Marx-egpaar nog in hospitaal
DIE Marx-egpaar van Ceres wat meer as ‘n week gelede ernstig beseer is in ‘n kopaan-kop botsing buite Durbanville, is steeds in ‘n ernstige toestand in die Cape Gate Mediclinic.
Petrus Marx (54) is sedert die ongeluk in die intensiewe-sorgeenheid waar sy toestand tans stabiel is. Petrus word moontlik volgende week weer geopereer, maar is intussentyd van die ventilator afgehaal.
Maryke (50) is tans in ‘n gewone saal maar het nog baie rugpyn en sukkel om te beweeg. ‘n MRI en CT skandering is Woensdag gedoen om die oorsaak van die erge rugpyn vas te stel.
Oorsaak van ongeluk onbekend
Petrus en Maryke Marx was Saterdag 24 September omstreeks 19:50 op pad terug na Ceres toe hulle ernstig beseer is in ‘n kop-aan-kop botsing op die R312 Fisantekraalpad. Maryke se ma, Elthia Kremer (80), het in die ongeluk gesterf.
Hul seun, Jeandré (17), het ongedeerd uit die wrak geklim.
Die egpaar het hul dogter, Rochelle (21), vroeër die dag op die Kaapstad lughawe gaan aflaai en was op pad na Petra en Henri Bestbier in Wellington, toe die ongeluk gebeur het.
Die bestuurder van ‘n Ford Figo, Kassan-
dra Demmer (26), het ook in die kop-aankop botsing gesterf.
Dit is nog onbekend wat presies gebeur het.Die Klapmuts-polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag. Enige ooggetuies van die ongeluk word versoek om met die polisie te skakel of die Stop misdaadnommer 08 60-010-111 te skakel.
Begrafnisreëlings eers later bekend Begrafnisreëlings sal eers later bekend gemaak word wanneer Maryke en Petrus se toestand verbeter het.
Volgens ‘n familielid, Alicia Bestbier, sal die begrafnisdiens dalk eers vroeg in November plaasvind.
“Ons waardeer almal se gebede en ondersteuning. My ouers, Henri en Petra, kry nog emosioneel swaar aangesien ouma Elthia vir 27 jaar saam met ons op Ceres gebly het”.
Ouma
sterf in ongeluk
Wolseley-saak
SAPD-lede kry borg
TWEE Wolseley polisielede wat meer as ‘n maand lank in aanhouding was, is verlede Donderdag op borgtog vrygelaat. Sers. Wayne Boer (44) en kst. Cashwinn
Visagie (29) is Donderdag 29 September in die Wolseley landdroshof op borgtog van R2 000 elk vrygelaat.
Hulle verskyn saam met twee oudkollegas, Byrone Williams (26) en Ricardo Conradie (39) en ‘n speurder van Wolseley, s/ sers. Heinrich Hendricks (36).
Die vyf staan tereg op klagtes van huisbraak, korrupsie en intimidasie.
Boer en Visagie moet weer op 28 Oktober in die Wolseley landdroshof verskyn.
Vasgetrek
Speurders in die Boland het Dinsdag 6 September toegeslaan en dié polisielede gearresteer en in die Paarl aangehou.
Boer, Hendriks en Visagie was van diens af ten tye van hul arrestasies en Williams en Conradie, wat vroeër vanjaar uit die polisie ontslaan is en op Wolseley gestasioneer was, is ook gearresteer.
Die vyf was vir klagtes van diefstal, intimidasie en aanranding gearresteer en is in Julie vanjaar deur ‘n klaer by die polisie aangemeld.
Klagtes
Boer verskyn op klagtes van intimidasie en korrupsie en Visagie op ‘n klag van huisbraak met die doel om aan te rand.
Hendricks word van regsverydeling aangekla. Hendriks en Williams is op waarskuwing vrygelaat en Conradie op R2 000 borgtog.
Boer, Visagie en Conradie het nog ander strafsake in ander howe teen hulle.
Dankie vir skole se ondersteuning
ENSLIN Claasen van Wolseley skryf:
EK was voorheen ‘n leerder van Wolseley Sekondêr en Witzenberg primêr en tans ‘n graad 10 leerder van Porterville Hoërskool.
Ek wil graag die hoofde en onderwysers van die Wolseley skole bedank vir hul finansiële bydraes wat dit vir my moontlik gemaak het om aan die Cravenweek te gaan deelneem. Tydens hierdie toernooi het ek twee drieë gedruk.
Wat my veral baie trots gemaak het, is die feit dat alhoewel ek nie meer ‘n leerder daar is nie, hulle my nogtans ondersteun het.
Catchment Management Agency Opvanggebied Bestuursagentskap
I-Arhente yoLawulo lomMandla nokungqongileyo cnr. Mountain Mill & East Lake Roads, Worcester Private Bag X3055, Worcester 6850
The Breede-Gouritz Catchment Management Agency (BGCMA) a water resources management entity established in terms of the National Water Act, 1998 (Act No. 36 of 19988) invites applications from suitably qualified, experienced, and skilled applicants to the following vacant position within its Water Resources Management Division:
FINANCE ADMINISTRATION CLERK
To view the comprehensive advertisement, application requirements, procedures, and response details, please visit our website: www.breedegouritzgcma.co.za
Closing date: 20 October 2022
CEDER help gestremde vrou in Wyk 5
CEDER (Council for Enterprise development and economic reform), ‘n plaaslike nie-winsgewende organisasie, het onlangs ‘n gestremde vrou in wyk 5 gehelp om ‘n behoorlike oprit vir ‘n rolstoel en die verbetering van ‘n stoep oppervlak te voltooi. Die familie is dankbaar vir CEDER se hulp en om hul kundigheid aan te wend tot voordeel van die gemeenskap. Dankie aan Buildit op Ceres wat alle boumateriaal verskaf het. * Enige navrae kan gerig word aan Christophe Seroot by 071-278-0544.
nuusbrokkies
National Homebuilding Regulation Council (NHBRC) in samewerking met Council for Enterprise Development and Economic Reform (CEDER) lê besoek af op Ceres op Maandag 10 Oktober om 10:00 by die Togryers museum in Oranjestraat. Die aangeleentheid is om plaaslike boukontrakteurs behulpsaam te wees met registrasies en alle opkomende boukontrakteurs word uitgenooi om dit by te woon. Vir enige navrae skakel Christophe Seroot by 071-278-0544
DELICIOUS netbalklub nooi belangstellende spelers uit wat passievol is oor netbal, om aan te sluit by hul klub. Oudlede, sowel as nuwe lede, is ook welkom om by klub in te skakel. Oefentye is Dinsdag- en Donderdagaand vanaf 18:30 in Rooikamp. Vir navrae skakel Aubrene by 083-770-2265 of Ylona by 063-143-9073
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind weer plaas vanaf 23 November 2023. Beperkte aantal plekke is beskikbaar en navrae hieroor kan gerig word aan pastoor Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na: isaacjacobs50@yahoo.com.
DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmarathon asook 10 km en 5 km padwedlope, word weer op Saterdag 29 Oktober aangebied. Deelnemers kan nou reeds inskryf nadat die wedloop die afgelope twee jaar weens CV-19, nie aangebied is nie. Die plaas/maatskappy kompetisie oor 10 km is ook weer oop. Enige navrae kan aan Nico Jansen by 078-8825-299 gerig word.
YOUNG Good Hope RFC speel Saterdag 8 Oktober teen Lovedale RFC op die Bella Vista sportgronde. Wedstryde begin om 14:45. Hekgelde beloop R20 volwassenes, R10 kinders en R10 vir motors.
WITZENBERG Nasorg is ‘n organisasie wat op die been gebring is om leerder uitslae en maatskaplike probleme van skole in die streek te verbeter. Die inisiatief is deur Isak Hendriks van Ceres geneem wat al 24 jaar in die onderwys betrokke is en 10 jaar as skoolhoof. Die organisasie het nou goedkeuring gekry om as NGO te registreer. Isak beoog om Januarie 2023 met die organisasie te begin en verdere inligting sal later deurgegee word. Vir navrae skakel Isak Hendriks by 079-081-7053 of stuur epos aan isak hendriks@gmail.com
YOUNG Good Hope RFC vier vanjaar hul 80ste bestaansjaar. Vir navrae skakel die volgende persone: Pat Nel (072-532-9568), Des van Wyk (082-574-7932) of Frans Lintnaar (062-096-8078).
Weens dinamiese groei in ons besigheid het die volgende pos by ons Ceres-tak ontstaan: ADMINISTRATIEWE
BEAMPTE
Vereistes: • Deeglike kennis van Xero Accounting • Kennis van Freshdesk en Trello sal gunstig wees, maar kan ook geleer word • Goeie telefoon etiket en menseverhoudinge • Moet ten volle tweetalig (afr + eng) wees • Doelgerig, taakgerig, hardwerkend en goed georganiseerd • Ten minste 2 verwysings van vorige werk • Sober gewoontes.
Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag 10 Oktober 2022
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik E-pos volledige CV tesame met duidelike kopie van ID na: careers@jptek.co.za
Indien u nie binne 2 weke van ons gehoor het nie, kan u aanvaar dat ons tans nie u aansoek verder gaan opvolg nie. Die reg word voorbehou om nie die pos te vul nie.
WERKTUIGKUNDIGE - CERES
Howbill Farming is ‘n boerdery in die Koue Bokkeveld wat ook sy eie verpakking van produkte doen. ‘n Vakature het ontstaan vir ‘n toegewyde persoon om dienste te lewer as ‘n WERKTUIGKUNDIGE.
Die aangewese kandidaat: is ‘n gemotiveerde persoon wat goeie menseverhoudinge kan handhaaf, onder druk, onafhanklik en baie noukeurig kan werk, asook eie inisiatief aan die dag lê.
Benewens die genoemde eienskappe, moet aansoekers: oor grondige kennis van die herstel en onderhoud van trekkers en implimente beskik. ‘n Toepaslike naskoolse kwalifikasie sal in aansoekers se guns tel, asook goeie ondervinding.
Rig u CV voor 17 Oktober 2022 aan:
Die Personeelbeampte
Posbus 146, CERES, 6835
E-pos: hr@howbill.co.za
Diensaanvaarding: 1 Desember 2022
Vir enige navrae skakel: (023) 009-0992
Indien u geen terugvoer binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
DEPARTMENT of Environment, Forestry, and Fisheries’ Working on Fire in the Western Cape has kick-started its annual Yellow Card Training (YCT) for Summer Fire Season readiness preparations in Tulbagh. More than 800 firefighters from the Western Cape will once again go through a grueling three days refresher training to ensure that they are physically and mentally prepared to protect the province from aggressing fires. The YCT is one of the final preparations the province has embarked on as they get ready for the upcoming Summer Fire Season which is expected to start on December 1.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS
TWEE karatekas van Laerskool F.D. Conradie, AidenLee Paxton en Mia Laubscher(regs), het onlangs aan die Cape Cobra League 1 karate-kompetisie deelgeneem wat deur Shotokan Karate Academy Brackenfell aangebied is. Aiden-Lee Paxton het twee sil-wer en brons me-daljes verower en Mia Laubscher het drie goue en twee silwer medaljes verower.
classifieds
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
DANKIE PROF EDDIE EN MAMA
My naam is Jacobus en ek wil dankie sê vir Prof en Mama dat hulle my lewe in ‘n gelukkige status verander het. Hy het my stresvolle lewe verander met die geluk van miljoene. Vandag besit ek ‘n pragtige huis, groot besighede en ry met van die duurste voertuie. Almal met probleme kan Prof en Mama skakel. Hulle help met lotto, finansies, liefdesprobleme, hofsake ens. Hulle is goedkoop en vra niks ekstra nie en kan binne 30 minute help. Skakel of Whatsapp 083-572-8057
Landswye Meubelvervoer . Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. (023) 3474092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
VERMIS
PLANT AND ANDPLANT AND AND TOOL HIRETOOL TOOL HIRETOOL
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
As jy enige items het wat jy moet weggooi, wat te goed is om eintlik weg te gooi, skakel ons op 082-899-2248 of info@chainboland.co.za
ANDRIES Alexander (49) van Bella Vista word sedert Sondag 2 Oktober vermis. Indien iemand weet waar hy hom bevind, kan hulle vir sers. Swanson skakel by Ceres speurders (023) 316-8500.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
Kaapse Wynland tennisspan pak Weskus en Overberg
Laaste langpad-wedvlug
WEDVLUGDUIWE het Saterdag 1 Oktober die laaste langpad wedvlug van 2022 vanaf Bloemfontein gevlieg. Hitte en wind het die terugvlug bemoeilik.
Saterdag 8 Oktober vlieg die duiwe weer vanaf Victoria-Wes.
Die afgelope naweek is die Ceres Federasie langpad kampioen vir 2022 aangewys.
1. Cyril en Anne Davids
NJ Kitshoff jr.
3. NJ Lofts
Die laaste twee middelafstand wedvlugte word van Victoria-Wes en Britstown gevlieg. Daarna sal die algehele kampioen vir die 2022 seisoen aangewys word.
CHPS
Bloemfontein Ope 1
1. Cyril en Anne Davids - 1237.591mpm
2. Hendriks familie - 1225.999mpm
3. Cyril en Anne Davids - 1211.561mpm
4. Cyril en Anne Davids - 1181.451mpm
5. Cyril en Anne Davids - 1180.785mpm
Bloemfontein Ope 2
Cyril en Anne Davids - 1256.316mpm
Cyril en Anne Davids - 1230.507mpm
3. Hendriks familie - 1209.515mpm
4. Cyril en Anne Davids - 1188.889mpm
5. Cyril en Anne Davids - 1145.834mpm
Tulbagh duiweklub
Dit was die laaste langpad wedvlug en Rodrick Albertus is aangewys as Langpad kampioen. Tulbagh wen ook die die top vier plekke in die Rooi Karoo nominasie wedvlug.
Bloemfontein Ope1
1. Rodrick Albertus - 1242.24mpm
2. Rodrick Albertus - 1229.13mpm
3. Silvervaring hok - 1184.45mpm
4. Always Rising - 1139.43mpm
5. Rodrick Albertus - 932.03mpm
Bloemfontein Ope1
1. Silvervaring hok - 1146.84mpm
2. Silvervaring hok - 1132.13mpm
Rodrick Albertus - 945.09mpm
Rodrick Albertus - 891.40mpm
Rodrick Albertus - 887.35mpm
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Ou-teursreg 1978 gerepro-duseer word nie.
Sport
Witzenberg Herald
ROUND up friends and family and head for Loxtonia on Saturday 12 November for the annual Loxtonia Cider Cherry Trail Run through scenic mountain landscapes and apple orchards. The Loxtonia Cherry Trail Run is open for runners and walkers of all ages. Registration at the Loxtonia Cidery opens at 06:00 with the starting time of 07:30 for the 12km leg and 08:00 for the 6km. To enter visit www.entryninja.com. Late entries on the day are subject to availability. The entry fee for the 6km circuit is R120 per person and R170 for the 12km.
Zak in SA-span
ZAK Oosthuizen van Laerskool Koue Bokkeveld is gekies vir die SA o/13 tennisspan wat gedurende Oktobermaand in Gauteng gaan deelneem. Zak is ‘n groot inspirasie vir leerders en sy energie op die tennisbaan is aansteeklik.
Rolbaltoernooi op Tulbagh
TULBAGH rolbalklub was die naweek van 1 en 2 Oktober die gasheer van die Wes-Kaap Envar Buys rolbaltoernooi vir junior rolbalspelers.
Sewe o/15 spanne en agt o/20 spanne vanuit Eden, Overberg, Weskus, Westelike Provinsie en Wynland, het aan die toernooi deelgeneem. Die verskillende streke is verteenwoordig deur 61 spelers en 15 spanbestuurders.
Die Wynland o/20 span het bestaan uit Xander Germishuys (Breërivier), Michaela Maree (Drakenstein), Janco Taljaard en Dylan Kruger (Witzenbergstreek), Dirkie Human (Langeberg) en die spanbestuurder, Gert Lambrechts (Breërivier).
Die Wynland o/15 span het bestaan uit Christiaan Stassen (Drakenstein), Sumeon de Villiers (Witzenbergstreek), John van Rhyn en Benjamin de Villiers (Witzenbergstreek) met spanbestuurder, Charles Stassen (Drakenstein).
Na twee dae van mededingende rolbal het die volgende spanne medaljes verower - Westelike Provinsie o/15 A (goud), Weskus o/ 15 (silwer) en Eden o/15 (brons).
In die o/20 afdeling het Overberg goud verwerf, Overberg o/20B (silwer) en Weskus o/20 A (brons).
Werner wen klubkompetisie
WERNER Pharo het Saterdag die maandelikse houespel-kompetisie met 71 houe gewen.
Charl du Toit sr. was in die tweede plek gevolg deur Mossie Botha, beide met 72 houe. BJ Claasen was vierde met 73 houe. Jaarvergadering
Die algemene jaarvergadering vind plaas op Woensdag 26 Oktober. Nominasievorms vir komiteelede is by die klubbestuurder beskikbaar.
CERES (links) het die naweek die Valley Cup kompetisie naelskraap gewen. Dit was vanjaar die vierde keer wat die Valley Cup kompetisie tussen Ceres en P.A. Hamlet/Koue Bokkeveld aangebied is.
Ceres wen Valley Cup
DIE jaarlikse Valley Cup is die afgelope naweek op Ceres gholfbaan aangebied.
Dit is die vierde keer wat die kompetisie tussen Ceres en P.A. Hamlet/Koue Bokkeveld aangebied word. Plaaslike spelers het Vrydag en Saterdag teen mekaar gespeel
in ‘n beterbal-, foursomes- en enkel stableford-formaat. Dit is dieselfde formaat wat deur die bekende Amerikaanse Ryder Cup gebruik word. Ceres het vanjaar die bordjies verhang en die trofee vir die derde keer verower. Ceres het met 12.5 teen 11.5 gewen.