Witzenberg Herald Vol.23 no.43 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 43

R7.00

Friday, November 6, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 5 November

Vrydag 6 November

13° 17°

16° 24°

Saterdag 7 November

Sondag 8 November

12° 18°

10° 15°

Ceres Koekedouw dam

100%

Stay Safe - Play your part and save lives Lesing: 2020/11/04

Telephone: (023) 316-2021/3

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Tweede slagoffer uitgeken DIE Pine Valley-reeksmoordenaar van Wolseley se tweede slagoffer is geïdentifiseer. Die Wes-Kaap polisie het bevestig dat die slagoffer, Miché Pienaar (25), aan haar vingerafdrukke uitgeken is. ‘n Derde slagoffer moet nog uitgeken word. Die identiteit, ouderdom en geslag moet deur middel van DNS-toetse bepaal word. Daar is ‘n moontlikheid dat dié uitslae voor die verdagte se volgende hofdatum in Desember, beskikbaar sal wees. Pienaar, ‘n ma van ‘n 4-jarige seuntjie, se familie het haar laas op 3 September gesien. Sy is blykbaar reeds op 28 September vermoor en in ‘n vlak graf begrawe. Die onbekende slagoffer is na bewering op 5 Oktober al vermoor. Agtergrond Die Wolseley polisie het Saterdag 24 Oktober die liggaam van die 21-jarige Bernadine Frans (Cloete), langs ‘n grondpad gekry nadat ooggetuies omstreeks 22:30 gesien het hoe die verdagte ‘n liggaam sleep. Hy het ook ‘n graaf by hom gehad. Sondag 25 Oktober het ‘n voetganger ‘n vlak graf in ‘n stuk veld opgemerk waarna die polisie weer na die Pine Valley woonbuurt uitgeroep is. Die polisie se forensiese-patologiedienste, plaaslike speurders, vingerafdrukdeskundiges en die polisie se honDIE hoof van Wes-Kaap polisie, lt.genl. Yolisa Matakata (links) het verlede Maandag die moordtoneel en vlak de-eenheid is ook ontbied. Die beendere grafte op Wolseley besoek. Hier is sy saam met kol. Oppelt (hoof van Worcester misdaadintelligensie) en van twee persone is in vlak grafte, nie genl.maj. Mene (Worcester sektorhoof). ver van mekaar, gevind en later opgeFOTOS: SAPD en Jaco Marais/Die Burger. grawe. Hofverskyning Die polisie het die Saterdagaand vir Siyamcela Sombambela (32), ‘n Sothoman en plaaswerker, gearresteer. Hy het vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn en aangedui dat hy gaan skuldig pleit. Die saak is vir verdere ondersoek na 9 Desember uitgestel. Hy bly in aanhouding. Inligting Die polisie ondersoek die dood van drie persone. Indien die gemeenskap weet wie die laaste persoon is, kan hulle die Wolseley SAPD skakel by (023) 230-8000 of die ondersoekbeampte, s/sers. Pieterse by 079-894-0195. Begrafnisse Volgens ‘n familielid beplan die familie om Miché die naweek op Miché is aan haar vinger- NADAT die nuus van die gru-ontdekkings (regs) rugbaar geword het, het ontstoke Wolseley te begrawe. Die begrafnis van Bernadine Frans (Cloete) het afdrukke uitgeken. inwoners die karavaan waarin die verdagte gewoon het, aan die brand gesteek. verlede Saterdag vanuit die Ou Apostoliese kerk plaasgevind.

2KG OK BROWN SUGAR

GLEN TEA TAGLESS 100’S

1799

Kom kry jou SUNFLOWER “Count on Card” COOKING OIL in die winkel 99

OK MINIMARK CERES, VOSSTRAAT 44 ☎ (023) 316-1571 NESTLÉ SMARTIES (40G) + BAR ONE LARGE 99 (55G)

7

750G OK MAYONNAISE

19

each

2L OK PURE

each

BESIGHEIDSURE: Maandag - Sondag 07:00 - 20:00

2999

99 each

14

1KG ACE INSTANT PORRIDGE BANANA, STRAWBERRY, 99 VANILLA AND ORIGINAL

41

OMO BLEACH LEMON 750ML

1799 each

each

each

each

999 each

SUNSHINE D’LITE BRICK 500G

1KG SASKO SELF-RAISING WHEAT FLOUR

1399 each

SCORE ENERGY DRINK STRIKER 500ML

799 each

Promosie geldig 4 - 8 November 2020 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars!


2

WITZENBERG HERALD

Friday, November 6, 2020

DIE bye is my getuie. Die woorde gee ‘n duidelike beeld wie Eric Eksteen (29) is. Eric van die Boontjiesrivier-omgewing, is iemand wat passievol is oor bye. Hy is ‘n inspirasie vir ander al het die lewe hom al ‘n paar dwarsklappe gegee - hy verloor albei sy ouers op ‘n jong ouderdom (pa aan kanker en moeder vermoor) en word later deur sy ouma grootgemaak. Op skool vorder hy net tot graad 10 en hy kon soos baie ander verdoem gewees het tot ‘n sukkelbestaan. Die byeboerdery het hom egter gered. In 2006 begin hy as 15-jarige met bye boer en sedertdien sê hy: “ My liefde vir bye word net meer en meer. Eric het op sy eie begin, homself geleer en vandag word sy bye vir bestuiwing op talle plase gebruik, maak hy sy eie heuning en doen hy ook die verwydering van bye”. HARRY Marcus (75), jarelange inwoner van Ceres, is Dinsdag 27 Oktober skielik oorlede. Harry het in die destydse Suid-Wes Afrika (Namibië) grootgeword. In die vroeë 1960’s het hy sy vrou, Sandra, ontmoet en hulle is in 1966 getroud. Die egpaar was 52 jaar getroud in 2018. Gedurende Maart 2018, moes Harry van Sandra afskeid neem na sy skielik oorlede is. Harry was sedert 1973 in die motorbedryf waar hy in Usakos sy eie Ford motoragentskap en werkswinkel bedryf het. In 1984 het hy die onderneming verkoop en by die Ford handelaar in Malmesbury begin werk. Hy is later na die destydse Ceres Auto Garage verplaas. In 2000 sluit Harry hom by Ceres Delta aan waar hy tot en met sy aftrede in 2006, gewerk het. Hy sal altyd onthou word vir die diep spore wat hy in die motorbedryf getrap het en die omgee vir sy gesin. Hy word oorleef deur sy vier kinders Marinda, Riaan, Harry en Tiaan asook vyf kleinkinders.

CHARLIE Hofmeyr het hul nuwe hoofleiers vir 2021 gekies. VLNR: Jana Malan (onderhoofmeisie), Amanda Reynolds (hoofmeisie), Emile Joubert (hoofseun) en Gerbrand Geldenhuys (onderhoofseun).

Klanke is die oplossing TRUIDA Joubert (96) jarelange inwoner van Ceres het ‘n paar jaar gelede ‘n boekie: Ons leer klankklank lees geskryf. Die Witzenberg Herald gaan die volgende paar weke uitreksels uit die boekie publiseer. Dit sal dit vir almal maklik maak om te leer lees. Les 7.

Ons leer klank-klank lees Let op dat al die dubbelklanke onderstreep is. Probeer om nie na die boonste dubbelklanke te loer nie. oo oe aa ou ee eu uu ei ie ui Die duif koer en roep sy maat. ‘n Groot boom val op die uiestoor Oom Koot ploeg ‘n diep voor. Ja, daardie kind het geraas. Leen bak brood in die stoof. Oupa en ouma is baie oud. Pa maak ‘n groot vuur om vleis te braai. Groente is goed vir ons. Gekookte eiers smaak baie lekker. Net baie stout seuns slaan hulle maats. Maalvleis word gebruik om wors te maak. Suur druiwe smaak nie lekker nie. Hoeveel uur gaan ons reis? ‘N STORIE Boet en Jaap speel saam. Hulle is groot maats en steur hulle nie aan meisies nie. Daar is te veel dinge op die plaas om te doen. Die meisies speel pop en hou nie van rof speel nie. Seuns moet die pluimvee kos gee en ook die ryperde koud lei. Daarna moet hulle die perde voer gee. Ses uur moet almal tuis wees om huiswerk te doen en te eet. Wanneer hulle laat kom, is Siena baie suur. Al die dubbelklanke is weer onderstreep. Lees dit as een klank. ‘N STORIE Soekie en Toekie gaan saam skool toe. Hulle is vreeslik skaam. Hulle kom van die plaas en het maar altyd met mekaar gespeel. Daar is nie maats vir hulle nie. Almal is te oud of te jonk of hulle is seuns wat te rof speel. Meisies wil liewers met hulle poppe speel.

☎ (023) 315-5003 ✉ 35 CERES 6835

SEISOENSPOS: VURKHYSERBESTUURDERS

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei. HOOFFUNKSIES: • Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers • Laai van palette in tonnelkamers en rakke • Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers • Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors • Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take DIE IDEALE KANDIDAAT MOET: • Geldige rybewys van vurkhyser lisensie toon • Ondervinding hê van ry in koelkamers • Verwysings van vorige werke ‘n vereiste ONS BIED DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT: • Markverwante loon • Gunstige werksomstandighede SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 19 November 2020 AANSOEKE KAN GESTUUR WORD AAN: lizette@cereskoelkamers.co.za Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word. VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: Lizette Mostert (023) 315-5003

HEINRICH Moses (29), ‘n onderwyser by Ceres Sekondêr en inwoner van Ceres, is vanjaar ‘n deelnemer in die Mnr. S.A. kompetisie. Heinrich is nou in die Top 10. Die wenner word op 28 November gekroon. Kaartjies is teen R100 beskikbaar. Kaartjies is beskikbaar via die Mnr. S.A. sosiale media platvorms. “Die kompetisie verloop goed en ek is dankbaar vir die ondersteuning van die Witzenberg gemeenskap sowel as al my ondersteuners”. FOTO: @dionnejordaanphotography

CERES (023) 316-2226

FRUIT & VEG ASSISTANT • Moet onder druk kan funksioneer • Goeie menseverhoudinge • Moet bereid wees om naweke en skofte te werk • Moet ten volle tweetalig wees • Vorige ondervinding sal in guns tel • Matriek is ‘n vereiste Salaris onderhandelbaar Rig CV aan: ceres3@retail.spar.co.za Vir aandag: Die Personeelafdeling Sluitingsdatum vir aansoeke: 20 November 2020 Diensaanvaardings: Spoedig moontlik Indien u teen 25 November 2020 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, November 6, 2020

COVID-19 gevalle begin weer styg COVID-19 gevalle in die Witzenbergstreek het die week weer begin styg. Tans is daar 42 positiewe gevalle aangemeld. Sewentig Witzenberg-inwoners het sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek weens die virus gesterf. Statistieke Teen Dinsdag 3 November was daar 1686 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 1574 volkome herstel. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 4369 (tot 3 November), daar is 116 544 positiewe gevalle aangemeld en 108 780 het volkome herstel. Tans is daar 264 mense in die Kaapse Wynland wie positief getoets het vir COVID-19. - Neem goeie besluite wanneer jy met jou masker (wat jou mond en jou neus moet bedek) in publieke plekke rondbeweeg. - Jy kan voorkom dat COVID-19 verder uitbreek deur plekke te vermy waar baie mense byeen is en daar min vars lug is, plekke waar dit moeilik is om 1,5 meter afstand van ander te hou en plekke waar nabye kontak vereis word. - Was gereeld jou hande en reinig jou hande wanneer jy by ‘n taxi, winkel, plek van aanbidding en ander publieke areas ingaan.

HERSTELWERK aan die John Steyn biblioteek vorder goed nadat die hoofgebou se dak op 30 Januarie 2019 skielik ineengestort en groot skade aangerig is. Die Witzenberg munisipaliteit het na ‘n tenderproses, waaraan verskeie maatskappye deelgeneem het, vir FJD Bouers aangestel om die biblioteek te herbou. Die boukontrakteur maak gebruik van plaaslike arbeid wat as voorwaarde in die tendervereistes gestel is. Die betonwerke is reeds afgehandel en die nuwe uitbreidings en aanbouwerk is in volle gang. Volgens die munisipaliteit sal die herbou van die biblioteek teen ‘n koste van R2,2 miljoen gedoen word en behoort in die vroeë maande van 2021 voltooi te wees. VLNR: Paul Meyer (argitek), rdl. Karriem Adams (onderburgemeester), Steven le Roux (ingenieur van Sarel Bester Ingenieurs), rdl. Barnito Klaasen (burgemeester) en Freddy Diergaardt (boukontrakteur van FJD Bouers).

Shell Ceres spog met nuwe eienaar SHELL Ceres Service Station spog van 2 November met ‘n nuwe eienaar. Martin van Jaarsveld (links), oudkrieketspeler en sakeman, is die nuwe eienaar. Christo Steenkamp (regs) was die afgelope 25 jaar die eienaar van die onderneming. Christo wil graag sy vrou en kinders, asook die personeel bedank, wat saam met hom die onderneming oor die jare opgebou het. Kliënte kan steeds die goeie diens verwag waaraan hulle gewoond is, aangesien Martin ‘n Shell vulstasie in George besit en die bedryf goed ken. Martin en sy gesin gaan hul op Ceres vestig terwyl Christo en Diane Steenkamp steeds op Ceres gaan woon.

DIE vinnige optrede van twee Ceres polisielede van A-skof, kst. Vincent Thomas en kst. Delano Hofmeester (regs), het gehelp dat twee inbrekers vinnig vasgetrek is na ‘n inbraak by die Bella Vista poskantoor. Die diewe het vermoedelik Sondagaand by die poskantoor ingebreek en Maandag 19 Oktober is die inbraak by die Ceres polisie aangemeld. Die twee polisielede het die klagte bygewoon, ondersoek ingestel en later die twee diewe vasgetrek. Gesteelde goedere en ‘n rekenaar is teruggevind.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom / Property

Ligging / Location

Portion 86 18km North of the Farm of Wolseley Bosjesmans along the Valley No. 218, R43 (Bosjes) Worcester Road

Aansoeker / Applicant

Aard / Nature

Verwysing / Reference

Sluitingsdatum / Closure date

Tommy Brummer Town Planners (021) 5318435

Portion 86 of the Farm Bosjesmans Valley No. 218: Rezoning of an area of 9 204m² in extent including and surrounding the manor house, from Agricultural Zone I to Resort Zone 1 for holiday accommodation purposes Hersonering van ‘n gedeelte te 9 204m² insluitend die herehuis vanaf Landbousone I na Oordsone I vir vakansie akkommodasie

15/4/2/138

07/12/2020


4

WITZENBERG HERALD

Friday, November 6, 2020


WITZENBERG HERALD

Friday, November 6, 2020

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Shannon Morris

06/11/1995 - 28/04/2011

Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Raai wie was op 1 November 2020 45 jaar getroud?

Lena Johanna Reitz

“n Sonstraal het gekom en gegaan. ‘n Kosbare Skat, net geleen. Maar in Gods Paradys sal jy voortbestaan, ons dogter, so geliefd, so geseënd!” Jou 10de verjaarsdag nie meer met ons, maar omring deur jubelende Engele. Ons gun jou daardie vreugde en streef daarna om eendag dit met jou te ervaar

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300 Maama Baraka

Liefde altyd Mammie & Uncle Griffin

Shannon Morris

Hennie en Rita Titus

1935/11/19 - 2020/10/31 Dit is vir ons hartseer om vir Mamma totsiens te sê. Ons harte is baie seer, maar ons gun Mamma die rus. 84 Jaar het die Here Mamma aan ons geleen, en ons het elke dag, elke uur met liefde, blydskap en vreugde gedeel. Mamma sal vir ewig in ons harte wees. Rus sag ons ma, skoonma, ouma en oumagrootjie.

“Mammie, dankie vir die lewenspad van wonderlike jare saam met jou as my vrou. Ek dank die Vader vir iemand so besonders aan my sy.” Met al my liefde van jou man

Carmen Gertrude Lintnaar

1982/03/11 - 2020/10/28 “But those who trust in the Lord will find new strength. They will soar high on wings like eagles. They will run and not grow weary. They will walk and not faint.” Van Burton, Herschelle, Cameron and Byron

Van Dawid, Lientjie, Davene, Brent, Alana en Alan

Lena Johanna Reitz

1935/11/19 - 2020/10/31 You were very kind and thoughtful with a warm and loving heart, and when other people needed help, you always played your part. You will be thought of every single day whatever time of year. Especially on days that we always held so dear. No present will be given and that is really hard, but we will keep the memories forever in our hearts. Each memory is shining bright and treasured dearly too, but memories can not take the place of someone dear like You. From Zeurina, Wilfred, Barry, Courtney, Carlin and Alex

Regina van Wyk

Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

CENTRAL CERES MOTORS

Privaat begrafnis: Son. 8 Nov. 2020

Huis: 12:30, Magnoliastr. 8, BV Kerk: 13:00, Algemene Pinkster Saal, BV Graf: Bella Vista

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

Voortrekkerstr., Ceres

☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Slegs 100 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Lena Johanna Reitz

1935/11/19 - 2020/10/31 Privaat begrafnis: Sat. 7 Nov. 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 95 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

071-707-2066

Opsoek na tegnikus vir CCTV / ALARM / IT installasies

Vereistes: • Ondervinding in CCTV (IP en analoog), alarm en sekuriteit sisteme • Basiese IT kennis (Netwerke) • PSIRA geregistreer • Goeie kommunikasie- en administratiewe vaardighede • Geldige bestuurderslisensie • SAQCC sertifikasie sal gunstig wees. Stuur asb. CV, kopie van bestuurderslisensie en kontakbare verwysings na: careers@jptek.co.za Met verwysing: CCTV / Alarm tegnikus Aansoeke sluit: 14/11/2020

Indien u nie binne 2 weke na sluitingsdatum van ons verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd

BUSDRYWER Vereistes:

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter

Lisensie Kode 14

1 - 2 Jaar ondervinding as busbestuurder

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

PLANT AND TOOL HIRE

Skakel: 083-673-5956

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

Wo l l i e Female. Born 18/05/2020. Small to medium breed. Very playful.

Swaar TYE. Warm HARTE

KLERE DONASIES Ons is dringend op soek na klere en skoene vir dames en kinders

Kom gee asb. af by die Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Vir enige navrae skakel: 082-696-6427 (Frans)

Sn oopy Female. Born April 2020. Small breed. Playful, loving.

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Plaasarbeider benodig

Moet kan trekker bestuur en goeie kennis van wingerd hê. Stuur CV na:

wine@lemberg.co.za

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

Britney Manie Female. Born 21/07/2020. Female. Born 21/07/2020. Small to medium Terrier Cross. Small to medium Terrier Cross. Ready for adoption 22 Oct. Ready for adoption 22 Oct.

CA TS CATS

Kabous Male. Born 01/07/2020. Small to med Terrier Cross.

Huis Huis: 09:00, St. Francisstr. 3, Ceres Kerk Kerk: 10:00, St. Andrews, Ceres Graf Graf: Ceres

CERES NICO

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

STEFAN STEYN 083-227-6476

Service Center & Panelbeating

Harry Arthur Marcus Woensdag 4 November 2020 om 15:00, te NG Ceres Vallei Kerk

Ons mis jou so baie en dink nog elke dag aan jou. Jy sal altyd in ons harte bly voortleef.

Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp

CCTV/ALARM TEGNIKUS

Slegs 100 naasbestaandes Afstand van 1,5m moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Onthou om hande te was of gebruik sanitizer

Herdenkingsdiens:

Services: sell, install & repair

Uncle Mike en Tanna

1966/03/03 - 2020/10/29

1945/01/09 - 2020/10/27

082-399-4068 06/11/1995 - 28/04/2011

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Friday, November 6, 2020

All adoptions are subject to a homecheck. Adoption fees: Dogs R900* and cats R600*. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via tel., to make an appointment *Conditions apply

Viennetta Female. The 2 white dots below her nose makes her face very cute. Playful, climbing, always with her brother or sister.

Bruce Male. Born 28 August. Ready for adoption 23 October. Mom is Babble.

Contact Elise on 081-849-2811

Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram


WITZENBERG HERALD

7

Friday, November 6, 2020

nuusbrokkies DIE Togryers museum het ‘n nuwe projek geloods met die tema: Elke straat vertel ‘n storie - Every corner tells a story. “ Ons is baie opgewonde om al die stories te lees en die museum argief so uit te brei. Daar is geen spesifieke jaartal nie dus kan dit uit enige tydperk uit dateer. Elke straat en sy inwoners hetsy jy op Ceres, P.A. Hamlet of Nduli bly - het ‘n storie om te vertel. Die Togryers museum wil graag stories van mense en hul dinge bymekaar maak. Bring dit na die Togryers museum in Oranjestraat of stuur dit per epos na togryersmuseum@gmail.com ✗✗✗✗ BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.

Onderneming verskaf werk aan inwoners

✗✗✗✗

LANDA Sekuriteit op Ceres het die afgelope maande sekuriteits- en vuurwapenopleiding aan ‘n groot aantal inwoners gegee. Hulle help ook met werkverskaffing en het twee kontrakte in Kimberley en Springbok gekry waar meer as 40 mense vanuit die streek nou werksaam is. REGS: Thubalakhe Mhlakwaphalwa van Landa sekuriteit, is ook die agent van die Nduli poskantoor. Sodra die poskantoor ‘n nuwe perseel in Nduli kry, sal die poskantoor weer oopmaak. Dit is ‘n ruk gelede tydens ‘n geweldadige protesaksie onherstelbaar beskadig.

HET jy ‘n belangstelling in Ceres se kultuurhistoriese erfenis? Waarom nie aansluit by die Vriende van die Museum teen ‘n minimale lidmaatskapfooi? Die organisasie beywer hom vir die bewusmaking, bewaring en uitbou van die groter Ceres se historiese erfenis. Aansoekvorms is by die Togryers museum (023) 312-2045 verkrygbaar. ✗✗✗✗

seerders nooi alle ou en nuwe spanne uit om in 2021 te kom deelneem en om ‘n span in te skryf. Skakel vir Gerrit Kortjé by 083-435-8006 of Jadrey Skippers by 063-623-1525. ✗✗✗✗ CERES krieketklub hou hul algemene jaarvergadering op 11 November by Ceres krieketklubhuis om 18:00. Alle huidige spelers en lede asook toekomstige spelers en lede is welkom om die vergadering by te woon. ✗✗✗✗ THE new Firearm Amnesty period will give illegal firearm owners a second chance to surrender their firearms. The amnesty period allows anyone with illegal or unwanted firearms and ammunition to hand them in at their nearest police station. The amnesty period will run from 1 August 2020 to 31 January 2021. When the person visits the SAP13, the person have 14 days to re-apply, at his Firearm office. Otherwise the firearm can and will be forfeited to the state as said on the SAPS 548. If you want to keep yours then now is the time to apply to re-licence it/them and make sure that your competencies are in order. ✗✗✗✗ BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.

CANSA Relay For Life Witzenberg organi-

✗✗✗✗

DIE personeel van Ceres Motors Caltex vulstasie. REGS: Christo Olivier is die bestuurder en Marinda Mileham behartig alle administrasie van Ceres Motors Caltex.

INVIT ATION TO BID INVITA Bid reference: 08/2/18/34 Bid description: SUPPLY AND DELIVERY OF CEMENT (CONCRETE AND MORTAR) Bids will be evaluated according to the 80/20 points system. Documents can be obtained at a cost of R30.00 per set. Bid documents at a cost of R 30.00 per set. The bid documents are also available on our website at http://www.witzenberg.gov.za/resource-category/tenders?category=92 Closing date: 23 November 2020 at 12:00

Besoek die naweek Ceres Motors Caltex vir spesiale aanbiedinge DIE Ceres Motors Caltex vulstasie in Voortrekkerstraat, Ceres, is sedert 1 November 2019 onder nuwe bestuur. George Engels van Central Ceres het die vulstasie en gebou in 2019 verkoop. Christo Olivier is die bestuurder en Marinda Mileham behartig alle administrasie van Ceres Motors Caltex. Christo is ‘n ou bekende op Ceres, wat voorheen woonagtig op die dorp was en jare gelede saam met Bertu Nel by die Rocky River Spur betrokke was. Nuwe winkel Die winkel by Ceres Motors Caltex is verlede jaar oorgedoen en verkoop ‘n groter verskeidenheid van produkte aan kliënte. ‘n Kombuis is ingerig waar daar vars gebakte pasteitjies en broodjies gebak word. Hulle verkoop ook

wraps, worsrolletjies, hamburgers en vele meer. Vir die warm dae wat voorlê, is daar ‘n draairoomysmasjien. “Ons streef na die beste diens en kwaliteit en die besigheid is 24-uur oop. Kom maak gerus ‘n draai” sê Christo Olivier. Bedanking “Ons wil ook elkeen bedank wat die onderneming oor die jare - sowel as die afgelope jaar - ondersteun het”. Besoek gerus Ceres Motors Caltex gedurende die naweek en staan kans om lekker pryse te wen wanneer jy ‘n balon prik. Die radiostasie WRFM sal Saterdag 7 November van 09:00 tot 12:00 vanaf die onderneming uitsaai.

This tender will be evaluated in terms of the Preferential Procurement Regulations, 2017 that was promulgated by the Minister of Finance on 20 January 2017 in Government Gazette No 40553. No bids will be considered from persons in the service of the state. Bids may only be submitted on the bid documentation provided by the municipality. A valid B-BBEE status level verification certificate must be submitted in order to claim preference points for B-BBEE. Documents can be obtained during office hours from Mondays to Thursdays between 08:00 - 13:00 and 13:45 - 15:30 and on Fridays between 08:00 - 13:00 and 14:00 - 15:30 from Witzenberg Municipality, Supply Chain Unit, Dromedaris Street, CERES (GPS coordinates 33 ° 22’ 38” S; 19 ° 18’ 29” E) The amount is payable at the Municipal Head Office, 50 Voortrekker Street, Ceres or via EFT. Please contact the Supply Chain Management Unit on (023) 312-1761 if you prefer to pay via EFT. Proof of payment must be submitted to the Supply Chain Unit, Dromedaris Street, Ceres before the bid document will be released. Enquiries: Ms. S. Mentor, Financial Directorate, Supply Chain Unit on (023) 312-1761 or e-mail at supplychain@witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, November 6, 2020

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Aubrey wen houespel kompetisie AUBREY Isaacs het ‘n lang wendroogte verbreek toe hy Saterdag die enkel houespel kompetisie met ‘n telling van 69 houe gewen het. Harry Hewitt was in die tweede plek met 69 houe gevolg deur Lu-

AUBREY Isaacs.

an du Plessis en David Cohen, beide met ‘n telling van 70 houe. Connie Malherbe was in die vyfde plek met 72 houe. Goeie brutotellings is deur Cornel Müller (70), André Hanekom (73) en Leroux Ferreira (74) aangeteken. Ceres Classic Die jaarlikse Ceres Classic toernooi vind die naweek van 6 en 7 November plaas. 144 spelers (36 spanne) is ingeskryf en gaan Vrydag en Saterdag hier afslaan. Jaarvergadering Ceres gholfklub se algemene jaarvergadering het Woensdag 28 Oktober plaasgevind. Die klubkaptein, onderkaptein en wedstrydsekretaris sal nou op 25 November verkies word nadat nominasies te laat ontvang is.

Gewilde rolbaltoernooi byna klaar DIE jaarlikse Ceres Superspar Jack Attack rolbalbesigheidsliga het op 13 Oktober in alle erns begin. Die toernooi is die afgelope vyf weke by Ceres rolbalklub beslis, met wedstryde wat op Dinsdae-, Woensdae- en Donderdae-aande gespeel is. Altesaam 120 spelers (40 spanne) neem vanjaar deel aan die baie gewilde rolbaltoernooi. Rolbalspelers het Donderdagaand, ten spyte van die koue, hul gate uit geniet. Die Stoepsitters loop nog voor. Die week vind die uitspeelwedstryde plaas. Die finaal behoort volgende week gespeel te word.

CERES Fruit Growers het Vrydag 30 Oktober hul jaarlikse afsluiting op die Ceres rolbalbaan gehou. ‘n Aantal kompeterende wedstryde het plaasgevind en die oggend is afgesluit met ‘n gesellige braai.

K&G HOUTWERKE

083-973-7405

Prince Alfred’s Hamlet

Saturday, November 28, 2020 9am - 4pm

bike track l creative stalls l fabulous food l kids fun picnic spots l beautiful gardens l stunning views (bring bikes & walking shoes & happy vibes) The Creative Hub, Wolseley (R43 - 1km from White Bridge and junction with R46) Opposite Olive Rock Wedding and Function Venue Instagram: wol_hub facebook.com/wolcrehub 082-578-7881 l 083-461-2668

Skakel my vir verkope en besigtiging van dié produkte en nog vele meer, wat ek self maak Ek is ‘n gr. 8 seun en wil graag my eie sakgeld genereer met die produkte wat ek maak. Ek is daarom ook op soek na ‘n skuurder (sander) indien iemand een het wat hy nie meer gebruik of wat in sy pad lê.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.