Witzenberg Herald Vol.27 no.42 (Online Weergawe)

Page 1


Witzenberg

Inwoner

SATURDAY

26/10/24

(68) is blykbaar veilig maar wil nie sê waar hy hom bevind nie

‘n INWONER (68) van Ceres wat verlede Donderdag as vermis gerapporteer is, word steeds deur die Ceres speurders gesoek.

Danie van Eck van Zulchstraat op Ceres, moes op 17 Oktober omstreeks 16:00 sy vrou by Pick n Pay gaan haal. Hy het nooit daar uitgekom nie. Sy vrou het hom later as vermis by die polisiestasie aangemeld. Die inligting is daarna wyd op sosiale media platvorms gedeel in ‘n poging om hom vinnig op te spoor.

Vrydag 18 Oktober het Van Eck self met die polisie geskakel om te sê hy is veilig en dat daar nie na hom gesoek moet word nie. Die polisie het sedertdien al paar keer met hom geskakel maar hy weier om te sê waar hy hom tans bevind. Hy wil ook nie vir sy seun in Mosselbaai sê waar hy hom bevind nie.

‘n BRAND het Dinsdag 15 Oktober vier informele huisies en ‘n woonhuis in Indwestraat, Nduli, in puin gelê. Niemand is beseer nie maar die gesinne het alles in die brand verloor. Twee graad 11 leerders het dringend skooluniforms nodig. Indien daar inwoners is wat kan help, kan hulle rdl. Andile Gili skakel by 073-6258-563.

Die polisie moet hom opspoor om vas te stel of hy veilig is maar die feit dat hy nie wil sê waar hy hom bevind nie, bemoeilik die polisie se opsporing van hom. Die selfoonsein sal nou nagespeur moet word om te probeer vasstel waar mnr. Van Eck hom bevind. Dit is ‘n tydrowende proses.

Nie op Ceres

Die polisie is daarvan oortuig dat mnr. Van Eck nie op Ceres is nie.

CCTV materiaal wys dat ‘n Toyota Avanza met ‘n CA-registrasienommer hom by sy huis opgelaai het. Die voertuig het net na 16:00 die dorp via Michellspas verlaat. Mense met enige inligting kan s/sers. Niel Seroot skakel by (023) 3168500.

Speurders sonder krag

oor

uitstaande rekeninge

MUNISIPALITEITE wat wanbetalers se krag afsny is ‘n alledaagse verskynsel in Suid-Afrika. Dit is ook nie ongewoon as staatsdepartemente in die land se krag geknip word nie.

Dit is dalk ‘n alledaagse verskynsel in die Oos-Kaap, Mpumalanga en Limpopo maar nie op Ceres nie.

Die Witzenberg munisipaliteit se elektrisiteitsafdeling het Maandagmiddag gou die polisie en die departement van openbare werke se aandag gekry toe die kragtoevoer na die twee huise wat die speurderskantore, menslike hulpbronne en intelligensie se kantore in Voortrekkerstraat huisves, net na 13:00 afgesny is.

Die krag is later omstreeks 18:30 weer aangeskakel. Twee persele wat die polisie se barakke op Tulbagh en Wolseley huisves, was ook op die afsnylys.

Betroubaar word verneem dat die uitstaande skuld ver meer as R250 000 beloop en dat daar vir die departement van openbare werke (DOW) kans gegee is tot Vrydag om betalings te maak en die uitstaande rekening te vereffen.

Verskeie navrae aan die munisipaliteit is nie beant-

woord nie terwyl die Wes-Kaap minister van polisie se woordvoerder het in ‘n e-pos navraag gesê hulle is nie verantwoordelik vir die rekening nie en dat betalings van munisipale dienste, die DOW se verantwoordelikheid is. Die DOW het weer op hul beurt laat weet dat eenmalige betalings gemaak word aan munisipaliteite en landdroshowe en dat dit moontlik nie na die regte rekening geallokeer is nie. Worcester polisie het onlangs twee keer dieselfde verleentheid oorgekom. Staatsdepartemente blameer maklik mekaar en dit is altyd ‘n moeilike proses om die verantwoordelike persone binne die betrokke departemente op te spoor en aan die pen te laat ry. Maar na baie navrae en hoë vlak gesprekke lyk dit vir eers of die speurders nie weer in donkerte sal sit nie.

DANIE van Eck.

DIE tiende Munga bergfietsren oor meer as 1130 kilometer vanaf Bloemfontein tot op Wellington, vind vanjaar van 27 November tot 2 Desember plaas. In hierdie moordende uithouwedren het fietsryers 120 uur om die afstand te voltooi. Pierre de Jager, wat in 2020 aan sy laaste individuele wedren deelgeneem en dit in ‘n skitterende 15de plek in 79:07:00 voltooi het, gaan vanjaar weer die volle wedren ry. Hy wil geld insamel vir oudsoldate van 61 Meg wat finansieël swaarkry. Dit is ook ‘n bewusmakings-rit vir PTSD (post traumatic stress disorder). * Donasies kan aan 61 Mech Veterans Association gerig word, Standard Bank rekening 00-329-3661, verwysing: Munga/Pierre/jou naam.

DRIE leerders van Charlie Hofmeyr is opgeneem in die Kavaliers-Noord tennisspan wat 18-19 Oktober deelgeneem het aan die Boland platteland tennistoernooi op Lutzville en Vredendal. Ben-Daniël van der Merwe was in die o/15 span met Elizabeth Goosen en Anlia van der Merwe in die o/17 span.

Ceres Tuiste

Ceres Tuiste, ‘n Aftree-oord in Ceres, verlang die dienste van ‘n:

GEREGISTREERDE ASSISTENT VERPLEEGSTER [REGISTERED AUXILIARY NURSE]

Vereistes:

•Registrasie by die SARV [SANC]

•Afrikaans magtig [lees, skryf en praat]

•Deernis met ouer persone - ‘n geskiedenis van werk met ouer persone

•Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede

Sluitingsdatum vir aansoeke:

4 November 2024

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

CV met afskrif van ID, SARV [SANC] Registrasie, Opleidingsertifikate asook ten minste twee opspoorbare verwysings kan afgegee / per e-pos gestuur word aan:

Die Bestuurder, Ceres Tuiste, Munnikstraat 33, CERES E-pos: bestuurder@cerestuiste.co.za Navrae: ☎ (023) 312-1315/95

Ceres Tuiste, ‘n Aftree-oord in Ceres, verlang die dienste van ‘n:

OPGELEIDE KOK

Vereistes:

•Minstens 3 jaar ervaring as kok in soortgelyke omgewing

•Afrikaans magtig [lees, skryf en praat]

•Goeie kommunikasie- en interpersoonlike vaardighede

•Moet kan leiding neem van ‘n span

Sluitingsdatum vir aansoeke: 4 November 2024

Diensaanvaarding: Desember 2024

CV met afskrif van ID, Opleidingsertifikate asook ten minste twee opspoorbare verwysings kan afgegee / per e-pos gestuur word aan:

Die Bestuurder, Ceres Tuiste, Munnikstraat 33, CERES

E-pos: bestuurder@cerestuiste.co.za

Rugbyspan beleef 'n goeie jaar

MOOI Uitsig primêr se o/12 rugbyspan het vanjaar ‘n suksesvolle seisoen agter die rug. Hier is die span saam met hul afrigter, Garfield Overmeyer en sportsameroeper, Martin Absalom, afgeneem.

SEISOENSPOS:

VURKHYSERBESTUURDER

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei.

HOOFFUNKSIES:

•Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers

•Laai van palette in tonnelkamers en rakke

•Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers

•Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors

•Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take

•Algemene werk in koelkamer

DIE IDEALE KANDIDA AT MOET:

•Geldige rybewys van vurkhyserlisensie toon

•Verwysings van vorige werke is ‘n vereiste

Navrae: ☎ (023) 312-1315/95 ☎☎ (023) 315-5003 ✉ ✉ 35 CERES 6835

•Ondervinding hê van ry in koelkamers

•Kandidaat moet sober gewoontes hê, netjies en stiptelik wees

•Moet bereid wees om oortyd, nagskof en naweke te werk

ONS BIED DIE SUKSESVOLLE

KANDIDAAT:

•Markverwante loon

•Gunstige werksomstandighede

Alle werwingsprosedures word inlyn met die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, nr. 4 van 2013, gedoen.

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE:

31 Oktober 2024

A ANSOEKE KAN GESTUUR WORD

A AN: elana@cereskoelkamers.co.za

Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word.

NEEM KENNIS: SLEGS KORTLYS

KANDIDATE SAL GEKONTAK WORD.

VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: Adele Prins by (023) 315-5003

OOM Gawie Sagarias (91) is Saterdag 19 Oktober oorlede na ‘n kort siekbed. Oom Gawie sou op 5 Desember sy 92st verjaarsdag gevier het. Hy was vir 60 jaar getroud met Elizabeth Sagarias en het vir 85 jaar op die plaas Uitkoms gewoon. Die laaste paar jaar het hy op Morceaux gewoon. “Almal is lief vir hom en mis hom baie, maar weet dat hy nou by God is waar hy gehunker het om te wees”. Begrafnisdiens is Sondag 27 Oktober vanuit die Christian Mission kerk en die teraardebestelling op Uitkoms.

BERNITA Havenga (59) van Agter Witzenbergvallei, is skielik op 15 Oktober oorlede.Die begrafnisdiens het Maandag 21 Oktober vanuit die NG gemeente P.A. Hamlet plaasgevind.

LOFTY Eksteen (66), jarelange inwoner van Ceres en CFJ werknemer, is op Woensdag 11 Oktober oorlede.

LUCAS Havenga (67) is Woensdag 16 Oktober skielik oorlede. Lucas was vir meer as 40 jaar ‘n inwoner van Ceres en het vir 17 jaar by Belmont Buiteverkope gewerk. Hy was ook lank betrokke by Patmos en Huis Maudie Kriel. “ Lucas was nie net die beste man vir Annemarie nie, maar ook die beste pa vir sy kinders. Hy het die mooiste hart van omgee en liefde gehad en het na aan God se voete geleef en altyd God se liefde uitgestraal oral waar hy gegaan het. Hy het altyd almal wat hy geken het, vertel van die Here se liefde. Ons wonder altyd hoekom God sy blomme so gou kom pluk maar Sy tyd is altyd die regte tyd. Lucas leef nou saam met Jesus in sy pragtige tuin vol blomme. Die Havenga-gesin is verskriklik lief vir hom en mis hom reeds maar weet dat hy nou by God is waar hy gehunker het om te wees”. ‘n Lewensviering vir Lucas word op 25 Oktober om 15:00 by Homegrown gehou.

Polisie waarsku inwoners teen skelmstreke

DIE polisie se waarskuwings die afgelope maande val skynbaar op dowe ore.

Bedrog- en diefstalklagtes styg elke maand en steeds is daar inwoners in die Witzenbergstreek wat ingeloop word. As iets te goed is om waar te wees, dan is dit so!

Inwoners word weer gewaarsku om versigtiger te wees as hulle goedere aanlyn of op sosiale media platvorms koop of verkoop. Internet-bedrieërs is deesdae volop en raak meer uitgeslape om naïewe kopers en verkopers wat op die internet en sosiale platvorms handeldryf, in te loop.

Die internet-skelmstreke is enigiets van romantiese slenters tot skuldinvordering, verhuring van blyplekke wat nie bestaan nie, motors wat te koop aangebied word of bedrog wat kamstig op ‘n bankrekening plaasvind.

Klagtes

Die Ceres speurders kry tans maandeliks meer as 10 sulke bedrogklagtes. Inwoners sien motoradvertensies op Marketplace en dink dit is ‘n winskoop. Die bedrieër plaas die motoradvertensies op Marketplace met fotos wat hulle aflaai van ander adverteerders se platvorms en net sy besonderhede byvoeg.

Inwoners betaal die geld oor sonder om meer uit te vind oor die adverteerder of te vra vir ander fotos. Voertuie in dié advertensies word elke keer ver onder markwaarde verkoop.

Inwoners word gevra om eerder by betroubare ondernemings sulke duur items soos voertuie aan te koop. Hulle kan ook die motor se besonderhede by die verkeersdepartement laat nagaan voordat hulle dit koop.

Plaaslike inwoners wat nie aandag skenk wat om hul aangaan nie, word gereeld by kitsbanke besteel. Dan is daar ook inwoners wat ingeloop word met die onwettige doppie-dobbelspel.

Polisieman se saak tot in Desember uitgestel

‘n POLISIEMAN van Tulbagh wat ‘n paar maande gelede ‘n man op Gouda doodgeskiet het, se saak is in die Tulbagh landdroshof vir verdere ondersoek uitgestel.

Sers. Jonathan Waterboer (47) van die Tulbagh misdaadvoorkomingseenheid, het Maandag 14 Oktober in die Tulbagh landdroshof verskyn op aanklag van moord. Die saak is na 9 Desember uitgestel vir ‘n streekhofdatum en verdere ondersoek. Sy borg van R1 000 is verleng.

Voorval

‘n 40-Jarige man van Gouda is Donderdag 23 Mei omstreeks 10:30 dood kort nadat inwoners en die polisie in ‘n onderonsie betrokke geraak het.

Dit is nie bekend wat het tot dié konfrontasie tussen die twee groepe gelei nie. Die polisie was blykbaar opsoek na twee verdagtes.

Die broer van een van die mans het toe tussenbeide probeer tree.

In die harwar naby die Bakerville primêre skool, is ‘n man noodlottig getref.

Die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (OPOD) ondersoek nog die voorval. Talle versoeke om kommentaar en terugvoering oor die vordering van die saak, is steeds onbeantwoord.

AS part of an ongoing commitment to community upliftment, Perdekraal East Wind Farm recently provided comfort packs to mothers facing extended stays at the community hospital in Ceres. This act of care not only brought much-needed relief to these mothers but also underscored the broader societal conversation around the challenges women face, especially those on their journey through motherhood. Recognising the sacrifices and contributions these mothers make to their families and society at large, Perdekraal East Wind Farm partnered with the South African Police Service (SAPS) to visit Ceres Hospital. Together, they spent a meaningful day interacting with the women, hearing their stories, and offering emotional and practical support. The initiative benefitted 40 mothers, with each receiving a comfort pack that included personal care items and snacks, ensuring these women felt seen, valued, and supported for the remainder of their stay. Additionally, SAPS officers joined the visit to discuss the importance of standing up against gender-based violence (GBV). The officers distributed awareness pamphlets and encouraged the mothers to come forward or help others that may find themselves in those situations.

DIE Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit (KWDM) en die WKR se departement van ekonomiese ontwikkeling en toerisme was gashere vir die jaarlikse beleggerswerkswinkel wat op 17 Oktober op Stellenbosch gehou is. Onder die gaste was die eienaars van klein-, mikro- en mediumondernemings (KMMO’s) wat graag meer wou uitvind oor hoe om hul produkte uit te voer. Die konferensie het bykans 100 gaste van regoor die Kaapse Wynlandstreek gelok.

‘n STRYERY oor ‘n bottel bier het die naweek tot een man se dood gelei.

Die Stemere-broers van Nduli was Saterdag 19 Oktober omstreeks 02:15 onderweg na hul informele huis toe daar ‘n stryery uitbreek oor ‘n bottel bier.

Daar was ook ‘n bakleiery waarna Bonesele Stemere (30) ‘n mes gaan haal en sy ouer broer, Thabo (33), in die gesig en bors gesteek het. Thabo het op die toneel gesterf. Bonsele, oorspronklik van Lesotho, is gearresteer en het Maandag 21 Oktober vlugtig in die landdroshof verskyn.

Die saak is tot 28 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

KITCHEN ASSISTANT

The following requirements are needed:

•Must be able to handle and work under pressure

•Excellent people’s skills

•Must be willing to work weekends and shifts

•Must be fully bilingual

•Preferably reside in Ceres/Wolseley

•Previous experience will be advantageous

•Must have matric

•Must have knowledge of hygiene in the workplace

•Honest and hard working

The successful candidate will be responsible for:

•Preparing cooked food

•Ensuring that all food to be sold, is up to standard and of good quality

•Cleaning of kitchen

•Stock rotation

•Waste control

•Assisting with stock-take

•Following recipes as per production sheet.

Salary negotiable.

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za and ceres.superspar2@gmail.com

For attention: Human Resources

Closing date for applications: 1 November 2024

Availability: Immediately

Should you not receive any feedback by 8 November 2024 please consider your application unsuccessful. Please do not apply via Facebook, please e-mail all CV’s

CERESCERES CERESCERES CERES (023) 316-2226

MERCHANDISERS (PART TIME)

The following requirements are needed:

•Assist in tracking progress toward budgets and objectives

•Develop strong customer relationships

•Ensure accurate and timely setup of product

•Monitor and dispose of obsolete and excess products

•Monitor movement of primary products

•Stock shelves and build displays

•Properly rotate stock

•Back room inventory organization

•Excellent people’s skills

•Must have customer service ethics

•Must be willing to work weekends and shifts

•Must be fully bilingual

•Preferably reside in Ceres/Wolseley

•Grade 12 Certificate

•Must have knowledge of merchandising

•Must be honest, hard working and work under pressure

•Knowledge of cleanliness and food hygiene

Salary negotiable.

Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID and matric cer tificate included) to: ceres3@retail.spar.co.za or ceres.superspar2@gmail.com

For attention : Human Resources

Closing date for applications: 1 November 2024

Availability: Willing to join as soon as possible

Should you not receive any feedback by 8 November 2024 please consider your application unsuccessful. Please do not apply via Facebook, please e-mail all CV’s

Spesiale uitreik om kindergesondheid te bevorder

’n PLAKKER op jou voorkop, eenbeentjie spring of kans gee vir verwondering oor jou weggooibare handskoene - alles is ingespan om ’n unieke gesondheids-uitreikaksie na kwesbare kinders vlot te laat verloop.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand sê dankie aan die studente van die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wie hul praktiese ervaring in die Kaapse Wynland-omgewing doen en saam met ander vennote, onlangs 'n besoek afgelê het by die Steinthal Kinder- en Jeugsorgsentrum op Tulbagh.

Met die hulp van mentors, baie ‘high fives’ en die uitdeel van mooi plakkers, is sowat 35 kinders se gesondheid geëvalueer.

Die meerderheid van die kinders was in die ouderdomsgroep van twee tot ses jaar. Die doel van die uitreik was om te bepaal of daar kinders is wie verdere ondersteuning benodig as dit kom by motoriese ontwikkeling, voeding, gehoor, spraak, sig, en meer.

Finale-jaar mediese student Thembani Maswanganye het die punt beman waar kinders se welstand oor die algemeen nagegaan is, en toe hy kans kry, het hy ook uitgehelp by die stasie waar spraakevaluering gedoen is. Hy sê hoewel die besoek deel is van sy akademiese aktiwiteite, het hy dit baie geniet om iets te doen wat hy weet ’n verskil maak in ’n kwesbare gemeenskap.

“Om deel te wees van hierdie uitreik, het my diep geraak,” sê Carla Scholtz, ‘n vierdejaar spraak-, taal- en gehoorterapie student.

“Vir my het dit die groot nood aan dienste in sekere gemeenskappe uitgelig. Deur die gehoorsifting en spraakevaluerings te kon doen het my die kans gegee om eerstehands te sien hoe belangrik vroeë identifisering is om die kind se kommunikasie-uitkomstes te verbeter.

Ek is meer as ooit vasbeslote om die gapings in sorg en dienste te oorbrug en om te veg vir mense wie andersins dalk nie gehoor sou word nie.”

Steinthal kinder- en jeugsorgsentrum se bestuur het vroeër navraag oor gesondheidsdienste aan die universiteit se afdeling landelike gesondheid (Ukwanda) gerig, aangesien hulle gesondheidwetenskapstudente het wat in Worcester en op Ceres geplaas is.

Rolspelers het ontmoet en reëlings getref vir die spesiale uitreikaksie.

“Ons werk nou saam met personeel by Ukwanda om studente wie hul studies in gesondheidsorg en verwante velde voltooi, die geleentheid te gee om ervaring op te doen by klinieke, hospitale, en meer. Hoewel Steinthal se kinders net soos ander persone in die gemeenskap ondersteun word by Tulbagh kliniek, het ons die kans aangegryp om te kyk hoe ons verdere steun kan gee,” sê Madelein Bester wie deel is van die departement se span wat die uitreik ondersteun het. “Baie dankie aan die studente van Ukwanda, wat ingesluit het mediese, arbeidsterapie, spraak-, taal- en gehoorterapeute en dieëtkunde studente,” sê Bester.

“Die uitreik was ‘n unieke geleentheid om te kon saamwerk met kollegas van die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand en ander gemeenskapsvennote met wie ons jarelange verhoudings het,” het Elria Joubert van Ukwanda gesê. “Ons was oorweldig deur hul welwillendheid om op kort kennisgewing hul tyd en hulpbronne beskikbaar te maak en op ‘n langer termyn

ESTATE NOTICE

betrokke te bly by Steinthal kinder- en jeugsorgsentrum. Verder het dit nie net ‘n geleentheid geskep om studente se leeruitkomste op ‘n praktiese manier te bereik nie, maar ook hul harte te raak. Dit was ‘n ervaring wat ons en ons studente altyd sal bybly.”

Die plaaslike gesondheidspan, insluitend die span wat dienste in die gemeenskap lewer, sal opvolg met die kinders wat geïdentifiseer is deur die uitreikspan. In sommige gevalle het die kinders tandheelkundigedienste nodig en ander gevalle spraak- en oudiologiese dienste.

Die verpleegkundige wie omsien na skolegesondheid, sal steeds elke kwartaal uitreik na Steinthal, met ‘n fokus op die uitdagings wat na vore gekom het en skakeling met ander kenners. Waar moontlik sal Steinthal se personeel ook bemagtig word om uitbrake van siektes te voorkom.

“Ons is dankbaar teenoor mnr. Geweldt, Elria Joubert, Jana Müller, dr. Titus en personeel dat julle die dag moontlik gemaak het,” het Charmaine Prince, die bestuurder van Steinthal gesê. “Dit is net deur jul vriendelikheid en toewyding dat die 35 kinders hierdie sorg en aandag gekry het.”

KENNISGEWING

In die boedel van wyle: ANNAMARIE VOSLOO

In the estate of the late HAROLD STANLEY HECTOR, identity number 3501135054082, who was married to Martha Helena Hector, identity number 3309110052083 , of 30 Ryk Tulbagh Street, Witzenville, Tulbagh, who died on 6 January 2021 (Estate No: 023638/2021). (Ref: LH0104)

Notice is hereby given that copies of the Final Liquidation and Distribution Account in the above estate will be open for the inspection for all persons with an interest therein for a period of 21 days from 28 OCTOBER 2024 at the offices of the Master of the High Court, Cape Town and the Magistrate, Tulbagh, Witzenberg.

LOUW INCORPORATED

ATTORNEYS - PROKUREURS

Id. no. 411110 0046 086

Van: Waverenstr. 1, Tulbagh, 6820 Boedelnommer: 021656/2023

Die Eerste en Finale Likwidasie en Distribusierekening in bogemelde boedel sal oor ‘n tydperk van een-en-twintig dae van Vrydag 8 November 2024 ter insae lê in die kantore van die Meester van die Hooggeregshof, Kaapstad en in die kantoor van die Landdros op TULBAGH. GEDATEER en GETEKEN te TULBAGH op hierdie 8ste dag van NOVEMBER 2024. JOHAN BEZUIDENHOUT

Helderberg Law Chambers Postnet Suite 237 208 Main Road, Private Bag X15 Somerset West Somerset West, 7129 Tel: (021) 851-4332 www.louwinc.com

Prokureur vir Eksekuteur Voortrekkerstraat 37, Ceres, 6835 (Verw: J7835)

Exciting opportunity at Ceres Superspar
Exciting opportunity at Ceres Superspar

MAUDIEMark is al 9 jaar in bedryf. MaudieMark, ‘n fondsinsamelingsprojek van Huis Maudie Kriel, het oor die jare gegroei. Tans word MaudieMark uit ‘n ou woonhuis aan die oorkant van HMK bedryf en help ‘n groep vrywilligers daagliks in die winkel. Alle fondse van MaudieMark word aan die tehuis oorbetaal om te help met die bestuur van die aftreeoord. Inwoners word gevra om enigiets wat hulle nie meer gebruik nie, maar ook nog in bruikbare toestand is, aan MaudieMark te skenk om te verkoop. Van koppies tot borde en bekers, boeke, glase en linne en wol. Enigiets! Daar is ook ‘n groot verskeidenheid wol en boeke besikbaar by MaudieMark. Kom maak ‘n draai en drink ‘n koppie tee of koffie in MaudieMark se nuwe koffiekamer.

Drie polisielede en twee inwoners verskyn in Bellville handelsmisdaadhof

DIE verhoor van drie Wolseley SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, gaan in Januarie 2025 in die Bellville handelsmisdaadhof voortgesit word.

Die vyf het weer op Donderdag 10 Oktober op klagtes van korrupsie en regsverydeling verskyn. Die saak teen drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (45), kst. Johannes Fransman (43) en kst.(v) Melzandré Pieters (35), en oudpolisieman Daniël Davids (46) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (43), is uitgestel na 20 en 21 Januarie 2025 wanneer die verhoor voortgesit sal word.

Agtergrond

Die vyf se hofverskyning spruit voort uit ‘n ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid na ‘n voorval meer as drie jaar gelede op 21 April 2021 in die Wolseley-omgewing.

Die drie polisielede is meer as twee jaar gelede op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het.

Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer. Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie.

Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel.

Die vyf is steeds uit op borgtog van R2 000 elk.

Charlies wen T20-wedstryd

CHARLIE Hofmeyr se eerste krieketspan het onlangs teen De Kruine Sekondêre Skool in ’n T20-wedstryd gespeel. Die wedstryde vorm deel van die SA-20 skolekompetisie. Charlies het eerste gekolf en 163 lopies aangeteken. Ryan-Lee Hendricks met 57 lopies en Reagan Davids met 44 lopies, het die beste met die kolf gevaar. De Kruine sukkel in hul kolfbeurt en kan net 65/5 aanteken. Jaun Visser neem 2 paaltjies vir slegs 13 lopies in sy vier beurte. Charlies wen die wedstryd met 98 lopies.

CERES gholfklub het Saterdag 12 Oktober ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied. Glenny Nasson en BJ Claasen was die wenners met 44 punte. Saxtus Janse van Rensburg en David Wesson was in die tweede plek met 42 punte.

MOOI Uitsig primêr se personeel het Vrydag 11 Oktober skoolklere aangetrek en vir bietjie humor by die skool gesorg.

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

1951/06/27 - 2024/10/15

ROUDIENS: Do. 24 Okt. Huis: 19:00 Sultanastraat 34, Ceres

BEGRAFNIS: Sat. 26 Okt. Huis: 08:00 Sultanastraat 34, Ceres Kerk: 09:00 V.G.K, Ceres Graf: Owenstraat, Ceres

PLANT AND AND PLANT AND AND TOOL HIRE TOOL

Clara Helena Pienaar Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086-1115193 rek C27 m.t.o.

Ervare persoon opsoek na werk as produksiebestuurder , enige plek in die Witzenberg-area. Ondervinding in sagtevrugte en sitrus (bv. appels, pere, perskes, nektariens, lemoene, suurlemoene en naartjies), plaag- en onkruidbeheer, bemesting, snoeiwerk, lughuishouding. Meganies goed aangelê. Goeie menseverhoudinge. Kunje Boerdery kan gekontak word vir verwysing. Skakel Willem Kellerman by 073-577-6176. c/s DM16608 25/10

Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen. Jesaja 1:16

nuusbrokkies

DRINGENDE kennisgewing. Ceres gholfklub se algemene jaarvergadering word verskuif van Wo. 23 Okt. na 27 Nov. om 19:00 in die klubhuis. Nuwe bestuur sal verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede moet laat weet of hulle vergadering gaan bywoon.

P.A. Hamlet GPF hou hul algemene jaarvergadering op 26 Nov. om 19:00 in die gemeenskapsaal, Voortrekkerstr. Navrae: a.o. Robyn by (023) 313-3133

“NA deeglike navorsing in die Witzenberg gemeenskap, het ek gesien dat baie van ons kleuters tussen 2 en 5 jr. nie ‘n kleuterskool bywoon nie. Die grootste rede hiervoor is dat baie ouers nie die skoolgeld kan betaal nie. Ek beplan ‘n gemeenskap ECDsentrum vir kinders wat nie kleuterskole kan bywoon nie”. Ouers wat belangstel kan vir Isak Hendriks (mentor@Home LearningYear Beyond) skakel 0790817-053

ODB GPF hou hul algemene jaarvergadering op 11 Des. om 19:00 in die N.G. kerk-

saal, ODB. Vir navrae: a.o. Robyn by (023) 313-3133

BADISA KBV is dringend opsoek na Mathanzima Magadla van Nduli. Dit is in verband met die versorging van sy kinders wat in die KBV woonagtig is. Indien iemand meer inligting het of weet waar mnr. Magadla hom bevind, kan hulle die maatskaplike werker, Caroline Seconds, skakel (023) 317-0427

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel (023) 3122045 of e-pos na togryersmuseum@ gmail.com

CBI gala-aand is uitgestel na 30 Okt. Rusty Labuschagne, bekende Zimbabwiese sakeman, gaan sakelui toespreek oor sy wedervaringe nadat hy valslik deur ‘n wildstroper beskuldig is dat hy ‘n ander stroper verdrink het en die polisie en hof se growwe nalatige optredes. Hy bring ‘n boodskap van hoop. E-pos danell@dekeur .co.za indien jy ‘n tafel wil bespreek of enkelkaartjie @ R550 wil koop. Beperkte aantal plekke beskikbaar

Togryers museum koffievles- en sopprojek, benodig nog leë koffiebottels en sop produkte soos sopmengsel, gesplitte ertjies, rys, stampmielies, lensies en pakkies sop. Enige donasies welkom.

KRY ‘N % AFSLAG OP ENIGE AANKOPE

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na: Mans klere en -skoene asook wintersklere vir mans en vroue

Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00

Saterdag: 09:00 - 12:30

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Evangelis Jacobs

Dutoit gholfdag weer groot sukses

DIE jaarlikse Dutoit Groep gholfdag het Saterdag 19 Oktober plaasgevind.

Bernard Hofmeyer het die individuele stableford kompetisie met 43 punte gewen. Rudolph Cronjé was in die tweede plek met 41 punte gevolg deur Jodey Kayer met 38 punte. Kayer het ook ‘n skaars prestasie behaal toe hy ‘n kolhou op putjie 5 geslaan het.

E. Duvenhage was vierde, ook met 38 punte en Laurie Prins was vyfde met 37 punte.

Jaarvergadering uitgestel

Ceres gholfklub se algemene jaarvergadering word verskuif van Woensdag 23 Oktober na 27 November om 19:00 in die klubhuis.

Tydens die vergadering sal die nuwe bestuur verkies word. Ledegeld en speelfooie vir 2025 sal ook goedgekeur word. Lede moet laat weet of hulle die vergadering gaan bywoon.

Oktobermaand se klubkompetisies: Op 26 Oktober bied die klub ‘n enkel syfer plus kompetisie aan.

Sosiale gholf

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford.

Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.

Tweeling speel baan aan die brand

DIE Swart-tweeling van Ceres, Wiehan en Marko, het Sondag 20 Oktober aan die Pearl Valley Junior Academy se klubkampioenskappe deelgeneem. Wiehan (bo) het sy afdeling gewen met ‘n skitterende 38 houe. Marko (onder) was kort op sy hakke in die tweede plek met 41 houe. By hulle staan Sevey Links.

19 Oktober die

BERNARD Hofmeyer het Saterdag
Dutoit Groep se individuele stableford kompetisie met 43 punte gewen. Rudolph Cronjé (regs) was in die tweede plek. Die pryse is deur Willem Coetzee oorhandig.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

JODEY Kayer, ‘n lid van Ceres gholfklub, het Saterdag tydens die jaarlikse Dutoit gholfdag, sy eerste kolhou behaal. Jodey het op putjie no. 5 (163 meter, syfer 3), die bal in die blikkie geslaan met ‘n 5-yster.

Ceres verloor hul tweede Top-12 wedstryd

CERES rugbyklub het Saterdag in hul tweede Top12 wedstryd gespeel en teen ‘n begeesterde Robertson vasgeval.

Die telling was 26-43.

Robertson het op Ceres se tuisveld gewys hoekom hulle die Breëlangeberg kampioenspan is. Ceres se verdediging en balhantering het die naweek hulle lelik in die steek gelaat.

Met die nederlaag sal Ceres hul drie oorblywende wedstryde met bonuspunte moet wen om te kan kwalifiseer vir die halfeindrondte van die Top12.

Saterdag 26 Oktober speel Ceres gasheer vir Saldanha in ‘n maak- of breekwedstryd.

Top 12

Die spanne wat aan die Sanlam Boland Top12 kompetisie deelneem, is in twee groepe ingedeel.

Die spanne is: Abbotsdale, Caledon, Ceres, Darling, Eagles, Robertson Town, Newtons, Safcol, Saldanha, Young Spurs, Villagers Worcester en Vredenburg.

DIE jaarlikse Trucape Eselfontein bergfietswedren en velddraf (trailrun) het verlede naweek van 18-20 Oktober plaasgevind. Dit was vanjaar die 24ste keer wat die gewilde byeenkoms aangebied is. Daar was vir die eerste keer ‘n 3-dag byeenkoms vir velddrawwers met ‘n 7km wedloop op die eerste dag, 21km op die tweede dag en ‘n 14km wedloop op die derde dag.

bied aan

SKAAPKOPETE

Word bedien met heerlike varsgebakte brood! 7 November 2024

Tyd: 18:30 @ R200 per persoon

Kaartjies beskikbaar by Huis Maudie Kriel kantoor. Vir bestellings skakel ons by (023) 312-1950.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.