WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 20
R8
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 26 Mei
Vrydag 27 Mei
4° 22 -+ Ceres Koekedouw dam °
5° 26°
Saterdag 28 Mei
Sondag 29 Mei
4° 19°
1° 14°
61%
(Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)
5 vir R75 Beskikbaar by Celebrations ook
Friday, May 27, 2022
Twee inbrekers in hof TWEE verdagtes het verlede week vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn op klagtes van moord en roof met verswarende omstandighede. Die arrestasies kom na goeie speurwerk deur speurders van Tulbagh in samewerking met lede van die Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad en positiewe DNS-leidrade wat 14 maande gelede op die misdaadtoneel buite Wolseley gevind is. Berig en fotos op bladsy 3.
Lesing: 2022/05/25
Telephone: (023) 316-2021
060-911-9535, Voortrekkerstr., Ceres
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Nuwe speaker verkies Vragmotor met uie op, slaan om ‘n VRAGMOTORBESTUURDER het verlede Woensdag 18 Mei beheer oor sy Scania vragmotor met ‘n vrag uie op verloor waarna die vragmotor in Gydopas omgeslaan het. Die ongeluk het omstreeks 13:00 plaasgevind. Die bestuurder was na die tyd ‘n bietjie geskok maar andersins ongedeerd.
Gevangene sorg vir drama by hospitaal PERSONEEL en pasiënte by Ceres hospitaal was verlede week geskok nadat ‘n gevangene van Warm Bokkeveld Korrektiewe dienste ‘n bewaarder in die algemene saal oorval en sy vuurwapen probeer gryp het. Die 24-jarige gevangene is verlede Woensdag 18 Mei na die hospitaal gebring vir behandeling. Hy wou blykbaar gaan stort het en het gevra dat die bewaarder die voetboeie moet afhaal. Nadat die bewaarder blykbaar geweier het om dit te doen, het die gevangene probeer om sy wapen te gryp. Die voorval het omstreeks 12:45 plaasgevind. Die departement van gesondheid het Dinsdag dié ongelukkige voorval bevestig. Die gevangene wat ‘n pasiënt was by Ceres hospitaal, het probeer om ‘n bewaarder onder wie se toesig hy was, te ontwapen.
“Die vinnige optrede van sekuriteitswagte, die volg van protokol en ander maatreëls wat in plek was, het verseker dat die situasie gou ontlont is. Die pasiënt kon in afsondering gehou word totdat hy weer na die Warm Bokkeveld Korrektiewe fasiliteit ontslaan is”. “Baie dankie aan die personeel, Korrektiewe dienste en die SAPD vir hulle rol om almal se veiligheid te verseker” sê dr. Elton Titus, bestuurder van die Witzenberg sub-distrik van die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand. Om personeel en pasiënte verder te ondersteun, is beradingsdienste beskikbaar gestel deur die departement se personeelwelstand-program. Geen kommentaar is van Wes-Kaap korrektiewe dienste rakende dié voorval ontvang nie. Die polisie het bevestig dat hulle ‘n klagte teen die 24-jarige gevangene ondersoek.
SES maande nadat rdl. Johnnerey Mouton van die ANC in ‘n stemmery tydens ‘n uitgerekte raadsvergadering in November 2021 as speaker van die Witzenberg munisipaliteit verkies is, is sy Dinsdag 24 Mei met ‘n nuwe speaker vervang. Tydens die November-vergadering het raadslid Swartz (EFF), die EFF se nasionale besluit geïgnoreer en saam met die ANC vir die nuwe speaker gestem. Tydens ‘n koukusbreuk het die Wes-Kaap EFF met hul raadslid in gesprek getree waarna die EFF later in die burgemeester en onderburgemeester se verkiesing saam met die DAkoalisie (DA, VF Plus, WP en Good) gestem het. Daar word al vir maande gepoog om ‘n wantroue mosie van die DAkoalisie teen haar voor ‘n spesiale raadsvergadering te laat dien maar elke keer het Mouton en haar koalisielede dit reggekry om dit nie op die raadsagenda te plaas nie. Tydens Dinsdag se spesiale raadsvergadering is rdl. Elizabeth Sidego (DA) in rdl. Mouton se plek verkies. Rdl. Hennie Smit (DA) is steeds die uitvoerende burgemeester en rdl. Felecity Klazen (Good) die onderburgemeester. Kontrak van munisipalebestuurder Die dienskontrak van die Witzenberg munisipaliteit se bestuurder, mnr. David Nasson, was ook ‘n besprekingspunt nadat sy kontrak vroeër die maand verstryk het. Nasson is tans waarnemende bestuurder totdat sy aanstelling weer bekragtig word by ‘n raadsvergadering of daar ‘n nuwe munisipale bestuurder aangewys word.
UIT. Rdl. Mouton van die ANC.
IN. Rdl. Elizabeth Sidego (DA).
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 26 - 29 MAY 2022 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. Pizza Salami (sliced) Spar Rusks 500g Nescafé Ricoffy Chicken leg quarter, 750g Hamburger bun & Chips
Spar 2-ply toilet paper 18’s
SERVING SUGGESTION
3000
p/meal
Cheese & Onion oval COMPETITION ENDS 5 JUNE 2022
CERES SUPERSPAR (023) 316-2226
Beef Oxtail
SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00
County Fair Chicken braai packs 5 or 10 Piece
5999
Marinated Pork Spareribs Pork Fillet
p/kg
999 each
PER COMBO
10000 750g Carrots 1 x Cabbage 7kg Potato bag 1kg Sweet Potato 1kg Onion
19499 p/kg
Spar Bacon 200g ass.
20
39
99 99 79 99
99 each
2 FOR
5499 each
Avo 1kg bag
2499
p/kg
7999 p/kg
6999 p/kg
16499 750ml
VAT 69 Whiskey 750ml
10
3
72 99 69 99
Clover Butro 500g tub
79 99 69 99
Tastic parboiled rice 2kg PER MUL TIBUY MULTIBUY
Spar UHT Milk 6x1L, Full Cream, Fat Free or Low Fat
4th Street 5L box assorted PER MULTIBUY (x3)
135 435 00 300 00
2 FOR
each
7999
each
Spar Puff pastry frozen pies 6’s
5500 Spar Choice butter 500g brick
82
99
7499
6-pack
5000
NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.
2
WITZENBERG HERALD
WANGANELLA primêr bedank Perdekraal-Oos windplaas vir die skenking van skoolklere aan hul leerders. Die klere is onlangs oorhandig aan die skool.
Friday, May 27, 2022
DIE o/12 rugbyspan van Mooi Uitsig primêr speel vanjaar goeie rugby en is goed op dreef die seisoen. Hier is die spelers saam met hul afrigters, Deanno Hartnek en Ludwig Slinger.
ESELFONTEIN primêr wil hul opregte dank en waardering uitspreek teenoor Lace Up for Change vir hul bydrae om skoolskoene aan elke leerling en kos aan die hele skoolgemeenskap, te skenk. Op die foto regs oorhandig mnr. Abrahams die skoolskoene aan die skoolhoof, mev. De Wee.
The Honey & Chai Indian Restaurant The Farmyard Honey Factory
ZACK van der Merwe van Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs aan die Paarl-vallei Eisteddfod deelgeneem. Hy verwerf ‘n Cum Laude toekenning vir sy Engelse Lees.
Farm Waveren, Wolseley
1983/04/25 - 2022/05/09 It is with great sadness that we inform you of the death of Nicol Krotz. This is a huge loss within the Boland Toilet Services family. Nicol has been part of our family since 2006. Always working with a smile, looking out for those around him. Although he was a man of few words he did enjoy a joke or two. His friendly and hardworking nature will be missed.
Whether you sit down and enjoy an authentic Indian meal or pop in for a quick cup of coffee or masala chai you’ll enjoy the relaxing environment. Otherwise, simply call us for a takeaway. RESTAURANT HOURS:
Tuesday - Saturday: 10:00 - 17:00 Closed on: Sunday + Monday
☎ 060-610-5329
TWEE leerders van die Eike primêre skool, Maqneil Opperman en Anthony Fortein, het die naweek van 20 en 21 Mei die Witzenberg rugbyspan verteenwoordig op Saldanha.
KENNISGEWING In die boedel van wyle: HELMUT STIEDL Id. no. 400207 5434 185 Van: Van Riebeeckstraat 14, Prince Alfred Hamlet Boedelnommer: 015972/2021 Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 27 Mei 2022 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH. GEDATEER en GETEKEN te CERES op hierdie 18de dag van MEI 2022.
JOHAN BEZUIDENHOUT
Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 58, Ceres, 6835 (Verw: LC/JC0065/LM)
Worcester Radiologie/SCP Radiologie se X-straal departement funksioneer nog volledig in die vorige Netcare Hospitaal, alhoewel die perseel verkoop is aan die Wes-Kaap Gesondheidsdepartement. Skakel ons gerus by: (023) 316-1502 Of besoek ons by: www.scp.co.za
WITZENBERG HERALD
3
Friday, May 27, 2022
Drie sterf in ongeluk
DRIE mense is Sondag 22 Mei dood nadat ‘n Toyota Quantum bussie en ‘n Toyota Condor buite Gouda in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was. Nooddienste en ambulanse is van die Paarl na die ongelukstoneel op die R46 ontbied. FOTO: Facebook
‘n TREKKERBESTUURDER van Tulbagh is verlede Vrydag in ‘n fratsongeluk dood. Volgens die polisie het die fratsongeluk Vrydag 20 Mei omstreeks 11:20 op die plaas Klein-Winterhoek buite Tulbagh gebeur kort nadat Chrisjan Marthinus (56) met die trekker in ‘n boord ingedraai het. ‘n Getuie daar naby het blykbaar ‘n harde slag gehoor en met nadere ondersoek vir Marthinus op die grond gevind. ‘n Draad het vermoedelik aan sy klere gehaak en het hy van die trekker afgeval. Marthinus is op ‘n bakkie gelaai om na ‘n hospitaal geneem te word vir behandeling maar het kort daarna gesterf. Ander gru-ongeluk Drie mense is Sondag 22 Mei dood nadat twee voertuie buite Gouda in ‘n kop-aan-kop
botsing betrokke was. Nooddienste en ambulanse is van die Paarl na die ongelukstoneel op die R46 ontbied. Volgens die Tulbagh polisie het die ongeluk omstreeks 19:35 plaasgevind nadat ‘n Toyota Quantum bussie en ‘n Toyota Condor gebots het. Die minibus het na die botsing omgeslaan en aan die brand geslaan. Twee persone is op die toneel dood en een het later in die hospitaal gesterf. Die twee voertuie en insittendes was van die Wellington en Delft omgewing. Die oorledenes was Marcilino Jacobs (46), Andimayio Nikani (54) en Zanexolo Xaso (50). Die Tulbagh polisie ondersoek strafbare manslag klagtes teen beide bestuurders. Ooggetuies of mense met verdere inligting kan s/sers. Angelo Jacobs skakel by (023) 230-8100 of 079-894-0192.
Twee inbrekers in hof vir moord
NICO Pieters (43), ‘n oud-ambulansbestuurder van EMS op Ceres.
Pieters gevonnis ‘n AMBULANSBESTUURDER van Ceres is die week in die streekhof skuldig bevind op ‘n klag van seksuele aanranding. Nico Pieters (43), ‘n oud-ambulansbestuurder van EMS, is Maandag 23 Mei skuldig bevind op een klag van seksuele aanranding.Streeklanddros Maseti het die vonnis en pleitooreenkoms bekragtig. Pieters, wat vroeër vanjaar skielik by EMS Ceres bedank het en nou vir ‘n privaat onderneming werk, het ‘n pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Daarvolgens is hy tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis wat in geheel opgeskort is vir vyf jaar op voorwaarde dat hy tydens die opskorting hom nie weer aan 'n soortgelyke oortreding skuldig maak nie. Agtergrond Die voorval het op 19 Oktober 2019 plaasgevind op Ceres toe Pieters die betrokke aand langs ‘n 13-jarige meisie gaan lê, haar probeer soen en haar rompie afgetrek het. Hy is op 25 Oktober gearresteer. Hy het op 29 Oktober 2019 vir die eerste keer in die hof verskyn en die saak is vele kere oor die byna drie jaar uitgestel. Die klaer en haar ma het die pleitooreenkoms aanvaar. Adv. Grant Smith het vir Pieters verskyn en die streekhofaanklaer was André Theron. Die ondersoekbeampte was s/sers. AJ van Rooy van Ceres GKS.
TWEE verdagtes het verlede week vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn op klagtes van moord en roof met verswarende omstandighede. Die arrestasies kom na goeie speurwerk deur speurders van Tulbagh in samewerking met lede van die Wes-Kaap polisie se eenheid vir georganiseerde misdaad en positiewe DNS-leidrade wat 14 maande gelede op die misdaadtoneel buite Wolseley gevind is. Twee inwoners van Tulbagh, Nolan Visagie (23) ook bekend as Loukie en Anthony Schippers (21) ook bekend onder inwoners as Antaks, is verlede Woensdag omstreeks 04:20 in ‘n gesamentlike optrede by hulle huise op Tulbagh in hegtenis geneem vir die moord van die 51-jarige Reneé Jain in Maart 2021. Dié twee inbrekers was op 26 Maart 2021 deel van ‘n groep mans wat by die Jain-egpaar se naweekhuis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat buite Wolseley ingebreek het. Jain, was alleen by die huis toe sy vermoor is. Agtergrond Reneé Jain, wat ten tye van haar dood ‘n werknemer van Cape Union Mart in Kaapstad was, was die betrokke aand alleen by die egpaar se huis tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is vermoedelik net na 23:00 dood nadat ‘n groep mans haar in die huis oorval en vermoor het. Met die polisie se aankoms by die huis was die voordeur toe maar nie gesluit nie. Hulle het ook bloed op die vloer opgemerk nadat
hulle die deur oopgemaak het. Bloedspatsels het hulle na Reneé se lewelose liggaam gelei wat met ‘n elektriese koord aan ‘n bed se voetstuk vasgemaak was. Die polisie probeer vasstel hoekom die veiligheidskameras by die woning nie gewerk het nie en hoe die aanvallers by die privaat reservaat (daar is 14 huise) ingekom het wat byna 7 kilometer van die naaste teerpad geleë is. Verder was daar skynbaar geen gedwonge toegang nie en daar is ‘n heining regom die perseel met ‘n elektroniese toegangshek. Huisbraak Na die moord is die mans omstreeks 23:45 na ‘n nabygeleë huis van ‘n Nederlandse egpaar in hul sewentigs waar hulle ‘n houtbeeld deur ‘n slaapkamervenster gegooi het. Die gemaskerde Afrikaans-sprekende mans het geld en goud van die egpaar geëis en gevra waar hulle kluis is. Hulle het die man gedwing om saam na die motorhuis te gaan en die motorhuisdeur vir hulle oopmaak en hy moes sy Nissan X-trail se sleutels ook aan hulle gegee het. Hulle het daarna die egpaar se hande en voete vasgebind en lappe in hul monde gedruk voordat hulle in ‘n badkamer toegesluit is. Die mans het in die Nissan X-trail gevlug met tabletrekenaars, selfone en horlosies. Die voertuig is later verlate in Van der Stelstraat op Tulbagh gevind. Die meeste van die gesteelde items is in die voertuig gelos. Schippers en Visagie het verlede Donderdag vlugtig in die Wolseley landdroshof ver-
skyn waarna landdros Carlo Witbooi die saak vir verdere ondersoek en ‘n besluit of dit in die streekhof of hooggeregshof aangehoor moet word, tot 20 Junie uitgestel het. Beide verdagtes het aangedui hulle gaan nie vir borg aansoek doen nie.
DIE twee verdagtes, Anthony Schippers (agter) en Nolan Visagie (voor). FOTO: Facebook
PROTEA UITSTALLING & BLOMVERKOPE Bring die hele gesin en kom geniet die pragtige blomme van die Witzenbergvallei P.A. Hamlet N.G. Kerksaal 28 Mei 2022 tydens die basaar
P.A. Hamlet Country Lodge 27, 28 en 29 Mei 2022
Skakel Wessel Uys vir enige navrae 076-610-4992
Toegang gratis: Donasies gaan vir Indringer plantbeheer
4
WITZENBERG HERALD
Friday, May 27, 2022
Stappers gewaarsku
Jong vrou naby dam beroof STAPPERS, drawwers en fietsryers van Ceres moet versigtig wees in die omgewing van Dennebos en die Koekedouwdam. Hulle moet ook nooit alleen stap, draf of fietsry nie. Dié waarskuwing kom nadat ‘n bergbewoner, ‘n inwoner van Plantasiestraat Dinsdagmiddag met ‘n mes gedreig en haar van haar selfoon en sleutels beroof het. Mense móét in groepe stap en nie alleen op die gewilde staproete. Die Ceres SAPD is van die voorval verwittig waarna sers. Mars en ander polisielede tot laat Dinsdagaand in die berg asook agter Dennebos, na die verdagte gesoek het. Hulle het ook die selfoon se sein probeer volg. Indien enigiemand die verdagte teëkom om die gesteelde foon te verkoop of dalk die sleutels optel, moet hulle die Ceres polisiestasie bel by (023) 316-8600.
LONE-/ADMINISTRATIEWE KLERK (Halfdag) Hierdie vakature bestaan op Nooitgedacht, een van Dutoit Agri se landgoedere, geleë 10km buite Prince Alfred Hamlet. Die posbekleër sal aan die Landgoedbestuurder verantwoordelik wees vir • die bedryf van ‘n gerekenariseerde loonstelsel wat in seisoentyd ongeveer 450 loonwerkers se besoldiging hanteer asook • verwante administratiewe take, wat administrasie rakende statutêre- en etiese vereistes insluit. Die ideale kandidaat beskik oor goeie interpersoonlike vaardighede en die vermoë om onafhanklik te funksioneer. Toepaslike ondervinding, wat bogemiddelde rekenaarvaardighede (MS Office) insluit, is ‘n vereiste terwyl kennis van die SAGE300-loonstelsel die aansoek sal versterk. ‘n Markverwante vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftreefonds insluit, word gebied.
SWAK dienslewering, negatiewe pasiënt-ervarings, te min beddens en lang wagtye by die Ceres hospitaal, is die afgelope tyd deur talle pasiënte by die Ceres hospitaal en by die departement van gesondheid aangemeld. Gesondheidsdienste in die Witzenbergstreek was ook die afgelope maande onder erge druk ondermeer weens ‘n personeeltekort en dat dit moeilik is op die platteland om sekere kritieke poste te vul. In ‘n opvolg-verklaring meld die gesondheids departement dat ‘n omvattende vernuwingsplan vir gesondheidsdienste in die Witzenberg gefinaliseer word. Dit dek dienslewering van primêre gesondheidsorg, dienste by Ceres hospitaal tot skakeling met streekshospitale en gesondheidsorgfasiliteite. Dit sluit ook in die herbenutting van dele van Ceres hospitaal se geboue, vergroting van die afdeling waar mense met psigiatriese toestande behandel word en meer. Verdere besonderhede hieroor sal so gou as moontlik aan die gemeenskap deurgegee word.
Inwoners moet hulle steeds laat inent PLAASLIKE gesondheidswerkers in die Wes-Kaap staal hulle vir ‘n vyfde vlaag van die COVID-19-pandemie. Mense word aangemoedig om te sorg dat hul COVID19-inentings- en versterkingsdosisse op datum is. Mense wie ‘n hoë risiko het om ernstig siek te word weens griep, moet ook so gou as moontlik hul griepinenting kry. Onthou om intussen steeds jou masker te dra binne geboue/openbare vervoer. Sorg vir vars lug deur vensters oop te maak en vermy oorvol plekke waar jy nie ‘n afstand van ander kan handhaaf nie. Plaaslike CV-19 statistieke Sedert die begin van die pandemie is 9412 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8962 herstel het. Die afgelope week het die aktiewe gevalle van 35 na 26 gedaal. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2245 gevolg deur Bella Vista met 1399, Wolseley met 1209, P.A. Hamlet met 1262, Tulbagh met 1158, Nduli met 620 en Koue Bokkeveld plase met 742. Vier honderd vier en twintig (424) mense het die afgelope twee jaar sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes staan tans op 85 gevolg deur
Wolseley met 68, Bella Vista met 63, Tulbagh met 53, P.A. Hamlet met 53, Nduli met 35 en Koue Bokkeveld plase met 30. Die sterftepersentasie per dorp in verhouding met positiewe gevalle wat aangemeld is, is soos volg: Bella Vista (amper 5%), Ceres (amper 4%), Wolseley (amper 6%), Tulbagh (amper 4.5%) en Koue Bokkeveld plase (amper 4%). Die sterftes in die Wes-Kaap staan tans op 22 046 (23 Mei). Daar is al 705 655 positiewe gevalle aangemeld en 667 697 het al herstel. Amper 35.8 miljoen landsburgers is al teen CV-19 ingeënt en meer as 3.77 miljoen mense het al herstel van die virus. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers in die land het die afgelope week na 13.70% gedaal. 100 952 mense het weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Plaaslike inwoners kan steeds hul inenting/versterkingsdosis by een van die volgende fasiliteite kry: Ceres provinsiale hospitaal: Maandae tot Vrydae. P.A. Hamlet kliniek: Maandae, Op-die-Berg kliniek: Dinsdae, Tulbagh kliniek: Woensdae, Bella Vista kliniek en Nduli Polo Cross-saal: Donderdae en Wolseley kliniek: Vrydae. Inwoners kan ook Clicks se tak op Ceres besoek.
Belangstellendes moet volledige CV’s so gou doenlik rig per e-pos aan recruitment@dutoit.com Diensaanvaarding sal so gou doenlik maar verkieslik nie later as 1 Augustus 2022 wees nie. WITZENBERG Static wil vir Jerome Prins bedank vir die T-hemde wat hy geborg het. Hier oorhandig hy die hemde aan Dimitri Opperman. Witzenberg Static is ‘n plaaslike motorklub en probeer hulle van tyd tot tyd in die gemeenskap help. VLNR: Enrico Adams, Edmund Sauls, Gerhardus Arries, Dimitri Opperman, Jerome Prins (borg), Marlon Prins, Warren Hector en Wayne Hector.
Ons onderneming fokus op die ontwikkeling, finale verwerking, verpakking en bemarking van droëvrugte, neute en verwante spesialiteitsprodukte vir die Suid-Afrikaanse en internasionale kleinhandel. Die volgende loopbaan geleentheid het by ons verwerkingsen verpakkingsaanleg in die Ceres-vallei ontstaan.
LONE KLERK Die posbekleër vorm deel van ‘n dinamiese span en rapporteer aan die Groep Menslike Hulpbron Bestuurder. Verantwoordelikhede sal o.a insluit: • loon administrasie • vaslegging van verlof en aftrekkings • prosessering van 2-weeklikse lone • byhou van personeelrekords • verseker nakoming aan statutêre vereistes van arbeidswetgewing • hantering van navrae • administratiewe ondersteuning aan finansiële departement, soos benodig. Die volgende vaardighede en vermoëns is belangrik: • toepaslike ervaring - veral t.o.v. die loon- en mannekrag komponent van die pos • MS Excel • gebruikersvaardig t.o.v. VIP, S-Qube en Pastel • goeie tydsbestuur en stiptelik m.b.t. sperdatums • vermoë om selfstandig, maar binne spanverband te funksioneer. Kandidate wat toepaslik gekwalifiseer is en oor 2 - 3 jaar bewese ervaring beskik, is welkom om aansoek te doen. Vergoeding sal markgerig wees. Marianne Rousseau ontvang alle aansoeke tot Donderdag, 9 Junie 2022 by mwnti@iafrica.com AT SOURCE HANDMADE FOODS IS A SPECIALTY FOODS COMPANY BASED ON KOELFONTEIN FARM IN THE WARM BOKKEVELD OF THE WESTERN CAPE, SOUTH AFRICA. FOR US QUALITY IS NONNEGOTIABLE, AND SO IS TASTE. WE HAVE A PROUD HERITAGE OF GROWING AND SUN DRYING FRUIT AT HOME, FINDING THE BEST FRUIT, NUTS AND INGREDIENTS FROM AROUND THE WORLD, HAND CRAFTING THEM, AND WORKING WITH LIKE-MINDED PARTNERS TO BRING YOU THE FINEST FRUITS UNDER THE SUN SINCE 2002.
www.source.co.za
BRONAAR PLASE
Bronaar Plase (Edms) Bpk, geleë in die Koue Bokkeveld, wat bestaan uit vrugte- en groenteproduksie eenhede, verlang die dienste van ‘n persoon as deel van ons bestuurspan vir onderstaande vakature:
PRODUKSIEBESTUURDER: VRUGTE Verantwoordelikhede: • Verantwoordelik vir die primêre produksie funksie van appels en pere (100ha) Vereistes: • Opstel en bestuur van koste begrotings • Produktiwiteit verbeterings inisiatiewe • Motivering en ontwikkeling van werksmag • Goeie interpersoonlike menseverhoudings • Vermoë om teiken datums te behaal • Goeie organisasie-vermoë • Vermoë om onafhanklik te werk • 5 Jaar ondervinding in die bedryf • ‘n Naskoolse kwalifikasie sal die aansoek versterk • Moet goed in ‘n span kan funksioneer om die maatskappy se doelwitte te bereik. Bogenoemde vakature sal direk aan die Afdelings Bestuurder rapporteer en ‘n mededingende vergoedingspakket, wat behuising insluit, word aangebied. Stuur asb. u aansoeke en CV vir aandag aan Christo: Per e-pos: christo@bronaar.co.za Navrae by: (023) 317-0729 Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Junie 2022 Diensaanvaarding: 1 September 2022. Indien u teen 1 Augustus 2022 nog geen terugvoer gekry het nie, neem aan dat u aansoek onsuksesvol was.
MIA Andreas, ‘n netbalspeler van Hoërskool Tulbagh, het onlangs aan die Wes-Kaap o/14 netbalproewe op Oudtshoorn deelgeneem waar sy gekies is om aan die SASN skolenetbaltoernooi te gaan deelneem wat vanaf 25-29 Junie in Boksburg, Gauteng plaasvind. Die kostes vir deelname aan die toernooi is hoog en die skool sal enige borgskap/ donasies waardeer. Enige skenkings kan in die skool se rekening inbetaal word by FNB, Skoolfonds rekening 539-33674765, Tulbaghtak 200-37 met verwysing: Mia netbal.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, May 27, 2022
Aanvaller bly agter tralies na hy vlug DIE 19-jarige Zimbabwiese burger wat in Aprilmaand ‘n gastehuis-eienaar van Wolseley verskeie kere met ‘n mes gesteek en na Malmesbury gevlug het, bly in aanhouding. Lovemore Doriyo is onlangs in ‘n ernstige toestand in die Tygerberg hospitaal opgespoor nadat hy op 10 Mei deur ‘n groep van nagenoeg 100 omgekrapte inwoners van die Ilingelethu woonbuurt buite Malmesbury, aangerand en bewusteloos geslaan is na ‘n onverwante voorval met ‘n 9-jarige meisie. Die Wolseley polisie het hom ‘n tyd lank gesoek na die mesaanval by Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro. Hy het Maandag 23 Mei weer in die Wolseley landdroshof verskyn na sy her-arrestasie op die poging tot moord-klag. Die saak is deur landdros Carlo Witbooi na 23 Junie vir ‘n streekhofdatum en verdere ondersoek uitgestel. Malmesbury SAPD het Doriyo verlede week, kort na sy verskyning op Wolseley, gearresteer in verband met hul klagte teen hom. Die DOV het ook besluit dat die poging tot moordklag later saamgevoeg sal word met die saak op Malmesbury. Doriyo het Vrydag 20 Mei vir die eerste keer in Malmesbury landdroshof verskyn waarna die saak na 26 Mei uitgestel is vir ‘n borgaansoek. Hy bly in aanhouding op beide aanklagte. Agtergrond Reint Grobler (51), mede-eienaar van Winterberg Mountain Inn en Oestafel Bistro tussen Ceres en Wolseley, is op Maandag 11 April by die onderneming met ‘n mes aangeval. Hy is meer as 10 keer met ‘n Okapimes in sy rug, bors, maag, bene en hand gesteek. Grobler het blykbaar net voor middernag gehoor iemand skakel ‘n voertuig aan in hul parkeerarea. Hy is na buite waar hy Doriyo, die seun van een van sy werknemers, agter die stuurwiel van ‘n Chev Utility bakkie aangetref het. Doriyo het na die aanval gevlug. Plaaswaglede het ‘n soektog van stapel gestuur en hom op die buurplaas aangetref waar hy by een van die plaaswerkerhuisies in ‘n bakkie gelê en slaap het.
DIE STORIE VAN FAITH
Voordat sy haar eerste verjaardagkers doodgeblaas het, is Faith Nogemane se lewensverhaal asof uit ‘n Hollywood-draaiboek. Sy is 25 jaar gelede gebore as die jongste van haar ma, Ellie, se ses kinders - wat op daardie stadium 3 seuns en 2 dogters gehad het. “My ma het ’n prosedure laat doen om te keer dat sy weer swanger raak, maar kan jy glo, daar was ek, en my ma het dit gesien as ’n teken dat hierdie baba gebore moet word.”
DIE bestuurder van dié Toyota Etios het Saterdag 21 Mei omstreeks 13:00 tussen Tulbagh en die Wolseley-kruising beheer oor die voertuig verloor waarna dit die pad verlaat en in ‘n omgeploegde landery tot stilstand gekom het. Twee kinders van 3 en 5 jaar oud is gelukkig nie beseer nie. Die bestuurder is lig beseer en na Ceres hospitaal vir behandeling geneem. * Die soveelste voetganger is op P.A. Hamlet in die hoofstraat raakgery. ‘n Taxi wat blykbaar gejaag het, het Saterdag ‘n vrou getref en beide haar bene is deur die trefslag gebreek. Op Vrydag 20 Mei omstreeks 16:00 is ‘n buurtwaglid op sy fiets deur ‘n taxi getref. Die voorval het op die hoek van Vos- en Oranjestraat op Ceres plaasgevind. Hy is net lig beseer. Die Witzenberg verkeersdienste sowel as die Ceres en P.A.Hamlet polisie word gevra om meer sigbaar te wees oor naweke op die hoofpad tussen die twee dorpe. Die Witzenberg munisipaliteit moet ook dringend provinsiale paaie-afdeling vra om spoedhobbels of ‘n verkeerslig in die hoofstraat van P.A. Hamlet te oorweeg.
Twee dae ná Faith se geboorte het die gesin se huis in ‘n township-brand afgebrand. In die chaos en met almal wat geskarrel het om uit die huis te kom, is die baba agtergelaat, aangesien familielede almal gedink het iemand anders het die baba. Toe hy hul fout besef het, het haar pa, Raymond, teruggehardloop in die huis wat reeds aan die brand was om die twee dae oue babadogtertjie te red. ‘n Paar maande daarna, terwyl haar ma by die werk was, is die baba, wat toe gepas Faith genoem is, ontvoer. Met die hulp van familie en die polisie is sy weer gevind en veilig in haar ma se arms terugbesorg. Vandag kan Faith nie een van die dramas onthou van haar vroeë dae nie, maar sy glo in haar naam. “Daar is iets in my wat sterk is, selfs wanneer ek kwesbaar voel. Mense dink altyd ek het baie selfvertroue, maar ek is net soos almal, vraend en onseker. Wanneer ek terneergedruk voel, herinner ek myself aan my naam, en sê vir myself ... jy is hier vir ‘n rede. Jy moet “faith” hê Faith!” Faith Nogemane was die wenner van Agri’s Got Talent 2021 en sy onthou haar gesin met liefde as ’n plek waar almal kon sing en lief was vir musiek. “Toe ek ‘n jong meisie was, het ons by Molteno Bros. buite Grabouw gewoon. Dit was ook daar waar sy skoolgegaan het, en sy onthou die plaaslewe met liefde. “Daar was altyd sang en musiek in die huis. Ons sou saam sing. Meestal geestelike liedere. Ons kon almal sing,” onthou sy. Haar stem wankel effens. Sy het so baie familielede oor die jare verloor - haar ma, pa en onlangs ‘n suster. Maar haar wortels is sterk, net soos haar naam. Dit was haar voormalige werkgewer by Wildekrans Estate, Botrivier, wat haar aangemoedig het om Agri’s Got Talent te betree. “Jy weet hoe mense kan praat. Almal het geweet ek kan sing. Toe ek van die geleentheid hoor, het ek dit aangegryp en ingegaan. Dit was die beste ding wat ek nog gedoen het.” Faith wat Wildekrans daarna verlaat het om op haar sangloopbaan te fokus, het al by ‘n paar geleenthede opgetree. Sy hou daarvan om haarself uit te daag en glo dit is belangrik om as mens te groei. Volgens Faith is kompetisies soos Agri’s Got Talent nie ‘n ‘lekker om te hê’ nie, maar ‘n noodsaaklikheid vir die landbousektor. “Daar is nie soveel geleenthede as jy ‘n algemene werker is wat harde arbeid verrig, weg van die gewoel van ‘n dorp nie. En baie mense is baie talentvol, maar het nie baie geleenthede nie. AGT maak deure oop. Nadat ek die kompetisie gewen het, was my kollegas so opgewonde en trots. Landbou sou armer wees sonder geleenthede soos Agri’s Got Talent.” En wat is volgende vir Faith? “Die sukses wat ek met AGT gehad het, het my selfvertroue gebou. Voor AGT was ek skaam. Maar nou kan ek op ’n verhoog klim en voor die hele wêreld sing.” Faith sien uit na AGT 2022 en het onlangs haar demo-album saam met die AGT-span opgeneem wat op YouTube en AGT se sosiale platforms gedeel sal word.
Raadslid vra SAPD om aanvallers gou op te spoor ‘n TAXI-EIENAAR van Ceres, Hlongwane Mokhosi (35) en sy vrou was op 12 Mei die jongste slagoffers van die voortslepende taxigeweld in die Ceres-omgewing. Mokhosi (foto) is by sy huis doodgeskiet en sy vrou, Khanyiso Mokhosi, is in die been gewond. Die skietvoorval word deur plaaslike speurders sowel as speurders van die Wes-Kaap taxi-taakspan ondersoek. Raadslid Andile Gili het die SAPD gevra om die aanvallers gou op te spoor en ‘n einde te bring aan die plaaslike taxigeweld. Mense met enige inligting oor die skietery, kan die polisie se stop misdaad hulplyn skakel by 08600-10111. * Mokhosi se begrafnisdiens was Saterdag 21 Mei om 10:00 in die Nduli gemeenskapsaal gehou.
Deelnemers kan inskryf vir die kompetisie deur stemopnames of video’s per WhatsApp te stuur na 082-372-1557 of e-pos na info@agrisgottalent.com. Inskrywings sluit 30 Junie 2022. Liedjies kan in enige genre of taal opgevoer word, so of jy nou hou van pop, RnB, akoesties, rap of klassiek, Agri’s Got Talent wil dit alles hoor! HOE OM IN TE SKRYF: WhatsApp ‘n klankgreep van nie langer as 3 minute nie na 082 372 1557 of e-pos info@agrisgottalent.com SLUIT DIE VOLGENDE IN: • Naam en van • Geboortedatum • Jou eie selfoonnommer • Naam van plaas / kelder / pakhuis • Posbeskrywing • Hoe lank werk jy al op die plaas, in die pakhuis of by die kelder • Naaste dorp • Toesighouer se naam en selfoonnommer Volg die jongste AGT nuus en op Facebook (www.facebook.com/ agrisgottalent) of besoek www.agrisgottalent.com. ENIGIETS ANDERS? Kontak gerus vir Thea van Zyl by info@agrisgottalent.com of skakel 083-642-5342 vir meer inligting.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
David Joseph Faroö 1956/05/26 -2020/12/26
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Elizabeth Jooste 1948/12/10 - 2022/05/18 Privaat begrafnis: So. 29 Mei 2022
Happy birthday to our Angel in Heaven: Pappie. We are sending across our best bir thday wishes to you. (Together in the same old way, would be our dearest wish today). You may not be here now, but you are forever in our hear ts. We miss you so very much and love you infinity. Love Elaine, Dolan, Denver, Desme, Jordan, Ayden, Rowan, Robin & Lana-Dee
TE KOOP 2006 TOYOTA Corolla 1.6GLE
DIANA is there to help: •Financial assistance •Bring back lost lovers •Court and divorce cases •Pay after job is done
Dr Mama Fede Herbal Expert TRADITIONAL & SPIRITUAL HEALER
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.
For all your personal problems. Big or small She will make it disappear.
Find Mama 24/7 in Ceres
(Opposite Mr. Price)
073-597-8118
Call for appointment:
073-356-2605
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Huis: 14:00, 5de Laan 157, Tulbagh Kerk: 15:00, VGK Tulbagh Graf: Tulbagh
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
200 000km R80 000 Skakel JD Alberts 074-224-0800 Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Hendrik Sauls
DIT IS ‘N EENVOUDIGE FEIT VAN DIE LEWE, ONS GAAR ONNODIGE GOED OP! Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede is, jy het ‘goed’ wat in die huis rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien.
Ons kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese toestelle, huishoudelike ware, speelgoed, boeke, sporttoerusting, ons sal dit alles en meer, as voorraad vir ons winkel neem.
As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-849-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za 1959/03/16 - 2022/05/18 Roudiens: Do. 26/05/2022, om 19:00, Churchill Nassonstr. 5, Bella Vista
Privaat begrafnis: Sat. 28 Mei 2022
Huis: 10:00, Churchill Nassonstraat 5, Bella Vista Kerk: 11:00, Christian Mission, Bella Vista Graf: Bella Vista
Werner van der Merwe 1978/05/31 - 2021/05/27
1994/07/18 - 2022/05/22
Roudiens: Do. 26/05/2022 om 19:00, The Shephard’s House, Trichardstraat 4, Ceres
Privaat begrafnis: Sat. 28 Mei 2022
Huis: 09:00, Sultanasingel 17, Ceres Kerk: 10:00, The Shephard’s House Trichardstraat, Ceres Graf: Bella Vista
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Christine Johanna Damon
082-859-2300 Jy is reeds 1 jaar weg van ons. Ons harte is stukkend, maar God belowe dat Hy vir ons vertroosting sal bring. Elke herinnering is so kosbaar, ons sal dit vir altyd koester. Rus sag by Jesus. Jy is verewig in ons harte.
Met liefde van jou ouers
Werner van der Merwe 1978/05/31 - 2021/05/27
Die 27ste Mei sal dit reeds 1 jaar wees wat jy so skielik van ons weggeneem is. Dit is nog so onwerklik en is die vermisting groot. In ons harte sal jy nog bly voortleef. Ons sal altyd die herinneringe en oomblikke saam koester. Met liefde van Ralda, Raymond, Howard, Ralton, Raymuneez en Marchell
1947/03/07 - 2022/05/24 Privaat begrafnis: Sat. 28 Mei 2022 Huis: 09:00, Karoostraat 631, Bella vista Kerk: 10:00, St. Matthews Bella Vista Graf: Bella Vista
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Christopher Sean van Wyk
Boland Roll on Lawn Koeke, klein koekies, terte, pasteie, nageregte, beskuit, brood, lekkergoed, pannekoek, kosstalletjies, koffie/tee, speletjies
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Lewende hawe veiling Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas.
Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere en skoene. Help ons asb. om die Gemeenskap te help. Gee asb. items af by: Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Vir navrae skakel: 082-696-6427 (Frans)
Friday, May 27, 2022
WITZENBERG HERALD
7
Friday, May 27, 2022
LAERSKOOL Koue Bokkeveld is trots op twee leerders, Hanno du Toit en Zak Oosthuizen, wat opgeneem is in die Boland o/13 rugbyoefengroep. Hulle speel die naweek teen SWD en OP en die wedstryde dien ook as finale proewe.
BELLA VIsta se netbalspan was die naweek veels te sterk vir Wolseley se onervare netbalspan. Bella Vista het die wedstryd maklik met 38-1 gewen. Hier is Bella Vista se hulpdoel, Andrea Andrews, in aksie tydens die wedstryd.
IT was Kella Bassi’s (middle) 82nd birthday on Saturday 21 May. Everybody at the parkrun on Saturday burst into a hearty birthday song. This octogenarian (a person who is between 80 and 89 years old) doesn’t easily miss any parkrun. Come heat or haze, rainbows or rain, frost or fire, Kella is seen striding it out earnestly attempting to better her 5 km time. It was remarkable that thisChilean and Ceresiet, with her inimitable smile, completed her 80th parkrun this week.
DIE Witzenberg Laerskole rugbyspan het op 20 en 21 Mei op Saldanha aan die o/13 Boland proewe deelgeneem.
Nuwe bestuur verkies CERES rolbalklub het hul AJV op Maandag 23 Mei gehou en hul nuwe bestuur verkies. VLNR: Pieter Mostert (vise-president), Adri Fourie (sekretaris), Kobus Myburgh (tesourier), Susan van Rhyn (addisionele lid), Engela Lambrechts (wedstrydsekretaris) en Stoffel Lambrechts (president). AFWESIG: Gustav Bohlmann (addisionele lid).
DIE Witzenberg Laerskole rugbybeamptes het op 20 en 21 Mei plaaslike laerskool spelers vergesel na die o/13 Boland proewe op Saldanha. VLNR: Ryno Farmer, Martin Absalom (voorsitter), Petrus Pieters (skeidsregter), Edwhal Felix (skeidsregter), Bron Matthyse (spanbestuurder), Tom Persens (ondervoorsitter), Kevin Alexander (tesourier),Aldo Sauls (afrigter) en Craig Volmoer (afrigter).
OPENBARE KENNISGEWING VAN ‘n VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 30 MEI 2022 Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum
Tyd
Plek
Besonderhede
Maandag, 30 Mei 2022
10:00
Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres
Spesiale Raadsvergadering
PUBLIC NOTICE OF A MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 30 MAY 2022
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council: Date
Time
Venue
Particulars
Monday, 30 May 2022
10:00
Town Hall, Voortrekker Street, Ceres
Special Council meeting
D. NASSON WND. MUNISIPALE BESTUURDER ACTING MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3
8
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, May 27, 2022
Witzenberg Herald
Henry en Peter wen kompetisie SATERDAG 21 Mei is ‘n tweebal saamgetelde stableford kompetisie (combined stableford) by Ceres gholfklub aangebied. Die dag is deur Henry Brown en Peter Versfeld met 63 punte gewen. Henk Rossouw en Corné Mostert was in die tweede plek met 62 punte gevolg deur twee besoekers, Ian Bremridge en Ronnie Ward, met 61 punte. Volgende kompetisies Op 28 Mei word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied en ‘n enkel stableford kompetisie op Saterdag 4 Junie. Die klub borg beide kompetisies. Spelers kan die klub skakel by (023) 312-3068 of op die Clubmaster app bespreek. Neem kennis ‘n Vriendelike beroep word op alle spelers en klublede gedoen om hul kapmerke op die skoonveld en balmerke op setperke te herstel. Kruger liga-uitslae Ceres se Kruger ligaspan het die naweek op Worcester beide hulle wedstryde teen Stellenbosch 2 en Malmesbury gewen. Ceres het Stellenbosch met 4-2 geklop en Malmesbury met 5-1. ELIZABETH Goosen van Laerskool F.D. Conradie is in die o/13 Cedars, Wes-Kaap netbalspan. Die span gaan van 25-30 Junie aan die alle ouderdomme nasionale netbaltoernooi in Gauteng deelneem.
ASHTON Vermeulen, ‘n belowende sportman en leerder van Laerskool F.D. Conradie, is gekies vir die o/13 Boland rugbygroep wat van 27 en 28 Mei teen SWD en OP speel. Die wedstryde dien ook as finale proewe.
Bella Vista stoom voort BELLA Vista het die naweek hul segetog voortgesit met ‘n 29-9 oorwinning oor Wolseley. Die rustydtelling was 10-6. Bella Vista het gewys dat hulle vanjaar ‘n span is om met rekening te hou in hul liga. Die vaste vyf van Bella Vista het uit die staanspoor hul stempel op die wedstryd afgedruk en die agterlyn kon daarna baljaar met die balbesit. Hier sit Lurenco Jumath af op een van sy talle kraglopies. REGS: Durin Nasson van Bella Vista op die aanval. Hy teken 14 punte aan in die wedstryd teen Wolseley. * Saterdag 28 Mei reis Bella Vista na Ceres rugbyklub vir die groot derby-stryd. FOTOS: JDA Photography (regs) en Trevor Felix (bo).
HENRY Brown en Peter Versfeld was die naweek se kompetisiewenners.