WH Her ald Witzenberg
Volume 26 no. 45
Friday, 17 November 2023
CERES (023) 312-2144
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 November
Vrydag 17 November
16° 32°
13° 29°
Saterdag 18 November
12° 28°
Sondag 19 November
12° 26°
CERES KOEKEDOUW DAM
99,4% TULBAGH DAM
98%
WAVERENSKROON TULBAGH
66%
Lesings geneem: 2023/11/15
(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Tankwa-verdagte moet in 2024 weer in hof verskyn ‘n WERKLOSE Sedgefield inwoner wat op Ceres van verkragting aangekla word, moet weer in 2024 in die streekhof verskyn. Die 26-jarige verdagte het op 6 November in die Ceres streekhof verskyn op die verkragtingsklag. Die saak is na 24 Januarie 2024 uitgestel sodat hy vertoë aan die senior aanklaer kan rig. Die verdagte is na sy arrestasie aan die einde van Februarie vir meer as ses maande in die Worcester gevangenis aangehou voordat hy begin Augustusmaand op R3 000 borg vrygelaat is. Soektog en ondersoek Die man van Sedgefield is na ‘n polisiesoektog van 8 maande en goeie speurwerk weens ‘n verkragtingsvoorval in die Tankwa Karoo, vasgetrek. Speurders van Ceres GKS het die man - wat eers later geïdentifiseer kan word as hy gepleit het - op Sedgefield gearresteer en na Ceres gebring. Die voorval het tussen 1 en 2 Mei 2022 tydens ‘n AfricaBurn geleentheid plaasgevind.
Bejaarde se aanvaller vra borg
Die beste in die Wes-Kaap DIE beste in die Wes-Kaap! Die SAPD se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres is Saterdag 11 November tydens ‘n spog geselligheid in Century City aangewys as die beste GKS-eenheid in die Wes-Kaap. Daar is 25 eenhede in die provinsie. Ceres GKS, met sy 11 lede, lê tans tweede in Suid-Afrika en het vonnisse van altesaam 321 jaar in die afgelope boekjaar gekry. Dit is die eerste keer in die eenheid se bestaan dat hulle die gesogte toekenning verwerf.
‘n MAN wat skaars drie maande gelede uit die gevangenis vrygelaat en onlangs vasgetrek is nadat hy ‘n bejaarde vrou aangeval het, wil nou om borg aansoek doen. Niklaas (Mantoy) Louw (35) is deur speurders gearresteer nadat hy Sondag 29 Oktober omstreeks 14:10, ‘n 70-jarige vrou op P.A. Hamlet aangeval het. Hy het ‘n gat onderdeur ‘n veiligheidsheining gegrawe en by die agterdeur probeer inkom. Die tannie was besig om tee te maak toe sy ‘n geraas by die agterdeur gehoor en gaan ondersoek instel het. Louw het haar oorval voordat hy in die gestoeiery haar gewurg en met ‘n mes in die hand gesteek het. Een van die tannie se vier honde het ook meswonde opgedoen en moes 11 steke kry. Louw het later met slegs R50 en twee selfone gevlug. Die P.A. Hamlet polisie en speurders was vinnig na die toneel waar hulle leidrade opvolg het. Hulle is na die Middelpos-plaas waar hulle na die huis van Niklaas (Mantoy) Louw (35) is. Die selfone en geld is by hom gekry waarna hy gearresteer is. Louw se saak is na 11 Desember in die Ceres landdroshof uitgestel vir ‘n borgaansoek. Hy verskyn op aanklagte wat wissel van huisroof, poging tot huisroof, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kwaadwillige saakbeskadiging (die aanval op die honde).