Witzenberg Herald Vol.25 no.46 (Online Weergawe)

Page 1

Vrou (43) ontduik balju

DIE gewese vrou van ‘n Ceres gastehuiseienaar bly die Mooreesburg en Stellenbosch balju’s ontduik wat hofdokumente op haar moet beteken.

Die regspan van Peppe Canelli, ‘n Italiaanse burger en gastehuiseienaar, voer al vir meer as 10 jaar ‘n uitgerekte hofstryd nadat Canelli se gewese vrou, Jeannie (43), in September 2012 vals klagtes van aanranding en verkragting teen hom gemaak het.

Lees berig op bladsy 3.

‘n INWONER van Tulbagh wat in die plaaslike landdroshof verskyn weens verskeie oortredings van natuurbewaring ordonansies, se verhoor is na 2023 uitgestel.

Andrew Jaeger (59) van die plaas Oudekloof, moet weer op 3 Februarie 2023 vir verdere verhoor verskyn.

Hy staan tereg op twee klagtes wat verband hou met die pluk van beskermde flora sonder ‘n permit. Die voorvalle het in 2020 in die Tulbagh omgewing plaasgevind en word deur die SAPD se veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester ondersoek. Hy word ook aangekla van diefstal.

Ondersoek

Die een voorval het op die plaas Tierkloof plaasgevind waar nagenoeg 50kg boegoe (Agathosma betulina) na bewering onwettig gepluk is.

‘n Skriftelike vermaning (J534) om in die

hof te verskyn of ‘n boete van R5000 te betaal, is vroeër aan mnr. Jaeger uitgereik.

‘n Tweede voorval het ook in Maart 2020 plaasgevind op die plaas Aande Kleine Bergrivier waar daar na bewering 361 kg boegoe (Agathosma betulina) sonder ‘n permit gepluk is.

‘n Skriftelike waarskuwing (SAPS 496) om in die hof te verskyn is aan mnr. Jaeger uitgereik.

Die keer sonder ‘n keuse van ‘n boete aangesien dit meer as 50kg boegoe is wat sonder ‘n permit gepluk is.

Boetes

Die boete en vonnis per klag mag nie R10 000 of twee jaar gevangenisstraf of beide oorskry nie.

‘n Verdere boete kan ook opgelê word wat nie meer mag wees as drie maal die kommersiële waarde van die plante nie.

Vrou in hospitaal na honde haar byt

DIT was die afgelope week betreklik stil op die plaaslike misdaadfront.

Die Ceres polisie ondersoek ‘n klagte waar vyf honde ‘n Bella Vista inwoner aangeval en verskeie keer aan haar bene gebyt het.

Die voorval het Saterdag 19 November in Oranjestraat plaasgevind.

Anna Isaacs (56) is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Sy is later na Tygerberg hospitaal oorgeplaas.

Die polisie kan nog nie vasstel of dit rondloper honde was of iemand wat daar naby woon wie se honde dit was nie.

Inligting

Indien iemand meer weet kan hulle s/sers. Burrouws skakel by (023) 316-8500

Diefstal

In ‘n ander voorval is Edward Jacobs van Bella Vista inhegtenis geneem vir die diefstal van ‘n Huawei selfoon. Hy het Maandag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn.

Volgens die polisie het die voorval verlede Saterdag 19 November tussen 22:00 en 02:00 plaasgevind toe Jacobs toegang tot sy broer, Michael, se huis gekry het, en die foon gesteel het.

Telephone: (023) 316-2021 Fax: 086-211-5774 WA: 066-316-3003 nuus@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.co.za WH H e r a l d Witzenberg Volume 25 no. 46 R 8 Friday, November 25, 2022 Ceres Koekedouw dam 63,5% Tulbagh dam 66% Lesings geneem: 2022/11/23 4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig Donderdag 24 November 8° 21° Vrydag 25 November Saterdag 26 November Sondag 27 November 7° 25° 7° 27° 9° 31° • Hamburger (normal, jumbo and seeded) • Hotdog • Portugese • Cocktail • Cheese • Paninis • And any other on request. BEST BEST BESTBREADROLLS BREADROLLS BREADROLLS BREADROLLSINTHE INTHE INTHE WITZENBERGAREA WITZENBERGAREA WITZENBERGAREA:: :: : ☎ 060-911-9535 Voortrekkerstraat, Ceres (Oorkant Witzenberg Munisipaliteit) MUNISIPALE werkers het Sondag 20 November geen kanse gewaag toe
die hoofstraat
bye verwyder
Voortrekkerstraat
hulle ‘n boom in
moes afsaag en
het nie. Die byekorwe is uitgehaal in
voor die Ceres SAPD se gebou.
FOTOS: Trevor Felix
Byekorwe verwyder
Boegoesaak na 2023 uitgestel Strawberry Cheese Cake NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226 SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 19:00 TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00 ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 23 - 27 NOVEMBER 2022 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. Castle Lite cans 24 x 500ml PER TRAY Ceres Spar boerewors bulk Spar White Sugar 2.5kg Snacktime ass. crackers 800g Nestlé Quality Street bag 435g Spar Peach halves or slices 410g White Mushrooms 400g Diemersdal Sauvignon Blanc 750ml Chikka Chicken 8 piece + chips 94 99 p/kg Bulk pork loin & Neck steaks Spar large Eggs 18’s Spar Vannamei Prawns 700g 89 99 each Spar Puff pastry or Shortcrust 400g 79 99 Bulk T-Bone & Club Steak 12499 p/kg 74 99 p/kg 10 249 99 239 99 Ballantine’s Whisky 750ml 10 179 99 169 99 Olof Bergh Brandy 750ml PER MULTIBUY 34 274 00 240 00 14999 each SERVING SUGGESTIONSUGGESTION 12500 COMBO 6500 SALAD: Tomato 1kg, Lettuce head, Cucumber, Green Pepper 2’s 29 99 each 24 99 each 84 99 each 29 99 each 42 99 each 16 99 each 19 99 each
WITZENBERG HERALD Friday, November 25, 2022 2 5 DAYS ONLY! 23 - 27 NOVEMBER 2022 Oros 2 Litre assorted each 2999 4799 Spar butter brick 500g each Simba assorted 125g Spar Sunflower oil 2L each 5999 Nescafé Classic Coffee range 200g (excl Decaf) each 5999 Bakers Choice assorted 1kg each 9999 2499 5999 8999 13999 Spar Brown sugar 2kg each Sunlight Hand Washing powder 3kg each Omo Auto Washing powder 4kg each Pampers Active Diapers or Pants Jumbo pack assorted sizes each Jacobs Cappuccino sticks 8’s or 10’s Liqui Fruit 100% Fruit Juice blend 1.5L assorted Tastic parboiled rice 2kg Olofbergh Brandy 750 ml 24000 5000 5000 9900 6000 3000 Protex soap 150g All Gold Tomato Sauce 700 ml 5000 Pantene Shampoo or Conditioner 400ml Coke Regular only 2.25L 4000 5

Vrou bly balju ontduik wat hofdokumente moet beteken

DIE gewese vrou van ‘n Ceres gastehuiseienaar bly die Moorreesburg en Stellenbosch balju’s ontduik wat hofdokumente op haar moet beteken.

Die regspan van Peppe Canelli, ‘n Italiaanse burger en gastehuiseienaar, voer al vir meer as 10 jaar ‘n uitgerekte hofstryd nadat Canelli se gewese vrou, Jeannie (43), in September 2012 vals klagtes van aanranding en verkragting teen hom gemaak het.

Die balju van Moorreesburg is in Septembermaand deur die regspan gevra om die terrolleplasing op Jeannie Canelli te gaan beteken by Louis Prins van die plaas Langfontein buite Ceres aangesien die vermoede bestaan dat sy daar woon of wegkruip.

Op die betrokke dag, 29 September om 14:17, het Prins aan die balju gesê dat hy haar (Jeannie) jare laas gesien het.

Dit is nou die tweede keer dat die regspan en ‘n privaatspeurder na Jeannie Canelli soek nadat sy nie op 17 Oktober by die Kaapstad hooggeregshof opgedaag vir die waardebepaling van ‘n skadevergoedingseis* en hofkostes nie. Die regspan was woedend hieroor en moet hulle nou weer sukkel om haar op te spoor.

Regter Francis het toe beveel dat die regsgeding in twee provinsiale koerante geadverteer moet word, dat ‘n kennisgewing na Jeannie Canelli se e-pos sowel as Whatsapp of ander sosiale media platvorms gestuur moet word, dat die Stellenbosch en Hermanus balju’s haar telefonies moet skakel en dat die kennisgewing ook op adresse in Stellenbosch en Onrus bedien moet word.

Die balju van Stellenbosch het tussen 15 en 17 November drie keer probeer om die kennisgewing en die Hooggeregshofbevel van 17 Oktober by ‘n woning in Stellenbosch af te lewer.

Dit is daarna op 21 November (vierde keer) by die woning gelos nadat niemand tydens vorige pogings die huis wou oopmaak of die interkom wou beantwoord nie. Oproepe na Jeannie Canelli het ook onbeantwoord gebly of is doodgedruk.

Regter Francis het op 1 November ‘n bevel in die hooggeregshof bekragtig dat die saak na 6 Februarie 2023 uitgestel word en dat koste van dié bevel op ‘n latere stadium bepaal sal word.

Agtergrond

Die appèlhof het in Februarie 2021 bevind dat Jeannie aanspreeklik is vir skadevergoeding waarvan die bedrag nog bepaal moet word asook die regskoste van die verhoor en die appèl.

Volgens Alec Geldenhuys van die firma Michalowsky Geldenhuys & Humphries in Kaapstad en prokureur van Peppe Canelli, gaan die regskostes waarvoor Jeannie verantwoordelik is, ver meer as R2 miljoen beloop. Die skadevergoeding vir pyn, lyding, verlies aan inkomste en trauma wat Peppe die afgelope dekade gely het, moet nog deur die hooggeregshof bepaal word.

Peppe Canelli is in September 2012 gearresteer en daarvan aangekla dat hy tydens ‘n inbraak sy gewese vrou na bewering sou verkrag en ernstig aangerand het. Hy het op twee klagtes van verkragting asook een van huisbraak en diefstal verskyn. Hy is byna drie weke later op borg vrygelaat. Die saak teen hom is op 11 September 2013 deur die DOV teruggetrek.

Vorige soektog duur ses maande

Die prokureurs wat haar vroeër verteenwoordig het, het kort na verlede jaar se appèlhof-uitspraak hulle aan die saak onttrek.

Canelli het nagelaat om haar gewese man, Peppe Canelli, se regspan van ‘n adres te voorsien waar die hofdokumente op haar beteken kon word. ‘n Privaatspeurder is toe aangestel en Jeannie Canelli is die eerste keer op 31 Augustus 2021 in Tokai opgespoor - meer as ses maande na die appèlhof-uitspraak van 3 Februarie 2021. Die skadevergoedingseis en bevel van die Bloemfontein appèlhof is toe op haar beteken.

Nuwe saak

Die Ceres SAPD het in September vanjaar ook twee nuwe klagtes van meineed ontvang.

Die saak is na die nasionale vervolgingsgesag in Kaapstad gestuur vir ‘n beslissing. Daar moet besluit word of die twee persone wat destyds vals verklarings teen Peppe Canelli afgelê het, vervolg gaan word.

Die saak is die afgelope week weer na Ceres speurders teruggestuur vir verdere ondersoek.

*’n Skadevergoedingseis bestaan uit twee dele: Die applikant moet die meriete van die eis bewys en as dit suksesvol is, moet die omvang bepaal word).

Huidige stand van damme

DIE Witzenberg munisipaliteit het die afgelope week interessante inligting vrygestel rakende die huidige stand van die Koekedouwdam en Tulbaghdam.

Die Koekedouwdam was op 17 November vanjaar 64.5% vol en die damvlak het in ‘n week met 1.5% gesak.

Tans gebruik Ceres 707 liter water per huishouding. Daar is geen waterbeperkings van toepassing maar inwoners word altyd gemaan om water spaarsamig te gebruik.

Die huidige damvlak verteenwoordig genoegsame water vir 8 maande.

Tulbaghdam was op 17 November vanjaar 69% vol maar is baie kleiner as Koekedouwdam.

Die damvlak het in ‘n week met 3% gesak. Tans gebruik Tulbagh nagenoeg 177 liter water per huishouding.

Die dorp gaan ook gebuk onder vlak 2 waterbeperkings sedert April 2022.

Die huidige damvlak verteenwoordig genoegsame water vir 4 maande.

Tref-en-trapsaak in 2023 in streekhof

MEER as twee jaar nadat ‘n jong vrou op Ceres doodgery is, het die motorbestuurder se verhoor in die trefen-trapsaak nog nie begin nie.

Die verhoor gaan moontlik in Januarie 2023 in die Ceres streekhof begin nadat dit vroeër die maand na 17 Januarie vir regshulp uitgestel is.

Jan Justin du Toit (28) van Bella Vista, het na bewering die jong vrou van Tulbagh in Februarie 2020 in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery. Hy het reeds ‘n paar keer in die hof verskyn op aanklagte van manslag asook dronkbestuur. Die dronkbestuurklag hou verband met ‘n voorval op 8 Mei 2018

Agtergrond

Cemielia Ross (31) van Tulbagh, is op 2 Februarie 2020 in die vroeë oggendure, oorkant die Shell motorhawe in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery.

Sy was saam met ‘n vriendin en ‘n man onderweg na

Tulbagh toe hulle gou aan Engen se kant van die pad in ‘n parkeerplek gestop het. Sy het uit die bakkie geklim, langs die voertuig gestaan en na regs na die verkeerslig se kant gekyk. Sy het skaars ‘n paar treë gestap na Shell toe sy die voertuig hoor aankom.

Sy het probeer terughardloop maar is deur die voertuig wat vinnig gejaag het, getref en meters ver teen ‘n boom geslinger.

Die tref-en-trap het omstreeks 01:41 tydens beurtkrag plaasgevind. Die bestuurder en sy passasier het van die toneel weggejaag.

Du Toit het homself later aan die polisie oorgegee.

Hy het na bewering die betrokke aand die voertuig sonder die eienaar se toestemming gebruik. Verdere klagtes soos die gebruik van voertuig sonder eienaar se toestemming en nie stop by ongelukstoneel om besering of skade vas te stel, kan later bygevoeg word.

WITZENBERG HERALD Friday, November 25, 2022 3
‘n BRAND het Maandag 21 November omstreeks 08:25 een informele huisie in Phumla straat, Nduli in puin gelê. Ceres SAPD en Witzenberg Brand en Redding was op die toneel en die brand is gou geblus. Geen beserings is aangemeld nie en dit is onbekend hoe die brand ontstaan het. DIE bestuurder van die Opel motor het Sondag beheer verloor en die voertuig in Theronsbergpas, sowat 24 kilometer van Ceres, gerol. Ceres EMS en die polisie is uit na die ongelukstoneel waar van die insittendes lig beseer is. Geen verdere inligting oor die ongeluk is beskikbaar nie.

Speurder weer in die landdroshof

‘n SPEURDER van Ceres wat weens klagtes van versekeringsbedrog en meineed in die hof verskyn, se saak is weer uitgestel.

Die keer na 30 November

Behalwe die klagtes van versekeringsbedrog en meineed ondersoek die P.A. Hamlet polisie ook ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur nadat sers. Enrich van der Merwe (41) daar met sy VW-motor teen ‘n stilstaande plaasbakkie van Wolseley in die Kliprug woonbuurt gebots het. Die voorval het op 19 September 2020 plaasgevind.

Van der Merwe het na bewering weggery en by die polisie se slaapkwartiere op P.A. Hamlet gestop. Iemand in Kliprug het hom en sy voertuig herken en hy is later opgespoor en aangekla.

Getuies in die saak is weer gewaarsku om die einde van die maand by die Ceres landdroshof te wees.

Versekeringsbedrog

Van der Merwe het vroeër ‘n diefstalsaak gemaak waar huishoudelike toerusting by hom gesteel is.

Tussen die beweerde inbraak en Februarie 2021 was daar blykbaar ‘n familietwis waarna ‘n saak by die Ceres polisie aangemeld is dat die huishoudelike goedere blykbaar nie gesteel is nie.

Die Ceres SAPD het ‘n lasbrief bekom waarna die huis deursoek en die beweerde goedere in die huis gevind is.

Die versekeringsmaatskappy is ook van die polisie-ondersoek in kennis gestel.

DIE P.A. Hamlet polisie vra die gemeenskap se hulp om gesteelde Lenovo skootrekenaars op te spoor. Die rekenaars is tydens ‘n onlangse inbraak by Fairfield primêr gesteel. Indien iemand weet waar die rekenaars is of wie dit gesteel het, kan hulle s/sers. Appollis skakel by (023) 313-3133.

Polisie soek dié man

DIE P.A. Hamlet polisie vra die gemeenskap se hulp om Siphenkosi Hinana in verband met ‘n aanrandingsvoorval, op te spoor. Indien iemand weet waar hy hom bevind, kan hulle s/a.o. Brian Uys skakel by (023) 313-3133.

BOPLAAS

onlangs hul diplomaplegtigheid aangebied. Henry Willemse (middel) het die Theo Godden wisseltrofee vir verdienstelikheid ontvang. VLNR: Mnr A. Persent (klasonderwyser), Henry Willemse en die skoolhoof, mev. Affa Coetzee.

DANEIL Visser (regs), ‘n graad 6 leerder van Laerskool Gericke, het op 1 Oktober aan die Koue Bokkeveld skietklub se jaarlikse Gongjag kompetisie deelgeneem. Daneil het algeheel tweede geëindig tussen al die penkoppe.

Hendré blink uit in stoei

HENDRé Kotzé, ‘n graad 7 leerder van Laerskool Gericke, het van 68 Oktober aan die S.A. Jeug en President nasionale stoeikampioenskappe in Stellenbosch deelgeneem. Hy het ‘n bronsmedalje in die president vrystyl verower, ‘n silwer in vrystyl o/13 en goud in Grieks-Romeins o/13.

NICHOLAS Hand van Laerskool Gericke het tydens die onlangse Oktober skoolvakansie aan die o/11 Optima Pro20 krieket-toernooi in Belville deelgeneem. Hy het by twee geleenthede 50-talle geslaan en onderskeidelik twee keer 64 lopies aangeteken.

RETIEF Spence, ‘n graad 5 leerder van Laerskool Gericke, het onlangs aan die Shorin-Ryu Shorinkan nasionale karatekampioenskappe deelgeneem in kata, kumite en kobudo (silwer medalje).

WITZENBERG HERALD Friday, November 25, 2022 4
Gesteelde rekenaar DIE Ceres Omgeewinkel het onlangs klere aan die Patmos Arbeidsbediening geskenk. Die bestuurder van die winkel, Louw-Marie Shepherd, wil almal bedank vir hul donasies aan ‘n organisasie wat so ‘n groot verskil maak in baie mense se lewens. Hier is Louw-Marie Shepherd saam met Lofty Baadjies. BOPLAAS primêr het onlangs hul diplomaplegtigheid aangebied. Dié leerders is beloon vir hul harde werk gedurende die jaar in elke fase. VLNR: Mnr. Persent, Luzandré Tromp (gronslagfase), Engela Theron (intermediêre fase) en Henry Willemse (senior fase) en die skoolhoof, mev. Affa Coetzee. primêr het

Nduli primary kry eie biblioteek

NDULI primary het so pas hul eie biblioteek gekry.

Dit is ‘n groot stap vir die skool en die gemeenskap van Nduli wat geen toegang tot boeke het nie. Die skoolhoof, mev. Lethunya, wil die swak geletterdheidsvlak aanspreek en het vroeër dié wens uitgespreek teenoor haar besigheidsvennoot, Maddy Ross, gedurende hul jaar saam in die People for Possibility-program.

Die borg van hierdie program was die Perdekraal-Oos windplaas en hulle het in die bres getree en ‘n fonds vir boeke geskenk.

Daar was egter geen plek om die boeke te huisves nie aangesien die skool geen skoolgronde, saal, of ekstra klaskamers het vir kuns, musiek en wetenskap nie.

Met behulp van Ezanne en Louis du Toit van Ceres, is ‘n vraghouer vanaf Maersk verkry, wat vanaf Kaapstad vervoer en omskep is in ‘n biblioteek. Die vraghouer is met ‘n huiskraan in die skoolgrond geplaas.

Dit is tye soos hierdíe waar ‘n mens besef hoe die Ceres gemeenskap help met projekte om ‘n verskil te probeer maak aan ander se welvaart. Die elektrisiteit, die tuin, ekstra boeke en vele meer was skenkings vanuit persoonlike sakke.

Daar is ‘n menigte omgee-teddiebere wat breiers van die kontrei geskenk het aan vyf gogos wat die skool bystaan om kinders en ouers met probleme te help.

Die opening van die biblioteek het op 11 November plaasgevind en was ‘n dag van groot genot vir die Nduli-skool.

Met toesprake, danse en koorsang is die

begin van hul eie leeslokaal gevier.

Die plaaslike raadslid, Khanyiso Yisa, en mev Lethunya, was dit eens dat dit ‘n nuwe begin is vir die kinders wat smag na boekgeleerdheid en ‘n nuwe wêreld wat vir hulle oopgaan.

growersdirect@cfg Trofeewenners vir Oesjaar 2022

Fun festive evening with music

THE Tulbagh Witzenville Faire will be held on the sportsgrounds in

on Friday 2 December 2022 from 18:00 until late.

This is the start of the festive season and the very busy fruit season.

Visitors to the Faire can look forward to a fun filled evening with a variety of performers and celebrities taking part. The Temple Boys, Lyntjie Jaars, Bouncy, Rottas, DJ Drew, Mario Arnolds, Frankoline Peers, Tazneemah Greeff, Merlin Balie, Adam-John and Li’ll Willy as well as local performers will be part of the Faire. There will be stalls, bring your picnic blankets and camping chairs and come and join us for a fun-filled evening.

Entry The entry ticket to the Faire includes a coke and a chance to win a lucky draw prize. There are two flat screen televisions to be won as well as various other prizes.

For more information contact Tulbagh Tourism (023) 230-1348/75 or send an email to admin@tulbaghtourism.co.za

Agter:W illie Muller (Fairfield), Vernon Bassett (Eselfontein), Coenraad Strydom (Dennekruin), Jannie Theron (Die Eike), Mario du Plessis (Aurora), Herman Botha (Alhambra), Hannes Hanekom (Welgemeen), Steve Geldenhuys (Laastedrif), Jacques (Jakkals) Rossouw (Alhambra), Frederick Odendaal (CFG)

Voor: Francois Malan (CFG), Karl von Buddenbrock (Rhodene), Fourie Zulch (Wakkerstroom), Jaco le Roux (Slagboom), Carl Stassen (Palmyra)

AURORA BOERDERY (EDMS) BPK

Aurora Voorsitters wisseltrofee vir Algemene Prestasie Tr u-Cape wisseltrofee vir beste Bruto Boerdery Inkomste t.o.v. Pere Bestuurskild vir beste Oesskatting APL Cartons wisseltrofee t.o.v. Panorama Golden Dennekruin wisseltrofee t.o.v. Rosemarie

CEDRO BOERDERY (EDMS) BPK

Fairfield Tru-Cape wisseltrofee vir beste Br uto Boerder y Inkomste t.o.v. Appels Môrester Houdenbek wisseltrofee t.o.v. Granny Smith

WITZENBERG PROPERTIES (EDMS) BPK Die

LAASTEDRIF AGRI (EDMS) BPK

Laastedrif

WELGEMEEN

RJF BOERDERY (EDMS) BPK Wakkerstroom

ESELFONTEIN BOERDERY (EDMS) BPK

Eselfontein

wisseltrofee t.o.v. Cheeky

VERDUN ESTATES (EDMS) BPK Palmyra

WITZENBERG HERALD Friday, November 25, 2022 5
Witzenville NDULI primary het op 11 November hul eie biblioteek gekry.
Eike
RM
Die Eike
Dennekruin Morceaux
Triumph
Bronaar wisseltrofee t.o.v. Early Red One Alhambra
Zulch wisseltrofee t.o.v. Royal Beaut
wisseltrofee t.o.v. Royal Gala Red
wisseltrofee t.o.v. Packham’s
Esperanto
wisseltrofee t.o.v. Rosy Glow
GKE
Welgemeen Lakenvlei
Golden Delicious Izak Hanekom
Fetel
BOERDERY (EDMS) BPK Slagboom
wisseltrofee t.o.v. Kanzi
wisseltrofee t.o.v.
wisseltrofee t.o.v. Abate
Tru-Cape
wisseltrofee t.o.v. Fuji-Tipes Laastedrif wisseltrofee t.o.v. Mahana Red
Goosen
Boerdery wisseltrofee t.o.v. Forelle
Culdevco
PE VON BUDDENBROCK Rhodene
Umzumaai
wisseltrofee t.o.v. Bon Chretien

Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Magrieta Samson

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060619-2758 of 082704-3276.

w.t.o.

skip rentals 2m² Waste bin for theremoval of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490

/Fax: (023) 312-1414

1965/10/02 - 2022/11/21

Begrafnisdiens: Sat. 26 Nov. 2022 Huis: 09:00, Plaas Cascade, PA Hamlet Graf: Bella Vista

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

1987/05/16 - 2022/11/20

R oudiens: Do. 24/11/2022 om 19:00, PPK Kerk, Bella Vista Drive By: Vry. 25/11/2022 om 18:0019:00, Buitenstr. 36, BV Begrafnisdiens: Sat. 26 Nov. 2022 Huis: 09:00, Buitenstr. 36, Bella Vista K erk : 10:00, PPK Bella Vista

Johannes Jakobus

Syms

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27

TS Vragmotors

TS Vragmotors is ‘n besige werkswinkel wat die dienste benodig van ‘n

OLIESTOOR

BEAMPTE

Vereistes: • Kontrolering van olie op ‘n daaglikse basis • Beheer van die werkswinkel gereedskap • Die geskikte kanidaat moet akkuraat, deeglik, gefokus en netjies wees • Kennis of meganiese agtergrond sal in jou guns tel. Stuur e-pos na: jannie@ts vragmotors.co.za of gee af by

benodig dringend nuwe items

1969/07/08 - 2022/11/19

Begrafnisdiens: Sat. 26 Nov. 2022 Huis: 09:00, Buitenstr. 44, Bella Vista Kerk: 10:00, Christian Mission of Africa, Tulpstr., BV Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd.

John Kannemeyer ☎ ☎ ☎ (023) 316-1814

Waylan Carolus

DIE Gydosig Liggiefees vind die naweek van 25-26 November plaas.

YOUNG Good Hope RFC se jaarlikse afskeid en prysuitdeling vind op 26 November plaas en die koste beloop R150 per persoon, wat ‘n drie-gang maaltyd en musiek deur Majestic Sounds insluit. Vir navrae en kaartjies skakel Des van Wyk by 082-5747932.

KINDERS het onlangs twee swart fotoalbums in Ceres opgetel. Indien iemand die al-bums vermis of dit is dalk tydens ‘n inbraak gesteel, kan hulle dit by die Ceres Togryers museum gaan afhaal.

DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte aantal plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com.

Ons kan help! Dit maak nie saak wat dit is nie. Ongewenste meubels, elektriese toestelle, huishoudelike ware, speelgoed, boeke, sporttoerusting, ons sal dit alles en meer, as voorraad vir ons winkel neem.

As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-899-2248 of e-pos: info@chainboland.co.za

1979/11/25 - 2020/12/21

Dit is jou tweede

verjaarsdag in die Hemel. Ons lewens het verewig verander, toe God jou kom haal het. Ons mis jou elke dag. Jou liefdevolle herinneringe sal ons vir altyd koester. Ons vertroosting is dat jy veilig is in God se hande. Jy is verewig in ons

WITZENBERG Nasorg is ‘n organisasie wat op die been gebring is om leerder uitslae en maatskaplike probleme van skole in die streek te verbeter. Die inisiatief is deur Isak Hendriks van Ceres geneem wat al 24 jaar in die onderwys betrokke is en 10 jaar as skoolhoof. Die organisasie het nou goedkeuring gekry om as NGO te registreer. Isak beoog om Januarie 2023 met die organisasie te begin en verdere inligting sal later deurgegee word. Vir navrae skakel Isak Hendriks by 079081-7053 of stuur epos aan isakhendriks@ \gmail.com

THE Tulbagh Witzenville Faire will be held on the sportsgrounds in Witzenville on Friday 2 December 2022 from 18:00 until late. The entry ticket to the Faire includes a coke and a chance to win a lucky draw prize. There are two flat screen televisions to be won as well as various other prizes. For more information contact Tulbagh Tourism (023) 230-1348/75 or send an email to admin@tulbaghtourism.

WITZENBERG HERALD Friday, November 25, 2022 6 classifieds
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou
RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/ social media, as they are too small. MEISIEMEISIE MEISIEMEISIE (Female) Born 05/06/2022 WILLIEWILLIE WILLIE (Male) Born 21/11/2021 ESTEST ESTAA AA A (Female) Born 15/07/2021 JANIJANI JANIJANI (Female) Born 15/08/2022 Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* and cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply ARIëLARIëL ARIëL (Female) Young Siamese SCAN TO DONATE Heb. 13:9 “Moet julle nie laat meevoer deur allerhande vreemde leringe nie. Die goeie is daarin geleë dat die hart deur genade versterk word, nie deur eetgebruike nie. Dié wat hulle aan hierdie gebruike gehou het, het niks daarby gebaat nie.” Evangelis Jacobs
babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
DIT IS ‘N EENVOUDIGE FEIT VAN DIE LEWE, ONS GAAR ONNODIGE GOED OP! Is jy besig om af te skaal? Trek julle? Wat ook al die rede is, jy het “goed” wat rondlê. Dinge wat jy nie wil hê, nie gebruik, of net moeg is om te sien. ons winkel
1947/11/25 - 2016/04/21 Pappa Hansie, dit is jou 7de verjaarsdag weg van ons, en ook jou 75ste verjaarsdag wat jy vier in die Hemel saam met die Engele. Ons mis jou en jy bly nog elke dag in ons harte. Ons koester vandag net die mooi herinneringe. Met liefde van jou vrou, kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.
R1 200 of naaste kontant aanbod INGEBOUDE BAD + SHOWER MIXER Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae MERANTI MOTORHUISDEURE + MOTORS TE KOOP R2 500 (per deur) of R4000 vir beide. Skakel of whatsapp 082-953-3408 vir enige navrae VOOR AGTER It’s never too late for your problems to be solved. Don’t just sit back and think your worst situation can not be changed. It’s time for you to present your problems to Maama Sauda: •Relationship problems •Financial problems •Court cases •Divorce cases •Winning luck •Pregnant cases • Home protection •Bad luck • Magic ring • Magic wallet • Lotto or Powerball • Money in account in 1 hour •Unfinished work and many more Call or WhatsApp Maama Sauda 071-707-2066
Johannes Frans (Hansie)
nuusbrokkies

Ebrahim Jerome Samuels
BEGRAFNISDIENSTE “By die stort van elke traan sal ons by
083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John ceresbegrafnisdienste@gmail.com Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
Graf: Bella Vista CERES NICO
u staan”
(023) 316-2086
Mini
☎☎ ☎☎
PLANTPLANT PLANTPLANT PLANT ANDAND ANDAND TOOL HIRE TOOL HIRE TOOL HIRE TOOL HIRE

JADRICK Pedro, ‘n digter van Ceres, was verlede naweek verbaas toe hy as naaswenner in die Afrikaanse-afdeling (Klipskeur kind) by die 2022 McGregor digkompetisie aangewys is. Jadrick was vanjaar een van die fees se geborgde digters en het ook van sy digwerk voorgelees. Hy is dankbaar dat hy die jaar op ‘n hoogtepunt kon afsluit.

Ceres Omgeewinkel

het VERHUIS VERHUIS VERHUIS VERHUIS na Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Besigheidsure: Ma - Vry: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Rolbalspan wen beker

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ceres Omgeewinkel is dringend opsoek na klere, skoene en huishoudelike items. Help ons asb. om die Gemeenskap te help.

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com

WITZENBERG HERALD Friday, November 25, 2022 7
ROLBALSPELERS het onlangs op Tulbagh deelgeneem aan ‘n rolbaltoernooi waar die Theuniskraalbeker op die spel was. Die beker dateer uit die sestigerjare en is jaarliks ‘n hoogtepunt op die rolbalkalender. VLNR: Philippie Hauptfleisch, Tobie Marais, Philippus Hauptfleisch, Derick Vorster en Andries Jordaan van Theuniskraal. DIE o/11 krieket CDA Mustangs krieketspan het die eerste week van die Oktober skoolvakansie aan die Feedom Pro20 kriekettoernooi in Worcester deelgeneem. Die span het tweede geëindig nadat hulle in die finaal met 2 lopies verloor het. Nege spelers in die span was van Laerskool Gericke. DRIE tennisspelers van Laerskool Gericke het uitgeblink by toernooie. VLNR: Divan Myburgh (wen die goue medalje as deel van die o/13 Wynlandspan by die Kaapse Wynland Interstreektoernooi), Rosanne Jordaan en Gerrit Heroldt (wen die silwer medalje as deel van die o/11 Wynlandspan by die Kaapse Wynland Platteland Interstreektoernooi). GESONDHEIDSWERKERS op mobiele bussies maak langer, gesonder lewens moontlik vir die duisende Witzenbergers wat hulle bedien. Bykans ‘n jaar nadat ‘n dokter aangestel is om die diens te versterk, glimlag pasiënte steeds breed. Hier is dr. Nadia le Roux saam met sr. Nontombi Ciko.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg

Herald

Sport

Bella Vista rugbyklub haal semi-finaal

ALHOEWEL Bella Vista Saterdag hul laaste top 12 wedstryd teen Darling verloor het, het hulle genoeg gedoen om ‘n bonuspunt te verwerf en deur te dring na die semi-finaal.

Bella Vista speel Saterdag om 16:00 teen Wesbank van Malmesbury.

Bella Vista het Saterdag nie op al hul silinders gevuur nie en met 16-22 teen Darling verloor.

Darling druk reeds vroeg in die wedstryd hul stempel af met ‘n agttal wat gou Bella Vista se gevreesde agttal terugdruk. ‘n Geelkaart vroeg in wedstryd aan Jemiehl Muller het ook sake vir Bella Vista bemoeilik en teen rustyd loop Bella Vista met 3-17 agter.

Na rustyd speel Bella Vista beter rugby en krimp die agterstand na 16-17. Darling veg terug gaan druk om die eindtelling 22-16 te maak.

Die laaste paar minute loods Bella Vista verskeie aanvalle maar kan net nie afrond nie. Te veel oordeelsfoute het ook bygedra dat Bella Vista die wedstryd verloor.

Boland stadium

Bella Vista speel die naweek vir die eerste keer in baie jare in so ‘n groot en belangrike wedstryd. As Bella Vista die naweek in die Boland stadium die rugby opdis wat hom die plaaslike ligakampioen gemaak het, staan hulle ‘n kans om vir ‘n groot opskudding te sorg.

Engelbrecht en Abrahams wen kompetisie

INITIUM het Saterdag 19 November ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied.

Rodney Engelbrecht en Wincen Abrahams was die wenners met 43 punte.

JC van der Merwe en Harry Hewitt was in die tweede plek, ook met 43 punte. Hulle is gevolg deur Anton Nieuwoudt en Henri Ferreira met 42 punte, Werner Pharo en Bevan Davids, ook met 42 punte en Bjorn Zimri en Glenny Nasson met 41 punte.

Saterdag kompetisie

Ceres gholfklub borg Saterdag 26 November se beterbal sametelling kompetisie.

Spelers kan die klub skakel by (023) 3123068 of bespreek op Clubmaster. Lede word ook herinner daaraan dat die jaarlikse Gydosig Liggiefees die naweek plaasvind.

Die gewilde jaarlikse JUNIOR TENNISTOENOOI aangebied deur CERES TENNISKLUB

Vrydag 9 Desember 2022 om 13:00 tot Sondag 11 Desember 2022

Inskrywings is oop vir seuns en dogters vanaf o/10 tot o/18

Inskrywings, toernooi inligting en reëlings kan gekry word op die webblad van: capetennis Sluitingsdatum vir inskrywings: 29 November 2022

Vir enige verdere navrae skakel: Alma Goosen by 083-443-0881

Kom geniet heerlike enkels- en dubbels tennis

WITZENBERG HERALD Friday, November 25, 2022 8
BELLA Vista het Saterdag deurgedring na die semi-finaal in Wellington en speel teen Wesbank. FOTO: Trevor Felix. LOVEDALE rugbyklub wil die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit bedank vir die skenking van hul die Top 14 rugbyklere. Die Lovedale bestuur wil alle rolspelers bedank. Hiers staan rdl. Dirk Swart saam met Lovedale se kaptein, Wilton Johannes, en die Boland Kavaliersafrigter, Franzel September. INITIUM het Saterdag 19 November ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied. Rodney Engelbrecht (links) en Wincen Abrahams was die wenners met 43 punte. By hulle staan Gert Griessel (middel) van Initium. PETER Versfeld, lid van Ceres gholfklub, is Dinsdag as die 2022 Silverhaan kampioen aangewys. Hy het ook Dinsdag se kompetisie met ‘n nettotelling van 71 houe gewen. Hy speel tans van ‘n 8-voorgee en het met sy brutotelling van 79, ook sy ouderdom geëwenaar.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.