Witzenberg Herald Vol.23 no. 39 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 39

R7.00

Friday, October 9, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 8 Oktober

Vrydag 9 Oktober

Saterdag 10 Oktober

Sondag 11 Oktober

11° 16°

11° 18°

10° 21°

13° 19° Ceres Koekedouw dam

100%

☎ (023) 316-2463 Lesing: 2020/10/07

Telephone: (023) 316-2021/3

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

Skieter gee homself oor aan polisie DIE man wat op Erfenisdag na bewering ‘n Bella Vista inwoner doodgeskiet het, het homself verlede Vrydag aan die polisie oorgegee. Sedert die moord op Donderdag 24 September, was Ceres polisielede warm op die spoor van Justin Mullins (38). Na hy meer as ‘n week op die vlug was, het hy homself Vrydag 2 Oktober in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee. Hy was die naweek in aanhouding en het Maandag 5 Oktober vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel na 25 November vir verdere ondersoek. Hy bly in aanhouding. Moord Manschoer Constance (34) is die betrokke Donderdagaand omstreeks 21:50, meer as twee keer raak geskiet in sy Toyota enkelkajuit bakkie. Die voorval het in Impalaweg gebeur. Justin Mullins is na die skietery deur die polisie en ooggetuies geidentifiseer. Hy het kort na die skietery op die vlug geslaan het. Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer, Manschoer Constance, gebel wat hom na die huis gehaas het. Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die polisie het later die moordwapen gevind. Ander saak Die polisie se ondersoek na ‘n poging tot moordsaak teen Mullins is afgehandel. Die saak word tans in die Ceres streekhof aangehoor. Mullins was voor die Constancemoord uit op R3 000 borgtog en moet weer op 16 Oktober in die hof verskyn.

For T&C’s visit www.steers.co.za

www.witzenbergherald.co.za

Drie gered na hul voertuig by krans afrol

‘n AMS-helikopter is Saterdag omstreeks 16:20 na die toneel in Bainskloof ontbied om die noodpersoneel na die wrak te laat afsak en die beseerde bestuurder na Tygeberg hospitaal te neem. Die wrak van die VW Polo (foto links). FOTOS: AMS/Kevin Tromp/Facebook en Drakenstein Farm Watch/Facebook

DRIE Wolseley inwoners is lig beseer nadat hulle die naweek in Bainskloof teen ‘n krans afgestort het. Die ongeluk het Saterdag 4 Oktober omstreeks 14:15 naby die Preekstoel plaasgevind toe die bestuurder van ‘n wit VW Polo, Antonio Letlabika (21), beheer oor die voertuig verloor en dit deur die klip kantversperrings langs die pad gebars het. Die voertuig het ‘n paar keer teen ‘n krans afgerol voordat dit nagenoeg 60-80 meter verder op sy wiele op rotse in ‘n rivierbedding tot stilstand gekom het. Twee insittendes, Bayron Sigila en Tashwill Munnik, het uitgeval voordat die Polo tot stilstand gekom het. Hulle het later teen die krans opgeklim om hulp te ontbied. Die Wes-Kaap nooddienste, provinsiale verkeersdienste, die Wellington en Worcester SAPD asook Wildernis-soek-en-redding en die Drakenstein Farm Watch was op die toneel. Lede van die publiek het ook gehelp om die verkeer te beheer voordat die verkeersdienste op die toneel gekom het. Sigila en Munnik is later deur nooddienste op die toneel behandel voordat hulle na ‘n hospitaal in die Paarl geneem is. Letlabika was nog in die motor vasgekeer. Digte plantegroei het nooddienstepersoneel se toegang tot die beseerde Letlabika bemoeilik. ‘n AMS-helikopter is omstreeks 16:20 na die toneel ontbied om die noodpersoneel na die wrak te laat afsak. Die bestuurder is uit die wrak gehaal en gestabiliseer voordat hy kort na 17:00 tot bo by die pad gebring is. Die helikopter het daarna die noodpersoneel gaan haal voordat hulle kort voor 18:00 met die beseerde opgestyg en na die Tygerberg hospitaal gevlieg het. Die bestuurder is ernstig beseer en het ondermeer sy kakebeen gebreek. Die drie insittendes was onderweg na Kaapstad. Ander ongeluk Twee inwoners van Ceres is twee weke gelede buite Worcester dood nadat hul motor ‘n paar keer gerol het. Francois Gerber (34) en sy ma, Lynette Swart (56) is Donderdag 24 September omstreeks 21:30 dood nadat hulle Mercedes die pad naby Rainbow Farms verlaat en gerol het. Gerber het vurkhysers op Ceres herstel en mev. Swart het die afgelope jaar by Vilko Ceres gewerk. Sy was voorheen werksaam by Hygrotech Saad op Ceres.

Make your life easier with Mobile convenience

CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!

OPEN GATE VIA MISSED CALL

from

Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience

R2 999 p/m* * T’s & C’s apply

CERES TOYOTA Voortrekkerstr. 112, CERES

Skakel Steyn, Arno, Giepie of Andre ☎ (023) 312-1057

SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES


2

WITZENBERG HERALD

Friday, October 9, 2020

JOHAN Fourie is ingehuldig as die 51ste President van Ceres Lionsklub. Die streeksvoorsitter, Herman Laubscher, het die inhuldiging behartig. Johan Fourie het die leisels Jos Kahn oorgeneem. VLNR: Amanda Fourie, Johan Fourie en Herman Laubscher.

Klanke is die oplossing TRUIDA Joubert (96) jare lange inwoner van Ceres het ‘n paar jaar gelede ‘n boekie: Ons leer klankklank lees geskryf. Die Witzenberg Herald gaan die volgende paar weke uitreksels uit die boekie publiseer. Dit sal dit vir almal maklik maak om te leer lees. Hier is Les 3.

Ons leer klank-klank lees Ons bou woorde met die volgende medeklinkers wat ons geleer het byvoorbeeld: n

r

Mot

nek

ry

tol

Mas

net

ry

stel

Met

nat

rok

tas

Mus

nul

rak

tak

Mik

niks

ruk

tent

1953/10/15 - 2020/09/24

Aag toggie! Een vlerkie het afgebreek en hy sê: v v v v Ons bou woorde met nog medeklinkers. Hou net moed want julle ken nou amper almal. w

wol

was

wen

wit

wek

v

vol

vet

vas

vel

vis

Hierdie ou lyk vir my soos ‘n gholfstok, of soos ‘n staf wat die skaapwagters in die Bybel altyd by hulle het. Hy is maar net ‘n frats. Dit klink soos ‘n kort ‘v’ (die vliegie met die kort vlerkie), maar hy lyk dan so lank en anders. Ons sê en praat van hom as ‘n lang ‘f’. Ons bou woorde met die lang f flits film

Nou kry ons ‘n klank wat lyk soos ‘n onderstebo ‘f’ met ‘n kolletjie op sy kop. Ons noem hierdie klank ‘n j. Soet kinders jok nie.

DIE Togryers museum begin met ‘n nuwe klokke-projek. Die Vriende van die museum in samewerking met die museum begin eersdaags met die projek waarin ‘n databasis saamgestel word van al die historiese klokke in en om Ceres. Die publiek word gevra om die projek te ondersteun deur enige inligting deur te stuur. Indien daar ‘n klok is waar jy woonagtig is of jy is bewus van een naby jou, skakel Marthinus de Villiers by Museumfriends2020@ gmail. com met die nodige inligting. Die instuur van fotos word verwelkom. Onthou om alle inskripsies of detail op ‘n klok sigbaar te fotografeer en nie net die klok in geheel nie. Die projek kan nie suksesvol wees sonder die hulp van die publiek nie en daarom maak ons staat om elkeen wat ‘n bydrae kan lewer.

Wilhelmina Johanna Alberts

t

Die vlieg lê op die naat van sy rug en sê: w w w w

frats fop

SYLVIA Minnaar en gesin, die Bougaardtfamilie en die Manenberg gemeenskap, wil net dankie sê, vir elke bydrae, hoe gering ookal, met die begrafnis van André Bougaardt (foto). Wees verseker dit word opreg waardeer en ons bid net die goedheid en guns op elkeen. André was ‘n bekende inwoner op Ceres wat altyd bereid was om besighede te help om los werkies te doen. Hy sal deur baie inwoners onthou word en hy was altyd bereid om ander te help.

BAIE DANKIE

m

Gemeenskap bedank vir ondersteuning met begrafnis-uitgawes

Hiermee wil ons as familie ons opregte dank en waardering betuig teenoor elkeen vir die bemoedigende boodskappe, oproepe, kaartjies en blomme met die heengaan van ‘n eggenoot, ‘n moeder en ‘n ouma. Jul belangstelling en omgee gaan nie ongesiens verby nie. Groete, Peet Alberts en kinders

KENNISGEWING

DIE Witzenberg APD het op 9 September ‘ n suksesvolle Wêreld Hart-bewusmakingsdag gevier saam met die Bella Vista gemeenskap. Die gemeenskap is bewus gemaak van verskeie maniere om beter na jou hart om te sien en om hartsiektes te vermy wat moontlike gestremdhede kan veroorsaak.

In die boedel van wyle: CINA JOSEPH Id. no. 541031 0068 081 Van: Josephvallei, Kleinbergrivier, GOUDA Boedelnommer: 012721/2019 Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 9 Oktober 2020 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH.

Jas

Juk

GEDATEER en GETEKEN te TULBAGH op hierdie 23ste dag van SEPTEMBER 2020.

Jik

jy

JOHAN BEZUIDENHOUT Prokureur vir Eksekuteur Van der Stelstr. 15, TULBAGH, 6820

Môredou woonreg te koop Ideaal vir ‘n senior selfversorgende persoon

2 Slaap-, 1 badkamer, ruim leefarea en kombuis. Motorhuis met eie privaat ingang Vir meer inligting, skakel Francis by 083-309-9349 of francis@cereskoelkamers.co.za


WITZENBERG HERALD

3

Friday, October 9, 2020

Drie verdagtes in hof DRIE mans van Tulbagh het vlugtig in die landdroshof op die dorp verskyn weens verkragting. Die drie verdagtes, tussen 28 en 32 jaar oud, is verlede week deur die polisie gearresteer na die verkragting van ‘n 12-jarige meisie. Die drie verdagtes moet weer op 16 November verskyn. Hulle bly in aanhouding. Agtergrond Die voorval het Vrydag 25 September na 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind. Die 12-jarige slagoffer en ‘n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop. Hulle is deur drie verdagtes agtervolg en later die bosse ingesleep. Die 14jarige kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied. Die verdagtes is Saterdag 26 September op Bergplaas in hegtenis geneem waar hulle woon.

Verdagte vir sielkundige waarneming gestuur

SEKER een van die mooiste fotos van Ceres! Die foto van ‘n plaaslike trailrunner van Ceres, Demetrius van Rooyen, is deur Ashwil Petersen geneem. Die foto is Dinsdagaand 29 September vanaf Oukop geneem. FOTO: Ashwil Petersen

Twee sterf OPOD-ondersoeke duur voort

DIE verkragtingsaak teen ‘n 56-jarige verdagte is die afgelope week reeds twee keer in die Wolseley landdroshof uitgestel. Die man moet teregstaan weens die verkragting van ‘n 8-jarige meisie van Wolseley. Die saak is blykbaar uitgestel sodat hy vir sielkundige waarneming gestuur kan word. Die man word in die Worcester gevangenis aangehou totdat hy weer op 13 Oktober in die hof moet verskyn. Die 56-jarige verdagte is gearresteer kort nadat hy op Vrydag 25 September die meisie verkrag het. Volgens die polisie het die voorval omstreeks 07:00 plaasgevind. Die verdagte is die slagoffer se ma se vriend. Hy het haar na bewering langs haar ma uit die bed gehaal en na ‘n boord op die plaas Rora geneem hy waar hy haar verkrag het. ‘n Getuie het later op hulle afgekom. ‘n Klag van ontvoering word ook ondersoek.

Twee jaar na verkragting sloer hofsaak nog voort

DIE Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) se ondersoek na die dood van twee mense op Ceres, duur voort. ‘n Gewapende buitelander, K. Nosothoano (26), is Saterdag 29 Augustus omstreeks 12:40 deur polisielede op Ceres doodgeskiet. Die skietery kom nadat vier mans ‘n Chinese winkel op die dorp beroof het. Twee verdagtes het daarin geslaag om te ontvlug en een man (Nosothoano) is doodgeskiet. ‘n Vierde verdagte is vasgetrek en moet op 28 Oktober in die landdroshof verskyn. Na dié skietvoorval is Lyellstraat tot by die vierrigting stopstraat by Pretoriusstraat (laagwaterbruggie) afgesper sodat polisie hul ondersoek kon voltooi. Tweede voorval Tydens die protesaksie aan die begin van Augustus is Sphiwo Dibinkondzo (40) vermoedelik deur ‘n rubberkoeël getref. Hy is Saterdag 22 Augustus in die Tygerberg hospitaal dood. Die saak word deur OPOD ondersoek en word bewyse versamel.

‘n VEROORDEELDE verkragter se saak sloer voort in die Ceres streekhof - meer as twee jaar na die voorval. Warren van Wyk (32) moet weer op 3 November in die streekhof verskyn in ‘n voor-verhoor. Hy bly in aanhouding. Agtergrond Die verkragting het op Vrydag 7 September 2018 omstreeks 18:30 plaasgevind. Van Wyk, gewapen met ‘n mes, het die 10-jarige meisie na bosse op die plaas Achtertuin geneem waar hy haar verkrag het. Hy is kort na die voorval gearresteer en het hy op 10 September 2018 vir die eerste keer weens dié verkragting verskyn. Veroordeelde verkragter Van Wyk is ‘n paar jaar gelede skuldig bevind aan verkragting en is ‘n 8 jaar vonnis opgelê. Twee jaar van dié vonnis is opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer ‘n soortgelyke misdryf sal pleeg nie. Hy is vrygelaat nadat hy ses jaar van die vonnis uitgedien het. Hy het voor die tweede verkragting by sy ma op Achtertuin gewoon.

Mullins gee homself oor aan polisie

TWEE Ceres inwoners, die 34-jarige Francois Gerber (foto) en sy ma, Lynette Swart (56), is Donderdag 24 September omstreeks 21:30 dood nadat hulle Mercedes 200 E die pad naby Rainbow Farms buite Worcester verlaat en gerol het. Berig op bladsy 1.

Voor toediening Na toediening ‘n Eenvoudige doen-dit-self, vinnige en bekostigbare oplossing vir ‘n lowergroen grasperk. Binne drie weke is jou gras lowergroen.

Vir verdere navrae stuur ‘n e-pos na

francois@groengras.co.za

Voor toediening Na toediening

Ingesluit by die doen-dit-self-prys: • Drie toedienings (3 x 8kg) kunsmis per week • Twee toedienings (2 x 5L) vloeibare kunsmis

R990

DIE man wat op Erfenisdag na bewering ‘n Bella Vista inwoner doodgeskiet het, het homself verlede Vrydag aan die polisie oorgegee. Sedert die moord op Donderdag 24 September, was Ceres polisielede warm op die spoor van Justin Mullins (38).


4

WITZENBERG HERALD

Friday, October 9, 2020

Heinrich beste by US ‘n OUDLEERDER van Charlie Hofmeyr hoërskool, Heinrich Geldenhuys (matriek 2015), het onlangs ‘n gesogte toekenning van die Universiteit van Stellenbosch ontvang. Hy het die rektortoekenning vir uitstaande akademiese prestasie as toppresteerder in BScAgri ontvang. Hy studeer planten grondkunde.

Minister Madikizela besoek Ceres om aandag op provinsiale taxi-lekgotla te vestig DIE Wes-Kaap minister van vervoer en publieke werke, Bonginkosi Madikizela, het Woensdag die Ceres taxistaanplek besoek om die aandag op die komende provinsiale taxi-lekgotla te vestig wat van 14-15 Oktober gaan plaasvind. Hy het ook operateurs in die streek aangemoedig om hieraan deel te neem. Hy het ook taxieienaars en taxi-bestuurders gemaan om hulle te weerhou van taxigeweld. Madikizela het ook met die Witzenberg en Drakenstein munisipaliteite vergader en terugvoering gegee oor die afgelope weke se onderhandelings met die S.A. National Taxi Council (SANTACO), Cape Amalgamated Taxi Association (CATA) en die Congress of Democratic Taxi Association (Codeta). Buite Kaapstad het Ceres en die Paarl die meeste voorvalle van taxigeweld ondervind. Daar was meer as 60 moorde in die Wes-Kaap.

‘n TENNISSPELER van Laerskool F.D. Conradie, Dawid Scholtz, is een van die Top 28 o/14 spelers in die land wat genooi is om aan die Growthpoint Junior nasionale tennistoernooi deel te neem. Die toernooi vind vanaf 29 Oktober tot 2 November in Bloemfontein plaas.

BOORD SPANLEIER

Koelfontein Landgoed is op soek na ‘n dinamiese leier wat ‘n span kan lei tot optimale produktiwiteit in ‘n gedissiplineerde omgewing. Vereistes: • Vorige ondervinding in ‘n leierskap posisie, verkieslik as spanleier • Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans • Xhosa en/of Sotho taalvaardigheid, sal jou aansoek versterk • Moet dissipline kan handhaaf en na optimale produktiwiteit streef • Goeie organisering-, beplanning- en konflikhanteringsvaardighede. Verantwoordelikhede: • Toesighouding oor span • Implementering van beleid • Kwaliteit kontrole• Motivering van werkers• Handhaweing van dissipline • Meting van produktiwiteit • Rapportering aan bestuur• Kontrole en beheer oor klokstelsel.

BEWAARSKOOL JUFFROU

Koelfontein Creche is op soek na ‘n veelsydige, professionele onderwyser wat vreugde vind in die ontwikkeling van die voorskoolse kind en oor die nodige ervaring beskik. Vereistes: • ‘n Minimum vereiste is ‘n NQF ECD Vlak 1 of hoër kwalifikasie en 2 jaar ondervinding in ‘n soortgelyke posisie • Die persoon moet opleibaar en leergierig wees met ‘n groot liefde vir kinders en goeie kommunikasievaardighede • Vaardigheid in Xhosa sal die aansoek versterk. Verantwoordelikhede: • Versorging en toesig van leerders • Voorbereiding en aanbieding van lesplanne • Stimulering van leerders • Implementering van standaard operasionale prosedures Rig u aansoek en CV (meld asb. duidelik die pos waarvoor u aansoek doen) per e-pos aan Koelfonteintein Landgoed vir aandag: maree@koelfontein.co.za of handig dit in by Koelfontein kantoor. Sluitingsdatum vir beide aansoeke: 16 Oktober 2020 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

TWINTIG tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld het onlangs aan die 2020 tennisproewe deelgeneem. Veertien spelers is opgeneem in die Kaapse Wynland tennisspan wat op 9 en 10 Oktober teen Weskus en Overberg gaan meeding.


WITZENBERG HERALD

Friday, October 9, 2020

COVID-19 gevalle daal drasties, twee inwoners sterf in streek

AL het die COVID-19 positiewe gevalle in die Wes-Kaap skerp gedaal, was daar die week weer twee inwoners van die Witzenbergstreek wat gesterf het aan dié virus. Nege en sestig Witzenberg-inwoners het sedert 1 Maart in die Witzenbergstreek weens die virus gesterf. Statistieke Teen Dinsdag 7 Oktober was daar 1636 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld. Hiervan het 1552 herstel met slegs 17 aktiewe gevalle wat nog gesond moet word. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 4219 (tot 7 Oktober), daar is 110 915 positiewe gevalle aangemeld en 104 471 het volkome herstel. Voorsorgmaatreëls Voorsorgmaatreëls teen COVID-19 moet steeds gehoorsaam word om te keer dat ‘n verslapping in inperkingsregulasies nie lei tot ‘n tweede vlaag van die siekte nie. Dra jou masker, was gereeld jou hande, hou ‘n veilige afstand van ander en vermy groot byeenkomste. Infrastruktuur en dienste Die tydelike toets en triage-eenheid wat op

30 April by Ceres provinsiale hospitaal opgerig is, word tans verwyder. Die eenheid het addisionele spasie gebied vir personeel om COVID-19-sifting en -toetsing te doen. Almal wat na gesondheidsfasiliteite kom word steeds algemene vrae oor hul gesondheid gevra as deel van die siftingsproses en die wat kwalifiseer, word vir COVID-19 getoets. Daar is ook ‘n spesiale fokus op TB en na aanleiding van die siftingsproses, kan jy gevra word om jou vir TB te laat toets. Onthou dat jou eerste stop wanneer jy gebruik wil maak van gesondheidsdienste, jou naaste kliniek of dokter se spreekamer is. Van hier sal jy verder vir dienste verwys word. Tydens ‘n noodgeval, moet jy die ambulans bel (10177) of na die naaste hospitaal gaan. Volgens Vlak 1 regulasies van die inperking, mag pasiënte wie in die hospitaal is, steeds nie besoekers ontvang nie. As jy simptome soos ‘n skielike hoes, koorsigheid, moegheid en ‘n verlies van jou smaak- of reuksintuie ervaar en jy dink jy het COVID-19, bel (021) 928-4102, jou kliniek of jou dokter se spreekkamer.

DIE tydelike toets en triage-eenheid wat 30 April by Ceres provinsiale hospitaal opgerig is, word tans verwyder.

Botha-moordsaak weer uitgestel DRIE moord-verdagtes bly agter tralies terwyl ‘n vierde verdagte (17), se uitstaande borginligting bekom moet word. Drie verdagtes, Aiden Abels (27), Andrew Gouws (30) en Justin Adonis (30) het Donderdag 1 Oktober weer in die Tulbagh landdroshof verskyn weens die moord op dr. Roelof Botha (59). Die saak is vir verdere ondersoek na 28 Oktober uitgestel. Die saak teen die 17-jarige meisie is uitgestel tot 15 Oktober om ‘n alternatiewe woonadres te bevestig. Sy word op 28 Oktober 18 jaar oud. Borgtog is op 8 Julie aan die meisie toegestaan met voorwaardes dat sy 24-uur onder huisarres moes bly in Wolseley (Pinevalley) en geen kontak mag hê met staatsgetuies nie. Die vrou wat haar grootgemaak het en voorheen op Wolseley gebly het, het egter verhuis. Agtergrond Dr. Roelof Botha (59) is op 1 Junie omstreeks 18:45 op die Schalkenbosch grondpad vermoor. Botha is kort na hy klaar kleiduif geskiet het, oorval by sy Toyota Landcruiser voertuig en meer as agt keer met ‘n mes gesteek. Hy is langs sy voertuig dood. Die moordwapen, ‘n mes, is later op die toneel gevind. Talle leidrade is opgevolg waarna drie verdagtes, Abels, Gouws en Adonis, die dag na die moord gearresteer is. Die meisie is op 3 Junie gearresteer. Die verdagtes is skaars 2 kilometer van die moordtoneel in die Witzenville woonbuurt vasgetrek.

LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68(1) of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Mortgage Bond Number B.22429/2000 in the name of PALMYRA TRUST, Registration Number IT.3808/1996 in respect of: PORTION 12 OF THE FARM STINK FONTEIN NUMBER 383, in the Witzenberg Municipality, Divison of Ceres, Province of the Western Cape; IN EXTENT: 78,3812 (Seventy Eight Thousand comma Three Eight One Two) hectares which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town, Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Malmesbury this 2nd day of October 2020. APPLICANT: DU PLESSIS & MOSTERT 13 Piet Retief Street, Malmesbury E -mail address: eddie@dupmos.co.za Contact number: (022) 482-1101 Dr. Roelof Botha (59).

KOSTE ANALIS EN STELSEL KONTROLEERDER - FLEXI TYD Die Harmonie Groep, ’n goed gevestigde groep van landbou ondernemings, beskik tans oor hierdie uitdagende geleentheid op die dorp Ceres by die groep se gesentraliseerde admin kantoor

5

Indien jy ‘n langtermyn loopbaangeleentheid met flexityd verlang en ‘n dinamiese persoon is wat beskik oor detail administratiewe- en organisasievaardighede wat gerugsteun word deur toepaslike naskoolse opleiding en praktiese ondervinding, sal hierdie pos ‘n geskikte uitdaging vir jou wees. Die pos sal aan die Groep Finansiële Bestuurder rapporteer, met skakeling na die finansiële en produksie departemente van verskeie Groep ondernemings en verantwoordelik wees vir: • Kosteverslagdoening /-ontleding • Byhou en rapportering van operasionele statistieke • Administrasie van voorraadbeheer • Roetine kontrolering en rapportering van interne beheerstelsels • Ad hoc take en projekte soos van tyd tot tyd vereis. Die ideale posbekleër: • sal ‘n erkende rekenkundige graad met honneurs / CFA / SAIPA hou • het ten minste 3 jaar toepaslike ervaring • is detail gefokus • is selfgedrewe met vermoë om interafhanklik te funksioneer • het kennis van rekeningkundige pakkette • beskik oor gevorderde Excelvaardighede. ‘n Markgerigte vergoedingspakket, met prestasievergoeding en lidmaatskap tot die groep se aftree- en mediese fonds word aangebied in ruil vir die verlangde vaardighede en ondervinding van die suksesvolle kandidaat. Rig ’n CV, wat drie kontakbare verwysings insluit, in vertroulikheid per epos na: mannekrag@morester.co.za om ons spoedig te bereik. Die ontvangs van u aansoek sal bevestig word, maar slegs kortlyskandidate sal binne drie weke ná die sluitingsdatum weer gekontak word. Ons volg ’n Gelyke Geleenthede Beleid.

LOST OR DESTROYED DEED Notice is hereby given in terms of Regulation 68(1) of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Mortgage Bond Number B.23473/2001 in the name of ACHTERTUIN TRUST, Registration Number IT.1632/1994 in respect of: 1. THE FARM ACHTERTUIN NUMBER 432, in the Witzenberg Municipality, Divison of Ceres, Province of the Western Cape; IN EXTENT: 126,7773 (One Hundred and Twenty Six comma Seven Seven Seven Three) hectares 2. PORTION 53, PORTION OF PORTION 30 OF THE FARM STINK FONTEIN NUMBER 383, in the Witzenberg Municipality, Divison of Ceres, Province of the Western Cape; IN EXTENT: 110,5295 (One Hundred and Ten comma Five Two Nine Five) hectares which has been lost or destroyed. All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at Cape Town, Room 1216, 12th Floor, 90 Plein Street, Cape Town within two weeks from the date of the publication of this notice. Dated at Malmesbury this 2nd day of October 2020. APPLICANT: DU PLESSIS & MOSTERT 13 Piet Retief Street, Malmesbury E -mail address: eddie@dupmos.co.za Contact number: (022) 482-1101


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karen ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Jacques Morné (Jakie) de Bruin

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300 Privaat begrafnis: Sat. 10 Okt. 2020

Sy laaste woorde: “Here, ek gee my siel oor in U hande...” ...he went Home...

082-399-4068 Services: sell, install & repair

✔ Wiring ✔ Radios ✔ Alarms ✔ Batteries ✔ Duel battery systems ✔ Starters ✔ Alternators Work done on motors, bakkies, off-road trailers, trucks, forklifts & tractors. Number ONE in quality service

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

(Soos nuut)

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

Skakel Dottie

STEFAN STEYN 083-227-6476

082-651-4517

TE KOOP Moderne stort- en deurpaneel 900m x 1800cm

R550

Gemakstoel nuut en modern oorgetrek.

R450

Skakel 073-561-3919 Bondels koerante @ R15 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Tweedehandse grassnyer. In baie goeie toestand. Elektries of petrol aangedrewe. Skakel 083-789-4857. c/s CY85 9/10

Voortrekkerweg (oorkant DK Karwas)

vir afsprake

AND FRAMES

R3 000

Doggie Diva Honde Salon

083-396-5018

TE KOOP

YAMAHA keybord

NUUT IN CERES

Skakel

1983/05/21 - 2020/09/28 (10vm)

Volgende reëls in opdrag van die regering: • Slegs 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Onthou om hande te was of gebruik sanitizer • Maskers is verpligtend. Huis Huis: 10:00, Burgstr. 426, Bella Vista Graf Graf: Owenstraat, Ceres

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 59 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

SELECT LAUNDRY

(023) 316-1201 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres •Wasgoed van die publiek en besighede kan teen baie billike pryse hier gewas, gedroog en gestryk word. •Bring wasgoed ook in vir nét droog of stryk. Ons voldoen aan u versoek

Gold Metal Carpet Care. Skoonmaak van alle matte, gestoffeerde meubels, matrasse en voertuigsitplekke. Maak leë huise en kantore skoon tydens of na verhuisings. Skakel Mari 084-212-3020. rek G69 w.t.o Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation”. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o

STOOR TE HUUR (P.A. Hamlet) • 250m² • 9 gewone muurproppe • 3x driefase kragpunte • toilet • 2x stoorkamers • kantoor • alarm

Op soek na iemand wat langtermyn wil huur.

Skakel Potjie Geldenhuys vir meer inligting

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

DIE Togryers museum begin met ‘n nuwe klokke-projek. Die Vriende van die museum in samewerking met die museum begin eersdaags met die projek waarin ‘n databasis saamgestel word van al die historiese klokke in en om Ceres. Die publiek word gevra om die projek te ondersteun deur enige inligting deur te stuur. Indien daar ‘n klok is waar jy woonagtig is of jy is bewus van een naby jou, skakel Marthinus de Villiers (voorsitter) by Museumfriends2020@gmail.com met die nodige inligting. Die instuur van fotos word verwelkom. Onthou om alle inskripsies of detail op ‘n klok sigbaar te fotografeer en nie net die klok in geheel nie. Die projek kan nie suksesvol wees sonder die hulp van die publiek nie en daarom maak ons staat om elkeen wat ‘n bydrae kan lewer.

SESSOL

Werksgeleentheid vir goedversorgde en energieke jeugdiges, in ‘n verkoops- en bemarkingsonderneming met geleentheid om te reis. Word maandelikse basiese salaris plus kommissie aangebied. Suksesvolle kanidate verdien tussen R6 000 en R12 000 p/m. Stuur jou CV na: salieshellar1981@gmail.com

of per Whatsapp na: 063-025-2341 Sluitingsdatum: 13 Oktober 2020

Betroubare persoon om oor naweke te werk. Moet ondervinding het en eie vervoer.

Stuur CV en foto na

clubhazeoffice@gmail.com

083-703-4811

PLANT AND TOOL HIRE

nuusbrokkies

BETROUBARE HUISHULP/ KLEUTER OPPASSER Vir voltydse werk in PA Hamlet. Moet ondervinding en eie vervoer hê. Vir eerste rondte van onderhoud, stuur nommer na: 072-285-1113

KROEGMAN

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na TVL. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

Friday, October 9, 2020

Togryers museum soek na ou gebruiksartikels DIE Togryers museum vra inwoners wie se ouers/ grootouers enige oudhede of enige ander gebruiksartikels het uit Ceres se vroeëre dae, om dit te oorweeg as skenking aan die museum. Die museum het heelwat geskrewe inligting oor die dorp se ontwikkeling maar baie min voorwerpe wat Ceres se storie vertel. Die ou bruin papiersak (onder) is destyds deur Baum se winkel gebruik om kruideniersware in te pak. Baum was geleë op die hoek van Voortrekker en Vosstraat, Ceres. Die erdebottel (bo) uit Raskin se koeldrankwinkel in Trichardstraat, destyds New Street. * Soek gerus rond en bring dit waar dit in veilige bewaring sal bly vir die volgende geslag wat die dorp moet leer ken.

STERFGEVAL KENNISGEWINGS Na talle navrae aangaande die bogenoemde in die Witzenberg Herald, net die volgende ter kennisname: ENIGE persoon kan begrafnisondernemers versoek dat hul familielid se doodsberiggie met persoonlike boodskap en begrafnistye in die koerant gepubliseer moet word. Dié kostes is gewoonlik by begrafnispolisse ingesluit. Familie kan dit ook direk by die Witzenberg Herald kantore in Voortrekkerstraat kom plaas. ☎ (023) 316-2021

SEPTEMBER was Erfenismaand en die Togryers museum het ‘n nuwe projek gelods met die tema: Elke straat vertel ‘n storie - Every corner tells a story. “ Ons is baie opgewonde om al die stories te lees en die museum argief so uit te brei. Daar is geen spesifieke jaartal nie dus kan dit uit enige tydperk uit dateer. Elke straat en sy inwoners - hetsy jy op Ceres, P.A. Hamlet of Nduli bly - het ‘n storie om te vertel. Die Togryers museum wil graag stories van mense en hul dinge bymekaar maak. Of dit Krige, Lyell, Barlinka, Naudé of St.Paulstraat is - ons wil jou ervarings hoor. Inwoners kan hul vertelling opneem, tik om met die hand neerpen. Bring dit na die Togryers museum in Oranjestraat of stuur dit per epos na togryersmuseum@gmail.com ‘n NUWE fotografieklub vir die Witzenbergstreek is onlangs gestig. Belangstellendes kan begin aansluit by die Witzenberg Photographic Society (WPS). Vir meer inligting skakel Phillip de Lange by 078-8639-184 of Gerrit Opperman by 083-2538-240. Die eerste vergadering (elke tweede Donderdag van die maand) vind op 8 Oktober plaas in die Togryers museum se saal. WITZENBERG Vereniging vir persone met gestremdhede (APD) gee kennis van hul jaarvergadering wat op 29 Oktober plaasvind. Die vergadering vind plaas om 15:00. Die WAPD sal verslag lewer oor hulle werksaamhede in 2020. Vir navrae skakel Muriel George by (023) 312-3935 of die voorsitter Hennie Moses by 060372-4849. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. HET jy ‘n belangstelling in Ceres se kultuur-historiese erfenis? Waarom nie aansluit by die Vriende van die Museum teen ‘n minimale lidmaatskapfooi? Die organisasie beywer hom vir die bewusmaking, bewaring en uitbou van die groter Ceres se historiese erfenis. Aansoekvorms is by die Togryers museum (023) 312-2045 verkrybaar. BELANGRIKE KENNISGEWING. Die PPK toer na Israel vind weens COVID19 eers vanaf 6 tot 13 Desember 2021 plaas. Navrae kan aan past. Isaac Jacobs gerig word by 084-657-4673 of stuur ‘n epos na isaacjacobs50@yahoo.com Beperkte plek beskikbaar. Sag. 12:8 “Daardie dag sal die Here die inwoners van Jerusalem beskerm. Selfs die swakste van hulle sal daardie dag soos Dawid word, en die koningshuis van Dawid sal soos ‘n hemelwese word, soos die engel van die Here wat voor hulle uit gaan.”

Evangelis Jacobs


WITZENBERG HERALD

7

Friday, October 9, 2020

Nathan Jacobs wen NBHU presidentsvlug KOOS Persens van CPS duiweklub en JB Erasmus van Hamlet duiweklub het die naweek seker gemaak dat die streek Saterdag 3 Oktober se twee uniale vlugte vanaf Hopetown, kon wen. Saterdag 10 Oktober word die tweede laaste wedvlug van die seisoen vanaf Britstown gevlieg. CHPS Hopetown Ope1 1. Cyril & Ann Davids 1243.714 mpm 2. Clarence van Wyk 1204.404 mpm 3. Cyril & Ann Davids 1169.155 mpm 4. Cyril & Ann Davids1137.877 mpm 5. Clarence van Wyk 1114.318 mpm Hopetown Ope2 1. Clarence van Wyk 1208.384 mpm 2. Cyril & Ann Davids 1137.877 mpm 3. Cyril & Ann Davids 1079.012 mpm 4. André & Aiden Koopman 1057.520 mpm 5. Cyril & Ann Davids 1010.466 mpm BHPS Hopetown Ope1 1. M. Pieterse 1224.401 mpm 2. M. Pieterse 1220.127 mpm 3. L. Koopman 1190.524 mpm 4. M. Pieterse 1190.022 mpm 5. R.A. Van Wyk 1185.991 mpm Hopetown Ope2 1. L. Koopman 1210.913 mpm 2. R.A. Van Wyk 1209.544 mpm 3. N. Pedro 1184.539 mpm 4. L. Koopman 1181.858 mpm 5. N. Pedro 1163.935 mpm Marquin Pieterse se duif was die vinnigste terug by die hok na ‘n klipharde wedvlug. CPS Hopetown Ope1 1. N. Jacobs 1247.630 mpm 2. Krotz Lofts 1230.636 mpm 3. Krotz Lofts 1223.201 mpm 4. Blue Mountain Loft 1199.501 mpm 5. CT Nige 1191.042 mpm Hopetown Ope2 1. Blue Mountain Loft 1286.147 mpm 2. De Jager broers 1285.960 mpm 3. Blue Mountain Loft 1248.685 mpm 4. JRK Loft 1231.899 mpm 5. Blue Mountain Loft 1191.982 mpm Nathan Jacobs het die NBHU presidentsvlug gewen. Tulbagh duiweklub Hopetown Ope1 1. Silvervaring 1224.807 mpm 2. Silvervaring 1215.204 mpm 3. Silvervaring 1115.676 mpm 4. Rodrick Albertus 1087.501 mpm 5. Silvervaring 1060.526 mpm Hopetown Ope2 1. Silvervaring 1257.676 mpm 2. Silvervaring 1096.484 mpm 3. Silvervaring 1093.019 mpm 4. Rodrick Albertus 1087.501 mpm 5. Charles Swarts 972.014 mpm

CERES rolbalklub het, in samewerking met Tulbagh rolbalklub, die naweek van 2-4 Oktober gasheer gespeel vir Plumstead rolbalklub. Daar is Vrydag bietjie litte losgemaak vir Saterdag se kompetisie. Saterdag het die rolbalklubs mekaar op die baan aangedurf met 6 spanne van 4 spelers elk. Na 18 uitstekende en spannende wedstryde het die spanne gelykop geëindig. Met die uittel op die punteverskil was Plumstead die wenners. * Na afloop van die dag se spel, is spelers getrakteer op ‘n lekker braai en gesellige samesyn.

Moordsaak uitgestel

TULBAGH SAPD het Donderdag 29 September met leerders van Hoërskool Waveren sowel as die VOO-band oor misdaad gepraat. AGTER: A.o. Deon Roode en Wylie Seroot. VOOR: Sersant Julien Theunissen, Andelene Michaels (skoolhoof), sers. Aldon Beukes, sers. Carl Klein, Hemley Rhode en Gershwin Waterboer.

DRIE minderjarige moordverdagtes van Ceres se saak is verlede Maandag tot einde Oktober uitgestel. Drie seuns, twee van 17 jaar en een van 16-jaar oud, se hofsaak is na Woensdag 28 Oktober uitgestel in afwagting van ‘n streekhofdatum. Hulle is in Juliemaand deur die Ceres landdroshof op waarskuwing in hulle ouers se toesig vrygelaat. Die drie word aangekla van die moord op Brandon Claasen (35). Moord Claasen is Woensdag 24 Junie omstreeks 19:20 vermoor terwyl hy met ‘n vriend gestaan en gesels het. Die voorval het naby die wit kafee op die hoek van Limpopo- en Noordhoekstraat in Bella Vista plaasgevind. Ses seuns tussen die ouderdomme van 11 en 17 jaar oud, het van die winkel gestap en in ‘n argument met Claasen betrokke geraak. Paar van die seuns het hom aangeval en elk een keer met ‘n mes gesteek.

REGISTREER VIR DEERNIS-SUBSIDIE Witzenberg Munisipaliteit sal vanaf 12 Oktober tot 5 November 2020 ‘n massa deernis-aansoekregistrasie veldtog loods wat eers gaan fokus op bestaande deernis-kliënte, wie se deernis-subsidie verval het tussen Januarie en einde September 2020. Hierdie deernis-aansoekregistrasie sal slegs van toepassing wees per uitnodiging. Na hierdie proses sal daar geleentheid wees vir kliënte wat vir die eerste keer wil aansoek doen vir ‘n deernis-subsidie. Neem kennis dat indien u deernis-subsidie hernu is voor einde Maart 2020, u nie aansoek hoef te doen tydens die veldtog nie. Subsidies wat verval het tydens die staat van inperking tot en met einde September 2020 (asook deernis-subsidies wat nie hernu is tussen Januarie 2020 en die aanvangsdatum van die staat van inperking nie) moet wéér aansoek doen by die datums soos hieronder aangedui. U kan by enige van die onderstaande datums u aansoek kom hernu (slegs per uitnodiging): DATUM Bella Vista Wolseley, Pine Valley Wolseley, Montana Tulbagh P.A. Hamlet Nduli Op-die-Berg Ceres

AREA Bella Vista Gemeenskapsaal Pine Valley Gemeenskapsaal Montana Gemeenskapsaal Tulbagh Gemeenskapsaal Prince Alfred’s Hamlet Gemeenskapsaal Nduli Gemeenskapsaal Nuykintabasaal Ceres Stadsaal

SAAL 12 - 15 Oktober 2020 19 - 20 Oktober 2020 21 - 22 Oktober 2020 26 - 27 Oktober 2020 28 Oktober 2020 2 November 2020 3 November 2020 4 - 5 November 2020

Bring asb. die volgende dokumentasie saam: - Bewys van inkomste: salarisstrokie, SASSA pensioen (bring u SASSA kaart saam), bankstaat (indien u privaat pensioen ontvang) of eie besigheid bedryf - Afskrif van rekeninghouer en eggenoot/lewensmaat se identiteitsdokument - Afskrifte van minderjarige kinders se geboortesertifikate - Mees onlangse munisipale rekening - Afskrif van u huweliksertifikaat, indien van toepassing - Voltooide IPO 2 (sal aangeheg wees by u uitnodigingsbrief). Voltooi die vorm by die SAPD. - Voltooide IPO 6 (sal aangeheg wees by u uitnodigingsbrief). Die vorm moet voltooi word deur u werkgewer indien u werksaam is. - Bring die uitnodigingsbrief saam - Dra van masker tydens die aansoekproses is verpligtend


8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeurs0reg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, October 9, 2020

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Ceres wen weer die Valley Cup

DIE Old Oak-span van WP het die jaarlikse Tarzan rolbaldag op Saterdag 26 September gewen.

CERES rolbalklub het verlede week uitgeblink tydens die jaarlikse Tarzan rolbaldag wat op Saterdag 26 September aangebied is. Die span van Charmaine Mostert, Eleen Fourie en Jan van Schalkwyk was in die tweede plek met Stoffel Lambrechts, Engela Lambrechts en Marietjie van den Bergh in die derde plek.

DIE jaarlikse Valley Cup is die naweek op Ceres gholfbaan aangebied. Dit is die tweede jaar wat die gholfkompetisie tussen Ceres en P.A. Hamlet aangebied word. Plaaslike spelers het Vrydag en Saterdag teen mekaar gespeel in ‘n beterbal-, foursomes- en enkel stableford-formaat. Dieselfde formaat as die bekende Amerikaanse Ryder Cup word gebruik. Ceres het die kompetsie vir ‘n tweede keer gewen, die keer met 13-11. Na Vrydag se beterbal-kompetisie was Ceres 4-2 voor maar P.A. Hamlet het Saterdagoggend die bordjies in die foursomes-kompetisie verhang met ‘n 4-2 oorwinning. Spanne was Saterdagmiddag gelyk met die aanvang van die enkelspel wedstryde. Ceres het dit 7-5 gewen. Klubkompetisie Dit was ‘n besige naweek op die gholfbaan met 94 spelers wat Saterdag gespeel het. Die enkel houespel-kompetisie is deur André Hauptfleisch met 67 houe gewen. Alvin Minnaar was in die tweede plek, ook met 67 houe. Divan Maasz was derde met 68 houe gevolg deur Hendry Titus met 69 houe. Goeie brutotellings is aangeteken deur Dricus Swart (69), Roy Engelbrecht (71), Clement de Bruin (71) en Lourens Strydom (73).

SATERDAG se enkel houespel-kompetisie is deur André Hauptfleisch gewen.

Rolbaldag groot sukses Twee spanne van Ceres het tweede en CERES rolbalklub het verlede week uitgeblink tydens die jaarlikse Tarzan derde geëindig. Bedank rolbaldag.

Tulbagh rolbalklub het weer die toernooi op Saterdag 26 September aangebied. Die klub bied jaarliks die toernooi aan om fondse vir die klub in te samel. Die toernooi word goed ondersteun deur rolbalklubs in die Boland en uit die Kaapstad-omgewing. 12 spanne het vanjaar aan die toernooi deelgeneem. Die span van Old Oak in Durbanville het die kompetisie gewen.

Tulbagh rolbalklub wil Tarzan Skoene bedank vir hul volgehoue ondersteuning van die klub. Die klub speel in die herfs, winter en lente rolbal om op Saterdae om 14:00 en 16:00 op Woensdae. Enigiemand is welkom om te kom saamspeel. Afrigting is beskikbaar. Vir navrae skakel Jacques by 073-4692-240.

DIE jaarlikse Valley Cup is die naweek op Ceres gholfbaan aangebied. Dit is die tweede keer wat die kompetisie tussen Ceres en P.A. Hamlet aangebied word. Hier is die twee spanne afgeneem.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.