WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 19
R8
Friday, May 20, 2022
CERES (023) 312-2144
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 19 Mei
Vrydag 20 Mei
1° 15°
-2° 14°
Saterdag 21 Mei
Sondag 22 Mei
-2° 16°
0° 19°
Ceres Koekedouw dam
62,5%
Lesing: 2022/05/18
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Aanvaller in hospitaal opgespoor DIE 19-jarige Zimbabwiese burger wat in Aprilmaand ‘n gastehuis-eienaar van Wolseley verskeie kere met ‘n mes gesteek het, is opgespoor in die Tygerberg hospitaal. Lovemore Doriyo is in ‘n ernstige toestand in die Tygerberg hospitaal opgeneem nadat hy op 10 Mei deur ‘n groep van nagenoeg 100 omgekrapte inwoners van die Ilingelethu woonbuurt buite Malmesbury, aangerand en bewusteloos geslaan is. Hy het Woensdag vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn op die poging tot moord-klagte. Lees berig op bladsy 3.
Taxi-eienaar geskiet ‘n TAXI-EIENAAR en sy vrou is die nuutste slagoffers van die voortslepende taxigeweld in die Ceres-omgewing. Voor dié aanval is geen voorval die voorafgaande ses maande aangemeld nie. Hlongwane Mokhosi (32) is op 12 Mei doodgeskiet en Khanyiso Mokhosi is in die been gewond. Volgens die Ceres polisie het die skietvoorval verlede Donderdagaand plaasgevind toe Mokhosi, ‘n oudmunisipale werknemer, by sy huis in Phakamisastraat, Nduli doodgeskiet is. Die onbekende aanvallers het ook sy hond doodgeskiet wat hulle skynbaar aangeval het. Die polisie ondersoek ‘n moord- asook ‘n poging tot moordklag. Die skietvoorval word deur plaaslike speurders sowel
as speurders van die Wes-Kaap taxi-taakspan ondersoek. Mense met enige inligting oor die skietery, kan die polisie se stop misdaad hulplyn skakel by 08600-10111. Vorige skietvoorvalle In die laaste paar skietvoorvalle is agt mense doodgeskiet en ‘n kind gewond. In die laaste vorige voorval is ‘n taxibestuurder van Tulbagh, Mafa Memane (44), doodgeskiet en ‘n 14-jarige meisie skrams getref. In twee ander voorvalle voor bogenoemde een, is twee persone dood, waaronder ‘n 16-jarige seun. In Junie 2021 is vyf taxibestuurders koelbloedig by Nduli doodgeskiet.
Bestuurder het noue ontkoming DIE bestuurder van dié VW Polo het Vrydag die 13de ‘n noue ontkoming in Michellspas gehad toe sy motor bo-oor die sperreling is en in bosse onder in die pas tot stilstand gekom het. Die ongeluk het omstreeks 13:10 in die draai voor Witels gebeur. Dit is onbekend wat het die ongeluk veroorsaak aangesien die sperreling nie beskadig is nie. Die bestuurder, Jonathan Stoffels van Pinevalley buite Wolseley, is lig beseer en met ‘n ambulans vir behandeling weggeneem. Nooddienste sowel as die Ceres polisie was op die toneel. * Die Wes-Kaap verkeersdienste het vir die week 9-15 Mei meer as 270 voertuig deursoekingspunte, spoedkontrolepunte beman en padblokkades gehou. Meer as 33 250 voertuie is deursoek. Beamptes het 47 voertuie geskut en 177 onpadwaardige voertuie van die pad gehaal. Daar is 84 arrestasies gemaak waarvan 60 vir dronkbestuur was. Daar was 14 ongelukke waarin 16 mense dood is. Van die 16 oorledenes was een ‘n motorfietsryer, sewe bestuurders, een passasier en sewe was voetgangers. ** Meer as 171 000 motorbestuurders in die Wes-Kaap het nie hul bestuurderslisensies hernu voor die die sperdatum nie.