WH Herald Witzenberg
Volume 23 no. 44
R7.00
Friday, November 13, 2020
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 12 November
Vrydag 13 November
13° 30°
14° 28°
Saterdag 14 November
Sondag 15 November
13° 17°
9° 22°
☎ (023) 312-1916
Ceres Koekedouw dam
100%
DOWNLOAD OUR APP AND
Lesing: 2020/11/11
Telephone: (023) 316-2021/3
FREE DELIVERY* For orders of R79 + more, within a 3km radius from Ceres
Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Vyf mense sterf in een week VIER moorde en een noodlottige skietvoorval in minder as ‘n week. Vir Ceres en veral die Nduli woonbuurt , was dit ‘n swart week. Vier persone is in onverwante voorvalle vermoor terwyl ‘n vyfde persoon gesterf het nadat hy ‘n polisielid met ‘n mes aangeval het (lees berig op p.3). Twee van die sterftes hou vermoedelik verband met die voortslepende taxi-geweld in die Witzenbergstreek. Twee dood in taxigeweld Twee mans is die afgelope week in taxi verwante voorvalle doodgeskiet. Op Donderdag 5 November omstreeks 19:30 is ‘n taxi-eienaar, Thembeni Matiwane (52), in Thembalethustraat doodgeskiet in wat vermoed word met taxigeweld verband hou. Hy is verskeie kere geskiet. Op Maandag 9 November is ‘n taxibestuurder, Thabo Lukas Metjeea (26), doodgeskiet in ‘n wraakaanval. Die voorval het Maandagoggend tussen 06:20 en 06:40 in Pumlastraat, Nduli, plaasgevind. Volgens die polisie was Metjeea besig om die taxi uit te trek toe twee onbekende mans nader stap en hom binne die taxi doodskiet. Die Wes-Kaap polisie se forensiese-eenheid sowel as die taxi-eenheid was op beide tonele en sal beide die moorde ondersoek. Twee sterf Sondag 8 November het twee inwoners van Nduli in twee afsonderlike voorvalle van geweld gesterf. In die eerste voorval is N. Tawo (22) dood aan veelvuldige beserings. Hy het by die hospitaal gesterf. In die tweede voorval omstreeks 04:15 het Phakiso Phalali (24) in Chris Hanistraat gesterf nadat hy met ‘n mes in die bors gesteek is.
Vrou (25) vas na klopjag POLISIELEDE van die Wes-Kaap misdaadintelligensie-eenheid sowel as van die landelike bende-eenheid, het verlede week op ‘n huis op Wolseley toegeslaan. Die huis is skaars twee blokke van die Wolseley polisiestasie en in dieselfde straat geleë. Die polisie het Donderdag 5 November met die nodige lasbriewe by die huis in Whitestraat opgedaag. Die Nigeriese huishuurder was nie tuis nie en het die polisie vroeër ontglip. Sy meisie, die 25-jarige Swaider Falatsa, was tuis en het die polisie in die huis toegelaat. Tydens die polisie se deursoeking van die huis en perseel, is daar beslag gelë op ‘n verskeidenheid dwelms en groot hoeveelhede kontant. Beslaglegging Die polisie het op ondermeer 10 pakkies tik (nagenoeg 1.7 kg) met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R200 000, beslag gelê. Hulle het ook twee sakke Mandrax tablette (nagenoeg 1000 tablette per sak), asook ‘n verdere drie sakkies met 100 mandrax tablette in, gekonfiskeer. Die straatwaarde word op byna R100 000 geraam. Die dwelms is in ‘n versteekte kompartement onder ‘n koffietafel gevind. Die polisie het ook op vier sakke met ‘n onbekende hoeveelheid plaaslike banknote en munte sowel as een sak met internasionale banknote daarin, beslag gelê. Hofverskyning Falatsa het Maandag 9 November in die Wolseley landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dwelms. Die saak is tot Vrydag 13 November uitgestel vir ‘n borgaansoek. Dit is nie bekend waar die Nigeriese huishuurder hom nou bevind nie.
Corolla Quest CVT ............... R284 200 R3 595 p/m (with 10% deposit) R4 295 p/m (with 0% deposit)
Hilux XC 2.4GD6 Raider ..... R460 000 R4 969 p/m (with 10% deposit) R6 095 p/m (with 0% deposit)
Hilux DC 2.4GD6 4x4 SRX AT ... R582 100 R5 359 p/m (with 10% deposit) R6 795 p/m (with 0% deposit)
Hilux DC 2.4GD6 Raider ..... R505 200 R5 439 p/m (with 10% deposit) R6 695 p/m (with 0% deposit)
Hilux DC 2.4GD6 4X4 Raider AT R609 500 R6 549 p/m (with 10% deposit) R8 095 p/m (with 0% deposit)
Hilux DC 2.8GD6 Raider AT R631 900
CERES TOYOTA Voortrekkerstraat 112, CERES
Skakel (023) 312-1057 Steyn, Arno, Giepie of Andre
R6 809 p/m (with 10% deposit) R8 359 p/m (with 0% deposit)
Interest Rate: 8% Number of instalments: 48 All price VAT Incl.
WE OFFER OFFER: · Consulting Services · Maintenance · Access Control Remotely access your CCTV system and view live images · Audio and Visual on your mobile, tablet and computer. · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing · Integrated Security Systems subject to internet. Product images may vary.
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS
SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES