Witzenberg Herald Vol.25 no.45 (Online Weergawe)

Page 1

Vrou (36) sterf na voertuig haar tref

TULBAGH polisie ondersoek ‘n voorval waar ‘n voetganger dood is nadat sy die naweek buite die dorp raakgery is.

Volgens die polisie het die tref-en-trap voorval Sondag 12 November omstreeks 21:10 plaasgevind toe Christa Ohlsson (36) dood is naby Bloubankplaas.

Sy het oor die pad gestap toe sy deur ‘n witkleurige voertuig getref is wat na bewering teen ‘n hoë spoed gery het.

Die bestuurder (39) het nie gestop nie en het van toneel weggejaag.

Ohlsson word deur haar twee kinders van 5 en 11 oorleef asook haar susters.

Met nadere ondersoek het die polisie later die voertuig verlate in ‘n woonbuurt aangetref. Die verdagte, vermoedelik die eienaar en bestuurder, is gearresteer op ‘n klag van strafbare manslag.

Hy het Woensdag vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn.

Brand slagoffer

In ‘n ander voorval op die plaas Kromfontein in die Koue Bokkeveld, het ‘n vrou weens erge brandwonde gesterf.

Die P.A. Hamlet polisie het nog min inligting oor dié voorval wat die naweek plaasgevind het.

Daar moet nog getuieverklarings afgeneem word.

Die 30-jarige vrou het Maandag in Ceres hospitaal aan haar wonde beswyk. ‘n Man word nog in die hospitaal behandel.

CHRISTA Ohlsson (36).

DIE Togryers museum op Ceres kon nie droom dat die Liefdesbeertjie-projek wat hulle ‘n ruk gelede begin het, soveel vir ander sou beteken nie. Daar is al heelwat beertjies uitgegee aan persone wat siek is, alleen is of net koestering nodig het. Die museum is baie dankbaar vir Ann Koopman en die Ubiqua ATKV op Ceres wat 30 beertjies gebrei en geskenk het. Elke beertjie dra die boodskap van omgee, liefde en vertroosting uit aan die ontvanger wat deur moeilike tye gaan en wat die beertjie kan vasdruk. Elke beertjie word afgegee met ‘n pragtige briefie. * Indien jy betrokke wil raak by die beertjie-projek, kan jy die museum skakel by (023) 312-2045. Die museum het ook ‘n breipatroon beskikbaar en wolskenkings sal baie waardeer word.

Gewese vrou van gastehuiseienaar word gesoek

‘n ITALIAANSE gastehuiseienaar van Ceres en sy regspan voer al vir meer as 10 jaar ‘n uitgerekte hofstryd teen die man se gewese vrou nadat dié vals klagtes van aanranding en verkragting in September 2012 teen hom gemaak het.

Nou soek ‘n privaatspeurder en Peppe Canelli se regspan vir ‘n tweede keer na Jeannie Canelli (43) nadat sy in Oktobermaand nie by die hooggeregshof in Kaapstad opgedaag het vir die waardebepaling van ‘n skadevergoedingseis en hofkostes nie.

(‘n Skadevergoedingseis bestaan uit twee dele: Die applikant moet die meriete van die eis bewys en as dit suksesvol is, moet die omvang bepaal word).

Die regspan was woedend toe sy nie by die hooggeregshof opdaag nie en moet hulle nou weer sukkel om haar op te spoor.

Regter Francis het op 1 November ‘n bevel in die hooggeregshof bekragtig dat die saak na 6 Februarie 2023 uitgestel word en dat koste van die bevel op ‘n latere stadium bepaal sal word.

Regter Francis het ook op 17 Oktober beveel dat die regsgeding in twee provinsiale koerante geadverteer moet word, dat ‘n kennisgewing na Jeannie Canelli se e-pos sowel as Whatsapp of ander sosiale media platvorms gestuur moet word, dat die Stellenbosch en Hermanus balju’s haar telefonies moet skakel en dat die kennisgewing ook op adresse in Stellenbosch en Onrus bedien moet word.

Soektog

Die prokureurs wat haar vroeër verteenwoordig het, het hulle kort na die appèlhof-uitspraak aan die saak onttrek.

Canelli het nagelaat om haar gewese man, Peppe Canelli, se regspan van ‘n adres te voorsien waar die hofdokumente op haar

beteken kon word. ‘n Privaatspeurder is toe aangestel en Jeannie Canelli is die eerste keer op 31 Augustus 2021 in Tokai opgespoor - meer as ses maande na die appèlhof-uitspraak van 3 Februarie 2021. Die skadevergoedingseis en bevel van die Bloemfontein appèlhof is toe op haar beteken.

Nou is Jeannie Canelli weer soek. Daar is sprake dat sy haar moontlik op ‘n plaas in die Ceres-omgewing kan bevind.

Agtergrond

Die appèlhof het in Februarie 2021 bevind dat Jeannie aanspreeklik is vir skadevergoeding waarvan die bedrag nog bepaal moet word asook die regskoste van die verhoor en die appèl.

Volgens Alec Geldenhuys van die firma Michalowsky Geldenhuys & Humphries in Kaapstad en prokureur van Peppe Canelli, gaan die regskostes waarvoor Jeannie verantwoordelik is, meer as R2 miljoen beloop. Die skadevergoeding vir pyn, lyding, verlies aan inkomste en trauma wat Peppe die afgelope dekade gely het, moet nog deur die hooggeregshof bepaal word.

Peppe Canelli is in September 2012 gearresteer en daarvan aangekla dat hy tydens ‘n inbraak sy gewese vrou na bewering sou verkrag en ernstig aangerand het. Hy het op twee klagtes van verkragting asook een van huisbraak en diefstal verskyn. Hy is byna drie weke later op borg vrygelaat. Die saak teen hom is op 11 September 2013 deur die DOV teruggetrek.

Nuwe saak

Die Ceres SAPD het in September vanjaar ook twee nuwe klagtes van meineed ontvang. Die saak is na die NVG in Kaapstad gestuur vir ‘n beslissing. Daar moet besluit word of twee persone wat destyds vals verklarings afgelê het, vervolg gaan word.

Telephone: (023) 316-2021 Fax: 086-211-5774 WA: 066-316-3003 nuus@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.co.za WH H e r a l d Witzenberg Volume 25 no. 45 R 8 Friday, November 18, 2022 Ceres Koekedouw dam 64,5% Tulbagh dam 70% Lesings geneem: 2022/11/16 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 17 November 10° 27° Vrydag 18 November Saterdag 19 November Sondag 20 November 7° 24° 7° 26° 10° 31° CERES (023) 312-2144 087 094 8092
☎ ☎ (023) 312-1094 RETIEF STREET, CERES ONLY AVAILABLE AT CERES LIQUORMARK BUSINESS HOURS: MONDAY - FRIDAY 09:00 - 17:00 SATURDAY 09:00 - 13:00 • All prices include VAT • Offers valid while stocks last • Selected items may not be available at certain stores • No traders • We reserve the right to limit quantities • E & OE. Not for sale to persons under the age of 18. Drink responsibly. Valid 17 November 2022 to 27 November 2022 179 99 Klipdrift Premium Brandy 750ml 69 00 Amstel Radler 6 x 330ml NRB* 159 99 Buffelsfontein 3 Year old Brandy 750ml 349 99 Johnnie Walker Black Label Blended Scotch Wisky 750ml 154 99 Three Ships Premium Select Wisky 750ml 219 00 Kilbeggan Irish Wisky 750ml 260 00 Carling Black Label Beer NRB* 24 x 330ml PER CASE 69 99 JC Le Roux La Fleurette La Fleurette Rose Alcoholic or La Domaine Non-Alcoholic La Chanson or La Domaine Alcoholic Sparkling Wine 750ml EACH 89 99 Belgravia Gin Coolers Asstd. NRB* 6 x 275ml per pack 65 00 Brutal Fruit Ruby Apple Spritzer NRB* 6 x 275ml per pack 79 00 Windhoek Draught 6 x 440ml NRB* 10999 Two Oceans Sauvignon Blanc Cabernet Sauvignon/ Merlot or Sauvignon/ Chenin Blanc 3L EACH Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom. Heel seevars snoek en snoekkoppe beskikbaar ☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91

Familie soek antwoorde na tragedie by ouetehuis

DIE Rossel-familie skryf:

NA aanleiding van ons moeder, Sagrya Engelbrecht, se dood op 7 Augustus 2022 by Huis Maudie Kriel wil ons as familie graag begin deur te sê dat die strawwe wat deur die ACVV aan die personeel gegee is, ‘n groot skok vir ons was - veral die feit dat die leerling verpleegster na bewering skotvry wegstap net omdat sy nie in hulle diens was nie.

Ons het ons moeder juis in ‘n tehuis (let wel, sy was in die siekeboeg gedeelte) geplaas omdat nie een van ons kinders opgelei is om na haar om te sien nie.

Sy het 21 jaar by haar seun gewoon, waarvan sy die laaste twee jaar ‘n versorger deur die dag nodig gehad het. Haar liggaam het al hoe meer verswak en toe dit op die punt kom dat sy snags ook versorging benodig, is daar besluit om haar in ‘n versorgingsoord te plaas.

Omdat die een dogter op Ceres woon en ons dadelik daar plek kon kry vir ons ma, is daar op Huis Maudie Kriel besluit.

Nou hoor ons niks van die polisie - as ons hulle kontak hoor ons net hulle moet nog verklarings afneem. Niemand wil ook die kameramateriaal vir ons wys nie.

Ons is bewus daarvan dat sake jare kan neem, maar ons kan nie afsluiting kry of vrede

maak as ons nie weet wat gebeur het deur die nag in die 12 ure wat ons moeder alleen buite moes sit nie.

Vrae

Het sy probeer opstaan en loop, het sy probeer roep? Daar is net te veel onbeantwoorde vrae.

‘n Paar dae nadat die ACVV se verslag uitgekom het, is een van ons vier kinders in die hospitaal opgeneem na ‘n massiewe hartaanval - ons glo te wyte is aan al die stres na ons ma se dood.

Ons het ook regshulp ingewin wat daarop dui dat volgens die Suid-Afrikaanse reg, ‘n mens nie sommer kan eis vir iemand wat nie ‘n broodwinner was nie of nie afhanklikes het nie.

Is bejaardes se lewens dan niks werd nie?

Kan ons vergewe? Nie in hierdie stadium nie.

Ons ma is vroeër van ons weggeneem weens nalatigheid.

Sy kon moontlik nou nog by ons gewees het as dit nie vir een persoon was wat ‘vergeet’ het wat sy moes doen nie.

Die ACVV noem in die verslag dat hulle ons ma ‘soos gewoonlik’ uitgeneem het na buite. Waarom het hulle haar nie ‘soos gewoonlik’ weer teruggeneem binne toe nie?

Ons familie kan net hoop dat ander ouetehuise uit die tragedie geleer het en dat enige nalatigheid teenoor weerlose bejaarde mense nooit weer sal gebeur nie.

Hierdie pos het ontstaan by De Keur Marketing, Ceres

BESIGHEIDSANALIS

Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van drie maande proeftydperk.

Doel van pos: De Keur Marketing bied hierdie geleentheid as besigheidsanalis aan vir ‘n gedrewe, ambisieuse kandidaat. Hierdie posisie is gesetel in Ceres en sluit die data analisering funksie van die bemarkingsmaatskappy en van De Keur Landgoed in.

Verantwoordelikhede: Kern verantwoordelikhede sluit die volgende in: • Verwerking van groente- en vrugte inkomste

• Hantering van sisteem navrae en afwykings • Opstel, analisering en voorlegging van operasionele en finansiële data

• Inkomste vooruitskatting van produsente

Vaardighede: • Kennis van begrotings, oudit en waardasies

• Gevorderde vaardighede in Excel • Kennis van Vitrax en QX sal tot jou voordeel wees • Sterk administratief • Kennis van die vrugtebedryf sal tot jou voordeel tel • Goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede.

Onder vinding: • Relevante tersiêre kwalifikasie • Minimum 4 tot 6 jaar in ‘n soortgelyke pos • Gevorderde Excel vaardighede • Finansiële vaardighede.

Vergoeding: Markverwante vergoeding sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioenskema en Discovery mediese fonds is ‘n voorvereiste aan die aanstelling.

Sluitingsdatum van interne aansoeke: 2 Desember 2022

Aanstellingsdatum: So spoedig moontlik

Stuur asb. u CV, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, afskrif van u ID en 3 ver wysings aan: Johan du Plessis by recr uitment@dekeur.co.za

De Keur Marketing is ‘n gelyke geleentheid werkgewer

Bekende inwoner sterf

SOPHIA (Cecilia) Jantjies (99), een van die streek en Bella Vista se oudste inwoners, Dinsdag 15 November in die vroeë oggendure oorlede. Sy laat sewe kinders asook 24 kleinkinders, 30 agterkleinkinders en 4 agter-agterkleinkinders agter. Die begrafnisdiens vind op 26 November in die Bella Vista gemeenskapsaal plaas.

Polisie soek dié man

DIE P.A. Hamlet polisie vra die gemeenskap se hulp om Siphenkosi Hinana in verband met ‘n aanrandingsvoorval, op te spoor. Indien iemand weet waar hy hom bevind, kan hulle s/a.o. Brian Uys skakel by (023) 313-3133.

DIE ATKV het onlangs boekpryse aan twee plaaslike skole,

Vista hoërskool en Ceres Sekondêr, vir Afrikaans Huistaal top presteerders (bo 80%) oorhandig. Ceres Sekondêr: Runecia Lee Jacobs (graad 8), Lorette Rauss (graad 9), Jenkin Huyser (graad 10) en Kaylin Gabavu (graad 11). * ATKV pryse is oorhandig deur Natalie en Franklin Magalie, Ann Koopman,

(023) 315-5003

35 CERES 6835

SEISOENSPOS:

VURKHYSERBESTUURDERS

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei.

HOOFFUNKSIES:

•Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers

•Laai van palette in tonnelkamers en rakke

•Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers

•Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors

•Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take

DIE IDEALE KANDIDA AT MOET:

•‘n Geldige rybewys van vurkhyserlisensie toon

•Ondervinding hê van ry in koelkamers

•Verwysings van vorige werke is ‘n vereiste

ONS BIED DIE SUKSESVOLLE KANDIDA AT:

•Markverwante loon

•Gunstige werksomstandighede

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 25 November 2022

A ANSOEKE KAN GESTUUR WORD

A AN: elana@cereskoelkamers.co.za

Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word.

VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: (023) 315-5003

WITZENBERG HERALD Friday, November 18, 2022 2
☎ ☎ ☎ ☎
✉ ✉ ✉ ✉
Bella Jenny van Wyk, Dirk Swart, Engelinda Janse van Rensburg en Archie van Biljon. DIE ATKV het onlangs boekpryse aan twee plaaslike skole, Bella Vista hoërskool en Ceres Sekondêr, vir Afrikaans Huistaal top presteerders (bo 80%) oorhandig. Bella Vista Hoërskool: Kiara Pearl Manuel (graad 8), Ashmeeta Goliath (graad 9), Corné Sass (graad 10 - 94%) en Chloë Arries (graad 11). * ATKV pryse is oorhandig deur Natalie en Franklin Magalie, Ann Koopman, Jenny van Wyk, Dirk Swart, Engelinda Janse van Rensburg en Archie van Biljon.

Hof en balju soek na Jeannie Canelli

Teisteringsaak weer uitgestel

‘n GEWESE senior personeellid van die Witzenberg munisipaliteit se teisteringsaak is tot Desembermaand uitgestel. Die keer vir nadere besonderhede.

Die 38-jarige man word aangekla van seksuele aanranding en seksuele teistering van twee getroude vroue en werknemers van dié munisipaliteit. Die man is op 31 Mei deur Ceres speurders van die SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) gearresteer en kort

daarna deur die munisipaliteit geskors. Hy het egter bedank kort voordat sy dissiplinêre saak aangehoor kon word.

Die teisteringsaak is Dinsdag tot 8 Desember uitgestel vir nadere besonderhede en konsultasie met sy prokureur. Die beweerde voorvalle het tussen 2016 en 2020 plaasgevind.

Die man is na sy eerste verskyning op waarskuwing vrygelaat en mag nie met die klaers - direk of indirek - in kontak wees tot na

die afhandeling van die saak nie.

Die man is ook in 2020 aangekla van seksuele teistering van vroue in die werkplek maar net een werknemer wou ‘n saak teen hom maak. Die klaer het later ‘n skikking met die verdagte in Maart 2021 bereik waarna die saak teen hom teruggetrek is en hy weer teruggekeer het na die munisipaliteit.

* Volgens die strafproseswet kan die naam van die verdagte eers bekend gemaak word sodra hy gepleit het.

Twee verdagtes vasgetrek nadat Barnard se Fortuner gesteel word

‘n WOLSELEY inwoner wat die afgelope vier maande twee keer op borgtog vrygelaat en verlede naweek vir ‘n tweede keer gearresteer is, het Dinsdag weer in die Ceres landdroshof verskyn.

Dié keer vir ‘n aansoek deur die staat om sy borg finaal in te trek aangesien hy vir ‘n tweede keer sy borgvoorwaardes verbreek het.

Die saak is tot 21 November uitgestel vir ‘n besluit hieroor. Hy bly in aanhouding.

Asof dit nie genoeg trauma is vir Riaan Barnard (41) se familie nie, is daar verlede week tussen Woensdagaand en Donderdagoggend by ‘n woning op Wolseley ingebreek waar twee trekklaviere en ‘n Toyota

Fortuner gesteel is.

Volgens die Wolseley SAPD ondersoek hulle klagtes van huisbraak en diefstal en die diefstal van ‘n voertuig.

Ondersoekwerk het die polisie eers na Worcester en Rawsonville gelei voordat die polisie in die Paarl twee verdagtes met die Toyota voertuig en die gesteelde items, vasgetrek het. Die twee mans moet nog aangekla word om in die Wolseley landdroshof te verskyn. Paarl SAPD moet ook nog die mans aankla vir die besit van gesteelde eiendom.

Agtergrond

Barnard was voorheen werksaam op Ceres en het voorverlede week by die Rael rehabilitasiesentrum in Worcester weggeloop in

plaas daarvan om sy ses maande behandeling vir dwelm- en alkoholmisbruik en woede-uitbarstings te voltooi.

‘n Lasbrief is uitgereik nadat hy sy streng borgvoorwaardes verbreek het. Die polisie het hom Maandag 7 November in Eersterivier opgespoor en gearresteer.

Barnard het die afgelope paar maande al op talle aanklagte wat wissel dat hy sy eerste borgvoorwaardes verbreek het, ‘n beskermingsbevel geïgnoreer het en tydens arrestasie gevlug het, in die hof verskyn.

Hofverskyning

Barnard moet weer op 26 Januarie 2023 op dié aanklagte in die Ceres landdroshof verskyn.

PETRUS en Maryke Marx van Ceres wat meer as ‘n maand gelede ernstig beseer is in ‘n kop-aan-kop botsing buite Durbanville, toon tans goeie vordering. Die egpaar is op 24 September in ‘n ernstige toestand in die Cape Gate Mediclinic opgeneem na ‘n kopaan-kop botsing waarin Maryke se ma, Elthia (80), gesterf het. Petrus (54) is sedert verlede Donderdag terug op Ceres. Petrus word tans by die huis verpleeg en moet vir die volgende drie maande met ‘n rolstoel oor die weg kom totdat sy hakke en enkels genees het. Maryke (50) se voorarm toon tans nog nie tekens van hegting en moet sy ook die volgende ses weke by die huis herstel. “Ceres het my asem weggeslaan en ons word elke dag met die lekkerste kos van engele, bederf. Ons wil uit ons hart dankie sê vir al die engele in ons lewe en almal se ondersteuning”.

DIE P.A. Hamlet polisie vra die gemeenskap se hulp om gesteelde Lenovo skootrekenaars op te spoor. Die rekenaars is tydens ‘n onlangse inbraak by Fairfield primêr gesteel. Indien iemand weet waar die rekenaars is of wie dit gesteel het, kan hulle s/sers. Appollis skakel by (023) 313-3133.

WITZENBERG HERALD Friday, November 18, 2022 3 Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies 066 205 3312 023 1000 515 info@jptek.co.za SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CCTV CAMERAS CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. *Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary. We offer: ·Consulting Services·Maintenance ·Access Control·Audio and Visual ·Structured Cabling·Wireless Networking ·Alarm Systems·Gate motors ·IP Based CCTV Systems ·Fibre Optic Installations ·Analytic Based Alert Notification Systems ·Analogue Based CCTV Systems ·Integrated Security Systems ‘n ITALIAANSE gastehuiseienaar van Ceres en sy regspan voer al vir meer as 10 jaar ‘n uitgerekte hofstryd teen die man se gewese vrou nadat dié vals klagtes van aanranding en verkragting in September 2012 teen hom gemaak het. Nou soek ‘n privaatspeurder en Peppe Canelli se regspan vir ‘n tweede keer na Jeannie Canelli (foto) nadat sy in
nie by die hooggeregshof in
opgedaag het nie.
Oktobermaand
Kaapstad
Berig op voorblad.
‘n PA en sy 5-jarige dogtertjie was gelukkig om met geen beserings van dié ongeluk weg te stap. Die ongeluk het Sondag 13 September omstreeks 20:00 plaasgevind toe die bestuurder na bewering botsing probeer vermy en in ‘n sloot tot stilstand gekom het.

PAKLYNBESTUURDER

VEREISTES

•Matriek

•Toepaslike tersiëre kwalifikasies / ondervinding sal in die aansoeker se guns tel

•Bewese rekenaarkennis asook rekenaarvaardighede

•Tegniese vaardighede

PLIGTE

•Bestuur van twee paklyne •Verpakking en kwaliteit

•Bestuur van personeel •Pakmateriaal bestel

nuusbrokkies

YOUNG Good Hope RFC se jaarlikse afskeid en prysuitdeling

26 November plaas

die koste beloop R150 per persoon, wat ‘n

maaltyd en musiek deur Majestic Sounds insluit. Vir navrae

kaartjies skakel Des van Wyk by 082-574-7932.

KINDERS het onlangs twee swart foto-albums in Ceres opgetel. Indien iemand die albums vermis of dit is dalk tydens ‘n inbraak gesteel, kan hulle dit by die Ceres Togryers museum gaan afhaal.

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte aantal plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com.

WITZENBERG Nasorg is ‘n organisasie wat op die been gebring is om leerder uitslae en maatskaplike probleme van skole in die streek te verbeter. Die inisiatief is deur Isak Hendriks van Ceres geneem wat al 24 jaar in die onderwys betrokke is en 10 jaar as skoolhoof. Die organisasie het nou goedkeuring gekry om as NGO te registreer. Isak beoog om Januarie 2023 met die organisasie te begin en verdere inligting sal later deurgegee word. Vir navrae skakel Isak Hendriks by 079-081-7053 of stuur epos aan isakhendriks@gmail.com

BEMARKINGSBESTUURDER

VEREISTES

•Matriek

•Toepaslike tersiëre kwalifikasies / ondervinding sal in die aansoeker se guns tel

•Goeie menseverhoudinge handhaaf

•Rekenaarvaardig asook gebruik van spesifieke sagteware programme

PLIGTE

•Bemarking van binnelandse vrugte

•Kwaliteitsbeheer

•Logistiek

LOGISTIEKE SKEDULEERDER

Dutoit Vervoer (Termynkontrak vir 6 maande)

Ons benodig die dienste van ‘n bedrewe persoon om verantwoordelikheid te aanvaar vir sekere funksies rondom die skedulering van vragte.

Die posbekleër sal aan die Hoofbestuurder rapporteer vir, o.a. • skedulering van daaglikse vragte • inneem van bestellings vanaf Landgoedere • monitering van alle vragmotors • algemene administrasie wat insluit personeel aangeleenthede van die drywers • inlees en kontrolering asook die verwerking van vragmotor data / inligting per roete • Graad 12 met minstens 3 jaar toepaslike ondervinding en bogemiddelde rekenaarvaardighede (MS Office) is ‘n vereiste, terwyl ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie die aansoek sal versterk.

Ons bied aangename werkomstandighede en ‘n mededingende vergoedingspakket.

Belangstellendes moet volledige aansoeke stuur na recruitment@dutoit.com en die verwysing “Logistieke Skeduleerder” duidelik op die aansoek aanbring.

Diensaanvaarding sal so gou doenlik, maar verkieslik nie later as 3 Januarie 2023 wees nie.

WITZENBERG HERALD Friday, November 18, 2022 4
TWEE POSISIES HET BY KUNJE PAKSTOOR ONTSTAAN VIR GEDREWE, DINAMIESE EN ENERGIEKE KANDIDATE.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE
25
2022 CV’S KAN GESTUUR WORD AAN: leoni@kunje.co.za DIENSAANVAARDING : So spoedig as moontlik INDIEN U GEEN TERUGVOERING BINNE TWEE WEKE NA DIE SLUITINGSDATUM ONTVANG NIE, KAN U AANVAAR DAT U AANSOEK ONSUKSESVOL WAS.
:
NOVEMBER
DIE Ceres VLV-tak het verlede week hul jaarafsluiting by ‘n plaaslike Indiese restaurant, The Honey & Chai, tussen Wolseley en Ceres gehou. Lede het hulle pragtig getooi in Indiese-drag om die afsluiting by te woon. Die gasvrou en eienaar, Phirdy, het aan die groep verduidelik hoe van die Indiese-geregte voorberei word terwyl sagte musiek in die agtergrond speel. VLNR: Rouxna Goodwin, Christelle Zulch, Vera Alberts, Vicki Ferreira, Elsa Hanekom, Hannelie van Schalkwyk, Petro Kotzé, Bertha Fourie, Nicoline Pienaar, Lorraine Geldenhuys, Louwna Hoving en Judith Bruwer. vind op en driegang en LAERSKOOL Waveren op Tulbagh het onlangs hul gradeplegtigheid aangebied waartydens die top presteerders aangewys is. VLNR: Willren Williams (graad 4), Hailey Kock (graad 5), Tammarney Pietersen (graad 6) en Maylon Cupido (graad 7). AGTER: Andelene Michaels (skoolhoof) en Monica Williams (koördineerder van die diplomageleentheid). LAERSKOOL Waveren op Tulbagh het onlangs hul gradeplegtigheid aangebied waartydens sportuitblinkers asook die 2022 sportman en sportvrou aangewys is. VOOR: Luther Lourens (o/11 rugby), Maylon Cupido en Kiesha Smith (o/13 netbal), Aranya Fritz (o/12 netbal), Chaney Jacobus (o/11 netbal), Jevonay Pedro (o/10 netbal), Aithly John Martiens (sportman van die jaar - o/13 rugby, atletiek - 100m/150m en hoogspring), Wayven Magoba (o/12 atletiek - hoogspring) en Clementia Mauritius (sportvrou van die jaar - o/12 atletiek 100m en 150m). AGTER: Gershwin Waterboer, Marquin Small, Alicia Luitjies, Shandré Ford en Andelene Michaels (skoolhoof). MATRIKULANTE van 1992 het onlangs hul reünie gehou. Tydens die geleentheid wat by Manly wynkelder aangebied is, het die groep R100 000 aan Laerskool Waveren oorhandig. Die geld is ingesamel toe ‘n ou skoolkoerant opgeveil is. Hier is die groep afgeneem saam met Andelene Michaels (skoolhoof), opvoeders en matrikulante van 1992. FOTO: Alicia Luitjies

Inwoners moet ophou om hul gemors oral neer te gooi

NA afloop van die jaarlikse Michellspas halfmarathon het CBI, Ceres atletiekklub en die munsipaliteit seker gemaak die pas is skoon van atlete se watersakkies. Terwyl hulle skoonmaak is die klomp rommel by die uitkykpunt naby Witels aangetref. Dit is skoongemaak maar inwoners word versoek om nie vullis daar te stort nie. Indien jy iemand sien wat dit doen, meld dit by die polisie, munisipaliteit of CBI aan.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstr. 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.

WITZENBERG HERALD Friday, November 18, 2022 5
Eiendom / Property Erf 2242, Tulbagh Ligging / Location c/o Vink and Olifant Street, Tulbagh Aard / Nature Rezoning of a portion to permit a 18m freestanding telecommunication base station. Hersonering van ‘n gedeelte om ‘n 18m hoë vrystaande basis telekommunikasiestasie toe te laat. Verwysing / Reference 15/4/ 1/2/103 Sluitingsdatum / Closure date 30 days Aansoeker / Applicant Warren Petterson Planning (083 255 8349) Porterstraat, Ceres (023) 312-3413 BESIGHEIDSURE: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30 Alle pryse is BTW ing. Geldig vanaf 17/11/2022 - 31/12/2022 Terme en voorwaardes geld. Geen smouse. SUPER SHOCK IT R69 HTH 4KG R269 BIG POOL VLOTTER R179 SMALL POOL VLOTTER R129 SINKPLAAT CORR 0.5MM Z275 3.0m R336 3.6m R405 4.2m R472 SKADUNET 80% R59 /M POLY CARB IBR SHEETS 2.4m R272 3.0m R339 3.6m R408 4.2m R476 IBR PLATE 0.47MM 3.0m R320 3.6m R385 4.2m R448 SAP HOUT 38x38x3m R33 38x114x3m R90 50x76x3m R95 SHUTTERPLY 18MM 1.2m x 2.4m R585 ONTEVREDE inwoners wou die week weet hoekom daar nie meer gereeld woonerwe op Tulbagh en op omliggende dorpe skoongemaak word nie? ‘n
Dinsdag net langs die Tulbagh pastorie se grasdak woning begin. Ander probleme sluit in die rommel wat op oop erwe lê en die rioolsloot in die hoofstraat met sy
sakke, bottels en menslike afval! * Klagtes
Brand het
babadoeke,
is blykbaar aan die munisipaliteit gerapporteer maar daar word niks aan gedoen nie. Inwoners word weer gevra om dit aan te meld maar vir verwysingsnommers te vra sodat dit in die toekoms opgevolg kan word.
DIE bestuurder van die wit VW Citi Golf het die naweek in ‘n huis in Chris Hanistraat, Nduli, vasgery. Die bestuurder is na bewering vir dronkbestuur gearresteer. Geen verdere inligting was beskikbaar oor die voorval nie. CERES Old Mutual het voorverlede Woensdagmiddag skoolhoofde in die Witzenberg omgewing uitgenooi om verhoudinge te bou en die pad vorentoe te bespreek. Die geleentheid is by die Village gastehuis aangebied. Die takbestuurder, Vaghan Farmer, asook Leon van Wyk (Old Mutual areabestuurder) is ook aan die onderwysers voorgestel. BELLA Vista hoërskool bedank Jacques Visser (Crispy Farming groep) en Jannie Conradie (CBI bestuurder) vir die instandhouding van hulle sportgronde. VLNR: Jannie Conradie (CBI bestuurder), Attie Coetzee (Crispy Farming groep), Desiree Pharo (waarnemende skoolhoof) en Anchen Nasson (projekkoördineerder). MATJIESRIVIER primêr het Vrydag 28 Oktober hul jaarlikse diplomaplegtigheid aangebied. Toekennings is aan die top presteerders van graad 1-6 oorhandig. VLNR: mnr. Franse (skoolhoof), Jefrey Arries (graad 6), Jordon Olivier (graad 5), Claudine Smit (graad 4), Jacquin de Wee (sportman van die jaar), Marcello Janse (graad 3), Delaine Reynerds (graad 2), Mercedine Arnolds (graad 1) en me.M.Piquer (grondslagfase-opvoeder).

classifieds

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

TS Vragmotors

TS Vragmotors is ‘n besige werkswinkel wat die dienste benodig van ‘n

OLIESTOOR BEAMPTE

Vereistes: • Kontrolering van olie op ‘n daaglikse basis • Beheer van die werkswinkel gereedskap • Die geskikte kanidaat moet akkuraat, deeglik, gefokus en netjies wees • Kennis of meganiese agtergrond sal in jou guns tel. Stuur e-pos na: jannie@ts vragmotors.co.za of gee af by TS Vragmotors

Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023)342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

Vrywaringskennisgewing by kwaksalweradvertensies

Witzenberg Herald het nie ondersoek en vasgestel of enige van die dienste of produkte geadverteer die verlangde resultate of uiteinde sal hê nie. Lesers moet asb. kennis neem dat sommige van die beloofde resultate in hierdie advertensies buitengewoon is en dalk selfs onmoontlik is om te behaal. Sommige van die prosedures en beloftes geadverteer mag dalk gevaarlik wees indien nie uitgevoer deur ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn nie. Lesers word gewaarsku dat hulle die adverteerder se geloofwaardigheid en besonderhede deeglik moet ondersoek. Witzenberg Herald aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige van die geadverteerde dienste of produkte nie

Disclaimer at quackery advertisements

Witzenberg Herald have not verified whether any of the services or products advertised will have

wens oudleerders voorspoed toe met eksamens

St.

Ceres Omgeewinkel

het VERHUIS VERHUIS na Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere, skoene en huishoudelike items. Help ons asb. om die Gemeenskap te help.

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

Tit. 1:15 “Vir die reines is alles rein, maar vir die besoedeldes en ongelowiges is niks rein nie, want hulle verstand en hulle gewete is besoedel.”

WITZENBERG HERALD Friday, November 18, 2022
6
SCAN TO DONATE
R1 200 of naaste kontant aanbod INGEBOUDE BAD +SHOWER MIXER Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae MERANTI MOTORHUISDEURE +MOTORS TE KOOP R2 500 (per deur) of naaste kontant aanbod Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae VOOR AGTER Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300 AND FRAMES 083-227-6476 STEFAN STEYN SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS 1955/10/25 - 2022/11/14 Begrafnisdiens: So. 20 Nov. 2022 Huis : 13:00, Wilgerlaan 19, Tulbagh Kerk: 14:00, AME Tulbagh Graf: Tulbagh John Kannemeyer ☎☎ ☎☎ (023) 316-1814 Die beste diens, altyd. Frederick James September
))
Evangelis Jacobs
(Fredietjie))
It’s never too late for your problems to be solved. Don’t just sit back and think your worst situation can not be changed. It’s time for you to present your problems to Maama Sauda: •Relationship problems •Financial problems •Court cases •Divorce cases •Winning luck •Pregnant cases •Home protection •Bad luck •Magic ring • Magic wallet • Lotto or Powerball •Money in account in 1 hour • Unfinished work and many more Call or WhatsApp Maama Sauda 071-707-2066 PROF ERIAS Die begawe man met die beste dienste. Hou op sukkel in die lewe dis tyd dat jy gelukkig is, as jy voel jy is versteur en hulp nodig het, kontak my. Ek is die antwoord om jou gelukkig te maak. Werk jy maar kan jy nie ‘n lening kry nie? Kry tot een miljoen selfs al het jy swartlys. Werk vir ‘n lang, maar klein salaris of het jy geld in rekening nodig? Jy wil Lotto/Powerball of UK49 wen. Bring verlore liefde en liefdesspelle terug. Voorkom dat maat bedrieg. Los probleme by die werk of in besigheid op. Vinnige verkoop van eiendom. Skakel 078-304-4136 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83 PLANT AND PLANT AND TOOL HIRE HIRE TOOL HIRE HIRE
services
goods advertised Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Automotive Engineering •Skim cylinder head •Recon cylinder head •Rebore engine blocks Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes •and more André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023)313-4422 crazypistonsct@gmail.com CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating •Panelbeating •Ser vicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker Street, Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small. MEISIEMEISIE MEISIE (Female) Born 05/06/2022 WILLIEWILLIE WILLIE (Male) Born 21/11/2021 EST EST ESTAA AA (Female) Born 15/07/2021 JANIJANI JANIJANI JANI (Female) Born 15/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Includes a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply Ons kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese toestelle, huishoudelike ware, speelgoed, boeke, sporttoerusting, ons sal dit alles en meer, as voorraad vir ons winkel neem. As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel
DIT IS ‘N EENVOUDIGE FEIT VAN DIE LEWE, ONS GAAR ONNODIGE GOED OP! Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede is, jy het “goed” wat rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien. ons winkel benodig dringend nuwe items
the desired effect or outcome. Readers will note that some of the promised results in the advertisements are extraordinary and may be impossible to achieve. Beware some of the procedures and claims advertised may be dangerous if not executed by a qualified medical practioner. Readers are warned that they should carefully consider and verify the advertiser’s credentials. Witzenberg Herald do not accept any liability whatsoever in respect of any of the
or
ons op 082-899-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za
ST.Marks primêr het hulle graad 7’s van 2017 en nou matrikulante in 2022 by Ceres SekondêrenBellaVistaHoërskool,opDinsdag20Oktoberbydieskoolterugverwelkom met ‘n geselligheid om hulle sterkte toe te wens met hulle eindeksamen.
Marks

Rolbaltoernooi weer 'n groot sukses

DIE jaarlikse Ceres Superspar Jack Attack rolbaltoernooi is afgehandel.

Die besigheidstoernooi was weer ‘n treffer onder plaaslike besighede, met 48 spanne (144 spelers plus reserwes) wat deelgeneem het. Dit was ‘n tawwe kompetisie wat oor vyf weke beslis is.

Die top 8 spanne het deurgedring na die finaal op 2 November.

Die spanne was CFG Sundowners, KaapAgri, FNB, Pawsome, Stoepsitters, Sons of Anarchy en Laastedrif-1 en 2. Die Laastedrif1 span was die wenners.

‘n Verdere agt genooide spanne het ook gespeel: Witzies, FFL, Agri 1, Brenn-o-Kem Bokke, Tremor (skild wenners), Swingers en Graaff-Fruit.

Vroue toernooi

Die Razzle Dazzle vroue rolbaltoernooi vind plaas op 22 November vanaf 17:30. Inskrywings beloop R60 p.p. Persone wat belangstel om rolbal te speel kan vir Charmaine Mostert skakel by 083-285-5445.

DE Wet het Saterdag die loot gewen en stuur Ceres krieketspan ingestuur om te gaan kolf. Ceres teken 184 lopies aan met Aaron Swartz (63) en Edwahl Felix (42) wat met die kolf uitgeblink het. De Wet gaan kolf en word almal uitgehaal vir 139 lopies. Vir Ceres het Jo-earn Zimri met 4/44 uitgeblink. Hy is goed bygestaan deur S. Poole met 2/16 en Rudi Maggot met 2/29. Ceres se volgende wedstryd is tuis teen Clanwilliam Essex. * Hier is Aaron Swartz en Jo-earn Zimri (regs).

Delicious vereer spelers

DELICIOUS rugbyklub het voorverlede Saterdag hul jaareindfunksie en sporttoekenningsgeleentheid in die Ceres stadsaal aangebied. Tydens die geleentheid is toekennings ook gemaak vir die vonds van die jaar (Kyle Nasson), spelers se speler van die jaar (Ryan de Wee) en speler van die jaar (Derrick Fredericks). VLNR: Moses Fortuin (Boland RU bestuurslid), Alshaun Bock (gasspreker en Boland Kavaliers afrigter, Kyle Nasson (vonds van die jaar) en Dirk Swart (plaaslike raadslid).

more shade for future

“What made 2022 special was that it was the first after-Covid event and we even had our local dominee Jandre Viljoen competing in the 55km race. He raised R11 000 for a specific cause, Ceres Tuiste, which also happens to be one of our beneficiary charities. This was the first time he competed and he did so on an e-bike which we hope will encourage others to do the same in the future,” she says. Ceres Lions Club prepared the food and raised R15 100.

WITZENBERG HERALD Friday, November 18, 2022 7
DIE jaarlikse Ceres Superspar Jack Attack rolbaltoernooi is afgehandel. Die besigheidstoernooi was weer ‘n treffer onder plaaslike besighede, met 48 spanne (144 spelers plus reserwes) wat deelgeneem het. Foto regs - Juanita Koen (Ceres Superspar), Conrad Burger, Clayton Kleynhans en Boetie Hugo van die Laastedrif-1 span wat die toernooi gewen het. Foto links onder - CFG Sundowners met Con Louw, Albert Goosen en Francois Malan was die plaatwenners. JOUBERT Van Vuuren prokureurs het onlangs die City Eleven Stars Football club ondersteun deur hul o/17 sokkerspan, wat hul tuis wedstryde in Nduli speel, toe te rus met nuwe sweetpakke. Hier is City Eleven Stars se afrigter saam met spelers en die direkteure van Joubert Van Vuuren Ing, Altus Joubert en Gerrit van Vuuren, afgeneem. THE fundraising 2022 Tru-Cape Eselfontein MTB Festival, made a profit of R240 000. Organiser Janene Malherbe of Eselfontein in Ceres which produces apples, pears and cherries for Tru-Cape, says decisions still need to be made about how the profit will be shared explaining they need to keep some of the money back to purchase another stretch tent to provide events. FOTO: Trevor Felix TWEE karatekas van Sterkwater boerdery is onlangs deur Renshi Andries Douglas met karatepakke geborg om hulle merkwaardige gradering en prestasie te vier. Hier staan Susanna Hanse (skoolhoof van Waterdruppeltjies) by Adri Fredericks, wat haar eerste karatepak ontvang het. * Vir meer inligting oor die dissiplineprogram, skakel 083-376-8989 of stuur ‘n e-pos na: renshi andries@gmail.com.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Ou-teursreg 1978 gerepro-duseer word nie.

Bella Vista vee Saldanha uit die pad

BELLA Vista rugbyklub het die naweek op sy tuisveld ‘n tree nader gegee om die top 12 semi-finaal te haal met ‘n goeie oorwinning oor verlede jaar se Boland kampioen.

Bella Vista klop Saldanha met 23-13 nadat sake teen rustyd met 8-8 gelykop was. Vir Saldanha was die skrif reeds vroeg aan die muur toe die span skaars 30 minute voor die afskop, by die veld opgedaag het.

Winderige toestande het hantering in Saterdag se wedstryd bemoeilik maar die skopvoet van losskakel, Kenan Wessels, het Bella Vista in die wedstryd gehou. Bella Vista se agttal het ook goed saamgespeel en die grondslag vir ‘n oorwinning gelê.

Na rustyd druk Bella Vista twee keer en Durin Nasson, een van die grootste puntemakers in die top 12 rondtes, teken 13 punte aan.

Volgende wedstryd

Die naweek reis Bella Vista na Darling vir hul laaste wedstryd in die top 12 kompetisie.

Witzenberg

Herald

Sport

Jaarlikse halfmarathon weer 'n groot sukses

MEER as 1000 atlete het Saterdag 29 Oktober in ideale weersomstandighede aan die 29ste Michellspas halfmarathon en ander wedlope deelgeneem.

Die wedloop word die afgelope 29 jaar deur Ceres Fruit Juices /Pioneer Foods Pepsico geborg, en in samewerking met die Witzenberg munisipaliteit aangebied.

Ceres atletiekklub wil graag hul dank oordra aan die Witzenberg munispaliteit en die gemeenskap van Ceres vir al die insette gelewer en wat bygedra het tot die sukses van die dag. Die volgende borge en instansies word uitgesonder vir hul bydraes: Pioneer Foods, Ceres Fruit Juices Pepsico, Witzenberg munisipaliteit, Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, Ceres Toerisme, Ceres Zipslide Adventures, Laerskool Morrisdale, Witzenberg Herald, Tru-Cape, Ceres rugbyklub, Ceres Lions pre-primer, EMS mediesedienste, Ceres Verkeersdepartement,

Worcester provinsiale verkeer, Basson Sport, Perdekraal Windplaas, Tulbagh Hotel, Vrede & Vreugde akkommodasie, Rhodene Farm Cottages, Winterberg Mountain Inn, Baba’s Jem en Ceres Apteek.

Spankompetisie 310 inskrywings is vir die plase/maatskappy spankompetisie ontvang.

Uitslae: Eerste man: Kutwano Tsigane Kunje Tweede man: SiyandaVastrap Derde man: Nashwill Wildschut Kunje

Eerste vrou: Dornay Renier Kunje

Tweede vrou: Renabee Pieterse Kunje Derde vrou: Natasha-Lee Dirks Kunje

Eerste vrouespan: Kunje Tweede vrouespan: Verdun

Eerste mansspan: Kunje Tweede mansspan: Howbill Derde mansspan: Verdun

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Gedeelte 57 van die plaas Wagenbooms Rivier Nr. 372, Ceres / Portion 57 of the farm Wagenbooms Rivier No. 372, Ceres

Ligging / Location

Verdun, Prince Alfred’s Hamlet

Aansoeker / Applicant

Verdun Farming Estates (Pty) Ltd Georgina Hewitt 082-7252487

Aard / Nature

Hersonering vanaf Landbousone I & II na Landbousone I en Landbousone II, en onderverdeling / Rezoning from Agricultural Zone I & II to Agricultural Zone I and Agricultural Zone II, and subdivision

Sluitingsdatum / Closure date 21/12/2022

kompetisie

HERMAN van der Walt het Saterdag 12 November die houespel-kompetisie met 70 houe gewen.

Carel Cronjé was tweede met 71 houe gevolg deur Charl du Toit en Werner Pharo, ook met 71 houe en Bevan Davids met 73 houe.

Saterdag kompetisie

Saterdag 19 November bied Initium ‘n beterbal stableford kompetisie aan. Spelers kan die klub skakel by (023) 3123068 of bespreek op Clubmaster.

Prysuitdeling 'n Prysuitdeling sal ook na afloop van spel gehou word.

WITZENBERG HERALD Friday, November 18, 2022 8
Herman van der Walt wen
BELLA Vista rugbyklub het die naweek op sy tuisveld ‘n tree nader gegee om die top 12 semi-finaal te haal met ‘n goeie oorwinning oor Saldanha. Hier probeer Durin Nasson en Cameron Davids van Bella Vista en Saldanha se loskakel, Jacquin Jansen (regs), die bal bemeester. FOTO: Trevor Felix KUNJE se mans- en vroue-atletiekspan het Saterdag 29 Oktober tydens die Michellspas halfmarathon uitgeblink. Hulle was die trofeewenners in die Plaaskompetisie. Teswin Lekai, Kutlwano Tsiene, Nashwill Wilskut en Francon Wylbach het die manspan verteenwoordig en Dornay Renier, Natashley Dirks, Renobea Pieterse en Ruweida Visagie, het vir die vroue-span deelgeneem. Die Kunje mansspan het die trofee reeds vier jaar agtereenvolgend gewen en die vroue vyf jaar na mekaar.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.