WH Her ald
Mon - Fri: 07:30 - 17:30 Saturday: 08:00 - 13:00 (023) 312-3578 076-029-3930 49 Lyell Street, Ceres
Witzenberg
Volume 26 no. 43
R 8.50
Friday, 3 November 2023
LAYBY NOW FOR CHRISTMAS Silverback, Surge, Avalanche and Ciclo Bicycles
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 2 November
Vrydag 3 November
Saterdag 4 November
Sondag 5 November
17° 34°
13° 26°
11° 23°
10° 26°
• Onafhanklike finansiële advies • Kostes en swak prestasie vreet aan jou neseier • Laat dit onafhanklik hersien.
CERES KOEKEDOUW DAM
100% TULBAGH DAM
100% WAVERENSKROON TULBAGH
Martin Behm 082-734-4549
63%
Lesings geneem: 2023/11/01
(023) 316-2959 martinb@27four.com
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Bejaarde (70) in haar huis aangeval ‘n MAN wat skaars drie maande gelede uit die gevangenis vrygelaat is, is vasgetrek nadat hy ‘n bejaarde vrou aangeval het. Dit is die tweede voorval die afgelope week in die Witzenbergstreek waar bejaardes beseer en beroof is. Dié laaste voorval het Sondag omstreeks 14:10 plaasgevind nadat ‘n verdagte ‘n 70-jarige vrou op P.A. Hamlet aangeval het. Hy het ‘n gat onderdeur ‘n veiligheidsheining gegrawe en by die agterdeur probeer inkom. Die tannie was besig om tee te maak toe sy ‘n geraas by die agterdeur gehoor en gaan ondersoek instel het. Die man het haar oorval voordat hy in die gestoeiery haar gewurg en met ‘n mes in die hand gesteek het. Een van die tannie se vier honde het ook meswonde opgedoen en moes 11 steke kry. Die man het eers geld geëis voordat hy met R50 en twee selfone gevlug het. Die P.A. Hamlet polisie en speurders was vinnig na die toneel waar hulle leidrade begin opvolg het. Hulle is na die Middelpos-plaas waar hulle na die huis van Niklaas (Mantoy) Louw (35) is. Die selfone en geld is by hom gekry waarna hy gearresteer is. Hof verskyn Louw het Dinsdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn op aanklagte wat wissel van huisroof, poging tot huisroof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging (die aanval op die honde). Die saak is vir verdere ondersoek en regshulpaansoek na 7 November uitgestel. Louw bly in aanhouding.
‘n VASTEVLERK mikroligte-vliegtuig met een insittende het Donderdag 5 Oktober op die plaas Winterbach buite Ceres neergestort. FOTO: Francois Snyman
SACAA-verslag uitgereik DIE voorlopige ongeluksverslag van ‘n vastevlerk mikroligte-vliegtuig wat begin Oktober met een insittende buite Ceres neergestort het, is deur die Suid-Afrikaanse Burgerlugvaart owerheid (SACAA) bekend gemaak. Phillip Bristow (63) van Somerset-Wes, was ‘n ervare vlieënier van meer as 20 jaar met meer as 1880 vliegure en lid van Stellenbosch vliegklub, en het die noodlottige dag met sy Titan Tornado S van Stellenbosch vliegveld na New Tempe in Bloemfontein vertrek. In die verslag word gemeld dat ‘n ooggetuie op die plaas Winterbach, ongeveer 25 km buite Ceres, die vliegtuig omstreeks 15:00 sien land het op Ceres vliegveld. Volgens die ooggetuie het die vlieënier (Bristow) saam met ‘n ander vlieënier daar geland en later aan die mikroligte vliegtuig, ‘n ligte sport vliegtuig, se enjin gewerk. Omstreeks 17:00 het Bristow in ‘n SuidWestelike rigting (Ceres dorp) opgestyg.
Die ooggetuie het gesien hoe die vliegtuig ‘n 180 grade draai terug na die vliegveld maak voordat dit buite beheer die grond getref het. Die vlieënier is opslag dood. Volgens die verslag het die ooggetuie daarna die SAPD en EMS geskakel. Polisielede, EMS en Witzenberg Brand en Redding is omstreeks 17:30 na die toneel, skaars 425 meter van die aanloopbaan. Winterbach-plaas is aan die oorkant van die Bo-Swaarmoedpad wat die plaas en Ceres vliegveld skei. Voorlopige bevinding In die AIID se voorlopige verslag word gemeld dat twee skakelaars, waarvan een die petrolpomp-skakelaar, af was. Daar is ook gevind dat die enjin geen krag gehad toe dit die grond getref het nie. Die lugskroef wat afgebreek het toon ook dat enjin af was voor die impak. Daar was ook petrol in die vliegtuig se tenk. * Hierdie is voorlopige bevindinge en die
AIDD se ondersoek duur voort. Vorige ongelukke Die ongeluk was slegs die derde vliegongeluk die afgelope 26 jaar in die Witzenbergstreek. Die ander twee gevalle was ‘n mikroligte vliegtuig wat meer as 20 jaar gelede in die Koue Bokkeveld neergestort het en ‘n Bell 206B JetRanger II helikopter wat op 19 Januarie 2021 kragdrade op ‘n plaas buite Wolseley getref het. Twee persone het in dié ongelukke gesterf.