Witzenberg Herald Vol.27 no.41 (Online Weergawe)

Page 1


Vrou (34) in hof na diefstal by Rustenburg myn

DIE Valke in die Noordwes provinsie ondersoek sedert 2019 twee gewese werknemers van Sitona Mining nadat dié personeellede meer as R10 miljoen gesteel het.

Een van die vroue, wat aangekla is van die diefstal en bedrog van meer as R1 miljoen, Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (34), het die afgelope tyd op Ceres gewoon en gewerk.

Sy het Maandag 14 Oktober weer in die streekhof op Rustenburg verskyn.

Volgens genl.maj. Patrick Mbotho van die Noordwes Valke, is die saak uitgestel na 17 Januarie 2025 Bedrog Cunningham is in Junie 2022 saam met Dinah Dorothea Botes (42) deur die Noordwes Valke se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid gearresteer weens die diefstal van meer as R10 miljoen. Die misdade is tussen 2014 en 2019 by die Sitona mynmaatskappy naby Rustenburg gepleeg waar die twee vroue in die rekeninge-afdeling werksaam was.

Huispryse styg skerp op Ceres

UIT‘nartikelindieBurger,blykditdatCeressehuisprysedieafgelope 10 jaar kwaai die hoogte ingeskiet het. Volgens die artikel is mense opsoek na ‘n goeie leefstyl en skole wat huispryse in die Boland en Kaapse Wynland, skerp laat styg het. Data van die eiendomsinligtingsmaatskappy, Lightstone, wys Ceres se eiendomspryse het met 350% gestyg - van R400 000 in 2014 tot R1.8 miljoen in 2024.

In ander buurdorpe soos Riebeeck-Kasteel en Malmesbury, het pryse onderskeidelik met 100% en 88% toegeneem.

In die artikel sê Pierre Germishuys (Seeff lisensiehouer in die Boland en Kaapse Wynlandstreek) dat die oplewing in die eiendomsmark in 2021-2022 hoofsaaklik deur lae rentekoerse gedryf is. Hy sê dat vooruitsigte vir die volgende dekade positief bly. Die gemiddelde 2024 huisprys op Ceres is R1.8 miljoen teenoor 2019 se R852 000. Dit is ‘n 111% verhoging die afgelope 5 jaar. Tulbagh verskyn ook op lys met ‘n gemiddelde huisprys van R1 miljoen in 2024 teenoor R935 000 in 2019.

Dit is slegs ‘n 7% verhoging die afgelope 5 jaar.

Botes is in Februarie vanjaar skuldig bevind en gevonnis op 126 aanklagte van nagenoeg R9.3 miljoen. Sy het die geld in twee persoonlike rekeninge inbetaal. Sy is op 16 Februarie tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Cunningham het na bewering dieselfde metodes as Botes gebruik om meer as R1 miljoen na haar persoonlike rekening oor te plaas. Sy is aangekla van diefstal en bedrog asook oortredings van die Paia-wet op die opbrengs van misdaad en die konfiskering van bates wat deur kriminele aktiwiteite verkry is. Sy is tans uit op R15 000 borg.

‘n GEWESE werknemer van ‘n mynmaatskappy op Rustenburg, Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (34), het weer in die hof verskyn. Sy het die afgelope tyd op Ceres gewoon en gewerk.

Planne vorder vir nuwe leefstylsentrum

‘n SAKEMAN van Ceres glo dat die beplande leefstyl-winkelsentrum wat hy tussen Ceres tennisklub en Ceres rolbalklub wil bou, ‘n positiewe impak vir die dorp inhou desondanks ‘n paar besware wat teen die projek ingedien is.

Die spertyd vir indien van besware was Vrydag 11 Oktober.

Lees meer hieroor op baldsy 3

Skryf nou in

VRIENDE van die Togryers museum, het Vrydagaand 11 Oktober, ‘n baie suksesvolle Italiaanse-aand aangebied as deel van hul jaarlikse fondsinsameling. Groot waardering word uitgespreek teenoor Ceres Lionsklub, spesifiek Annemari en Lino Pileggi en hul span, wat gesorg het vir die heerlike Italiaanse-ete. Die Vriende van die Togryers museum beywer hul vir die bewusmaking van Ceres en omgewing se kultuur-historiese erfenis. Indien jy belangstel om deel te word, kan jy in verbinding tree met die Togryers museum. * Lede van die Ceres toerismekantoor het ook die geselligheid bygewoon. VLNR: Asha Links, Julian Muller en Joëween Matheus.

NOTICE

In the Estate of:

DIANNA MARY LINLEY

Id. no. 560207 0139 082

Date of death:

2024/05/04

Estate no: 011314/2024

Creditors and Debtors in the above Estate are hereby required to file their claims with and pay their debts to the undersigned within 30 days from FRIDAY 18 OCTOBER 2024

H. PRETORIUS ATTORNEYS

H. PRETORIUS

20 Church Street, Tulbagh 6820

E-mail: hpretprok@gmail.com

Phone (071) 347-8321 Ref: LINLEY

bied aan

SKAAPKOPETE

Word bedien met heerlike varsgebakte brood!

7 November 2024

Tyd: 18:30 @ R200 per persoon

Kaartjies beskikbaar by Huis Maudie Kriel kantoor. Vir bestellings skakel ons by (023) 312-1950.

interskolestryd het onlangs tussen Bella Vista Hoërskool en Ceres Sekondêr plaasgevind. Die dag was ‘n groot sukses en sport en sportmangees het gewen. Ceres Sekondêr het die skaak met 20-10 gewen.

MOOI Uitsig primêr het Donderdag 11 Oktober Goeie Welstand-dag gevier. Personeel het blou klere aangetrek om die gemeenskap bewus te maak van hul gesondheid en om gesonder te leef.

het: NJG Vervoer

WERKTUIGKUNDIGE ASSISTENT & SWEISER

‘n Vakature het ontstaan op een van Doornkraal Agri se produksie-eenhede vir ‘n toegewyde en gemotiveerde persoon om dienste te lewer as Werktuigkundige Assistent & Sweiser. Die posbekleër sal aan die Werkswinkelbestuurder rapporteer.

Noodsaaklike pligte:

•Meganiese onderhoud en herstelwerk van alle voertuie en implemente

•Instandhouding van geboue, pompe, boorgate en implemente op die plaas

•Sweis- en metaalwerk

Vereistes:

•Minimum 5 jaar toepaslike ondervinding in soortgelyke agtergrond

•Moet onder druk en in spanverband kan werk

•Geldige Kode 8 rybewys

•Sober gewoontes

Sluitingsdatum vir aansoeke: 1 November 2024

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

CV kan gerig word aan: hr@dkagri.co.za

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd beskik tans oor tydelike vakature in die ondergemelde pos:

VRUGTE

ONTVANGSKLERK

Verantwoordelikheid sal aanvaar word vir die volgende sleutel prestasie-areas:

•Hantering van weegbrug (Weeg van Vragte)

•Insleutel van inligting op stelsel

•Ontvang en uitreiking van leë grootmaat houers

•Inneem en oordrag van Vrugte

•Algemene kantoor administrasie

Kandidate moet oor die volgende beskik:

•Rekenaar- en syfervaardig wees en oor die vermoë beskik om opgelei te word

•Goeie kommunikasie- en probleemoplossingsvaardighede

•Oor ‘n goeie werksrekord en gesonde werksetiek beskik

•‘n Graad 12 kwalifikasie sal in die guns van kandidate tel Stuur asseblief u aansoek per e-pos aan:

Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd

Posbus 366, Ceres, 6835

E-pos: dlintnaar@cfp.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 24 Oktober 2024

CERES Omgeemense het Saterdag 12 Oktober hul jaarlikse “Ooms Braai” buite Ceres aangebied. Ooms van Huis Maudie Kriel, Ceres Tuiste, Môredou, Gydosig en ‘n paar wat in die dorp woon, is genooi. Daar was 40 mense by die braai wat heerlike tjops en roosterkoek geniet het. Baie stories van die verlede is tydens die geselligheid met mekaar gedeel. * Dankie aan die borge wat die dag moontlik gemaak
(Annes), Brenn-O-Kem (Jacques) en Elim (Boland en Nicolene Pienaar).
DIE jaarlikse

Leefstylsentrum gaan 200 werksgeleenthede skep

‘n PLAASLIKE sakeman en gebou-eienaar van Ceres, glo dat die beplande leefstylsentrum wat hy tussen Ceres tennisklub en Ceres rolbalklub wil bou, ‘n positiewe impak vir die dorp inhou desondanks ‘n paar besware wat teen die projek ingedien is.

Die spertyd vir indien van besware was Vrydag 11 Oktober. Die tien besware sal elkeen aangespreek word waarna dit na ‘n spesiale komitee van die Witzenberg munisipaliteit verwys sal word vir oorweging.

Die ontwikkeling van meer as R100 miljoen sal na raming 200 werksgeleenthede op die dorp skep en die ontwikkelaar Daniël Nunes van Nunesprop, sal sover moontlik van plaaslike ondernemings gebruik maak om dié projek te voltooi.

Die beplande ontwikkeling kom op die ou Jukskei-erf wat al vir meer as 20 jaar onontwikkel lê. Die hersoneringsaansoek van Nunesprop is gekoppel aan die goedkeuring van die aansoek van ‘n hotelontwikkeling na kommersieël. Nunesprop het die ontwikkelingsregte van die erf by Par Chance oorgekoop. Par Chance is ‘n BEE bemagtigingsvennoot van Ceres gholflandgoed.

Die beplanning is dat daar 13 winkels in die sentrum sal wees met meer as 120 parkeerplekke. Phillipstraat sal ook verbeter word en daar sal 46 parkeerplekke wees vir die rolbalklub en skoolfunksies. Ceres gholflandgoed se ekstra krag, sal by die sentrum gebruik word. Sypaadjies vir kinders en voetgangers sal aangebring word saam met spoedhobbels in die straat om spoed te verlaag. Bouwerk begin

Bouplanne en die impakstudies is reeds ingedien en sodra die hersoneringsaansoek afgehandel is, sal bouwerk vroeg in 2025 kan begin. Die beplanning is dat die leefstylsentrum teen September 2025 kan open.

Ankerhuurders ‘n Paar ankerhuurders is reeds by die beplande leefstylsentrum betrek met die Checkers Groep wat reeds ‘n aanbod om te huur geteken het vir Checkers, Checkers Liquor, Outdoor en Petshop Science.

Dis-Chem het ook ‘n aanbod om te huur geteken. Onderhandelings is ook byna gefinaliseer vir konsessie-ondernemings asook ‘n paar plaaslike ondernemings wat aangedui het hulle sal na dié sentrum skuif of ‘n tak daar open.

Gemeente

hou basaar

DIE St. Andrews Anglikaanse gemeente op Ceres het Saterdag 12 Oktober hul gewilde kerkbasaar by Morrisdale se terrein en die Tour de Dam stap-byeenkoms aangebied. Na die stap, het die jonger deelnemers lekker aan toffie-appels gesmul.

FOTOS: Trevor Felix

Scholtz-moordsaak uitgestel

DIE moordsaak teen ‘n vrou wat haar vriend Juniemaand op Ceres vermoor het, is verlede week weer uitgestel - die keer vir ‘n streekhofdatum. Shane Scholtz (22) van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur sy meisie met ‘n mes in die nek gesteek is. Die voorval het Saterdag 1 Junie omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Scholtz en Ashleigh Fortuin (25). Hofverskyning Fortuin het Woensdag 9 Oktober in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord. Die saak is na 11 November uitgestel en haar borgtog van R500, is verleng.

DRIE verdagtes is deur speurders vasgetrek, skaars ‘n week nadat hulle ‘n Troxler-masjien van R250 000 op Erfenisdag uit een van Roadmac se voertuie gesteel het. VLNR: Llwellyn Nel (33), Justin Charles (33) en Raynaldo van Neel (31).

Drie diewe wil borg vra

DRIE verdagtes is deur speurders vasgetrek, skaars ‘n week nadat hulle ‘n Troxler-masjien van R250 000 op Erfenisdag uit een van Roadmac se voertuie gesteel het.

Die masjien word gebruik om teerdigtheid te meet en bevat radio-aktiewe materiaal.

Nadat die drie verdagtes dit opgekap het, is ‘n klein stukkie daarvan vir R64 aan ‘n ongeregistreerde skroothandelaar verkoop.

Twee verdagtes, Llwellyn Nel (33), ook bekend as Tubby en Justin Charles (33), ook bekend as Jussie Ai, is die naweek van 28-29 September in Fase 6 buite P.A. Hamlet gearresteer.

Die polisie het op 1 Oktober ‘n derde verdagte, Raynaldo van Neel (31), gearresteer nadat hy vroeër weggehardloop het.

Nel en Charles het 30 September vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn.

Op Maandag 7 Oktober is die saak na 28 November uitgestel nadat beide mans aangedui het dat hulle wil aansoek doen om borgtog.

Van Neel het op 3 Oktober verskyn. Hy sal ook op 28 November saam met die ander twee verdagtes in die hof verskyn.

Die Troxler, ‘n masjien wat teerdigtheid meet en radio-aktiewe materiaal bevat, is uit een van Roadmac se voertuie gesteel. Roadmac is die kontrakteur wat die P.A. Hamlet/Op-die-Bergpad herseël en teer.

Nadat dit aan ‘n ongeregistreerde skroothandelaar op P.A. Hamlet verkoop is, is die skrootmetaal na ‘n geregistreerde handelaar op Paarl voordat dit by ‘n handelaar in Epping beland het waar die polisie dit Maandag 30 September gekry het.

Die vraghouer waarin die radio-aktiewe metaal was, moes later gesluit en verseël word.

DIE beplande Ceres leefstyl-winkelsentrum.

DIE tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld is gekies vir die Kaapse Wynland tennisspan. Hulle gaan teen die Overberg- en Weskusstreek speel vir ‘n plek in die Boland Plattelandspan. AGTER: Helené du Toit, Anmari Steenkamp, Lukas Kotzé, Markus Tomlinson en Daniël du Toit. VOOR: Cassie du Toit, Cara van den Heever, Zané Bothma en Ben van der Merwe.

ESTABLISHMENT OF ANIMAL POUND IN TULBAGH

Notice is hereby given of Council’s intention to enter into a lease agreement with Tulbagh Skou for a portion of Erf 704, Tulbagh for the purpose of establishing a municipal pound in terms of Council’s By-Law as published in the Western Cape Provincial Gazette 7404 of 19 June 2015. In terms of Section 14(2) of the Municipal Finance Management Act, 56 of 2003, the portion of Erf 704, Tulbagh will be leased for an amount of R5 500 per month for a period of 3 years.

SEWE leerders van Charlie Hofmeyr, Jaco Havenga, Helen du Toit, Adriaan Heyns, Daniël Bakkes, Petrus Bakkes, Luan Giliomee en Johan Roux, het die See-en-Sand Lewensreddingskursus van 22 tot 28 September voltooi. Deur die loop van die kursus het hulle belangrike lewensreddingsvaardighede bemeester insluitend KPR, die verstaan van oseaanstrome en die uitvoering van reddingstegnieke. Hulle het ook opwindende kransspronge van tot 15 meter aangedurf en ‘n indrukwekkende totaal van 120km te voet afgelê, wat hul uithouvermoë getoets en hul selfvertroue versterk het. * Kyle Cardoso, as deel van ‘n span van 12 instrukteurs, was verantwoordelik vir ‘n span van 12 leerders en het deur die loop van die kursus gesorg vir hul veiligheid. Die week was ‘n ongelooflike reis van groei vir beide leerders en instrukteurs, gevul met spanwerk, leierskap en lewensveranderende lesse.

If there is any objection to the proposed lease, such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of Ms. H. Truter at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail to heloise@witzenberg.gov.za on or before 1 November 2024

Kennis word hiermee gegee van die Raad se voorneme om ‘n huurooreenkoms aan te gaan met die Tulbagh Skou vir ‘n gedeelte van Erf 704, Tulbagh, vir die doel om ‘n skut op te rig in terme van die Skut van Diere Verordening, soos gepubliseer in die Government Gazette 7404 van 19 Junie 2015. In terme van Artikel 14(2) van die Munisipale Finansies Wet, 56 van 2003 sal die gedeelte van Erf 704, Tulbagh vir R5 500 per maand gehuur word vir ‘n periode van 3 jaar.

Indien daar enige besware teen sodanige huur is, moet u skriftelike besware voor of op 1 November 2024 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me. H. Truter, by Voortrekkerstraat 50, Ceres of per e-pos stuur aan heloise@witzenberg.gov.za

D.NASSON

MUNICIPAL MANAGER

INVITATION FOR NOMINATIONS FOR AN ADVISORY SPORTS COMMITTEE

Witzenberg Municipality hereby invites Non-Governmental Organisations, Sports Organisations and Schools within the Witzenberg area to nominate persons to serve on an Advisory Sports Committee.

The Committee panel will be responsible for the determination of the nomination criteria for the sports awards of former and current residents of Witzenberg, who have excelled on a National and International sports level.

The closing date for the nomination of panel members on the Advisory Sports Committee is Friday, 25 October 2024.

UITNODIGING VIR NOMINASIES VIR ‘N ADVISERENDE SPORTKOMITEE

Munisipaliteit Witzenberg nooi hiermee nie-regeringsorganisasies, sportorganisasies en skole binne die Witzenberg-area om persone te nomineer om op ‘n Adviserende Sportkomitee te dien.

Die Komiteepaneel sal verantwoordelik wees vir die bepaling van die nominasie kriteria vir die sport toekennings van voormalige en huidige inwoners van Witzenberg, wat op Nasionale en Internasionale vlak in sport uitgeblink het.

Die sluitingsdatum vir die benoeming van paneellede op die Adviserende Sportkomitee is Vrydag, 25 Oktober 2024

D.NASSON

MUNICIPAL MANAGER

MUNISIPALE BESTUURDER

50 Voortrekker Street, CERES, 6835 Voortrekkerstraat 50, CERES, 6835

Ref./Verw.: 12/1/2/4

KLARA Zulch, ‘n graad 2 leerder van Laerskool Gericke, het verlede kwartaal aan die Tulbagh Skou kinderkuns kompetisie deelgeneem. Die tema vir die grondslagfase was: My gunsteling plaasdier. Klara het ‘n tweede plek met haar interessante tekening van ‘n hoender behaal. * Klara is ‘n kunsstudent van Suné Oosthuizen by ArtBox Ceres.

☎☎ ☎☎ (023) 315-5003 ✉ ✉ 35 CERES 6835

SEISOENSPOS:

VURKHYSERBESTUURDER

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei.

HOOFFUNKSIES:

•Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers

•Laai van palette in tonnelkamers en rakke

•Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers

•Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors

•Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take

•Algemene werk in koelkamer

DIE IDEALE KANDIDA AT MOET:

•Geldige rybewys van vurkhyserlisensie toon

•Ondervinding hê van ry in koelkamers

•Verwysings van vorige werke is ‘n vereiste

•Kandidaat moet sober gewoontes hê, netjies en stiptelik wees

•Moet bereid wees om oortyd, nagskof en naweke te werk

ONS BIED DIE SUKSESVOLLE

KANDIDAAT:

•Markverwante loon

•Gunstige werksomstandighede

Alle werwingsprosedures word inlyn met die Wet op Beskerming van Persoonlike

Inligting, nr. 4 van 2013, gedoen.

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE:

31 Oktober 2024

A ANSOEKE KAN GESTUUR WORD

AAN : elana@cereskoelkamers.co.za

Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word.

NEEM KENNIS: SLEGS KORTLYS

KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD.

VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL:

Adele Prins by (023) 315-5003

VERSENDINGSKLERK

Ons benodig die dienste van ‘n energieke jong persoon vir ons aanleg te Skoonvlei

HOOFFUNKSIES:

•Temperatuur meting

•Algemene take in koelkamer

•Uitsoek van palette volgens versendingsinstruksie / depo inspeksies

•Kontrolering van vragte ontvangstes en versendings

•Voorraad kontrole

•Algemene dokumentasie en kantooradministrasie

DIE IDEALE KANDIDA AT MOET:

•Oor ‘n Matrieksertifikaat beskik

•Vermoë om goed onder druk te kan werk

•Kennis van Microsoft Office

•Akkuraat wees

•Beskik oor goeie menseverhoudings

•Goeie gesondheid en vermoë om in koelkamers te werk

•Leergierig wees

•Moet bereid wees om oortyd, nagskof en naweke te werk.

DIE VOLGENDE SAL IN U GUNS TEL:

•Basiese vrug kennis en goeie ondervinding in die vrugtebedryf

•Kennis van pakmateriaal

KONTRAKPERIODE:

± 11 November 2024 - 31 Mei 2025

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE:

28 Oktober 2024

A ANSOEKE KAN GESTUUR WORD

A AN: elana@cereskoelkamers.co.za

VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: Adele Prins by (023) 315-5003

Alles gereed vir eindeksamen

UMALASI sê die land is gereed vir 900 000 matrikulante se eindeksamens.

Die matrikulante sal eersdaags hul eindeksamen aflê met die hoop om hul skoolloopbaan suksesvol te voltooi.

Volgens die Raad vir Gehalteversekering in Onderwys (Umalasi), is al die betrokkenes slaggereed vir die eindeksamen wat voorlê. Umalasi is tevrede met al vier assesseringsliggame se lokale.

Die departement van basiese onderwys het 6 909 eksamenlokale terwyl die IEB en Sacai onderskeidelik 256 en 84 lokale het.

Die raad is ook tevrede met stoorkamers waar die vraestelle gestoor word. Daar is egter nog ‘n tekort aan nasieners vir geskiedenis, Engels huistaal en Afrikaans huis- en eerste taal. Meer nasieners sal gewerf word.

CERES SEKONDÊRE SKOOL

Die personeel en skoolbeheerliggaam wil alle matrikulante sterkte en voorspoed toewens met die 2024 eindeksamen.

078-525-4489 ceres.sec@wcgschools.gov.za

Die WKOD sê daar het 75 647 kandidate in die Wes-Kaap vir die nasionale seniorsertifikaat-eindeksamen ingeskryf. Dit is 64 375 voltydse leerlinge en 11 272 deeltydse leerlinge. Oor ses weke, op 28 November word die laaste eksamen afgelê. Wiskunde geletterheid is weer die vak wat deur die meeste kandidate (51 932) geskryf word. Vraestelle word tussen 2-12 Desember deur 4 232 nasieners gemerk. Uitslae word op 15 Januarie 2025 aangekondig.

DIE VGK P.A. Hamlet gemeente het hulle jaarlikse diens vir matrieks op 13 Oktober aangebied. Hier is die plaaslike leraar, dr. André Pekeur, saam met van die gassprekers en leerders van verskillende skole in die Witzenbergstreek. VLNR: Anchen Nasson (skoolhoof Bella Vista Hoërskool), Wendy Kaizer-Philander (lid van die Wes-Kaap provinsiale parlement), Jerushia Cameron (Ceres Sekondêr), Jay-Mare Spannenberg (Bella Vista Hoërskool), dr. André Pekeur, Janè-Mari Willemse (Hoërskool Charlie Hofmeyr), Elrize Boer (Skurweberg Sekondêr), mev. Leonedah Felix (skoolhoof Ceres Sekondêr, dr. Gillian Arendse en rdl. Ronald Visagie. Die dag was ‘n groot sukses en elke matrikulant kon wegstap met padkos vir die toekoms.

CHARLIE HOFMEYR

Sterkte en voorspoed aan elke Charlie-matrikulant met die komende eindeksamen. Stay positive, keep working hard and push through to the end!

GOOD LUCK

TO ALL MATRIC STUDENTS FOR FINAL

EXAMS

On behalf of the Council of Witzenberg Municipality, I would like to take this opportunity as the Executive Mayor, to wish all our matriculants all of the best with the forthcoming exams. May God bless you with grace and wisdom. Our prayers and thoughts are with you.

Namens die Raad en die gemeenskap van Witzenberg, wil ek, as Burgemeester alle matrikulante sterkte toewens vir die komende eksamen. Mag God u seën met wysheid en insig. Ons dra u op in gebed.

Nje ngoSodolophu waseWitzenberg, Ndikwamele noMasipala waseWitzenberg. Ndithabatha elithuba, ndininqwenelela impumelelo kwimviwo zenu zamagqibela kankqoyi zebanga leshumi. Yanga uQamata anganiphahla xanibhala amaphepha enu okugqibela. Nakuhlala nisemithandazweni yethu.

LAERSKOOL KOUE BOKKEVELD

☎ (023) 317-0611 Faks: (023) 317-0123

Protealaan 1 Koue Bokkeveld, Op-Die-Berg

Namens die hele skoolfamilie van Laerskool Koue Bokkeveld, wil ons alle matrikulante sterkte toewens vir die komende eksamen. Mag God julle seën met wysheid en insig. Ons dra julle op in gebed.

LAERSKOOL GERICKE Ceres

Baie sterkte en voorspoed aan elke matrikulant met die komende eindeksamen.

(023) 312-1110

Die personeel en ouers wens die matrikulante van Bella Vista Hoërskool sterkte en voorspoed toe met die komende eindeksamen. 074-049-7078

Laerskool FD Conradie P.A. Hamlet

Voorspoed aan al die oud-leerders van FD Conradie asook alle Witzenberg matrikulante met die komende eksamen. Ons wens julle alle sukses toe.

(023) 313-3407

Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Francis Lidia Jooste

1964/01/14 - 2024/10/09

ROUDIENS: Do. 17 Okt.

Kerk: 19:00 Suiderland Gemeente, Jakarandastr., BV BEGRAFNIS: Sat. 19 Okt.

Huis: 09:00 Kareestr. 10, BV

Kerk: 10:00 Suiderland

Gemeente, Jakarandastr., BV Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Anna Jonkies

ROUDIENS: Do. 17 Okt.

Huis: 19:00 Plaas Dankbaar, Koue Bokkeveld BEGRAFNIS: Son. 20 Okt.

Huis: 09:00 Plaas Dankbaar, Koue Bokkeveld

Saal: Plaas Dankbaar, Koue Bokkeveld Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

DIE P.A. Hamlet GPF hou hul algemene jaarvergadering op 26 November om 19:00 in die gemeenskapsaal in Voortrekkerstraat. Vir navrae skakel a.o. Robyn by (023) 3133133

DIE Op-die-Berg GPF hou hul algemene jaarvergadering op 11 Desember om 19:00 in die N.G. kerksaal, Op-die-Berg. Vir navrae skakel a.o. Robyn by (023) 313-3133

“NA deeglike navorsing in die Witzenberg gemeenskap, het ek gesien dat baie van ons kleuters tussen twee en vyf jaar nie ‘n kleuterskool bywoon nie. Die grootste rede hiervoor is dat baie ouers nie die skoolgeld kan betaal nie. Ek beplan ‘n gemeenskap ECD-sentrum vir kinders wat nie kleuterskole kan bywoon nie”. Ouers wat belangstel kan vir Isak Hendriks(mentor@Home Learning YearBeyond) skakel 079-0817-053

BADISA Koue Bokkeveld is dringend opsoek na Mathanzima Magadla van Nduli. Indien iemand meer inligting het of weet waar mnr. Magadla hom bevind, kan hulle die maatskaplike werker, Caroline Seconds, skakel by (023) 317-0427

CERES gholfklub se algemene jaarvergadering vind op Woensdag 23 Oktober om 19:00 plaas in die klubhuis. Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede moet laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.

WAT kan jy met jou oortollige goedere maak? Bring al jou opgaargoed na die ACVV (Phillipstraat, Ceres) se Wit Olifant uitstalling. Dit moet net vir iemand anders van nut kan wees. Skakel die ACVV by (023) 316-1505

nuusbrokkies

DIE Togryers museum se konferensie-fasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryers museum@gmail.com

DIE jaarlikse Ceres Michellspas halfmarathon asook ‘n 10 km en 5 km pretloop, word op Saterdag 26 Oktober aangebied. Inskrywings is nou oop vir die plaas- en maatskappykompetisie oor 10 km. Inskrywings en navrae kan gerig word aan Nico Jansen by 0788825-299

CBI gala-aand is uitgestel na 30 Oktober. indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie @ R550 wil koop

Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, en jou lippe dat hulle nie bedrog spreek nie. Psalms 34:14

Ev. Jacobs

R10 af op die prys van elke item in die winkel

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere en -skoene asook wintersklere vir mans en vroue

Besigheidsure: Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021

Wedvlug-kampioene aangewys

DIE laaste wedvlug van die 2024-seisoen, is Saterdag verskuif na Victoria-Wes.

Die Hendriks familie van CHPS duiweklub het uitstekend gevaar en die jaaroud uniewedvlug gewen. Meyer en Van Wyk van CPS duiweklub het net-net uitgemis in die ope unie-wedvlug en ‘n tweede plek behaal. Ceres federasie kampioenskap

Kortpad

1. Meyer en Van Wyk -664 punte

2. Cameron Mars -581 punte

3. Cyril en Ann Davids -572 punte Middelpad

1. Cameron Mars -588 punte

2. Meyer en Van Wyk -508 punte

3. Cyril en Ann Davids -472 punte

Langpad

1. Meyer en Van Wyk -461 punte

2. Cyril en Ann Davids -451 punte

3. Cameron Mars -439 punte Kampioen vir 2024

1. Meyer en Van Wyk -1633 punte

2. Cameron Mars -1608 punte

3. Cyril en Ann Davids -1495 punte CHPS duiweklub

Jaaroud

1. Hendriks familie -1324.129 mpm

2. Team Koopman ARL -1276.992 mpm

3. Cyril en Ann Davids -1240.719 mpm

4. Hendriks familie -1218.443 mpm Ope

1. Cyril en Ann Davids -1283.001 mpm

2. Cyril en Ann Davids -1260.754 mpm

3. Mauritius Lofts -1237.198 mpm

4. Bryan Isaacs -1222.325 mpm CHPS klubkampioen vir 2024

1. Cyril en Ann Davids

2. Team Koopman ARL

3. Hendriks familie

CPS

Jaaroud

1. Marius Koopman -1252.533 mpm

2. S.R. Williams -1238.100 mpm

3. Johannes Erasmus -1208.090 mpm

Ope

1. Meyer en Van Wyk -1296.298 mpm

2. Camerin Mars -1291.278 mpm

3. Camerin Mars -1271.741 mpm

Ons Ruimte - Witzenberg deur Annisa KINDERHANDEL

Die Verenigde Nasies Organisasie sien mensehandel as die werwing, vervoer, oordrag, huisvesting of ontvangs van mense deur bedrog, misleiding of die gebruik van krag sonder hul goedkeuring, met die doel om hul te gebruik vir profyt. Love Justice International sien mensehandel as enige onwettige onderwerping van ‘n persoon se tyd of liggaam vir persoonlike voordeel of wins.

Die algemene tendense van mensehandel verskil tussen sosiale groepe, hoewel die spesifieke aard van die industrie, oral voorkom. Kinderhandel kom meer voor onder laer inkomste groepe. Hoër inkomste groepe is meer blootgestel aan handel van volwasse persone. Hoër inkomstegroepe is meer bekend met seksuele uitbuiting, waar laer inkomstegroepe meer kinders gebruik vir dwangarbeid van verskeie aard. Love Justice International is dankbaar vir elke individu wat deur hul personeel onderskep word. LJI is werksaam in 31 lande. Ons is dankbaar vir die volgende syfers in Augustus 2024. Hier volg inligting van lande wat ook vir ons in Witzenberg ‘n daaglikse realiteit is.

Suid-Afrika:117 intersepsies

Namibië:41 intersepsies

Lesotho:28 intersepsies

Mosambiek:248 intersepsies

Malawi:279 intersepsies

Ethiopië:91 intersepsies

Anneke Barnard is reeds werksaam by Love Justice International (LJI) en beplan om binnekort te verhuis na Suid-Asië waar sy meer direk in die veld betrokke gaan wees.

Vir meer inligting of ondersteuning: Anneke Barnard by 078-084-8732 lovejustice.ngo/anneke

Ceres Pigeon Society se kampioene

Kortpad

1. Meyer en Van Wyk -112 punte

2. CT Nige -83 punte

3. S.R. Williams -74 punte

Middelpad

1. Camerin Mars -111 punte

2. Meyer en Van Wyk -79 punte

3. S.R. Williams -64 punte

Langpad

1. Meyer en Van Wyk -83 punte

2. Camerin Mars -81 punte

3. Le Bretton Lofts -51 punte

Algehele 2024 kampioen

1. Meyer en Van Wyk -274 punte

2. Camerin Mars -265 punte

3. S.R. Williams -181 punte

BHPS

Jaaroud

1. Roberto van Wyk -1156.732 mpm

2. Emile Arries -1094.606 mpm

3. Roberto van Wyk -1007.674 mpm

Ope

1. Nicky Smith -1288.277 mpm

2. Roberto van Wyk -1223.415 mpm

3. Emile Arries -1212.558 mpm

4. Emile Arries -1094.606 mpm

CERES Padel het Dinsdag 1 Oktober begin. Padel is tans die vinnigste groeiende sport in die wêreld en enigeen kan daaraan deelneem. Gereelde spesiale aanbiedinge sal van tyd tot tyd aan belangstellendes deurgegee word. Pryse wissel van R250-R400 per uur per baan wat deur 2-4 spelers gebruik word. Jy laai net die app af of registreer op Playtomic webtuiste en bespreek. As jy nie ‘n raket of balle het nie, kan jy dit by Ceres Padel huur. Ceres Padel is Maandag tot Saterdag oop vanaf 06:00 - 21:00 en Sondag van 07:00 - 20:00.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Rolbalspelers vaar goed

CERES rolbalklub het vanjaar ‘n paar rolbalspelers opgelewer wat aan die Wes-Kaap enkelspel kampioenskappe deelgeneem het wat van 5-6 Oktorber plaasgevind het. Die top 12 vroue en 12 mans uit die WesKaap, asook Protea spelers van Overberg, Weskus, Eden en Westerlike Provinsie het aan die toernooi deelgeneem. Charmaine Mostert het in die Ope vroue-afdeling op Darling derde in haar afdeling geëindig nadat sy naelskraap met 1 skoot ‘n medalje gemis het teen die Protea en Statebond-speler, Esmé Kruger. Kruger het die goue medalje verower. FOTO BO: Engela Lambrechts het in Worcester en Stoffel Lambrechts het op Velddrif deelgeneem in die veterane vroueafdeling en mans enkelspel kampioenskappe gespeel. FOTO ONDER: Aretha Whiteman (Worcester) en Charmaine Mostert (Ceres).

Witzenberg Herald

Sport

Ceres verloor naelskraap

CERES rugbyklub het Saterdag in hul eerste Top12 wedstryd gespeel.

Ceres het die huidige Boland kampioen swaar laat leef vir ‘n oorwinning. Safcol het ‘n naelbytwedstryd, naelskraap met 28-25 gewen.

Dit was ‘n wedstryd wat deurentyd op ‘n mespunt gebalanseer was. Ceres het hul goed gekwyt van hul taak maar sal die naweek beter moet verdedig. Vir Ceres het Wynand du Plessis, JW Snyman en Bradley Sasselkeen drieë gaan druk met William van Wyk wat met twee straf- en twee doelskoppe slaag.

Vir Safcol het B. Dwayi, A. Mepomie, J. Lukas en N. Wood drieë gedruk. J. Claassens het met ‘n doel- en strafskop geslaag en T. Ludix was in die kol met ‘n strafskop.

Ceres speel Saterdag 19 Oktober tuis teen Robertson Town.

Top 12

Die spanne wat aan die Sanlam Boland Top12 kompetisie deelneem, is in twee groepe ingedeel. Die spanne is: Abbotsdale, Caledon, Ceres, Darling, Eagles, Robertson Town, Newtons, Safcol, Saldanha, Young Spurs, Villagers Worcester en Vredenburg.

CERES het die huidige Boland kampioen swaar laat leef vir ‘n oorwinning. Safcol het ‘n naelbytwedstryd, naelskraap met 28-25 gewen.

Hamlet wen trofee

P.A. Hamlet het die naweek van 11-12 Oktober die jaarlikse Valley Cup kompetisie teen Ceres gewen. Dit is die sesde jaar wat die Valley Cup op Ceres gholfbaan aangebied word en tussen Ceres en P.A. Hamlet en plase beslis word. Hamlet het hul titel suksesvol verdedig en maklik met 15 en ‘n half teen 8 en ‘n half gewen. Hamlet het Vrydag die beterbal kompetisie gewen. Saterdag is daar 36 putjies gespeel. Die Foursomes het 3-3 elk gelykop geëindig voordat Hamlet die enkelwedstryde met 9-3 gewen het. Beide spanne het die wisseltrofee al drie keer verower.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.