Witzenberg Herald Vol.27 no.43 (Online Weergawe)

Page 1


Witzenberg

DOW

betaal

uitstaande munisipale rekeninge

DIE Departement van Openbare Werke (DOW) het verlede week die munisipale spertyd gehaal en die speurderskantore se uitstaande munisipale rekeninge vereffen.

Die dringende betaling volg nadat die Witzenberg munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling verlede Maandag 21 Oktober, die kragtoevoer na die twee huise wat die speurderskantore asook menslike hulpbronne en intelligensie se kantore in Voortrekkerstraat huisves, afgesny het.

Die krag is later weer aangeskakel en daar is ooreengekom dat die betalings sal voor Vrydag 25 Oktober gedoen word. Twee persele wat die polisie se barakke op Tulbagh en Wolseley huisves, het ook uitstaande rekeninge maar is nie afgesny nie.

Uitstaande rekeninge

Betroubaar word verneem dat die uitstaande skuld ver meer as R250 000 beloop het.

Verlede week het die Wes-Kaap minister van polisie in ‘n navraag gesê hulle is nie verantwoordelik vir die rekening nie en dat betalings van munisipale dienste, die DOW se verantwoordelikheid is.

Die DOW het weer op hul beurt gesê dat eenmalige betalings gemaak word aan munisipaliteite en landdroshowe en dat dit moontlik nie na die regte rekening geallokeer is nie. Dit is egter foutief - munisipaliteite kan nie besluit hoe die allokasie gemaak moet word nie.

Vermiste inwoner na twee weke veilig gevind

‘n INWONER (68) van Ceres wat twee weke gelede as vermis gerapporteer is en sedertdien deur die Ceres polisie gesoek is, is veilig.

Die polisie het Woensdag bevestig dat Danie van Eck (68) die week met sy seun in verbinding getree het en dat die seun aan die Mosselbaai polisie bevestig het dat sy pa veilig is. Hy bevind hom iewers in die George/Mosselbaai omgewing.

Agtergrond

Van Eck het op 17 Oktober verdwyn voordat hy sy vrou by haar werk moes gaan haal het. Sy het hom as vermis by die polisiestasie aangemeld.

Vrydag 18 Oktober het Van Eck self met die polisie geskakel om te sê hy is veilig en dat daar nie na hom gesoek moet word nie. Hy het die afgelope twee weke geweier om te sê waar hy hom bevind. CCTV materiaal het gewys dat ‘n Toyota Avanza met ‘n CA registrasienommer hom die betrokke dag by sy huis opgelaai het. Die saak van vermiste persoon kan nou deur die polisie afgesluit word.

Sien volledige program op bl. 8

‘n MOTORFIETSRYER wat saam met haar man deur die Tankwa Karoo gery het, is Woensdag 2 Oktober deur AMS noodhelikopter se personeel gered nadat sy geval het.

Twee ervare motorfietsryers, Nicky Heyburgh en haar man Neil Dallas, was aan die begin van ‘n 30 dae toer deur die Karoo en Oos-Kaap toe sy omstreeks 12:00 op die R355 grondpad naby Da Doer padstal in die Tankwa Karoo, ‘n sandderige gedeelte getref en geval het. Sy het ondermeer haar arm gebreek.

Die noodhelikopter is met hul Garmin InReach satellietfoon ontbied aangesien daar geen selfoonopvangs is nie. Na twee ure het die helikopter geland, haar gestabiliseer en na die Vincent Palloti hospitaal vervoer. Nicky Heyburgh kan nie veel van die ongeluk en die noodvlug onthou nie.

Sy is egter baie dankbaar dat AMS noodpersoneel haar lewe gered het. Sy het die week die geleentheid gebruik om die Wes-Kaap gesondheids departement te bedank asook ‘n besoek aan die AMS-span gebring om hulle te bedank vir die diens wat hulle gelewer het. Die egpaar beplan om in April 2025 weer die toer aan te pak.

Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 -

- 11:30

NICKY Heyburgh en haar man Neil Dallas het onlangs ‘n besoek aan die AMS-span gebring om hulle te bedank vir die diens wat hulle gelewer het.

CERES SAPD het op 22 Oktober aan ‘n loopbaandag deelgeneem. Die loopbaandag is aangebied in samewerking met die PerdekraalOos windplaas, CPUT, Boland kollege, Witzenberg verkeersdienste en Ceres toerisme. Talle skole in die streek het die geleentheid bygewoon en 700 pamflette is uitgedeel.

LOST OR DESTROYED DEED

Notice is hereby given in terms of the provisions of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer Number T56257/2008.

Passed by: PETRUS CORNELIUS WILLEMSE

Identity Number: 550819 5006 082 and EMERENTHIA GERTRUIDA WILLEMSE

Identity Number: 580522 0017 088

Married in community of property to each other in favour of: GILLAUME JOHAN SWART

Identity Number 660526 5169 086

Married out of community of property in respect of certain: PORTION 1 (HOUKOP) OF THE FARM LOS KOP NO 74, SITUATED IN THE CAPE WINELANDS DISTRICT MUNICIPALITY, DIVISION CERES, PROVINCE OF THE WESTERN CAPE which has been lost or destroyed.

All interested persons having objection to the issue of such a copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Room 1216, 12th Floor, Plein Street 90, Cape Town, within TWO (2) weeks after the date of the first publication of this notice.

DATED at GEORGE on the 1st day of NOVEMBER 2024

APPLICANTS: G.J. SWART

C/o Stadler & Swart Incorporated

Address: 1 Doneraile Street, George E-mail: jessica@stadlers.co.za Contact Number: (044) 874-4090

Paar inwoners gekant teen nuwe winkelsentrum

HANNELIE van Schalkwyk van Ceres Vrouelandbouvereniging skryf:

EK wil graag reageer op die onlangse artikel oor die nuwe winkelsentrum op Ceres wat beplan word.

Ek rig hierdie skrywe namens bekommerde inwoners op Ceres.

Eerstens is ons bekommerd oor die veiligheid van kinders wat tussen die sportgronde, tennisbaan, gimnasium en dansskool beweeg. Skoolkinders beoefen sport langs Phillipstraat en die toeloop van klante sal die veiligheid van kinders in gevaar stel.

Ons kinders is nog so bevoorreg om per fiets of te voet sportoefeninge te kan bywoon.

In die artikel word genoem van ‘n drankwinkel. Onder geen omstandighede kan daar ‘n drankwinkel tussen skole toegelaat word nie.

‘n Verdere bekommernis is die geraas en hoeveelheid voertuie wat in Phillipstraat naby die Huis Maudie Kriel tehuis van bejaardes sal beweeg. Ons gun juis ons bejaardes ‘n rustige omgewing waar hul veilig kan rondbeweeg.

Parkering is ook ‘n probleem. Tydens sportbyeenkomste is daar alreeds nie genoeg parkering nie. Die aantal parkeerplekke wat voorgestel word, is glad nie haalbaar nie, want dit sal beteken dat die rolbalspelers en tennisspelers nie hul parkeerarea kan gebruik nie.

Indien Phillipstraat verbreed word, sal die bome langs die straat verwyder word. Laerskool Gericke se sportgrond het hierdie koeltebome baie nodig.

Pamflette uitgedeel

CERES SAPD het Vrydag 18 Oktober ‘n program vir jong mense aangebied saam met Kaapse wynland distriksmunisipaliteit, Perdekraal-Oos windplaas, Nedbank en die Wes-Kaap departement van sport en gemeenskapsontwikkeling. Die doel was om inligting oor veiligheid, finansiële advies en inligting oor beurse aan die jeug deur te gee. Pamflette met inligting is ook uitgedeel.

FOR SALE FOR SALE FOR SALE FOR SALE

Oslo Fruiters has the following vacancy

JUNIOR ADMIN ASSISTANT

•Must be computer literate

•Must know how to work on MS Word and Excel

•Must be proficient in English

•Must be punctual

•Must be able to work in a team

Tasks: •Filing, followup with customers suppliers

•Capturing data

•Answering calls

•Adhoc tasks as required from management

•Chance to grow within the company

Start date: To be discussed in interview

Closing date for applications: 30 November

Salary to be discussed

CV’s can be dropped off at the office: 1 Atlas Street, Ceres,6835

If you don’t hear from us please accept your application as unsuccessful.

PLEASE DO NOT APPLY VIA FACEBOOK

Dit dien as windbreker tydens byeenkomste.

Die oprig van ‘n winkelsentrum op daardie terrein sal beteken dat al die bome en natuurskoon wat ons dorp kenmerk, verlore sal gaan. As daar gekyk word hoe huidige winkels deur rommelstrooiery ontsier word, dan vrees ons groepie inwoners dat die ingang van ons dorp ‘n groot seeroog sal word.

Volgens vorige inisiatiewe van P.A. Hamlet en Ceres, is daar ‘n bekommernis dat die ontwikkelaars nie hul samewerking vir die skoonmaak of bewaring van die omgewing gee nie. Ons wil ook weet of daar met al die inwoners van die Ceres gholflandgoed gekonsulteer is?

Laastens voel dié inwoners dat Ceres nie nog winkeltjies nodig het nie. Daar is reeds so baie buitelanders wat winkels in die dorp het.

Verskeie organisasies het reeds hul besware ingedien en ons glo dat die munisipaliteit ook hierdie besware in ag sal neem.

Die sluitingsdatum vir besware was Vrydag 18 Oktober. Besware is ingedien wat deur die ontwikkelaar aangespreek en beantwoord moet word. Impakstudies is ook voltooi. Met of sonder die winkelsentrum is dit al ‘n geruime tyd lewensgevaarlik vir hoërskoolkinders wat die pad na Charlie Hofmeyr, skaars 100 meter van die beoogde winkelsentrum, moet kruis. Die drankraad moet besluit of daar ‘n drankwinkel op die perseel kan open. Slegs 300 meter op in die hoofstraat van die skool en kerk, is daar reeds ‘n gevestigde drankwinkel.

RED

DIE Witzenbergstreek het vir ‘n tweede jaar uitermate hoë reënval ontvang. Sondag 27 Oktober en Maandag 28 Oktober het daar onverwags 79.8 mm op Ceres uitgesak. By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar ook in die Bo-Swaarmoed en Lakenvlei omgewing 45.8 mm gemeet en in die Koue Bokkeveld (Sterkwater) 53.8 mm. Die Ceres Koekedouwdam is die laaste paar weke 100% vol, die nuwe Waverenskroondam buite Tulbagh was vanjaar vir die eerste keer 100% vol en Tulbagh dorpsdam was die week 98% vol.

Waarskuwings val op dowe ore

DIE polisie se waarskuwings die afgelope maande val skynbaar op dowe ore.

Bedrog- en diefstalklagtes styg elke maand en steeds is daar inwoners in die Witzenbergstreek wat ingeloop word. As iets te goed is om waar te wees, dan is dit so!

Inwoners word weer gewaarsku om versigtiger te wees as hulle goedere aanlyn of op sosiale media platvorms koop of verkoop. Internet-bedrieërs is deesdae volop en raak meer uitgeslape om naïewe kopers en verkopers wat op die internet en sosiale platvorms handeldryf, in te loop.

Die internet-skelmstreke is enigiets van romantiese slenters tot skuldinvordering, verhuring van blyplekke wat nie bestaan nie, motors wat te koop aangebied word of bedrog wat kamstig op ‘n bankrekening plaasvind.

Klagtes

Die Ceres speurders kry tans maandeliks meer as 10 sulke bedrogklagtes. Inwoners sien motoradvertensies op Marketplace en dink dit is ‘n winskoop. Die bedrieër plaas die motoradvertensies op Marketplace met fotos wat hulle aflaai van ander adverteerders se platvorms en net sy besonderhede byvoeg. Inwoners betaal die geld oor sonder om meer uit te vind oor die adverteerder of te vra vir ander fotos. Voertuie in dié advertensies word elke keer ver onder markwaarde verkoop.

Inwoners word gevra om eerder by betroubare ondernemings sulke duur items soos voertuie aan te koop. Hulle kan ook die motor se besonderhede by die verkeersdepartement laat nagaan voordat hulle dit koop.

Plaaslike inwoners wat nie aandag skenk wat om hul aangaan nie, word gereeld by kitsbanke besteel. Dan is daar ook inwoners wat ingeloop word met die onwettige doppie-dobbelspel.

Lees meer oor dié slenters of besoek die webtuiste www. scamwarners.com

Barnard-saak

na

streekhof oorgeplaas

‘n OUD Ceres-inwoner wat vroeër vanjaar vir die soveelste keer met die gereg gebots het - die keer in George - het weer in die George streekhof verskyn.

Riaan Barnard (43) verskyn weens die aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (80).

Die voorval het tussen 4 en 5 Maart vanjaar plaasgevind tydens ‘n onderonsie. Barnard het na bewering die stoel onder sy pa uitgeskop, hom met sy skouer gestamp en hom gedreig. Hy is op 5 Maart in hegtenis geneem en in Mei op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Die saak is na 27 November uitgestel. Agtergrond

In Maart 2023 is Barnard ‘n opgeskorte vonnis vir gesinsgeweldoortredings en die minagting van beskermingsbevele opgelê.

Die polisie ondersoek nog ‘n voorval wat in Januarie 2024 plaasgevind het.

Meer inligting daaroor sal op ‘n latere stadium bekend gemaak word.

Port inefficiencies cost apple and pear farmers R26 000 per hectare

“WHILE we recognise that the Port of Cape Town (PoCT) management is implementing a terminal turn-around strategy and welcome the acquisition of new infrastructure, the worryingly slow pace at which it is happening remains a deep concern and has direct cost implications for the agricultural sector in the Western Cape.”

Western Cape Minister of Agriculture, Economic Development and Tourism, dr. Ivan Meyer, recently visit Two-aDay (TAD) in Grabouw. TAD, previously known as Elgin Fruit Packers Co-operative Limited, is one of Africa’s leading fruit-growing, packing, and marketing companies. It comprises more than 50 farms and 3,300 hectares. Total production, including processing, equates to over 200 000 tonnes per annum.

During the visit, Attie van Zyl, managing director of TAD, highlighted that the estimated total cost of inefficiencies at the PoCT to the Western Cape apple and pear industry was R999 million annually.

“Our apple and pear growers are directly impacted. The total estimated cost of a dysfunctional port per hectare for our farmers is R26 000. While this figure is deeply worrying, it does not show the full extent of the loss to the agriculture sector because we are not calculating the opportunities lost of growing into new markets.

We are not seen as a reliable supplier to the international market because we cannot guarantee delivery,” said Premier Alan Winde.

Glen Steyn, the Western Cape Department of Economic Development and Tourism’s project manager for logistics development, said the department has been working closely with the management team of Transnet Port Authority and Transnet Port Terminals in the Western Region.

“We appreciate our constructive engagement with Transnet Ports Authority. Our conversations include the impact of logistics on the national and provincial economies. A digital logistics planning platform is being developed with Transnet and other agencies in the container logistics chain that should assist in reducing bottlenecks and their disruptive effect on cargo movement.”

Minister Meyer concluded, “The Western Cape Government’s Growth for Jobs strategy sets out our ambitious plan to grow the Western Cape economy by 5% annually by 2035. We aim to triple the value of the province’s exports of goods and services (inclusive tourism) by 2035 to R450 bn. To achieve this, we need an efficient port. Productivity at the PoCT must significantly improve in the lead-up to the upcoming fruit export season if we are to achieve this goal.”

KWDM se BurgemeesterMaandae nou klaar

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) se Burgemeester-Maandae - wat deel van die organisasie se openbaredeelnameproses uitmaak - is afgehandel. Hierdie sessies is van September tot Oktober in elk van die streekmunisipaliteite gehou, naamlik Langeberg, Witzenberg, Drakenstein, Stellenbosch, met die laaste geleentheid in Breedevallei op Maandag 28 Oktober.

Die sessies het ’n platform vir openlike en robuuste gesprekke met geregistreerde besighede, NRO’s/OSW’s en gemeenskapsorganisasies gebied.

Elke sessie is baie goed bygewoon en verskeie aktuele kwessies het tydens die gesprekvoering na vore

gekom. Deelnemers het belangstelling getoon in aspekte soos hoe om as verskaffers van die KWDM te registreer, hoe om befondsing vir hul besighede en organisasies te bekom en hoe om munisipale gesondheidsdienste-sertifisering vir verskillende fasiliteite te versoek. Verder is verskeie gemeenskaps-, maatskaplike-, ekonomiese- en gesondheidsveiligheidskwessies met die distriksmunisipaliteit geopper. Inwoners het die geleentheid gekry om direk te gesels met die uitvoerende burgemeester, rdh. (Dr) Elna von Schlicht, haar portefeuljelede en amptenare van die departemente van voorsieningskanaalbestuur, brandweerdienste, rampbestuur, munisipale gesondheidsdienste, plaaslike ekonomiese ontwikkeling, toerisme en landelike en maatskaplike ontwikkeling.

Vir diegene wat dalk die KWDM Burgemeester Maandag-sessies gemis het, neem asseblief kennis dat daar steeds ’n geleentheid is om ’n bydrae te lewer. Inwoners word uitgenooi om ‘n e-pos te stuur na idp@ capewinelands.gov.za.

Openbare deelname duur tot einde Februarie 2025 voort. Insette word oorweeg vir die begroting wat aan verskeie projekte toegeken word. Vervolgens, in Maart/ April 2025, sal die konsepbegroting ’n verdere openbare deelnameproses ondergaan om seker te maak dat daar voldoen word aan die behoeftes wat tydens die aanvanklike proses deur gemeenskapsverteenwoordigers beklemtoon is.

Gedurende hierdie tydperk samel die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) se span bykomende openbare insette en oorwegings in.

Die waarde van professionele verhuringsbestuur vir verhuurders

OM ’n verhuringseiendom te besit is ’n slim belegging, maar die bestuur daarvan kan vinnig in ’n nagmerrie ontaard wat alles, van die keuring van huurders tot die onderhoud van die eiendom en amptelike papierwerk, insluit.

Om met ’n professionele bestuursagentskap hande te vat, is nie net voordelig nie, maar ’n slim manier om gemoedsrus en langtermyn-voordele te verseker.

Met bekwame bestuurders kan slaggate vermy word, tevrede verhuurders word verseker en die waarde van die eiendom bly behoue.

Een van die hoofvoordele om ’n verhuringsmaatskappy aan te stel, is hul vermoë om goeie kaliber verhuurders te kry. Die keuringsproses is streng, en ervare eiendomsbestuurders beskik oor die nodige kennis om voornemende huurders te keur deur agtergrond- en kredietwaardigheidskontrole, bevestiging van werk en om seker te maak dat huurders ’n positiewe rekord het. Hierdie deeglike keuringsproses verlaag die risiko van probleme soos laat betalings of eiendomsbeskadiging, wat vir verhuurders duur en tydrowend is om te hanteer.

Professionele verhuringsbestuurders hanteer die bemarking en advertering van eiendomme, wat verseker dat die eiendomme die beste blootstelling moontlik ontvang. Hierdie proaktiewe benadering verminder tye sonder huurders, omdat eiendomme vinnig met gekwalifiseerde huurders gevul word. Verhuringsagentskappe het gewoonlik toegang tot verskeie platforms en weet hoe om eiendomme effektief te bemark om sodoende belangstelling vanaf ’n diverse groep potensiële huurders te kry.

Verder beskik hulle ook oor die kennis om markgerigte verhuringstariewe voor te stel, gebaseer op marknavorsing en die ligging van die eiendom, wat die inkomstepotensiaal van die verhuurder verseker.

Dag-tot-dag-bestuur is ’n verdere noodsaaklike diens wat deur verhuringsagentskappe verrig word. Dit neem sodoende die rompslomp uit die verhuurder se hande.

Hierdie diens sluit roetine-instandhouding, herstelwerk, huurinvordering en kommunikasie met die huurder in. Huurders trek ook voordeel van kontak met een persoon wat onmiddellik aandag gee aan hul kwellings.

Dit verseker dat huurders meer tevrede is en die kanse is ook goed dat langer huurooreenkomste aangegaan word. Deur toesig te hou oor onderhoudswerk en aandag te gee aan kwellings, verseker die agentskap dat die eiendom in ’n goeie toestand bly, wat help om die waarde oor die jare te behou. Deur hande te vat met ’n professionele verhuringsagentskap, beteken dat die verhuurder ’n vennoot het wat kennis het van die nakoming van regsaspekte, soos om die huurder se regte te beskerm, veiligheidstandaarde te handhaaf en uitsettingsprosesse te fasiliteer, indien nodig. By Seeff Ceres is ons daartoe verbind om die beste diens en bystand met die bestuur van hul verhuringseiendomme aan ons verhuurders te lewer. Ons prioriteit is om betroubare huurders te plaas, goeie kommunikasie te handhaaf en seker te maak dat verhuringseiendomme tot die hoogste standaarde onderhou word. Of u 'n enkel-eenheid of verskeie eiendomme besit, die span by Seeff Ceres streef daarna om gemoedsrus vir die verhuurder te verseker sodat u die voordele van u belegging kan geniet met die wete dat u eiendom in goeie hande is.

In the spirit of social inclusion and democracy, I as Mayor, wish to acknowledge the Rastafarian community and their observance of the holy day of Coronation Day on 2 November 2024.

Haile Selassie was crowned as Emperor of Ethiopia in 1930 and Coronation Day is the celebration of this auspicious occasion.

I want to encourage our community to accept this message of peace, love and liberty for all and support this community with tolerance and openness.

I extend my warmest regards to all our Rastafarian residents during this hallowed time.

In die gees van sosiale insluiting en demokrasie, wil ek as Burgemeester, graag erkenning gee aan die Rastafariese gemeenskap en hulle viering van die heilige dag van Kroningsdag op 2 November 2024.

Haile Selassie is in 1930 tot Keiser van Ethiopië gekroon en Kroningsdag is die herdenking van hierdie groot gebeurtenis. Ek wil ons gemeenskap aanmoedig om dié boodskap van vrede, liefde en vryheid vir almal te aanvaar en om hierdie gemeenskap met verdraagsaamheid en openheid te ondersteun.

My opregte wense word gedurende hierdie tydperk aan al ons Rastafariese inwoners oorgedra.

AIMEE Freeman recently attended the CW Showing and National Awards evening. She is doing excellently in showjumping and her hard work is rewarded. She received WC Junior Working Rider Victor Ludorum and the Award for top 10 National.

TWEE oudleerders van Charlie Hofmeyr, Niquin Pietersen en Stefan Groenewald, het die naweek vir Boland o/21 teen die Griffons uitgedraf. Na ekstra tyd was die eindtelling 52-52 elk. Boland wen die titel oor die hoeveelheid drieë wat hulle gedruk het.

SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres het sesde uit 11 Dojos geëindig tydens die laaste ligabyeenkoms wat op Saterdag 26 Oktober aangebied is. VLNR: Lukas Krige (het twee goue en twee silwer medaljes verower), sensei Wayne Vermeulen (het twee brons en ‘n silwer medalje verower), Mia Laubscher (drie goue medaljes en een silwer medalje) en Izak Krige (goud, silwer en brons verower).

Oya Hybrid Renewables Project to boost SA’s Clean Power Supply in 2026

The Oya hybrid renewables battery energy storage project is set to begin operations next year, integrating solar, wind, and battery storage technologies to deliver 128 MW of reliable, dispatchable, clean power to South Africa’s national electricity grid.

Functioning as a virtual power plant, the project will harness energy from the site that straddles the Western Cape and Northern Cape border between Ceres and Sutherland. It is expected to create approximately 450 full time jobs during the construction phase.

Owned by a consortium, including G7 Power, Meadows Oya Energy, ENGIE Group and Perpetua Holdings, Oya will produce electricity under a 20 year power purchase agreement with Eskom. This initiative is part of the South African government’s Risk Mitigation Independent Power Producer Procurement Programme. It will reduce greenhouse gas emissions by replacing fossil fuel derived electricity with clean renewable energy and, as such deliver

carbon credits under the Verified Carbon Standard (VCS). These credits are developed by Anthesis and can be used by companies to offset their carbon tax obligations. Independent auditors will be validating the project to ensure it meets the strict international requirements of the VCS.

For more information or to raise any questions or concerns, please e-mail: projectsza@anthesisgroup.com

About Anthesis : Anthesis empowers clients to achieve sustainable performance as the world’s leading purpose-driven, digitally enabled, science-based activator. In South Africa, our core offerings include Carbon Project Development, Carbon Tax Advisory, and Carbon Offsetting, all designed to help organizations navigate their environmental responsibilities and drive impactful change.

Burgemeester Executive Mayor

CERES SAPD het Vrydag 18 Oktober ‘n bewusmakingsveldtog saam met die Kaapse Wynland munisipale gesondheidsdienste aangebied. Die bewusmaking het gehandel oor algemene gesondheid, higiëne, tiener swangerskappe en seksuele oortredings. Nagenoeg 170 jongmense is met die aksie bereik. Pamflette is ook uitgedeel.

Nuwe inisiatief

TWINTIG addisionele beddens is nou beskikbaar vir pasiënte wie gereed is vir ontslag uit die hospitaal maar nog moet aansterk voordat hulle gereed is om huis toe te gaan.

Die Wes-Kaapse Departement van Gesondheid en Welstand is trots op die inisiatief wat meer pasiënte toegang gee tot toepaslike, gehalte sorg. Twintig beddens vir hierdie oorgangsorg aan vroue is nou beskikbaar in ‘n afsonderlike saal in Brewelskloof hospitaal. Oorgangsorg bied pasiënte die geleentheid om as binnepasiënte gerieflik toegang te hê tot ondersteunende gesondheidsdienste. Voorbeelde van pasiënte wie moontlik oorgangsorg nodig het, sluit in pasiënte wie ‘n beroerte gehad het en gereëlde sessies met terapeute benodig of pasiënte wie ‘n wond het wat gereëlde sorg benodig.

Gesondheidswerkers van Robertson hospitaal, Montagu hospitaal, Ceres hospitaal en Worcester hospitaal kan pasiënte wie oorgangsorg benodig, oorplaas na Brewelskloof hospitaal.

Dit beteken dat meer beddens by dorpshospitale beskikbaar sal wees vir ander pasiënte wie hospitalisering vir ‘n akute toestand benodig.

SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het 26 Oktober aan die vierde en laaste ligabyeenkoms deelgeneem wat deur Cape Tigers aangebied is. Die klub se karatestudente het goed gedoen en alle verwagtinge oortref. Twee plaaslike karatekas uit ‘n groep van 191 studente wat aan die kompetisie deelgeneem het, het die top 10 gehaal. Mia Laubscher (links) behaal ‘n algehele eerste plek en Lukas Krige (regs) was algeheel in die tweede plek.

Saak uitgestel

‘n MAN wat in Maart 2023 sy gewese meisie aangerand het, se saak is die week weer uitgestel.

Siposethu Xatoto (32) het Maandag 28 Ok-tober in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van aanranding om ernstig te beseer.

Die saak is tot 27 November uitgestel.

Volgens Stacey Klazen, Xatoto se gewese meisie, het die voorval op 8 Februarie 2023 omstreeks 07:15 plaasgevind toe hy by haar

woning opgedaag en haar aangerand het. Haar suster en ma het Xatoto uit die huis gestoot waarna hy in sy motor geklim en weggery het. Voor die voorval het hy haar na bewering via teksboodskappe gedreig. Klazen het kort na dié aanrandingsvoorval, die Ceres landdroshof genader vir ‘n tydelike beskermingsbevel.

n Beskermingsbevel is op 22 Mei 2023 deur die landdros toegestaan.

Howbill Farming in die Koue Bokkeveld, het ‘n geleentheid vir ‘n PRODUKSIEBESTUURDER, wat by die span kan aansluit. Die persoon sal rapporteer aan die landgoed bestuurder.

Verantwoordelikhede:

•Produksie aktiwiteite insluitend aanplanting, besproeiing, kompos, gewasbeskerming en oes.

•Bestuur van eenheid personeel.

•Toepaslike administrasie.

Vereistes:

•4 Jaar ervaring as produksie- of eenheidsbestuurder met kernvrugte.

•Graad 12 met toepaslike tersiêre kwalifikasies in landbou.

•Rekenaarvaardig.

Eienskappe:

•Sterk bestuursvaardighede.

•Selfgedrewe en proaktief.

•Goeie kommunikasievaardighede en georganiseerd

Pakket en voordele sal met kandidate onderhandel word.

Belangstellendes kan hul CV’s stuur vir oorweging aan:

hr@howbill.co.za

Meld asb. jou verwagte salaris in die aansoek.

Sluitingsdatumvir aansoeke: 20 November 2024

nuusbrokkies

CERES inwoners word uitgenooi om aan te sluit by die Ceres gemeenskap polisiëringsforum (GPF). Die GPF hou hul komiteeverkiesing op 20 November. Tyd en plek sal later deurgegee word. Vir enige navrae skakel sers. Lizna van Wyk by (023) 316-8600

DRINGENDE kennisgewing. Ceres gholfklub se algemene jaarvergadering word verskuif van Woensdag 23 Oktober na 27 November om 19:00 in die klubhuis. Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede moet laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.

DIE P.A. Hamlet GPF hou hul algemene jaarvergadering op 26 November om 19:00 in die gemeenskapsaal in Voortrekkerstraat. Vir navrae skakel a.o. Robyn by (023) 313-3133

DIE Op-die-Berg GPF hou hul algemene jaarvergadering op 11 Desember om 19:00 in die N.G. kerksaal, Op-die-Berg. Vir navrae skakel a.o. Robyn by (023) 313-3133

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n epos na togryersmuseum@gmail.com

DIE polisie se waarskuwings die afgelope maande val skynbaar op dowe ore. Lees berig op bladsy 3

Bedrogsaak uitgestel

DIE bedrogsaak teen ‘n inwoner van Ceres, is Woensdag in die Ceres landdroshof uitgestel sonder dat enige persoon begin getuig het.

Mark Mentor (58) het op ‘n bedrogklag verskyn wat verband hou met ‘n erf wat voorheen aan hom behoort het en wat hy verkoop het. Die saak is tot 27 Januarie 2025 uitgestel oor ‘n vol hofrol en sy prokureur wat besig is met ander sake.

Klagte Mentor verskyn op ‘n bedrogklag nadat die kantoor van die Direkteur van Openbare Vervolging (DOV) in Kaapstad, Ceres speurders vroeër opdrag gegee het om hom aan te kla. Die klag hou verband met ‘n erf wat voorheen aan hom behoort het en wat in 2014 vir die eerste keer weer op ‘n veiling verkoop is. Die erf is later aan Marius Hardneck verkoop. Later het Mentor, die erf wat nie meer sy eiendom was nie, weer in 2019 verkoop.

‘n Bedrogklag is in September 2021 by die polisie geregistreer waarna dit ondersoek is en na die DOV gestuur is vir ‘n beslissing.

André Dumas

sluit aan by NNZ verpakkingsmaatskappy

NNZ is ’n Nederlandse verpakkingsmaatskappy wat in 1922 gestig is en aan die Boot-familie behoort. Die groep spesialiseer in die verpakking van landbou- en industriële sektore.

NNZ se verpakking word vervaardig in meer as 60 spesialis vervaardigingsaanlegte wêreldwyd en word aan kliënte in bykans 50 lande gelewer. Die produkreeks bevat meer as 6 000 produkte vir saad, moeraartappels, kunsmis, veevoer asook vars groente en vrugte.

Die verpakking word gebruik gedurende die totale landbouproses, insluitende saai, oes, vervoer, stoor, herverpakking en kleinhandel.

NNZ is al sedert 2013 in Suid-Afrika en het in 2018 ‘n plaaslike onderneming geskep met hul hoofkantoor in Ceres en takkantore landswyd.

NNZ se plaaslike kliënte kan uit ‘n wye reeks van die beste verpakkings ter wêreld kies. NNZ se personeel verskaf tegniese advies asook ervaring, wat verkry word deur die groep se ondervinding in die globale markte.

Indien ’n kliënt ’n spesiale uitdaging het i.v.m. verpakking en die groep het nie reeds die geskikte produk nie, word die uitdaging aan die produkontwikkelingspan in Nederland gelewer en word innoverende oplossings gevind. ’n Voorbeeld hiervan is die gepatenteerde Snaplog™ uiesakkie wat ontwikkel is vir die Suid-Afrikaanse mark.

Jacques Coetzee (Direkteur: NNZ SuidAfrika) is reeds 12 jaar in diens van die maatskappy.

André Dumas (Sleutelkliënt-bestuurder) het op 1 Oktober 2024 by die Ceres kantoor aangesluit en sal op die Landbousegment in die Wes-Kaap fokus.

Skakel André gerus op 083-412-8667 of adumas@nnz.co.za

André Dumas en Jacques Coetzee

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Willem Davids

1954/09/24 - 2024/10/27

ROUDIENS: Do. 31 Okt.

Huis: 19:00 Die Eiland A16, Ceres

BEGRAFNIS: Sat. 2 Nov.

Huis: 09:00 Die Eiland A16, Ceres Kerk: 10:00 Suiderlandse Pinkster Kerk Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Christiaan Matroos

1956/12/16 - 2024/10/22

ROUDIENS: Do. 31 Okt.

Huis: 19:00 Magnoliastr. 68, BV

BEGRAFNIS: Sat. 2 Nov.

Huis: 09:00 Magnoliastr. 68, BV Kerk: 10:00 Berea Christen

Sentrum, Bella Vista

Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

1940/06/19 - 2024/10/24

BEGRAFNIS-ROUDIENS: Saterdag 2 November

Huis: 08:00 Fabriekstraat 10, Ceres Kerk: 09:00 Nuwe Apostoliese Kerk, Lyellstraat, Ceres PRIVAAT VERASSING

MOBILE DOG GROOMING BUSINESS FOR SALE

Whatsapp 082-947-0734 for more information

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

JOHANNES FARMER (JUBERT) Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndréP André du PAndréP André Preezreez reezreez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Wees

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS

“ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

CENTRAL CERES

MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating

•Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

ONDERWYSERS van België het vanaf 24 Oktober tot 1 November

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere en -skoene asook wintersklere vir mans en vroue

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Wees in alles dankbaar, want dit is die wil van God in Christus Jesus oor julle.

I Thes. 5:18 Ev. Jacobs

kreatief en bespaar deur jou eie geskenkpapier vir Kersfees te maak

Koerant bondels te koop @ R30 per pak

(023) 316-2021

Mooi Uitsig primêr besoek. Personeel van die skool Wigo het Mooi Uitsig besoek wat deel vorm van ‘n vennootskap tussen die twee skole. Hierdie skole deel ook inligting oor bestuur en akademiese velde.

Ceres se Top 12 drome kom tot 'n einde

CERES rugbyklub se Top12 drome het die naweek tot ‘n einde gekom nadat hulle hul derde wedstryd verloor het. Daar bly nog twee wedstryde oor. Saterdag speel Ceres weg teen Darling. Saldanha het Ceres Saterdag 26 Oktober met 49-30 geklop. Dinge wou net nie aan die gang kom vir Ceres terwyl Saldanha hul kanse goed benut het om punte op die telbord te kry. Tommy Bezuidenhout, Erasmus van der Linde en Arno van Wyk het drieë gedruk. William van Wyk het ‘n skepdoel oorgeklits en geslaag met drie straf- en twee doelskoppe.

FOTO: Bernadette Louw Sport Photography

Wolseley krieketklub klop Hopefield

WOLSELEY krieketklub het Saterdag 26 Oktober hul eerste wedstryd van die seisoen gewen.

Wolseley het hul sukkelende veldtog in die Boland PromosieligaWes, na drie wedstryde opdreef gekry met ‘n oorwinning van 50 lopies oor Hopefield Wanderers.

Wolseley wat eerste gaan kolf en ‘n beskeie 157 lopies aangeteken. Jose Erasmus met ‘n geduldige kolfbeurt van 64 lopies het die ankerrol vervul terwyl John Roberts en Wilber Pietersen met 19 lopies elk, hom goed ondersteun het.

Wolseley se boulers met Shaheen Pietersen 3/9 aan die voorpunt het dinge vir Hopefield omgekrap. Jacques Esau met 3/21 en Cyril January met 2/24 het Hopefield almal uitgehaal vir slegs 107 lopies. Saterdag 2 November speel Wolseley weg teen Malmesbury. Wolseley het hul eerste wedstryd teen Darling met 130 lopies verloor, die tweede wedstryd verloor hulle met 5 paaltjies teen Piketberg en die vorige wedstryd klop Clamwilliam hulle met 26 lopies.

(Berig ingestuur deur Clinton Prins).

bied aan

SKAAPKOPETE

Word bedien met heerlike varsgebakte brood!

7 November 2024

Tyd: 18:30 @ R200 per persoon

Kaartjies beskikbaar by Huis Maudie Kriel kantoor. Vir bestellings skakel ons by (023) 312-1950.

VANJAAR was die eerste keer dat Draaihoek boerdery se werknemers aan die Michellspas halfmaraton deelgeneem het. Die plaasbestuur is trots op die jongmanne wat almal die 21km wedloop voltooi het. VLNR: Justin van Reenen, Abram Jonkies, Dawid Stuurman, Eathen Ockhuis, Heinrich Valenski, Devon Jonkies, Fransrico Valensky,Tony Manewel en die spanbestuurder, Dawid Jonkies.

jaarlikse Michellspas halfmarathon, 10km pad-wedloop interskole pretloop, is die naweek op Ceres aangebied. Die byeenkoms is vir die 31ste jaar aangebied en is baie goed deur atlete van omliggende dorpe ondersteun.

TULBAGH sosiale krieket unie het Sondag 6 Oktober hul uitspeelwedstryde op Erfdeel aangebied. Toeskouers het die lente se eerste hitte trotseer om na die vier spanne te kom kyk. Corner Boys het teen Super Stars vir die derde plek uitgespeel en die Pukke het in die finaal teen Kings gespeel. Die Pukke is aangewys as die 2024 Tulbagh Spar ligakampioen. Gus van der Horst het 44 lopies aangeteken en met die bal uitgeblink deur 4 paaltjies vir 12 lopies te laat kantel. Hy is aangewys as die speler van die wedstryd. * Die bestuur en spelers bedank hul borge Tulbagh Spar (hoofborg), dr. Jacques West, Tulbagh Wynkelder, Montpellier, Lionel Adams van Isivile Security Service en Heineken.

DIE

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

DIE jaarlikse Michellspas halfmarathon, 10km pad-wedloop interskole pretloop, is die naweek op Ceres aangebied. Die byeenkoms is vir die 31ste jaar aangebied en is baie goed deur atlete van omliggende dorpe ondersteun. Die byeenkoms is in samewerking met Ceres Toerisme, Witzenberg munisipaliteit, Trucape, Perdekraal-Oos windplaas en Boland atletiek aangebied.

FOTOS: Trevor Felix

Cameron en Wilco in Bok-groep

TWEE rugbyspelers van die Witzenbergstreek is opgeneem in die Springbokgroep wat later die maand toetse teen Skotland, Wallis en Engeland gaan speel. Die Bokke is tans besig met ‘n oefenkamp op die eiland Jersey. Hulle speel op 10 November teen Skotland, 16 November teen Engeland en 23 November teen Wallis. Cameron Hanekom (22), oudleerder van Laerskool Gericke, Charlie Hofmeyr Hoërskool en later Paarl Boys High, het vanjaar as agtsteman groot indruk by die Bulle gemaak en was hy gereeld ‘n uitblinker in die VRK-span. Hy kan op dié toer die 945ste Springbok word wat vir sy land uitdraf. Wilco Louw (30), oudleerder van Drostdy en inwoner van Wolseley, was vanjaar een van die Bulle se staatsmakers in die voorry wat stil-stil hard werk om teenstanders voos te skrum. Louw is verlede week nader getrek nadat twee spelers beseer is. Wilco het 14 toetse gespeel waarvan die laaste een in 2021 was. *Die Witzenbergstreek hou duim was dat beide die opdrafspan kan haal.

DIE jaarlikse prysuitdeling van Delicious rugbyklub het Saterdag 19 Oktober plaasgevind, met ‘n spoggerige geleentheid wat die prestasies van uitstaande sportlui gevier het asook die kroning van die C-span Kampioene van die Witsentraal Grootuitdaag toekenning. Die seremonie is in die Ceres stadsaal aangebied. Die hoogtepunt van die aand was die toekenning van die Sportman van die Jaar aan Denzil Vergotine en die Speler van die Jaar aan Peter Sauls vir buitengewone bydraes tot Delicious rugbyklub. Cornal Hendricks het as gasspreker opgetree en sy hoogtepunte en uitdagings met gaste gedeel.

DIE jaarlikse prysuitdeling van Delicious rugbyklub het Saterdag 19 Oktober plaasgevind. Je-Raan Senoamali (regs) het toekennings ontvang het vir die meeste drieë in die C- en B-span asook beste van die beste agterspelers in die C- en B-span. By hom staan die oudspringbok, Cornal Hendricks. * Die aand is afgesluit met die optrede van die New String Band. Delicious rugbyklub spreek hul opregte dankbaarheid uit aan al die borge en die Delicious ondersteunersgemeenskap.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.