WH Her ald
Next Generation ThermoTech™ Titanium Liquid Rubber Paint™ effectively reflects up to 80% of IR solar radiation and emits or convex heat instead of allowing it to be transferred into the building.
Witzenberg
Volume 26 no. 46
R 8.50
Friday, 24 November 2023
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 23 November
Vrydag 24 November
13° 29°
13° 30°
Saterdag 25 November
www.rubberroofs.co.za
WITZENBERG HERALD
Sondag 26 November
12° 30°
087 094 8092
14° 32°
OK EXPRESS TULBAGH is baie opgewonde oor die opgradering en vergroting van ons winkel. Kom maak gerus ’n draai!
CERES KOEKEDOUW DAM
99%
TULBAGH DAM
97%
WAVERENSKROON TULBAGH
2023/12/15 - 2024/01/08
66%
Lesings geneem: 2023/11/22
(023) 230-1100 l 083-741-7213
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Lulama betaal boete by hof BYNA vier jaar nadat ‘n Ceres vrou weens dronkbestuur en korrupsie gearresteer en aangekla is, is die hofsaak nou afgehandel. Lulama Ngwane (43), ‘n oudwerknemer van die Witzenberg munisipaliteit en tans die EFF se raadslid by Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, is op 1 November skuldig bevind en gevonnis op ‘n klag van bestuur onder die invloed van alkohol. Sy is egter vrygespreek op ‘n klag van korrupsie. Streeklanddros Maseti het haar met R8 000 beboet of 6 maande gevangenisstraf. Die helfte van die vonnis, R4000 of 3 maande gevangenisstraf, is vir vyf jaar opgeskort. Ngwane het na die vonnisoplegging die R4 000 boete betaal. Agtergrond Volgens die klagstaat en hofdokumente het sy op 15 Februarie 2020 haar Nissan Qashqai onder die invloed van 0.20 gram per 100ml in Gydopas bestuur. Dit is vier keer oor die wettige toegelate limiet. Die korrupsie-klag hou verband met die beweerde omkopery van ‘n polisieman om haar nie te arresteer weens dronkbestuur nie. Ngwane beweer in ‘n beëdigde verklaring dat sy nie die Nissan Qashqai bestuur het nie maar ‘n ene Tsepang. Nadat die voertuig gestop is in Gydopas, het Tsepang blykbaar weggehardloop. Ngwane is die betrokke aand omstreeks 22:00 in Gydopas deur die polisie voorgekeer. Volgens die polisie was sy alleen in die voertuig en het sy dit roekeloos bestuur. Sy is aangehou tot die Sondagoggend waarna sy aangekla en later op waarskuwing vrygelaat is.
Drie beseer EEN persoon is ernstig beseer en met die Netcare noodhelikopter na die Panorama MediClinic geneem en twee ander is na Ceres hospitaal vir behandeling geneem nadat twee voertuie op die R46 tussen die twee Tulbagh-kruisings, teen mekaar gebots het. Volgens die polisie het die ongeluk Saterdag 18 November omstreeks 21:20 plaasgevind toe ‘n wit Toyota Corolla met ‘n Tulbagh registrasienommer (foto regs) teen ‘n Nissan Xtrail gebots het. Een vrou van Rawsonville is ernstig beseer en na Panorama gevlieg. * Die polisie ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur.
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 23 - 26 NOVEMBER 2023 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226
SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00
Rib Burger and chips SERVING SUGGESTION
Rama 70% original Fat spread Brick 500g
3000
TWO FOR
each
Whole or ½ Lamb
10299 p/kg
Marinated Spatchcock Chicken
Bulk Lean Mince
7999
189
p/kg
5999
Spar IQF mixed Bacon & cheese bread Chicken portions 5kg
p/kg
99 each
2999 each
Garlic buns/rolls 6’s
19
Pork Loin & Rashers
Matured Rump steak
12999
89
p/kg
7kg Aartappels, 1kg Uie, Kopkool, 750g Wortels en Sweetcorn 4’s
PER COMBO
140
00
99 each
4500
Spar Bacon 200g
2 FOR
6000
4999
28
00
Spar Brown sugar 2kg
2999
14999
TWO FOR
5500
74
700ml All Gold Tomato Sauce
Nescafe Classic jar 200g Spar UHT Milk Full Cream, Low Fat and Fat Free 6 x 1L
TWO FOR
6000
Hooch Spirit Cooler 275ml
99
p/kg
2 FOR
Red Heart Rum 750ml
Mrs Balls Chutney ass. 470g
99
Simba Potato chips 120g
Spar Sunflower cooking oil 2L
7999
BUY 2 FOR
15000 7999 each
J.C. Le Roux All variants 750ml NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.
2 l WITZENBERG HERALD l 24 NOVEMBER 2023
Liggiefees vier Gydosig se 30ste bestaansjaar ‘n 1935 Ford bakkie is tydens die 2021 Liggiefees met liggies versier.
DIE Gydosig-aftreeoord op Prince Alfred Hamlet word vanjaar 30 jaar oud en vier dié mylpaal dié naweek met sy jaarlikse Liggiefees - wat ‘n skouspel van lig en feestelike atmosfeer beloof. Belangstellendes kan vanaf 18:00 tot 22:00 Vrydag- en Saterdagaand die oord besoek en die kreatiwiteit van sy inwoners en die gemeenskap aanskou. Allerlei kos en lekkernye sal te koop wees en ‘n toer deur die oord wat met kersliggies versier is, behoort die hele gesin te vermaak. Sanet du Plessis, oordbestuurder, sê die inkomste van Liggiefees gaan terug na inwoners om dit vir hulle meer bekostigbaar te maak. Danie Goosen, huidige voorsitter van die direksie, sê: “My skoonma, Amalia du Toit, was een van die eerste inwoners wat ingetrek en sy het vorendag gekom met die idee van die Liggiefees.” Johann du Plessis, oud-direksielid en bekende Hamlet-inwoner, sê “die Liggiefees is ‘n belangrike jaarlikse instelling wat oor ongeveer 25 jaar gegroei het tot ‘n hoogtepunt op die sosiale kalender”. Volgens Du Plessis was dit nie altyd op die skaal van vandag nie. “Dit het nog elke jaar gegroei,” meen hy. Gydosig se ontstaan en vroeë jare Du Plessis dink terug aan die ontstaan van die gedagte vir ’n aftreeoord op Hamlet en sê: “Destyds kon die bejaardes van Hamlet net by Huis Maudie Kriel op Ceres gaan woon. Dit was vir party van hulle ‘n baie hartseer ervaring, want hulle sou baie graag op Hamlet wou aanbly. In 1984 het ek op ‘n kerkraadsvergadering die voorstel gemaak dat die gemeente voorsiening maak vir die bejaardes”. “‘n Komitee is aangewys, waarvan Sarel Bester die voorsitter en ek die sekretaris was. Na ‘n paar jaar was ons taak afgehandel, ‘n maatskappy is gestig en daar is begin met die beplanning.” Du Plessis sê die eerste fase van bouwerk aan die oord het uit 12 wooneenhede bestaan, ‘n kantoor en ‘n siekeboegkamer.Vandag is daar 36 woonstelle buite, met 14 enkel woonstelle en 6 siekeboeg kamers in die dienssentrum. Inwoners het op 7 November tannie Cora Lötter se 99 ste verjaarsdag gevier en sien uit na tannie Rae von
Buddenbrock wat op 4 Desember ‘n hele 101 jaar oud gaan word. Johann du Plessis sê: “Vir die personeel, dankie vir die getroue diens. Aan die direksie, baie dankie vir die groot taak wat julle verrig om van Gydosig ‘n sukses te maak. Die res van die dorp is trots op wat die direksie doen.”
RONALD Vessagie, opsigter van Bella Vista primêr, is verlede Vrydag inderhaas met ‘n noodhelikopter na Netcare Kuilsrivier gevlieg. Ronald, die afgelope 17 jaar opsigter by die skool, het Vrydag gesukkel met asemhaling en onreëlmatige hartkloppings. Met die ingryping van die dokters en personeel by drs. Loubscher en Rossouw, is Ronald gestabiliseer en met die Netcare noodhelikopter na Kuilsrivier hospitaal vervoer. Hy is Maandagoggend geopereer en sterk tans by die huis aan.
079 033 6754
www.treemonkeys.co.za
KOM GENIET SAAM MET ONS DIE
FOR THE LOVE OF TREES!
HOëRSKOOL CHARLIE HOFMEYR Ceres
NUTSMAN BEHEERLIGGAAMPOS Ons wag aansoeke in vir bogenoemde pos wat vanaf 1 Januarie 2024 gevul moet word. Die ideale kandidaat beskik oor: • Ondervinding van instandhouding • Eerlike en sober gewoontes • Geldige bestuurderslisensie sal die aansoek versterk • Goeie kommunikasievaardighede • Verwysbare referente. Pligte: • Messelwerk • Plaveisel • Pleisterwerk • Houtwerk • Teëlwerk • Waterwerke • Verfwerk • Algemene nutsmanwerk. Sluitingsdatum vir aansoeke: 1 Desember 2023 om 12:00 Doen aansoek by die skoolhoof: admin@charlie.org.za of kom handig u aansoek in by ons adminkantoor. Vir enige navrae skakel: Danie le Roux (skoolhoof) ☎ (023) 312-1130 (skool) Indien daar teen 8 Desember 2023 nie met u kontak gemaak is nie, moet u aanvaar dat u nie vir ‘n onderhoud genooi gaan word nie.
2 DESEMBER 2023 l 09:00 - 16:00 Ceres Moedergemeente tuin, Murchisonstraat 10, Ceres
• Live Musiek • Potjiekoskompetisie • Kuns • Talentkompetisie • Stalletjies • Kinderhoekie • Lekkerste kos stalletjies En nog vele meer!!! ONTHOU K ONT ANT KONT ONTANT
SMME GELEENTHEDE • Employee Transport • Supply of Plant and Equipment • Employee Medicals • Toilet and Services • Washing of Panels • Recycling • Back-Filling • Catering and Site Kiosk • Building of O & M buildings • Paving of O & M buildings • Fencing • Electrical Work • Supply of Stationery • Accommodation
KENNISGEWING In die boedel van wyle: ROGER STEPHEN STEVENSON Id. no. 411116 5096 182 Van: Shandstraat 6, Tulbagh, 6820 Boedelnommer: 011309/2023 Wie oorlede is op: 8 May 2023 Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf VRYDAG, 24 NOVEMBER 2023.
JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Van der Stelstraat 15, Tulbagh, 6820 (Verw: J7797)
24 NOVEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 3
Hofsake sloer na jare voort DRIE verdagtes wat moorde in 2020 en 2023 gepleeg het, se sake is in die Worcester landdros- en streekhof uitgestel. Die twee vermeende moordenaars van ‘n Ceres inwoner en proponent Herman Nieuwoudt (59), moet nou weer op 13 Desember in die Worcester landdroshof verskyn nadat die saak weer vir verdere ondersoek uitgestel is. Daar word ook gewag vir ‘n beslissing van die NVG om te bepaal of die saak na die streekhof of hooggeregshof oorgeplaas gaan word. Twee mans Banele Moya (20) en Bongani Banda (20), word verdink en aangekla van moord op Herman Nieuwoudt. Moya en Banda verskyn op ‘n klagte van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig. Selfoon-rekords van teksboodskappe en daaglikse oproepe tussen die twee moordverdagtes en Nieuwoudt maak blykbaar ook deel uit van die polisie-ondersoek. Dié moord het vroeër vanjaar skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur. Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei na 17:00, sy huis op Ceres in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die bakkie is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het. Saterdag 6 Mei omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer een kilometer van die Wolseley/Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie is later op die Eureka-plaas in die De Wet-omgewing buite Worcester gevind. Mullins-verhoor Die man wat op Erfenisdag 2020 ‘n Bella Vista inwoner in sy bakkie doodgeskiet het, se sake is in die Worcester streekhof na 11 Maart 2024 uitgestel. Justin Mullins staan tereg op aanklagte van moord (2020), poging tot moord (2019) en die oortreding van ‘n beskermingsbevel. Hy bly in aanhouding. Mullins word ondermeer van die moord op Manschoer Constance (34) aangekla. Constance is op 24 September 2020 meer as twee keer in sy Toyota enkelkajuit bakkie geskiet. Die voorval het in Impalaweg gebeur. Mullins het later gevlug en na meer as ‘n week op die vlug, het hy homself in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee. Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer gebel wat hom na die huis gehaas het. Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Slavers-hofsaak ‘n Strafbare manslag- en dronkbestuursaak wat nou meer as 4 jaar sloer, gaan eers in Februarie 2024 op Ceres aangehoor word. Granville Slavers (62) van Ceres moet weer op 1 Februarie 2024 in die hof verskyn op twee aanklagte, een van strafbare manslag en een van dronkbestuur. In September 2019 het ‘n Ceres motorwerktuigkundige in ‘n motorongeluk buite Ceres gesterf nadat Slavers in hom vasgery het. Die Ceres SAPD het in Julie 2020 al die bloeduitslag asook die nadoodse verslag van Tygerberg hospitaal ontvang. Twee voertuie was Saterdag 28 September 2019 in die vroeë oggendure in ‘n botsing in Vosstraat betrokke. Piet Beukes (53), ‘n motorwerktuigkundige van Ceres, is na die ongeluk in ‘n koma in die Tygerberg hospitaal opgeneem maar het ‘n week later op Saterdag 5 Oktober 2019, in die Tygerberg hospitaal gesterf sonder om weer sy bewussyn te herwin. Slavers was die bestuurder van ‘n Toyota Ayo en het na bewering onder die invloed van alkohol, in Beukes se VW Fox vasgery.
DIE Ceres SAPD ondersoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur nadat dié minibusbestuurder beheer verloor en in ‘n sloot ingery het. Die ongeluk het Maandag 20 November omstreeks 16:30 naby Nduli plaasgevind.
Bestuurders lig beseer na twee ongelukke op Ceres op een dag TWEE bakkies was Maandag op Ceres in ‘n botsing betrokke op die hoek van Cilliers- en Zulchstraat nadat die Colt bakkie na bewering oor die stopstraat gery het. Beide bestuurders is lig beseer. PROVINSIALE verkeer het Saterdag ‘n wenk opgevolg en dié bakkie met 900 kilogram dagga buite Worcester voorgekeer. Die beraamde waarde van die daggabesending beloop meer as R7.1 miljoen en is ‘n gevoelige slag vir die smokkelaars. Twee insittendes is gearresteer. * Verkeerstatistieke vir die week: 325 padblokkades is in die provinsie gehou en meer as 35 800 voertuie is gestop. Meer as 275 spoedoortredings is aangemeld en 69 persone is gearresteer vir ‘n verskeidenheid misdrywe wat dronkbestuur insluit. Dertien persone is dood in 12 ongelukke. Agt was voetgangers.
4 l WITZENBERG HERALD l 24 NOVEMBER 2023
MONTROUGE primêr het onlangs hul nuwe prefekte vir 2024 verkies. Die hoofseun is Xavier Carolus en die hoofmeisie is Andricia Boois.
Kinderboek word op Tulbagh bekendgestel HELEEN Maass, ‘n ondersteuningsopvoeder by Laerskool Waveren op Tulbagh, het onlangs haar eerste kinderboek vrygestel. Die geleentheid is by Manleys buite Tulbagh gehou waar sowat 60 gaste die boek; Ella se droom, se bekendstelling bygewoon het. Heleen leef die afgelope vyf jaar haar passie uit om leerders te onderrig wat akademiese agterstande het. Uit haar onderwyservaring het sy besef dat kinders van jongs af nie genoeg blootstelling kry aan opvoedkundige boeke nie. Dit dra by tot swak taalontwikkeling en ‘n beperkte woordeskat. Haar liefde vir skryf, poësie en boeke is vanaf ‘n jong ouderdom deel van haar lewe. Ella se droom is in 2020 gebore en handel oor die belangrikheid van lees. Hier is die Leerondersteuningopvoeders saam Heleen Maass. AGTER: Mariette Smith, Heleen Maass, Karin Smit, Sara Prins, Shaakirah Farquhar, Amina Farquhar, Ella Nel (adviseur), Christelle Viljoen, Lameze Karriem (LSO koördineerder), Stephanie de Canha (adviseur) en Ané Vlok. VOOR: Marilize Uys en Susanne Mostert.
SEASONAL FARM WORKERS Kunje Boerdery BK is situated in the Koue Bokkeveld. The following vacancies excist for seasonal workers on the farm.
PICKING, PACKING AND/OR DRYING OF FRUIT Job requirements: Valid ID document or working permit. Previous picking, packing or drying expierence required. Duties and skills: Candidate must have knowledge and skills in handling fruit, be willing to comply to the farm’s policies such as Health and Safety, Higiene and Disciplinary procedures. Candidates must be fit, in excellent health and have frugal habits. Willingness to live and work on the farm. Periods of service: January 2024 - April 2024. Written applications with contact numbers can be directed to: Kunje farm office E-mail: admin@kunje.co.za ☎ (022) 921-3536 Closing date for applications: 15 Desember 2023.
BACKUP POWER SOLUTIONS call us for:
inverters batteries solar panels
LAERSKOOL Waveren het verlede week ‘n besoek van Lizette Booys (heel regs) ontvang. Die geleentheid is by Kloofsight aangebied waar graad 7 leerders van Laerskool Waveren vir oulaas gemotiveer is sodat hulle hul doel kan bereik. Lizette is ‘n vakadviseur in die intermediêre fase en is veral op sosiale media bekend as die Wiskunde-onnie van Eersterivier wat van skooldae af haar maats met wiskunde gehelp het. Hier is lede van die skoolbeheerliggaam saam haar afgeneem tydens die 15 November funksie. VLNR: John Mankopan, Jaime-Lee Lakey, Jeremy Wyngaardt (voorsitter van die skoolbeheerliggaam), Esmarelda Kock en Lizette Booys. FOTO: Peter Luitjies
Mans gee hul aan polisie oor ‘n MAN het die naweek gesterf nadat hy deur twee mans met ‘n panga en ‘n mes aangeval en gesteek is. Die voorval het Saterdag 18 November omstreeks 23:35 in Duikerstraat plaasgevind. Volgens die polisie is hulle na die moordtoneel ontbied waar hulle die liggaam van Raphael Tembo van Eikelaan voor ‘n informele huis gekry het. Volgens ‘n getuie was Tembo in ‘n woordewisseling met sy gewese meisie betrokke na hy haar huisdeur oopgeskop het. Sy het weggehardloop. Tembo is ‘n ruk na die woordewisseling deur twee mans van 36 en 27 jaar oud met ‘n panga en mes aangeval. Hy is dood aan verskeie steekwonde wat hy opgedoen het. Die twee mans het hulself Sondagoggend by die Tulbagh polisiestasie gaan oorgee. Hulle is aangekla en het Maandag vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die saak is na 28 November uitgestel vir ‘n borgaansoek.
We offer: · Consulting Services · Maintenance · Access Control · Audio and Visual · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems · Integrated Security Systems
SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES 023 1000 515 info@jptek.co.za www.jptek.africa
24 NOVEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 5
Ceres Fruit Growers se Prestasiefunksie vir 2023 is aangebied op Donderdag 9 November 2023 by Die Boord, Wolseley. Geluk aan al CFG se werknemers wat toekennings ontvang het!
UITSONDERLIKE PRESTASIES
20 JAAR LANGDIENSTOEKENNINGS
VLNR: Esmé Isaacs, Maudi Mathobela, Maria Bothma, Margaret Jacobs, Janneta Coetzee, Ntombizanele Turu, Mandisa Mkrola, Nontuthuzelo Shasha, Theophilus Ntshwaxu. VLNR: Alwyn Fransman, Francois Malan (Besturende Direkteur), Eveline Persent
VLNR: Nicolet Sass, Felicia February, Deidré Moses, Ingris Geduld, Caroline Muller, Charmaine Daniels, Eljorine Sass, Nompazamo Gqalaqha
30 JAAR LANGDIENSTOEKENNINGS
VLNR: Monray Skippers, Francois Malan (Besturende Direkteur), Myron Uys
40 JAAR LANGDIENSTOEKENNINGS
VLNR: Allan Visser, Janetta Vergotine, Abduragiem Isaacs, Yolinda Klassen, Chrisjan van Staden, Vuyani Methusa, Thobeka Jantjies (inlas)
VLNR: Magdalina Moses, Petrus Abrahams, Daphné Boer, Nicolaas Jooste
AKADEMIESE PRESTASIE
30 JAAR LANGDIENSTOEKENNING VLNR: Phillip Krotz, Abduragiem Isaacs, Chrisjan van Staden
VLNR: Dricus Swart, Bhavesh Morar
VLNR: Reinhardt Farmer, Francois Malan (Besturende Direkteur)
VLNR: Christina Vergotine, Charlotte Farmer, Elna Baadjies, Elaine Riddles
6 l WITZENBERG HERALD l 24 NOVEMBER 2023
classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
WITZENBERG HERALD Abu Lusuku • Lost love/financial specialist • Get back lost lover • Get money • Remove bad luck • Drug/evil spirits • Debts/unfinished work • Win Lotto/ Powerball/Casino • Delayed pension • Protection of business&property
100% Guarantee Same day results
DRINGEND OP SOEK NA 2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop. Skakel Kobus 083-659-1735
2023/12/15 - 2024/01/08 Bondels koerante te koop
R30 per bondel
078-580-6890 Johannes Frans (Hansie)
MAMA OKERO & PROF OUPA Herbal Expert
1947/11/25 - 2016/04/21 Pappa Hansie, dit is jou 8ste verjaarsdag weg van ons, en ook jou 76ste verjaarsdag wat jy vier in die Hemel saam met die Engele. Ons mis jou en jy bly nog elke dag in ons har te. Ons koester vandag net die mooi herinneringe. Met liefde van jou vrou, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.
Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Traditional Helper for all your personal problems. She will make it disappear. Online services and home visits by appointment. (next to Pick n Pay Qualisave in Worcester)
Call for appointments
073-356-2605
DIANA & KIM is there to help with: • Financial assistance • Bring back lost lovers • Court and divorce cases • Pay after job is done • Delayed pension
078-283-7310
MAAMA SAUDA Your solution is here
Love Spell / Palm reading ............ R200 Delete loans ...... R150 Provident fund/Pension delay ............... R200 Court/Divorce case ....................... R200 Job/Work promotion ....................... R200 Home cleaning / Protection ......... R200 Lucky oil/Magic ring ....................... R300 Money in Account ....................... R300
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Skakel of whatsapp
Christiaan 079-177-2490
069-507-4075
c/o Vos- & Faure Street 83
☎ /Fax: (023) 312-1414
Rom. 1:18 “God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur hulle ongeregtigheid probeer onderdruk.”
(023) 316-2021
GRATIS Whatsapp die woord
HERALD Evangelis Jacobs
gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003
Reëls: • Slegs items van onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
Winkel sluit 14/12/2023 en heropen 08/01/2024
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.
Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets wat spasie opneem
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o. RESCUES UP FOR ADOPTION
Besigheidsure:
Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres
(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
Currently at the shelter
Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za
All adoptions are subject to home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be pre-arranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment *Conditions apply.
Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.
BELLA (Female) Born 15/04/2023
ESTER (Female) Born 02/02/2023
LEXI (Female) Born 20/02/2023
GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022
LISE (Female) Born 30/11/2022
MAND Y MANDY (Female) Born 31/05/2023
MOLLIE (Female) Born May 2022
TIEKIE (Female) Born 15/05/2023
WIGGLES (Male) Born Feb. 2023
24 NOVEMBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 7
Wolseley klop Tulbagh met 219 lopies WOLSELEY krieketspan het verlede naweek ‘n wegholoorwinning oor Tulbagh II behaal. Wolseley wen die wegwedstryd maklik met 219 lopies. Wolseley teken 336/6 aan in hul 50 boulbeurte met Rashied September wat ‘n skitterende 113 lopies moker. Hy word goed bygestaan deur Franklin Mars met 90 lopies. Die aanvangspaar slaan 133 lopies. Die beste bouler vir Tulbagh is André van Rooyen met 3/54. Tulbagh II gaan kolf maar word almal vir 117 lopies uitgehaal. Z. Speelman (25) en en A. Jumath (17) is die enigste twee kolwers wat weerstand bied. Vir Wolseley blink Jacques Esau uit met 5/ 24 en Rashied September met 2/11.
CERES rolbalklub het Saterdag 18 November vir die eerste keer die John Ackermann gedenktoernooi aangebied. Dit was ‘n genotvolle pretdag wat goed bygewoon is deur rolbalspelers. * John (63), ‘n jare lange lid en bestuurslid van die klub, is vroeër vanjaar aan kanker oorlede.
REGISTRASIE VANAF 06:30 BY BRONAAR GROENTE-PAKSTOOR MTB 50KM | R250 | 07:30 35KM | R200 | 08:00 25KM | R150 | 08:30
PRETDRAF 21KM | R200 | 07:40 10KM | R100 | 08:15 5KM | R50 | 08:40 (KINDERS KAN DIE 5KM FIETSRY OOK)
PRYSE VIR DIE EERSTE 3 POSISIES IN ELKE ITEM (BEHALWE 5KM). MEDALJES VIR ALMAL. GELUKKIGE TREKKINGS! NAVRAE: RIAAN 082-563-2072 EN HEINIE 083-229-9132 AKKOMMODASIE-NAVRAE: JEANETTE 083-562-1925
CIANA Manuel, ‘n graad 7 leerder van Montrouge primêr op Tulbagh, is vanjaar die skool se top presteerder. Hier is Ciana saam met die skoolhoof, mnr. Andrews afgeneem.
INSKRYWINGS DEUR ENTRYNINJA HTTPS://WWW.ENTRYNINJA.COM/EVENTS/79150-OP-DIE-BERG-MTB-AND-TRAIL-RUN/ENTER
TRU-CAPE + CERES FRUIT GROWERS bied aan
‘n MANNEKAMP is vanaf 17-19 November by Boy Muller primêre skool in die Koue Bokkeveld gehou vir hawelose mans van die Ceres-omgewing. Die kamp is ‘n inisiatief van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum en is deur David Fortuin gereël. Die fokus het op die hawelose persone se lewensvaardighede en hul geestelike lewe geval. Almal het dit baie geniet en wil hulle almal bedank wat dit moontlik gemaak het.
Navrae: Alma Goosen 083-443-0881
8 l WITZENBERG HERALD l 24 NOVEMBER 2023
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Munga aflosspan samel geld in vir liefdadigheid DIE Ceres Cycles Munga aflosspan gaan vanaf 29 November tot 4 Desember aan die uitdagende Munga wedren deelneem ten bate van liefdadigheid. Die span wil vanjaar fondse insamel ten bate van Huis Peter Strauss, Huis Maudie Kriel op Ceres, Ground Level Projects (preschool & homework club) in Delft asook drie individue wat hulp benodig; Anton Franken (beide bene verloor), Johan de Jager (in rolstoel) en Heleen Dreyer (verlam weens ‘n beroerte). Die wedren strek oor meer as 1150 km van Bloemfontein na Wellington en word in 5 skofte aangepak. Vanjaar bestaan
die span uit Danie Botha, Rico Coetzee, Anthony Kruger, Pierre de Jager en Sarel Coetzee. Borge wat reeds die span ondersteun sluit in: Ceres Cycles, Ceres Superspar, Procon argitekte, SCB Ready Mix, Ceres Toyota, Nash Crane Hire en Fatboy & Co. Alle donansies word in ‘n trustrekening inbetaal: PJ Barnard Attorneys, FNB TRUST, rekeningnommer: 62370331903, takkode: 250655. Bewys van betalings/donasies per epos gestuur word na pdejager@lando.co.za * Die 61 Meg Veterane Vereniging het die vorige twee jaar geld vir mede-veterane in nood ingesamel.
VIER inwoners van Ceres het die naweek die taai Ironman kompetisie in Mosselbaai aangepak en voltooi. Deelnemers moes 1.9 kilometer swem, daarna vir 90 km fietsry en dan ‘n 21 kilometer draf. VLNR: Ramon Odendal, Erick van Zyl, Mauritz Walters en Boetie Hugo.
Spelers beloon vir harde werk WESBANK het Saterdag vir Bella Vista naelskraap met 30-29 geklop in ‘n beslissende Top 12 wedstryd. Wesbank het net een punt benodig om vir die semi-finaal te kwalifiseer. Bella Vista het Saterdag nie al hul geleenthede gebruik nie. Hier rank Elcardo Baadjies in ‘n lynstaan. Baadjies het goeie spel voorlangs gelewer. FOTO: Trevor Felix
FRANCOIS Plaatjies, agterspeler van Young Blues op Wolseley, is Saterdag 18 November aangewys as speler van die jaar 2023. Francois het ‘n sertifikaat en ‘n borgskap van die WoelaKind klere handelsmerk (Luigie Heuning) vir rugbybenodighede ontvang.
JASON Rabie, agterspeler van La Plaisant United op Wolseley, is Sondag 19 November aangewys as speler van die jaar 2023. Jason het ‘n sertifikaat en ‘n borgskap van die WoelaKind klere handelsmerk (Luigie Heuning) vir rugbybenodighede ontvang.
Simon en Boy wen gholfdag CERES gholfklub het Saterdag ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied. 30 Spelers het aan die klubkompetisie deelgeneem. Simon Molaza en dr. Boy van der Berg was die wenners met 48 punte. Willie van Heerden en Henri Ferreira was in die tweede plek met 45 punte gevolg deur Rossouw van Zyl en Johan du Toit met 44 punte. Gholfdae Saterdag 25 November borg Initium ‘n gholfdag. Bespreek op die Clubmaster app of skakel die klub by (023) 312-3068.