Witzenberg Herald Vol.25 no.43 (Online Weergawe)

Page 1

a

Inwoner sterf in botsingInwoner sterf in botsing

EEN persoon is die naweek dood en meer as ses mense beseer in ‘n ongeluk op die R303 naby die Skoonvlei-afdraai en Vreeland op pad na Bella Vista.

Twee voertuie, ‘n rooi Mazda en ‘n wit VW Golf, het Sondag omstreeks 15:00 mekaar kop-aan-kop getref.

Volgens ‘n ooggetuie en die polisie het die bestuurder van die VW Golf, Bradley Seroot (21),beheer oor die motor verloor en die aankomende Mazda aan die bestuurderskant getref voordat die Golf gerol en beide voertuie aan die oorkant van die pad, tot stilstand gekom het.

Die bestuurder van die Mazda, Gabriel Denation (61), is op slag dood en drie insittendes, Mason Denation (7), PJ Adams (6) en Gabriel Koopman (32), is beseer. Denation was in Ceres se rigting onderweg om iets in die Kaap te gaan optel.

Die Golf was in Bella Vista se rigting onderweg. Na die ongeluk is die pad vir verkeer gesluit terwyl die nooddienste, die verkeer en die polisie op die toneel besig was en na beseerdes omgesien het.

Drie ambulanse van Ceres EMS het die beseerdes na die Ceres hospitaal geneem. Die ander beseerdes wat in die Golf was is: Burton Zimri (19), Emile Hector (25), Marchelle Geldenhuis (25) en Marchall Fredericks (24).

Die polisie ondersoek ondermeer ‘n strafbare manslagklag en beweringe dat die bestuurder van die Golf nie ‘n geldige lisensie het nie. Indien daar ooggetuies is, kan hulle s/sers. Zimri, skakel by (023) 316-8500

Begrafnis

Denation se begrafnis vind Saterdag 5 November plaas om 12:00 vanuit die St. Matthews gemeente in Bella Vista.

TRADING HOURS: Mon - Fri: 07:30 - 17:30 Saturday: 08:00 - 13:00 49 Lyell Street (023) 312-3578 SPEND R450 OR MORE TO STAND A CHANCE TO WIN A HAMPER WORTH R1 000 CLOSING DATE: 30 NOVEMBER 2022 UPCOMING EVENTS: OP-DIE-BERG MTB 26 NOVEMBER 2022 Telephone: (023) 316-2021 Fax: 086-211-5774 WA: 066-316-3003 nuus@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.co.za WH H e r
l d Witzenberg Volume 25 no. 43 R 8 Friday, November 4, 2022 Ceres Koekedouw dam 67,5% Tulbagh dam 72% Lesings geneem: 2022/11/02 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 3 November 11° 27° Vrydag 4 November Saterdag 5 November Sondag 6 November 13° 28° 11° 29° 12° 29°
Leerders kry swemlesse
3
EEN persoon is die naweek dood en meer as ses mense beseer in ‘n ongeluk op die R303 naby die Skoonvlei-afdraai en Vreeland op pad na Bella Vista. Twee voertuie, ‘n rooi Mazda en ‘n wit VW Golf, het Sondag omstreeks 15:00 mekaar kop-aan-kop getref.

NOTICE OF INSPECTION

In the estate of the late MAGDALENA SOPHIA VAN VELDEN, Identity Number 280913 0062 088, a widow and who formerly resided at Huis Mostertshoek, 37 Eeufees Street, Wolseley, 6830 and who died on 20 August 2020. Estate number: 016609/2020

In terms of Section 35(5) of the Administration of Estates Act No 66 of 1965 notice is hereby given that copies of the First and Final Liquidation- and Distribution account in the above estate will be open for the inspection of all per-sons interested therein for a period of 21 days from date of publication hereof at the offices of the Master of the High Court in Cape Town and the Magistrates Court in Wolseley.

Should no objection thereto be lodged with the Master concerned during the specified period, the Executors will proceed to make payments in accordance with the accounts.

BALDEN VOGEL & PARTNERS INC

per: JM VOGEL

Attorneys for Executors 49B Warden Street Harrismith, 9880 E-mail: info@baldenvogel.co.za ☎ (058) 622-1035

BAKERY

The following requirements are needed: • Must be able to work under and handle pressure

Must be willing to work shifts and weekends

Must be fully bilingual • Previous bakery experience will be advantageous • Matric is a requirement • Must be energetic, confident and work promptly and accurately • Understanding of retail law, security as well as food safety and hygiene

Will be responsible for ordering of stock for the department • Excellent personal skills and be able to manage staff and handle clients, queries and complaints and remain calm under pressure • Must be able to work with large groups of people as well as individually

• Must have qualities of a manager, previous management experiences will be an advantage • Forecasting future sales and sales targets.

Salary negotiable

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za

For attention : Human Resources

Applications close: 13 November 2022

Employment acceptance: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by 21 November 2022, please consider your application unsuccessful.

Leerders presteer

ST.Marks primêr het onlangs hul diplomaplegtigheid aangebied waartydens die beste presteerders vir 2022 vereer is. VLNR: Colie van Rooi (skoolhoof), Tiffany Lee (graad 7), Petrovine Delport (graad 6), Ava van der Merwe (graad 5), Varnita Fritz (graad 4), Lee-Chante Philander en P.J. Strauss (kurrikulum koordineërder).

nuusbrokkies

DELICIOUS netbalklub nooi belangstellende spelers uit wat passievol is oor netbal, om aan te sluit by hul klub. Oudlede, sowel as nuwe lede, is ook welkom om by klub in te skakel. Oefentye is Dinsdag- en Donderdagaand vanaf 18:30 in Rooikamp. Vir navrae skakel Aubrene by 083-770-2265 of Ylona by 063143-9073

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte aantal plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com.

Ds. Fred Booysen, die kerkraad en lidmate van die VGK gemeente op Ceres, wil hul opregte dank uitspreek, teenoor Arno Koen van Ceres Superspar vir hul toegewydheid en bydrae aan dié kerk. Dankie vir u beskikbaarheid met die funksie op 7 Oktober en dat julle weereens bereidwillig was om te help - dit gaan nie ongesiens verby nie.

KLAAS Fritz en gesin van Coshla wil net hul dogter Varnita, gelukwens met haar prestasie as beste graad 4 leerder van St. Marks primêr. Alle dank aan ons Hemelse Vader asook mnr. Van Rooi (skoolhoof) vir ‘n puik onderwysstelsel en juffrou Jenine Fransman (klasonderwyser) vir al haar liefde en harde werk. Dan ook aan Crispy Farming Jack en Jill bewaarskool en nasorgsentrum onder leiding van Jacky Scholtz vir die grondslagfase wat gelê is.

WITZENBERG HERALD Friday, November 4, 20222
DIE Sanitary Drive Campaign om higiëne bewusmaking onder skoolmeisies te bevorder, asook om geskenkpakkies aan hulle uit te deel, het onlangs by Bella Vista primêr plaasgevind. VLNR: Lana Lintnaar, Ilse Erasmus, Chantal de Vos en Gerhardus Koopman. ‘n PAAR kleuterskole en nasorgsentrum op plase in die Witzenbergstreek het onlangs vir die eerste keer aan die Paarl Vallei Eisteddfod deelgeneem. Koelfontein Nasorg het deelgeneem in die afdeling vir Afrikaanse voordrag. AGTER: Rekisha Filander (goud), Jeantay Sauls (goud), Janey Adams (goud), Jennifer Julies (goud), Famke Samson (goud) en Chanté Lotz (silwer+). VOOR: Denaydé Swartz (goud), Maronicia Faro (silwer+), Leticia Sauls (goud), Curtley Olivier (silwer+), Joshua Julies (goud) en Le-Keisha Willemse (goud). LAERSKOOL Hermanus en Laerskool Vredendal het onlangs na die Koue Bokkeveld getoer vir ‘n tennistoernooi tussen die drie skole. Die tennistoernooi is al lank ‘n instelling, maar het laas in 2019 plaasgevind.
CERESCERES CERESCERES CERES (023) 316-2226
MANAGER
Exciting new opportunity at Ceres Superspar

LEERDERS van Morrisdale primêr het die afgelope week swemlesse ontvang. Eoudia Erasmus, ‘n plaaslike instrukteur van die Nasionale Seereddingsinstituut, bied die oorlewingsswemlesse aan jong leerders by die skool. “Dit is van kritieke belang dat almal weet wat om in noodsituasies te doen wanneer hul in die water of naby water is” sê Eoudia. Opgewonde Morrisdale leerders het die week hul eerste swemles gekry. “Ek het nie geweet ek kan dryf nie”, het een leerder opgewonde geskreeu! Die fundamentele lesse wat tydens die swemlesse behandel word, sluit in hoe om jou asem onder water op te hou (te beheer), jou oë oop te maak terwyl jy onder water is (oriëntasie), hoe om te dryf en om na veiligheid te beweeg in die water. Die uitrol van die swemlesse begin met die onderrig van laerskool leerders wat hul swemvaardighede saam met hulle hoërskool toe sal kan neem. Meer kinders, asook volwassenes, kan nuwe vaardighede aanleer sodat hulle veilig in water kan wees. * Hier is Tasneem Manefeldt (regs) van Morrisdale primêr en lewensredder, Marius Koopman (links), saam met ‘n groepie leerders afgeneem. ** Dankie aan Ryno Africa van Witzenberg munisipaliteit met reëlings om swembaddens beskikbaar te stel asook die lewensredders wat bereid is om bystand aan leerders te verleen. Vrywilligers wat graag betrokke wil raak by hierdie swemlesprojek, kan Eoudia Erasmus skakel by 074-321-5322.

bloed

DIE Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) vra inwoners om bloedskenkers te word.

Daar is tans ‘n tekort aan O+ en Obloedgroepe. Bloedskenking neem ongeveer 30 minute van jou tyd elke 56 dae. Jy moet ouer as 16 en jonger as 75 jaar oud wees, 50kg of meer weeg, gesond wees op die dag van skenking en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf.

Bloedskenking sal jou geen fisiese skade berokken nie, aangesien slegs 475 ml bloed geneem word wat binne 24-uur vervang word.

Skenkers kan ‘n WhatsApp stuur na 060-549-7244 of 08 00-119-031 of (021) 507-6300 skakel

OPENBARE KENNISGEWING VAN VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD

Kennis word hiermee gegee ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad:

Nuwe dokters versterk plaaslike gesondheidsdienste

WITZENBERG gesondheidswerkers het onlangs twee nuwe kollegas verwelkom wat dienslewering by Ceres hospitaal sal versterk. Die Wes-Kaap gesondheids departement verwelkom drs. Jani Fouché (links) en Cobus McCallaghan - kundiges wie waarde sal toevoeg tot dienste aan pasiënte. Dié dokters is bewus daarvan dat een mens nie berge kan versit nie, maar elke positiewe bydrae het ‘n rimpel-effek op die groter sisteem en pasiënte se ervaringe en welstand. Dr. McCallaghan het middel September begin as deeltydse gemeenskaps-psigiater in die Kaapse Wynlandstreek (wat die Witzenberg insluit), en dr. Fouché is die huisarts wat middel Oktober haar in Ceres kom vestig het. Die skep en vul van die tydelike pos van ‘n gemeenskappsigiater, asook die vul van die huisartspos, was twee van die aktiwiteite wat deel was van die departement se groter plan om dienslewering in die Witzenberg op te skerp. “Ons is baie opgewonde om drs. Fouché en McCallaghan deel te maak van die span!” sê dr. Elton Titus, bestuurder van die Witzenberg subdistrik vir die departement. “Personeel is die hart van dienslewering. Kom ons doen wat ons kan om ons waardering aan personeel te wys. Ons is besig met aktiwiteite om beter ervaringe vir pasiënte te skep. Met die gemeenskap se ondersteuning kan ons bou op wat goed is en die leemtes aanspreek binne ons vermoë.”

Datum Woensdag, 9 November 2022

Besonderhede Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL

Tyd 10:00 Plek Stadsaal, Voortrekkerstraat, Ceres Particulars Council meeting Date Wednesday, 9 November 2022

Time 10:00 Venue Town Hall, Voortrekker Street, Ceres

D. NASSON WND. MUNISIPALE BESTUURDER ACTING MUNICIPAL MANAGER

Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3

WITZENBERG HERALD Friday, November 4, 2022 3
SEWE fietsryers het onlangs die jaarlikse Omgeemense-fietstoer van Matroosberg na Kagga Kamma aangedurf. Die weer was mooi, maar Kagga Kamma se sandpaadjies het die fietsryers se kragte getap. Die Karoowind was ook weer baie sterk. Fietsryers het op die eerste dag die 116 km via De la Rey, Droëhoek en Katbakkiespas oor tot by Kagga Kamma aangedurf met 1381 meter se klim. Dag 2 was bietjie korter met 96km vanaf Skitterykloof af na Karoopoort en terug na Matroosberg met 1148 meter se klim. * Dankie aan Pieter en Linda Smit wat die fietsryers ondersteun het langs die pad en die span bederf het met heerlike potjiekos en roosterkoek. Aubrey November en Retha Venter het die toer vir die eerste keer en Sarel en Madeleen Coetzee en Marelize Cillies het dit vir die tweede keer meegemaak. Boetie Hugo en Cordré Smith is die veterane wat die toer vir die derde keer voltooi het.
Skenk
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council:

2004

2011

BRONAAR PLASE

Bronaar Plase (Edms) Bpk, Koue Bokkeveld, wat bestaan uit vrugte- en groente produksie eenhede, verlang die dienste van ‘n persoon vir onderstaande vakature.

WERKTUIGKUNDIGE ASSISTENT

Verantwoordelikhede : • Instandhouding van trekkers, voertuie, motorfietse, spuitpompe asook ‘n verskeidenheid van implemente • Algemene sweiswerk. Vereistes: • Minimum 5 Jaar ondervinding met baie goeie kennis van bogenoemde toerusting • Sober gewoontes• Innoverende persoon wat onafhanklik kan werk •Bestuurderslisensie vir ligte voertuie • Goeie mense verhoudings en moet in span kan funksioneer • Kennis van basiese auto-elektriese werke sowel as sweiswerk sal u aansoek versterk.

Stuur asb. u aansoek en CV vir aandag aan Andro du Preez: Per e-pos:werkswinkel@bronaar.co.za Of handig in:by Bronaar kantoor.

Navrae by:(023) 317-0729

Sluitingsdatum vir aansoeke:11 November 2022

Diensaanvaarding:1 Desember 2022 of so spoedig moontlik daarna Indien u teen 16 November 2022 nog geen terugvoer gekry het nie, neem aan dat u aansoek onsuksesvol was.

WITZENBERG HERALD Friday, November 4, 20224
ATLETE het Saterdag 29 Oktober in ideale weersomstandighede aan die Michellspas halfmarathon en ander wedlope deelgeneem. Die wedloop word deur Ceres atletiekklub in samewerking met die Witzenberg munisipaliteit aangebied. Atlete het ook aan die 10 km en 5 km padwedlope deelgeneem. Thomas Struis van UWK het die halfmarathon in 1:10:05 gewen. Lungile Gongga Mononi was tweede in 1:11:58 met Ashwill Cloogo van UJ in die derde plek in 1:13:48. ATLETE het Saterdag 29 Oktober in ideale weersomstandighede aan die Michellspas halfmarathon en ander wedlope deelgeneem. BELLA Vista rugbyklub het onlangs ‘n geselligheid aangebied waar die borge vir die Top 12 kompetisie bekendgestel is. VLNR: Craig Volmoer (voorsitter), Johnny Jafta (Jafta Vervoer), Cheswill Muller (kaptein), Leoni Johnston (Metropolitan), Jared Manus (onderkaptein), Randall Julius (Ceres Apteek) en Hannes Steyn (ondervoorsitter).
Van doeke in 2004 tot matriek eindeksamen in 2022
Die groep vriendinne se babas is almal in 2004 binne ‘n paar maande uitmekaar, gebore In 2011 is die kinders graad een toe. Die kinders is almal leerlinge van Laerskool Gericke, Laerskool F.D. Conradie en Laerskool Koue Bokkeveld. Die 2004 babas is almal Hoërskool toe in 2018 buiten vir twee van die kinders, is almal in Charlie Hofmeyr. AGTER: Monya du Plessis en Mia, Sulene Lintvelt en Helene, Ilzé Visser en Karli, Marina Potgieter en Christiaan en Elzanne de Beer en Leza. VOOR: Hanlé Mostert en Abram, Charl Bester en Jacobus, Cormé du Toit en Cillié en Orla du Toit en Josua.
2022 2018
(2 poste)

BELLA Vista het die naweek hul Top 12veldtog voorgesit met ‘n oorwinning. Hulle het Saterdag 29 Oktober vir Delicious NW (Noord Weste) op Clanwilliam met 33-27 geklop nadat hulle die vorige Saterdag onverwags teen Montagu rugbyklub vasgeval het. Daar is nog drie wedstryde oor om te kwalifiseer vir semifinaal wat op 26 November op die Boland rugbystadium gespeel gaan word. Die finaal word op Saterdag 3 Desember gespeel. Bella Vista wat tans derde op die punteleer lê, speel die naweek tuis teen Caledon. Op 12 November gaan hulle teen Saldanha speel met die laaste uitspeelwedstryd op Darling (weg).

ADMINISTRA ADMINISTRATIEWE - / VOORRAAD KLERKTIEWE - VOORRAAD KLERKTIEWE (P(P (P(P (P.A.A .A.A .A . HAMLET). HAMLET). HAMLET). HAMLET) HAMLET)

Die posbekleër sal aan die Hoofbestuurder verantwoordelik wees vir onder andere: • Voorraadbeheer en alle relevante administrasie van alle Produksie aktiwiteite (bv. voorraad, daaglikse/weeklikse produksie-inligting, krediteure / debiteure voorraadbeheer) • die bedryf van ‘n gerekenariseerde loonstelsel wat in seisoentyd die besoldiging van ongeveer 90 mense hanteer asook • verwante administratiewe take, wat administrasie rakende statutêre- en etiese vereistes insluit.

Die ideale kandidaat beskik oor goeie interpersoonlike vaardighede en die vermoë om onafhanklik te funksioneer.

Toepaslike ondervinding, wat bogemiddelde rekenaarvaardighede (MS Office) insluit, is ‘n vereiste terwyl kennis van die SAGE300-loonstelsel die aansoek sal versterk.

‘n Markverwante vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftreefonds insluit, word gebied.

Belangstellendes moet volledige CV’s so gou doenlik rig per e-pos aan recruitment@dutoit.com

Diensaanvaarding sal so gou doenlik maar verkieslik nie later as 3 Januarie 2023 wees nie.

PAKLYNBESTUURDER - VRUGTE

‘n Vakature het ontstaan by Doornkraal Agri se pakstoor vir ‘n toegewyde, gemotiveerde en gekwalifiseerde persoon om dienste te lewer as Paklynbestuurder. Die aangewese kandidaat sal ook beskik oor uitstekende tegniese- en probleem-oplossingsvaardighede. Die posbekleër sal aan die Operasionele bestuurder rapporteer.

Noodsaaklike pligte: • Bestuur van twee paklyne - Lynbalansering, produktiwiteit, kwaliteitsbeheer en personeel • Verantwoordelik vir bestel van pakmateriaal

• Verantwoordelik vir daaglikse kalibrasies van paklyne en opstel van pakprogramme • Interne opleiding van personeel - verpakking en kwaliteit • Verseker dat pakstoor voldoen aan BRC/HACCP regulasies.

Vereistes : • Matriek • Toepaslike tersiêre kwalifikasie • Minimum 5 jaar ondervinding in soortgelyke agtergrond • Uitstekende rekord van bestuur van mense

• Kennis van Vitrax-stelsel en Optiese sortering sal u aansoek versterk.

Sluitingsdatum vir aansoeke: 16 November 2022

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

CV kan gerig word aan: hr@dkagri.co.za

Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Sloot irriteer inwoners

Notice is hereby given that between two and six aerial applications of Fruit Fly Bait, GF-120 (Reg No. L7331, Act 36 of 1947), will take place between October 2022 and May 2023 in the Elgin/Grabouw/Villiersdorp/Vyeboom, Hex River Valley (including De Wet, Brandwacht & Worcester), Ceres, Wolseley, Tulbagh, Orange River, Olifants River and the Langkloof production areas. These applications are part of the Deciduous Fruit Industry’s area wide action plan regarding the control of fruit flies in the above-mentioned areas. While every effort will be made to limit applications to weekdays (Monday - Friday), weather conditions may dictate that some of the applications take place during weekends.

BACKGROUND INFORMATION: Fruit flies are a phytosanitary pest which leads to millions of Rands direct damage every year and can cause trade restrictions to certain export markets. All available methods for control measures are presently being used to fight this pest. Production areas close to residential areas are being hit the hardest by fruit flies because of insufficient control measures in these areas.

The control measures that are being used at present may include the following:

1.Monitoring of fruit fly numbers with traps containing either a pheromone or a controlled release vapour attractant system.

2.Sanitation in orchards and vineyards where fruit flies can hatch, hide, or find shelter and food to live on.

3.Regularly applying fruit fly bait in orchards and vineyards.

4.Releasing sterile males on a weekly basis.

GF-120 Fruit Fly Bait is registered for both ground and aerial applications in South Africa and other countries. All the ingredients are natural and GF-120 is used internationally as a very low risk product, which is organically certified by OMRI

The main ingredients in GF-120 include the following: Plant protein and sugar formulation, with Spinosad as the active ingredient. Spinosad is obtained from a fermenting process of Saccharopolyspora spinosa which is a natural ground organism.

When this product is used according to the recommendation, only 0.24g of the active ingredient will be spread over a hectare in scattered droplets. If applied as prescribed, there will be minimal risk for animals, human health, birds, and any other organisms (including bees) in the environment, as it will only attract and kill fruit flies.

MORE FEATURES:Colour - light brown to brownModerately sticky Not corrosive or irritatingNot prone to staining Soluble in water and washes off easily

Despite above mentioned features of GF-120, residents are requested to adhere to the following:

1.Do not hang out any washing during this period.

2.Where possible, vehicles should be under roof (if any drops fall on a vehicle one can easily wash it off with water without leaving any stains).

GF-120 is certified for use by organic farmers

PLEASE TAKE NOTICE THAT THE TARGET AREA FOR AERIAL BAITING IS NOT TOWN AREAS.

Further notice is also given that weekly aerial releases of sterile male fruit flies (Ceratitis capitata), will take place between October 2022 and May 2023 in the Warm Bokkeveld, Hex River Valley (including De Wet & Brandwacht), Wolseley, Tulbagh and Elgin/Grabouw production areas. Releases will be done by helicopter or fixed wing aircraft and the operating height during release will be between 100 and 1500 feet. These releases are also part of the above-mentioned Area Wide Integrated Pest Management program regarding the control of fruit flies in the deciduous fruit producing areas.

“The Sterile Insect Technique, best known by its acronym SIT, is a biologically based method for the management of key insect pests of agricultural and medical/veterinary importance. In the Food and Agriculture Organisation (FAO) glossary, the Sterile Insect Technique is defined as a method of pest control using area-wide releases of sterile insects to reduce reproduction in a field population of the same species. It is therefore a type of “birth control” in which wild female insects of the pest population do not reproduce when they are inseminated by released, radiation-sterilized males. In this type of autocidal control, sequential releases of the sterilized insects in adequate sterile to wild male over flooding ratio’s lead to a reduction in pest population numbers.

Under the International Standard for Phytosanitary Measures No. 3 of the International Plant Protection Convention, sterile insects are categorized as beneficial organisms as the Sterile Insect Technique is among the most environment-friendly insect pest control methods ever developed. It differs from classical biological control, which involves the introduction of exotic biological control agents, in the following ways:

•Sterile insects are not self-replicating and therefore cannot become established in the environment

•Autocidal control is by definition species-specific or intra-specific, and

•SIT does not introduce exotic species into an ecosystem”

(Joint FAO/IAEA Division of Nuclear Techniques in Food and Agriculture)

Furthermore, sterile insects pose no danger to human or non-target animal species’ health, since the only difference between the released male and its harmless wild counterpart is that the insect has been sterilized.

Enquiries: Fruit Fly Africa ☎ ☎ (021) 882-9541

WITZENBERG HERALD Friday, November 4, 2022 5
DIE watersloot in Cilliersstraat (tussen Televideo en Britos en op pad na Vilko) is reeds vir jare ‘n doring in die vlees van omliggende inwoners. Inwoners kla dat die sloot altyd stink na urine en dat vullis en papiere gereeld in die sloot gegooi word. Die munisipaliteit het klaarblyklik geen antwoord of oplossing nie. Wetstoepassers stap ook nooit naby dié woonhuise nie. Inwoners dreig ook om eerder die sloot toe te gooi. Hierdie vakature bestaan by Dutoit Hout / Dutoit Vervoer se kantore, geleë in Prince Alfred Hamlet.

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

1946/03/09 - 2022/10/29

Verassingsdiens: Sat. 5 Nov. 2022 Kerk: 10:30, VGK Ceres Privaat Verassing

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

1938/07/27 - 2022/10/26 Begrafnisdiens: Sat. 5 Nov. 2022 Huis: 11:00, Eilandstraat

: 12:00,

Verassing

Die beste

John Kannemeyer

(023) 316-1814

1960/12/15 - 2022/10/30

Roudiens: Do. 03/11/2022

Nov.

: 11:00,

: 12:00,

Barend van Rooi

1968/05/15 - 2022/10/28 Begrafnisdiens: So.

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

VGK, ODB Graf: Op-die-Berg

CERES NICO

316-2086 083-584-8207

083-719-6017 John ceresbegrafnisdienste@gmail.com

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel,

en

Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

PROF ERIAS

PLANT AND TOOL HIRE

Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Ons kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese toestelle, huishoudelike ware, speelgoed, boeke, sporttoerusting, ons sal dit alles en meer, as voorraad vir ons winkel neem.

As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-899-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

WITZENBERG HERALD Friday, November 4, 20226
DIT IS ‘N EENVOUDIGE FEIT VAN DIE LEWE, ONS GAAR ONNODIGE
GOED OP! Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede is, jy het “goed” wat rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien. ons winkel benodig dringend nuwe items Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere, skoene en huishoudelike items. Help ons asb. om die Gemeenskap te help.
Ceres Omgeewinkel het VERHUIS na
Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
verkoop
koop klaviere. Alle areas.
6 Nov. 2022 Huis: 10:00, Plaas Merino, Warm Bokkeveld Saal: 11:00, Plaas Merino, Warm Bokkeveld Graf: Bella Vista 1928/11/05 - 2022/10/24 Roudiens: Do. 03/11/2022 om 19:00, VGK Ceres Begrafnisdiens: Sat. 5 Nov. 2022 Huis : 08:00, Besterstr. 6, Ceres Kerk: 09:00, VGK Ceres Graf Ceres (023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Maria Magdelena Seroot Heinrich Attwel Junior Hanekom 2003/03/19 - 2022/10/28 Roudiens: Do. 03/11/2022 om 19:00, Da Gamastr. 648, BV Begrafnisdiens: Sat. 5 Nov. 2022 Huis: 09:00, Da Gamastr. 648, BV Kerk: 10:00, Pastoor Manuel Kerk, Bella Vista Graf Bella Vista CERES NICO BEGRAFNISDIENSTE “By die stort van elke traan sal ons by u staan” ☎ (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John ceresbegrafnisdienste@gmail.com Anston Beauldré Ambraal 1997-01-20 - 2022-10-29 Begrafnis: Sat. 05/11/2022 Huis: 08:00, Kromfontein, Koue Bokkeveld Kerk 10:00,
BEGRAFNISDIENSTE “By die stort van elke traan sal ons by u staan” ☎ (023)
Nicolene 078-550-8345 Hannelie
17, Ceres Kerk
VGK Ceres Privaat
☎ ☎
diens, altyd.
Deon Adams
om 19:00, Azaliasingel 1143, BV Begrafnisdiens: Sat. 5
2022 Huis
Azaliasingel 1143, Bella Vista Kerk
St. Matthews BV Graf: Bella Vista John Kannemeyer ☎ ☎ (023) 316-1814 Die beste diens, altyd. Gabriel Denation 1957/12/15 - 2022/10/30 R oudiens: Do. 03/11/2022 om 19:00, Jakarandastr. 7, Tulbagh Begrafnisdiens: Sat. 5 Nov. 2022 Huis: 10:00, Jakarandastr. 7, Tulbagh Kerk: 11:00, VGK Tulbagh Graf Tulbagh John Kannemeyer ☎ ☎ (023) 316-1814 Die beste diens, altyd. Fransina Luitjies 06/11/1995 - 28/04/2011 We thought of you with love today but that is nothing new. We thought of you yesterday and days before that too. We think of you in silence as we often speak your name. All we have are memories and your picture in a frame. Your memory is our keepsake with which we’ll never part. God has you in His keeping. We have you in our hearts. Mammie, uncle Griffen, Tanna & Uncle Mike Shannon Morris Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 AND FRAMES 083-227-6476 STEFAN STEYN SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Automotive Engineering • Skim cylinder head • Recon cylinder head • Rebore engine blocks Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndré du Pdu Preezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com R2 000 of naaste kontant aanbod INGEBOUDE BAD + SHOWER MIXER Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae MERANTI MOTORHUISDEUR + MOTOR TE KOOP R3 000 of naaste kontant aanbod Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae VOOR AGTER Landswye
It’s never too late for your problems to be solved. Don’t just sit back and think your worst situation can not be changed. It’s time for you to present your problems to Maama Sauda: •Relationship problems •Financial problems •Court cases •Divorce cases •Winning luck •Pregnant cases • Home protection •Bad luck • Magic ring • Magic wallet • Lotto or Powerball • Money in account in 1 hour •Unfinished work and many more Call or WhatsApp Maama Sauda 071-707-2066
Die begawe man met die beste dienste. Hou op sukkel in die lewe dis tyd dat jy gelukkig is, as jy voel jy is versteur en hulp nodig het, kontak my. Ek is die antwoord om jou gelukkig te maak. Werk jy maar kan jy nie ‘n lening kry nie? Kry tot een miljoen selfs al het jy swartlys. Werk vir ‘n lang, maar klein salaris of het jy geld in rekening nodig? Jy wil Lotto/Powerball of UK49 wen. Bring verlore liefde en liefdesspelle terug. Voorkom dat maat bedrieg. Los probleme by die werk of in besigheid op. Vinnige verkoop van eiendom. Skakel 078-304-4136 Fil.4 :5 “ Wees inskiklik teenoor alle mense. Die Here is naby.” Evangelis Jacobs Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

SEISOENSPOS:

VURKHYSERBESTUURDERS

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei.

HOOFFUNKSIES:

•Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers

•Laai van palette in tonnelkamers en rakke

•Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers

•Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors

•Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take

DIE IDEALE KANDIDA AT MOET:

•‘n Geldige rybewys van vurkhyserlisensie toon

•Ondervinding hê van ry in koelkamers

•Verwysings van vorige werke is ‘n vereiste

ONS BIED DIE SUKSESVOLLE

KANDIDAAT:

•Markverwante loon

•Gunstige werksomstandighede

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 18 November 2022

A ANSOEKE KAN GESTUUR WORD

A AN: elana@cereskoelkamers.co.za

Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word.

VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: (023) 315-5003

PUBLIEKE DEELNAME BY OPSTEL VAN RAAD SE HERSIENE ONTWIKKELINGSPLAN EN BEGROTING 2023/2024

Kennis geskied hiermee dat ingevolge die Raad se Strategiese Proses Plan, daar nou met ‘n rondte publieke deelname vergaderinge begin sal word ten einde die publiek se insette ten opsigte van die Hersiene 2023/2024 GOP en Begroting te bekom. Openbare vergadeinge sal in die verkeie dorpe vanaf 2 tot 15 November 2022 plaasvind. Afsonderlike vergaderinge met die verskeie forums en sektore word ook belê.

Lede van die publiek word hiermee hartlik uitgenooi en sterk aangemoedig om met die Raad en Amptenare te vergader sodat daar saam oor ons toekoms besin kan word.

Die vergaderinge vind soos volg plaas:

DAGDATUMTYDDORPWYKEPLEK Woensdag02 November18:00Nduli 1 & 12Nduli Gemeenskapsaal Donderdag03 November18:00Wolseley2 & 7Pine Valley Gemeenskapsaal Maandag07 November18:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Gemeenskapsaal Dinsdag08 November18:00Tulbagh 7 & 11Witzenville Gemeenskapsaal

Woensdag09 November18:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Gemeenskapsaal Donderdag10 November18:00Ceres 3 & 5Ceres Stadsaal Maandag14 November18:00Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Gemeenskapsaal Dinsdag15 November18:00WykskomiteesAlleCeres Stadsaal

PUBLIC PARTICIPATION IN DRAFTING OF COUNCIL’S REVIEWED DEVELOPMENT PLAN AND BUDGET 2023/2024

Notice is hereby given that in terms of Council’s Strategic Process Plan, there will now be embarked upon a round of public participation meetings in order to assemble the inputs from the community in respect of the Review 2023/2024 IDP and Budget.

Public meetings will be hosted in the different towns from 2 to 15 November 2022. Separate meetings with different forums and sectors will also be held.

Members of the public are cordially invited and strongly encouraged to meet with Council and Officialdom in order to plan collectively for our future.

The meetings will take place as follows:

DAYDATETIMETOWNWARDSVENUE

Wednesday02 November18:00Nduli 1 & 12Nduli Community Hall

Thursday03 November18:00Wolseley2 & 7Pine Valley Community Hall

Monday07 November18:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Community Hall

Tuesday08 November18:00Tulbagh 7 & 11Witzenville Community Hall

Wednesday09 November18:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall

Thursday10 November18:00Ceres 3 & 5Ceres Town Hall

Monday14 November18:00Op-die-Berg8 & 9Nyukintaba Community Hall

Tuesday15 November18:00Ward CommitteesAllCeres Town Hall

DAVID NASSON MUNICIPAL MANAGER MUNISIPALE BESTUURDER

VERW/REF NR: 02/02/1

WITZENBERG HERALD Friday, November 4, 2022 7
DIE leerders van St. Marks primêr het toekennings ontvang vir landlope. VLNR: Audrey-Lee Manies, mev. Fiona Hardneck en Diego Daniëls. LOCAL learners were excited to have a visit from the custom-built EnergyDRIVE truck during its 2022 road trip across the country. Three schools within the Witzenberg Municipal area, Iingcinga Zethu Secondary school in Nduli, Ceres Secondary School and Bella Vista High School were visited, teaching learners about the benefits of renewable energy in a fun and interactive way.
*
The custom-built EnergyDRIVE truck visited Ceres Secondary School. VIER stappers van Tulbagh het die Disa-wedloop voltooi. VLNR: Hannie Penderis, Rita Fortuin, Anwin Order en Estie van Schoor.
☎ ☎ ☎ ☎ (023) 315-5003 ✉ ✉ ✉ ✉ 35 CERES 6835

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset,Lynxstraat 5,PaardenEiland.Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonderdieverlofvandie eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

Witzenberg Herald

Boland Rolbal vergader op Tulbagh

Nuwe komitee verkies

CASPER de Bruin het Saterdag 29 Oktober die individuele stableford klubkompetisie met 36 punte gewen.

David Cohen was tweede met 36 punte gevolg deur Johann van der Merwe, JC Hagen en Willie Baron, almal met 35 punte.

Jaarvergadering

Die algemene jaarvergadering van Ceres gholfklub het verlede week plaasgevind. Die nuwe komitee vir 2022/23 is verkies en nuwe speelfooie en jaargelde is ook tydens die vergadering aanvaar.

Die nuwe komitee is: Casper de Bruin (klubkaptein), Bennie van Rensburg (onderkaptein), Henry Brown (tesourier), Francois Snyman (wedstrydsekretaris), Vickus Filmalter (klubbestuurder), Glenville Nasson en Wilhelm Muller (addisionele lede).

PROPOSED ABOVE-GROUND 2.5KM LONG BULK WATER SUPPLY PIPELINE ON ERVEN 1886 AND 1887, CERES

Notice is hereby given of the intention to submit an application, and the public participation process, in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), as amended (“NEMA”) and Environmental Impact Assessment (“EIA”) Regulations, 2014 (as amended). The approximately 2.5km long proposed bulk water supply pipeline includes activities listed in terms of the EIA Regulations, 2014 (as amended).

EnviroAfrica cc has been appointed by the Witzenberg Local Municipality to manage the process of applying for an environmental authorisation.

Application for environmental authorization to undertake the following listed activities

GN No. R. 984 of 2014 (as amended): Items 9 and 19 and

GN No. R. 986 of 2014 (as amended): Item 12

*Please note that the listed activities above may change during the course of the EIA Application. Registered I&APs will be notified of any changes.

Project Description and Location: A bulk water supply pipeline of approximately 2.5km in length and 350mm in width is proposed on Erven 1886 and 1887, Ceres to supply water to the town of Wolseley. The proposed above-ground pipeline will be on small stilts placed at 4 - 5m intervals and will extend from an abstraction point in the Tierhokskloof Stream to the Witbrug Water Purification Plant, alongside the old water supply pipeline that was constructed in 1953.The existing pipeline will no longer be used when the proposed pipeline becomes operational.

The proposed site is largely located on a mountainside and the co-ordinates along the route thereof include the following:

Abstraction point in Tierhokskloof Stream (33° 25' 44.71"S, 19° 17‘ 0056“E), Waypoints (33° 25’ 20.52”S, 19° 16’ 57.04”E) and (33° 25’ 14.84”S, 19° 16’ 28.74”E) and End point at Witbrug Water Purification Plant (33° 25’ 19.20”S, 19° 15’ 59.74”E)

Public Participation: Interested and Affected Parties (“I&APs”) are hereby notified of the intended application and are invited to register (in writing) and/or provide initial comments and identify any issues, concerns or opportunities relating to this project to the contact details provided below, on or before 14 December 2022.

Consultant: EnviroAfrica CC. P.O. Box 5367, Helderberg, 7135/ Fax: 086-512-0154 / Tel.: (021) 851-1616 / E-mail: maboee@enviroafrica.co.za

DIE Wolseley MTB byeenkoms is Saterdag 29 Oktober in die omgewing van die Mountainridge wynkelder aangebied. Ceres Cycle het ook ‘n span ingeskryf wat aan die byeenkoms deelgeneem het. Ivan Hanekom het tweede geëindig in die 35km wedren. VLNR: Raymond Petersen, Ivan Hanekom, Rashid van Rhyn, Charlton Zimri, Bernard Cupido en Johannes Jacobs.

WITZENBERG HERALD Friday, November 4, 20228
Bergfiets wedren 'n groot sukses op Wolseley
BOLAND Rolbal het onlangs hul nuwe bestuur vir 2022/2023 verkies. Boland Rolbal het Vrydag 21 Oktober ‘n strategiese sessie by Tulbagh rolbalklub aangebied. AGTER: Leon Meyer (Weskus president), Hannes Pieterse van Tulbagh (ledewerwing en bemarking) en Pierre Paul (Overberg president en Boland sekretaris). VOOR: Charmaine Mostert van Ceres (Wynland president), Tom Tromp (Boland president), Rika Mitchell (Boland vise-president), Kevin Knight (Boland tesourier) en Brasler van Schoor (Boland wedstrydsekretaris). CERES krieketklub het Sondag 23 Oktober teen Bergrivier gespeel en die wedstryd met 23 lopies verloor. VLNR: Kyle Nasson (44 lopies), Geraldo Poole (4 paaltjies) en Wilbren Krotz (49 lopies) het vir Ceres uitgeblink. WITZENBERG LOCAL MUNICIPALITY ENVIROAFRICA CC NEMA PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.