Witzenberg Herald Vol.24 no.43 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 43

R7.50

Friday, November 5, 2021

Since 1997

TRADING HOURS: Monday - Friday 07:30 - 17:30 Saturday 08:00 - 13:00

MINI SERVICE

R150

WE ALSO DO: • PARTS • ACCESSORIES • CLOTHING 49 Lyell Street 023 312 3578

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 4 November

Vrydag 5 November

8° 24°

8° 21°

Saterdag 6 November

Sondag 7 November

7° 23°

8° 22°

Ceres Koekedouw dam

100%

Lesing: 2021/11/03

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Geen party behaal meerderheid GEEN party het die Witzenberg munisipaliteit met ‘n volslae meerderheid gewen nie. Soos die afgelope 15 jaar die geval was (4 verkiesings sedert 2006), sal die DA of die ANC nou koalisies moet aangaan met kleiner partye om die Witzenberg munisipaliteit te beheer. Daar is 35 munisipaliteite in die land waar koalisies gevorm moet word. Alhoewel die uitslae teen Woensdagoggend nog nie amptelik deur die OVK goedgekeur is nie, het die DA 8 setels (14650 stemme - 36.64%) verower en die ANC 7 setels (12181 stemme - 30.46%). Good het goed vertoon en 2 setels (2506 stemme - 6.25%) verower. Die drie partye het 29 337 stemme op hulle verenig. In die Witzenberg munisipalegebied was slegs 47 098 inwoners (ongeveer 41%) geregistreer vir die verkiesing en skaars 65% hiervan het Maandag gaan stem. Daar is ‘n totaal van 23 raadslede wat bestaan uit die 12 wyke en 11 proporsionele verteenwoordiging. Dit beteken dat ses partye elkeen 1 setel verwerf. Die ses partye is: Patriotic Alliance (PA) met 2174 stemme, Witzenberg Aksie met 1495 stemme, Icosa met 1180 stemme, EFF met 1156 stemme, VF Plus met 972 stemme en die Witzenberg Party met 777 stemme. Wyke Die DA het 7 wyke verower en die ANC 5. Dit is die derde munisipale verkiesing waar wyk 11 (Tulbagh) die kleinste verskil tussen die DA en die ANC het. In 2021 het die DA die wyk met ‘n skrale verskil van 69 stemme gewen. Wyk 1 - Nduli - ANC Wyk 2 - Wolseley en Breërivier - DA Wyk 3 - Ceres dorp - DA Wyk 4 - Hamlet en Bella Vista - DA

Wyk 5 Wyk 6 Wyk 7 Wyk 8 Wyk 9 Wyk 10 -

Ceres en Warm Bokkeveld - DA Bella Vista - DA Wolseley en Tulbagh - ANC Op-die-Berg - DA Op-die-Berg landelik - ANC Agter-Witzenberg en P.A. Hamlet - ANC Wyk 11 - Tulbagh - DA Wyk 12 - Ceres Karoo en Bo-Swaarmoed - ANC Statistieke Na die 2014 nasionale verkiesing het interessante statistieke na vore gekom. In 2014 was daar meer as 2.2 miljoen kiesers meer geregistreer as in 2009 en meer as 7.2 miljoen

as in 1999 met die tweede verkiesing. Meer as 80% van stemgeregtigdes is as kiesers geregistreer. In die Witzenbergstreek was daar in 2014 slegs 45 057 kiesers geregistreer uit meer as 150 000 inwoners teenoor die 47 098 inwoners (ongeveer 41%) wat geregistreer was in 2021. Daar was sedert 1994 ‘n kwaai afname van mense wat geregistreer is, maar nie gaan stem het nie. In 1999 het meer as 3 miljoen mense nie na die stembus gegaan nie, in 2004 het 5 miljoen besluit om nie te stem nie en in 2009 het 5.2 miljoen mense weggebly. In 2014 het 18.6 miljoen, meer as 73% van die geregistreerde kiesers, gaan stem.

Amper 7 miljoen mense het nie gaan stem nie. In die 2016 munisipale verkiesing in die Wes-Kaap het die DA 63.33% van die stemme gewerf gevolg deur die ANC met 26.22% en die EFF met 2.81%. 2021 verkiesing Die finale uitslag van die 2021 verkiesing in die Wes-Kaap was teen druktyd nog nie gefinaliseer nie. Altesaam 12 000 kandidate van 96 partye het in die Wes-Kaap aan die verkiesing deelgeneem vir 30 munisipaliteite, die Kaapstad metro en vyf distriksmunisipaliteite. Ongeveer 35% van kiesers het gaan stem.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, November 5, 2021

Mooi Uitsig ouers voltooi tuisonderrigprogram TV program kry toekenning DIE plaaslike program Ceres - Net ‘n Bietjie Liefde, is benoem vir talle toekennings by die Onse TV se eerste toekenningsgeleentheid in Retreat, Kaapstad. Duke van Schalkwyk (foto)en Jakob Volmoer het die geleentheid op 29 Oktober gaan bywoon. Die TV program Ceres - Net ‘n Bietjie Liefde wat tans op Starsat dekodeerder beskikbaar is op kanaal 462 was in drie afdelings genomineer nl: Beste TV program, beste gemeenskap TV program en Duke van Schalkwyk as beste TV aanbieder. Hulle het die Vuurwarm toekenning ontvang. Duke het in sy toespraak die Ceres gemeenskap en borge bedank en die toekenning aan wyle Keano Africa opgedra wat onlangs in ‘n motorongeluk oorlede is.

MOOI UITSIG se ouers het onlangs die WordWorks tuisonderrigprogram voltooi. Word Works is ‘n skoolgebaseerde ouer- en gemeenskap tuisonderrig program wat ten doel het om gesinne en gemeenskappe nader aan mekaar te bring. Ouers word ook bemagtig om stewige taal- en geletterdheidsfondasie vir die kinders in hul sorg te help bou. Opleiding het oor agt sessies gestrek waarna ouers tydens ‘n spesiale geleentheid, sertifikate ontvang het. VLNR: Sophia Karriem (WKOD vakadviseur), Tania Swanson (fasiliteerder), Barenita Goliath, Andrea Kruger, Caroline Engelbrecht, Marinese Jantjies, Evelyn du Preez, Lucille Hufke,Tanya Brink, Alicia van Wyk, Maria Waterboer, Esmeralda Vergotine (fasiliteerder) en Diana Niemand (WKOD grondslagfase koördineerder).

19:00

LAERSKOOL Koue Bokkeveld is trots op die leerders wat almal sertifikate op die SOS-kamp ontvang het.

Notice of Annual General Meeting Tuesday, 9 November 2021 Waverley Hills 18:30 for 19:00


WITZENBERG HERALD

3

Friday, November 5, 2021

DIE St.Marks primêre skool se nuwe biblioteek is verlede Donderdag amptelik ingebruik geneem, 15 maande nadat dit in ‘n winterstorm verwoes is. VLNR: Matthew Sampson (Perdekraal Oos windplaas), John Goliath (WKOD), Jo-Anne Brown (direkteur van Perdekraal East windplaas), Jaun Benjamin (direkteur WKOD - Kaapse Wynland), Christo Loots (Perdekraal Oos windplaas), Ronnie Philander (oud skoolhoof van St.Marks primêr), Colie van Rooi (hoof van St.Marks primêr) en Nico Fourie (Perdekraal Oos windplaas). * Promosieblad verskyn op bladsy 7.

IN Suid-Afrika was daar die afgelope jaar of twee talle aanvalle op nooddienswerkers asook talle wat beroof is terwyl hulle besig was om mense te behandel en te help. Op 17 Oktober is nasionale noodmediesedienste-dag (EMS Day) gevier. Die Witzenbergstreek het nog nie sulke aanvalle beleef nie en bedank die gemeenskap vir hul ondersteuning en goeie gesindheid. EMS probeer elke dag diens van uitstaande gehalte lewer aan die Witzenberg gemeenskap.

Hulp gevra met herbou van woonhuis

THABANG Nxanga, een van Witzenberg Brand en Redding se brandbestryders besig om die vlamme te blus.

‘n DESPERATE gesin vra die Witzenberg gemeenskap se hulp met die herbou van hul woonhuis nadat dit verlede week in ‘n brand verwoes is. ‘n Elektriese kortsluiting in die sitkamer was moontlik die oorsaak van die brand wat Maandag 25 Oktober die huis in Beetsstraat byna verwoes het. Die huisbewoners kon egter die laaste jare nie versekering op die eiendom uitneem nie weens ‘n gesloer met die eienaar se boedel. Myra Muller wat in Kaapstad werk en haar ma, Denise Muller wat in Paarl werksaam is, was nie by die huis toe die brand verlede Maandag uitbreek nie. Volgens ooggetuies was dit skaars 10 minute voordat die vlamme dakhoogte bereik en alles uitgebrand het. Volgens Myra is die huis destyds deur haar oupa, Frans (Fanie) Muller, gebou waar hy en haar ouma Myra saam met hul vier kinders gewoon het. “Die huis is nog deel van my oorlede ouma se boedel wat al 8 jaar gelede gesterf het. Weens komplikasies, omdat my ouma nie ‘n testament gehad het nie, is die boedel nog nie afgehandel nie en kon ons nooit versekering op die huis kry nie” sê Myra. Denise was ouma Myra se primêre versorger. “Toe my ouma se gesondheid begin afneem, het sy in Huis Maudie Kriel ingetrek en ons het in die huis ingetrek en dit in stand gehou”. Arthur Sampson, ‘n neef van Myra, het voor die brand in die huis gebly om daarna te kyk. Hy was Maandagmiddag gou winkel toe. Toe hy terugkom by die huis, was die huis in ligte laaie en kon hy niks doen om die woning te red nie. Sy hondjie het in die brand omgekom. Dankbaar “Die Witzenberg Brand en Redding en omliggende inwoners was baie vinnig om te help om die vlamme te blus. Ons is baie dankbaar vir almal se hulp en ondersteuning

We offer: · · · · · · · · ·

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

sover. Ons familie het ‘n Back-A-Buddy ondersteuningsblad begin om te help om fondse in te samel om die huis te herstel”. Bydraes Mense wat bydraes wil maak kan die donasie-bladsy besoek by:https://www.backabuddy.co.za/denise-mullern Teen 1 November is daar net meer as ‘n bietjie meer as R11 000 ontvang.

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


4

WITZENBERG HERALD

Friday, November 5, 2021

Bekende inwoner oorlede BASIL Darelis (84), jarelange inwoner van Ceres, is op 25 Oktober oorlede. Basil is op Ceres gebore en woon by sy ouers agter die ikoniese Ceres Kafee in Ceres se hoofstraat. Later matrikuleer hy by Charlie Hofmeyr hoërskool voordat hy saam met sy pa begin werk. Hulle twee bou eiehandig Handy House langs die destydse Ceres Fashion salon. Later met die verbreeding van Voortrekkerstraat, word Handy House ingesluit by die herboude en vergrote Ceres Fashion Salon. Handy House het gespesialiseer in speelgoed vir kinders en breekware vir huishoudings. Mense praat later nie meer van Ceres Fashion Salon nie, maar van die Darelis winkel. Basil was welbekend vir sy vriendelikheid en professionalisme teenoor sy klante. Hy was ook betrokke by die sakekamer. Hy was ook besonders kreatief en sy ontwerpersvermoë strek van houtmeubels en gietysterwerk tot voertuie inrig vir spesifieke ontspanningsdoeleindes. Hy was op sy gelukkigste agter die stuurwiel en toer graag oral rond saam met vriende. Hy bestuur Ceres Fashion Salon tot en met sy aftrede. Die diens vind op Vrydag 5 November om 15:00 plaas vanuit Ceres Moedergemeente.

BASIL Darelis (84), jarelange inwoner van Ceres, is op 25 Oktober oorlede.

Die betroubare naam in waterdigting Stem nou vir CBI

BY RubberRoofs™ werk ons bewustelik om die betroubare naam in waterdigting te wees. Om ons kliënte te bedien met die beste moontlike produk en met die beste moontlike resultate, word ons formulerings- en produksieprosesse onder toesig ge-

hou deur ‘n wêreldbekende laboratorium en kundiges in die bedryf.RubberRoofs™ Liquid Rubber Paint™ is ontwerp om die beste in sy klas te wees en om verwagtinge te oortref. ‘n Voorbeeld van die deeglike sorg wat ons in al ons projekte in diens neem, is ons AlgenTech™ In die Kus- en Suidelike streke van Suid-Afrika is alge, swamme of mos baie algemeen. Baie van hierdie organismes is nie sigbaar met die blote oog nie. In hierdie streke, tydens die noodsaaklike dakvoorbereidingstadium, ontsmet RubberRoofs™toedieners die substraatoppervlak met AlgenTech™ terwyl AlgenTech™ XE Protect, ons mikrobiese swamen alge-aanvalbeskermer, by die Liquid Rubber Paint™ gevoeg word om organismegroei te inhibeer.

LESERS en inwoners gaan stem vir CBI.

Ceres Besigheids Inisiatief is een van drie finaliste in 2021 AHI Sakekamer van die Jaar kompetisie. Kliek hier om te stem: http://www.myahi.co.za/vote-stem/ of https://bit.ly/StemInAHiToekennings2021 Deel die nuus met julle familie, vriende en kennisse en vra dat hulle vir CBI moet stem. Saam kan ons ‘n verskil maak in ons dorp! Sluitingsdatum Kompetisie sluit Vrydag 5 November. Die wenners sal tydens die AHi se virtuele AJV op Vrydag 12 November, regstreeks bekend gemaak word. Die ander twee finaliste is Stilbaai Sakekamer en George Business Chamber. Stemmery Die beoordelaars se stemme sal 50% van die finale stemme tel, met julle wat die ander 50% van die stemme sal uitmaak. Die stembus is oop vir almal, maar jy kan slegs een keer stem.

RubberRoofs™-toedieners verstaan waterdigting en voldoen aan indrukwekkende standaarde en ons prosesse verleng die leeftyd en kwaliteit van waterdigting aansienlik. Liquid Rubber Paint™ het merkwaardige adhesie aan ‘n wye verskeidenheid daksubstrate, insluitend die variasies teëls, beton en metale. RubberRoofs™ Liquid Rubber Paint™ het uitstekende elastiese verlenging en meganiese eienskappe, wat saam met ‘n daksubstraat buig deur ‘n wye reeks temperature en toestande. Dit is ook maklik om skoon te hou, want ons Liquid Rubber Paint™ word vervaardig met slegs premium polimere en hoë kwaliteit grondstowwe vir tipies lae degradasie, lae vuilbehoud en hoë vlekweerstand.

Hierdie administratiewe pos het ontstaan by De Keur Landgoed, Koue Bokkeveld

VOORRAAD- EN ADMINKLERK Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle voltooiing van ‘n proeftydperk.

Vakature

Doel van pos: Assisteer die finansiële en Produksie afdelings met die bestuur van voorraad en algemene administratiewe take. Verantwoordelikhede: • Bestuur van werkswinkel rekords en kostes • Keyphase - administrasie en rekon van die volle Keyphase funksie • Bestuur van krat voorraad, los toerusting, werkswinkel masjinerie en implemente • Bystand vir loonbestuurder • Help met die invoer van die aankope klerk se elektroniese invoere • Oes rekonsiliasie verslae • Voorraad verslae. Opleiding en ondervinding: Admin diploma Algemeen: • Geldige rybewys • Eie vervoer. Vergoeding: Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioenskema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling. Sluitingsdatum vir aansoeke: 12 November 2021 Aanstellingsdatum: 3 Januarie 2022 Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie verwysings aan: Johan du Plessis by e-pos hr@dekeur.co.za De Keur Landgoed is ‘n gelyke geleentheid werkgewer

Boordbestuurder - Sitrus Plaas Moosrivier: Groblersdal Area (Limpopo) Minimum kwalifikasie

• Tersiêre Landbou Kwalifikasie • Minimum 3 jaar ondervinding in Sitrus Boordpraktyke of Permanente Gewasse; Grondvoorbereiding, Besproeiingsinstallasie, Jongboom aanplant en bestuur, oesbestuur en arbeidsbestuur

Sleuteleienskappe/Vaardighede

• Basiese Sitrus tegniese kennis (Tuinbou, Entomologie, Plantsiektebeheer, Waterskedulering en Oesmanipulasie • Rekenaarvaardig • Goeie Bestuursvaardighede (BOLB/ POLC) • Metodies en sistematies • Goeie menseverhoudinge • Vermoë om te prioritiseer/Tydbestuur • Selfmotiveerder • Spanspeler

Daaglikse aktiwiteite

• Beplanning, organisering, leiding en beheer van boordspan • Kontrole oor alle tegniese aksies (Bespuiting, Bemesting, Besproeiing, Oesmanipulasie ens.) • Bestuur en hantering van arbeid (opleiding, dissipline, prestasiemeting) • Toepassing van veiligheids- en akkreditasie standaarde • Inisiatiewe vir produktiwiteitsverhoging • Sleutelprestasie indikator: Uitvoer kartonne per hektaar (opbrengs). Voorkeur sal gegee word aan aansoekers van die aangewese groep.

Stuur CV na: hr@moosrivier.co.za Sluitingsdatum: 12 November 2021

Indien ons nog nie met u kontak gemaak het teen 26 November 2021 nie, kan u aansoek as onsuksesvol beskou word.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, November 5, 2021

Rowers vlug met R20 000 CERES SAPD ondersoek ‘n besigheidsroof nadat drie onbekende mans die 3 Star Superette, in Vosstraat beroof het. Die voorval het Saterdag 30 Oktober omstreeks 20:15 plaasgevind. Volgens inligting het drie gewapende mans die sekuriteitshek oopgedwing en twee mense in die winkel oorrompel. Hulle is vasgebind en van R20 000 kontant asook sigarette en kleingeld beroof. Die verdagtes het daarna in ‘n wit Toyota Avanza met ‘n CAA-registrasienommer gevlug. Die SAPD is kort hierna in kennis gestel waarna hulle die voertuig in die rigting van De Doorns agtervolg het. Die voertuig is later by ‘n padblokkade gestop waarna die insittendes uitgespring en met die R20 000 weggehardloop het. Daar is beslag gelê op die voertuig asook die sigarette, gesteelde huishoudelike items.

Pasop! Jy kan eiendom aan staat verbeur

DRIE verdagtes het verlede Saterdag die 3 Star Superette in Vosstraat beroof. Hier staan Ceres polisielede by die gesteelde goedere wat teruggevind is. VLNR: Sers. Nkamana, kapt. Vergotine, kst. Theunnisin en sers. Mboniswa.

Aktiewe CV-19 gevalle daal TANS is daar slegs 3 aktiewe COVID-19 gevalle in die Witzenbergstreek en minder as 200 in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit aangemeld. Teen Woensdag 3 November het die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek van 5 na 3 gedaal. Daar is 7740 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld en hiervan het 7414 herstel. Drie honderd nege en veertig (349) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover is 74 gevolg deur Wolseley met 56, Bella Vista met 52, Tulbagh met 43, P.A. Hamlet met 39 en Nduli met 30. Niemand is die week aan CV-19 dood nie. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 20 146 (2 November). Daar is al 523 069 positiewe gevalle aangemeld en 501 837 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 2.814 miljoen mense al herstel. Ongelukkig het 89 197 mense weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Die land se herstelkoers is tans 96.3 %. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het gedaal na 0.82% en Wes-Kaap spog steeds met die tweede meeste inentings in die land. Meer as 22.627 miljoen Suid-Afrikaners is al ingeënt. Inentings Terwyl die Desember somervakansie en meer geleenthede vir sosialisering nader kom, vra die gesondheids departement dat veral mense van 50 jaar en ouer so gou as moontlik gaan vir inenting. Mense in hierdie ouderdomsgroep het ‘n verhoogde risiko om ernstig siek te word van COVID-19. In die Wes-Kaap is daar reeds 3.693 miljoen mense teen die virus ingeënt. Ceres provinsiale hospitaal Gedurende die derde vlaag van die CV-19 pandemie moes die Wes-Kaap gesondheids departement noodgedwonge maatreëls aanpas om pasiënte en personeel veilig te hou en is alle nie-noodsaaklike operasies by Ce-

res provinsiale hospitaal onbepaald uitgestel. In lyn met die nuwe aangepaste vlak 1 inperkings, is daar verlede maand besluit om hospitaalbesoeke in die Wes-Kaap aan te pas onder streng veiligheidsmaatreëls. Hospitale moet steeds waak teen te veel mense en moet ten alle tye veiligheidsprotokolle handhaaf. Die veiligheid van pasiënte en personeel is baie belangrik. Hier is slegs ‘n paar van die nuwe aanpassings: ■ Buite pasiënte wat sukkel om oor die weg te kom, gestremd is of verswak is, kan deur iemand vergesel word. ■ Pasiënte in die hospitaal mag vir 30 minute besoek word. Elke afdeling het ‘n 60 minute tydgleuf. Skakel met die hospitaal wanneer dit besoektyd is. ■ Terminaalsiek pasiënte mag besoek word en een familielid kan een keer per dag vir 30 minute besoek aflê. ■ Ma’s kan by kinders bly of hulle gereeld besoek ■ COVID-19 pasiënte mag steeds nie besoek word nie. Families sal op hoogte gehou word van pasiënte se vordering. Lang COVID Pasiënte wat aan lang-COVID ly, kan simptome tot ‘n jaar lank ervaar. Die mees algemene simptome wat pasiënte ervaar het, is moegheid (82%), geestelike uitputting (67%), hoofpyne (60%) en duiseligheid (54%). Pasiënte wat aan die studie deelgeneem het, was nog nie ingeënt nie en sê wat hul simptome vererger het, was fisieke uitputting (86%), spanning (69%) en ontwatering (49%). Inwoners kan steeds afsprake maak met suster Hester Truter by (023) 316-9600 indien hulle ‘n bedlêende familielid het wat ingeënt moet word.

DIE VOORGESTELDE UITBREIDING VAN LANDBOU OP WELGEGUND PLAAS NR. 474, NABY CERES, WES-KAAP PROVINSIE

OPENBARE DEELNAME PROSES: KENNISGEWING VAN VOORNEME OM ‘N AANSOEK VIR OMGEWINGSGOEDKEURING IN TE DIEN EN BESKIKBAARHEID VAN DIE VOORAANSOEK BASIESE ASSESSERINGS RAPPORT: BASIESE ASSESSERINGS PROSES (DEA&DP REF: 16/3/3/6/7/1/B5/2/1301/21) Projek voorstel: Witzenberg Properties (Edms) Bpk. (die Aansoeker) beoog ‘n landbouuitbreiding van ongeveer 15.1 hektaar wat bestaan uit appelboorde en gepaardgaande plaaspaaie, wat lei tot die verwydering van 14.4 hektaar inheemse plantegroei. Ligging: Welgegund Plaas Nr. 474, naby Ceres, Witzenberg Plaaslike Munisipaliteit, Wes-Kaap Provinsie. Aansoek vir Omgewingsgoedkeuring in terme van NEMA (Wet Nr. 107 van 1998): Die voorgestelde projek sluit in ‘n aktiwiteit gelys in terme van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur (NEMA) (Nr. 107 van 1998) soos gewysig, se Omgewingsinvloedbepalingsregulasies (OIB-regulasies), 2014, soos gewysig, d.w.s. aktiwiteit 27 van Noteringskennisgewing 1 (GK Nr. R.983, soos gewysig) gepubliseer in terme van die 2014 OIB Regulasies, soos gewysig. Gevolglik vereis die projek ‘n goedkeuring vanaf die Departement van Omgewingsake en Ontwikkelings-beplanning (DOS&OB). Holland & Associates Omgewingskonsultante is aangestel om die nodige Basiese Assesseringsproses te onderneem en ‘n aansoek in terme van NEMA se OIB regulasies (2014) in te dien. Kennis geskied hiermee in terme van Regulasie 41(2) van GK Nr. R982 (soos gewysig) gepubliseer in terme van NEMA van die beoogde indiening van ‘n aansoek om omgewingsmagtiging ten opsigte van die bogenoemde gelyste aktiwiteit. Kennis geskied hiermee ook van die aanvang van die voor-aansoek proses van openbare deelname in terme van NEMA se OIB regulasies (2014) (soos gewysig). Geleentheid om deel te neem: Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GP’e) word uitgenooi om as B&GP’e te registreer en geskrewe kommentaar rakende die voorgestelde projek te verskaf. B&GP’e moet hul kommentaar verskaf tesame met hul naam, kontakbesonderhede (insluitend hul voorkeuropsie vir kennisgewing, bv. e-pos, posadres of faksnommer) asook ‘n aanduiding van enige direkte sake, finansiële, persoonlike en/of ander belange wat hulle in die aansoek het, binne die 30 dae vir die kontakpersoon hieronder aandui, d.w.s. teen 6 Desember 2021. ‘n Hardekopie van die Voor-Aansoek Basiese Omvangsbepalings-verslag kan van 5 November 2021 - 6 Desember 2021 besigtig word by Witzenberg Properties se kantoor (Munnikstraat 28, Ceres). As gevolg van COVID 19 veiligheidsprotokolle word B&GPe versoek om ‘n afspraak te maak (d.w.s. kontak mnr Nico Verhoef by 082-603-6340 (E-pos: nico@witzen.co.za) om die verslag te bestudeer). Die Voor-aansoek Basiese Omvangsbepalingsverslag en Uitvoerende Opsomming van die voorgestelde projek sal ook van 5 November 2021 - 6 Desember 2021 afgelaai kan word vanaf www.hollandandassociates.net. Die DOS&OB verwysingsnommer hierbo genoem moet gebruik word in alle korrespondensie wat deur B&GPe ingedien word. Vir meer inligting skakel: Me. Tilly Watermeyer van Holland & Associates Omgewingskonsultante, Posbus 31108, Tokai, 7966, sel: 060-319-1217, faks: 086-653-1765, e-pos: tilly@hollandandassociates.net.

‘n KRIMINELE rekord is nie die enigste ernstige gevolg wat jy in die gesig staar indien jy jouself skuldig maak aan ‘n misdryf en kriminele oortreding nie. Dit is nie net jou goeie naam nie, maar ook sekere eiendom wat in die slag kan bly indien jy buite die grense van Suid-Afrikaanse wetgewing trap. Die Prevention of Organised Crime Act 121 van 1998, oftewel POCA, is wetgewing wat beoog om sekere maatreëls daar te stel ten einde georganiseerde misdaad, geldwassery en kriminele bende aktiwiteite hok te slaan. POCA het ook ten doel om ons wetstoepassers met meer mag toe te rus om die opbrengs van onregmatige en onwettige aktiwiteite te verhaal en om verder voorsiening te maak vir beslagleggingsbevele met betrekking tot persone wat voordeel trek uit eiendom wat gebruik is om ‘n misdaad te pleeg. Hierdie wet skryf verder sekere boetes voor vir diegene wat hulleself ingevolge dié wet skuldig maak en skuldig bevind word aan oortredings. Eenvoudig gestel, POCA is geïmplementeer om dit moeiliker te maak vir kriminele om geldelike winste en voordeel uit misdade te trek. Indien die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging glo dat daar enige redelike gronde bestaan dat sekere eiendom ‘n instrument is van ‘n misdryf, die opbrengs is van onwettige aktiwiteite of verband hou met terroriste en verwante aktiwiteite, dan kan dié direkteur eensydiglik by een van Suid-Afrika se vele Hooggeregshowe aansoek doen dat hierdie eiendom aan die staat verbeurd verklaar word. Tainted gifts en tainted property is twee terme wat gebruik word om enige bates en/of geskenke te beskryf wat van een persoon aan ‘n ander persoon, as gevolg van “kriminele leefstyl” aktiwiteite oorgedra word. Alvorens ‘n persoon as iemand met ‘n kriminele leefstyl beskou sal word, moet die spesifieke individu eers aan sekere kriteria, soos uiteengesit in POCA, voldoen. Dit sal byvoorbeeld wees waar so ‘n individu betrokke is by ‘n misdryf, waarby hulle finansiële voordeel oor ‘n tydperk van 6 maande of langer getrek het, of as hulle betrokke was by ‘n reeks volgehoue kriminele aktiwiteite. Sodra die persoon beskou word as iemand met ‘n kriminele leefstyl, kan elke oordrag van eienaarskap wat daardie persoon in die ses jaar voordat hy aangekla is, as ‘n moontlike tainted gift oftewel tainted property bestempel word. Tainted gifts kan baie meer subtiel wees as wat u dalk gedink het. As iemand byvoorbeeld ‘n huis vir aansienlik minder as die markwaarde daarvan verkoop, dan sal dit steeds as ‘n tainted gift beskou word, aangesien die ontvanger/koper aansienlik finansieel daarby gebaat het. Martin Lloyd Jones het gesê: “In ‘n tyd van uitsonderlike euwel, doen jy enigiets buitengewoon? Doen vandag iets buitengewoon en rapporteer enige misdryf en/of kriminele aktiwiteit waarby individue finansieel baat vind by jou naaste polisiestasie. * Die regsartikel is voorsien en opgestel deur Joubert Van Vuuren prokureurs op Ceres. Dit is ‘n hulpmiddel vir lesers en inwoners oor talle regsonderwerpe. Hulle nommer is(023) 3123152.

PROPOSED AGRICULTURAL EXPANSION ON FARM 474 WELGEGUND, NEAR CERES, WESTERN CAPE PROVINCE

PUBLIC PARTICIPATION PROCESS: NOTIFICATION OF INTENTION TO SUBMIT AN APPLICATION FOR ENVIRONMENTAL AUTHORISATION AND AVAILABILITY OF THE PRE-APPLICATION BASIC ASSESSMENT REPORT: BASIC ASSESSMENT PROCESS (DEA&DP REF: 16/3/3/6/7/1/B5/2/1301/21) Project proposal: Witzenberg Properties (Pty) Ltd (hereafter referred to as “the Applicant”) proposes an agricultural expansion of approximately 15.1 hectares consisting of apple orchards and associated farm tracks, entailing the removal of 14.4 ha of indigenous vegetation. Location: Farm 474 Welgegund, near Ceres, Witzenberg Local Municipality, Western Cape Province. Application for Environmental Authorisation in terms of NEMA (Act No. 107 of 1998): The proposed project includes activities listed in terms of the National Environment Management Act (NEMA) (No. 107 of 1998) (as amended), Environmental Impact Assessment Regulations (2014), as amended i.e. Activity 27 of Listing Notice 1 (GN R983, as amended) published in terms of the 2014 EIA Regulations, as amended. Accordingly, the project will require environmental authorisation from the competent environmental authority, i.e. the Department of Environmental Affairs and Development Planning (DEA&DP). Holland & Associates Environmental Consultants has been appointed to undertake the requisite Basic Assessment process and to submit an application in terms of the NEMA EIA Regulations (2014), as amended, to DEA&DP. Notice is hereby given in terms of Regulation 41(2) of GN R982, as amended, published in terms of NEMA, of the intended submission of an application for environmental authorisation in respect of the aforementioned listed activities. Notice is also hereby given of the commencement of the pre-application public participation process in terms of the NEMA EIA Regulations (2014), as amended. Opportunity to participate: Interested and Affected Parties (I&APs) are invited to register as I&APs and to provide written comments regarding the proposed project. I&APs must provide their comments together with their name, contact details (including their preferred method of notification, e.g. e-mail, post or fax number) and an indication of any direct business, financial, personal or other interest which they have in the application to the contact person indicated below within the 30 day comment period, i.e. by 6 December 2021. A hard copy of the Pre-Application Basic Assessment Report will be available for viewing at the Witzenberg Properties Office (28 Munnik Street, Ceres) by prior appointment (in order to ensure adherence to COVID-19 safety protocols) from 5 November 2021 - 6 December 2021. Should you wish to arrange an appointment, please contact Mr. Nico Verhoef on 082-603-6340 (Email: nico@witzen.co.za). The Pre-Application Basic Assessment Report and Executive Summary for the proposed project will also be available for download on www.hollandandassociates.net from 5 November 2021 - 6 December 2021. The DEA&DP reference number indicated above must be referred to in all correspondence submitted by I&APs. For more information, contact: Ms Tilly Watermeyer of Holland & Associates Environmental Consultants, P.O. Box 31108, Tokai, 7966, cell: 060-319-1217, fax: 086-653-1765, e-mail: tilly@hollandandassociates.net


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Justin Jerome Brink

Justin Jerome Brink 1982/09/25 - 2021/10/29

1982/09/25 - 2021/10/29 Roudiens: Don 04/11/2021 om 19:00, VGK Bella Vista Drive By: Vry. 05/11/2021 Jasmynstraat 6, Bella Vista Beginpunt: 18:00, Bella Vista Biblioteek Privaat Verassingsdiens: Sat. 6 Nov. 2021 Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Privaat Verassing

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

JUSTIN your passing was so sudden and unexpected to us. Our special moments we will always treasure. Most of all, your smile. We miss you so much. You will always be my heartbeat and I will always love you. Untill we meet again. Love your wife Nadine, Noah and Aspen

Justin Jerome Brink

1982/09/25 - 2021/10/29 God kom haal voorwaar die beste om saam met Hom in Sy Koninkryk te wees. Dit is wat en wie jy was en altyd vir ons sal wees, die Beste! Vlieg hoog. Claudia, Bradley en Cody

Justin Jerome Brink 1982/09/25 - 2021/10/29

Dit was wonderlik om jou te kon leen. Jou respek, nederigheid en mededeelsaamheid sal ons altyd bybly. RUS IN VREDE Pa Clive en Ma Natalie

Lillian Olivier

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Herbal Healer TRADITIONAL & SPIRITU AL SPIRITUAL

Here for all your problems. Big or strong - she will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres For free consultation call:

073-016-4088

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Mama Jaliah

• Men problems • Lost lover • Money in account • Protection • Financial problems • Court cases Whatsapp/Call

HEALER JULIUS • Money in account • Magic wallet/ring • Lucky oil • Clean home/

Huis: 10:00, Kwikkistraat 1, Montana, Wolseley Kerk: 11:00, VGK Wolseley Graf: Wolseley

Charlotte Abrahams 1973/05/24 - 2021/10/24

Memorial Drive-By Don. 04/11/2021, 17:00-20:00, Uitsigstraat 2, Ceres Privaat begrafnis: Sat. 6 Nov. 2021 Huis: 09:00, Uitsigstraat 2, Ceres Kerk: 10:00, St Andrews Ceres Graf: Bella Vista

PLANT AND TOOL HIRE

WARE VERHAAL

(Glo dit)!! My naam is Hazel, ek is 42 jaar oud, van Piketberg. Ek dank “Mama” Sherry wat my lewe verander het van hel deur vir my en my gesin te seën deur geluk te bring. Nou het ek my eie huis, groot besigheid en my eie duur motor. So asseblief, alle mense met lewensprobleme, skakel “Mama” Sherry met jou probleme. Sy kan help met finansiële probleme, en liefdesprobleme. Sien resultate binne 3 dae. Skakel gerus vir “Mama” Sherry. Sy sal jou help.

073-280-8373

• Slegs 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83, CERES

073-304-3531

1966/04/25 - 2021/10/28

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

business

• Promotion at work • Relationship/

pregnancy

Landswye Meubelvervoer. Ons doen gereelde vragte na en van Gauteng. Deelvragte is ook beskikbaar. Ons is persoonlik betrokke by elke verhusing en kan ook help met die verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, langen korttermyn. Tel. (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

• Jealousy/

bad luck

• Drug addiction • Claim pension/Uif

065-6311-997

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

In Remembrance of

Christiaan ‘Christy‘ Roode

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476 Sunrise: 15 June 1956 Sunset: 04 November 2020

Although you are no longer with us, we want you to know how much we loved you. We want you to know even though you no longer with us, we still think about you every day. Miss you so much. Your sons Earl and Clayton

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Hoërskool Charlie Hofmeyr fotograwe sluit 2021 af op ‘n hoë noot Hoërskool Charlie Hofmeyr se jong fotograwe het 2021 op ‘n hoë noot afgesluit. Sedert die skoliere as ‘n fotografieklub by die Fotografie Vereniging van Suid-Afrika aangesluit het, het hulle uitstekend presteer in kompetisies op nasionale en internasionale vlak. Die leerders het ingeskryf in verskeie kompetisies onder die skool se naam en oorsee onder die groep genaamd Western Cape Youth Photographers. Ses fotos van die jong fotograwe is met hul heel eerste inskrywings op internasionale vlak, erken as uitstekend en het hulle as groep, ook eervolle vermeldings ontvang. Hulle was ook die 5de beste groep jeug-fotograwe in die kompetisie. Die fotos van Jani van der Merwe, Liza du Toit en Bianca Nagel is later uitgestal in Duitsland. Jeugkompetisies Op nasionale vlak het die fotograwe in vier kompetisies deelgeneem en het hulle in die laaste twee jeugkompetisies, die medaljes vir eerste plekke in die land gewen. Die skoliere wat die PSSA bronsmedalje (eerste plek) gewen het was Jani van der Merwe, Daniël Conradie en Bianca Nagel. Liza du Toit het die Witzenberg Photographic Society jeug bronsmedalje (WPS Pdi Salon 2021). Daniël Conradie (een SVM) en Liza du Toit (twee SVM) het sertifikate van meriete op nasionale vlak verower. Uitslae 11 skoliere het 59 foto-aanvaardings op nasionale vlak gekry wat Charlie Hofmeyr, nasionaal in eerste plek plaas. (‘n Aanvaarding dui aan dat die foto onder die top 25% fotos van alle inskrywings val). Die fotograwe het die skool ook in eerste plek geplaas op die nasionale sowel as die provinsiale ranglyste in fotografie. Op provinsiale vlak het die skoliere ook deelgeneem aan ‘n jaarlikse kompetisie waarin alle skoliere van die Wes-Kaap deelneem. Die kompetisie bepaal wie die beste skool en skolier fotograwe is. Die volgende skoliere het goed presteer: ■ Beste skolier/jeugfotograaf van die Westelike Provinsie 2021 tweede plek (silwer medalje): Daniël Conradie en Anandi van As. ■ Beste skolier/jeugfotograaf van die Westelike Provinsie 2021 derde plek (brons medalje): Charl Conradie, Liza du Toit en Jani van der Merwe. ■ Al die skoliere se fotos het aan Hoërskool Charlie Hofmeyr die wisseltrofee besorg vir 2021 as die beste skoolgroep. Die skoliere is lede van beide die skool se fotografieklub en Witzenberg Photographic Society. Die drie top fotograwe vir 2021 van die Hoërskool Charlie Hofmeyr fotografieklub: 1. Liza du Toit. 2. Daniël Conradie en 3. Jani van der Merwe. Die drie top jeug fotograwe vir 2021 van Witzenberg Photographic Society: 1. Liza du Toit, 2. Jani van der Merwe en 3. Jacoline Visser

nuusbrokkies MOOI Uitsig primêr hou twee atletiekbyeenkomste op Woensdag 10 November en Saterdag 13 November 2021. Die byeenkoms op10 November vind plaas by die skool met velditems soos verspring, hoogspring, diskus, spiesgooi en gewigstoot wat sal plaasvind. Op Saterdag 13 November sal die baanitems op die Bella Vista sport-veld plaasvind. Volgens ‘n aankondiging van die nasionale minister van sport kan 2 000 toeskouers toegelaat word. Kom ondersteun die skool met aankope - dit is die eerste byeenkoms in byna 2 jaar waar toeskouers toegelaat word. DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het verander. Inwoners kan hulle skakel by 084-433-0103. BELLA Vista Crusaders kerskoor bied op 6 November om 13:00 ‘n hoenderbraai aan te Burgstraat 436, Bella Vista. Die koste beloop R70 en sluit ‘n hoenderstuk (gunsak), twee slaaie, wors en broodrolletjie in. Kaartjies is beskikbaar by bestuurslede of persone met navrae, kan Julius Julies by 083-726-5866 skakel.

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

1982/09/25 - 2021/10/29

Your dad John Jooste

Hierdie jaar sou daar 26 kersies op jou verjaarsdagkoek wees, maar deur God se Wil gedenk ons alreeds jou 10de verjaarsdag sonder jou, want jy is ‘n Hemelkind! Alhoewel ons dit anders sou wou hê, gun ons jou ‘n blye Hemelse verjaarsdag!! Mammie, Oom Griffen, KeMike en Tanna

Dr Mama Moses

Begrafnis: Sat. 6 Nov. 2021

Justin Jerome Brink

Something will remind me, I never know just when - it might be something someone says, and it all comes back again. The times we spent together, the happiness, and the fun. Once again I feel the pain of life without my loving son. It’s said that time is a healer, I’m not sure this is true - there’s not a day that goes by son that I don’t cry for you.

1995/11/06 - 2011/04/28

1982/09/25 - 2021/10/29

Justin Jerome Brink

You showed us a lot of things. We learned a lot we didn’t know, But you forgot to teach us one last thing - How to let you go. We know you didn’t mean to leave us. Sometimes we have no choice. We miss being your little sisters, hearing our names called by your voice. I wish I got to say “I love you” before you were given to the sky. If God could grant us one last wish, we’d ask to say “Goodbye”. You always meant a lot to us. We could never love you less, We know it’s true when they say, “He only takes the best”. We love you dearly Justin Your sisters Michelle, Judith and brother Paul

Shannon Morris

Friday, November 5, 2021

BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het.

Notice of Annual General Meeting

HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum het nou ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076-6892885 of (023) 312-2045.

Tuesday, 9 November 2021 Waverley Hills 18:30 for 19:00

BIBLIOTEKE in die Witzenbergstreek lewer sedert 16 Augustus beperkte dienste aan die gemeenskap. Let op tye wat die biblioteke oop sal wees. Biblioteke (Bella Vista, Montana, P.A. Hamlet, Rietvallei, Tulbagh, Wolseley, Witzenville en Op-die-Berg) sal van Maandag tot Donderdag oop wees tussen 10:00 en 15:00 en op Vrydae net van 10:00 tot 13:00. Die mini-biblioteke op Laastedrif sal van 08-13:00 oop wees en in die Witzenbergvallei van 10:00 tot 15:00. KLAAS Fritz van Coshla wil net namens die manne hul bestuurder Vivian Jacobs, sy assistant Glenville Davids, voorsitter Willem Fortuin en alle organiseerders bedank vir die Mannedag wat Saterdag 30 Oktober gehou is. Ook aan Hamlet Spar wat die versnapperinge voorsien het. Mag die Here ons Witzenbergstreek seën met groot oeste vir die seisoen wat voorlê.


WITZENBERG HERALD

Friday, November 5, 2021

DIE St.Marks primêre skool se nuwe biblioteek word amptelik geopen. Hier knip Christo Loots (Perdekraal Oos windplaas) die lint saam met Colie van Rooi (hoof van St.Marks primêr).

7

Nuwe biblioteek amptelik geopen DIE St.Marks primêre skool se nuwe biblioteek is verlede Donderdag amptelik ingebruik geneem, 15 maande nadat dit in ‘n winterstorm in Julie 2020 verwoes is. Duisende rande is aan die skool, klaskamers en die biblioteek aangerig toe ‘n storm op 13 Julie die dak afgeruk en groot skade veral aan die biblioteek aangerig het. Die ouers, onderwysers, WKOD, die P.A. Hamlet gemeenskap asook sakelui en die Perdekraal Oos windplaas het hande gevat om die biblioteek en rekenaarkamer te herstel

en op te knap. Die opening is deur Jaun Benjamin (direkteur WKOD - Kaapse Wynland) behartig saam met John Goliath, Jo-Anne Brown van Perdekraal Oos windplaas (gasspreker) en drie leerders, Meronique Tromp (13), Alicia Baron (9) en Aronay Geldenhuys (9), wat voorlesings gedoen het. Die opening van die biblioteek het oor die kinders gegaan en om inligting en kennis vir hulle vrylik beskikbaar te maak en om geleenthede te bewaarheid.

JAUN Benjamin (direkteur WKOD - Kaapse Wynland).

JOHN Goliath van WKOD het die geestelike opening waargeneem.

Julie 2020 storm rig groot skade aan biblioteek DUISENDE rande se skade is in Julie 2020 aan St. Marks primêr se biblioteek op P.A. Hamlet aangerig toe ‘n stormwind die skool getref het.

DRIE leerders, Meronique Tromp (13), Alicia Baron (9) en Aronay Geldenhuys (9), het tydens die opening voorlesings gedoen. Hier is Meronique besig met haar voorlesing.

Die St. Marks biblioteek en rekenaarlokaal.

Hierdie bladsy is moontlik gemaak deur

Perdekraal East Wind Farm


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, November 5, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Carel en Janus wen gholfdag op Ceres CERES gholfklub het die naweek ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied waaraan 104 spelers deelgeneem het. Carel Cronjé en Janus Goosen het die kompetisie met 48 punte gewen. Christiaan Orffer en ‘n besoeker, L. Esterhuizen, was in die tweede plek, ook met 48 punte. Hulle is gevolg deur Pieter du Toit en Tippie du Toit met 47 punte in die derde plek. Jodey Kayer en Dirk Strydom was in die vierde plek gevolg deur Luan du Plessis en Jandré Rossouw, beide met 45 punte. Nuwe komitee Die algemene jaarvergadering is verlede week Woensdag by die gholfklub gehou. Die finansiële state is deur Initium voorgehou en deur die klub aanvaar. ‘n Styging van 4% is vir speelfooie en ledegeld goedgekeur en aanvaar. ‘n Nuwe komitee is ook verkies.

Die komitee bestaan uit: Danie Goosen (president), Casper de Bruin (klubkaptein), Bennie van Rensburg (onderkaptein), Cornel Muller (wedstrydsekretaris), Vickus Filmater (klubbestuurder) en vier addisionele lede Henry Brown, Francois Snyman, Wilhelm Muller en Glenny Nasson. Justin Wesson is die muurbal verteenwoordiger. Putjiespelkompetisie Die jaarlikse enkel- en dubbelputjiespelkompetisie is afgehandel. In die dubbelputjiespelkompetisie het Cornel Muller en Lourens Strydom vir Booi van den Berg en Esman Boer in die finaal geklop. In die enkelputjiespelkompetisie het Glenny Nasson vir Justin Wesson in die finaal geklop. Clubmaster app Spelers kan registreer op die nuwe Clubmaster app. Toekomstige speeltye sal net op die program gedoen kan word. Vir navrae skakel die klub by (023) 312-3068.

CERES gholfklub verwelkom al die spelers wat die naweek van 5-6 November aan die jaarlikse Ceres Classic kom deelneem. BJ Claasen, een van die klub se lede, staan voor die bord wat aandui dat die nuwe klubhuis, restaurant en muurbalbane teen 2022 voltooi sal wees.

JANUS Goosen (links) en Carel Cronjé het die kompetisie met 48 punte gewen.

DIE meisie tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs aan die Gerrie Berner nasionale tennistoernooi in die Paarl deelgeneem. Die span eindig vyfde uit 16 spanne en wen die trofee vir die meeste spangees en sportmanskap. Die skool bedank twee hoofborge van die toernooi, Fabricius Meganiese Dienste van Op-die-Berg en Blydskap Dohne’s van Riviersonderend.

VISVANG KOMPETISIE

27 November 2021

Daytona dam (Raymond Koopstad)

1ste PRYS R1 500 - Grootste vis

2de PRYS R1 000 - Swaarste sak

3de PRYS 2 BOTTELS WHISKEY - Geesvang Inskrywingsfooi: R150 per stok Spanne: R500 per span van 5 lede Inskrywing begin: 06:00 - 07:00 Visvangtyd: 07:30 - 18:00 DAAR SAL TOEBROODJIES, KOFFIE, WORSROLLETJIES EN KOELDRANK TE KOOP WEES

Vir kaartjies skakel Sheryl by ☎ (023) 312-3935 (k/u) admin@witzenbergapd.org.za

ASHWILL Scheffer van Klondyke spog hier met sy nuwe karatepak. Renshi Andries Douglas (afrigter) en ‘n donateur, kon die week die GI (karatepak) aan hom oorhandig. Ashwill is een van die jongste karatestudente wat deelneem aan die dissiplineprogram op Klondyke. Vir navrae en meer inligting oor die program, skakel 083-3768989 of stuur ‘n epos na renshi@adkarate. co.za.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.