WH Her ald Witzenberg
Volume 24 no. 19
R7.50
Friday, May 21, 2021
Since 1997
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 20 Mei
Vrydag 21 Mei
9° 12°
6° 12°
Saterdag 22 Mei
Vuurwapen bevoegdheid en Aansoeke
Sondag 23 Mei
2° 16°
9° 24°
VUURWAPEN BEVOEGDHEID Wet van Vuurwapenbeheer Gebruik van Handwapen Gebruik van Haelgeweer Gebruik van Geweer of Karabyn Gebruik van Selflaaigeweer of Karabyn
Ceres Koekedouw dam
59,6%
Skakel ons vir enige navrae. Koste met navrae beskikbaar.
Lesing: 2021/05/19
Telephone: (023) 316-2021/3
CERES (023) 312-2144
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
VUURWAPEN AANSOEKE Nuwe Vuurwapenlisensie Hernuwing van Vuurwapenlisensie
MOTIVERINGS
Neels: 082-335-8331 CJ: 082-837-4325
www.witzenbergherald.co.za
Boer stabiel na vliegongeluk MINISTER Anroux Marais het Maandag Togryers museum op Ceres besoek om die museum se uitruil-biblioteek amptelik te open. Hier is sy saam met rdl. Dirk Swart (onderburgemeester van Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit) en dr. Ivan Meyer (Wes-Kaap minister van landbou). * Nog foto op bladsy 3. FOTO: Duke van Schalkwyk
Bewaarders geskors DIE departement van Korrektiewe dienste het twee vroue bewaarders van Warm Bokkeveld geskors hangende ‘n ondersoek by die sentrum. ‘n Woordvoerder van die departement van Korrektiewe dienste het na twee weke en talle versoeke gereageer op navrae. Die departement ondersoek sekuriteitsoortredings nadat die twee bewaarders blykbaar twee gevangenes gehelp het om ‘n video-oproep te maak. Beide gevangenes is blykbaar veroordeelde verkragters. Die twee gevangenes was die week nog by Warm Bokkeveld en is nog nie na ander fasiliteite in die streek oorgeplaas nie. Die vier het hulle blykbaar in ‘n kantoor toegesluit toe die oproep gemaak is. Die beweerde voorval het op 23 April op Ceres plaasgevind. Die departement het vinnig opgetree en die twee lede voorlopig geskors hangende die uitslag van die ondersoek.
‘n BOER van Tulbagh en ‘n ervare vlieënier van gyrokopters, is steeds onder verdowing na ‘n vliegongeluk. Daniël Theron is Maandag 3 Mei omstreeks 14:30 ernstig beseer en sy 12-jarige seun is dood toe die tweesitplek Magni gyrokopter waarmee hulle gevlieg het, op ‘n plaas buite Laingsburg neergestort het. Die ongeluk het ongeveer 10 kilometer buite Laingsburg plaasgevind kort nadat Theron (50) en sy seun, Daniël jr. van die dorp se vliegveld opgestyg het. Hulle het die North meet South byeenkoms vir gyrokopters en gyrovliegtuie by die Forever-oord by Gariepdam bygewoon. Theron is onlangs van die Worcester Mediclinic na die Melomed hospitaal se spesialiseenheid vir ernstige brandwonde in Bellville oorgeplaas. Hy was ‘n tyd lank aan ‘n ventilator gekoppel maar kan nou weer self asemhaal. Volgens ‘n familiewoordvoerder is verskeie veloorplantings die afgelope tyd gedoen en die dokter is tevrede met Daniël se vordering. Agtergrond van die fratsongeluk Na die naweek se North meet South byeenkoms het Theron en sy seuns op Beaufort Wes oornag. Hy het Maandag alleen tot op Laingsburg gevlieg terwyl die seuns in die bakkie gery het. Hy het geland en petrol ingegooi waarna Daniël jr. toe saamgevlieg het. Minute nadat hulle opgestyg het, het iets drasties skeefgeloop wat die witkleurige gyrokopter laat neerstort het. Daar word vermoed dat die gyrokopter enjinprobleme ondervind het en Theron ‘n noodlanding probeer doen het. Die gyrokopter het die grond getref en aan die brand geslaan. Ondersoek Die Laingsburg SAPD het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) geopen. Die toneel is aan ondersoekers van Burgerlugvaart oorhandig wat dié ongeluk en die oorsaak sal ondersoek. Kabelo Ledwaba, woordvoerder van die BLO, het vroer gesê dat ‘n voorlopige bevinding in Junie bekend gemaak sal word.
DANIEL Theron (50).
Winter warmer specials
☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91 Weet-Bix 450g
2L B-well cooking oil 50
47
1999
Snowflake 2.5kg
2399
Cadbury slabs 80g 99
12
29
2kg Best 99 Choice Sugar white Ricoffy 250g 99
31
Neopolitan style pizza at Giovanni’s Fisheries Pizzas vanaf Donderdag tot Saterdag. “Pick up only”
Pryse en produkte geldig tot 27 Mei 2021 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.
2
WITZENBERG HERALD
Friday, May 21, 2021
Laerskool Gericke kies nuwe leiers LAERSKOOL Gericke het hulle nuwe hoofleiers van 2021 gekies. VLNR: Karla Groenewald (onderhoofmeisie), Isabella le Roux (hoofmeisie), Francois Prins (hoofseun) en Bertus Versfeld (onderhoofseun).
JAK en die rankplant is ‘n kort musikale animasiefliek wat tot 6 Junie virtueel te sien is. Die fliek het ontstaan in die inperkingstydperk toe die regisseur en teatervervaardiger, Kosie Smit, skeppend wou bly. Die fliek, waarin veteraanakteur Tobie Cronjé, een van die stemme vertolk, is losweg op die sprokie Jan en die boontjierank geskoei. *Kaartjies kos R45. Besoek gerus quicket.co.za om te bespreek.
LAERSKOOL Gericke het hulle nuwe leiers van 2021 gekies. VOOR: Morgan Hendricks, Bella van Jaarsveld, Lindie du Toit, Lillian Lima, Elize Oberg, Adriaan Heyns, Yuvrah George, Driaan Louw, Kobus Jordaan en Dawson Hofmeester. AGTER: Ilza Burger, Ané Jordaan, Anja du Plessis, Cari Cronjé, Karla Groenewald, Isabella le Roux, Francois Prins, Bertus Versfeld, Dee-Em de Kock, Marius Burmeister, Xander Nel en Jordan Philander.
EXCITING CAREER OPPORTUNITY CERES, WESTERN CAPE Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd, one of the leading fruit packing and marketing companies in SA, requires an energetic and professional person for the following post at its Ceres plant:
HR ADMINISTRATOR
The incumbent will, inter alia, perform the following responsibilities: • HR Administration: Custodian of the HRIS system and HR filing system, Manage and maintain employee records in ensuring that accurate data is readily available, HR Administration of the entire employment value chain with reference to benefits, attend to HR related queries, escalate to HR Generalist when appropriate, adhoc administrative functions, generate daily/ weekly/ monthly HR reports • Recruitment and Selection: Manage and coordinate the seasonal recruitment, in collaboration with the HR Clerk, Advertise vacant permanent positions, candidate liaison, assist with annual induction and on-boarding process • Training and development: Assist in submission of ATR and WSP, Maintain detailed record of all training interventions, assist in arranging interventions to be implemented, as per training plan, Attend to all SETA queries, liaison with training providers and delegates identified to attend training • Industrial Relations: Act as HR representative to internal disciplinary enquiries, capture all IR cases on appropriate platforms. The suitably qualified candidate should meet the following requirements: • Completed N6 Diploma or Degree in Human Resource Management or Industrial Psychology • 2 Years relevant experience in a similar work environment • Valid driver’s license and own transport • Above average computer literacy • Fully bilingual excellent proficiency in both English and Afrikaans, proficiency in isiXhosa would be advantageous • Basic understanding of Employment Legislation within the South African context • Good planning and organizational skills, with the ability to prioritise and work under pressure • Approachable, with the ability to build good relationship with all the stakeholders to the business. The successful incumbent will report directly to the HR Generalist. A negotiable remuneration package, including the normal fringe benefits associated with a progressive organization, is offered. For more information, and to apply, visit: www.m3online.co.za Closing date: 7 June 2021 If you have not been contacted within 3 weeks of the closing date, please accept that your application has been unsuccessful. In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.
Jaydene Shinéad HECTOR 1998/02/10 - 2021/05/09
Ons as ouers en familie van Jaydene Hector wil graag die uitgebreide families, haar vriende, kollegas, kennise en die Witzenberg gemeenskap bedank vir die bystand en ondersteuning in hierdie hartseertyd. Ons waardeer dit opreg en uit die diepte van ons harte.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, May 21, 2021
SAPD maak geen vordering DIE Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het die afgelope twee maande geen vordering gemaak in die ondersoek na die moord op Reneé Jain (51) nie. Volgens ‘n provinsiale mediawoordvoerder van die SAPD duur die ondersoek na die moord op 26 Maart op die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley voort. Speurders van Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad het die ondersoek oorgeneem kort na die moord op Jain wat in ’n oënskynlike huisrooftog vermoor is. Reneé Jain van Kaapstad was die betrokke Vrydagaand alleen
RENEÉ Jain (51).
by hul vakansiehuis tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is vermoedelik Vrydagaand na 23:00 dood nadat drie mans haar in die huis oorval het. Met die polisie se aankoms by die huis was die voordeur toe maar nie gesluit nie. Hulle het bloed op die vloer opgemerk nadat hulle die deur oopgemaak het. Bloedspatsels het hulle na Reneé se lewelose liggaam gelei wat met ‘n elektriese koord aan ‘n bed se voetstuk vasgemaak was. Speurders probeer nog vasstel hoekom die veiligheidskameras by die Jain-woning na bewering nie gewerk het nie, hoe die drie aanvallers by die privaat reservaat ingekom het - wat byna 7 kilometer van die naaste teerpad geleë is met ‘n heining om en ‘n elektroniese hek, dat daar skynbaar geen gedwonge toegang was nie, dat van die gesteelde items in die gesteelde voertuig gelos is en dat mev. Jain vermoor is terwyl haar bure net in ‘n huisrooftog vasgebind is. Na die inbraak by die bejaarde bure, het die verdagtes in die Nederlandse egpaar se Nissan gevlug met tabletrekenaars, selfone en horlosies. Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat op Tulbagh gevind.
MINISTER Anroux Marais het Maandag Togryers museum op Ceres besoek om die museum se uitruil-biblioteek amptelik te open. Die projek is die begin van Mei van stapel gestuur waar besoekers boeke kan bring en dit ruil vir ander. Sy het ook van haar eie boeke aan die biblioteek geskenk. Die besoek het saamgeval met Internasionale museumdag wat op Dinsdag 18 Mei gevier is. Die biblioteek bestaan uit Afrikaans en Engelse fiksie asook nie-fiksie, geestelike en kinderboeke. Die publiek kan die biblioteek besoek op Maandae, Woensdae en Vrydae. Al wat jy moet doen is om een van jou eie boeke saam te bring wat jy inruil vir een van die boeke wat jy uitneem. As jy meer as een boek wil uitneem, bring jy dieselfde getal boeke saam om te ruil. Hier is rdl. Hennie Smit afgeneem saam met Bertdene Laubscher (museumbestuurder), Wes-Kaap minister van kulturele sake en sport, Anroux Marais en burgemeester Barnito Klaasen. * Museums was vir 5 maande gesluit en het weens die inperkings baie inkomste asook toeriste verloor. Museums soos Togryers het met vindenryke idees begin om weer besoekers te lok. FOTO: Duke van Schalkwyk
Niemand aangekla vir moord in Ceres-nagklub MEER as twee jaar nadat ‘n jongman erg aangerand is in ‘n nagklub op Ceres en later in die hospitaal gesterf het, is daar nog bitter min vordering met die ondersoek gemaak. Sover vasgestel kan word soek die polisie nog na getuies. Die dossier was ook ‘n geruime tyd by die Ceres landdroshof vir ‘n beslissing waarna dit weer na die streek se speurhoof gestuur is. Agtergrond Ruben Reynolds(24), ‘n vragmotorbestuurder van Robertson, is Sondag 12 Mei 2019 omstreeks 23:00 buite ‘n nagklub in Lyellstraat deur ambulanspersoneel behandel en na die Ceres hospitaal geneem. Hy is later na Tygerberg noodeenheid oorgeplaas waar die masjiene ‘n paar dae later afgeskakel is. Daar was blykbaar vroeër die betrokke aand ‘n kroeggeveg in die klub waartydens Reynolds aangerand is. In die oor en weer stampery op pad na buite, is Rey-
Winkeldiewe se saak na streekhof TWEE winkeldiewe wag op ‘n streekhofdatum nadat hulle vroeër vanjaar by ‘n winkel op Wolseley ingebreek het. Een van die mans is op 9 Maart in sy been gewond nadat hy ‘n polisielid met ‘n graaf geslaan het. Die voorval het omstreeks 05:00 plaasgevind kort nadat die Colorful Zone winkel in Collardstraat op die dorp van kontant, gesigsmaskers, geheuekaarte en geheuestokkies beroof is. Polisielede van Wolseley het die diefstalklag gaan bywoon. Hulle het na CCTV beeldmateriaal gekyk en een van die verdagtes, Conan Crous (31), herken. Drie polisielede is daarna na Crous se huis waar hulle hom met die gesteelde goedere betrap het. Crous het aggresief geraak toe polisielede hom wou arresteer en ‘n graaf gegryp en een van die polisielede teen sy kop geslaan. Die polisielid het op die grond geval en voordat Crous hom weer kon slaan, het die polisie hom in die bobeen gewond. Hy is na Ceres hospitaal geneem waarna hy onder polisiebewaking oorgeplaas is na die Worcester hospitaal (Eben Dönges). ‘n Tweede verdagte, Faizel Jackson (20), wat net op ‘n huisbraakklag tereg staan, is later ook aangekeer. Die twee mans moet weer op 2 Junie in die hof verskyn.
nolds na bewering gestamp waarna hy teen die trappe afgeval het. Reynolds het kort voor sy dood as subkontrakteur vir ‘n vervoeronderneming op Ceres begin werk. Hy was volgens die vragmotor se opsporingstelsel blykbaar vroeër die Sondag in Worcester. Hy het later na Ceres gery en eers by paar plekke in Bella Vista aangedoen voordat hy na die nagklub en kroeg is. Die vragmotor is vermoedelik na die voorval in Lyellstraat eers na ‘n adres in Bella Vista geneem voordat dit later die Maandagoggend voor die Ceres polisiestasie gelos is. Reynolds se selfoon, beursie en klere is ook by die polisie ingehandig. Inligting Die polisie doen weer ‘n beroep op mense wat die betrokke aand by die nagklub was om na vore te kom met inligting. Mense met inligting kan Ceres se speurhoof, lt.kol. Swanepoel, skakel by (023) 316-8500.
KENNISGEWING AANSUIWERINGSBEGROTING 2020/2021 Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 11 Mei 2021 is ‘n Aansuiweringsbegroting vir 2020/2021 aan die Raad voorgelê en goedgekeur. Die Aansuiweringsbegroting is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835
NOTICE ADJUSTMENT BUDGET 2020/2021 During a council meeting held on 11 May 2021 an Adjustment Budget for 2020/2021 was tabled and approved by Council. The Adjustment Budget can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
ISAZISO UHLAHLOLWABIWOMALI OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKA- 2020/2021 Kwintlanganiso eyodwa yeBhunga ibibanjwe ngomhla we 11 May 2021, uhlahlolwabiwomali nolungiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga ukuhlola uhlahlolwabiwomali oluhlengahlengisiweyo luyafumaneka kuzo zonke iOfisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala: www.witzenberg.gov.za D. NASSON UMPHATHI-MASIPALA uMasipala wengingqi yaseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
4
WITZENBERG HERALD
Friday, May 21, 2021
PUBLIC NOTICE INSPECTION OF SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL FOR THE PERIOD 2018/2022 Notice is hereby given, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(i) read together with Section 78(2) of the Local Government: Municipal Property Rates Act (no. 6 of 2004), herein after referred to as the “Act” that the Supplementary Valuation Roll 2018/2022 lies open for Public Inspection at the various offices of the Municipality or the Webpage www.witzenberg.gov.za as from 1 June 2021 to 30 June 2021. An invitation is also extended, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(ii), read together with Section 78(2) of the Act, that any owner of immovable property or any other person may submit an objection to the Municipal Manager regarding any matter or omission in connection with the Valuation Roll within the above mentioned period. Your attention is specifically drawn to the provisions of Section 50(2) of the Act that any objection must refer to a particular property and not to the Valuation Roll as a whole. The prescribed form for the lodging of objections is available from under mentioned officials for the owners of the properties involved where supplementary valuations have been completed. Enquiries may be directed Ms. Marizel Poole or Ms. Nelia Victor Tel. (023) 316-1854. Address: The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835
PUBLIEKE KENNISGEWING INSPEKSIE VAN AANVULLENDE WAARDASIEROL VIR DIE PERIODE 2018/2022 Kennis word hiermee gegee kragtens die bepalings van artikel 49(1) (a)(i) saamgelees met artikel 78(2) van die Plaaslike Regering: Munisipale Wet op Eiendomsbelasting (Wet nr. 6 van 2004), hierna verwys as die “Wet”, dat die Aanvullende Waardasierol 2018/2022 ter insae lê vir openbare inspeksie by die onderskeie Munisipale kantore of die webblad www.witzenberg.gov.za vanaf 1 Junie 2021 to 30 Junie 2021. ‘n Uitnodiging word ook gerig ingevolge die bepalings van Artikel 49(1)(a)(ii) saamgelees met artikel 78(2) van die Wet dat enige ander persoon ‘n beswaar kan indien by die Munisipale Bestuurder ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel rakende die eiendomswaardasierol binne bogenoemde tydperk. Daar word spesifiek verwys na die bepalings van artikel 50(2) van die Wet dat ‘n beswaar moet verwys na spesifieke eiendom en nie teen die waardasierol in geheel nie. Die voorgeskrewe vorm vir die indiening van ‘n beswaar is beskikbaar by die onderstaande persone vir die betrokke erwe waarop aanvullende waardasies plaasgevind het. Enige navrae kan gerig word aan Me. Marizel Poole of Me. Nelia Victor Tel. (023) 316-1854. Adres: Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835.
ISAZISO SIKAWONKE-WONKE NGOKUHLOLWA KOXABANGELO LOKUQALALUKA 2018/2022 Esisaziso sikhutshwe ngokweCandelo 49(1)a(i) elihambisana neCandelo 78(2) loRhulumente wezeKhaya kumthetho ka 2004 unombolo 6 oyi(Local Government Municipal Property Rates) ozakuthi emveni koku ubizwe nje “ngoMthetho”othi uhlolo lukawonkewonke loxabangelo lokuqala lwamaxabiso ezakhiwo/izindlu kwabo bathe bandisa kulonyakamali ka 2018/2022 luvuliwe kwi-Ofisi zikaMasipala wengingqi ukusukela ngomhla 1 June 2021ukuya ngomhla we 30 June 2021 lukhona nakwi(website) unxibelelwano ngekhompiyutha www.witzenberg.gov.za Esisimemo senziwe ngokweCandelo 49(1)a(ii) elifundwa ngokufana twatse neCandelo 78(2) lomthetho othi wonke ubani ongumnini-mhlaba/indlu onqwenela oluxabangelo kufuneka enze unakhonakho wokudibana noMlawuli-Masipala kolu xabangelo lokuqala lukhankanywe ngasentla kwaye siqaphele ixesha elisisimiselo. Ngokwecandelo 50(2) lomthetho, isiphikiso/isiphakamiso kufuneka singqamane nendlu/ indawo yalomntu kodwa singabingaphesheya kwibhobhile/(roll) yoxabangelo. Iifomu zeziphikiso/iziphakamiso zikhona kwi-Ofisi zikaMasipala.Kwaye ifomu ezigcwalisiweyo kufuneka zisiwe kwi-Ofisi zikaMasipala waseWitzenberg, 50 Voortrekker Road, Ceres. Ziziphakamiso zodwa ezizakuthathelwa ingqalelo. Imibuzo: Ms. M Poole or Ms. Nelia Victor at (023) 316-1854 ngamaxesha omsebenzi. D. NASSON MUNICIPAL MANAGER / MUNISIPALE BESTUURDER / UMPHATHI kaMASIPALA
EEN van die eerste persone in die Wes-Kaap ouer as 60 jaar wat ingeënt is, was emiritus aartsbiskop en Nobelpryswenner, Desmond Tutu. Hier is hy saam met Wes-Kaap se premier, Alan Winde.
KENNISGEWING OORSIGVERSLAG OP DIE 2019/2020 JAARVERSLAG Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 129(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) dat die Oorsigverslag van die 2019/ 2020 Jaarverslag van Witzenberg Munisipaliteit tydens ‘n Raadsvergadering gehou op 11 Mei 2021 aanvaar is. Die gemelde Raadsbesluit en Oorsigverslag lê ter insae by die Munisipale kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835
NOTICE OVERSIGHT REPORT ON THE 2019/2020 ANNUAL REPORT Notice is hereby given in terms of Section 129(3) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003, (Act No. 56 of 2003) that the Oversight Report on the 2019/ 2020 Annual Report of Witzenberg Municipality were adopted at a Council meeting held on 11 May 2021. The said Council Resolution and Oversight Report is available for inspection at public Libraries and the Witzenberg Municipal offices during normal office hours and is also available on the Witzenberg Municipality’s website at www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
ISAZISO INGXELO EPHONONONGIWEYO KWINGXELO YONYAKA KA 2019/2020 Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 129(3) kaRhulumente wengingqi: uMthetho obizwa nge Municipal Finance act, (ka 2003 unombolo 56). Ubhentsisa mhlophe ukuba ingxelo yonyaka ka 2019/2020 nengxelo yonyaka ephononongiweyo yavunywa kwintlanganiso yeBhunga eyayibanjwe ngomhla wama 11 May 2021. Ezizigqibo zeBhunga kunye namanye amaxwebhu anxamnye ayakufumaneka kuwo wonke amathala encwadi na kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala ezingezantsi nakwi website KaMasipala wase Witzenberg ethi www.witzenberg.gov.za D. NASSON UMPHATHI-MASIPALA uMasipala wengingqi yaseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
Fase 2 skop af in die Wes-Kaap FASE 2 van die Wes-Kaap inentingsprogram is Maandag in Kaapstad begin. Een van die eerste persone in die WesKaap ouer as 60 jaar wat ingeënt is, was emiritus aartsbiskop en Nobelpryswenner, Desmond Tutu. Die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se fase 2 inentingsprogram begin in die week van 24 Mei. Gesondheidswerkers sal by ouetehuise in die Breedevallei en Drakenstein areas begin. Bejaardes in die Witzenbergstreek sal later in kennis gestel word wanneer hulle aan die beurt kom. As jy 60 jaar en ouer is kan jy registreer. Jy ontvang ‘n SMS dat jy suksevol geregistreer is. Wanneer dit jou beurt is om ingeënt te word, sal die departement van gesondheid jou unieke kode en datum per SMS stuur. CV-19 syfers nog konstant Teen Dinsdag 18 Mei was daar 13 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek. Niemand het die week weens COVID-19 gesterf nie. Sedert die pandemie begin het is daar 5055 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 4814 volkome herstel het. Statistieke wys Ceres het die meeste positiewe gevalle aangemeld nl: 1025 gevolg deur Bella Vista met 866, P.A. Hamlet met 704, Wolseley met 581, Tulbagh met 525, Nduli met 429 en Koue Bokkeveld plase met 407. Twee honderd agt en twintig (228) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover was 46 gevolg deur Wolseley met 35, Bella Vista met 34, P.A. Hamlet met 27 en Tulbagh met 23. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 11 711 (tot 17 Mei) met 290 177 positiewe gevalle en 275 461 wat al herstel het. Daar is al 93 153 mense in die Wes-Kaap ingeënt teen CV-19. Ceres hospitaalbesoektye Ceres provinsiale hospitaal bied daagliks besoektye tussen 15:00 tot 15:45 aan pasiënte wie in die algemene saal of in die kraamsaal is. Een besoeker word toegelaat per pasiënt. Besoekers moet om 14:45 aanmeld by die hospitaal sodat hulle deur die COVID-19-siftingsproses kan gaan. Onthou dat COVID-19protokol steeds geld. Besoekers word nie in die noodeenheid of die COVID-19-saal toegelaat nie.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, May 21, 2021
Boegoesaak na DOV
Dawie Roodt kom praat met boere CERES Koue Bokkeveld Landbouvereniging het hul algemene jaarvergadering op 12 Mei aangebied. VLNR: Anton Strydom (CS Asset Manangement), Dawie Roodt (gasspreker) en Jannie Strydom (HUB - Agri Wes-Kaap). * Die landbouvereniging bedank graag ons lede en borge CS Asset Management, Carinus Strydom, Kaap Agri en Basson Workwear.
Saak teen baba se twee moordenaars uitgestel TWEE mans wat verdink word van die moord op ‘n 8 maande oue baba van Wolseley, se saak is nou na die direkteur van openbare vervolging se kantoor in Kaapstad verwys. Relebohile Konyana (34) en Simlindile Solitswayi (26), het Maandag in die Wolseley streekhof verskyn op klagtes van moord- en
poging tot moord. Die mans moet weer op 7 Junie in die hof verskyn. Hulle bly in aanhouding. Agtergrond Die skietvoorval het in Oktober 2020 in Pine Valley plaasgevind waartydens ‘n baba van 8 maande oud, Anegugu Mini, gesterf het en haar pa, Silulami Kasmeni (32), wat haar vasgehou het, in sy arm gewond is.
‘n INWONER van Tulbagh wat in die landdroshof verskyn weens verskeie oortredings van natuurbewaring ordonansies, se saak is Maandag vir ‘n DOV-beslissing uitgestel. Andrew Jaeger (57) van die plaas Oudekloof, moet weer op 26 Julie verskyn op klagtes wat verband hou met die pluk van beskermde flora sonder ‘n permit. Die voorvalle het in die Tulbagh omgewing plaasgevind en word deur die SAPD se veediefstal- en bedreigde spesie eenheid in Worcester ondersoek. Jaeger het vertoë na die direkteur van openbare vervolging (DOV) se kantoor in Kaapstad gerig waarna die polisie die dossiere aangestuur het vir ‘n beslissing. Ondersoek Die een voorval het op die plaas Tierkloof plaasgevind waar nagenoeg 50kg boegoe (Agathosma betulina) na bewering onwettig gepluk is. ‘n Skriftelike vermaning (J534) om in die hof te verskyn of ‘n boete van R5000 te betaal, is vroeër aan mnr. Jaeger uitgereik. ‘n Tweede voorval het ook in Maart 2020 plaasgevind op die plaas Aande Kleine Bergrivier waar daar na bewering 361 kg boegoe (Agathosma betulina) sonder ‘n permit gepluk
is. ‘n Skriftelike waarskuwing (SAPS 496) om in die hof te verskyn is aan mnr. Jaeger uitgereik. Die keer sonder ‘n keuse van ‘n boete aangesien dit meer as 50kg boegoe is wat sonder ‘n permit gepluk is. Die hof sal later die boete bepaal. ‘n Diefstalklag word ondersoek en is ook verwys vir ‘n beslissing.
Sombambela se saak na hooggeregshof ‘n REEKSMOORDENAAR van Wolseley se saak is die week na die Kaapstad hooggeregshof oorgeplaas. Siyamcela Sombambela (32), ‘n gewese plaaswerker, sal op 13 Augustus in die hooggeregshof verskyn vir ‘n voorverhoor. Sombambela is op 24 Oktober 2020 gearresteer vir die moord op drie jong vroue. Al drie slagoffers is al uitgeken. Die beendere van ‘n derde slagoffer wat gevind is, is deur middel van DNS-toetse vasgestel as die van Gisela Minnaar. Kort na die arrestasie van Sombambela is die liggaam van die 21-jarige Bernadine Frans (Cloete) gevind. Haar liggaam is Saterdag 24 Oktober langs ‘n grondpad gekry nadat ooggetuies gesien het hoe Sombambela ‘n liggaam sleep. Die tweede slagoffer was Miché Pienaar (25) wat slegs aan haar vingerafdrukke uitgeken is. Haar beendere is Sondag 25 Oktober gevind nadat ‘n voetganger ‘n vlak graf in ‘n stuk veld opgemerk het.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Maama Baraka Jou oplossing is hier
082-399-4068 Services: sell, install & repair
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Mervin Abrahams Jacobus Pedro
• Slegs 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Huis: 09:00, Plaas Sterkwater Graf: Bella Vista
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Sholto Klaasen 1977/05/23 - 2018/01/03
AND FRAMES Vandag is dit Dedda se 3de verjaarsdag weg van ons af. Die vermisting is groot, maar ons gun Dedda die ewige rus. Baie liefde, van jou vrou Maggie en jou kinders, Maricha en Marico
R500 FOR THIS, OR SIMILAR OLD
POT LID My Engelkind, dit is Sondag 23 Mei 2021, jou vierde verjaarsdag, saam met die Engele. Jy is te skielik weg. Ons mis jou nog so baie, die trane loop. Baie tonne liefde.
Mom, jou broers en familie
Mervyn Jacobs Heavenly 60th Birthday 1961/05/24 - 2020/12/05
A dear husband and father “His Absence is a silent grief, His Life a beautiful memory” RIP Your presence are surely missed in the lives by all those you have touched. May your soul always rest in Heavenly peace.
From your wife Janine, children Mitch and Merecia, Bronwynne and kids.
✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service
1969/05/22 - 2019/02/04
1976/02/24 - 2021/05/16 Privaat begrafnis: Son. 23 Mei 2021
082 551 0060
www.antiquebottles.co.za
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
Jacques Morné (Jakie) de Bruin
1983/05/21 - 2020/09/28
Friday, May 21, 2021
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
Liefdes spel/palmlesing ....................... R20000 Geld in rekening in uur ....................... R15000 Skrap lenings .... R15000 Wen Lotto/Powerball ....................... R22000 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ......... R20000 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R19990 Werkpromosie ... R20000 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R20000 Geluksolie/towering ....................... R30000
Charl Munnik Foundation for Kids, FNB, takkode 250-655, tjekrekening 628-9045-1950. Vir navrae skakel Suzanne Haylett by 072-345-3914 of stuur ‘n epos na info@charlmunnikfoundation.org of besoek die webtuiste by www.charlmunnikfoundation.org
Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp 078-777-8802
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476 Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuig-sitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Dr Johnson Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson Hy wil dit gee vir mense wat: • met ‘n besigheid wil begin • sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los • ‘n verlore minnaar terug te kry • ‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop • medisyne vir mans om krag te gee • enige hofsake • ‘n ongeluksfonds betyds te kry
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.
nuusbrokkies BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. WESTERN Cape blood stocks are critically low. We only have 1 day’s blood supply for group O and B+. You can help by donating blood at your nearest blood donation venue: www.wcbs.org.za/blood-donation/
AS deel van die Togryers museum se fondsinsamelingsveldtog, word ‘n Spaghettiete op Vrydag 28 Mei om 18:30 by die Village restaurant aangebied. Kom geniet ‘n heerlike kuieraand met ‘n gratis glasie wyn saam met jou ete. Koste beloop R150 p.p. en besprekings kan by Togryers museum gedoen word by (023) 312-2045. HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Skenk dit vir Togryers museum se boekuitruil-biblioteek. Indien jy boeke het, skakel die museum by 076-689-2885 of (023) 312-2045.
WE ARE LOCAL!
Skakel of Whatsapp
074-466-5760
www.jptek.africa 087 095 3617
Dr Mama Mzeei
37 Voortrekker Street, Ceres
Herbal Expert CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
Dit is jou eerste verjaarsdag by Liewe Jesus. Die vermisting is groot maar ons weet dat jy veilig is. Ons is almal baie lief vir jou. Van jou kinders Clarisha en Cea-Jay en res van die familie
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Traditional Healer Here for all your personal problems. Big or Strong She will make it dissapear.
Find Mama 24/7 in Ceres
Call Mama for appointment:
073-016-4088
CCTV ALARM SYSTEMS DATA CABLING
WITZENBERG HERALD
7
Friday, May 21, 2021
Elections scheduled to be held on 27 October THE Electoral Commission is pleased to announce that the national voter registration weekend ahead of the upcoming Local Government Elections will be held on 17-18 July. Over this weekend all 23 146 voting stations around the country will open from 08:00 17:00 to assist new voters to register and existing voters to check and, where necessary, update their registration details. In the lead-up to this weekend, the Electoral Commission will embark on a nationwide voter education and awareness campaign to encourage all eligible voters to make sure they are ready to participate in the elections scheduled to be held on 27 October. This campaign will span a variety of multimedia platforms including television, radio, outdoor and digital media along with targeted interventions aimed specifically at young, firsttime voters. These will include registration initiatives at schools, tertiary education campuses and other opportunities. Voters are reminded that for this election the 17-18 July weekend is the ONLY general voter registration opportunity for voters to register and check their registration at their voting stations. However, on-going voter registration will continue during working hours at local IEC offices until the proclamation of the elections. In addition, registered voters will still be able to amend their registration details through the “Click, Check, Confirm” functionality on the website of the Electoral Commission. The facility was introduced in 2018 and has been used by over 350 000 voters to update their details. In order to register as a voter, you must be at least 16 years old, a South African citizen and in possession of a valid South African ID document - either a green barcoded ID book or a smartcard ID. Voters are reminded that they must be registered at a voting station in the ward in which they are ordinarily resident and must provide an address or detailed description of a place of residence. However, proof of address (e.g. in the form
of a utilities account) is NOT required for registration. Voters visiting a voting station in person to register or update their details are reminded that they must wear a mask or appropriate face covering and observe social distancing. Hand sanitizing facilities as well as stationery will be provided at each voting station. Voters wishing to bring their own pen are encouraged to do so even though pens will be provided and sanitized routinely. Eligible voters can find out more about where, when and how to register by visiting the Electoral Commission website at www. elections.org.za. From June the LGE 2021 Contact Centre (0800-11-8000) will also be available to assist voters. The Electoral Commission urges all eligible voters - and especially first-time voters - to make use of the one-and-only registration weekend or the online portal to prepare to vote in October this year. Voters who have moved house since the last election as well as those with incorrect, incomplete or missing addresses are especially urged to update their details. We also call upon all political parties, candidates, civil society organisations, the media, business and labour organisations, faith-based organisations and all other stakeholders to join together to encourage voter registration and participation among their staff, clientele, customers and followers.
Let’s register to vote South Africa!
WPS klublede doen goed in Meimaand kompetisie DIE Witzenberg Photographic Society (WPS) het onlangs hul Meimaand kompetisiewenners aangewys. Hier is drie van die wenfotos: Janie van der Merwe (onder) - Free at Sunset (junior, skolier, ope en maand wenner), Louise de Lange (bo regs) - Danny (swart en wit) en Trevor Felix (fotojoernalistiek wenner). * Ander afdeling wenners sluit in Alexa Bothe (selfoon swart en wit wenner), Celia Fouché (selfoon ope en beste selfoon foto), Celia Fouché (natuur en senior wenner) en Denise de Kock (Herfs - maand tema wenner).
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, May 21, 2021
Witzenberg Herald
COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot
Alle kontaksport by skole gestaak ALLE kontaksport by skole in Suid-Afrika is Woensdag met onmiddellike effek gestaak. Plaaslike skole in die Witzenbergstreek het skaars met hulle wintersporte begin toe die departement van basiese onderwys saam met die raad van onderwysministers die week die aankondiging gemaak het. Nie-kontaksport-oefeninge kan voortgaan onderhewig aan COVID-19 protokolle maar daar mag geen fisiese kontak tussen spelers wees nie. Daar is sedert die laaste week van die vorige skoolkwartaal ‘n geleidelike toename in virusgevalle wat met kontaksport by skole in ander provinsies verband hou. Die opskorting geld totdat geen verdere gevalle aangemeld word nie, ook op juniorvlak. Charlie uitslae Die meeste van Charlie Hofmeyr se winter-
TULBAGH rolbalklub het elke Dinsdagaand gedurende Aprilmaand die Orffer Twilight besigheidsrolbalkompetisie aangebied. Twaalf spanne het aan die kompetisie deelgeneem wat vir die vierde keer aangebied is en help om Tulbagh rolbalklub te bemark en fondse vir die klub in te samel. Tulbagh Spar was die wenners van die kom-petisie.
STEGGIES
sportspanne het die naweek hulle eerste wedstryde van die 2021-seisoen gespeel teen Hoërskool Overberg. Die eerste rugbyspan het met 5-25 verloor, die eerste netbalspan het met 30-12 gewen, die seunshokkie met 5-0 en die meisie hokkiespan het met 4-0 gewen. Ander spanne se uitslae is op die skool se Facebookblad beskikbaar.
KARATESTUDENTE van renshi Andries Douglas is tans besig om deel te neem aan die Wes-Kaap Kiyobukan proewe. Hierdie proewe sal tot einde Mei duur waarna die nasionale span gekies sal word. Die studente van Sterkwater het elkeen ‘n GI (karatepak) ontvang wat geborg is deur renshi Andries Douglas. Enigiemand wat meer inligting wil bekom oor die dissiplineprogram kan Andries by 073-278-4400 skakel of epos stuur na renshi@adkarate. co.za
VIER BLOU WILDEBEESTE KAN IN HOPEFIELD GEJAG WORD TEEN R500 PER WILDEBEES
VOORSKOOLSENTRUM bied aan
25 Junie 2021 THE HAMLET COUNTRY LODGE 12:00 - 17:00
STAP1: NEEM WAAR! Ken jy iemand wat altyd laat is, nooit die koffiepot volmaak nie, ‘n bietjie te hard neurie of altyd vuil skotteldgoed in die kombuis se wasbak agterlaat? Dit is dit nou die kans om ‘n lasbrief te laat uitreik en van hulle tronkvoëls te maak! STAP 2: MELD AAN! Stuur ‘n e-pos vir die lasbriefaansoekvorm na: steggiekleuters@gmail.com STAP 3: LAG BAIE! Volg die dag live op facebook en kyk hoe die tronkvoëls hulle borgtog bymekaar moet maak!
Vir enige navrae stuur ‘n epos na: steggiekleuters@gmail.com
(Twee nagte se verblyf ingesluit by selfsorg Gastehuis)
Jag moet plaasvind Augustus 2021
Skakel Ria Prins (Huis Maudie Kriel) per e-pos: bestuurder.maudie@lando.co.za of whatsapp: 083-628-2785 of skakel (023) 312-1950 om ‘n nommer te bespreek, alvorens inbetaling gedoen word Allokasie van “nommer” vir trekking onderhewig aan bewys van betaling (EFT-aankope word aangemoedig)
(Trekking van gelukkige wenners word gedoen op 31 Julie 2021)
JANRU van Rensburg van Laerskool F.D. Conradie het deelgeneem aan die Witzenbergtak van Kaapjag se Chasa .22 randslag skietdag wat onlangs gehou was op die Klaas Fernhout skietbaan. Hy het ‘n tweede plek behaal in die junior-afdeling.