Witzenberg Herald Vol. 23 no. 38 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 38

R7.00

Friday, October 2, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 1 Oktober

Vrydag 2 Oktober

Saterdag 3 Oktober

Sondag 4 Oktober

8° 13°

11° 18°

10° 22°

8° 14° Ceres Koekedouw dam

100%

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar

Lesing: 2020/09/30

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Kaapse-bestuurder ernstig beseer EEN persoon is verlede Woensdag 23 September ernstig beseer en terwyl drie ander gelukkig was om net geringe beserings op te doen in die ongeluk by Perdefontein se afdraai op die P.A. Hamlet/ Ceres-pad. Die ongeluk het omstreeks 17:52 plaasgevind toe die bestuurder van die Nissan voertuig, Peter Capes (60) van Maccassar, ‘n U-draai voor ‘n aankomende Mercedes nutsvoertuig gemaak het. Beide voertuie was onderweg in P.A. Hamlet se rigting. Die Nissan het op sy dak in ‘n watersloot langs die pad te lande gekom terwyl die Mercedes regs van die pad anderkant die treinspoor tot stilstand gekom het. Capes is ernstig beseer en na die Ceres Netcare hospitaal geneem terwyl sy passasier lig beseer is. Capes se bloed is in die hospitaal getrek voordat hy na die Vincent Palloti hospitaal oorgeplaas is waar sy toestand tans stabiel is. Sover as wat vasgestel kan word is die bestuurder van die Mercedes en haar maandoue baba nie beseer nie. * Die polisie ondersoek tans ‘n klag van roekelose bestuur. Capes kan moontlik later ook aangekla word indien sy bloed/alkoholvlak 0.05mg oorskry het.

Inwoner sterf na skote hom tref DIE polisie is sedert die moord op ‘n Bella Vista inwoner, warm op die spoor van die verdagte. Speurders werk sedert Donderdagaand onverpoos om die moordenaar van Manschoer Constance (34) op te spoor. Constance is Donderdagaand omstreeks 21:50, meer as twee keer raak geskiet in sy Toyota enkelkajuit bakkie. Die voorval het in Impalaweg gebeur.

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91 1L Fusion

650

Ondersoek ‘n Verdagte, Justin Mullins (ongeveer 38 jaar oud), is later deur die polisie en ooggetuies geidentifiseer. Hy het kort na die skietery op die vlug geslaan. Leidrade word nou opgevolg om hom op te spoor. Volgens inligting was daar Donderdag na bewering klagtes van huishoudelike geweld by die verdagte se skoonma se huis.

☎ (023) 312-2125 Voortrekkerstraat 91, CERES Rainbow 2kg Mixed portions

6199

Refresh cooldrink 2L ass.

950

Romi 1kg Tub spread

1899 2.5kg Sasko Cake Flour

2450

Mullins se vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het haar broer, Manschoer, gebel wat hom na die huis gehaas het. Constance was skaars voor die huis toe hy geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Inligting Indien die gemeenskap oor meer inligting beskik, kan hulle met die ondersoekbeampte s/a.o. Vian van Wyk skakel by (023) 316-8500.

8kg Epol hondekos

11800

80g Beacon Slab chocolates ass.

11

99

Illovo 2kg white sugar

3299

Margerita ..................................... 5999 Hawaiian ...................................... 7999 Salami .......................................... 7999 Regina ......................................... 8999 Queen of Heaven / Regina Celi . 8999 Greek / Greca ............................. 8999 Peppe’s Pizza ............................. 9999 Four season / Quattro stagioni . 9999 Russian & Chips ......................... 9999 Hanisha’s Tuna ............................ 9999 Three Meats ............................ 11000 Three Meats & Jalapeno ........ 12000 Bacon, Mushroom, avo ......... 12000 Three cheese and fig .............. 12000 Nutella Star Delux ....................... 8999

Slegs beskikbaar op Donderdae, Vrydae + Saterdae! Bestel en kom tel net op!

Pryse geldig tot 11 Oktober 2020 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, October 2, 2020

Watter gevare hou selfoontorings in? ANONIEME pensionaris van Ceres skryf:

BRONAAR Plase se Soet Sit bewaarskool wil Erik Conradie van P.A. Hamlet bedank vir die handgemaakte houtspeelgoed wat hy aan die bewaarskool geskenk het. Die personeel, ouers en kinders waardeer dit ongelooflik baie.

VRYDAG 18 September luister ek na ‘n radioprogram op RSG. Die onderwerp onder bespreking was die oprigting van selfoontorings in die gemeenskap en hoe skadelik dit vir ‘n kind se brein kan wees. Die spreker was Braam Botha van F.A.B. prokureurs en hy het ondermeer gesê: - Die elektronies magnetiese is nie goed of gesond vir ‘n ontwikkelende kind se brein nie. - Die intensiteit van die bestraling beinvloed mense se lewens en is nie goed vir die liggaam nie. - Mense is nie bewus van die gevare wat sulke torings inhou nie, veral as daar laerskole, kleuterskole en ‘n tehuis vir bejaardes naby is nie. - Huidiglik is die gemeenskap van Crawford in die Wes Kaap in die nuus oor die oprigting van ‘n toring in hulle area. My vraag is dit: - Wat sê die wet oor die oprigting van so ‘n toring en wie moet almal betrek word? - Word daar nie vooraf ‘n studie gedoen oor wat die voordele of gevare daarvan inhou nie? - Word die gemeenskap en instansies daaroor geraadpleeg?

Klanke is die oplossing

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

TRUIDA Joubert (96) jare lange inwoner van Ceres het ‘n paar jaar gelede ‘n boekie: Ons leer klankklank lees geskryf. Die Witzenberg Herald gaan die volgende paar weke uitreksels uit die boekie publiseer. Dit sal dit vir almal maklik maak om te leer lees. Hier is Les 2.

RESCUES UP FOR ADOPTION

- Maatskappye wat hierdie torings oprig, ploeg hulle darem iets terug in die gemeenskap? Ek vra maar net ‘n paar vrae omdat ek bekommerd is oor ons gemeenskap en sy kinders. In Lyellstraat, Ceres, staan so ‘n selfoontoring. Dit is langsaan ‘n laerskool, kleuterskool en naby ‘n tehuis vir bejaardes.

Sluit nou aan by klub BELANGSTELLENDES kan nou aansluit by die Witzenberg Photographic Society (WPS). Alle belangstellendes wat in fotografie belangstel - kamera of selfoon - is welkom om aan te sluit. Skoliere wat wil aansluit is ook welkom. Vir meer inligting of ‘n lidmaatskapvorm, skakel Phillip de Lange by 078-8639184 of Gerrit Opperman by 083-2538-240. Die klub kom op Donderdag 8 Oktober om 19:00 bymekaar in die Togryer museumsaal vir hul eerste vergadering. Lidmaatskapfooie beloop R200 vir volwassenes, R350 vir ‘n familie (2 lede), R100 vir ‘n student (na skool), R150 vir pensionarisse en skoliere is gratis. Die lidmaatskap is geldig tot Desember 2021.

Currently at the shelter

Ons leer klank-klank lees Raai wat! Jul ken nou al elf klanke en met hulle kan ons nou begin woorde bou. Nou gaan ons darem slim wees. Julle onthou mos nog van die ou stout varkie met die ronde snoeitjie en ook die slangetjie storie, nê? Nou sit ons ‘n klinkertjie met ‘n medeklinker of helper langs mekaar en ons kan sowaar lees! os Kyk net hoe maklik! Niemand as gaan glo dat julle so slim kan wees es nie. is Lees hierdie woordjies sommer ‘n sus hele paar keer hardop, sodat julle ys die klanke duidelik kan hoor. Ons ken mos die ou lang man storie. Nou gaan ons met hulle ook woorde bou. Kan julle sien hoe slim word julle nou? Hierdie keer gebruik ons ‘n medeklinker, dan ‘n klinker en weer ‘n medeklinker en ons los kas sien nou ‘n langer woord. hok las kos hak les kis hik lus kyk hek Wanneer ons kos en kas bymekaar sit, kry ons sommer ‘n lang woord: koskas gogga is ook ‘n lekker lang woord. Ons word al hoe slimmer, nê! Ek is baie trots op julle, jul luister so mooi. Wat vlieg hier verby? ‘n Bytjie! Die bytjie het twee vlerkies en hy sing: m m m m Een vlerkie breek af en hy sing: n n n n Hierdie vlerkie haak aan ‘n takkie en ‘n stukkie breek af. Die bytjie sê toe: r r r r Ons ken nou veertien klanke en moet nog net ‘n paar leer. Dit sal sommer gou gaan. Omdat ons meer klanke ken, kan ons meer woorde en ook langer woorde bou. Baie geluk, julle werk pragtig. Kom ons leer nog net die t. Vir my lyk dit soos ‘n anker en ‘n anker het altyd ‘n tou aan hom vas. t vir tou

Danie Male. Born 10/06/2020. Small breed

Blapsie Female. Born 21/07/2020. Small to medium Terrier Cross DIE Togryers museum vra inwoners wie se ouers/ grootouers enige memorobelia of enige ander gebruiksartikels het uit Ceres se vroeëre dae om dit te oorweeg as skenking aan die museum. Die museum het heelwat geskrewe inligting oor die dorp se ontwikkeling maar baie min voorwerpe wat Ceres se storie vertel. Die ou bruin papiersak is destyds deur Baum se winkel gebruik om kruideniersware in te pak. Baum was geleë op die hoek van Voortrekker en Vosstraat, Ceres. * Soek gerus rond en bring dit waar dit in veilige bewaring sal bly vir die volgende geslag wat die dorp moet leer ken.

Britney Wollie (Very playful) Female. Born 21/07/2020. Female. Born 18/05/2020. Small to medium Terrier Cross Small to medium breed

CA TS CATS

Karien Female. Born 01/07/2020. Small to medium Terrier Cross All adoptions are subject to a homecheck. Adoption fees: Dogs R900* and cats R500*. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via tel., to make an appointment *Conditions apply

VINCE (Male. Ready for adoption around 25/09/2020)

VINNIE (Male. Ready for adoption around 25/09/2020)

Contact Elise on 081-849-2811 if interested

Contact Hazel 072-609-1165 adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za Follow us on: Facebook, Twitter & Instagram

JOY van Biljon (regs) het op 8 September tydens ‘n geleentheid by Waverley Hills, die leisels van Koue Bokkeveld Opleidingsentrum, aan Carmen Roberts oorhandig. Van Biljon tree einde September af as uitvoerende hoof van die sentrum. Roberts, wat alreeds 19 jaar daar werksaam is, sal nou as die nuwe uitvoerende hoof oorneem. Sy beplan om toenemend nog meer waarde vir produsente in die streek en Agri-werkers te bied. “Ek en die span gaan voortbou op die kultuur wat in plek gestel is met Joy aan die stuur van sake: Om terug te ploeg in die ontwikkeling van Agri-werkers in die omgewing. Dit is in ons almal se belang dat die KBOS floreer. Om suksesvol en relevant te bly, moet ons uitmuntende administratiewe stelsels in plek hê. Ons moet student-gesentreerd bly. Ons sal aanhou om gebruik te maak van kundiges in die omgewing en ook om die netwerk verder uit te brei. Ons kyk voortdurend waar ons kan vernuwe en verbeter” sê Carmen.


WITZENBERG HERALD

3

Friday, October 2, 2020

Twee inwoners gestraf

JUSTIN Mullins (ongeveer 38 jaar oud) word deur die polisie gesoek in verband met verlede week se skietery in Impalaweg. Die polisie ondersoek talle leidrade. Indien die gemeenskap oor meer inligting beskik, kan hulle met die ondersoekbeampte s/a.o. Vian van Wyk skakel by (023) 316-8500.

Verkragters in hof

TWEE inwoners van die Witzenbergstreek is die afgelope week in die Ceres landdroshof en Wolseley streekhof gevonnis. Franco Tieties (19) van Kluitjieskraal buite Wolseley is verlede week in die streekhof op Wolseley tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Tieties is op 7 September skuldig bevind dat hy Riaan Fredericks (26) op 10 Desember 2019 na ‘n argument in Kareelaan vermoor het. Fredericks was die betrokke dag omstreeks 11:50 by hulle houthuis op Kluitjieskraal toe ‘n argument daartoe gelei het dat hy met ‘n Okapi knipmes gesteek is. Fredericks was die noodlottige dag saam met ‘n vriend by die huis toe Tieties daar verbystap en na Fredericks se vriend roep. Fredericks het die vriend gekeer en self nader gestap. Uit hofstukke blyk dit dat Fredericks vir Tieties, wat vroeër die dag tik gerook het, geklap en hom met ‘n klip gegooi het. ‘n Argument het tussen die mans begin waarna die Tieties die Okapimes uitgepluk en Fredericks twee keer in die bors gesteek het. Fredericks het terug na die woonhuis gestrompel waar hy voor die huistrappe inmekaar gesak en gesterf het. Tieties, wat in graad 3 uit die skool is en sedert 2016 met die gereg bots weens klagtes van huisbraak en diefstal en aanranding, moet die volle tien jaar van sy vonnis uitdien. Die minimum vonnis van 15 jaar is nie in die saak aan hom opgelê nie. Britos diefstalsaak ‘n Voormalige Britos slaghuiswerknemer en kassier, is verlede Dinsdag 22 September in die Ceres landdroshof deur landdros Mabuya gevonnis. Elzaan Mouton van Bella Vista, is skuldig bevind weens die diefstal van R20 460. Mouton het volgens hofstukke ‘n toesighouer se ID en wagwoord gebruik om vyf fiktiewe krediete op vleisprodukte deur haar kasregister te sit. Dié voorvalle het begin Maart 2020 plaasgevind. Mouton wat tans werkloos is, is 12 maande gevangenisstraf opgelê wat ingeheel vir 5 jaar opgeskort is. ‘n Verdere 12 maande huisarres is ook aan haar opgelê wat op 22 September begin het. Die hof het ook beveel dat sy 100 uur gemeenskapdiens moet verrig. Sy sal 16 uur per maand verrig by die Pinkster Protestante kerk.

DINSDAG 29 September het ‘n tweede groep ontevrede Nduli inwoners voor die Witzenberg munisipale kantore bymekaar gekom om ook hul griewe en besware met die toekenning van huise in die Vredebes geintegreerde behuisingsprojek oor te dra aan die munisipaliteit. Daar is drie weke gelede met ‘n ander groep van Nduli ooreengekom dat ‘n afvaardiging van die protesaksie-komitee later met die munisipaliteit sal vergader. *Mafoko sekuriteit, die Ceres polisie en lede van die polisie se openbare orde-eenheid het weer ‘n oog oor verrigtinge gehou. Twee maande gelede het onwettige protesaksie oor dié behuisingsprojek tot groot ontwrigting in die woonbuurt gelei en skade van meer as ‘n R1 miljoen is aan die biblioteek en twee huise aangerig en ‘n vragmotor en munisipale bakkie is uitgebrand.

DRIE mans van Tulbagh is die week deur die polisie gearresteer na die verkragting van ‘n jong meisie. Die drie verdagtes sal op 5 Oktober in die Tulbagh landdroshof verskyn waar hulle vir borgtog wil aansoek doen. Die voorval het Vrydagaand na 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en ‘n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop. Hulle is deur die drie verdagtes agtervolg en later die bosse ingesleep. Die 14-jarige kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied. Al drie verdagtes is Saterdag 26 September op Bergplaas in hegtenis geneem. Nog ‘n verkragting ‘n 8-Jarige meisie van Wolseley is verlede Vrydag deur haar ma se vriend verkrag. Volgens die polisie het die voorval op 25 September omstreeks 07:00 plaasgevind. Die 56-jarige verdagte en die meisie se ma se vriend, het haar langs haar ma uit die bed gehaal en na ‘n boord op die plaas Rora geneem waar hy haar na bewering verkrag het. ‘n Getuie het later op hulle afgekom. Die verdagte is gearresteer en verskyn weer 1 Oktober die Wolseleyhof op klagtes van ontvoering en verkragting.

DIE insittendes van die Audi was Sondag gelukkig om met geen beserings van ongelukstoneel weg te stap. Die ongeluk het Sondag 27 September omstreeks 06:15 plaasgevind by die Wolseley-aansluiting op die R46. Die Audi was vanuit Wolseley se rigting onderweg en het teen ‘n spoed oor die kruising gery, deur die sperreling gebars en onder in die veld tot stilstand gekom. Die EMS ambulansdienste was saam met polisie op die toneel. FOTOS: Phillip de Lange

VIEW OUR SERVICES ON:

www.jptek.co.za

• License plate recognition • Security solutions & consulting • Access control • CCTV • Fibre optic • Alarms • IT support

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer.

* Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES

Voor toediening Na toediening ‘n Eenvoudige doen-dit-self, vinnige en bekostigbare oplossing vir ‘n lowergroen grasperk. Binne drie weke is jou gras lowergroen.

Vir verdere navrae stuur ‘n e-pos na

francois@groengras.co.za

Voor toediening Na toediening

Ingesluit by die doen-dit-self-prys: • Drie toedienings (3 x 8kg) kunsmis per week • Twee toedienings (2 x 5L) vloeibare kunsmis

R990


4

WITZENBERG HERALD

nuusbrokkies

MOOI Uitsig primêr, die leerders en die beheerliggaam wil Amazing Pies bedank vir hul onbaatsugtige hulp en steun tydens die COVID-19 inperkingstydperk. ‘n Paar van hul werkers is beskikbaar gestel om te help met die siftings- en skanderingsproses by dié skool. Hulle help om te verseker dat onderrig in ‘n veilige en netjiese leeromgewing plaasvind. Die skool is dankbaar vir die gebaar. VLNR: Martin Absalom (Mooi Uitsig se COVID-19 koördineerder), Dane Manuel, Louine Sass, Juanita Rabie en Porchia Poole.

BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. ✗✗✗✗

Net een sterf die week aan CV-19 CERES (023) 316-2226

KITCHEN ASSISTANT • Moet onder druk kan funksioneer • Goeie menseverhoudinge kan handhaaf • Moet bereid wees om naweke en skofte te werk • Moet ten volle tweetalig wees • Vorige ondervinding van spyseniering sal in guns tel • Matriek is ‘n vereiste Salaris onderhandelbaar Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Rig CV aan: ceres3@retail.spar.co.za Vir aandag: Human Resources Sluitingsdatum vir aansoeke: 9 Oktober 2020 Indien u teen 16 Oktober 2020 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

Friday, October 2, 2020

COVID-19 het die week net een inwoner van die Witzenbergstreek se lewe geëis. Positiewe gevalle het slegs met 7 gevalle gestyg. Die positiewe gevalle in die Witzenbergstreek staan nou op 1619. Sewe en sestig Witzenberg-inwoners het sedert die pandemie uitgebreek het, gesterf. Statistieke Teen Dinsdag 29 September was daar 1619 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 1545 herstel met slegs 7 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Sterfgevalle statistieke Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 4168 (tot 28 September), daar is 109 783 positiewe gevalle aangemeld en 103 165 het volkome herstel. Sewe en sestig (67) COVID-19 sterfgevalle is sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek aangemeld. Die week se sterfgeval het op Ceres voorgekom. Primêre gesondheidsorg Het jy ‘n kroniese toestand gehad vóór die COVID-19 pandemie? Gesondheidspersoneel is steeds toegewy daaraan om jou te help om jou toestand te bestuur. Mense met toestande soos diabetes, TB, MIV/vigs en hoë bloeddruk moet aanhou om hul medikasie te neem. Almal wat opgehou het om hul medikasie te neem of wat vrae het oor hul toestand, moet hul naaste kliniek skakel. Dra steeds jou masker en reinig jou hande wanneer jy by die kliniek kom. Personeel sal algemene vrae oor jou gesondheid vra voordat jy na die volgende dienspunt beweeg. Indien nodig sal jy gevra word om vir COVID-

19 getoets te word. Met Wêreld Hartdag (29 September) wat in die week gevier is, herinner die departement van gesondheid inwoners aan die belangrikheid van ‘n gesonde leefstyl om hartsiektes en ander toestande te voorkom. Deur aanpassings aan jou dieët te maak en gereeld te oefen, kan jy jou gesondheid ‘n hupstoot gee. Hier is ‘n paar riglyne wat gevolg kan word: - Berei jou eie kos tuis voor eerder as om wegneemetes te koop sodat jy beheer het oor die bestandele en gaarmaakmetodes. - Eet ‘n verskeidenheid kossoorte. - Onthou dat eiers, vis, boontjies en ertjies goeie bronne van proteïene is en vermy eerder worsies en ander verwerkte vleise - aangesien dit baie sout bevat. - Eet meer gereeld, maar kleiner hoeveelhede op ‘n keer. - Beperk jou inname van alkohol en moenie rook nie. - Sorg dat jy elke dag aktief is. Stap, ry fiets saam met jou kinders of neem deel aan ‘n spansport. Kwarantyn en isolasie Hoewel daar nie ‘n teenmiddel vir COVID19 is nie, kan ons mekaar veilig hou deur afsondering. Tussen 21 en 28 September het 41 mense in die Kaapse Wynland gebruik gemaak van kwarantyn- en isolasiefasiliteite in die omgewing. In hierdie tydperk kon 40 mense weer terugkeer na hul families. Verantwoordelikheid Soos inperkingsregulasies verslap, het elke inwoner ‘n groter verantwoordelikheid om toe te sien dat COVID-19 nie versprei nie. As jy dink dat jy COVID-19 kan hê, skakel jou kliniek of dokter of (021) 928-4102.

HET jy ‘n belangstelling in Ceres se kultuurhistoriese erfenis? Waarom nie aansluit by die Vriende van die Museum teen ‘n minimale lidmaatskapfooi? Aansoekvorms is by die Togryers museum (023) 312-2045 verkrygbaar. ✗✗✗✗ DIE Togryers museum begin met ‘n nuwe klokke-projek. Die Vriende van die museum in samewerking met die museum begin eersdaags met die projek waarin ‘n databasis saamgestel word van al die historiese klokke in en om Ceres. Die publiek word gevra om die projek te ondersteun deur enige inligting deur te stuur. Indien daar ‘n klok is waar jy woonagtig is of jy is bewus van een naby jou, skakel Marthinus de Villiers (voorsitter) by Museumfriends2020@gmail.com met die nodige inligting. ✗✗✗✗ SEPTEMBER was Erfenismaand en die Togryers museum het ‘n nuwe projek geloods met die tema: Elke straat vertel ‘n storie Every corner tells a story. “ Ons is baie opgewonde om al die stories te lees en die museum-argief so uit te brei. Daar is geen spesifieke jaartal nie dus kan dit uit enige tydperk uit dateer. Elke straat en sy inwoners - hetsy jy op Ceres, P.A. Hamlet of Nduli bly - het ‘n storie om te vertel. Die Togryers museum wil graag stories van mense en hul dinge bymekaar maak. Of dit Krige, Lyell, Barlinka, Naudé of St.Paulstraat is - ons wil jou ervarings hoor. Inwoners kan hul vertelling opneem, tik om met die hand neerpen. Bring dit na die Togryers museum in Oranjestraat of stuur dit per epos na togryersmuseum@ gmail.com ✗✗✗✗ VGK Ceres se eredienste het Sondag 27 September soos normaal om 10:00 begin. Bywoning van lidmate word beperk tot 250. Vir navrae skakel J. Klazen by 082-227-0492.

INVIT ATION TO BID INVITA Bid reference: 08/2/18/30 Bid description: PAINTING OF EXTERNAL SURFACES AT PINE VALLEY COMMUNITY HALL WOLSELEY Clarification Meeting(s) will not be held, all bid enquires are therefore to be submitted no later than 10 working days prior to the bid closing date. Bidders may arrange for site inspections with the contract manager: H. Truter at ☎ (023) 316-8128 or heloise@witzenberg.gov.za Bid documents at a cost of R 30 per set. The bid documents are also available on our website at: http://www.witzenberg.gov.za/resource-category/ tenders?category=92 Closing date: 21 October 2020 at 12:00 This tender will be evaluated in terms of the Preferential Procurement Regulations, 2017 that was promulgated by the Minister of Finance on 20 January 2017 in Government Gazette No 40553. No bids will be considered from persons in the service of the state. Bids may only be submitted on the bid documentation provided by the municipality. A valid B-BBEE status level verification certificate must be submitted in order to claim preference points for B-BBEE. Documents can be obtained during office hours from Mondays to Thursdays between 08:00 - 13:00 and 13:45 - 15:30 and on Fridays between 08:00 - 13:00 and 14:00 - 15:30 from Witzenberg Municipality, Supply Chain Unit, Dromedaris Street, CERES (GPS coordinates 33 ° 22’ 38” S; 19 ° 18’ 29” E) The amount is payable at the Municipal Head Office, 50 Voortrekker Street, Ceres or via EFT. Please contact the Supply Chain Management Unit on (023) 312-1761 if you prefer to pay via EFT. Proof of payment must be submitted to the Supply Chain Unit, Dromedaris Street, Ceres before the bid document will be released. Enquiries: Ms. S. Mentor, Financial Directorate, Supply Chain Unit on (023) 312-1761 or at supplychain@witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER

KOUE BOKKEVELD

LONE BEAMPTE Die ideale kandidaat is gekwalifiseerd en/of beskik oor toepaslike ondervinding, is dinamies, seIfgemotiveerd en kan onafhanklik of in spanverband werk Hoof verantwoordelikhede sluit in: • Verwerking van lone en tydige uitbetaling daarvan • Loonverwante administrasie en toepaslike rapportering • Werknemer dokumentasie en administrasie • Polis en WVF administrasie • Gelyke indiensneming en vaardigheidsontwikkeling • Menslike Hulpbronbestuur verantwoordelikhede • Ander algemene verantwoordelikhede. Vereistes: • Ten minstens 1 jaar ervaring in soortgelyke posisie • Kennis van TMS klokstelsel sal voordelig wees • Kennis van Donkerhoek Data loonstelsel is voordelig • Goeie kommunikasie- en rekenaarvaardighede. Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket volgens kwalifikasies en ondervinding aan die pos gekoppel. Rig asb. u aansoek en verkorte CV (maksimum 4 bladsye) aan Kunje Boerdery: leoni@kunje.co.za Aansoeke sluit 14 Oktober 2020 en slegs kortlys kandidate sal gekontak word

CERES (023) 316-2226

KASSIERE • Moet onder druk kan funksioneer • Goeie menseverhoudinge kan handhaaf • Moet bereid wees om naweke en skofte te werk • Moet ten volle tweetalig wees • Vorige ondervinding sal in guns tel • Matriek is ‘n vereiste Salaris onderhandelbaar Rig CV aan: ceres2@retail.spar.co.za Vir aandag: Front Bestuurder Sluitingsdatum vir aansoeke: 7 Oktober 2020 Diensaanvaardings: Spoedig moontlik Indien u teen Vrydag 9 Oktober 2020 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.


WITZENBERG HERALD

5

Friday, October 2, 2020

Doc left lasting impact on community

GROOT skade is in 2019 aan die John Steyn biblioteek op Ceres aangerig toe ‘n muur en ‘n groot gedeelte van die hoofgebou se dak, skielik inmekaar geval het. FOTO: Pieter du Toit

Dr. Henry Alfred (Peter) von Buddenbrock (97) was born and grew up in Great Brak River in the Southern Cape. He completed his schooling there and matriculated in George. After school he enlisted for the Second World War where he was drafted into the Airforce. He was trained as a radio operator where he became very proficient in Morse code. At the end of the war at the beginning of September 1945 he enrolled to study medicine at UCT. His class worked right through the December/January break and completed their first year just in time to start second year in February. His desire to study medicine came from him being misdiagnosed in the Airforce, when he actually had Reumatic Fever causing damage to his heart. He did his Housemanship at Eben Donges in Worcester, after which he started practising medicine in Prince Alfred’s Hamlet in 1952, first from the farm and then from his surgery in Sarel Cilliers Street. He retired in 2012 at the age of 89, having worked for 60 years! In this time he had patients

from three generations in one family. By all accounts he was much loved and respected as a doctor. Because of his love for flying he did a course in aviation medicine and used to examine pilots from far and wide for their flying medicals. He himself had a flying licence and used to fly into the Koue Bokkeveld and do clinics every so often. The family would like to thank all the businesses and shops that have helped him so patiently over the past few years. He is survived by his wife Ray, his sons Ean and Michael, four grand children and three great grand children. A private celebration of his life will be held by close family on 17 October 2020 due to consideration of COVID-19 health protocols.

Herstelwerk aan John Steyn biblioteek gaan nou begin HERSTELWERK aan die John Steyn biblioteek op Ceres gaan binne die volgende dae begin nadat die hoofgebou se dak op 30 Januarie 2019 skielik ineengestort het. Die Noord-Westelike muur het voor dié voorval al krake begin toon en Dinsdag 22 Januarie 2019 onverwags geswig en deels omgeval. ‘n Week later het die res van die dak inmekaar geval. Die gebou is kort daarna onveilig verklaar waarna biblioteekboeke stuk-stuk in houers gepak en na nabygeleë stoorruimtes verskuif is. Agtergrond Volgens die munisipaliteit het die biblioteekgebou, wat in November 1991 amptelik ingewy is, se toestand geleidelik vererger weens verskuilde struktuele verskuiwing. Insette van plaaslike ingenieurs is in 2017 verkry om bepaalde ondersoeke te doen ten einde die oorsaak te bepaal en met voorstelle van rehabilitasie na die raad terug te keer. Voorlopige ondersoeke in 2019 het getoon dat die houtdakstruktuur van die noordelike biblioteekgedeelte gedeeltelik geswig en geskuif het onder die vrag van die leiklipteëls.

Biblioteek is die afgelope byna twee jaar by Rietvallei biblioteek voortgesit. Volgens die munisipaliteit gaan herstelwerk die week begin en daar sal ook nuwe uitbreidings teen ‘n koste van R2.2 miljoen gedoen word.

Voortrekkerstraat 129, Ceres ☎ (023) 316-1200

BENODIG 2 X BETROUBARE DAMES Vereistes: • Ondervinding in kosmaak • Kassier ondervinding sal in jou guns tel • Moet met kliënte kan werk • Moet onmiddelik kan begin. CV’s en aansoeke kan ingehandig word by: Galo’s Take Aways te Voortrekkerstraat 129, Ceres Vir enige navrae skakel: ☎ (023) 316-1200 Diensaanvaarding: Onmiddelik

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE (WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNING VERORDENING PN 289/2015) WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS (WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW PN 289/2015)

KENNISGEWING We intend going to Ceres the weekend of 9 - 11 October 2020, feeding areas of Nduli en Bella Vista. We appeal for any donations in cash or kind to make this trip possible:

100L pot, meat, chicken, soya and soup.

For any enquiries contact Igshaan at 074-322-9468

In die boedel van wyle: ROELOF JACOBUS PETRUS BOTHA Id. no. 610714 5172 083 Van: Van der Stelstraat 36, Tulbagh, 6820 Boedelnommer: 007672/2020 Wie oorlede is op: 1 Junie 2020 Skuldeisers en Skuldenaars in bogemelde boedel word hiermee versoek om hulle eise in te dien by en hulle skulde te betaal aan die ondergetekende binne ‘n tydperk van 30 (dertig) dae vanaf VRYDAG 2 OKTOBER 2020

JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Van der Stelstr. 15, TULBAGH, 6820 (Verw: JJB/EG/J7222)

Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres 6835 or 50 Voortrekker St, to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom / Property

Ligging / Location

Aansoeker / Applicant

Aard / Nature

Verw. / Ref.

Rode & Ceres Farms KoedoesProposed renewable energy 15/4/2/ 320 Associates facility comprising: 395, 161/RE, berg contact: 1) Solar PV modules 159/1, 159/RE, area, Berchtwald 156/RE, 156/1, Ceres on about 2 960ha Rode 156/2, 157/1, Karoo 2) About 37 wind turbines (021) 946- 3) Battery energy storage 157/2, 158/1, 2480 158/RE, 155/RE system 4) Fuel-based generation facility 5) Associated infrastructure

Sluitingsdatum / Closure date

02/11/2020


6

WITZENBERG HERALD

classifieds

Johannes Ockhuis

20/02/1931 - 28/09/2014

082-399-4068

Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Danell Pieterse

Linda Sampson

Vandag 6 jaar gelede, het Liewe Jesus vir Pa kom haal na sy ewige tuiste. Ons mis en dink aan Pa ontsettend baie. Pa en Ma het ons geleer van omgee en belangstelling in familie en ander. Sal Pa vir ewig en altyd in ons harte koester en vir altyd lief wees. Rus Saggies Pa, In God Se Vrede. Van Colin, Ashley, Nicole en Ruan

Services: sell, install & repair

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

Johannes Ockhuis

20/02/1931 - 28/09/2014 2020/09/25 - 2020/09/25

Privaat begrafnis: Son. 04 Okt. 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou hande was of gebruik sanitizer • Maskers verpligtend

Huis Huis: 11:00, Burgstr. 409, Bella Vista Graf Graf: Bella Vista Liefste Danell, Ons sal jou vir altyd in ons harte koester. Cornell, Lugaille en Hillmar

Manschoer Sheau Long Constance

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

AND FRAMES 1970/09/28 - 2011/01/17 Happy Heavenly Birthday As each day passes we miss you more and more, but today on your 50th Birthday we miss you most. We know heavens above are rejoicing in your name, because it has you in it. Today we’re celebrating your birthday and the gift of knowing you. Your beloved family

Linda Sampson

1986/01/25 - 2020/09/24

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

Die 28ste September 2020 is dit 6 lange jare van trane en hartseer wat die Here jou kom haal het. Ek sal jou nooit vergeet nie. Van jou verlangende vrou Helena (Pansie) en seun Neville (in die ouetehuis)

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476 Gold Medal Carpet Care

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Privaat begrafnis: Sat. 3 Okt. 2020

Slegs 100 naasbestaandes 1,5m Afstand moet gehandhaaf word Geen handdruk of drukkies Was hande of gebruik sanitiser

Huis: 10:00, Impalaweg 136, BV Kerk: 11:00, Ou Apostoliese, BV Graf: Bella Vista

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Nico Berend van der Merwe 1958/12/18 - 2020/09/26

Roudiens Roudiens: Don. 01/10/2020, om 19:00, Eilandstr. 15, Ceres Privaat begrafnis begrafnis: Sat. 3 Okt. 2020 Volgende reëls in opdrag van regering: • Net 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk of drukkies • Maskers verpligtend • Was hande/gebruik sanitizer

Vir ‘n gratis kwotasie, skakel:

1970/09/28 - 2011/01/17

Geseënde Hemelse Verjaarsdag My oudste vandag vier jy jou 50ste Verjaarsdag tussen die Engele in die Hemel. Ek sou jou graag langer by my wou gehou het, maar wat God gedoen het is wel gedaan. Here, dankie vir die tyd wat U haar aan my geleen het. Tot ons weer ontmoet, my kind. Jou verlangende Moeder

Johannes Ockhuis

20/02/1931 - 28/09/2014

Huis Huis: 08:00, Eilandstr. 15, Ceres Kerk: 9:00, VGK Ceres Graf Graf: Bella Vista

CERES NICO

Begrafnisdienste

 / Faks (kantoor): (023) 316-2086 083-584-8207 Nicolene 078-550-8345 Hannelie 083-719-6017 John

Nico Berend van der Merwe

1958/12/18 - 2020/09/26 Met groot hartseer neem ons afskeid van ons geliefde man, pa, broer en oupa. Hy laat ons met groot leemte en vermisting. Lief vir jou Boeta. Van jou vrou, kinders, kleinkinders en res van die familie

Friday, October 2, 2020

Baie Geluk met Pa se 6de Verjaarsdag daar in die Hemel. Baie dankie Pa dat Pa vir ons almal, en ook vir my die Regte Pad en Rigting, deur Pa se lewe saam met ons, aangewys het. Pa was, en is, nog steeds ons Rots en Vesting en daarom is die Vermisting en Verlange soms groot. Ek sal Pa nooit vergeet nie. Baie dankie Pa vir al die lang jare wat Pa opgestaan en gaan werk het om vir ons as kinders, en gesin te sorg en so vir ons ‘n toekoms voor te berei het. Ons sal Pa altyd daarvoor dankbaar wees. Pa se Werk en Liefde leef vandag voort in ons lewens en in die wyse waarin ons leef. Totsiens Pa, tot ons mekaar weer sal sien. Met trots en liefde van Babie, Gaynor, Hanri en Gaylynne

TE KOOP

Moderne stort- en deurpaneel 900m x 1800cm R550 Gemakstoel nuut en modern oorgetrek. R450

Skakel 073-561-3919 Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Mari Blom 084-212-3020

SKOONMAAK VAN: • Alle matte • Gestoffeerde meubels • Matrasse • Voer tuigsitplekke Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings

h/v Albert- en Voortrekkerstraat (Agter die Spur)

Skakel vir Nuzeel Bergman 081-089-9736 of besoek ons vir vele spesiale aanbiedinge op tv’s, beddens ens

Vir verdere navrae skakel

071-464-6969 Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

KROEGMAN

Betroubare persoon om oor naweke te werk. Moet ondervinding het en eie vervoer.

Stuur CV en foto na

clubhazeoffice@gmail.com

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

STERFGEV AL KENNISGEWINGS STERFGEVAL Na talle navrae aangaande die STERFGEVAL KENNISGEWINGS in die Witzenberg Herald, net die volgende ter kennisname: ENIGE persoon kan begrafnisondernemers versoek dat hul familielid se doodsberiggie met persoonlike boodskap en begrafnistye in die koerant gepubliseer moet word. Dié kostes is gewoonlik by begrafnispolisse ingesluit. Familie kan dit ook direk by die Witzenberg Herald kantore in Voortrekkerstraat kom plaas. ☎ (023) 316-2021

UPCOUNTRY Feeding Hands Vannie Kaap het verlede Sondag, in samewerking met suster Everyhelda Smith van Tulbagh, gesorg dat inwoners van Tulbagh ‘n smaaklike ete kon geniet. Die gemeenskap waardeer die wonderlike gebaar van Upcountry Feeding Hands en Everyhelda Smith.

Gebruik vlak 1 om ekonomie reg te ruk DIE afgelope ses maande het ‘n geweldige en negatiewe impak op die land se ekonomie gehad. Sekere bedrywe soos die restaurant- en motorbedryf, toerisme en die drankbedryf is hard geslaan. Besighede se omset en verkope per maand is nou seker tussen 20-50% teenoor dié van 2019. Die enigste manier om dit uit te wis, is om die ekonomie maar veral die klein dorpies se ekonomie, ‘n hupstoot te gee. Ondersteun en koop plaaslik en help so dat die mikro-ekonomie gouer herstel. Vergeet daarvan om in die Paarl of Worcester of Kaapstad te gaan koop. Witzenberg se ekonomie het dit ook nodig. Inwoners kan nie buite die dorp inkopies gaan doen maar verwag dat plaaslike besighede moet help om skole, sportorganisasies, sopkombuise en kerke geldelik of met donasies te ondersteun nie. Plaaslike besighede kan ook probeer om die besigheid hier te hou deur ‘n groter verskeidenheid produkte aan te hou of dit gouer op aanvraag te bestel. Dit sal ook help dat personeel vriendeliker optree en ‘n beter diens lewer aan die beperkte kliënte of verbruikers daar buite. Dit is tot voordeel van die finansiële oorlewing van elke besigheid sowel as die personeel self. Dit sal besighede ook help om meer te adverteer en inwoners wat spandeergewys nou meer in hul dop gekruip het of meer selektief koop, bewus te maak van hul produk of diens. Vlak 1 het Maandag 21 September begin. Kom ons elkeen help om die dorp reg te ruk.


WITZENBERG HERALD

7

Friday, October 2, 2020

WOLSELEY krieketklub en die spelers het die afgelope drie jaar elke keer oor die laaste hekkie gestruikel. Hulle het nie dat dit hulle onderkry nie. Die span het onlangs welslae behaal in die Kaapse Wynland eerste divisie (Suidstreek)waar hulle beide die 50-boul-beurt sowel as die T-20 titels ingepalm het. Die krieketspan is bevorder tot Boland se promosieliga. * Die klub se voorsitter, Steven Boer, en die res van die klubbestuur verdien lof vir die wyse waarop hulle hierdie jong spelers se krieketloopbane bestuur. Belangstellendes is welkom om by die klub aan te sluit.Vir meer inligting skakel die voorsitter, Steven Boer, by 072-513-8300.

DIE St. Peters Anglikaanse kerk op Tulbagh het Sondag 20 September die laaste boodskap van vader Tony Koopman ontvang. Vader Koopman, wat in Januarie die onderwys verlaat het na jare se diens by Morrisdale primêr op Ceres, gaan vanaf 1 Oktober na Grabouw waar hy ‘n nuwe gemeente sal bedien. Hier is vader Tony en sy vrou Elize Koopman saam met gemeentelede van St. Peters Anglikaanse kerk afgeneem. FOTO: Peter Luitjies

PERDEKRAAL East Wind Farm welcomed Western Cape Minister of Finance and Economic Opportunities, David Maynier, to site last week. In a statement issued by the Minister’s office, he said, “My visit to the Perdekraal East Wind Farm reiterated the importance of the call made 11 September 2020 to the Minister of Mineral Resources and Energy, Gwede Mantashe, to urgently sign and gazette the final section 34 Ministerial Determinations which were recently given concurrence by the National Energy Regulator of South Africa (Nersa). This would be the next step in opening up the REIPPPP bid window 5 which would allow for further green and low carbon electricity supply opportunities such as the Perdekraal East Wind Farm in the Western Cape.” Perdekraal East Wind Farm will commence its commercial operations before the end of the year, generating clean power from its 48 installed wind turbines, with a total output of 110MW.

CERES Cycles was established in the beautiful Ceres valley by Jaco Taylor in 2011 and sold in 2015. The store then moved to its current location in Lyell Street later that same year, from where they have been serving the community for the last 5 years. Their ethos has always been to create opportunity by up-skilling and employing local homegrown Witzenberg talent to fully operate the store on a day to day basis and to provide the community with a variety of options to enter the wonderful sport of cycling. Ceres Cycles prides itself on a friendly atmosphere and the ability to service a wide cross-section of bicycles, from kiddies to adults, from road to MTB cycles. Their continued success is also attributed to the amazing trails and scenery in our surrounding areas which makes it one of the most scenic places for mountain biking in the Western Cape.

LOST OR DESTROYED DEED

JACK ATTACK Besigheidstoernooi Ceres Rolbalklub

13 Oktober - 12 November 2020 18:00 - 20:00

Vir navrae skakel Charlie Bretzke cbretzke@fnb.co.za of 072-615-6804 Sluitingsdatum: 7 Oktober 2020 Kies 1 aand per week vir 5 weke Dinsdae, Woensdae of Donderdae 3 Spelers per span

Inskrywingsfooi R750 per span TROTS GEBORG DEUR:

Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Certificate of Registered Title No. T13531/97 passed by: WITZENBERG MUNICIPALITY in favour of: WITZENBERG MUNICIPALITY in respect of certain: Erf 7546 (Portion of Erf 6060), CERES, in the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town at Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks after the date of the publication of this notice. DATED at TULBAGH on 23 JULY 2020 APPLICANT: MUNICIPALITY OF WITZENBERG c/o Johan Bezuidenhout Attorney 15 Van der Stel Street, Tulbagh, 6820 E-mail address: johan@johanb.co.za Contact number: (023) 230-1050/1

PERES & WILLIAMS TRANSPORT Driver/learner ss rene Transport awa

WEES VEILIG

• 10 plekke beskikbaar • Twee pryse Registreer voor 15 Oktober 2020 by Peres kantoor te Bella Vista om te wen Word aangebied aan in samewerking met: ◆ Departement van Vervoer en Publieke werke ◆ Padveiligheidbestuur ◆ Departement van onderwys

Vir navrae, skakel 072-422-5996


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.

WITZENBERG HERALD

Sport

Friday, October 2, 2020

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Duiwe sukkel in slegte weer WEDVLUGDUIWE het Saterdag 26 September ‘n baie strawwe wedvlug vanaf Kimberley en Bloemhof beleef. Geen duif kon Saterdagaand hul hokke bereik nie. Duiwe het eers Sondagoggend begin inkom en daar moes baie geduldig op hulle gewag word. Erasmus Hokke het uitstekend gevaar. Saterdag 3 Oktober vlieg die duiwe vanaf Hopetown. CHPS Bloemhof Ope 1. André & A. Koopman 827.722 mpm 2. Bryan Isaacs 784.238 mpm 3. Bryan Isaacs 763.233 mpm 4. Clarence van Wyk 762.760 mpm 5. Cyril & Ann Davids 670.709 mpm Kimberley Ope 1. A. en Aiden Koopman - 862.559 mpm 2. Cyril & Ann Davids 828. 271 mpm 3. Bryan Isaacs 815.270 mpm 4. Cyril & Ann Davids 740.021 mpm 5. Cyril & Ann Davids 725.154 mpm ANDRE Hauptfleisch en Henry Brown.

André en Henry wen gholfdag TWEE spelers, André Hauptfleisch en Henry Brown, het Donderdag die beterbal stableford kompetisie met 47 punte gewen. Weens die reën en ‘n nat baan, is Saterdag se klubkompetisie gekanselleer. Jannie Conradie en Pieter Immelman was in die tweede plek, ook met 47 punte. Casper de Bruin en Jean de Jager was der-

de met 46 punte gevolg deur Willie van Heerden en Louis de Klerk met 44 punte. Goeie tellings is deur Vincent Hewitt (69) en Casper de Bruin (72) aangeteken. Ceres Classic Die jaarlikse Ceres Classic gholftoernooi vind vanjaar op 6 en 7 November plaas. Die toernooi is vol bespreek met 144 spelers (36 spanne) wat per dag gaan speel.

CPS Bloemhof Ope 1. S.R. Williams 2. Krotz Lofts 3. Blue Mountain Loft 4. M. en Morrin Koopman 5. Blue Mountain Loft Kimberley Ope 1. Meyer en Van Wyk 2. JRK Lofts 3. Meyer en Van Wyk 4. Krotz Lofts 5. Meyer en Van Wyk BHPS Bloemhof Ope

857.978 811.725 804.599 788.727 785.766

mpm mpm mpm mpm mpm

838.115 796.969 786.580 785.936 782.139

mpm mpm mpm mpm mpm

1. Lesley Koopman 2. Lesley Koopman 3. Marquine Pieterse 4. Lesley Koopman 5. Jason van Rooy Kimberley Ope 1. Lesley Koopman 2. Nico Pedro 3. Lesley Koopman 4. Nico Pedro 5. Jason van Rooy Tulbagh duiweklub Kimberley Ope 1 1. Silvervaring 2. Silvervaring 3. Litte Lofts 4. Litte Lofts 5. Litte Lofts Kimberley Ope 2 1. Silvervaring 2. Silvervaring 3. Rodrick Albertus 4. Rodrick Albertus 5. Litte Lofts Hamlet duiweklub Kimberley Ope 1. Juhan Kitshoff jr. 2. Erasmus Hok 3. Erasmus Hok 4. Erasmus Hok 5. Erasmus Hok Bloemhof Ope 1. Erasmus Hok 2. Erasmus Hok 3. Erasmus Hok 4. Erasmus Hok 5. Erasmus Hok -

819.911 819.641 796.956 771.565 757.565

mpm mpm mpm mpm mpm

835.467 824.488 818.210 813.479 784.622

mpm mpm mpm mpm mpm

788.969 745.433 735.374 716.854 678.786

mpm mpm mpm mpm mpm

791.895 787.685 756.002 696.279 675.889

mpm mpm mpm mpm mpm

793.092 765.491 753.308 753.295 744.037

mpm mpm mpm mpm mpm

863.271 844.129 827.940 804.650 716.399

mpm mpm mpm mpm mpm

DIE Wynland o/45 driespel rolbaltoernooi is verlede Donderdag 24 September op Ceres aangebied. 12 Spanne het aan die toernooi deelgeneem. Twee Protea spelers en 15 provinsiale spelers het ook hier gespeel. Ceres Fruit Growers het vanjaar die toernooi geborg. Die Caledon-span van Johan Wentzel, Brazler van Schoor en Edwil Adonis het die dag gewen. Hier is hulle saam met Engela Lambrechts (Wynland wedstrydsekretaris) en Charmaine Mostert (Wynland bemarking).


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.