Witzenberg Herald Vol.23 no. 45 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 45

R7.00

Friday, November 20, 2020

CERES ☎ (023) 312-2144

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 19 November

Vrydag 20 November

12° 24°

11° 29°

Saterdag 21 November

Sondag 22 November

16° 28°

15° 23°

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

Ceres Koekedouw dam

100%

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner)

Lesing: 2020/11/18

Telephone: (023) 316-2021/3

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

☎ (023) 004-1338 or Cell: 082-335-8331 E-mail: nboshoff@mastheadfp.co.za www.mastheadfp.co.za www.witzenbergherald.co.za

Dwelmsaak

Verdagte (25) vra borg Lamppaal ruk enjin en ratkas uit voertuig DIE swart VW Polo Vivo het Sondag 15 November teen hoë spoed teen ‘n lamppaal in Voortrekkerstraat op Wolseley vasgejaag. Die ongeluk het omstreeks 14:00 plaasgevind, reg langs die NG Kerk. Die slag was so erg dat die hele enjin saam met die stuurarms wat aan die wiele vas was en die ratkas, uit die bakwerk geruk is. Dit het in ‘n leiwatersloot langs die straat te lande gekom. Die bestuurder is lig beseer en op die toneel in die ambulans behandel. Hy was vermoedelik van Tulbagh na Wolseley onderweg waarna hy beheer verloor en teen die lamppaal gebots het. Teen Woensdag was die botsing nog nie by die polisie aangemeld nie en dit is onduidelik of die bestuurder se bloed na die ongeluk getrek is. (Die nooddienstepersoneel op die toneel, die twee buurtwaglede asook omstanders word gevra om dringend verklarings by kapt. Farao by Wolseley SAPD te gaan aflê sodat daar vasgestel kan word waarom polisielede nie op toneel gebly het nie.) * ‘n Voetganger is Vrydagaand naby Brenn-O-Kem dood nadat hy deur ‘n voertuig getref is. Die man was vermoedelik onder die invloed van drank en het saam met sy vriend langs die pad gestap. ** Die afgelope week is daar 25 mense in die provinsie dood op die paaie. Dit sluit 4 motorbestuurders, een motorfietsryer, drie passasiers, 13 voetgangers en vier fietsryers in.

DIE Wolseley landdroshof het verlede week die borgtogaansoek van ‘n Nigeriese vrou wat met ‘n groot hoeveelheid dwelms betrap is, uitgestel. Swaider Falatsa (25) het op 9 November in die Wolseley landdroshof verskyn op aanklagte van handel in dwelms. Die borgaansoek is Vrydag 13 November gedeeltelik aangehoor waarna dit tot 24 November uitgestel is. Dit is nie bekend waar die Nigeriese huishuurder hom nou bevind nie. Agtergrond Lede van die Wes-Kaap polisie misdaadintelligensie-eenheid sowel as van die landelike bende-eenheid, het Donderdag 5 November met die nodige lasbriewe by dié huis in Whitestraat opgedaag. Die Nigeriese huishuurder was nie tuis nie en het die polisie ontglip. ‘n Vrou, vermoedelik sy meisie, Swaider Falatsa (25), was tuis en het die polisie in die huis toegelaat. Tydens die polisie se deursoeking van die huis en perseel, is daar beslag gelê op ‘n verskeidenheid dwelms en groot hoeveelhede kontant. Die polisie het op ondermeer 10 pakkies tik (nagenoeg 1.7 kg) met ‘n geraamde straatwaarde van meer as R200 000, beslag gelê. Hulle het ook twee sakke Mandrax tablette (nagenoeg 1000 tablette per sak), asook ‘n verdere drie sakkies met 100 mandrax tablette in, gekonfiskeer. Die straatwaarde word op byna R100 000 geraam. Die dwelms was versteek in ‘n versteekte kompartement onder ‘n koffietafel. Die polisie het ook op vier sakke met ‘n onbekende hoeveelheid plaaslike banknote en munte sowel as een sak met internasionale banknote daarin, beslag gelê.

FOTOS: Phillip de Lange

WE OFFER OFFER: · Consulting Services · Maintenance · Access Control Remotely access your CCTV system and view live images · Audio and Visual on your mobile, tablet and computer. · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing · Integrated Security Systems subject to internet. Product images may vary.

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS

SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES

Vosstraat 44, CERES 083-461-0928

1L Brandstof = 15c Cash back op jou “Count on” kaart


2

WITZENBERG HERALD

CAPRO, Suid-Afrika se voorste advertensie-agentskap vir onafhanklike gedrukte koerante, vier vanjaar ‘n besonderse mylpaal met hul 70ste bestaansjaar. Capro verteenwoordig 103 publikasies in ses lande. * Die Witzenberg Herald en die Snymanfamilie, is 45 jaar lid van dié agentskap. Baie geluk met die besonderse mylpaal. Besoek gerus hul webtuiste by www.capro.co.za

NASORG-KOÖRDINEERDER (WOLSELEY) Ons is op soek na ‘n toegewyde, professionele opvoeder om ons nuut opgeknapte nasorgfasiliteit op ons plaas te bestuur. • Moet besig wees met studie in ‘n onderwyskwalifikasie of reeds beskik oor ‘n onderwyskwalifikasie (Intermediêre Fase) • Rekenaarvaardig • Georganiseerd • Eie vervoer • Noodhulp-opleiding. Sluitingsdatum: 24 November 2020 Stuur u CV insluitend twee verwysings aan: hr@rora.co.za

Kennisgewing van Watergebruik Lisensie aansoek namens Doornkraal Investments (Edms) Bpk vir die onttrekking van grondwater van 680 000m³/jaar op Plaas 3/207 - Witzenberg, Wes-Kaap 30 Dae tydperk vir openbare deelname is as volg: 19/11/2020 - 15/12/2020 & 05/01/2021 - 10/01/2021

Ons wil u graag inlig dat Doornkraal Investments (Edms) Bpk tans besig is om hul grondwater watergebruik te lisensieer by die Departement van Water en Sanitasie. ‘n Openbare deelname word benodig as deel van hierdie lisensieproses. Die doel van hierdie kennisgewing is om die publiek in kennis te stel van Doornkraal Investments (Edms) Bpk se intensie om hul watergebruik te lisensieer. Die grondwater volume wat onttrek moet word, is 680 000 m³/jaar. Die water gaan onttrek word op Plaas 3/207 en sal gebruik word vir besproeiing van appels en pere op Plaas 3/207. Die boorgate se opbrengs is getoets onder die toesig van GEOSS en volgens nasionale standaarde (SANS 10299-4:2003, Part 4). Die beplande onttrekking volumes is binne die volhoubare lewering van die boorgate. Indien u enige vrae of kommentaar het aangaande die wateronttrekkings, of lisensiëringsprosesse, skakel Christel van Staden by (021) 880 1079 of per e-pos: cvanstaden@geoss.co.za

TANNIE Toekie Steyn, ‘n inwoner van Ceres Tuiste, se boek: Ana Tiheb Inta - Ek het jou lief, is nou beskikbaar by die Togryers museum. Die boek is gebaseer op ‘n ware verhaal van een van die eerste verpleegsters wat in die jare 80 in een van London se bekende harthospitale gaan werk het en daarna in die hospitale in Saoedi-Arabie en Egipte. Die boek is ‘n ideale kersgeskenk en is by die museum beskikbaar teen R120.

Vrugte - Ceres

Ons benodig die dienste van ‘n bedrewe skemaleier om die besproeiingspan te versterk met die uitvoering van gepaardgaande funksie, by Vreeland. • Besproeiing / - praktyke / - skedules op ‘n plaas • Algemene admin • Goeie Meganiese vaardighede vir o.a. algemene instandhoudingswerke van besproeiing • Goeie beheer en allokering van regte hoeveelhede watertoediening per boord / eenheid. ‘n Mededingende vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftree- en mediese fonds insluit, word aangebied. Geen behuising is op die plaas beskikbaar nie. ‘n Volledige CV kan ge-epos word na: vrlontvangs@dutoit.com of handig aansoek in by die Vreeland kantoor. Diensaanvaarding sal so gou doenlik, maar ideaalgesproke nie later as 4 Januarie 2021 wees nie.

VANAF 25 November tot 10 Desember word daar gefokus op 16 Dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders. Tydens die 16 dae, gaan die Togryers museum weer toiletware insamel vir verkragtingslagoffers. Inwoners word gevra om toiletware soos roll-on, waslappe, seep, tandepaste en ‘n tandeborsel te skenk. Die Togryers museum sal weer omgeepakkies opmaak vir verkragtingslagoffers. Die pakkies word jaarliks oorhandig aan die Ceres GKS (Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Misdrywe eenheid), wat dit dan versprei soos nodig. Die toiletware kan by die Togryers museum afgelewer word teen 20 November. Kontant bydraes is ook welkom.

METROPOLITAN het onlangs maskers aan Ceres Fruit Growers geskenk. Al is inperking vlakke verlaag, is maskers en beskermde toerusting steeds nodig. Die skenking maak deel uit van ‘n R100 000 nasionale borgskap van Metropolitan. Hier is drie algemene werkers van CFG afgeneem met hulle nuwe maskers. VLNR: Michelle Kayer, Karina Fredericks en Theresa Krotz.

Swaar TYE. Warm HARTE

KLERE DONASIES Ons is dringend op soek na klere en skoene vir dames en kinders

Chain Boland’s Christmas Market & Raffle

SAVE THE DATE Saturday, 5 December 2020 Chain on Main, Tulbagh

Purchase your raffle in our shop or online via: https://pay.yoco.com/ chain-on-main Ref.: Raffle with your name, e-mail and/or cell

Kom gee asb. af by Ceres Omgeewinkel Lyellstraat 66, Ceres (agter Celebrations) Vir navrae skakel: 082-696-6427 (Frans)

Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ‘n gevestigde kommersiële landbou onderneming wat spesialiseer in die verbouing en verpakking van vars groente en vrugte. Laastedrif is gesetel buite Ceres en bedien ‘n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte.

CRISPY GROEP, ‘n bemagtigingsinisiatief van die DUTOIT GROEP, bestaan uit Crispy Farming en Crispy Coolers. Crispy Farming verbou ongeveer 229ha vrugte op 6 plase, net buite Ceres.

SKEMALEIER (Besproeiing)

Friday, November 20, 2020

Die Maatskappy beskik tans oor die volgende vakante betrekking:

SWAARVOERTUIG VRAGMOTOR BESTUURDER Voorvereistes: • Geldige Rybewys EC met ‘n OBP (PDP) • 2 Jaar toepaslike ondervinding • Sober gewoontes • Gesonde werksetiek • Woonagtig in Ceres, Bella Vista, Nduli en omgewing. Die geskikte kandidaat se verantwoordelikhede sluit die volgende in: • Veilige vervoer van werkers na en van plaas • Laai, vervoer en aflewering van goedere. Vergoeding: Laastedrif bied ‘n markverwante vergoedingspakket. Sluitingsdatum: 27 November 2020 E-pos asseblief u aansoek met bewys van rybewys, PDP asook 2 kontakbare verwysings aan: hrm@cillie.co.za Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, moet u asb aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, November 20, 2020

Du Toit gaan eers in 2021 verhoor word ‘n 26-JARIGE motorbestuurder van Ceres wat ‘n vrou in Februariemaand in Voortrekkerstraat omgery het, se saak is na 2021 uitgestel. Jan Justin du Toit (26) het op 16 November in die Ceres landdroshof verskyn. Hy het ook op ‘n aanklag van dronkbestuur verskyn. Die dronkbestuurklag hou verband met ‘n voorval op 8 Mei 2018. Du Toit is tans uit op waarskuwing en moet weer op 3 Februarie in die hof verskyn - presies ‘n jaar na dié voorval. Agtergrond Cemielia Ross (31) van Tulbagh, is op 2 Februarie vanjaar in die vroeë oggendure oorkant die Shell motorhawe in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery. Sy was saam met ‘n vriendin en ‘n man onderweg na Tulbagh toe hulle gou by Engen op Ceres gestop het. Sy het oor Voortrekkerstraat na Shell gestap toe sy deur ‘n voertuig getref is. Die tref en trap het omstreeks 01:45 tydens beurtkrag plaasgevind. Die bestuurder en sy passasier het van die toneel weggejaag. Jan Justin du Toit (26) het homself later aan die polisie oorgegee. Du Toit het na bewering die betrokke aand die voertuig sonder die eienaar se toestemming gebruik. Verdere klagtes kan nog bygevoeg word.

VERLEDE week het die Wes-Kaap minister van landbou, dr. Ivan Meyer, die Perdekraal East windplaas besoek. Hy is tydens die besoek vergesel deur Jannie Strydom (Agri Wes-Kaap), Heinie du Toit (visepresident van Agri Wes-Kaap) en die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit burgemeester, dr. Helena von Schlicht. * Die 110MW Perdekraal East windplaas bestaan uit 48 115 meter hoë wind turbines. Wanneer dit in volle produksie gaan wees, sal dié windplaas ongeveer 368.8 GWh/jaar lewer vir nagenoeg 111 118 Suid-Afrikaanse huise. Daar is ook 70 permanente werksgeleenthede geskep.

Man (50) met skaars slange betrap op Karoo-plaas

Verkragting

Saak na streekhof oorgeplaas DRIE mans van Tulbagh wat aangekla word van die verkragting van ‘n 12-jarige meisie, se saak gaan later na die streekhof oorgeplaas word. Die drie verdagtes, tussen 29 en 32 jaar oud, is einde September deur die Tulbagh polisie gearresteer. Die drie mans, wat eers later geïdentifiseer kan word as hulle gepleit het, moet op 1 Desember in die Tulbagh landdroshof verskyn vir ‘n streekhofdatum. Hulle bly in aanhouding. Agtergrond Die voorval het Vrydag 25 September na 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en ‘n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop. Hulle is deur drie verdagtes agtervolg en later die bosse ingesleep. Die 14-jarige kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied. Arresteer Die verdagtes is Saterdag 26 September op Bergplaas in hegtenis geneem waar hulle woon.

Jong vegtertjie verloor sy stryd teen kanker BRADLEY Titus (5) van P.A. Hamlet, is op 4 Maart 2018 met leukemia gediagnoseer en sy behandeling het op 5 Maart by Tygerberg Hospitaal begin. In Augustus 2018 was die kanker in remissie. Op 11 November vanjaar is Bradley oorlede. Hy het ‘n kort maar vol lewe gehad. Hy laat sy ma Racheline, ‘n broer Byron en suster Beyonce, agter. “Ons bedank die Hemelse Vader vir sy tyd op aarde, hy sal voortleef in ons harte”.

OPENBARE KENNISGEWING VAN ‘N VERGADERING VAN DIE WITZENBERG PLAASLIKE MUNISIPALE RAAD: 25 NOVEMBER 2020 Ingevolge Artikel 19 van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) word hiermee kennis gegee van die volgende geskeduleerde Raadsvergadering van die Witzenberg Plaaslike Munisipale Raad: Datum

Tyd

Plek

Woensdag, 25 November 2020

09:00 Virtuele vergadering

Besonderhede Gewone Raadsvergadering

PUBLIC NOTICE OF A MEETING OF THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPAL COUNCIL: 25 NOVEMBER 2020

Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) of the following scheduled Council meeting of the Witzenberg Local Municipal Council: Date

Time

Wednesday, 25 November 2020

09:00 Virtual meeting

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 50 Voortrekker Street, Ceres Verw/Ref.: 03/1/2/3

Venue

Particulars Ordinary Council meeting

‘n MAN van die Oos-Kaap wat in Maartmaand in die Ceres Karoo met 26 skaars slange betrap is, moet weer in Januarie 2021 in die hof verskyn. Hendrik Rudolph van Eeden (50) is op 12 Maart met 23 Bali luislange gevang. Hy het die slange sonder toestemming of ‘n wettige permit van die Noord-Kaap na die Wes-Kaap gebring. Daar was ook ‘n Colombiaanse Boa, ‘n bruin huisslang en ‘n Olyf-slang in sy besit gekry. Hy was ten tye van die oortreding woonagtig op die plaas Avontuur in die Ceres Karoo. Saak uitgestel Van Eeden het einde Augustus vir die eerste keer in Ceres landdroshof verskyn op klagtes van die onwettige besit van beskermde wilde diere asook dat hy geen wettige permit of toestemming gehad het nie. Die saak is na 27 Januarie 2021 uitgestel. Die SAPD se veediefstal- en bedreigde spesie eenheid in Worcester ondersoek die saak.

INVIT ATION TO BID INVITA Bid reference: 08/2/18/24 Bid description: LEASING OF THE TOLHUIS TOGETHER WITH THE ADJACENT BUILDING ON A PORTION OF ERF 1001, CERES Clarification Meeting(s) will not be held, all bid enquiries are therefore to be submitted no later than 10 working days prior to the bid closing date. Bidders may arrange for site inspections with the Contract Manager: Name and surname: Liza-Mari Nieuwenhuis Telephone: (023) 316-1854 E-mail: liza-mari@witzenberg.gov.za Bid documents at R100 per set. Functionality is applicable to this bid. Closing date: 15 December 2020 at 12:00 This tender will be evaluated in terms of the Preferential Procurement Regulations, 2017 that was promulgated by the Minister of Finance on 20 January 2017 in Government Gazette No 40553. No bids will be considered from persons in the service of the state. Bids may only be submitted on the bid documentation provided by the municipality. No Broad-Based Black Economic Empowerment (BBBEE) points will be on offer. Documents can be obtained during office hours from Mondays to Thursdays between 08:00 - 13:00 and 13:45 - 15:30 and on Fridays between 08:00 - 13:00 and 14:00 - 15:30 from Witzenberg Municipality, Supply Chain Unit, Drommedaris Street, CERES (GPS coordinates 33 ° 22’ 38” S; 19 ° 18’ 29” E) The amount is payable at the Municipal Head Office, 50 Voortrekker Street, Ceres or via EFT. Please contact the Supply Chain Management Unit on (023) 312-1761 if you prefer to pay via EFT. Proof of payment must be submitted to the Supply Chain Unit, Drommedaris Street, Ceres before the bid document will be released. Enquiries: Ms. S. Mentor, Financial Directorate, Supply Chain Unit on (023) 312-1761 or e-mail at supplychain@witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER


4

WITZENBERG HERALD

Friday, November 20, 2020

Jongste statistieke oor COVID-19 in die streek

MICHAEL Lowe from Ceres and a former pupil of Charlie Hofmyer (2010), is the latest Intensive Care Paramedics to join the Waikato Westpac Rescue Helicopter. Michael began his career providing advanced pre-hospital medical care as well as training in South Africa for several years. Later moving to Qatar in the Middle East where he worked as a critical care paramedic before making the move to New Zealand. Michael started his Intensive Care Paramedic journey in the Northeastern corner of the North Island - Gisborne. He worked onboard the Eastland Rescue Helicopter for 11 months before moving to the mighty Waikato. He was inspired to join the trust as the opportunity arose to work alongside like-minded people from different backgrounds and walks of life, putting all their different skills and experiences together. Understanding just how important it is to offer the best care to people when they need it most. * His brother, Andrew (Charlie Hofmeyr 2013) will follow in his footsteps with a move from end of November from Ceres EMS to Qatar as paramedic.

KENNISGEWING

OPENBARE DEELNAME AAN DIE OPSTELLING VAN DIE RAAD SE HERSIENE GEÏNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN EN BEGROTING 2021/2022 Hiermee word kennis gegee dat in terme van die Raad se Strategiese Prosesplan, daar nou begin sal word met ‘n rondte van openbare deelname-interaksies ten einde die insette van die gemeenskap saam te stel ten opsigte van die Hersiening van GOP en Begroting 2021/2022. As gevolg van die gesondheids- en veiligheidsbekommernisse van die COVID-19-pandemie, word lede van die gemeenskap versoek om, waar moontlik, aan die verskillende platforms van interaksie deel te neem. 1. E-pos insette na idp@witzenberg.gov.za 2. Vraelyste kan by GOP-invoerbokse by alle Munisipale Kantore ingedien word. 3. Faks insette na GOP Faks 086-505-4550 Insette kan tot 4 Desember 2020 ingedien word D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER VERWYSINGSNOMMER: 02/02/1

NOTICE

PUBLIC PARTICIPATION IN DRAFTING OF COUNCIL’S REVIEWED INTEGRATED DEVELOPMENT PLAN AND BUDGET 2021/2022 Notice is hereby given that in terms of Council’s Strategic Process Plan, there will now be embarked upon a round of public participation interactions in order to assemble the inputs from the community in respect of the Review 2021/ 2022 IDP and Budget. Due to the health and safety concerns of the COVID-19 pandemic, members of the community are requested, where possible to partake in the different platforms of interaction. 1. E-mail inputs to idp@witzenberg.gov.za 2. Drop-off questionnaires, at IDP Input boxes at all Municipal Offices 3. Fax inputs to IDF Fax 086-505-4550 Inputs can be submitted until 4 December 2020 D. NASSON MUNICIPAL MANAGER REFERENCE NUMBER: 02/02/1

DAAR is die week 37 positiewe COVID-19 gevalle in die Witzenbergstreek. Daar was ook een sterfgeval aangemeld. Een en sewentig (71) Witzenberg-inwoners het sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek weens die virus gesterf. Statistieke Teen Dinsdag 17 November was daar 1716 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld sedert die uitbreek van die pandemie. Hiervan het 1608 volkome herstel. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 4462 (tot 16 November), daar is 120 921 positiewe gevalle aangemeld en 111 759 het volkome herstel. Jongste statistieke Die afgelope paar weke was daar ‘n styging in COVID19 gevalle in die Breedevallei- en Stellenbosch-omgewing. Dr. Lizette Phillips, direkteur van Wes-Kaap regering gesondheid in die Kaapse Wynlanddistrik, is bekommerd oor sosialisering wat plaasvind sonder die dra van maskers of nakoming van ander maatreëls wat COVID-19 se verspreiding kan voorkom. “Jy kan jouself maklik in die middel van ‘n superverspreider-geleentheid bevind as jy nie verantwoordelik sosialiseer nie,” sê Phillips. Sy doen ‘n ernstige beroep op inwoners van die streek om te alle tye hul maskers te dra en oorvol plekke te vermy, asook beknopte binneshuise areas waar daar swak lugsirkulasie is en plekke waar dit moeilik is om ‘n veilige afstand van ander te hou. Wanneer mense in sulke situasies nalaat om bv. ‘n masker te dra of hoes sonder om jou neus of mond te bedek, kan COVID-19 vinnig versprei". “Ons pragtige omgewing is ‘n vakansie-bestemming vir mense van regoor die land. Elke besigheid, wyn-

kelder, restaurant en plek van aanbidding moet sorg dat hy sy alledaagse praktyke aanpas om besoekers te beskerm. Elkeen van ons wat ons huise verlaat, moet verantwoordelik optree en veilige keuses maak,” sê Phillips. Phillips herinner almal daaraan dat jongmense nie immuun is teen COVID-19 nie. Wanneer jongmense veilige keuses maak, beskerm hulle ouer, meer kwesbare gemeenskappe wie ernstig siek kan word van COVID-19. Gesondheidswerkers Gesondheidswerkers het die publiek se hulp steeds nodig om pasiënte in hospitale, wie kwesbaar is weens hul hospitalisering, te beskerm. Tydens Vlak 1 van die nasionale inperking se regulasies word besoeke aan pasiënte in hospitale nog steeds nie toegelaat nie. “COVID-19 is steeds met ons en kan vinnig versprei. Deur hospitaalbesoeke te beperk, word die kans vir die virus om te versprei, ook beperk. In uitsonderlike gevalle kan die hospitaalsuster in beheer, toestemming gee dat jy ‘n geliefde kan besoek, bv. wanneer iemand sterwend is of wanneer die pasiënt ‘n minderjarige is”. Navrae Ceres provinsiale hospitaal ontvang daagliks navrae oor besoektye, wat vir personeel ‘n aanduiding is van die goeie ondersteuning en belangstelling wat daar in die pasiënt se welstand is. “Die afskaffing van besoektye is egter ‘n belangrike maatreël om te help met die voorkoming van die verspreiding van COVID-19 infeksies binne die hospitaal, veral as ons dink daaraan dat die streek nie lank gelede ‘n COVID-19-brandpunt was,” sê Geoffrey Vermeulen (verpleegkunde bestuurder).

Polisie soek dié 2 LEHLONOLO Mohale Nlyise (links) word deur die P.A. Hamlet SAPD gesoek. Die polisie soek al die afgelope 6 maande na hom weens die onwettige besit van ammunisie. Indien iemand weet waar hy hom bevind, kan hulle die SAPD skakel by (023) 3133133 of s/sers Brian Uys op 079-8939-861. Die Qwesha-familie, en die SAPD is dringend opsoek na Gcobani Qwesha (regs). Qwesha (28) het Saterdag 3 Oktober verdwyn kort na die aanranding van ‘n vrou. Die voorval het omstreeks 22:30 in Fase 4 plaasgevind. Qwesha het ten tye van sy verdwyning by Koelfontein gewerk. Die familie het hom as vermis by die polisie aangemeld. Indien iemand weet waar Qwesha hom bevind, kan hulle s/a.o. Oosthuizen by (023) 313-3133 skakel.

SKURWEBERG SEKONDêRE SKOOL ✉ 83, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 004-1290 skurweberg@breede.co.za

Skurweberg Sekondêre Skool beskik oor die volgende beroepsgeleentheid vir ‘n kandidaat wat goed onafhanklik kan funksioneer as:

PROJEKBESTUURDER Groenteverbouing (Groentetonnels) en Diereproduksie

Vereistes: • Kandidate met ‘n tersiêre kwalifikasie in Landboubestuur ondersteun deur 5 jaar ondervinding in uitgebreide boerdery onderneming kan aansoek doen • Suksesvolle kandidate moet beskik oor toepaslike ondervinding in soortgelyke bestuurspos • Bewese bestuursrekord in soortgelyke pos • Besit die nodige besigheidsin, wat verseker dat hy/sy deurlopende winsgeoriënteerd ingestel is • Baie goeie organisasie- en interpersoonlike vaardighede • Basiese tegniese vaardighede • Goeie menseverhoudinge ter handhawing van menslike verhoudings • Rekenaarvaardigheid in MS Office, internet gebruik en data prosessering • Passie, energie en taakgedrewe. Pligte gaan insluit: • Koste effektiewe bestuur van die groentetonnels en groenteverbouing asook diereproduksie (lêhenbatterye eiers) sowel as verwerkings- en verpakkingseenheid • Bemarking en verspreiding van produkte • Die optimale bestuur van personeel, toerusting, grond, produksiemiddele en finansies vir maksimale winsgewendheid in verbouing van produkte • Deurlopende optimisering van produksie prosesse • Bestuur van algemene assistente • Integrasie van alle beskikbare hulpbronne, ten einde winsgewende produksie eenheid daar te stel. • Bereid wees om na ure en oor naweke te werk. Aansoek met volledige CV en verwysings kan per hand ingehandig word by die skool of per e-pos aan: skurweberg@breede.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 November 2020

Help honger mense voed Food4Witzenberg (‘n voedsel inisiatief van CBI) versprei weekliks 500L sop onder honger mense. Mense wat geld of kos vra by supermarkte of by jou huis, kan met ‘n kaartjie (1 maaltyd) enige dag tussen 12:00 en 14:00 by The Haven Night Shelter kry.

Daar is nou ‘n donasie-stelsel (boekie) waarmee u ‘n bydrae maak teen R50 om sodoende 8 mense kos te gee. Kaartjies is beskikbaar by PicknPay, Ceres Vallei Kerkkantoor, Tremor Coffee Shop, Ceres Moedergemeente Kerkkantoor en Shofar. Indien enige instansie ook van die boekies wil versprei, skakel vir Jannie Conradie 083-270-7713


WITZENBERG HERALD

Friday, November 20, 2020

5


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Nuusbrokkies Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Bradley Ashwin Titus 2015/06/24 - 2020/11/11 Privaat begrafnis: Sat. 21 Nov. 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend

Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Huis Huis: 9:00, Jagerskraal Kerk Kerk: 10:00, VGK, PA Hamlet Graf Graf: Bella Vista

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

Ashleaq Eschanté Sass 2010/04/11 - 2020/11/15 Privaat begrafnis: Sat. 21 Nov. 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitizer • Maskers verpligtend

Roudiens: Don. 19/11/2020 om 19:00, Gardenialaan 4, Ceres Huis: 09:00, Gardenialaan 4, Ceres Kerk Kerk: 10:00, VGK, Ceres Graf: 12:00, Bella Vista

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

2010/04/11 - 2020/11/15

From Chantell, Justin, Chenick and Elrainique

Anna Annette Haal

082-399-4068

Services: sell, install & repair ✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

1956/05/28 - 2020/11/12 Slegs 100 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitizer

STEFAN STEYN 083-227-6476

Huis: 09:00, Morceaux Boerdery Kerk: 10:00, Ou Apostoliese, BV Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

is there to help: • Financial assistance • Bring back lost lovers • Court & Divorce cases • Pay after job is done

Vir die skoonmaak van huise en kantore in Ceres en Hamlet omgewing

Jou oplossing is hier Liefdes spel/palmlesing ....................... R200 00 Geld in rekening in uur ....................... R150 00 Skrap lenings ... R150 00 Wen Lotto/Powerball ....................... R220 00 Voorsorg-/pensioenfonds vertraging ........ R200 00 Wen hof-/egskeidingsake ....................... R199 90 Werkpromosie .... R200 00 Skoonmaak en beskerming van huis ........... R200 00 Geluksolie/towering ....................... R300 00 Pensionarisse betaal as werk klaar is. Skakel of whatsapp 071-707-2066

Mattews Nkosinathi Ntshanga 1956/06/12 - 2020/11/09 Private Funeral: Sat. 21 Nov 2020

Only 100 next of kin 1,5m Distance must be maintained No handshakes or hugs Wash hands or use sanitizer

Home: 07:00, 41 Uxolwethu Street, Nduli, ceres Church: Dutch Reform, Nduli Grave: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

BELANGRIKE KENNISGEWING Die PPK toer na Israel vind weens COVID-19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan pastoor Isaac Jacobs gerig word by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos na isaacjacobs50@yahoo.com.

Beperkte plek beskikbaar.

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter

Skakel vir kwotasies!

Dixie Female. Born 10/06/2020. Medium breed.

Marius Male. Born 21/07/2020. Medium breed Terrier Cross.

Joh. 1:5 “Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.”

Mimmie Mamsie Female. Born 21/07/2020. Female. Born 21/07/2020. Medium breed Terrier Cross. Medium breed Terrier Cross.

CA TS CATS

Blapsie Female. Born 21/07/2020. Small - medium Terrier Cross. All adoptions are subject to a homecheck. Adoption fees: Dogs R900* and cats R600*. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply

Chantelle Sauer 082-632-5330

Peach Female. Born 10/09/2020

Emmy + Emily Female. Born 01/09/2020

Contact Elise on 081-849-2811

Contact Hazel 072-609-1165 Evangelis Jacobs

BELLA Vista Crusaders Kersfeeskoor hou ‘n belangrike bestuursvergadering, tesame met die werkerskomitee, op Sondag 22 November om 17:00. Die vergadering vind plaas aan huis van Adolf Manus, Frieslandstraat Bella Vista. Vir enige navrae, skakel die voorsitter, Julius Julies, by 083-726-5866. CANSA Relay For Life Witzenberg organiseerders nooi alle ou en nuwe spanne uit om in 2021 te kom deelneem en om ‘n span in te skryf. Skakel vir Gerrit Kortjé by 083-435-8006 of Jadrey Skippers by 063-623-1525.

INWONERS van veral Bella Vista word gewaarsku om versigtig te wees by kafees se OTM’s. ‘n Inwoner is verlede Donderdag van sy geld beroof by die Bruin winkel se OTM. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. HET jy ‘n belangstelling in Ceres se kultuur-historiese erfenis? Waarom nie aansluit by die Vriende van die Museum teen ‘n minimale lidmaatskapfooi? Die organisasie beywer hom vir die bewusmaking, bewaring en uitbou van die groter Ceres se historiese erfenis. Aansoekvorms is by die Togryers museum (023) 312-2045 verkrygbaar. THE new Firearm Amnesty period will give illegal firearm owners a second chance to surrender their firearms. The amnesty period will run untill 31 January 2021.

Klanke is die oplossing TRUIDA Joubert (96) jarelange inwoner van Ceres het ‘n paar jaar gelede ‘n boekie: Ons leer klankklank lees geskryf. Die Witzenberg Herald gaan die volgende paar weke uitreksels uit die boekie publiseer. Dit sal dit vir almal maklik maak om te leer lees. Les 9

Ons leer klank-klank lees

078-332-8932 Maama Baraka

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

Privaat begrafnis: Sat. 21 Nov. 2020

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestof-feerde meubels, matrasse en voertuig-sitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎/Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

DIANA

Begrafnisdienste

When God calls little children, we sometimes question the wisdom of his love. For no heartache compares with the death of a child. The two saddest words mankind knows, will always be good bye. So when a little child departs, we who are left behind, must realize: God loves little children and Angels are hard to find.

082-859-2300

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www. trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

Voortrekkerstr., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

CERES NICO

Ashleaq Eschanté Sass

Skakel

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

CERES NICO

PLANT AND TOOL HIRE

IMAAM Abdul-Jaleel Felix (Ceres Mosque) wrote: We as the Muslim community of Ceres hereby offer our sincere condolences to the family of Ashleaq Sass (10), who sadly has passed on. She will be missed, as she was also a friend to our daughter and used to come play at the Mosque. We also extend our condolences to Ceres primary school, who lost her as gr. 4 learner. All of the best.

Friday, November 20, 2020

adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram

Lees hierdie sinne: Soms noem ons ‘n bed, ‘n kooi Die vlooi het my gebyt Ek het ‘n plooi in my rok Is jy ook genooi? My sokkies is in die laai Ek blaai in die boek Moet tog nie so lawaai nie Ek het reg geraai Die seemeeu vang ‘n vis Die kind is skreeusnaaks ‘n Honderd jaar is een eeu Hy het die krag van ‘n leeu Die kole gloei bloedrooi Moenie jou vermoei as jy griep het nie Moenie jou met ander se sake bemoei nie Die wond bloei baie Twee medeklinkers langs mekaar is nooit ‘n dubbelklank nie. Die woorde kan ons in twee stukkies kap. mamma mam/ma pappa pap/pa somme som/me kikker kik/ker proppe prop/pe gogga gog/ga bokke bok/ke doppe dop/pe lekker lek/ker wekker wek/ker nukke nuk/ke rukke ruk/ke Is dit nou nie interessant nie? Ons breek of kap die woorde in twee stukkies, sodat ons dit maklik kan lees en onthou om dit reg te spel. wat ons ook ontdek het, is dat ‘n “e” klink soos ‘n ‘i’, byvoorbeeld: lekker kikker wekker bosse bokke nukke rukke Ons breek lang woorde in stukkies op, omdat dit makliker is om dan reg te spel. kos/kas gog/ga vis/vang room/koek rooi/bok lap/pop sop/nat ket/tie kerk/klok ys/kas bak/ke mos/sie bot/tel Die woorde is ook in lettergrepe of stukkies opgebreek. pop/huis draad/kar gras/pol pad/da voet/sool koel/drank boek/rak


WITZENBERG HERALD

7

Friday, November 20, 2020

SILVIA Vergotine het ‘n 40 jaar langdienstoekenning ontvang.

Ceres Fruit Growers Prestasiefunksie 2020 is vanjaar in twee gedeel weens COVID-19 regulasies. Die tweede funksie is Dinsdag 17 November 2020 by Waverley Hills aangebied. Geluk aan al CFG se werknemers wat toekennings ontvang het!

DIE groep het 10 en 20 jaar langdienstoekennings ontvang. VLNR: Marie Steenkamp, Shareen van Wyk, Andries Pelser en Francois Malan (Besturende Direkteur).

HELENA Abrahams het ‘n 40 jaar langdienstoekenning ontvang.

DRIE personeellede van CFG is beloon vir hul akademiese prestasies. VLNR: Francois Malan (Besturende Direkteur), Janlu Uys (AVCASA Training Academy: Bevoegdheidsertifikaat - Gewas Beskerming), Leandra Hardnek (beste presteerder leerlingskappe 2020: NQF 3 -Generiese Bestuur) en Chante Warnich (SAIPA kwalifikasie - CA).

DIE groep het 30 en 40 jaar langdienstoekennings ontvang. Hier is Francois Malan (Besturende Direkteur) saam met Lydia Links, David Opperman, Maria Wildskut, Maria Jacobs, Mariana Cloete, Charlene Denation, Sylvia Vergotine en Helena Abrahams.

FRANCOIS Malan (Besturende Direkteur van CFG) het ook ‘n 20 jaar langdienstoekenning ontvang. Hy het in 2000 as produksiebestuurder by die maatskappy begin werk. In 2004 is hy aangestel as bedryfsbestuurder en in 2007 as Besturende Direkteur. Hier ontvang hy sy sertifikaat van Pieter Graaff (Voorsitter van CFG).

DIE CFG CANSA Relay for Life-span het vanjaar die meeste fondse (R26 095) ingesamel. Hier is Christo van Rensburg saam met Elsabe Prins, Johlene Malgas, Charlene Denation, Mariana Cloete, Maria Jacobs en Francois Malan (Besturende Direkteur) afgeneem.

30 jaar toekennings DIE drie personeellede het uitsonderlike werksprestasietoekennings ontvang. VLNR: Nomasimi Siyali (pakker van die jaar pakhuis 3), Gail Oncker (Bestuur van Covid-19), Francois Malan (Besturende Direkteur) en Rika Adams (Bestuur van Covid-19).

DRIE personeellede het 30 jaar langdienstoekennings ontvang. Hulle kon egter nie by Dinsdagaand se funksie wees nie. VLNR: Alan Johnson, Mxolisi Fikizolo en Yolanda Constance.

CERES FRUIT GROWERS (EDMS) BPK Prestasiefunksie: 17 November 2020


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, November 20, 2020

Witzenberg Herald

DIE jaarlikse Ceres Superspar Jack Attack rolbalbesigheidsliga wat op 13 Oktober begin het, is afgehandel. Die toernooi het die afgelope vyf weke by Ceres rolbalklub plaasgevind en 170 spelers het deelgeneem. Die Stoepsitter-span het die 2020 toernooi gewen. VLNR: Corné Mostert, Pierre Bothma en David Cohen. By hulle staan Wynand van Jaarsveld van Ceres Superspar.

Glenny en Willie wen gholfdag GLENNY Nasson en Willie Baron (regs) het Saterdag die beterbal stableford kompetisie met 47 punte gewen. Gert Brink en Herman van der Walt was in die tweede plek gevolg deur Willie van Heerden en David Cohen. Beide spanne het 46 punte aangeteken. * Die jaarlikse Lededag vind op Saterdag 28 November plaas. Spelers kan nog vir die oggendveld inskryf.

WANGANELLA primêr het Vrydag 13 November ‘n baie geslaagde pretloop fondsinsamelingspoging aangebied. Die skool wil graag die ouers asook Ceres sakelui bedank vir hul ondersteuning veral in die huidig moeilike ekonomiese tye. Die pryswenners was Irwon Nel, Tiana Ockhuis, Jaynic Wantza,Kiano Wantza, Kearon Ockhuis, Ansonet Plaatjies C.J. Fredericks, Tayo Fritz, Colewin Eksteen, Renique Ockhuis, Charlaine Jacobs, McMillan Cupido en Jason van Wyk.

21 November 2020 om 08:30 Op-die Berg Gemeente Basaar - Kerkterrein, Koue Bokkeveld

Saturday, November 28, 2020 9am - 4pm

bike track l creative stalls l fabulous food l kids fun picnic spots l beautiful gardens l stunning views (bring bikes & walking shoes & happy vibes) The Creative Hub, Wolseley (R43 - 1km from White Bridge and junction with R46) Opposite Olive Rock Wedding and Function Venue Instagram: wol_hub facebook.com/wolcrehub 082-578-7881 l 083-461-2668

MTB 40km (R100) / 15km (R50)

PRETDRAF

15km (R50) / 5km (R20) Pr yse vir eer ste 3 posisies! Pryse eerste Medaljes vir almal! Gelukkige trekkings! Wegspring om 07:00

Skakel Heinie 083-229-9132 of Riaan 082-563-2072

PETER Versfeld (77), jare lange lid van Ceres gholfklub, het verlede Woensdag ‘n besonderse mylpaal bereik deur minder houe te speel as wat hy oud is. Hy is tans ‘n 8-voorgee en het ‘n brutotelling van 74 houe aangeteken.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.