Vermiste man na 8 dae in berg gevind
DIE polisie het Maandag ‘n inwoner van P.A. Hamlet gered, 8 dae nadat hy as vermis aangemeld is.
Die 61-jarige Patrick Xhiba is gevind na ‘n gesamentlike soektog deur P.A. Hamlet se mis-daadvoorkomingseenheid, plaaslike speurders en die Wes-Kaap lugvleuel.
‘n Wye gebied is gefynkam met groot dele wat onbegaanbaar was en te voet moes gefynkam word. Die SAPD helikopter is twee keer ontbied om met die soektog te help.
Maandag 20 Mei omstreeks 11:40 het hulle Patrick tussen Gydopas en Waboomsberg gewaar waar hy gedehidreer en honger, doodstil gelê het.
Lede van die soekgeselskap in die polisie helikopter het sy helder lemmetjiegroen baadjie uit die lug opgemerk en daar naby geland om hom op te pik en na Ceres hospitaal te vervoer.
Agt dae vermis
Patrick, ‘n ywerige lid van die plaaslike buurtwag en GPF, se vrou, Lena, het hom Sondag 12 Mei omstreeks 13:10 as vermis aangemeld.
Patrick was die vorige dag by ‘n konferensie en is na 23:00 naby sy huis in Fase 4 afgelaai.
Sy vrou het die laaste keer om 23:30 met hom gepraat
waarna hy verdwyn het.
Die polisie helikopter is die eerste keer ontbied op Dinsdag 14 Mei om te help met die soektog in die klowe bokant Koelfontein waar Patrick die laaste keer gesien is. Nadat alle pogings onsuksesvol was om Patrick op te spoor is daar besluit om sy selfoonsein na te spoor waar dit die laaste keer aktief was. Na die polisie vasgestel het waar die sein die laaste keer opgetel is, het hulle Maandagoggend weer die helikopter ontbied.
Behandeling Patrick het geen beserings opgedoen maar was net deurmekaar en honger. Hy is in die Ceres hospitaal opgeneem waar hy behandel is.
PATRICK Xhiba (61) afgeneem saam met die twee vlieëniers en s/a.o. Oosthuizen van P.A. Hamlet speurders kort nadat die helikopter Maandag by Ceres hospitaal geland het sodat hy behandeling kon ontvang.
FOTO: Kapt. Gerrit van Schalkwyk
Man verdrink in plaasdam
DIE Ceres polisie het ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) geregistreer nadat hul Maandag 20 Mei omstreeks 12:05 ‘n man se liggaam uit die dam op die plaas Langboom, langs Nduli begraafplaas gehaal het. Die slagoffer is later as Katiso Hans (47) geïdentifiseer. Hy is op Saterdag 18 Mei as vermis aangemeld.
John du Toit haal o/13
Akademiespan
LAERSKOOL Koue Bokkeveld is trots op John du Toit wat opgeneem is in die o/13 Boland Akademie rugbyspan. Hier is John saam met sy afrigter, Pieter de Bruyn.
INWONERS kan ‘n tydelike uitstalling met die tema: Buried treasures, besigtig van 631 Mei in die John Steyn biblioteek. Die uitstalling bestaan uit voorwerpe wat vir baie jare begrawe gelê het in die Ceres-omgewing en word nou vir die eerste keer uitgestal. Hierdie geleentheid vorm deel van Internasionale Museumdag - ‘n jaarlikse gebeurtenis wat deur museums regoor die wêreld gevier word.
Jimeal (Carolus) Geldenhuys
1974/12/20 - 2023/05/21
Even though one year has gone by, time for us stood still. Not a moment goes by without feeling the presence of your timeless love that dwells in all of our hearts forever, to eternity and beyond.
My dearly departed beautiful wife, beloved mum and cherished sister and aunt, now that you are an angel in heaven, thank you for guiding, protecting and showing us the way each and every day. The longing for you will never end, but we hold on to all the beautiful memories of you in all our lives and to the promise of one day being reunited forever in love and in heaven with all the angels. Thank you for showing us that life is all about love and compassion.
We love you forever and beyond.
Lots of love David, Skyla, Kelsey and rest of the family
ALLE Ceres gholfklublede en huiseienaars word gevra om ‘n belangrike inligtingsvergadering by te woon. Die vergadering vind plaas op Woensdag 5 Junie om 18:30 in die klubhuis. Dit is belangrik dat almal dit bywoon sodat die klubbestuur terugvoering kan gee rakende die klubhuis, die ontwikkeling en algemene stand van sake.
IS jy die Witzenbergstreek se volgende Landbouwerker van die Jaar? Die streeksfunksie vind plaas op 25 Julie 2024. Vir navrae skakel Edna Nigrini (023) 317-0983 of e-
pos na: edna@ kbos.co.za
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas van 23-30 September 2024. Belangstellendes kan navrae rig aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan isaacjacobs50@yahoo.com
INWONERS moet kennis neem van ‘n ou skelmstreek wat weer kop uitsteek. Persone doen hulle voor as meterlesers en stap sommer jou erf binne. Indien jy so iemand teëkom laat weet die munisipaliteit en SAPD.
KROMLIN primêr het Saterdag 11 Mei hul jaarlikse Mnr. en Mej. Kromlin Junior 2024 kompetisie aangebied. Hier is die wenners van die aand saam met die skoolhoof en beoordelaars. Devinecia Bok en Dilchaén Muller is gekroon as die onderskeie wenners.
Voter has unanswered questions
CLAUS Riding, longtime resident of Ceres, wonders about next week’s election and has some unanswered questions.
Individual party members:
● What did your representative do before be coming a politician?
● Was he/she successful in his/her previous career?
● Did your party’s politicians have a success ful non-political career after leaving politics?
● Did your representative only become a poli tician to have a job?
● Did he hire family members to work at the municipality after becoming elected?
● Would you trust your representative with your money? If not, why vote for him/her?
● Would you entrust him with your children’s lives?
● Is your councillor knowledgeable enough to make well thought-through choices on your behalf.
● Does your councillor live in your ward? If not, why not?
● Did your ward councillor convene the required ward meetings?
Parties:
● Does your party inspire confidence?
● Can each member of parliament name 5 things that he/she did that improved the lives of ordinary SA citizens?
● Maybe each member should be required to submit a list as to why they are worth the salary they receive.
● Have you had a visit from your party’s rep resentative after voting for him/her?
● Does the party of your choice mostly use the slogan like: “Do not vote for such and such a party”, instead of coming up with solutions to South Africa’s problems.
● Does your party have workable solutions to SA’s problems, or do they just say they have. If your party makes promises about what to do after the elections - why did they not do it before the elections?
nuusbrokkies
NASIONALE Kinderbeskermingsweek word jaarliks van 28 Mei tot 4 Junie in die land herdenk. Ondersteun kinderbeskerming deur jou POPPIE plakker by die Togryers museum @ R10 te kom koop.
DIE Togryers museum op Ceres stel hul UBUNTU WINTER DRIVE aan die publiek bekend. Vanjaar vat hul hande met die ACVV op Ceres. Die projek sluit in die jaarlikse sop- en koffieflesse en die insameling van verskeie ander noodsaaklike items. Die seisoen draai en dit is tyd om kaste skoon te maak. Indien jy enige warm klere het kan jy dit gerus by die Togryers museum óf ACVV-kantore kom afgee. Onthou ook om jou leë koffieflesse (groot mayonnaise bottels kan ook werk) museum toe te bring. Die museum steun elke jaar swaar op die gemeenskap vir droë bestanddele vir hul bottels.
HET jy al ‘n paar kleurvolle, funky sokkies in jou kas? Indien nie, het jy nog tyd om daai kleurvolle sokkies wat jy nog altyd wou aanskaf, voor 7 Junie aan te koop. Crazysocks4docs is ‘n jaarlikse inisiatief waar die klem op die geestesgesondheid van dokters en gesondheiswerkers val. Deur dié kleurvolle sokkies te dra op Vrydag 7 Junie, raak inwoners deel van die wêreldwye bewusmakingsveldtog. Die Togryers museum ondersteun ook die inisiatief en vra dat inwoners van die streek hul omgee vir ons dokters en gesondheidswerkers wys.
Tulbagh
SAPD lewer uitstekende diens
MARTIN van Wyk van Tulbagh skryf:
VERLEDE week, netso skuins voor skemer, is ek deur drie jong mans wat gewapen was met messe, van my beursie en selfoon beroof.
Gelukkig was die beursie kontantloos en was dit gevolglik van geen nut of waarde vir die rowers nie. Geskok - maar gelukkig ongedeerd want ek het toegegee en nie enige geveg of weerstand gebied nie - is ek na Tulbagh polisiestasie toe. By die polisiestasie is my klagte met die nodige dringendheid en absolute professionele diens ontvang. Vanaf die jong konstabel as my eerste kontakpersoon tot die meer ervare sersant in die diensbakkie, wat sonder aarsel en net voor hulle moes uitval, saam met my gery het om na die booswigte (sonder sukses) te gaan soek, tot almal in die aanklagkantoor wie met hoflikheid en begrip my verklaring afgeneem het. Die speurders het met ‘n onblusbare ywer gewerk en na 48 uur die booswigte gekry én my foon (wat nou stukkend en heeltemaal nutteloos is) teruggekry.
Met die skrywe wil ek net my waardering en absolute dankbaarheid teenoor die polisie oordra. Dankie SAPD Tulbagh, julle is tops en julle diens word beslis hoog aangeskryf en is tekenend van wat opregte diensbaarheid van die SAPD in geheel behoort te wees.
Verkragtingsaak na streekhof oorgeplaas
DIE verkragtingsaak teen ‘n werklose Wolseley-inwoner is na die Wolseley streekhof oorgeplaas.
Die 41-jarige Wolseley inwoner word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 op die dorp plaasgevind. Die man is verlede jaar gearresteer en aangehou voordat borgtog van R2000 op 13 November 2023 met streng voorwaardes, aan hom toegestaan is.
Die saak is na 10 Julie uitgestel vir pleit en verhoor.
*Volgens die strafproseswet kan die verdagte eers geïdentifiseer word sodra hy gepleit het.
Die lig is weer groen
DIE verkeerslig op die hoek van Voortrekker- en Owenstraat oorkant Ceres Superspar, het vir meer as 3 maande rooi geflikker. Die verkeerslig word soos ‘n toegeeteken hanteer maar tydens skooluitkomstye (beide rigtings in Owenstraat) en wanneer groot hoeveelhede motors en vragmotors uit Michellspas se rigting die dorp binnery, was daar erge opeenhopings by die verkeerslig. Die stop en ry in Michellspas het ook tot opeenhopings bygedra. Die verkeerslig is verlede Vrydag herstel nadat ‘n nuwe Novac beheerstelselkontroleerder van meer as R150 000 gebou en na Ceres gestuur is. Die Witzenberg munisipaliteit het ook rugsteun batterye van R200 000 by dié verkeerslig sowel as die een by die polisiestasie geïnstalleer. Die verkeersligte sal tydens beurtkrag steeds werk. * Hier staan Mark Green, senior bestuurder verkeersdienste by die verkeerslig wat nou herstel is.
Barnard kry R1000 borg
‘n OUD Ceres-inwoner wat in Maart 2023 ‘n opgeskorte vonnis vir gesinsgeweldoortredings en die minagting van beskermingsbevele opgelê is, is in George vrygelaat op R1 000 borg.
Riaan Barnard (42) het Maandag 20 Mei in die George landdroshof verskyn weens die aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (80) tussen 4 en 5 Maart vanjaar.
Tydens ‘n onderonsie het hy die stoel onder hom uitgeskop, hom met sy skouer gestamp en hom gedreig. Barnard is op 5 Maart in hegtenis geneem en op 20 Mei op borgtog vrygelaat.
Hy moet weer op 25 Junie in die hof verskyn. Vorige vonnis
Landdros Z.B. Sogwagwa het in Maart 2023 vir Barnard op drie klagtes van die oortredings van regulasie 103 van wet 60 van 2000 (minagting van beskermingsbevele en gesinsgeweldoortredings), skuldig bevind.
Barnard is 3 jaar gevangenisstraf opgelê wat in geheel vir drie jaar opgeskort is. Barnard is ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit of te hanteer. Hy is na dié vonnis vrygelaat.
Barnard bots sedert Julie 2022 met die gereg en was sedertdien in en uit hofsale.
Hy was ook in die tyd sewe maande in aanhouding, twee keer op borgtog vrygelaat en twee keer gearresteer.
‘n MAN (26) van Malmesbury wat Saterdag 18 Mei sy VW Citi Golf vir sy familie in Worcester gaan wys het nadat hy dit gekoop het, was buite Tulbagh in ‘n ongeluk betrokke. Die bestuurder en drie insittendes was omstreeks 14:15 op pad terug na Malmesbury toe die Golf teen ‘n VW Caddy van Ceres gebots het. Niemand is beseer nie. * Die bestuurder van die Golf is weens dronkbestuur in hegtenis geneem. Sodra die bloed-alkoholverslag gefinaliseer is, sal hy in die Tulbagh landdroshof verskyn.
Verdagtes se borgaansoek word weer uitgestel
MEER as ‘n jaar na die moord op ‘n sendeling en Ceres-inwoner, is die twee mans wat van sy moord aangekla word, se borgaansoek vir die soveelste keer uitgestel.
Die saak is tot 4 Junie uitgestel. Die twee verdagtes bly in aanhouding. Die twee mans, Banele Moyo (20) en Bongani Banda (20), word verdink en aangekla van die moord op die 59-jarige Herman Nieuwoudt van Ceres.
Hulle verskyn in die Worcester landdroshof op ‘n klagte van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig.
Geskok
Dié moord het verlede jaar skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur.
ware in die dorp te gaan koop.
Die bakkie is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het.
Saterdag 6 Mei 2023 omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/ Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is.
Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei 2023 na 17:00, sy huis op Ceres in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat om kruideniers-
Dit is later as dié van Nieuwoudt geïdentifiseer.
Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug.
Sy bakkie is later op die Eurekaplaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind.
DIE twee 20-jarige verdagtes, Bongani Banda (links) en Banele Moyo, tydens ‘n verskyning in 2023 in die Worcester landdroshof. FOTO: Edrea du Toit - Rapport
CHARLIE Hofmeyr het verlede naweek ‘n sportdag teen Hoërskool Swartland aangebied. Die eerste meisie hokkiespan het met 2-1 gewen. * Die eerste rugbyspan het ‘n opwindende wedstryd met 30-27 gewen.
FOTO: Herman Snyman
LAERSKOOL F.D. Conradie is trots op twee leerders wat die Cravenweekspan gehaal het. Daniël van Deventer en Heinz Rautenbach, is opgeneem in die o/13 Boland Cravenweekspan. Hulle gaan vanaf 16-21 Junie aan die Cravenweek in Pretoria deelneem.
Jeugfotograwe na Rusland genooi
JEUGFOTOGRAWE van die Witzenbergstreek het geskitter by die IV International Youth Photo Contest Eurasia Noframes wat onlangs in Rusland aangebied is. Ané Sauer (16) van Hoërskool Charlie Hofmeyr en Thomas Bothè (18) van Wolseley - beide lede van Witzenberg Photographic Society, is uitgenooi na Rusland om hul toekennings te ontvang op die Eurasia kongres in Chelyabinsk wat vanaf 8 tot 12 Julie plaasvind. Net ‘n klein aantal jeug fotograwe is genooi. Witzenberg Photographic Society vra die gemeenskap om te help met enige finansiële ondersteuning om dié twee jongmense te help met vlug- en vervoerkostes van nagenoeg R24 000 elk. Hulle verblyf- en kongreskostes word deur die Eurasia komitee betaal. * Ané het ’n totaal van sestien internasionale salon-aanvaardings ontvang. Hoërskool Charlie Hofmeyr het 155 aanvaardings en vyf medaljes en vier eretoekennings ontvang. Dit is die meeste in Suid Afrika vir jeugfotograwe. Thomas het die meeste aanvaardings in totaal ontvang. Hy het 28 aanvaardings - wat twee goue medaljes en ‘n serifikaat van meriete insluit, ontvang.
DIE o/13 netbalspelers van Bella Vista primêr het Saterdag 18 Mei aan die Kaapse Wynland netbalkampioenskappe deelgeneem. Die span het eerste geëindig en deurgedring na die volgende rondte (Wes-Kaap kampioenskappe) wat Saterdag 25 Mei in Somerset-Wes plaasvind.
Die gemagtigde personeel:
WAARSKUWING!
Dit is met kommer dat ons verneem dat bedrieërs poog om eiendom te betree onder voorwendsel dat hulle deur die munisipaliteit gekontrakteer is om die elektrisiteit dienste te staak weens wanbetaling. Geliewe kennis te neem dat slegs persone wat hulself positief kan identifiseer met die kaartjie soos in die aangehegte voorbeeld deur die munisipaliteit aangestel is. Die aangehegte foto’s is van die gekontrakteurde personeel. Die munisipaliteit stuur nooit WhatsApp-boodskappe om u in kennis te stel dat u elektrisiteit toevoer gesny gaan word nie. Skakel die Munisipaliteit by (023) 316-1854 indien daar enige twyfel bestaan oor 'n persoon wat u perseel wil betree.
‘n HOKKIE afrigtingskliniek is saam met die S.A. vroue hokkiespan op Charlie Hofmeyr se astrobaan aangebied. VLNR: JR Froneman (sportafrigter van Charlie Hofmeyr), Giles Bonnet (hoofafrigter van die S.A. vrouespan) en Mark Watt (een van die borge en organiseeders van die afrigtingskliniek).
‘n EERSTE vir die Witzenbergstreek. ‘n Hokkie afrigtingskliniek is saam met die S.A. vroue hokkiespan en ‘n paar mans spelers op Charlie Hofmeyr se astrobaan aangebied. Hier is die groep saam met Mark Watt, een van die borge en organiseeders van die afrigtingskliniek.
Protea hokkiespelers besoek Ceres
CERES se hokkiegemeenskap het Woensdag 15 Mei die voorreg gehad om lede van die Suid-Afrikaanse mans- en vrouehokkiespanne onder leiding van vrouekaptein, Erin Christie en hoofafrigter Giles Bonnet, by Hoërskool Charlie Hofmeyr se astrobaan te verwelkom om ‘n hokkiekliniek vir leerders en afrigters van die Witzenbergstreek aan te bied.
Behalwe om hierdie spelers van internasionale gehalte in aksie te sien het leerders van F.D. Conradie, Rijks op Tulbagh, Gericke en Charlie Hofmeyr die geleentheid gehad om met Erin, Giles en hulle span individuele hokkievaardighede en span-strategieë in te oefen.
Die kliniek was nie net daarop gemik om die vaardighede van die spelers te verbeter nie, maar ook om die afrigters te bemagtig en is ‘n sessie vir die skoleafrigters gehou waarin nuwe afrigtingstegnieke en -tendense deur die internasionale sterre oorgedra is.
Die afrigtingskliniek is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning en inisiatief van Supersport Schools en Mark Watt met Cecile du Toit wat as fasiliteerder opgetree het.
WITZENBERG ouers en onderwysers met ‘n passie vir hokkie en die bevordering van die sport onder plaaslike leerders het saam met SuperSport Schools en ander borge saamgespan om ‘n afrigtingskliniek saam met die S.A. vroue hokkiespan aan te bied. Die kliniek is Woensdag 15 Mei aangebied. Die o/11 en o/13 hokkiespelers van Laerskool F.D. Conradie, Laerskool Gericke en Rijks op Tulbagh het die kliniek bygewoon. Later die dag het die o/14 tot o/19 spelers van Charlie Hofmeyr die kans gekry om meer van die sport te leer.
QUERIN Cedras (regs), krieketspeler van Ceres primêr, is opgeneem in die o/13 Overberg Eagles krieketspan. By hom staan Craig Volmoer(sportsameroeper).
TWEE werknemers van Steinthal Vaardigheidskool is verkies op S.A. LSEN-vlak. Patrick Pietersen (links) is verkies as ondervoorsitter van S.A. LSEN en Herman Martin is aangewys as spanbestuurder van die SA LSEN-span vir 2024.
DIE personeel van Mooi Uitsig primêr is tydens wedstryd-dae geklee uitgevat in hul eenvormige skool sweetpakke. Hier is hulle reg vir rugby- en netbalwedstryde.
KENNISGEWING
AANVAARDING:
2024/2025 BEGROTING EN GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN (GOP)
Kennis geskied hiermee ingevolge, onderskeidelik, artikel 18 van die Munisipale Begrotings en rapporterings regulasies, 2009 artikel 75(A)(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000) dat die volgende dokumente gedurende die Raadsvergadering op 16 Mei 2024 goedgekeur is.
•Begroting en Begrotings beleide 2024/2025 (en aanduidende syfers vir 2025/2026 en 2026/2027)
•Gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2024/2025
Die 2024/2025 begroting, gelde, kostes en tariewe sal vanaf 1 Julie 2024 geïmplementeer word. Die gemelde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke van die Witzenberg Munisipaliteit gedurende normale kantoorure, en is ook beskikbaar op die Witzenberg Munisipaliteit se webwerf by www.witzenberg.gov.za
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
NOTICE
ADOPTED: 2024/2025 BUDGET AND INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN (IDP)
Notice is hereby given in terms of Section 18 of the Municipal Budget and reporting regulations, 2009, and Section 75(A) (3) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act Nr. 32 of 2000) respectively, that the following documents were approved at the Council meeting held on 16 May 2024.
•Budget and Budget Policies 2024/2025 (and indicative figures for 2025/2026 and 2026/2027)
•Amended Integrated Development Plan (IDP) 2024/2025
The 2024/2025 budget, fees, costs and tariffs shall be implemented with effect from 1 July 2024.
The said Council Resolution and all other relevant documents may be inspected at the Municipal Offices and Public Libraries of Witzenberg Municipality during normal office hours and is also available on the Witzenberg Municipality’s website at: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNICIPAL MANAGER
ISAZISO
OLUVUNYIWEYO:
UHLAHLO LWABIWO MALI LUKA 2024/ 2025 NE NKQUBO YEZICWANGCISO ZOPHUHLISO
YEMINYAKA EMIHLANU
Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 18 likaRhulumente wengingqi wezohlahlolwabiwo mali kunye nomthetho wokunika ingxelo, ka 2009, necandelo 75(A) (3) likaRhulumente weNgingqi: uMthetho owaziwa njenge (Municipal Systems Act ka 2000 unombolo 32) ubhentsisa mhlophe ukuba ezizinto zilandelayo ziye zavunywa kwintlanganiso yeBhunga eyayibanjwe ngomhla wama 16 kuCanzibe 2024.
•Uhlahlo lwabiwomali luka 2024/2025 (Namanani abonisayo ka2025/2026 no 2026/2027)
•Inkqubo yeZicwangciso zoPhuhliso Yeminyaka emihlanu (IDP)2024/2025
Uhlahlolwabiwo mali luka 2024/ 2025 neendleko kunye namaxabiso aqingqiweyo ziyakuzalisekiswa ukusuka ngomhla wo 1 KweyeKhala 2024. Ezizigqibo zeBhunga kunye namanye amaxwebhu akumila kunje ayakufumaneka kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala nakumathala eencwadi kaMasipala wase Witzenberg ngamaxesha empangelo,kwaye ayafumaneka nakwi website ethi www.witzenberg.gov.za D. NASSON
UMPHATHI-MASIPALA
classifieds
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
1943/06/16 - 2024/05/17
ROUDIENS: Do. 23 Mei
Huis: 19:00 Venusstr. 1, Ceres
BEGRAFNIS: Sat. 25 Mei
Huis: 09:00 Venusstr. 1, Ceres
is there to help with:
•Financial assistance
•Bring back lost lovers
•Court and divorce cases
•Pay after job is done
Louissa Sym Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Kerk: 10:00 VGK Ceres Graf: Owenstraat, Ceres
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Christine Damon 1947/03/07 - 2022/05/24
Ma Chrissie is reeds twee jaar weg van ons. Ons mis jou nog elke dag.
Ma het ons alles geleer, behalwe om sonder jou te lewe. Partykeer wens ons dat ons net weer Ma se stem kan hoor.
Ons weet Ma is altyd by ons, en ons sal altyd lief wees vir Ma. Dankie vir alles wat jy vir ons gedoen het. Met liefde, jou man, Carl, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
DiensteDienste Dienste: •Blokkasies en lekke •Geiser installasies •Rioolstelsels •Gebarste pype •Alle loodgieter herstelwerk
•Son geysers (COC) Skakel Richard ‘Stormy’ Langeveldt 079-814-0627
NB Is ook PIRB geregistreer vir versekeringswerk.
CENTRAL CERES
MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres
☎ (023) 312-1254
☎ (023) 312-1274
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
•Delayed pension 063-478-6523 KANTOORSPASIE TE HUUR
Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres
(Ou Witzenberg Herald perseel) ONMIDDELLIK BESKIKBAAR
Vir navrae skakel Johanni 082-738-5671
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 3474092 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o DIANA & KIM
Whatsapp jou naam, die item wat jy wil verkoop + die woord HER ALD na 066-316-3003
Reëls: • Slegs items onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
Sat. 8 Junie 2024 l 09:00 - 15:00 STALLETJIES TE HUUR @ R100 (Bespreek en betaal asb. stalletjie voor 31 Mei 2024) (Bring eie tafel en stoele) TB SURVIVOR kom praat by omgeewinkel
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
CORNEL Muller, PGA gholfspeler van Ceres, het Saterdag 18 Mei sy sesde kolhou (hole in one) geslaan. Cornel het ‘n wigyster gebruik op die 130 meter no.14 putjie op Ceres gholfbaan.
DIE sentrum vir haweloses op Ceres in Vosstraat (agter Capitec) se jaarlikse Mannekamp vind weer die naweek plaas by Boy Muller primêr.
Opwindende kinderpret l Vars vrugte en groente l Tuisnywerheid met heerlike gebak l Koffie & koek Pannekoek, Poeding, Hamburgers, Chips, Roosterkoeke, Afval, Hoendersosaties, lekker Veiling en vele meer
o/12 -
beskikbaar by Kerkkantoor
- R100
EIE VERVERSINGS & DRINKGOED Hamburgers teen R40 elk kan by Kerkkantoor bestel word. DESMOND se koswaentjie met chips, koffie en milo sal ook daar wees (kaart/kontant) (023) 313-3694 ngkpah@absamail.co.za
Winelands Autumn Expo
THE Winelands Autumn Expo is set to debut in Worcester on May 24th and 25th, 2024, showcasing the vibrant hospitality of the Cape Winelands District all under one roof.
For the first time ever, visitors will have the opportunity to immerse themselves in the flavours, experiences, and celebrations that define this renowned region.
Nestled just off the N1, the splendid sports grounds of Montana High School will host this inaugural event, offering guests a convenient and captivating location to experience the best of the Winelands.
As Autumn unfolds, the Winelands come alive with a symphony of flavours and experi-
ences, making it the perfect season to explore this region.
The event is funded through the Cape Winelands District Municipality’s Local Economic Development and Tourism units and comes as a result of requests from the Agri-tourism sector.
The CWDM has partnered with the Breede Valley Municipality (BVM) in order to host the event in the most central part of the Winelands, Worcester.
Visitors can savour menus from food trucks while enjoying live performances by Die Heuwels Fantasties, Emo Adams, Taryn Lamb, Loufi, Eddie Strings, Michael, Drum Café and local artists, Michael and Forest Musician and more.
LAERSKOOL Waveren op Tulbagh het onlangs aan Morrisdale primêr se sportdag op Ceres deelgeneem. Die o/11 netbalspan het ook deelgeneem. VOOR: Gail Stoffels (sertifikaat vir die beste voorspeler) en Meekah Luitjies. AGTER: Hayge Ockhuis, Cashlynne Smith, Ameerah Josef, Amadea Christians, Mellichan Korasie (afrigter) en Kira Meyer.
FOTO: Peter Luitjies
LEERDERS van Laerskool Waveren (graad R tot graad 7) op Tulbagh, het Vrydag 10 Mei ‘n beroepsdag bygewoon. Elkeen moes aantrek volgens hul toekomstige beroep wat hulle eendag sal wil doen. Van die beroepe wat uitgestaan het was onderwys, verpleegsters, prokureurs en brandweerlede. Hier is Neville Jones, skoolhoof, afgeneem saam met die leerders.
DIE eerste Charlies Markdag is op Maandag 29 April by die skool aangebied. Die dag was feestelik, opwindend, smullekker, kreatief en ‘n groot sukses. Dit is van die woorde wat Charlies se Markdag beskryf het.
Vista
het Maandag 13 Mei ‘n gedenkbord ter ere van hul kampioenatleet en deelnemer aan vanjaar se Olimpiese Spele, Adriaan Wildschutt (25), by die skool onthul. Jonathan Alexander en Bella Vista rugbyklub se ondersteunersklub het in samewerking met die skool, die bord opgerig. “Die breë gemeenskap is besonder trots op Adriaan se prestasies. VLNR: Anchen Nasson (aangewese skoolhoof van Bella Vista Hoërskool vanaf 1 Junie), David Koopman (Ceres atletiekklub), Nico Jansen (atletiekafrigter), Trevor Abrahams (Witzenberg burgemeester), Maggie Abrahams (burgemeestersvrou), Desiree Pharo (oudhoof van Bella Vista Hoërskool en mentor van Adriaan), Jezreel Manuel (adjunkhoof) en Moos Hartnek (destydse afrigter van Adriaan).
Kole
-
Breakfast. Every time you order this delicious
Kole & Deeg will pass R10 to CHAIN to support its animal rescue work. And this isn’t just any brekkie - it’s super special! You get toasted mosbolletjie with melted mozzarella, fried eggs and crispy bacon, garnished with extra thin potato crisps and chilli oil. If you prefer, you can try the dish with another of Kole & Deeg’s famous artisan breads, such a roosterkoek or sour dough, instead of the mosbolletjie
CHAIN relies on public donations to do its work. We are proud to welcome Kole & Deeg on board as the first of our fundraising partners in the local business community. Next time you’re feeling lus for a lekker brekkie, pop into Kole & Deeg and ask for the CHAIN Breakfast - it tastes even better because it supports a good cause!
-
09:00 - 15:00
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
CERES rugbyklub het verlede Saterdag teen Roses gespeel op die Boland stadium. Ceres het in die doodsnikke met 3734 gewen.
FOTO: Herman Snyman
Sport Witzenberg Herald
Witzenberg-spanne aan die wenkant
PLAASLIKE spanne in die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie het die naweek goeie oorwinnings behaal.
Bella Vista rugbyklub het gewys hy is met mening terug na ‘n paar wisselvallige vertonings. Bella Vista het Evergreens op hul tuisveld goed afgestof en met 46-19 gewen. Ceres het ook ‘n goeie oorwinning van 37-34 oor Roses United behaal. Hamlet het ‘n groot oorwinning behaal en Temperance met 3712 geklop.
Uitslae van die Witsentraal Groot uitdaagkompetisie: Delicious klop Wolseley naelskraap met 14-11, Newtons klop Young Blues 36-34, Hill-crest is te sterk vir Wellington en wen maklik met 68-17.
Uitslae van die Witzenberg Streekuitdaagkompetisie: La Plaisant klop Môrester 3225, Lovedale klop Lindeshof 26-8, Young Good Hopes verloor 22-52 teen Vastrap, Young Westlyans is weer aan die wenkant en klop Paardekloof 14-3, Op-die-Berg klop Red Roses 43-22, Pumas klop Miracles 22-20, Young Black Arrows klop Young Eagles 5130, Langrivier klop Kromfontein 41-28, Young Blues klop Nooitgedacht 15-7 en Howbill mors met Esperanto en wen 81-3.
Delicious netbalklub kry rugsakke
DELICIOUS netbalklub bedank Ceres Buildit en Eddie Bouers vir die rugsakke wat hulle geborg en geskenk het aan die klub. VLNR: Terri Manus, Beverley Angle, Gail Barnard en Nische Africa.
SATERDAG se wedstryd tussen Delicious en Wolseley kon nie werklik aan die gang kom nie. Die spanne het goed opgeweeg teen mekaar en kon slegs met strafskoppe punte aanteken. Delicious het rustyd 8-3 voorgeloop nadat Denzil Vergotine, Delicious se enigste drie gaan druk het. * Hier probeer Revaldo Maunrice van Wolseley vir Vergotine keer.
DIE naweek het Initium ‘n tweebal stableford sametelling geborg. VLNR: Gert Griessel (Initium), Henri Ferreira en Peter Versfeld (eerste), BJ Claasen en Aubrey Isaacs (derde), Bennie van Rensburg (klubkaptein) en Cornel Muller (kolhou aangeteken).
Peter en Henri wen Initium gholfdag
DIE naweek het Initium ‘n tweebal stableford sametelling geborg.
Peter Versfeld en Henri Ferreira het die kompetisie met 77 punte gewen. BJ Claasen en Simon Molaza was in die tweede plek met 76 punte. BJ se punte het ook saam met Aubrey Isaacs getel. Dié spankombinasie was derde met 75 punte.
Etienne Notley en Carel Cronjé was in die vierde plek met 69 punte.
Veertig spelers het aan die dag deelgeneem.
April-kompetisies: Die gewilde Boland senior reeks word weer op Donderdag 30 Mei op De Zalze aangebied. Koste beloop R450 per speler. Spelers wat 49 jaar en ouer is, mag in die kompetisie speel en inskryf op Boland Gholf se webtuiste. Saterdag 25 Mei word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied.