Witzenberg Herald Vol.27 no.19 (Online Weergawe)

Page 1

Stiefpa en ma van 3-jarige gevonnis

‘n MAN wat sy stiefkind talle kere aangerand en mishandel het voordat die driejarige dood is, is weens dié dade swaar gevonnis.

Die kind se biologiese ma is ook aan kindermishandeling skuldig bevind en gevonnis.

Die saak is aangehoor in die Rondgaande Hooggeregshof in Worcester voor adjunkhoofregter Le Grange en spruit uit ‘n tragiese voorval op 6 Januarie 2021

Die 3-jarige Franco Booysen is deur sy stiefpa, Denvir Goeieman (28) van Fase 5, P.A. Hamlet, oor ‘n tydperk aangerand terwyl hy in die sorg was van Goeieman se ma, Katriena Goeieman (59). Simone Booysen (26), klein Franco se biologiese ma, was ten tye van die voorval in ‘n verhouding met Denvir. Booysen was die betrokke dag by die werk. Goeieman het die aand die seuntjie gaan bad waarna hy blykbaar kwaad geraak het omdat die kind homself natgemaak het. Hy het toe herhaaldelik vir klein Franco aangerand. Die kind het na die aanranding gesterf terwyl daar vir die ambulans gewag is. In verklarings aan die polisie het Goeieman beweer dat die kind vroeër die dag buite die huis met maatjies gespeel en met sy kop teen ‘n klip geval het.

Die nadoodse ondersoek het egter getoon dat Franco Booysen weens die impak van ‘n stomp voorwerp gesterf het.

‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen en nadat die ondersoek voltooi is, is die dossier na die direkteur van openbare vervolging gestuur vir ‘n beslissing.

Daar was ook bewerings dat Franco Booysen gereeld deur Goeieman aangerand en mishandel was, maar dat sy ma en die kind se biologiese ma niks daaraan gedoen het nie.

Moord

Die DOV het beslis dat Denvir Goeieman weens moord op Franco moet teregstaan.

Verder is opdrag gegee dat Katriena Goeieman en Simone Booysen van kindermishandeling aangekla moet word.

Vonnis

Op 15 April het Denvir Goeieman skuld beken op ‘n klag van moord en is hy op 16 April tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Drie jaar van die gevangenisstraf is opgeskort vir 5 jaar wat beteken hy moet 12 jaar effektief daarvan uitdien. Simone Booysen het skuld beken op ‘n klag van kindermishandeling en is tot 18 maande gevangenisstraf gevonnis. Dit is ingeheel opgeskort vir drie jaar. Die saak teen Katriena Goeieman is teruggetrek.

* Die saak is ondersoek deur s/sers. AJ van Rooy van Ceres SAPD se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS).

INWONERS in Vosstraat het Sondag 12 Mei van ‘n harde slag wakker geskrik toe ‘n wit Ford Ranger dubbelkajuit bakkie teen ‘n boom op die sypaadjie by Dutoit Groep se hoofkantoor vasgejaag het. Volgens die polisie het die ongeluk omstreeks 01:15 plaasgevind toe ‘n Chinese burger en werknemer van Harvest Trays buite Ceres, Hoa Peng He (29), teen die boom gebots het. Met die polisie en EMS se aankoms op die ongelukstoneel het hulle die bakkie teen die boom aangetref en die bestuurder wat alleen in die bakkie was, was reeds dood.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com WH H e r a l d
Volume 27 no. 19 R 10 Friday, 17 May 2024 CERES KOEKEDOUW DAM 58% TULBAGH DAM 86% WAVERENSKROON TULBAGH 25% Lesings geneem: 2024/05/15 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 16 Mei 1° 20° Vrydag 17 Mei Saterdag 18 Mei Sondag 19 Mei 2° 22° 4° 24° 8° 29° A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za (023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za Man (29) sterf toe bakkie boom tref
Witzenberg

DIE Huppel en Knibbel kleuterskool op Ceres het op Saterdag 27 April ‘n sportdag vir die kleuters aangebied. Hier is ‘n paar van die kleintjies in aksie tydens die sportdag.

KENNISGEWING

In die boedel van wyle:

ROGER STEPHEN STEVENSON

Id. no. 411116 5096 182

Van: Shandstraat 6, Tulbagh, 6820

Boedelnommer: 011309/2023

Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 17 Mei 2024 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH. GEDATEER en GETEKEN te TULBAGH op hierdie 17de dag van MEI 2024.

JOHAN BEZUIDENHOUT

Prokureur vir Eksekuteur

Van der Stelstr. 13, TULBAGH, 6820 (Verw: J7797)

TWEE hokkiespelers van Laerskool F.D. Conradie, Savannah Hendrikse en Ferran Snyders, is opgeneem in die Boland hokkiespan. Savannah is gekies vir die Boland o/13A IPT hokkiespan en Ferran is opgeneem in die Boland o/13 Barlinkaspan.

Hierdie uitdagende geleentheid bestaan by Dutoit Groente, ons verpakkingsaanleg geleë buite P.A. Hamlet.

BESTUURDER:

AANLEGINSTANDHOUDING

P.A. Hamlet

Die posbekleër sal aan die Kommersiële Direkteur: Groente rapporteer en verantwoordelik wees vir • die algemene bestuur van die werkswinkel en vyf personeellede • meganiese instandhouding van verpakkingstoerusting • onderhoud en instandhouding van perseel, geboue en voertuie (trekkers, vurkhysers, vragmotors) • bestuur van kapitaalprojekte en • algemene administrasie wat bestellings en begrotings insluit.

’n Toepaslike meganiese kwalifikasie is ’n vereiste, terwyl goeie ondervinding in die instandhouding van verpakkingsmasjinerie, ’n kwalifikasie as masjienmonteur (“millwright”), kennis van en vaardigheid in die instandhouding van voertuie, geboue en toerusting die aansoek sal versterk.

Die suksesvolle kandidaat beskik verder oor goeie bestuurs- en kommunikasievaardighede, selfstandige optrede en die vermoë om ondergeskiktes te motiveer en produktief aan te wend.

Benewens aangename werkomstandighede bied ons ’n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit.

Stuur ’n volledige CV so gou doenlik aan: recruitment@dutoit.com

Dui asseblief duidelik in u e-pos die posisie: Bestuurder: Aanleginstandhouding aan.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2024

Musiekkonsert 'n sukses

DIE Frank Pietersen musieksentrum het Saterdag 11 Mei ‘n musiekkonsert in die NG Moedergemeente aangebied. Cameron Hofmeester, ‘n boorling van Ceres, was die dirigent van die senior orkes.

Dutoit Agri verbou, verpak en bemark sagtevrugte en groente in die WesKaap en in die Oos-Kaap. Hierdie is ’n Nuwe posisie en gevestig in Ceres.

BEMARKINGSBESTUURDER

As bemarkingsbestuurder sal die posbekleër aan die Kommersiële Direkteur: Vrugte rapporteer en ’n kritiese rol in die bemarking en verkope van vrugte speel. Verantwoordelikhede behels die bestuur van bemarkingsveldtogte asook die versekering van effektiewe kommunikasie met kliënte en interne afdelings. Die ideale kandidaat is ’n gedissiplineerde, energieke persoon wat graag ’n loopbaan in bemarking wil vestig en tot die uitbouing van die Dutoit - handelsmerk kan bydra. Verdere vereistes is • ’n toepaslike bemarkingskwalifikasie • bewese kennis van vrugte • ten minste drie jaar bemarkingservaring wat ’n begrip van internasionale markte en gepaardgaande logistieke prosesse insluit • bogemiddelde kommunikasievaardighede (veral in Engels) en die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf. Die posbekleër moet bereid wees om plaaslik en internasionaal te reis.

Ons bied ’n mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit.

Stuur ’n volledige CV so gou doenlik aan: recruitment@dutoit.com

Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2024

2 l WITZENBERG HERALD l 17 MAY 2024
FOTOS: Trevor Felix FOTOS: Trevor Felix

Verkragtingsaak na ses jaar afgehandel

‘n MAN (44) wat voorheen meer as 12 jaar tronkstraf vir ‘n moord in 1997 uitgedien het, is weer lank agter tralies. Die keer vir verkragting.

Adriaan (Rudi) de Vlam van Bella Vista is op 29 Mei 2023 skuldig bevind op die aanklagte teen hom en byna ‘n jaar later, op 9 April in die Ceres streekhof tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis vir die verkragting van ‘n jong vrou in Maart 2018.

Streeklanddros Mbulawa het De Vlam ook gevonnis weens aanranding met die doel om ernstig te beseer asook seksuele aanranding. Hy is 18 maande gevangenisstraf vir die aanranding opgelê en 12 maande gevangenisstraf vir die seksuele aanranding. De Vlam sal die vonnisse saam uitdien.

Kort na vonnisoplegging het De Vlam aansoek gedoen om teen sy skuldigbevinding en vonnis te appèlleer.

Streeklanddros Mbulawa het op 24 April dié aansoek van die hand gewys.

Agtergrond

De Vlam is na goeie werk deur die SAPD en hulp van die publiek, op 29 Maart 2018 gearresteer.

Die arrestasie het gevolg na die verkragting en wrede aanranding van ‘n 19-jarige slagoffer. Sy moes talle steke in haar gesig en nek kry.

Die voorval het tussen 21:00 en 23:30 in ‘n beboste-gebied naby die Bella Vista begraafplaas, plaasgevind. Gevangenisstraf

De Vlam se paaie het die afgelope paar jaar gereeld met dié van die polisie gekruis. Hy het meer as 12 jaar tronkstraf vir ‘n moord uitgedien wat in Desember 1997 gepleeg is. Hy is later in April 2012 op parool vrygelaat. Hy is egter kort hierna betrek by die moord op Werner Hofmeister van Ceres in Mei 2012 maar is drie jaar later onskuldig bevind aan dié moord. Net Lester Alexander is tot 30 jaar gevonnis vir sy aandeel in die Hofmeistermoord.

De Vlam het ook in 2015 tereg gestaan op ‘n verkragtingklag maar dié saak is later teen hom teruggetrek. * Die saak wat meer as 6 jaar geduur het, is suksesvol deur s/sers. AJ van Rooy van Ceres SAPD se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS), ondersoek.

Twee mans se borgaansoek vir derde keer uitgestel

TWEE mans wat ‘n werknemer van Pep van duisende rande beroof het, se borgaansoek is in die Ceres landdroshof vir ‘n derde keer uitgestel.

Ibrahim Dwaba (19) en Kamva Gqalaqha (23), se saak is tot 21 Mei uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

Goeie speurwerk het gehelp dat Ceres speurders die twee mans vinnig vasgetrek het.

‘n Vrou was op 20 November 2023 op pad om die geld by Standard Bank Ceres te gaan bank toe sy deur die verdagtes van nagenoeg R66 000 beroof is.

Sy is deur ‘n gewapende man wat later as Kamva Gqalaqha geïdentifiseer is, voorgekeer en beroof. Na dié roof het twee mans in ‘n wit Colt bakkie weggejaag. Op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat naby Vilco, het hulle teen ‘n Toyota bakkie gebots.

Na die ongeluk het Gqalaqha na bewering uitgespring en weggehardloop. Die vrou wat hulle beroof het, se handsak is in die bakkie gekry. Die polisie het die bestuurder van die bakkie, Ibrahim Dwaba (19), wat vrugte smous in Munnikstraat, op die toneel gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou.

Gqalaqha is ‘n paar dae later deur speurders gearresteer. Van die gesteelde geld is by hom teruggevind.

Ma

DIE bakkie waarmee verdagtes probeer wegjaag het.

bly in aanhouding

DIE Ceres polisie se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS) se ondersoek na ‘n poging tot moord op ‘n plaas, is nog nie klaar ondersoek nie.

Die ondersoek volg na ‘n argument tussen ‘n ma en haar volwasse dogter tydens ‘n huishoudelike geweld voorval op Saterdag 4 Mei.

Sharon Matthysse (39) van die plaas Elrio, het die Saterdag omstreeks 12:30 haar dogter, Amelia Matthyse (23) met warm water gegooi tydens ‘n argument.

Saak uitgestel

Die saak is na 2 Julie uitgestel. Matthyse bly in aanhouding tot haar volgende hofverskyning.

DIE herstelwerk en bouwerk aan die Van Bredabrug op Ceres, is byna voltooi. Bouwerk het in Desember 2021 begin en moes teen einde April 2024 voltooi wees. Die brug is opgegradeer teen ‘n koste van meer as R58 miljoen. Fietsryers en voetgangers kan nou met veiligheid die nuwe brug gebruik. Die week is die padstrepe ook klaar geverf.

Barnard bots weer met die gereg

‘n OUD Ceres-inwoner wat in Maart 2023 ‘n opgeskorte vonnis vir gesinsgeweldoortredings en die minagting van beskermingsbevele opgelê is, het weer met die gereg gebots.

Die keer vir misdrywe in die Suid-Kaap.

Riaan Barnard (42) verskyn in die George landdroshof weens die aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (80) tussen 4 en 5 Maart vanjaar.

Tydens ‘n onderonsie het hy die stoel onder hom uitgeskop,

hom met sy skouer gestamp en hom gedreig. Barnard is op 5 Maart in hegtenis geneem.

‘n Tweede klag word ook deur die polisie ondersoek.

‘n 20-Jarige vrou van George het vroeër vanjaar ‘n klag gelê teen Barnard.

Die voorval het volgens hofstukke op 28 Januarie tussen 22:30 en 23:00 naby Victoriabaai plaasgevind. Beide sake is saamgevoeg en Dinsdag 7 Mei na 20 Mei vir ‘n borgaansoek uitgestel. Barnard jr. is tans in aanhouding.

Vorige vonnis Landdros Z.B. Sogwagwa het in Maart 2023 vir Barnard op drie klagtes van die oortredings van regulasie 103 van wet 60 van 2000 (minagting van beskermingsbevele en gesinsgeweldoortredings), skuldig bevind. Barnard is 3 jaar gevangenisstraf opgelê wat in geheel vir drie jaar opgeskort is. Barnard is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit of te hanteer. Hy is na dié vonnis vrygelaat. Barnard bots sedert Julie 2022 met die gereg en was sedertdien in en uit hofsale. Hy was ook in die tyd sewe maande in aanhouding, twee keer op borgtog vrygelaat en twee keer gearresteer.

17 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 3
RIAAN Barnard (42).

CHARLIE Hofmeyr hoërskool het ‘n suksesvolle sportweek agter die rug. Die uitslae was as volg. Die eerste rugbyspan het die naweek teen Oakdale se tweedespan gespeel en met 27-26 gewen. Die gholfspan het gelykop teen Oakdale gespeel. * Ander uitslaedie skaakspanne wen 8-2 teen Wolseley, die netbal eer-stespan wen 48-17 teen Ceres Sekondêr, die o/18 A hokkiespan verloor 1-2 teen La Rochelle en die seuns hokkiespanne speel ‘n vriendskaplike wedstryd teen Paarl se mansspan.

DIE ATKV jeugtak van Bella Vista hoërskool, Die Fakkels, het die afgelope naweek deel uitgemaak van ‘n ATKV jeugtak-kamp by Waterval. Die byeenkoms is deur Archie van Biljon gefasiliteer.

Werksgeleentheid by Verdun Estates HUISHULP

Hierdie posisie is beskikbaar vir ‘n uitstekende huishulp met bewese ondervinding verkieslik woonagtig te Prince Alfred Hamlet.

VERANTWOORDELIKHEDE:

•Netheid van huishouding

•Skoonmaak

•Voedsel- en tafelvoorbereiding vir etes

•Was en stryk

•Ander ad hoc take

VEREISTES:

•Afrikaans en/of Engels magtig

•Moet goed kan lees en skryf

•Minimum van 7 jaar huishulp ondervinding

•Leergierig en opleibaar

•Eerlikheid en goeie dissipline

•Gereelde bywoning en stiptelikheid

•Goeie organiserings vermoë

•Hoë gehalte werk kan lewer

•Sober gewoontes

•Goeie gesondheid

•Verkieslik woonagtig te Prince Alfred Hamlet

•Kontakbare verwysings

Die onderneming bied ‘n permanente pos met markgerigte vergoeding. Werksure sal met die geskikte kandidaat onderhandel word.

Stuur asb ‘n kort CV wat vorige ondervinding en verantwoordelikhede uiteensit, na : hr@verdun.co.za of Handig aansoeke in by: Verdun Estates Kantoor, Van Riebeeckstraat 1, Prince Alfred Hamlet.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Mei 2024

‘n Gesertifiseerde afskrif van u RSA ID moet asb. aan u aansoek geheg word.

Kry jou kleurvolle sokkies by museum

HET jy al ‘n paar kleurvolle, funky sokkies in jou kas? Indien nie, het jy nog tyd om daai kleurvolle sokkies wat jy nog altyd wou aanskaf, voor 7 Junie aan te koop. Crazysocks4docs is ‘n jaarlikse inisiatief waar die klem op die geestesgesondheid van dokters en gesondheidswerkers val. Deur dié kleurvolle sokkies te dra op Vrydag 7 Junie, raak inwoners deel van die wêreldwye bewusmakingsveldtog. Die Togryers museum ondersteun ook die inisiatief en vra dat inwoners van die streek hul omgee vir ons dokters en gesondheidswerkers wys.

4 WITZENBERG HERALD l 17 MAY 2024
LTS Security se bekwame Armed Response het baie goeie werk gedoen die afgelope tyd en verskeie verdagtes gevang op verskeie plekke. v.l.n.r.: Nehemia Petersen, Abraham Louw, Johandery van der Merwe, Metgrey Finch
17 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 5

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

De Heuwel Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE TOOL TOOL

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 (023) 312-1414 l Ceres c/o Vos- & Faure St. 83

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 3474092 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

(023) 312-1254

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

(023) 312-1274 Kantoorspasie TE

te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel) Onmiddellik beskikbaar Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671

Opwindende kinderpret l Vars vrugte en groente l Tuisnywerheid met heerlike gebak l Koffie & koek Pannekoek, Poeding, Hamburgers, Chips, Roosterkoeke, Afval, Hoendersosaties, lekker Veiling en vele meer

Sat. 8 Junie 2024 l 09:00 - 15:00 STALLETJIES TE HUUR @ R100 (Bring eie tafel en stoele) TB SURVIVOR kom praat by omgeewinkel

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Whatsapp die woord HERALD

na 066-316-3003

+ Jou naam

+ Die item wat jy wil verkoop

R eëls: • Slegs items onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp

• Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

EIE VERVERSINGS & DRINKGOED

Hamburgers teen R40 elk kan by Kerkkantoor bestel word. DESMOND se koswaentjie met chips, koffie en milo sal ook daar wees (kaart/kontant) (023) 313-3694 l ngkpah@absamail.co.za

Bondels koerante te koop vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies R30 per bondel

(023) 316-2021

6 WITZENBERG HERALD l 17 MAY 2024
classifieds

Kinders
R40 Volwassenes
R100
beskikbaar by Kerkkantoor
o/12 -
-
Kaartjies
Adriaan Frieslaar 1965/12/05 - 2024/05/05 Begrafnisdiens: Sat. 18 Mei 2024 Saal: 10:00, Plaas:
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André
André
du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com CENTRAL
MOTORS Service Center
Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon
Voortrekker
Teken in vir slegs R10 per week
du PAndré du P
du PAndré
CERES
&
regassing
St., Ceres
HUUR
VIER rugbyspelers van Steinthal Vaardigheidskool is opgeneem in die Boland LSEN rugbyspan wat vanaf Vrydag 14 Junie aan die LSEN Cravenweek gaan deelneem. VLNR: Ruduwaan Kok (skrumskakel), Haygon Fransman (binnesenter), Lanzo Klaasen (slot) en John-Lee Joseph (agtsteman).

Winelands Autumn Expo - Celebrating the Essence of the

Cape Winelands District

THE Winelands Autumn Expo is set to debut in Worcester on May 24th and 25th, 2024, showcasing the vibrant hospitality of the Cape Winelands District all under one roof.

For the first time ever, visitors will have the opportunity to immerse themselves in the flavours, experiences, and celebrations that define this renowned region.

Nestled just off the N1, the splendid sports grounds of Montana High School will host this inaugural event, offering guests a convenient and captivating location to experience the best of the Winelands.

As Autumn unfolds, the Winelands come alive with a symphony of flavours and experiences, making it the perfect season to ex-

plore this region.

The event is funded through the Cape Winelands District Municipality’s Local Economic Development and Tourism units and comes as a result of requests from the Agri-tourism sector.

The CWDM has partnered with the Breede Valley Municipality (BVM) in order to host the event in the most central part of the Winelands, Worcester.

Visitors can savour menus from food trucks while enjoying live performances by Die Heuwels Fantasties, Emo Adams, Taryn Lamb, Loufi, Eddie Strings, Michael, Drum Café and local artists, Michael and Forest Musician and more.

Strydom en Hanekom wen kompetisie

DIE naweek is ‘n klubkompetisie op Ceres gholfbaan aangebied.

Christo Strydom en JP Hanekom was die wenners met 45 punte. R. Adams en W. Bester was in die tweede plek met 44 punte en Peter Versfeld en Henri Ferreira was in die derde plek met 42 punte.

Kompetisies

Die naweek borg Initium ‘n tweebal sametelling kompetisie met lekker pryse. Klublede word gevra om die dag te ondersteun en die prysuitdeling na die tyd by te woon.

April-kompetisies:DiegewildeBolandsenior reeks word weer op Donderdag 30 Mei op De Zalze aangebied. Koste beloop R450 perspeler.Spelerswat49jaarenoueris,mag in die kompetisie speel en inskryf op Boland Gholf se webtuiste.

Saterdag25Meiword‘nbeterbalstableford kompetisie aangebied.

Besprekings

Spelers kan op die Clubmaster app bespreek of die klub skakel by (023) 312-3068 vir jou naweek bespreking.

Twee haal Boland oefengroep

rugbyspelers van Laerskool F.D. Conradie, Heinz Rautenbach en Daniël van Deventer (regs), is opgeneem in die Boland o/13 rugbyoefengroep wat op 17-18 Mei aan die finale Bolandproewe in Worcester gaan deelneem.

Bid reference : CKB T2/2024

Bid description: LOCAL ENGINEER: KOEKEDOUW DAM

Bids will be evaluated according to the 80/20 points system. BID IS FOR THE PROVISION OF PROFESSIONAL ENGINEERING SERVICES TO THE CERES KOEKEDOUW MANAGEMENT COMMITTEE FOR A PERIOD OF 36 MONTHS.

Bid documents can be obtained from Ceres Koekedouw Management Committee offices, tel. no.: (023) 315-5569 / e-mail: kantoor.kbr@gmail.com. Contact person: Nelmari Janse van Rensburg. Bid document may be collected from Monday to Friday from 07:30 - 12:30. Closing date : 10 June 2024 at 12:00

This tender will be evaluated in terms of the Preferential Procurement Regulations, 2017 that was promulgated by the Minister of Finance on 20 January 2017 in Government Gazette No 40553. No bids will be considered from persons in the service of the state.

Bids may only be submitted on the bid documentation provided by the Ceres Koekedouw Irrigation Board. A valid B-BBEE status level verification certificate must be submitted in order to claim preference points for B-BBEE.

Documents can be obtained from Mondays to Fridays between 07:30 - 12:30 from CKB offices. Contact person: Nelmari Janse van Rensburg on (023) 3155569 or e-mail to: kantoor.kbr@gmail.com

Enquiries: Mr. N. Jacobs, Senior Manager Water and Sewerage on tel: (023) 316 8540 or at e-mail: nathan@witzenberg.gov.za

C.KRITZINGER

CHAIRMAN

MANAGER / SUPERVISOR

The following requirements are needed: • Previous bakery and confectionary (sweet) experience will be advantageous • Excellent personal skills and be able to manage staff and handle clients, queries and complaints and remain calm under pressure • Must be willing to work shifts and weekends • Must be fully bilingual •Matric is a requirement • Must be energetic, confident and work promptly and accurately • Understanding of retail law, security as well as food safety and hygiene •Will be responsible for ordering of stock for the department • Must be able to work with large groups of people as well as individually • Must have qualities of a manager, previous management experiences will be an advantage • Forecasting future sales and sales targets • Stocking of shelves with fresh produce • Ensuring all back-up areas are neat and clean

Salary negotiable

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za or ceres.superspar2@gmail.com

For attention : Human Resources

Applications close: 24 May 2024

Employment acceptance: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by 31 May 2024, please consider your application unsuccessful. Please do not apply via Facebook, please e-mail all cv’s

Vaccinate your dogs against canine hepatitis

Cases of canine hepatitis (ICH) are reportedly increasing in Cape Town, so please take precautions to protect your dogs against this infectious disease, as it could be on the march in the Boland, too. Some vets in Cape Town suspect that fewer standard canine vaccinations administered during the Pandemic might be why more cases of ICH are showing up now. Canine hepatitis is caused by canine adenovirus 1 (CAV-1) and can be fatal for unvaccinated dogs, causing liver failure and internal bleeding. If it is in the environment it can survive for three months, under ideal conditions. Dogs can pass it to each other via saliva, eye and nasal discharges, and contact with urine in the environment.

Humans are not affected by the virus. Canine hepatitis might be mistaken for ‘kennel cough’, as its symptoms are similar.

Symptoms

Look out for these signs:

•Fever

•Coughing

•Red eyes

•Mucus discharge from eyes and nose

•Loss of appetite

•Increased thirst

•Lethargy

•Vomiting (blood in vomit)

•Pain in abdomen

Seek advice from your vet immediately if you notice any of these symptoms. Protect your dogs now by ensuring they are up to date with their ICH vaccinations. It forms part of the standard annual 5-in-1 vaccination recommended for dogs.

17 MAY 2024 l WITZENBERG HERALD l 7 072 609 1165 (Help Line - Animal Emergencies Only) e-mail: info@chainboland.co.za, adoptions@chainboland.co.za Follow us on Instagram Like us on Facebook@ChainBoland https://www.chainboland.co.za Visit our shop “Chain on Main” at 38 Van der Stel Street, Tulbagh Subscribe to newsletter: kevin@mettamedia.co.za
out for
collection tins at paypoints in supermarkets, coffeeshops, garages and nurseries in Witzenberg. Your spare change adds up!
Look
our
unwanted clothes, homeware
books to the CHAIN Animal Charity Shopwe sell these to raise funds!
der Stel Street, Tulbagh
Photo by Manuel Meza on Unsplash
Donate your
and
38 Van
Vanessa 082-831-4334
How to support CHAIN
INVITINVIT INVITAA AA ATION TO BID TION TO BID TION TO BID TION TO BID
Exciting new opportunity at Ceres Superspar BAKERY
CERES (023) 316-2226
DIE o/13 rugbyspan van Laerskool Waveren het Saterdag 11 Mei aan die Morrisdale primêre skool se sportdag op Ceres deelgeneem. TWEE

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

KELLY-ANN Evans, ‘n leerder en netbalspeler van Mooi Uitsig primêr, is ingesluit in die WesKaap o/13 netbalspan. Die netbaltoernooi vind plaas in Boksburg vanaf 16 tot 19 Junie.

Witzenberg Herald

Sport

ANMARI Steenkamp van Laerskool Koue Bokkeveld het aan die Kaapse Wynland netbalproewe deelgeneem. Sy is na afloop van die proewe opgeneem in die Kaapse Wynland o/ 12 netbalspan.

YOUNG GOOD HOPE VS VASTRAP

BELLA VIS VIS VISTT TT TA SPORT GROUNDS A SPORT GROUNDS A SATURDAY 18/05/2024 GATES OPEN 13:00

ADULTS: R20 l CHILDREN: R10 l VEHICLE: R10

Wolseley klink Wellington se doppie

KLUBWEDSTRYDE is die naweek hervat maar dit het nie te waffers gegaan met die twee top spanne nie.

Bella Vista het Hamlet gepak en onverwags op hul tuisveld vasgeval. Hamlet het die wedstryd 17-11 gewen. Evergreens Paarl het tuis teen Ceres gespeel en naelskraap met 24-21 gewen.

‘n Uitstekende tweede helfte het Wolseley gehelp om ‘n welverdiende oorwinning van 27-15 oor Wellington te behaal. Wellington het rustyd met 15-3 voorgeloop.

Voorlangs het Elcado Baadjies en kaptein Reagon Fredericks goed gespeel terwyl Curtley Cedras,Curtly Malgas en Leadro van Rooyen agterlangs die vonk verskaf het.

Vir Wolseley het Baadjies en Van Rooyen (2) drieë

MARYKA Muller, lid van Young Good Hope vroue-rugbyklub, het geskiedenis gemaak deur die eerste vrou in die Witzenbergstreek te word om as Boland skeidsregter te kwalifiseer. Sy moedig vroue ouer as 18 jaar aan om by die rugbyklub aan te sluit vir oefeninge op Maandae en Woensdae.

gedruk. Cedras het al drie drieë verdoel en ook twee strafdoele oorgeskop.

Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie: Roses United verloor 18-19 teen Newtons, Hillcrest klop Young Blues met 37-22 en Temperance klop Delicious 17-15.

Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie:

Op-die-Berg klop Môrester naelskraap 33-30, Lovedale is te sterk vir Young Good Hopes en wen 47-3, Tulbagh klop La Plaisant 39-18, Vastrap wen 27-20 teen Young Westlyans en Paardekloof en Red Roses speel gelykop met 31-31.

DIE vier karatekas van Senshi Dojo op Ceres het Shorin-Ryu Shorinkan Suid-Afrika se naam hoog gehou. VLNR: Lukas Krige (sesde in die top 10, kata-silwer, Kobudo Long Weaponbrons, Kobudo Short Weapon-brons), Mia Laubscher (eerste in die top 10, kata-goud, Kobudo Long Weapon-silwer, Kobudo Short Weapon-goud en Kumite-silwer), Retief Spence (vierde in die top 10, Kobudo Long Weapon-silwer, Kodudo Short Weapon-silwer en Kumite-silwer) en Izak Krige (Kata-goud en Kumite-brons). Die vier karatekas het deelgeneem aan die Kenwyn Martial Arts Centre se uitnodigingstoernooi wat by die Wynberg militêre basis plaasgevind het. Dit was ter voorbereiding van die volgende ligabyeenkoms wat op 25 Mei in Kaapstad plaasvind.

8 l WITZENBERG HERALD l 17 MAY 2024

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.