crèche begin in 2011 en was die eerste pre-graad R klas wat gevorder het na St .Marks primêr en daarna na die Hoërskool.

“ Vuya Foundation wens hulle net die beste toe en sal aanhou om die paadjie saam met hulle te stap. Ons daag ander besighede in die Ceres-omgewing uit om dieselfde te doen en ons jongspan die beste kans in die lewe te kan gee”.

Oppie Koppie is tans besig met ‘n rekenaarprogram en het ook 20 tablette van Henkel ontvang om die kleinspan te leer.

Hierdie program sal die fondasie lê om leerders vroeg te help om uitdagings sowel as moontlikhede wat voorlê, te kan hanteer.

Skool bedank borge

STEINTHAL Vaardigheidskool bedank hul borge vir die skenking van 23 opwarmingshemde en 23 opwarmingsbroeke aan die o/18 A-span. Tulbagh hardeware het die broeke geborg en Ceres Plant Hire het die opwarmingshemde geskenk. VLNR: Rickus Hattingh (hoofafrigter), JJ van der Westhuizen (takbestuurder CPH), Ruduwaan Kok, Ayden Sauls (verteenwoordiger van CPH) en Herman Martin (hoofafrigter o/18A). * Dankie ook aan Gearedup Apparel wat al die borge se logos op skenkings aangebring het.

BEN your friend Youth Foundation het Werkersdag gevier met ‘n besoek aan Ceres Haven (Nagskuiling). Die uitreikaksie het ook saamgeval met BYFYF se 7de verjaarsdagviering. Die dag het hulle kos gegee aan 40 werklose persone. Hulle het ook 13 CV’s gekry van persone wat kan werk en nie enige toelae ontvang nie. Neal Stacey, ‘n sportafrigter, het by die groep aangesluit om as mentor met kinders vanuit Bella Vista te werk deur middel van ‘n sportprogram. * Hier is die groep vrywilligers saam met personeel afgeneem tydens die uitreikaksie. ** Plaaslike werkgewers wat moontlik van die mense kan gebruik, kan vir Lucia Adams skakel by 078-323-8950.

FRANK PIETERSEN FRANK PIETERSEN PIETERSEN

MUSIC CENTRE MUSIC CENTRE MUSIC CENTRE MUSIC CENTRE MUSIC presents a

CONCERCONCER CONCERCONCER CONCERT IN CERES T IN CERES T IN CERES T IN CERES

Saturday 11 May 2024

NG Moedergemeente, Ceres

We are excited to announce that our music centre has been invited by Ann Solomons, one of the founding members of the Music Centre, to present a concert in Ceres. This is a wonderful opportunity for our students to showcase their talents and share the joy of music with this community.

The following groups will be performing in this event:

•African Percussion Ensemble

•Junior String and Percussion Ensemble

•Intermediate String and Percussion Ensemble

•Senior String Ensemble

•Senior Percussion Ensemble

•Senior Wind Band

Adults: R150 l Kids: R100

Enquiries: Ann Solomons 076-833-2022

IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Alle landbouwerkers mag aan die kompetisie deelneem en is ‘n persoon wat deel vorm van en wat ’n bydrae tot ‘n boerdery, lewer. Inskrywings sluit op 8 Mei 2024 en die streeksfunksie vind plaas op 25 Julie 2024. Inskrywingsfooi is R80. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of e-pos na: edna@ kbos.co.za

CERES gholfklub bied op Vrydag 10 Mei ‘n Burgeraand aan vanaf 18:30. Belangstellendes kan kies tussen hoender en beesvleis met skyfies en sous teen R120. Bespreek by die klub (023) 312-3068 voor Donderdag 9 Mei om 09:00

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas van 23-30 September 2024. Belangstellendes kan navrae rig aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan isaacjacobs50@yahoo.com

INWONERS van die Witzenbergstreek se aandag word daarop gevestig dat hulle nie enige kaartfooie by ondernemings hoef te betaal indien hulle hul bankkaarte gebruik nie. Volgens die Suid-Afrikaanse Reserwebank se verslag van Februarie 2022, mag besighede nie hul kaartfooi na die kliënt afwentel nie. ‘n Paar besighede onder eienaarskap van buitelanders, sit deesdae die kaartfooi by die bedrag wat aangekoop word.

INWONERS moet kennis neem van ‘n skelmstreek wat weer sy kop uitsteek. Persone doen hulle voor as meterlesers en stap sommer jou erf binne. Indien jy so iemand teëkom wat homself nie kan identifiseer nie, laat weet die munisipaliteit en SAPD.

4 l WITZENBERG HERALD l 10 MAY 2024
nuusbrokkies
IVAN Perold (eienaar van Tulbagh Hardeware) saam met Ruduwaan Kok.

Polisie se ondersoek nog nie klaar nie

DIE polisie se ondersoek teen vier mans wat vier maande gelede tydens ‘n roetine padblokkade op Ceres gearresteer is vir die besit van ‘n onwettige vuurwapen, is nog nie afgehandel nie.

Die vier verdagtes is op 13 Januarie tydens ‘n roetine padblokkade in Vosstraat voorgekeer.

Twee van die verdagtes, Zukisa Cetywayo (27), die bestuurder en eienaar van die BMW, en Wesley Adams (27), is op borg van R500 elk vrygelaat terwyl die ander twee verdagtes met vorige misdaadveroordelings, William James (41) en Richmont Abrahams (28), in aanhouding bly.

Padblokkade Ceres SAPD het op 13 Januarie ‘n padblokkade in Vosstraat opgerig.

Omstreeks 00:45 is ‘n swart 7-reeks BMW met vier insittendes voorgekeer en deursoek. Tydens die deursoeking is ‘n 9mm Heckler en Koch-pistool met 13 patrone in ‘n rugsak in die motor gekry. Met nadere ondersoek is gevind dat die wapen nêrens in Suid-Afrika geregistreer is nie wat die vermoede laat ontstaan het dat die wapen moontlik oor landsgrense gesmokkel is.

Die vier insittendes van Blackheath naby Kaapstad, is op die toneel in hegtenis geneem.

Hofverskyning

Die mans moet weer op 8 Augustus in die Ceres landdroshof verskyn. Cetywayo en Adams moet aan streng borgvoorwaardes voldoen en moet van Maandag tot Vrydag by die Mfuleni SAPD aanmeld en mag nie hul omgewing verlaat nie.

Wees op die uitkyk vir dié skelmstreek

DIE Witzenberg munisipaliteit vra die gemeenskap om te let na dié waarskuwing!

“Dit is met kommer dat ons verneem dat bedrieërs poog om inwoners se eiendom te betree onder die voorwendsel dat hulle deur die Witzenberg munisipaliteit gekontrakteer is om elektrisiteitdienste te staak weens wanbetaling”.

Slegs persone, wat hulself positief kan identifiseer met dié identiteiskaartjie en dat hulle deur munisipaliteit aangestel is, moet toegelaat word op die perseel.

“Die munisipaliteit stuur nooit WhatsAppboodskappe om inwoners in kennis te stel dat jou elektrisiteitstoevoer afgesny gaan word nie”.

Skakel die Witzenberg munisipaliteit by (023) 316-1854 indien daar enige twyfel bestaan oor ‘n persoon wat jou perseel wil betree.

Belangrik om te weet:

- Die konsultante wat tans besig is in die veld, doen vervanging en opgradering van elektrisiteitmeters en hulle het identiteitskaarte om te toon.

DRIE Wolseley polisielede, sers. September, sers. Abrahams en sers. Sigila, het Woensdagoggend kort na ‘n besigheidsroof, ‘n gewapende man gearresteer en beslag gelê op die vuurwapen en ammunisie.

Werksgeleentheid by Verdun Estates HUISHULP

Hierdie posisie is beskikbaar vir ‘n uitstekende huishulp met bewese ondervinding verkieslik woonagtig te Prince Alfred Hamlet.

VERANTWOORDELIKHEDE:

•Netheid van huishouding

•Skoonmaak

•Voedsel- en tafelvoorbereiding vir etes

•Was en stryk

•Ander ad hoc take

VEREISTES:

•Afrikaans en/of Engels magtig

•Moet goed kan lees en skryf

•Minimum van 7 jaar huishulp ondervinding

•Leergierig en opleibaar

•Eerlikheid en goeie dissipline

•Gereelde bywoning en stiptelikheid

•Goeie organiserings vermoë

•Hoë gehalte werk kan lewer

•Sober gewoontes

•Goeie gesondheid

•Verkieslik woonagtig te Prince Alfred Hamlet

•Kontakbare verwysings

- Die munisipaliteit se meterlesers lees net watermeters en elektrisiteitmeters en kan uitgeken word aan hul kleredrag met munisipale logo op.

Die onderneming bied ‘n permanente pos met markgerigte vergoeding. Werksure sal met die geskikte kandidaat onderhandel word.

Stuur asb ‘n kort CV wat vorige ondervinding en verantwoordelikhede uiteensit, na : hr@verdun.co.za of

Handig aansoeke in by: Verdun Estates Kantoor, Van Riebeeckstraat 1, Prince Alfred Hamlet.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Mei 2024

‘n Gesertifiseerde afskrif van u RSA ID moet asb. aan u aansoek geheg word.

Rower vasgetrek na hy R110 roof by CFA-winkel

TWEE verdagtes het Dinsdag vroegoggend op ‘n besigheid op Wolseley toegeslaan en die eienaar beroof.

Die vinnige optrede van drie polisiebeamptes het gehelp dat een rower wat gewapen was, vasgetrek is. Die roof het omstreeks 06:00 plaasgevind by die Najma supermarket in Eeufeesstraat.

Die 29-jarige verdagte wat gearresteer is, het die winkel binnegegaan met ‘n Gegado .22 rewolwer en die winkeleienaar, Kharul Kabil, teen die kop geslaan met die vuurwapen. Hy het geld geëis.

Die tweede verdagte wat later gevlug het, het buite vir sy makker gestaan en wag.

Die eienaar het hom R110 gegee waarna hy op die vlug geslaan het. Drie polisielede het net hierna by die winkel gestop en die gewapende man gearresteer en beslag gelê op die vuurwapen en ammunisie.

KITCHEN ASSISTANT

The following requirements are needed:

•Must be able to handle and work under pressure

•Excellent people’s skills

•Must be willing to work weekends and shifts

•Must be fully bilingual

•Preferably reside in Ceres/Wolseley

•Previous experience will be advantageous

•Must have matric

•Must have knowledge of hygiene in the workplace

•Honest and hard working

The successful candidate will be responsible for:

•Preparing cooked food

•Ensuring that all food to be sold, is up to standard and of good quality

•Cleaning of kitchen

•Stock rotation

•Waste control

•Assisting with stock-take

•Following recipes as per production sheet.

Salary negotiable.

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

BLOKMAN

The following requirements are needed:

•Must be able to handle and work under pressure

•Excellent people’s skills

•Butchery experience especially working with Bandsaw

•Must be willing to work weekends and shifts

•Must be fully bilingual

•Preferably reside in Ceres/Wolseley

•Previous experience will be advantageous

•Must have matric

•Must have knowledge of hygiene and practise food safety regulations in the workplace

Salary negotiable.

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

BEANTREE ASSISTANT (COFFEE SHOP)

The following requirements are needed:

•Must be able to handle and work under pressure

•Excellent people’s skills

•Must have customer service ethics

•Have a passion for food

• Barista and Cashier experience will be advantageous

•Must be willing to work weekends and shifts

•Must be fully bilingual

•Preferably reside in Ceres/Wolseley

•Must have matric

•Must have knowledge of hygiene in the workplace

Salary negotiable.

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres2@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

Closing date for applications : 17 May 2024

Employment acceptance: As soon as possible

Should you not receive any feedback by 24 May 2024, please consider your application unsuccessful.

Please do not apply via Facebook, please e-mail all cv’s

10 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 5 CERESCERES CERESCERES CERES (023) 316-2226
Exciting new opportunities at Ceres Superspar

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Adam Johannes Vergotine

1955/07/30 - 2024/05/05

ROUDIENS: Do. 9 Mei

Huis: 19:00 Buitenstr. 14, BV

BEGRAFNIS: So. 12 Mei

Huis: 11:00 Buitenstr. 14, BV Kerk: 12:30 Suiderlandse Gemeente, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Johanna Magdalena Magasi

1947/11/19 - 2024/04/30

Begrafnisdiens: Sat. 11 Mei 2024

Kerk: 10:00, Christen

Mission Kerk, BV Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Maria Thomas

1959/08/23 - 2024/05/07

BEGRAFNISDIENS: Saterdag 11 Mei Kerk: 13:00, AGS, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Dienste : •Blokkasies en lekke

•Geiser installasies

•Rioolstelsels

•Gebarste pype

•Alle loodgieter herstelwerk

•Son geysers (COC) Skakel

Richard ‘Stormy’ Langeveldt

079-814-0627

NBNB NB: Is ook PIRB geregistreer vir versekeringswerk.

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

“ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

CENTRAL CERES

MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Kantoorspasie TE HUUR

te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel)

Onmiddellik beskikbaar

Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

Nuwe winkel op Ceres

CLOTHING Traders Warehouse het verlede Vrydag om 08:00 hul deure op Ceres geopen. Die rye het reeds voor 07:00 om die hoek gestaan en inwoners moes vir lang tye wag om hul inkopies te doen. Die winkel is in die Vina-sentrum geleë waar Amazing Pies en Kekkel en Kraai voorheen was. * Intussen vorder werksaamhede goed om die sentrum te verander en met ‘n deurgang aan Shoprite te koppel.

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

na 066-316-3003 + Jou naam

1950/09/23 - 2024/05/05

ROUDIENS: Do. 9 Mei

Kerk: 19:00, PPK Kerk, BV BEGRAFNIS: So. 12 Mei Huis 09:00, Melkwegstr. 257, Ceres Kerk: 10:00, PPK, Bella Vista Graf: Bella Vista Dawid Jakops

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer

☎ (023) 316-1814

Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel

082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00

Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

*Terme en voorwaardes geld

+ Die item wat jy wil verkoop

Reëls: • Slegs items onder R1 000

• Slegs EEN item per Whatsapp

• Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

R100 (Bring eie tafel en stoele) TB SURVIVOR kom praat by omgeewinkel

6 l WITZENBERG HERALD l 10 MAY 2024
classifieds
Whatsapp
HERALD Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden
general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎
PLANT
PLANT
TOOL HIRE TOOL HIRE TOOL HIRE TOOL HIRE
die woord
and
/Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
AND PLANT AND
AND PLANT AND
R30 per bondel  (023) 316-2021 Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles) Besigheidsure:
Ma. - Vry.: 09:00 - 16:00 Sat.: 09:00 - 12:30 Sat. 8 Junie 2024 l 09:00 - 15:00 STALLETJIES TE HUUR @

Boland rugbyproewe 'n sukses

se o/13 rugbyproewe het die naweek van 3 en 4 Mei

plaasgevind. Hier is die groep spelers afgeneem wat aan die proewe deelgeneem het.

AIMEE Freeman het twee weke gelede deelgeneem aan ‘n perdry-kompetisie. Sy het in die junior-afdeling (o/18) deelgeneem en twee eerste plekke en ‘n tweede plek behaal. Die afgelope naweek het sy aan die Dressage National Challenge op Stellenbosch deelgeneem. Hier het sy 8ste in haar klas en 10 de in die kampioenskapsklas geëindig.

JOHN du Toit van Laerskool Koue Bokkeveld is in die Boland o/13-rugbyspan opgeneem.

TWEE o/14 spelers,

Vaccinate your dogs against canine hepatitis

Cases of canine hepatitis (ICH) are reportedly increasing in Cape Town, so please take precautions to protect your dogs against this infectious disease, as it could be on the march in the Boland, too. Some vets in Cape Town suspect that fewer standard canine vaccinations administered during the Pandemic might be why more cases of ICH are showing up now. Canine hepatitis is caused by canine adenovirus 1 (CAV-1) and can be fatal for unvaccinated dogs, causing liver failure and internal bleeding. If it is in the environment it can survive for three months, under ideal conditions. Dogs can pass it to each other via saliva, eye and nasal discharges, and contact with urine in the environment.

Humans are not affected by the virus. Canine hep atitis might be mist aken for ‘kennel cough’, as its symptoms are similar.

Symptoms

Look out for these signs: •Fever

•Coughing

•Red eyes

•Mucus discharge from eyes and nose

•Loss of appetite

•Increased thirst

•Lethargy

•Vomiting (blood in vomit)

•Pain in abdomen

Seek advice from your vet immediately if you notice any of these symptoms. Protect your dogs now by ensuring they are up to date with their ICH vaccinations. It forms part of the standard annual 5-in-1 vaccination recommended for dogs.

Opwindende kinderpret l Vars vrugte en groente l Tuisnywerheid met heerlike gebak l Koffie & koek Pannekoek, Poeding, Hamburgers, Chips, Roosterkoeke, Afval, Hoendersosaties, lekker Veiling en vele meer

Kinders o/12 - R40 Volwassenes - R100 Kaartjies beskikbaar by Kerkkantoor

milo sal ook daar wees (kaart/kontant) (023) 313-3694 l ngkpah@absamail.co.za

10 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 7 072 609 1165 (Help Line - Animal Emergencies Only) e-mail: info@chainboland.co.za, adoptions@chainboland.co.za Follow us on Instagram Like us on Facebook@ChainBoland https://www.chainboland.co.za Visit our shop “Chain on Main” at 38 Van der Stel Street, Tulbagh Subscribe to newsletter: kevin@mettamedia.co.za
out for our collection tins at paypoints in supermarkets, coffeeshops, garages and nurseries in Witzenberg. Your spare change adds up!
Look
your unwanted clothes, homeware and books to the CHAIN Animal Charity Shop –we sell these to raise funds! 38 Van der Stel Street, Tulbagh Vanessa 082-831-4334 How to support CHAIN
Photo by Manuel Meza on Unsplash
Donate
EIE VERVERSINGS & DRINKGOED Hamburgers teen R40 elk kan by Kerkkantoor bestel word. DESMOND se koswaentjie met chips, koffie en
VIER o/14 hokkiespelers van Charlie Hofmeyr is in die Boland Inland Scorpions-span opgeneem. VLNR: Dirco Dafel, Jarren Morkel, Xhavier Pretorius en Colin Campbell. Nina Geldenhuys is in die Boland C-span opgeneem en Caitlynne Overmeyer in die Boland B-span. CHARLIE Hofmeyr se hokkiespelers is in verskillende Boland hokkiespanne opgeneem. Daniël Overmeyer is opgeneem in die o/18 IPT-span. BOLAND Laerskole se o/13 rugbyproewe het die naweek van 3 en 4 Mei by Laerskool Koue Bokkeveld plaasgevind. Witzenberg beamptes afgeneem wat betrokke was by die rugbyproewe. BOLAND Laerskole by Laerskool Koue Bokkeveld

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Suretha spog met S.A. en Afrika-rekord

DIE S.A. Meesters atletiekbyeenkoms (SAMA) het van 2-4 Mei in Potchefstroom plaasgevind. Twee Ceres atlete, Pietie en Suretha Deetlefs, het ook deelgeneem en met ‘n paar medaljes na Ceres teruggekeer.

Suretha Deetlefs het in die W60 afdeling meegeding en drie goue medaljes in driesprong, hoogspring en verspring verower.

Sy spog met ‘n nuwe W60 driesprongrekord toe sy die S.A. rekord van 7.67 meter tot 8.17 meter verbeter het. Dit is ook ‘n nuwe Afrika rekord.

In die hoogspring-item verbeter sy haar WP rekord met 7cm na 1.38 meter.

In die verspring behaal sy ‘n persoonlike beste afstand van 3.84 meter, slegs 2cm kort van die WP rekord. Suretha was ook deel van die vroue-aflosspan. Die span behaal ‘n derde plek op die byeenkoms en ontvang brons medaljes.

Pietie Deetlefs het in die M70-afdeling meegeding. In die 100 meter behaal hy ‘n persoonlike beste tyd van 15.53 sekondes en verwerf ook ‘n goue medalje vir sy eerste plek. In die 200 meter eindig hy tweede in ‘n tyd van 34.34 sekondes. Hy was ook lid van die WP mans aflosspan wat brons medaljes verower.

Die egpaar bedank al die instansies en sakelui wat dit vir hulle moontlik gemaak het om aan die SAMA byeenkoms te kon gaan deelneem. “ Baie dankie, jul was deel van die mooiste en gelukkigste oomblikke van ons lewe. Hierdie spesiale tye is slegs uit die genade van die Here”.

Witzenberg Herald

Sport

S.A. Meesters atletiekbyeenkoms (SAMA) het van 2-4 Mei in Potchefstroom plaasgevind. Twee Ceres atlete, Pietie en Suretha Deetlefs, het ook deelgeneem en met ‘n paar medaljes na Ceres teruggekeer.

DIE groep rugbyspelers van Charlie Hofmeyr het op Maandag 6 Mei aan die tweede rondte van die Boland rugbyproewe op Wellington deelgeneem. Die spelers is Shandley Burrows en Willmuth Loff wat in die o/16 groep speel en Gerhard Goosen, Danico Sass, LeRoux Groenewald, Luan Giliomee, Glenwill Tromp, Tyron Davids en Philip du Plessis het aan die o/18 proewe deelgeneem.

Wedstryde word die naweek hervat

KLUBWEDSTRYDE word die naweek hervat nadat alle wedstryde in die Boland verlede naweek uitgestel is na die afsterwe van die vrou van die Boland rugbyunie president, Bennie van Rooi. Verlede naweek se rugbywedstryde sal op Saterdag 1 Junie gespeel word.

Spanne was dankbaar vir die breek en kon klubspelers wat sukkel met beserings, die ekstra tyd gebruik om te herstel. Die tweede rondte gaan lank wees.

Wedstrydbepalings

In die Witsentraal groot uitdaagkompetisie pak Bella Vista hulle bure, Hamlet. Die wedstryd behoort vir lekker rugby te sorg. Evergreens Paarl speel tuis teen Ceres, Newtons pak Roses en Hillcrest speel tuis teen Young Blues. Wolseley speel teen Wellington en Temperance speel tuis teen Delicious.

In die Witzenberg gemeenskapskild reeks speel Pumas teen Young Black Arrows, Howbill teen Young Blues, Tandfontein teen Young Eagles, Langrivier teen Nooitgedacht en Donkerbos teen Kromfontein.

In die Witzenberg streekuitdaagkompetisie speel La Plaisant tuis teen Tulbagh, Op-die-Berg en Môrester pak mekaar, Paardekloof speel teen Red Roses, Vastrap speel teen Young Westlyans en Lovedale speel teen Young Good Hopes.

REAL Stars FC Juniors se seuns o/15 span het onlangs ‘n groot borgskap van Mohamed Khalif, eienaar van Countdown Cash and Carry en Bismillaah winkel, ontvang. Hier ontvang Amanda Mrwetyana (afrigter) die sokkertruie van Mohamed Khalif (heel regs). * Amanda rig al die afgelope drie jaar af. Die klub het ‘n senior span asook ‘n seuns o/13, o/15 en o/19 spanne asook ‘n vrouespan.

8 l WITZENBERG HERALD l 10 MAY 2024
DIE

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.