Witzenberg Herald Vol.26 no.42 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 42

R 8.50

Friday, 27 October 2023

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 26 Oktober

Vrydag 27 Oktober

Saterdag 28 Oktober

Sondag 29 Oktober

12° 30°

10° 25°

8° 21°

6° 21°

The trusted name in commercial and residential

Waterproofing.

087 094 8092 www.rubberroofs.co.za

Meisie (8) verdrink in dam DIE Ceres polisie het die week met ‘n geregtelike doodsondersoek (GDO) begin na die verdrinking van ‘n 8-jarige meisie. Volgens die polisie het die voorval Saterdag 21 Oktober omstreeks 16:50 plaasgevind naby die Vredebes behuisingskema. Die meisie het in die Stikkiewitdam agter

CERES KOEKEDOUW DAM

100% TULBAGH DAM

100% WAVERENSKROON TULBAGH

61%

Lesings geneem: 2023/10/25

die Warm Bokkeveld gevangenissterrein verdrink. Die polisie is na die toneel ontbied maar die slagoffer was reeds in ‘n familielid se voertuig gelaai en op pad na die hospitaal. Met hul aankoms by die hospitaal was die meisie reeds dood. Dit is nie bekend wat die tragiese voorval voorafgegaan het nie.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Egpaar op kleinhoewe beroof ‘n BEJAARDE egpaar van Wolseley is Dinsdag in die vroeë oggendure deur vier inbrekers in hul huis op die kleinhoewe waar hulle woon, oorval. Die bejaarde egpaar, Hendrik (71) en Shirley Marais (61) van die Hoekiesdam kleinhoewes tussen Wolseley en Bainskloof, het Dinsdagoggend omstreeks 01:45 wakker geword met twee inbrekers in hul slaapkamer. Die mans het ‘n vuurwapen en ‘n breekyster (crowbar) by hulle gehad. Nog twee mans het hulle by die ander twee aangesluit. Die Marais-egpaar se hande en voete is vasgebind voordat die vier onbekende verdagtes die huis begin plunder het. Meer as ‘n R100 000 se goedere is gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het. Die egpaar het later ‘n skêr in die hande gekry en hulself losgeknip voordat hulle by ‘n nabygeleë woning gaan hulp soek het. Die polisie is na die toneel ontbied en is tans besig met hul ondersoek.

ATTIE Heyns, ‘n prokureur van Ceres, het twee weke gelede na Frankryk vertrek om hom by die Springbok rugbyspan aan te sluit en die span by te staan as regsverteenwoordiger vir dissiplinêre aangeleenthede in die Wêreldbeker rugbytoernooi. Attie verteenwoordig al vir jare spelers wat uitgewys word vir vuilspel op provinsiale en internasionale vlak en het homself bewys as een van die land se mees prominente en kundige verteenwoordigers op hierdie gebied. Na afloop van Saterdag se semifinaal teen Engeland, moet Attie nou die klagte teen Bongi Mbonambi (haker), hanteer. Wêreldrugby stel ook ondersoek in na die beweerde voorval tussen Mbonambi en Tom Curry. * Hier is Attie saam met twee rugbyondersteuners, Botha Msila en Mama Joy Chauke, wat deur die regering afgevaardig is om die land by al die rugbywedstryde te verteenwoordig.

Verhoor na Desember uitgestel BYNA vier jaar nadat ‘n jong vrou op Ceres doodgery is, het die hofsaak nog min vordering getoon. Die motorbestuurder wat weggejaag het van die ongelukstoneel, moet nou in Desember verhoor word. Die saak is verlede week vir die soveelste keer uitgestel. Die keer vir verhoor op 11 Desember in die Ceres landdroshof. Jan Justin du Toit (29) van Bella Vista, het na bewering die jong vrou van Tulbagh in Februarie 2020 in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery. Hy verskyn in die Ceres landdroshof op aanklagte van manslag asook dronkbestuur. Die dronkbestuurklag is later bygevoeg na ‘n voorval op 8 Mei 2018. Cemielia Ross (31) van Tulbagh, is op 2 Februarie 2020 in die vroeë oggendure, oorkant die Shell motorhawe in Voortrekkerstraat, Ceres doodgery.

Kompetisie op p.3. Raai die telling reg en wen!

Saterdag 28 Oktober

Afskop: 21:00

Stade de France

ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 26 - 29 OCTOBER 2023 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226

SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: Nescafe Classic 200g BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 assorted & pouch refill 230g Mon - Sun 07:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00

79

Oval Sesame bread

Flame grilled Chicken leg quarter and chips

99 each

SERVING SUGGESTION

1099

2140

each

Spatch Cock Chicken

5999 p/kg

Beef T-Bone & Club Steak bulk

119

99 p/kg

Marinated Pork Loin Ribs

Okin Oval Portugese bread Russians smoked 99

8999

62

p/kg

Rack of Lamb

99

10000

p/kg

each

p/combo

Spar Margarine Spar vacuum pack cheese 700g brick 500g

p/kg

BUY 2 FOR

13999

10

6999 each

7kg Aartappels, 1kg Uie, 1kg Patats, 750g Wortels en ½ Kool

Bokomo Weet-Bix 900g & Kellogg’s Corn Flakes 1kg

3499 each

9999

Red Heart Rum 750ml & Coca-Cola 1L

1kg Bakers Choice assorted biscuits

19900

12999 each

9499 each

Spar UHT Milk Full Cream, Low Fat and Fat Free 6 x 1L

BUY 2 FOR

14500 Castle Lite cans 6 x 500ml

PER COMBO

13000

8999

1999 Brookes Oros 2L assorted

Spar 2-ply toilet rolls 350 sheets 18’s

Spar Sunflower oil or Spar Canola oil 2L

NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.


2 l WITZENBERG HERALD l 27 OCTOBER 2023

ROBERT Hough (76), bekende Tulbagh inwoner en sakeman wat vir meer as 44 jaar op die dorp gewoon het, is verlede Donderdag 19 Oktober oorlede. Hy was die afgelope maand voor sy dood, ‘n pasiënt van Ceres hospitaal. Robert was die eienaar van Hough Elektries op Tulbagh. Hy het jare diens aan sy kliënte gelewer en was ook ‘n ywerige lid van Tulbagh Lionsklub. Die familie wil die personeel van Tulbagh kliniek en Boland Hospice bedank vir hul hulp en ondersteuning asook Ceres hospitaal se dokters, verpleegpersoneel en die sekuriteit vir alles wat julle vir ons pa en oupa gedoen het - hy was in goeie hande. Ook ‘n spesiale woord van dank aan die tuisversogers en huishulpe vir jare se harde werk, liefde en passie wat julle betoon het. Die familie spreek ook hulle dank uit teenoor die breë gemeenskap, kliente en vriende asook Avbob vir die hantering van die begrafnis. Robert word oorleef deur sy vrou Lyn, drie kinders en vyf kleinkinders. ‘n Gedenkdiens word Dinsdag 7 November om 15:00 by die Tulbagh Lionsklub se saal gehou.

GOEDGEDINK Nasorg het onlangs besluit om ‘n jaartema, Gaan Groen, om Tandfontein se onbewoonde areas skoon te maak en vullis op te tel. Goedgedink Nasorg het na die skoonmaakprojek, besluit om die jaartema, Gaan Groen, verder uit te brei. Daar is besluit op die leerders op ‘n opvoedkundige uitstappie (foto regs) te neem en op 17 Oktober is hulle deur Sarietta Oberholster (bestuurder) en Suerelda de Klerk (hoof) vergesel. Hulle het die Togryers museum besoek en is later ook op ‘n geskiedkundige uitstappie deur die dorp geneem. Renshi Andries Douglas en sempai Ezelle Louw, het die groep toespreek oor dwelm- en drankmisbruik en ‘n selfverdedigingskursus vir die 30 leerders aangebied. Na die praatjie het die leerders jafels aan werklose en minderbevoorregte persone uitgedeel.

Dalene Conradie

7 September 1959 - 17 Oktober 2023 Dit is met groot hartseer, maar met diepe erkenning en eer wat ons by Dutoit Groep afskeid neem van Dalene Conradie wat op 17 Oktober 2023 oorlede is. Dalene was 39 jaar in diens van die Dutoit Groep en het afgetree op 28 Februarie 2023. Sy was ‘n integrale deel van die Dutoit Groep oor baie jare. Ons het die voorreg gehad om in Maart 2023 in persoon van haar afskeid te kon neem met haar aftrede en pragtige herinneringe met mekaar gedeel. Ons kan saam met Jannie, Driaan, Wardo en Nini bevestig dat sy ons lewens verryk het met haar sprankelende persoonlikheid, haar omgeehart en positiewe uitkyk op die lewe. Dalene se bydrae was nie net binne die Dutoit Groep gewees nie, maar op verskeie terreine in die gemeenskap en ook in die landbou industrie. Die gemeenskap rou saam met julle as familie oor Dalene se afsterwe. Gedurende die 39 jaar het sy diep spore in die maatskappy getrap. Almal by die maatskappy was bevoorreg om haar omgeehart en haar menswees te ervaar. Sy het die persepsie van vrou in landbou kom verander. Sy was ‘n besonderse sterk mens wat altyd vir die regte saak standpunt ingeneem het en sy het nooit geskroom om moue op te rol en die voorbeeld te stel as dit by werk kom nie. Haar energie was aansteeklik en het altyd die beste uit elke persoon gebring. Sy was ‘n omgee ma en ouma vir haar eie kinders en kleinkinders en sy was bekend as “Ouma Ceres” vir soveel ander. Wanneer personeel in tye van krisisse was, het sy selfs buite werksure voortdurend gehelp. ‘n Persoon soos Dalene is skaars. Ons is bly dat haar pad met dié van Dutoit gekruis het. Selfs tydens haar stryd met haar gesondheid die laaste 12 maande was sy ‘n inspirasie vir ons. Dalene, ons gaan jou baie mis, maar weet ons sal jou nooit kan vergeet nie. Dalene sou wou hê dat haar sterfte nie ‘n hartseer oomblik moet wees nie, sonder dat die fokus op haar is. Kom ons gebruik haar voorbeeld as mens om ons te inspireer en elke geleentheid, elke oomblik waar ons omgee en liefde kan wys, dit wel doen. Dalene, ons groet jou met baie groot waardering vir jou opoffering oor baie jare en ons gebed is dat jou nalatenskap sal dien as inspirasie vir almal by Dutoit. Met dankbaarheid Dutoit Groep

Fietsryers pak gewilde Eselfontein MTB-roete DIE jaarlikse Eselfontein bergfietswedren en trailrun het die naweek van 13 tot 15 Oktober plaasgevind. ‘n Groot aantal fietsryers het vir die verskillende roetes ingeskryf en aan die trailrun deelgeneem.

Maudiemark beplan 'n boekeweek van 4-9 Desember MAUDIEMark is al 8 jaar in bedryf. MaudieMark, ‘n fondsinsamelingsprojek van Huis Maudie Kriel, het op 10 Julie 2017 begin en oor die jare aangegroei. Tans word Maudie Mark uit ‘n ou woonhuis aan die oorkant van HMK bedryf en help ‘n groep vrywilligers daagliks by die winkel. Alle fondse van MaudieMark word aan die tehuis oorbetaal om te help met die bestuur van die aftreeoord. Inwoners word gevra om enigiets wat hulle nie meer gebruik nie, maar ook nog in bruikbare toestand is, aan MaudieMark te skenk om te verkoop. Van koppies tot borde en bekers, boeke, glase en linne en wol. Enigiets! Met die skenkings kan bejaarde inwoners wat nie meer die stygende koste kan bybring nie, gehelp word. Kom loer gerus in by MaudieMark. Hulle het ook ‘n groot boekversameling, lekker kaas en tuisgebak. Boekeweek Huis Maudie Kriel en MaudieMark beplan ‘n boekeweek van 4-9 Desember. Kom ondersteun die projek.

Bronaar sê dankie vir Jaffie na 40 jaar diens! Jafta Galant, beter bekend as Jaffie het na ‘n loopbaan van 40 jaar besluit om die primêre landbou te groet. Jaffie het in 1984 by Bronaar begin werk as algemene werker. Reeds vroeg in sy loopbaan het hy baie potensiaal gewys. Hy is bevorder na ontwikkelingsbeampte en deur harde werk, passie en deursettingsvermoë het hy in 1987 die nasionale 6M instrukteurs opleidingtrofee gewen. Jaffie raak later produksiebestuurder van Kleinfontein en speel ‘n baie groot rol in die ontwikkeling van mense asook die produksie van kwaliteit appels en pere. In 2006 wen Jaffie die Plaaswerker van die Jaar kompetisie en raak deel van die Prestige Plaaswerker Forum wat direk skakel met die Wes-Kaap regering. Jaffie verteenwoordig Themba Trust as voorsitter in 2007 en word verkies tot Bronaar Plase (Edms) Bpk se direksie waarop hy tans nog dien. Jaffie is welbekend en geliefd in ons gemeenskap. Hy het al by vele geleenthede opgetree as seremoniemeester en beywer hom om die jeug te inspireer om die landbou te betree. Ons eer hom as iemand wat bo sy omstandighede met passie, durf en daad uitgestyg het. Baie dankie Jaffie dat ons hierdie reis saam met jou kon meemaak. Ons is verskriklik trots op jou en ons wens jou alle voorspoed toe met al jou nuwe planne. Jy het voorwaar ‘n verskil gemaak. Bronaar Direksie, Bestuur en Personeel.


27 OCTOBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 3

Raai die eindtelling en WEN 'N R750 SHELL PETROLBEWYS

Telling

Telling

WA inskrywing na 066-316-3003 DIE Isuzu bakkie met vier insittendes van Bella Vista het Dinsdag 24 Oktober omstreeks 08:00 die pad verlaat en omgeslaan. Die werkers was op die Sutherland grondpad onderweg na die Perdekraal windplaas. Almal is na die Ceres hospitaal geneem vir ‘n roetine-ondersoek. Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

* Slegs een inskrywing per persoon. Koop die week se Witzenberg Herald, vul jou besonderhede in en neem ‘n foto van jou inskrywing en WA dit na 066-316-3003. Die sluitingstyd vir inskrywings is Saterdag 28 Oktober om 18:00. Net inskrywings wat voor dié spertyd gestuur is, sal aanvaar word.

Naam en van: ________________________________ Epos: _______________________________________ Telefoon: ____________________________________

Breinoperasie ‘n sukses

BOUWERK aan die nuwe Ceres Koekedouwdamwal is 25 jaar gelede voltooi. Ceres Koekedouw bestuurskomitee het verlede Donderdag 19 Oktober hul nuwe webtuiste www.koekedouwdam.co.za oor die Koekedouwdam bekend gestel om saam te val met die 25 jaar vieringe. Op Vrydag 20 Oktober kon besoekers vanaf 09:00 tot 12:00 ‘n besigtigingstoer na die damwal onderneem. Hier is ‘n groep besoekers Vrydag saam met die nuwe burgemeester, rdl. Katriena Robyn, op die damwal afgeneem.

Polisie soek na kluisenaar se moordenaars SPEURDERS soek nog na verdagtes na die moord op ‘n bejaarde man wat ‘n kluisenaars bestaan op Ceres gevoer het. Die 81-jarige Petrus Malan Cillie, wat in Tweedelaan gewoon het, is vroeër in Oktobermaand vermoor. Onbekende persone het vermoedelik ingebreek waarna die inbreker/s, Cillie in die sitkamer oorval en verwurg het. Cillie, wat al dekades alleen in die huis ‘n kluisenaarsbestaan voer, is reeds vroeg in Oktober vermoor. ‘n Buurman het op Vrydag 6 Oktober gaan uitvind hoe dit met die oom gaan.

Hy het deur die venster geloer en die oom op die grond sien lê. Die SAPD is omstreeks 20:30 ontbied waar hulle die ontbinde liggaam in die sitkamer aangetref het. Sy klere is na die polisie se forensiese-afdeling gestuur vir DNStoetse maar dit kan nog maande duur om uit te vind of daar enige DNS-leidrade is. Inligting Indien iemand oor enige inligting beskik, kan hulle s/ sers. Swanson by Ceres speurders skakel by (023) 3168500.

DOKTERS is tevrede met Janine Pretorius se vordering na ‘n operasie om ‘n gewas op die brein te verwyder. Die operasie is verlede Donderdag in die Tygerberg hospitaal uitgevoer en ‘n gewas, so groot soos ‘n naartjie, is verwyder. Die dokters reken hulle kon alles verwyder. Die gewas is weggestuur vir toetse. Volgens haar broer, Pierre, vorder Janine goed en het sy ‘n bietjie van haar sig herwin en praat goed. Sy het oor die naweek ‘n bietjie geëet en sap gedrink. Sy het nog baie pyn van die operasie en is nog in die intensiewe sorgeenheid. Sy sal later met fiso-oefeninge begin. Dinsdag 24 Oktober moes Janine egter ‘n tweede operasie ondergaan om bloeding te stop. Volgens Pierre het alles goed afgeloop. Agtergrond Janine (36) is die bestuurder van Deja Brew koffiewinkel by die dorp se ingang, het twee maande gelede ewe skielik probleme met haar sig begin ervaar en met balans begin sukkel. Sy het vir ‘n roetine oogtoets gegaan waar daar vasgestel is dat dit ‘n breingewas is wat die sigprobleme veroorsaak. Sy is die afgelope vier weke in die hospitaal en moes voor die operasie behandeling vir die pyn kry en om die breinswelling te stop. Fondse ingesamel Fondse word met die BackaBuddy veldtog vir haar ingesamel om te help om haar mediese uitgawes van R200 000 te dek. Daar is al byna R35 000 ingesamel. Enige navrae kan aan haar broer, Pierre Pretorius (Hamlet Spar) gerig word by (023) 313-3534. Plaaslike besighede het betrokke geraak en donasies is ook van individue, die kerk en die Lionsklub ontvang. Skin skenk R50 van elke behandeling tussen 11 en 31 Oktober, aan die fonds. Daar is ook ‘n donasiehouer vir skenkings by dié onderneming.


4 l WITZENBERG HERALD l 27 OCTOBER 2023

CHARLIE Hofmeyr Hoërskool se leerlingraad vir 2024 is aangewys. VOOR: Luan Giliomee (onderhoofseun), Ettienne Wentzel (onderwyser), Arno Heyns (hoofseun), Liza du Toit (hoofmeisie), Marli Botha (onderwyser) en Jani van der Merwe (onderhoofmeisie). MIDDEL: Jamey-Leigh Botman, Talia van den Berg, Léolan Davids, Morgan Paxton, Jo-Marie du Toit en Lea Bester. AGTER: Christoff van der Merwe, Heinrich du Toit, Jandré Wessels en Philip du Plessis.

LAERSKOOL Gericke is trots op hul o/13A krieketspan wat Saterdag 14 Oktober teen Kirstenhof gespeel het. Gericke het die wedstryd met 72 lopies gewen. Kirstenhof wen die loot en kies om eerste te boul. Gericke teken 157/6 aan in 35 boulbeurte. Ruben Giliomee (65) en Janco Koen (19) blink uit met die kolf. Gericke haal Kristenhof uit vir 85 lopies. Gerrit Herholdt neem 4 paaltjies vir 6 lopies, Lian Visser 3 vir 16 lopies en Janco Koen 2 vir 6 lopies.

NVG moet besluit in watter hof moordsaak aangehoor gaan word DIE Nieuwoudt-moordsaak wat verlede week in Worcester aangehoor moes word, is weer uitgestel. Die saak is vir beslissing na die NVG gestuur om te bepaal of dit na die streekhof of hooggeregshof oorgeplaas gaan word. Twee mans Banele Moya (19) en Bongani Banda (20), word verdink en aangekla van moord op die 59-jarige Ceres inwoner, Herman Nieuwoudt. Hulle het op 18 Oktober in die Worcester landdroshof verskyn op ‘n klagte van moord, diefstal van ‘n voertuig en die besit van ‘n gesteelde voertuig.

Selfoon-rekords van teksboodskappe en daaglikse oproepe tussen die twee moordverdagtes en Herman Nieuwoudt van Ceres, maak blykbaar deel uit van die polisie-ondersoek. Die saak is tot 13 November uitgestel. Die twee mans bly in aanhouding. Agtergrond Dié moord het vroeër vanjaar skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur. Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei na 17:00, sy huis op Ceres in sy Toyota dubbelkajuit bakkie verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die bakkie is die laaste keer omstreeks 18:00 op veiligheidskameras

opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het. Saterdag 6 Mei omstreeks 08:30 het ‘n voetganger, lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy ‘n man se liggaam langs die pad opgemerk het. Met nadere ondersoek het die polisie ‘n liggaam ongeveer 1 kilometer van die Wolseley/ Worcester kruising by die N1 aangetref waar dit in die bosse langs ‘n rivier gelos is. Nieuwoudt het gesterf weens beserings aan sy gesig asook steekwonde in sy nek en rug. Sy bakkie is later op die Eureka-plaas in die

De Wet-omgewing buite Worcester gevind. Nieuwoudt was voor sy dood werksaam by die Patmos Arbeidsbediening.

Kroningsdag l Coronation Day 2 November 2023

Katriena Robyn l Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor l USodolophu oLawulayo In die gees van sosiale insluiting en demokrasie, wil ek as Burgemeester graag erkenning gee aan die Rastafariese gemeenskap en hulle viering van die heilige dag van Kroningsdag op 2 November 2023. Haile Selassie is in 1930 tot Keiser van Ethiopië gekroon en Kroningsdag is die herdenking van hierdie groot gebeurtenis. Ek wil ons gemeenskap aanmoedig om dié boodskap van vrede, liefde en vryheid vir almal te aanvaar en om hierdie gemeenskap met verdraagsaamheid en openheid te ondersteun. My opregte wense word gedurende hierdie tydperk aan al ons Rastafariese inwoners oorgedra. In the spirit of social inclusion and democracy, I as Mayor, wish to acknowledge the Rastafarian community and their observance of the holy day of Coronation Day on 2 November 2023.

KEKKEL EN KRAAI Tussen Spilhaus en Boland Isuzu, CERES l 083-226-8075

Kekkel en Kraai skuif na 23 jaar vanaf Vinasentrum, na die ou Midasgebou, tussen Spilhaus en Boland Isuzu, oorkant PicknPay in Voortrekkerstraat. Ons wil hiermee vir Pierre en Beadré du Plessis ook dankie sê dat hulle ons hier kon akkommodeer. Baie dankie vir elkeen se getroue ondersteuning - veral die wat nou ver moet loop, die wat naby is en veral die nuwe kliënte! Baie dankie aan my personeel vir julle harde werk en wat saam met my die pad stap. Kom maak gerus ‘n draai by ons nuwe perseel en hou ons Facebookblad dop vir ons verjaarsdag specials! Bestel asb. vroegtydig vir Desember. Geseënde Kersfees aan al ons kliënte

Haile Selassie was crowned as Emperor of Ethiopia in 1930 and Coronation Day is the celebration of this auspicious occasion. I want to encourage our community to accept this message of peace, love and liberty for all and support this community with tolerance and openness. I extend my warmest regards to all our Rastafarian residents during this hallowed time.

V.l.n.r.: Jaden Swart, Miriam Fredericks, Esmé Wolvaardt en Peudro-Rico Tieties


27 OCTOBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 5

REAL Stars football team from Nduli request local support for their award ceremony gala dinner on 24 November. Local businesses are ask to assist them with refreshments for 125 people, trophies and framed certificates for 30 players. For more information contact mr. M.Daniso at 072-076-8069.


6 l WITZENBERG HERALD l 27 OCTOBER 2023

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Maria Farmer 1961/06/04 - 2023/10/19 Roudiens: Do. 26/10/2023 om 19:00, Darlingstr. 597, BV

Gawie Cedras 1946/02/12 - 2023/10/22

Huis: 09:00, Darlingstr. 597, Bella Vista Kerk: 10:00, Berea Christen Sentrum, Bella Vista Graf: Bella Vista

Roudiens: Do. 26/10/2023 om 18:30, VGK Bella Vista Begrafnisdiens: Sat. 28 Okt. 2023 Huis: 11:00, Sederweg 479, Bella Vista Kerk: 12:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Begrafnisdiens: Sat. 28 Okt. 2023

Martha Koenrad 1932/06/21 - 2023/10/22 Roudiens: Do. 26/10/2023 om 19:00, Rietfontein Plaas, KBV

Begrafnisdiens: Sat. 28 Okt. 2023

Huis: 09:00, Rietfontein Plaas, Koue Bokkeveld Saal: 10:00, Rietfontein Plaas, Koue Bokkeveld Graf: Op-die-Berg

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

081-742-6706 n/u: 082-5753-181 Calvyn Philip Mango

1967/09/29 - 2023/10/21 Roudiens: Do. 26/10/2023 om 19:00, Klein Avontuur Plaas

Begrafnisdiens: Sat. 28 Okt. 2023

Saal: 09:00, Klein Avontuur Plaas Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o. \ BLACK MAGIC powerful stone

Swart genesende steen het die krag om geluk te bring:

• Om geld te kry • Gee sukses in liefde, seksuele kragte • In besigheid • Beskerm jou teen bose magte, heksery • Bevordering by die werk • Politieke magte oor ander • Wen geld, Lotto, casino, sportweddenskappe • Verslaan jou vyande • Wen hofsake en egskeidings • Maklik om te gebruik met geen voorwaardes nie

Hierdie steen is die antwoord vir al jou probleme.

Whatsapp FATUMAH 079-120-7165

MAMA OKERO & PROF OUPA

Herbal Expert Traditional Helper for all your personal problems. She will make it disappear. Online services and home visits by appointment. (next to Pick n Pay Qualisave in Worcester)

Call for appointments

073-356-2605

PLANT AND TOOL HIRE Mini skip rentals: 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 l ☎ (023) 312-1414 l c/o Vos- & Faure Street 83

DRINGEND OP SOEK NA 2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop. Skakel Kobus 083-659-1735

Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.

GRATIS Whatsapp die woord

HERALD

gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003

Reëls: • Slegs items van onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

Bondels koerante te koop R30 per bondel

vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

Ceres Lions Pre-Primêr 2 ONDERWYSERESSE (vir Babas - 3 jaar oud)

Kwalifikasies: minimum ECD level 4 plus NCF. Ondervinding: ten minste 3 jaar by ECDsentrum. Vereistes: • sterk verantwoordelikheidsin • stiptelik in alle opsigte • passie & empatie vir babas tot en met 3 jaar • baie geduld • hardwerkend • onder druk kan werk • goeie gesondheid en sterk uithouvermoë Aansoeke sluit: 2 Nov. 2023 om 12:00. E-pos volledige CV, ten minste 2 verwysings, getuigskrif van 2 vorige werksplekke, (nie ouer as 3 jr), + police clearance sertifikate na: lionsprepremer@ telkomsa.net

 (023) 316-2021 Witzenberg Herald Besigheidsure:

Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00 Saterdag: 09:00 - 12:30

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)


27 OCTOBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 7

nuusbrokkies YOUNG Good Hope RVK se algemene jaarvergadering vind plaas op Maandag 30 Oktober om 19:00 op die Bella Vista sportgronde. Die klub hou ‘n afskeidsfunksie op Saterdag 25 November in die Bella Vista gemeenskapsaal. Kaartjies by klublede beskikbaar. DIE Wolseley Gemeenskaps Polisiëringsforum se algemene jaarvergadering vind plaas op 15 November om 18:30 in die N.G. kerksaal in Voortrekkerweg, Wolseley. Belangstellendes is welkom om dit by te woon.

Give someone a lifeline Donate blood Donate plasma THE Western Cape Blood Service (WCBS) is appealing to the public to donate blood as the blood supply is under severe pressure. “Over the past month, WCBS struggled to maintain the required O blood group stock levels. These blood groups are still under the required 5-days supply, as we only have a 2-day blood supply left in these respective groups. We are appealing to all donors to find their closest blood donation clinic to support the many patients who need blood”, says Marike Carli, PRO at WCBS. The South African National Blood Service (SANBS) will be experiencing a downtime period as they migrate to a new system on Sunday, 5 November and Monday, 6 November. To assist SANBS with this transition and to increase blood collection, the following blood donation clinics in the Western Cape will operate until 19:00 during the week for the next two weeks, starting Monday 23 October till Friday 3 November - Blue Route Mall, Kenilworth Centre, N1 City Mall and Capegate Shopping Centre. If you are between 16 and 75, weigh 50kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate. For more information or to find your closest blood donation clinic, please visit www.wcbs.org.za, download the WCBS App, or send a WhatsApp to 060 549 7244. Give someone a lifeline. Do something remarkable, donate blood.

THE Department of Social Development (Paarl), is requesting Maria Magdalena du Toit to urgently contact Patricia Titus at (021) 871-1682 between 07:30 and 16:00 or after hours at 071-852-1702. PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29-31 Maart 2024 op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673 vir verdere navrae. THE Wolseley Community Policing Forum will have an annual general meeting on 15 November at 18:30 at the Dutch Reformed Church hall in Voortrekker Road, Wolseley. DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7-14 Maart 2024. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n epos aan: isaacjacobs50@yahoo.com

PUBLIEKE DEELNAMEPROSES

DIE PUBLIEKE DEELNAMEPROSES VIR DIE CERES MALL ARTIKEL 21(A) WATERGEBRUIK-LISENSIE AANSOEK IS NOU OOP VIR PUBLIEKE KOMMENTAAR Hierdie kennisgewing dien om u in kennis te stel dat Umvoto met die openbare deelnameproses vir die voorgestelde ontwikkeling begin het soos uiteengesit in artikel 41(4) van die Nasionale Waterwet (No. 36 van 1998). Alle belanghebbendes word uitgenooi om as Belanghebbende en Geaffekteerde Partye (B&GP’s) te registreer en om enige kommentaar of navrae by Umvoto in te dien. Om te registreer en kommentaar te lewer, stuur ‘n e-pos na Gemma Bluff (gemma.b@umvoto.com) teen Maandag 20 November 2023.

Die dienste van ‘n vriendelike, dinamiese en hardwerkende ONTVANGSDAME met minstens 2 jaar ondervinding in ‘n regspraktyk en wat oor goeie taal- en spelvaardighede beskik, word benodig Vereistes: • Uitstekende kommunikasievermoëns met kliënte • Goeie taalvaardighede in Engels en Afrikaans • Eerlik, georganiseerd, stiptelik en pligsgetrou • Tik van kontrakte, dokumente, e-posse en korrespondensie • Dagboekbeplanning • Reël van afsprake • Algemene bystand en ondersteuning aan prokureurs • Moet oor die vermoë beskik om onder groot druk te werk in ‘n eiesoortige regspraktyk • Ondervinding in administrasie van boedels sal ‘n voordeel wees Stuur aansoeke en volledige CV aan: altus@jvanvuuren.co.za Indien jy nie teen 30 November 2023 van ons verneem nie, kan jy aanvaar dat jou aansoek onsuksesvol was.

RESCUES UP FOR ADOPTION

Voortrekkerstraat 112 CERES  (023) 312-1057

Ceres Toyota beskik oor ‘n posisie vir ‘n ervare

ONDERDELE STOORMAN / VERKOOPSPERSOON Vereistes vir bg. pos sluit in: • Evaluering van voorraadvlakke, identifisering van voorraaditems en bestuur van die aanvulling hiervan • Monitor en instandhouding van voorraadbeheer van goedere • Ontvangs van inkomende en uitgaande onderdele in ooreenstemming met dokumentasie wat uitgereik is • Ten minste 3 jaar ondervinding in die verkoop van motor- en bakkie onderdele • Moet rekenaarvaardig wees • Beskik oor ‘n geldige rybewys • Moet vinnig en metodies kan werk • Goeie organisatoriese vaardighede • Goeie spanwerkvaardighede Ons bied: • Markgerigte salaris en kommissiestruktuur • Medies- en pensioen voordele Sluitingsdatum: 12 November 2023 Begindatum: So spoedig moontlik Stuur asseblief u CV met kontakbare verwysings na: richard@cerestoyota.co.za

Currently at the shelter

Contact Hazel 072-609-1165

adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za

All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be prearranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

BELLA (Female) Born 15/04/2023

ESTER (Female) Born 02/02/2023

LEXI (Female) Born 20/02/2023

DAISY (Female) Born 03/01/2022

GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022

LISE (Female) Born 30/11/2022


8 l WITZENBERG HERALD l 27 OCTOBER 2023

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Bernard wen gholfdag DUTOIT Groep het Saterdag hul jaarlikse gholfdag by Ceres gholfklub aangebied. Bernard Hofmeyer was die wenner met 46 punte van die enkel stableford kompetisie. Wynand Crouse was tweede met 39 punte. Hy is gevolg deur M. Botes, J. van Zyl en P. Grobler, almal met 37 punte. Rodney Engelbrecht was sesde met 36 punte. Michael Dark, Connie Malherbe en Glenny Nasson, het ook almal 36 punte aangeteken. Daar het 75 spelers aan die gholfdag deelgeneem. Putjiespelkompetisie Die finaal van die dubbel putjiespel se plaatkompetisie vind die naweek plaas tussen Jodey Kayer en Rodney Engelbrecht en Johan Smit en Pieter Immelman. Daar sal vanjaar geen enkel putjiespel kompetisie aangebied word nie. Dit sal moontlik eers begin 2024 weer aangebied word. Kompetisies vir Oktober Saterdag 28 Oktober borg die gholfklub weer ‘n enkel stableford kompetisie. Spelers moet ook kennis neem dat die baan gesluit sal wees op Donderdag 2 November sowel as Vrydag en Saterdag 3 en 4 November vir die Classic.

DUTOIT Groep het Saterdag hul jaarlikse gholfdag by Ceres gholfklub aangebied. Bernard Hofmeyer (regs) was die wenner met 46 punte. By hom staan Willem Coetzee, besturende direkteur Dutoit Agri.

FOTOS: Trevor Felix

DIE Sanlam Boland Top 12 het die naweek afgeskop. Verlede jaar se naaswenner van die Top 12 kompetisie, Bella Vista, het ‘n bonuspunt oorwinning behaal toe hulle Delicious NW van Clanwilliam met 29-12 geklop het. Lorenzo Boer, wat ook as die man van die wedstryd aangewys is, was aan die brand met die bal in die hand. Op die foto regs duik Marco Manus oor vir een van Bella Vista se drieë.

Bella Vista wen Top 12 wedstryd BELLA Vista rugbyklub het Saterdag op hul tuisveld verspot maklik met Delicious NW afgereken en die wedstryd 29-12 gewen. Bella Vista se agttal het van meet af beheer geneem oor die wedstryd. In die vasteskrums is die besoekers meters vér teruggestoot. Thierry Grootboom en Francois Adam gaan druk voor rustyd. Durin Nasson voeg twee doelskoppe en strafdoel by om die rustyd-

telling op 17-5 te staan te bring. Na rustyd druk Marco Manus en Ruan Manuel. Nasson voeg die res van die punte met sy skopvoet by. Bella Vista reis die naweek na Worcester om die voorloper in Groep B, Hamiltons, aan te vat. Dit beloof om ‘n baie opwindende wedstryd te wees. Chesvill Muller (kaptein) het na die wed-

stryd genoem dat sy span gelukkig is met die oorwinning maar teleurgesteld is omrede hulle twee drieë afgestaan het. “Toe ons so ver voor geloop het, het dinge ‘n bietjie los getorring en is dinge effe geforseer”. Alle eerste rondte wedstryde was uitgesaai op www.bolandrugby.co.za met ‘n gesamentlike kykersgetal van bykans 70 000 kykers.

TWEE Ceres rolbalspelers het verlede week aan die Wes-Kaap Ope, ‘n enkelspel rolbaltoernooi, op Kleinmond deelgeneem. Top spelers van die WP, Eden, Weskus, Overberg en Kaapse Wynland het deelgeneem. Die Wynlandspan het bestaan uit Margie Jardine (Wellington), Louis Botha (Robertson), Stoffel Lambrechts en Charmaine Mostert, beide van Ceres. Stoffel het saam metTiaan Oelofse van Eden, ‘n derde plek verower.

JEUG FIETSRY

REGISTRASIE VANAF 06:30 BY BRONAAR GROENTE-PAKSTOOR MTB 50KM | R250 | 07:30 35KM | R200 | 08:00 25KM | R150 | 08:30

PRETDRAF 21KM | R200 | 07:40 10KM | R100 | 08:15 5KM | R50 | 08:40 (KINDERS KAN DIE 5KM FIETSRY OOK)

PRYSE VIR DIE EERSTE 3 POSISIES IN ELKE ITEM (BEHALWE 5KM). MEDALJES VIR ALMAL. GELUKKIGE TREKKINGS! NAVRAE: RIAAN 082-563-2072 EN HEINIE 083-229-9132 AKKOMMODASIE-NAVRAE: JEANETTE 083-562-1925

INSKRYWINGS DEUR ENTRYNINJA HTTPS://WWW.ENTRYNINJA.COM/EVENTS/79150-OP-DIE-BERG-MTB-AND-TRAIL-RUN/ENTER

Jeug fietsry in die Witzenbergstreek het onlangs ‘n reuse hupstoot gekry toe Ceres betrek is by die DSV fietsry akademie, die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit en Rapsport en Lange Sport se inisiatief om fietsry vir leerders tussen 13 en 18 jaar meer toeganklik te maak. CERES CYCLES + VALLEY FUNERALS is opsoek na geskikte kandidate wat in fietsry belangstel en dit as sport wil beoefen. Hulle het fietse en valhelms beskikbaar - kom meld net aan om in aanmerking te kom vir die 2024 DSV akademielede.

Vir deelname skakel:

CERES CYCLES: Rashid van Rhyn (023) 312-3578 078-551-9918 VALLEY FUNERALS: Mitch Jantjies 082-575-3181.

MALCOLM LANGE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.