Witzenberg Herald Vol.24 no.39 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 39

R7.50

Friday, October 8, 2021

Since 1997

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 7 Oktober

Vrydag 8 Oktober

Saterdag 9 Oktober

5° 23°

5° 23°

7° 28°

Sondag 10 Oktober

6° 31°

Ceres Koekedouw dam

100%

(023) 312-1916 CERES For orders of R80 + more, within a 3km radius from Ceres

Lesing: 2021/10/06

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

320 Politieke partye neem aan verkiesing deel

Vlamme verwoes inwoner se motor ‘n INWONER van Ceres het die naweek groot skade gely toe sy motor aan die brand geslaan het in Voortrekkerstraat. Die voorval het Sondag 3 Oktober omstreeks 18:00 plaasgevind op die hoek van Owen- en Voortrekkerstraat op Ceres. Volgens die bestuurder en eienaar van die Fiat Palio, Paul Peres van Eilandstraat, het ‘n petrolpypie blykbaar losgeskiet waarna petrol op die warm enjin geval en die voertuig aan die brand geslaan het. Die motor is nie verseker nie maar hy is net bly hy is nie beseer nie. Die Ceres brandweer was gou op die toneel en het die vlamme geblus. INLAS: Paul Peres van Eilandstraat.

Voortrekkerstr. 112, CERES Steyn, Arno, Giepie of Andre (023) 312-1057

DIE nasionale munisipale verkiesing vind oor minder as ‘n maand plaas. ‘n Beroep word op politieke partye gedoen om ondersteuners en kiesers te oortuig om die komende weke tot die munisipale verkiesing op 1 November, steeds streng by CV-19 maatreëls te hou. 14 partye wat in die parlement verteenwoordig word, het verlede Vrydag tydens ‘n geleentheid in Johannesburg, die OVK se gedragskode onderteken sowel as om te verseker dat hul kandidate, lede en ondersteuners hulself, op ‘n wyse wat vry en regverdig is, sal gedra. Statistieke 320 politieke partye gaan vanjaar landswyd aan die munisipale verkiesing deelneem. Meer as 25.6 miljoen landsburgers is vir die verkiesing geregistreer. Hiervan is 55% vroue en 45% mans. Die OVK het gesê daar is geen vereiste vir ‘n wyks- of proporsionelekandidaat om in ‘n spesifieke wyk te woon waar hulle in die plaaslike verkiesing sal meeding nie. Die persoon moet net in die spesifieke munisipaliteit as kieser en kandidaat geregistreer wees. Die matriekeindeksamen is ook weens die verkiesing op 1 November, aangepas. Die eksamen sal nou op 27 Oktober begin oor ‘n periode van vyf weke. Alle Witzenberg politieke partye en hul kandidate in die 2021 munisipale verkiesing word weer versoek om deurentyd verantwoordelik op te tree en aan ‘n skoon verkiesingsveldtog deel te neem. Daar moet op probleme in die gemeenskap gefokus word eerder as op verkiesingsopponente en munisipale amptenare. Inwoners en kandidate moet hulle weerhou om ongegronde uitlatings op sosiale media te maak.

Twee mans vermoor DIT is kommerwekkend dat Ceres provinsiale hospitaal reeds in die eerste naweek van vlak 1 inperkings, ‘n toename in traumagevalle moes hanteer en dat die polisie twee moorde moet ondersoek. In die eerste voorval is ‘n inwoner van Nduli, Zwelinzima Ngxama (43), deur ‘n onbekende persoon doodgeskiet. Die voorval het Vrydag 1 Oktober omstreeks 21:25 in Langabuyastraat plaasgevind. Die onbekende aanvaller het van die toneel gevlug. Die tweede moord het Sondag 3 Oktober in Nduli plaasgevind. Likhaya Beme (32) het in die Ceres provinsiale hospitaal gesterf nadat hy omstreeks 21:40 in die rug en nek met ‘n mes gesteek is. Die voorval het naby ‘n taverne in Chris Hani rylaan plaasgevind. Indien daar ooggetuies is, kan hulle s/a.o. Swanepoel skakel by (023) 316-8500.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.