Witzenberg Herald Vol.26 no.18 (Online Weergawe)

Page 1

Bespaar

Moord stuur skokgolwe deur gemeenskap

Twee verdagtes vasgetrek

DIE nuus dat ‘n sendeling en inwoner van Ceres vermoor en sy bakkie gesteel is, het die naweek skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Die Worcester polisie wou teen Maandag min inligting rakende die moord op proponent Herman Nieuwoudt (59) bekendmaak en gesê dat verdere inligting opgevolg word.

Nieuwoudt was voor sy dood werksaam by die Patmos Arbeidsbediening waar hy geestelike werk op plase in die Bo-Swaarmoedomgewing, die Sandveld en Tankwa Karoo gedoen het. Hy was ook tot 2018 ‘n hulpleraar by Ceres VGK gewees.

Twee 19-jarige verdagtes van die Worcester-omgewing, Banele Moya en Bongani Banda, is die naweek gearresteer en het Dinsdag 9 Mei vlugtig in die Worcester landdroshof verskyn op klagtes van moord, diefstal van voertuig en die besit van 'n gesteelde voertuig.

Die saak is tot Dinsdag 16 Mei vir verdere ondersoek uitgestel.

Polisie-ondersoek

Die Worcester polisie het in ‘n verklaring gesê Herman Nieuwoudt het verlede Vrydag 5 Mei na 17:00, sy huis in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop.

Die bakkie is omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellpas ry.

Saterdag 6 Mei omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het.

Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is.

Die polisie het langs die liggaam ‘n sak met kruideniersware en ‘n kasregisterstrokie van ‘n winkel op Ceres gevind. Ceres polisie is gevra om die inligting op te volg waarna dit hulle na die oorledene

se vrou op Ceres gelei het.

Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie was nie op die toneel nie en is later op die Eureka-plaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind.

Huldeblyke

Huldeblyke op sosiale media het ingestroom sedert die nuus bekend geword het van die moord op die vredeliewende inwoner.

Herman se suster Wilna Groenewald het in ‘n Facebook-inskrywing gesê: My liewe boetie, jy is op ‘n wrede manier van ons af weggeneem. Tog laat jy ons met onskatbare herinneringe. Jy het alles vir mense gegee. Letterlik en figuurlik. Jou opdrag as dominee maar ook jou liefdestaak aan jou familie en vriende het jy ten volle uitgeleef. Jy het by almal ‘n blywende gedagte gelaat. Ons eer jou nalatenskap en sal mooi na Martha, Adriaan en Hendrik kyk. Ons weet jy was baie lief vir hulle. Lekker tuin maak daarbo en moenie vergeet om jou sangstem en fluitery van daar bo af laat hoor nie.

Cordré Smith van Matroosberg onthou Herman as ‘n toegewyde persoon wie se doel dit was om altyd siele vir die Koningryk te wen. Sy kennis van plante was ook uitstekend en hy het baie plante gekweek. Hy was ook ‘n baie vrygewige persoon. In 1996 met die stigting van die Patmos Arbeidsbediening, was Herman die eerste geestelike werker van Patmos en het hy in die Bo-Swaarmoed-omgewing begin werk. Hy was ‘n mentor vir die ander geestelike werkers.

Pierre Jacobs, oudskriba van die Ceres VGK het op Facebook geskryf: Ai, hoe sê ‘n mens totsiens aan so ‘n merkwaardige Godsman, oudkollega en vriend. Dit is baie seer en ek is stukkend! Ek eer jou nagedagtenis en sal leiding en leringe uit die Woord wat jy aan my en duisende ander verkondig het, vir altyd saam met my dra en koester. Jou afsterwe is onwerklik en ‘n groot verlies. Baie sterkte aan sy vrou, Martha, die kinders en breë familie.

Herman word oorleef deur sy vrou, Martha, en kinders Adriaan (29) en Hendrik (26), ‘n oudleerder van Charlie Hofmeyr en akteur wat die afgelope tyd in talle Afrikaanse produksies op KykNet te sien was.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Witzenberg Volume 26 no. 18 R 8.50 Friday, 12 May 2023 Ceres Koekedouw dam 38,7% Tulbagh dam 25% Lesings geneem: 2023/05/10 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 11 Mei 3° 19° Vrydag 12 Mei Saterdag 13 Mei Sondag 14 Mei 1° 13° 3° 13° 4° 14°
WH H e r a l d
water!
Bakkie verlaat dorp HERMAN Nieuwoudt (59). (023) 312-1916 (023) 312-1916 CERESCERES CERESCERES CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres VITZ FOR VICTORY From R2 899 p/m (023) 312-1057 Voortrekkerstraat 112, CERES Arno, Pierre, Andre of Giepie From that first car feeling to the graduation celebration, victory comes in many forms. So, celebrate them all, big or small, in the all-new Toyota Vitz! Effortlessly chic and stylish, with a 1.0L three-cylinder petrol engine and 295L boot space, the Toyota Vitz is more affordable than you can imagine. Say, “Vitz for Victory” and celebrate life in the all-new Toyota Vitz. Toyota Financial Services (South Africa) Ltd is an Authorised Financial Services (FSP No:7454) and Registered Credit Provider (NCRCP62) Ts & Cs Apply

Inge

is Mej. Junior Tiener Suid-Afrika

INGE van der Merwe, jongste dogter van Wilhelm en Juanita van der Merwe van die plaas Welbedag in die Koue Bokkeveld, is op 1 April in Pretoria as Mej. Junior Tiener Suid-Afrika gekroon. Behalwe vir dié skoonheidstitel is sy ook aangewys as Mej. Junior S.A. beste loopplankmodel en Mej. Fotogenies. Inge, oudhoofmeisie van Laerskool Koue Bokkeveld, gaan later in Turkye deelneem.

NOTICE

IN THE ESTATE OF:

Magdalena Elizabeth Wheeler

ID. NO. : 5107010003083

DATE OF DEATH: 22 September 2022

ADDRESS: Omaruru Wildlife Estate, Plot 35, Omaruru, Namibia

ESTATE NO.: 021595/2022

Creditors and Debtors in the above Estate are hereby required to file their claims with and pay their debts to the undersigned within 30 days from FRIDAY 12 MAY 2023

MARIUS WHEELER

EXECUTOR

Du Toit Street 74C, Porterville, 6810, South Africa

Ceres Lions

bied aan ten bate van Kerrie Bredie & Rys

@ R90 (wegneem)

31 Mei 2023

Kan opgetel word by Oranjestraat, Togryers Museum, Ceres tussen 12:30 - 14:00

DIE groot gewag is verby - die bekroonde Suid-Afrikaanse Kaasfees maak vanjaar ‘n terugkeer op Stellenbosch met nuwe datums én nuwe eienaars. Die Sandringham-landgoed sal gasheer speel vir hierdie buitelug kulinêre geleentheid oor die Erfenisdag-langnaweek van Vrydag 22 tot Maandag 25 September 2023. Die nuwe feeseienaars, ‘n konsortium van private beleggers en die DGTL Marketing Group, het die gewilde fees herontwerp om ‘n vier dag lange viering rondom kaas, wyn en vermaak vir die hele gesin te skep. Die SA Kaasfees, wat bekend is as Suid-Afrika se enigste kaas-gefokusde geleentheid, is reeds sedert 2002 as ‘n tradisie in die Kaapse Wynland gevestig. Die nuwe eienaars beskik oor uitgebreide kundigheid in die organisering, bemarking en aanbieding van leefstylgeleenthede reg oor die land, wat die SA Kaasfees nuwe hoogtes sal laat bereik. Besoekers kan ‘n treffende ervaring verwag met nuwe lewe wat in die fees geblaas word.

Loopplank wink in Turkye, Griekeland

DEUR Reint Grobler

DIT was omtrént ‘n warrelwind-modeweek vir die 16-jarige Susara Müller van Wolseley. Sy en haar ma, Wena-Maré, het verlede week gehoor sy vertrek Vrydag 12 Mei na Turkye waar sy vir twee maande vir True Models gaan modelwerk doen. Daar is ook ‘n moontlikheid dat sy daarna in Griekeland kan gaan werk. En die kersie op die koek is wanneer sy van September tot Desember in Parys gaan modelleer.

Susara, ‘n graad 11-leerder aan die Hoërskool Charlie Hofneyr, was skaars ‘n jaar gelede nog ‘n kaalvoet plaaskind wat saam met haar tweelingbroer Malan en jonger boetie, Müller, in hul plaasdam geswem het.

Susara en haar ma moet nog reëlings met die skoolhoof Danie le Roux tref hoe sy die kwartaal en eksamens kan voltooi, maar volgens Susara was mnr. Le Roux sover baie akkommoderend wat die fotosessies in Kaapstad betref. Susara sê sy is absoluut uit haar vel van opgewondenheid oor die toekoms. Sy en haar boetie, Malan, het hul laerskooljare in 2019 aan die Laerskool Breërivier voltooi, waarna beide Charlies toe is. Sy was Breërivier se onderhoofmeisie.

“Dit bly alles soos ‘n droom voel. Gelukkig gaan my ma saam Turkye toe om die eerste twee weke te help dat ek my voete vind,” sê Susara.

DIE 16-jarige Susara Müller van Wolseley is op pad na Turkye.

FOTO: Jesse Pearse - 20 Model Management

Ten bate van: HUIS MAUDIE KRIEL

Plek/Venue: NG KERK CERES

Adres/Address: OWENSTRAAT

Tyd/Time: 18:00 - 19:00

Datum/Date: 10 JUNIE 2023

Tickets available from/ Kaartjies beskikbaar by: KERKKANTOOR EN BY HUIS MAUDIE KRIEL

VOLWASSENES: R100

SKOLIERE : R50

Vandag het sy nie net ‘n modelkontrak by die internasionaal gerekende 20 Model Management nie, maar een ook by die bekende Elite Model Agency Network.

Sy voeg by pa Daan het hulle van kleins af geleer om hulle nie te steur aan wat ander van hul dink of sê nie en dat dié raad handig te pas gaan kom in die soms wrede en koue modewêreld. “ Ek beskou myself nog altyd as braaf en sien uit na die uitdagings wat die modelwêreld bied.”

VIR die eerste keer in jare word die historiese Drostdy Kelder op Tulbagh, weer oopgestel vir die publiek. Dit was die eerste koöperariewe kelder in Suid-Afrika en jare lank was Distillers in beheer van dié afdeling en Tulbagh Ko-op net langsaan. Dié twee afdelings het nou weer soos vanouds saamgesmelt. * Daar sal nou op die eerste Saterdag van elke maand ‘n Markdag aangebied word. Hier is Liesel Kok (bemarkingsbeampte van Tulbagh Kelder) saam met Charlotta Steyn afgeneem. Vir navrae oor die markdag, skakel Elize Brand by 082-372-9992.

WITZENBERG HERALD Friday, May 12, 2023 2

Klaasen van rol geskrap

DIE Suid-Afrikaanse Regspraktykraad (SARPR) se ondersoek teen ‘n oudburgemeester van die Witzenbergstreek, is Aprilmaand afgehandel.

Die SARPR-aansoek om Barnito Klaasen (47) van die prokureursrol te skrap is op 14 April in die Kaapstad Hooggeregshof toegestaan.

Die SARPR-ondersoek en -aansoek hou verband met R6.559 miljoen wat Klaasen onregmatig vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het, dat hy tydens die ondersoek verbied was om verder as prokureur te praktiseer en dat die trustrekening bevries is. Die kantoor is ook gesluit.

Oor die polisie-ondersoek is daar tans nog min oor bekend behalwe dat die Bellville

handelsmisdaadeenheid dit ondersoek.

Klaasen dien tans as proporsionele raadslid in die raad maar die Demokratiese Alliansie (DA) swyg steeds soos die graf en na meer as ‘n jaar het dié politieke party se Federale raad nog geen tugstappe teen hom geneem nie - nieteenstaande ‘n Mei 2022 Hooggeregshofbevel wat bepaal dat Klaasen wel die geld uit sy prokureurs-trustrekening geneem het.

Nog klagtes Verdere siviele klagtes en optrede deur die klaer word nie uitgesluit nie.

Behalwe vir SARPR se regskostes is Klaasen verantwoordelik vir meer as R7.2 miljoen se terugbetalings. Die rente beloop al tot dusver ver meer as R600 000.

Die hofbevel Die Kaapstad hooggeregshof het op 5 Mei 2022 ‘n bevel bekragtig dat Klaasen aanspreeklik gehou moet word vir gelde van ‘n kliënt wat hy uit sy trustrekening onttrek het.

Klaasen mag sedert Maart 2022 nie meer as prokureur praktiseer nie nadat hy deur die Kaapstad hooggeregshof verbied is om ook sy onderneming se trustrekening te gebruik.

Klein Eikeboom boerdery en Druk my Niet Stud, is die twee applikante wat die aansoek teen Barnito Klaasen gebring het en deur waarnemende regter Carter aangehoor is.

Carter het beveel dat Klaasen die bedrag van R6.559 miljoen plus rente vanaf 22 Desember 2021 moet terugbetaal asook die regskostes van die applikante se regspan.

Tulbagh inwoner sterf dae gelede in huis

‘n BEJAARDE inwoner van Tulbagh is Maandagaand dood in sy huis aangetref.

Rodger Stevenson (81) was ‘n paar dae al dood toe die Tulbagh polisie

Maandag 8 Mei ‘n deur oopgebreek het om toegang tot die huis in Shandstraat te kry. ‘n Inwoner het bekommerd begin raak omdat haar oproepe aan Stevenson nie beantwoord word nie.

‘n Buurvrou het gesê sy het hom verlede Woensdag laas gesien toe hy sy huisvullis uitgesit het. Daar is toe besluit om die hulp van Tulbagh SAPD in te roep.

Toe hulle toegang tot die huis kry, het hulle op die oorledene afgekom. Stevenson was reeds ‘n paar dae al dood en geen misdaad word vermoed nie. Hy was geskei en het na sy aftrede, in 2007 na Tulbagh verhuis. Hy was ook ‘n ywerige skilder.

Saak teen polisielede uitgestel

DIE hofsaak teen drie Wolseley SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, is verlede Vrydag weer in die Bellville handelsmisdaadhof uitgestel. Die vyf verskyn op klagtes van korrupsie en regsverydeling. Die drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (44), kst. Johannes Fransman (41) en kst.(v) Melzandré Pieters (34), en oudpolisieman Daniël Davids (44) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (42), moet weer op 10 Augustus teregstaan op die klagtes teen hulle. Hul hofverskyning spruit voort uit ‘n ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid rakende ‘n voorval op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing.

Die drie polisielede is 16 maande gelede op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het. Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer.

Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel. Die vyf se borgtog van R2 000 elk is verleng.

Die oudpolisieman Ricardo Conradie moet weer op 2 Junie in die Bellville handelsmisdaadhof verskyn.

BYNA 25 000 mandrax pille met ‘n beraamde straatwaarde van meer as R1.4 miljoen, is onlangs op Wolseley gekonfiskeer.

Verdagte betaal R20 000 borg

‘n VROU (46) wat in Maartmaand op Wolseley gearresteer is na ‘n dwelmklopjag, het haar borg betaal.

Die Wolseley SAPD het op 18 Maart op drie persele toegeslaan en byna 25 000 mandrax pille met ‘n geraamde straatwaarde van byna R1.5 miljoen, gekonfiskeer. Drie persele in Madanistraat, Pine Valley, is deursoek en daar is ook op 25 plastieksakke met nagenoeg 24 700 mandrax pille in, beslag gelê.

Nicolette Samuels wat op die perseel was ten tye van die klopjag, is gearresteer. Sy het op 20 en 23 Maart in die landdroshof verskyn op klagtes van handel in dwelms of alternatiewe klagtes van die die besit van dwelms en/of die gebruik van dwelms.

Borgtog van R20 000 is aan haar toegestaan en is dit later by die Worcester gevangenis betaal.

Samuels moet weer op 1 Junie in die hof verskyn.

Polisie soek dié rowers

DIE Ceres polisie soek na vier verdagtes wat verlede week ‘n USave winkel beroof het. Vier verdagtes gewapen met pistole het Vrydag 5 Mei omstreeks 14:15 die USave winkel in Nduli beroof. Die mans het van die personeel aangehou voordat hulle die bestuurder gedwing het om ‘n kluis oop te sluit. Die mans het kort daarna met ongeveer R33 000 kontant gevlug. Niemand is beseer nie. Die winkel is al ‘n paar keer beroof. Die polisie het fotos van die vier verdagtes vrygestel en vra die gemeenskap om te help om die mans te identifiseer. Iemand met inligting oor die mans, kan die ondersoekbeampte s/sers. Seroot skakel by (023) 316-8500.

WITZENBERG HERALD Friday, May 12, 2023 3
BARNITO Klaasen (47). CERES polisie het dié fotos van die vier verdagtes vrygestel en vra die gemeenskap om te help om die mans te identifiseer.

DIE Pumas rugbyklub van die Bo-Swaarmoed omgewing, wil Witzenberg Properties bedank vir die borgskap van rugbytruie en broeke. Die klub en hul ondersteuners waardeer die gebaar en is dankbaar vir die skenking.

Bespaar water!

nuusbrokkies

IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Alle landbouwerkers mag aan die kompetisie deelneem en is ‘n persoon wat deel vorm van en ’n bydrae tot die boerdery lewer.Die streeksfunksie vind plaas op 27 Julie 2023. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of e-pos na: edna@kbos.co.za

DIT is weer tyd vir die Ceres Lions se alombekende kerriebredie. Ondersteun die Togryers museum deur ‘n kaartjie te koop voor 29 Mei. Die Ceres Lions samel geld in vir die Togryers Museum en kaartjies is by die museum te koop.

Die PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte aantal plekke is beskikbaar. Navrae kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan: isaac jacobs50@yahoo.com

SARS will visit the Thusong centre in Bella Vista on 29 June from 09:00-14:00

Hierdie aanstelling het by De Keur Groep, Koue Bokkeveld en De Keur Verpakking, Ceres ontstaan

MENSLIKE HULPBRONBEAMPTE

Permanent, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n proeftydperk.

Doel van pos: Toe te sien dat die administratiewe gedeelte van die personeel afdeling optimaal funksioneer en dat die SIZA oudits akkuraat en korrek gedoen word. Verantwoordelikhede: • Verantwoordelik vir die administrasie en opvolg van WCA dokumentasie • Assisteer en administreer behuising, vervoer (werknemerswelsyn), uitreik van kontrakte, assisteer tydens induksie, ens • Werknemer administrasie op SAGE 300 People, intrek van nuwe werknemers op groepsvlak, loonverhogings, uitdienstredes, UI19’s, ens. • Opleidingbeplanning, -begroting en -bespreking van De Keur Groep se opleiding • Behulpsaam wees met dissiplinêre sake en soms optree as voorsitter van dissiplinêre verhore • Hanteer en administreer alle inligting ten opsigte van SIZA, DOL, OHSA oudits • Neem van notules tydens vergaderings • Algemene MH administrasie, beleide en stelsels • Doen weekliks verslag aan MH Bestuurder.

Vaardighede: • Organisasievermoë • Kommunikasievaardighede en uitstekende menseverhoudings • Probleemoplossing • Administratiewe vaardighede • Gevorderde Excel vaardighede • Geldige rybewys.

Ondervinding: • 5 Jaar ondervinding as ‘n Menslike hulpbronbeampte • SAGE 300 People kennis en agtergrond • Goeie administrasie- en rekenaar ondervinding.

Opleiding: • Graad 12 • Toepaslike tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees • MS Office (Word, Excel, Outlook) • Sage 300 People (2 Jaar ondervinding).

Algemeen: Persoon moet inisiatief aan die dag lê en onafhanklik kan werk.

Vergoeding: Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioenskema en Discovery mediese fonds is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 24 Mei 2023

Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik

Navrae en aansoeke: Stuur asb. u CV, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, afskrif van u ID en drie verwysings aan Johan du Plessis by hr@dekeur.co.za

De Keur Groep is ‘n gelyke geleentheid werkgewer

KOELFONTEIN BEWAARSKOOL: BABA JUFFROU

Koelfontein Landgoed, ‘n gevestigde Landbou-onderneming in Prince Alfred’s Hamlet, het ‘n uitstekende geleentheid beskikbaar vir ‘n veelsydige, professionele juffrou vir babas by Koelfontein Créche.

Kern verantwoordelikhede vir hierdie posisie sluit onder meer in: • Versorging en toesig van babas: 3 tot 18 maande • Voorbereiding en aanbieding van les planne

• Teenwoordigheid en ondersteuning by alle bewaarskool aktiwiteite, verga-derings en geleenthede • Bywoning en terugvoering van opleiding soos deur die prinsipaal bepaal.

Minimum vereistes sluit die volgende in: • ECD/Educare NQF Vlak 4 of hoër

• ‘n Minimum van 2 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke posisie • Goeie kommunikasievaardighede • Aandag aan detail en akkuraatheid • Vaardigheid in Xhosa (praat, lees en skryf) sal die aansoek versterk.

Stuur asb. u aansoekbrief en CV aan Jaco Boonzaaier by: jboonzaaier@koelfontein.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2023

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

DIE Fred Gaum Hostelites van 1979 - 1989 nooi alle oudleerders van Fred Gaum Hoërskool (nou Ceres Sekondêr) vanaf 19742022 uit na ‘n galageleentheid ter ere van wyle dr. Wesley Baartzes. Die geleentheid gaan gepaard met die bekendstelling van die dr. Wesley Baartzes Foundation. Alle oudleerders word uitgenooi om die historiese en glansryke geleentheid op 5 Augustus van 17:00 - 23:00 by te woon. Koste beloop R300 p.p. Dit word in die skoolsaal aangebied. Vir kaartjies skakel Wilma Cupido by 073-880-0321 Net 250 kaartjies is beskikbaar. Vir navrae skakel Floors Baartman by 081815-7343, Lynn Julies by 078-915-2902 of Wilhelm Eldrick Jansen by 078-6914407.

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Wintersvoorrade word uitgepak. Laaste naweek van elke maand is MARK SATERDAG. Daar saal iets te ete te koop wees.

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

WITZENBERG HERALD Friday, May 12, 2023 4
CERES netbalklub het Saterdag 6 Mei ‘n oefenkliniek op Gouda aangebied. Ceres het ook ‘n oefenwedstryd teen Temperance netbalklub van Gouda gespeel en die wedsstryd met 61-10 gewen.

RONDLOPER varke van ‘n plaaslike kleinboer langs die Dwarsrivier het die naweek groot skade aan die tuin van dr. Boy van den Berg aangerig. Die erf is langs die gholfbaan geleë. Die draadheining is gesteel wat bydra dat plaasdiere, tuine beskadig. Die naweek se skade is skaars herstel of die rondloper varke het Dinsdag weer dié tuin omgedolwe.

* Die munisipale bestuurder het Dinsdag opdrag gegee dat die varke geskut moet word. Sodra die diere geskut word, kom die eienaar gewoontlik na vore. Aangesien varke ‘n groot risiko vir siektes inhou, is dit moeilik om altyd ‘n geskikte plek te vind wat die varke sal neem.

The Travelling Book Fair is coming to Tulbagh

THE Travelling Book Fair is coming to Tulbagh on 27 May and its free.

This initiative was birthed, during the Lockdown period in 2021, in Wynberg. It is a platform for Christian Self-Publishing Authors to showcase and sell their books. Part of the vision is to share their experiences and information with others, who desire to write their own stories, be it in the format of poetry, short stories, novels, children’s books or in any other creative way to print and publish stories.

The dream is to see the Book Fair travel to different towns and introduce these self-publishing authors. The Book Fair will be in Tulbagh for the first time, but its third, since it began.

The flavour or theme for each book fair varies from town to town. The emphasis is also on partnering with the community and this year in Tulbagh, the Book Fair will be working with the Tulbagh Museum.

The venue will be the Mission church in Van der Stel Street and will be open to the public from 10:00 till 14:00 on Saturday 27 May

The museum will be exhibiting some of its oldest and rarest Bibles at the Book Fair.

This will definitely be a treat for those who are interested in the Book of all books printed throughout the ages.

Another exciting happening at the event, will be a children’s book corner - BOEK HOEK

In this corner, we will have an opportunity to see the initiatives being started in Tulbagh to promote the importance of reading. There will be read-out-loud sessions by both the children, from a local school and the authors, themselves.

Reading is key to many adventures, says Belinda Ann Weber the facilitator of this event. Come and enjoy the day with the authors and the local community. It is more than a trendit is a movement.

Some of the books available on the day:

-Vertoonkas: Anneline de Hout

-Beoefen die Teenwoordigheid van die Heilige Gees: Ockie Taylor

-I am His: Diane Carol Edworthy

-Tuiswaarts: Abigail Christians

-Wow Lord: Lou Roos

-Fransie bou ‘n nes: Karen v Rensburg

-BidPad: Rina Theron

-Two Lilies: Belinda Ann Weber

-Victorious: Julaine Marais

-Revival Seeds Germinate: Ashley Cloete

Polisie bied belonings aan vir onwettige vuurwapens

DIE Wes-Kaap departement van gemeenskapsveiligheid in samewerking met die SAPD, het einde April besluit om weer belonings uit te betaal vir gesteelde of onwettige vuurwapens.

Die inisiatief is ‘n poging om onwettige wapens van die strate te verwyder en misdaad te bekamp.

Die inisiatief is einde April op die Kaapse

Vlakte geloods deur minister Reagen Allen om die gemeenskap aan te moedig om inligting rakende gesteelde of onwettige vuurwapens aan te meld.

Inwoners kan (021) 466-0011 anoniem skakel. Sodra dit bevestig is dat dit ‘n onwettige vuurwapen is, word R1 500 aan die individu uitbetaal.

As die polisie ‘n arrestasie maak wat direk

verband hou met die onwettige wapen, kry die persoon ‘n verdere R1 500 as beloning. Die balans van R2 000 word betaal sodra die hof die persoon met die onwettige wapen, skuldig bevind aan ‘n misdryf wat met die wapen verband hou.

In die eerste tien weke van 2023 was skietvoorvalle verantwoordelik vir 44% van moorde in die provinsie.

DIE Boland Laerskole se o/13 rugbyproewe het van 5-6 Mei by Laerskool Koue Bokkeveld plaasgevind. Hier is die groep Witzenberg o/13 spelers saam met beamptes.

SATERDAG 13 Mei vind die eerste rondte van die Wes-Kaap netbalproewe plaas. Vanjaar word die proewe deur Worcester primêr aangebied. Drie netbalspelers van Mooi Uitsig primêr gaan die naweek deelneem. VLNR: Caylin Vernooi, Kelly Ann Evans o/12 en Taylin Koopman o/11.

CERES rugbyklub het Saterdag vir Lindeshof in ‘n streekuitdaagwedstryd met 71-18 afgestof. Ceres speel Saterdag 13 Mei ‘n tuiswedstryd teen Young Westlyans van Achtertuin. Hier hardloop Pieter van Zyl met die bal. * UITSLAE: Vastrap verloor met 13-17 teen Red Roses, Op-die-Berg klop Lovedale met 18-13, Tulbagh klop Young Westlyans met 40-6, La Plaisant klop die Pumas 24-20 en Paardekloof wen Young Good Hopes met 26-13.

FOTO: Gaby Kaalmeyer

WITZENBERG HERALD Friday, May 12, 2023 5

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021

info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Roy Edward Bergman

1952/02/14 - 2023/05/07

Begrafnisdiens: Sat. 13 Mei 2023

Huis: 08:00, Akasiastr. 6, BV

Kerk: 09:00, Christian

Mission kerk, Bella Vista

Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Jacoba Hendricks

1969/06/20 - 2023/04/26

Begrafnisdiens: Sat. 13 Mei 2023

Huis: 10:00, Wakkerdraai Plaas, Tulbagh

Kerk: 11:00, Wakkerdraai Plaas, Tulbagh

Graf: Tulbagh

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Willem Dawids

1961/02/04 - 2023/05/06

Roudiens: Do. 11/05/2023 om

19:00, AGS Kerk, Bella Vista

Begrafnisdiens: So. 14 Mei 2023

Huis: 09:00, Erikastr. 289, BV

Kerk: 10:00, Algemene Pinkster kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer

☎ ☎ ☎ (023) 316-1814

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

“ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

PLANT AND AND TOOL

Leerders trek Superheld se klere aan

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

Cedric Llewellyn Fortuin 1983/12/01 - 2021/05/09

Jaydene Shinéad Hector 1998/02/10 - 2021/05/09

“Your memory is our keepsake, with which we never part. God has you in His keeping but we have you in our Hearts” Your beloved parents, family and friends

Twee blindings in goeie toestand

Een is 950mm en ander een is 1 450mm breed. Beide vir R850. Skakel Francois 082-468-2649

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Hand.1:5

☎ (023) 312-1274

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

LEERDERS van Laerskool Waveren op Tulbagh het Vrydag 5 Mei die geleentheid gekry om soos ‘n Superheld aan te trek. By hulle op die foto is Neville Jones (waarnemende skoolhoof).

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN

AND FRAMES 083-227-6476

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-8044550 vir enige verdere navrae. rek S15 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas.

60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

“Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal binne ‘n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.”

RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter

Evangelis Jacobs

WITZENBERG HERALD Friday, May 12, 2023 6
Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MOLLIEMOLLIE MOLLIE (Female) 15 Months old GUINEVERE GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za
Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Including a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply ANAKINANAKIN (Male) Born 14/02/2023 WIGGLESWIGGLES WIGGLES (Male) 7 Weeks old SMOKEYSMOKEY (Male) Born 14/02/2023
or www.chainboland.co.za
SHADOWSHADOW SHADOW (Male) Born 14/02/2023
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
HIRE TOOL DIE Koelfontein Mannekoor het die naweek ‘n derde plek behaal tydens ATKV Suidoosterfees Harmonie koorkompetisie. Meer as 30 kore het deelgeneem. Koelfontein mannekoor deel van
1964/02/09 - 2023/05/06 Begrafnisdiens : Sat. 13 Mei 2023 Kerk: 09:30, NG Kerk Moedergemeente, Ceres Graf: 15:30, Citrusdal John Kannemeyer ☎ ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814 Die beste diens, altyd. Heremias Cornelis Nieuwoudt 1981/06/21 - 2023/04/30 Roudiens: Do. 11/05/2023 om 19:00, Witbrug Plaas Begrafnisdiens: Sat. 13 Mei 2023 Huis: 10:00, Witbrug Plaas Kerk: 11:00, Algemene Pinkster Kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista Psalm 23 “Na waters waar rus is lei Hy my heen” Estholene Oranje
Suidoosterfees
WITZENBERG HERALD Friday, May 12, 2023 7

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Adriaan verbeter

SA-rekord

ADRIAAN Wildschutt (25), bekende langasem en oud-Ceresiet, het tydens ‘n atletiekbyeenkoms in Los Angeles, Amerika, ‘n nuwe nasionale rekord in die 10 000 meter vir mans opgestel toe hy die stophorlosie op 27:23.10 gestop het. Hy het Hendrik Ramaala se rekord (27:29. 94) van 24 jaar gelede verbeter wat Ramaala destyds in Port Elizabeth in 1999 opgestel het. Adriaan hardloop vir die Hoka NAZ Elite span in Amerika en is tans 6de op die Wêreldranglys. Adriaan is ‘n oudleerder van Bella Vista Hoërskool.

BACKUP POWER SOLUTIONS

Sport

Witzenberg Herald

Delicious baljaar op veld

DELICIOUS rugbyklub het Saterdag 6 Mei op die veld baljaar toe hulle Miracles maklik met 79 - 13 geklop het. ‘n Fees van drieë het gehelp om die span van Ceres se vertroue terug te kry vir die groot wedstryd teen Hillcrest United van Wellington. * Werner Nel met die bal in die hand het een van sy beste wedstryde gespeel en telkemale die verdediging geklop met sy sterk lopies.

*UITSLAE: Bella Vista klop Evergreens

Paarl met 33-24, Hillcrest klop Wellington 34-8, Hamlet verloor 19-26 teen Newtons, Temperance klop Young Blues 24-22 en Wolseley verras Roses United en wen 2118.

FOTO: Trevor Felix

BELLA Vista rugbyklub het die naweek ‘n goeie vertoning gelewer toe hulle Evergreens op hul tuisveld met 33-24 geklop het.

Dit was eerste keer in ‘n lang tyd wat Bella Vista van meet af aan die pap dik aangemaak het. Die klub volg ‘n nuwe benadering om eers punte op die telbord te kry om ‘n stewige voorsprong op te bou, voordat hulle die bal na willekeur rondgooi.

Die rustydtelling was 14-7.

Die agttal moet krediet kry vir hul goeie samespel. Westley Jonkers, Chesvill Muller en Lurencó Jumath was voorlangs ysters.

Na rustyd was daar geen keer aan die 2022 Witsentraal kampioene toe hulle gou drie drieë druk in die bonuspunt-oorwinning.

Jaylen Fortune, Ruan Manuel, Chesvill Muller en Francois Adam het drieë gedruk en Scott-Leigh Fredericks het 13 punte met sy skopvoet aangeteken.

Volgende wedstryd

Die naweek is Bella Vista die gasheer vir Wolseley.

(Inligting verskaf deur Louis Jumath)

Theunis en Arno wen Windhoek-pare

ARNO van Wyk en Theunis Kotzé het Saterdag die Windhoek-pare met ‘n telling van 47 punte gewen.

Sammy Titus en Charl du Plessis was 2de met 46 punte gevolg deur Esman Boer en Willie Baron in die derde plek met 45 punte. Clement de Bruin en Michael Bergman was vierde met 43 punte en Lourens en FK van Schalkwyk was vyfde met 42 punte.

Sammy Titus en Charl du Plessis dring deur na die volgende rondte van die Windhoekpare aangesien Theunis ‘n besoeker is en net klublede na uitspeelrondtes mag deurdring.

Ligabepalings

Die Ceres Nelson ligaspan se laaste wedstryd vind op 13 Mei op Vredenburg plaas wanneer Ceres teen Bergrivier speel.

Die Brodieliga en Krugerliga wedstryde begin op Saterdag 20 Mei. Spelers met voorgee van 12 en laer, kan hul naam by die klub opsit.

Meimaand kompetisies

Die volgende kompetisies word aangebied. Op 13 Mei kan spelers inskryf vir die maandelikse enkel houespel kompetisie en op 20 Mei word ‘n beterbal sametelling aangebied.

We offer:

·Consulting Services·Maintenance

·Access Control·Audio and Visual

·Structured Cabling·Wireless Networking

·Alarm Systems·Gate motors

·IP Based CCTV Systems

·Fibre Optic Installations

·Analytic Based Alert Notification Systems

·Analogue Based CCTV Systems

·Integrated Security Systems

MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

call us for: inverters batteries solar panels www.jptek.africa

WITZENBERG HERALD Friday, May 12, 2023 8
087 095 3617 023 1000 515 info@jptek.co.za SKAKEL ONS VIR ALLE HEK
Evergreens met
LUAN Giliomee, ‘n belowende rugbyspeler en leerder van Charlie Hofmeyr, het die Suid-Afrikaanse o/18 sewesoefengroep gehaal. Die groep sal vanaf 16-18 Junie ‘n oefenkamp bywoon waarna die finale groep vir die Statebond Jeug Spele in Trinbago aangewys sal word. Die Spele vind van 4-11 Augustus plaas.
Bella Vista klop
33-24

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.