Witzenberg Herald Vol.24 no.40 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 24 no. 40

R7.50

Friday, October 15, 2021

Since 1997

CERES (023) 312-2144

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 14 Oktober

Vrydag 15 Oktober

Saterdag 16 Oktober

Sondag 17 Oktober

1° 18°

0° 14°

-3° 20°

3° 20°

A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

Ceres Koekedouw dam

99,4%

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) ☎ (023) 004-1338 or 082-335-8331 E-mail: nboshoff@mastheadfp.co.za www.mastheadfp.co.za

Lesing: 2021/10/13

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

Epic op Ceres

DIE ABSA Cape Epic gaan in 2021 (17-24 Oktober), na ‘n afwesigheid van ‘n paar jaar en Maart 2020 se kansellasie weens COVID-19 vlak 5 inperkings, weer op Ceres aangebied word. Die Witzenbergstreek sal drie skofte aanbied. Skof 1 vind op 18 Oktober rondom Ceres plaas en skof 2 vertrek op 19 Oktober van Ceres na Saronsberg. Skof 3 vind op Woensdag 20 Oktober rondom Tulbagh plaas voordat bergfietsryers Donderdag na Slanghoek ry. Die 8-dag wedren loop na 619 km op Sondag 24 Oktober by Val de Vie ten einde. * Die baie gewilde byeenkoms vind gewoonlik in Maart plaas. Met die vlak 1 regulasies in plek kan daar ‘n beperkte aantal toeskouers op die roetes wees.

Broers pak hul 10de Epic saam aan DIE Hanekom-broers van Ceres, Hannes (45) en Sakkie (42), pak vanjaar hul tiende ABSA Cape Epic saam aan in die 17 jaar wat die byeenkoms aangebied word. Hannes gaan vir sy 12 titel en Sakkie vir sy tiende. Hulle beste Epic was in 2013 toe hulle algeheel 17de klaargemaak het - ‘n besonderse prestasie teen professionele spanne.

www.witzenbergherald.co.za

Brink-moord

Polisie arresteer verdagte CERES speurders het verlede week ‘n verdagte gearresteer vir die moord van ‘n man wat aan die brand gesteek en later in die hospitaal gesterf het. Die polisie het Daniël van der Merwe (51), ‘n gholfbaljoggie en tuinier op die dorp, verlede Donderdag 30 September inhegtenis geneem vir die grumoord op die 53-jarige James Brink. Van der Merwe het Maandag 4 Oktober vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is na Maandag 11 Oktober uitgestel. Van der Merwe is vrygelaat op R2000 borg en moet weer op 3 Desember in die Ceres landdroshof verskyn. Hy moet ook twee keer per week by die polisie aanmeld.

Agtergrond Aanvaller/s het James Brink tussen 8 en 9 September oorval en aan die brand gesteek en vir dood agtergelaat. Die voorval het naby Vierdestraat in die Vredebes behuisingskompleks oorkant Nduli plaasgevind. Die polisie en nooddienste is 9 September omstreeks 06:50 na die toneel. EMS het Brink, ‘n vriend van Van der Merwe, na die hospitaal geneem waar hy later op Saterdag 11 September aan erge brandwonde beswyk het. Dié moord en die latere arrestasie van Daniël van der Merwe, het skokgolwe deur die ge-meenskap gestuur. Indien daar nuwe inligting is kan dit by (023) 316-8500 deurgegee word.

Verkragtingsaak uitgestel vir pleit ‘n WITZENBERG inwoner het verlede week weer in die streekhof verskyn weens verkragting. Die 63-jarige man het verlede Woensdag vir die tweede keer in die Wolseley streekhof verskyn. Die verkragting-voorvalle het jare gelede plaasgevind en na bewering, oor ‘n lang tyd aangehou. Die klaer het as kind in vrees geleef en oor die jare berading ontvang. Sy het besluit om klagtes te lê waarna die saak in September 2020 by die SAPD se GKS eenheid aangemeld is. GKS ondersoek nou die klagtes. Die saak is na 1 Desember uitgestel vir pleit. *Die strafproseswet verhoed media en ander bronne om seksuele oortreders en ontvoerders se name te noem alvorens hulle gepleit het.


2

WITZENBERG HERALD

Inwoners en kerke reik uit na dorpe wat gebuk gaan onder droogte KERKE en inwoners van Ceres het die afgelope paar maande kruideniersware, bederfboksies en groente en vrugte ingesamel vir die landbougemeenskap en inwoners van Boesmanland. Die vragmotor en drie bakkies is volgelaai vir die uitreikaksie na Williston, Brandvlei en Fraserburg. Op 1 Oktober is alles aan dankbare inwoners van die streek oorhandig. * Almal wat bygedra het tot die uitreikaksie word opreg bedank.

nuusbrokkies ☎ (023) 315-5003 ✉ 35 CERES 6835

SEISOENSPOS: VURKHYSERBESTUURDERS

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei. HOOFFUNKSIES: • Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers • Laai van palette in tonnelkamers en rakke • Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers • Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors • Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take DIE IDEALE KANDIDAAT MOET: • ‘n Geldige rybewys van vurkhyserlisensie toon • Ondervinding hê van ry in koelkamers • Verwysings van vorige werke is ‘n vereiste ONS BIED DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT: • Markverwante loon • Gunstige werksomstandighede SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 5 November 2021 AANSOEKE KAN GESTUUR WORD AAN: elana@cereskoelkamers.co.za Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word. VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: (023) 315-5003

DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het verander. Inwoners kan hulle skakel by 084-433-0103. IT is that time of the year again in which the Department of Cultural Affairs and Sport, in partnership with Western Province Athletics will be hosting a Provincial “Get Active” virtual

Friday, October 15, 2021

FAMILIELEDE van die Jansen-familie het op Saterdag 2 Oktober die onthulling voor die John Steyn biblioteek bygewoon. Die onthulling is waargeneem deur die enigste oorblywende broer van Klara, Keiser Jansen.

Wie was Klara Majola? SATERDAG 2 Oktober het die Togryers museum op Ceres, die eerste fase van die Klara Majola gedenkarea voor die John Steyn biblioteek onthul. Die verhaal van Klara Majola, is ‘n verhaal van dapperheid en is gebaseer op die ware verhaal van ‘n jong meisie se soektog na haar blinde pa. Die digter DJ Opperman het die berig oor dié hartseer gebeurtenis, wat op 31 Julie 1950 in Die Burger geplaas is, gelees en ’n gedig daaroor geskryf. In 2015 het die radio-omroeper Johan Rademan ’n dokumentêre program wat op RSG uitgesaai is, oor haar lewe en nalatenskap, saamgestel. Die Nederlandse sanger Stef Bos het dieselfde jaar ’n liedjie oor haar geskryf. Met hierdie gedenkteken herdenk die Togryers museum nie net die nalatenskap van sulke dapperheid nie, maar beoog hulle ook om die vergete erfenis van die Ceres-gebied te bewaar vir toekomstige geslagte om te waardeer.

walking event that is aligned to the TAFISA World Walking Day initiative. This day aims to create an opportunity for every citizen to use walking or running as an activity to keep healthy to increase wellness in the province. Lets support World Mental Health Day by registering our families and all those we hold dear for this virtual event. * Every entrant will be able to enter more than one distance, however each distance should be completed in one attempt.

Hierdie gedenkteken skep ‘n betekenisvolle ruimte waar die gemeenskap en besoekers die verlore tasbare skakel na die verlede kan vind. Die gedenksteen sal in twee fases voltooi word. Agtergrond Klara, het as 8-jarige kind die beginsels van onbaatsugtige liefde en verantwoordelikheid openbaar. Klara, oftewel Violet Jansen, se verhaal speel af op die vrugteplaas, De Eike, in die Witzenbergvallei. In die winter van 1950, het die agtjarige meisie verkluim toe sy na haar blinde pa gaan soek het. Haar pa het blind geword en hy en sy gesin het nog aangebly op die plaas. Hy het gehelp met los werkies en het graag hout gaan soek vir vuurmaak. Die betrokke koue wintersdag het hy weer gaan hout soek en lank weggebly. Klara het na hom gaan soek en hulle het mekaar misgeloop. Haar pa het later tuis gekom. Dit het begin reën en sneeu en dit het baie koud geword. Die volgende oggend het hulle haar naby ‘n spruit gekry. Sy het verkluim. Sy is later in die kerkhof op die plaas begrawe.

BIBLIOTEKE in die Witzenbergstreek lewer sedert 16 Augustus beperkte dienste aan die gemeenskap. Let op tye wat die biblioteke oop sal wees. Biblioteke (Bella Vista, Montana, P.A. Hamlet, Rietvallei, Tulbagh, Wolseley, Witzenville en Op-die-Berg) sal van Maandag tot Donderdag oop wees tussen 10:00 en 15:00 en op Vrydae net van 10:00 tot 13:00. Die mini-biblioteke op Laastedrif sal van 08:00-13:00 oop wees en in die Witzenbergvallei van 10:00 tot 15:00.

CERES (023) 316-2226 Exciting opportunities at Ceres Superspar

CASHIERS (FULL TIME) AND (CASUALS WEEKENDS) The following requirements are needed: • Confident and honest • Ability to remain calm under pressure • A sense of responsibility • Be able to work under pressure • Must have people’s skills • Must have previously worked with clients • Must understand customer service • Willing to work shifts and weekends • Fully bilingual (English and Afrikaans) • Must have matric • Preferably reside in Ceres/Wolseley Salary negotiable. Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres2@retail.spar.co.za For attention: Human Resources Applications close: Friday 29 October 2021 Employment acceptance: As soon as possible Should you not receive any feedback before Friday 5 November 2021, please consider your application unsuccessful.

Ceres SLAGHUISBESTUURDER Vereistes: • Tenminste vyf jaar ondervinding. Uitstekende pakket onderhandelbaar, asook voorsorg fonds. Handig CV in by PicknPay Ceres of e-pos na: fceres@pnp.co.za Aansoeke sluit: Donderdag 21 Oktober 2021 Diensaanvaarding: 1 November of so gou moontlik daarna.

BUTCHERY MANAGER Requirements: • At least five years of experience Excellent package negotiable plus provident fund Hand your CV in at PicknPay Ceres or e-mail to: fceres@pnp.co.za Applications close: Thursday 21 October 2021 Employment acceptance: 1 November or as soon as possible thereafter


WITZENBERG HERALD

3

Friday, October 15, 2021

Diefstalverhoor begin op Tulbagh DIE diefstalsaak teen ‘n raadslid van die Witzenberg munisipaliteit en ‘n oudpastoor, het verlede week in die Tulbagh landdroshof begin. Petrus Heradien (54) se verhoor het Donderdag 7 Oktober in die Tulbagh landdroshof begin waar die staat se eerste getuie begin getuig het. Heradien verskyn weens die diefstal van staatseiendom. Die deelsverhoor sal op 12 November voortgaan.

Diefstalklag Die diefstalklag teen Heradien spruit uit ‘n ondersoek wat ‘n verteenwoordiger van die departement van publieke werke in 2020 geloods het. Hulle het ‘n klagte in Oktober 2020 ontvang waar plaveistene ter waarde van nagenoeg R2000 op die middelmannetjie by die Tulbaghweg-kruising op die R46 gesteel is. ‘n Diefstalsaak is daarna op 21 Oktober 2020 by die Tulbagh polisie geregistreer waarna Petrus Heradien aangekla is.

Verkiesing om die draai DIE nasionale munisipale verkiesing vind oor minder as drie weke plaas. ‘n Beroep word weer op politieke partye gedoen om ondersteuners en kiesers te herinner om tot die munisipale verkiesing op Maandag 1 November, steeds by CV-19 maatreëls te hou. Die dag is ook ‘n vakansiedag om almal die geleentheid te gee om te gaan stem. Statistieke 320 politieke partye gaan vanjaar landswyd aan die munisipale verkiesing deelneem. Meer as 26.2 miljoen landsburgers is vir die verkiesing geregistreer. Hiervan is 55% vroue en 45% mans. Daar is 23 151 stempunte in die land. Die OVK het gesê daar is geen vereiste vir ‘n wyks- of proporsionelekandidaat om in ‘n spesifieke wyk te woon waar hulle in die plaaslike verkiesing sal meeding nie. Die persoon moet net in die spesifieke munisipaliteit as kieser en kandidaat geregistreer wees. In die Witzenberg munisipalegebied is slegs 47 098 inwoners (ongeveer 41%) geregistreer om te gaan stem! Hiervan is 24750 vroue met die meeste tussen 40 en 49 jaar oud (6028). Daar is 22348 mans geregistreer met die meeste (6019) in die 40-49 ouderdomsgroep. Daar is slegs 260 tussen die ouderdom 18 en 19 geregistreer. Daar is 12 wyke met 44 stempunte. Laaste amptelike statistieke vir Witzenbergstreek (2011) soos ontvang van die OVK: Inwoners - 115,946. Tussen 0-14 jaar - 25,4%, werkend tussen 1564 jaar - 70,4% en ouer as 65+ slegs 4,2%. Die groeikoers was 2,64% (2001-2011) met ‘n werkloosheidsyfer van 7,6%. Dit behoort baie hoër te wees na die impak van CV-19 bygewerk word. Die werkloosheid onder die jeug is 9,9%. Persone 20 jaar en ouer met laerskool opleiding - 6,6%, diegene 20+ met hoërskool opvoeding - 5,8% en die met matriek 18,2%. Daar is 27,419 huishoudings in die munisipalegebied en 3,189 landbou huishoudings. In 28,9% is vroue die hoof van die huis. Facebook peiling Die Witzenberg Herald het ‘n vinnige Facebook peiling gehou en gevra wie gaan op 1 November stem? 80% van die deelnemers het gesê hulle gaan stem en 20% het gesê hulle gaan nie deelneem nie. ‘n Nasionale Netwerk24 opname wys dat kiesers dalk gaan wegbly by die stembus weens die langnaweek, vrees vir COVID-19 en omdat hulle stem nie ‘n verskil gaan maak nie. Die meerderheid deelnemers gaan wel stem. Alle Witzenberg politieke partye en hul kandidate in die 2021 munisipale verkiesing word versoek om deurentyd verantwoordelik op te tree en aan ‘n skoon verkiesingsveldtog deel te neem. Daar moet op probleme in die gemeenskap gefokus word eerder as op verkiesingsopponente en munisipale amptenare. Inwoners en kandidate moet hulle ook weerhou om ongegronde uitlatings op sosiale media platvorms te maak. As jy nie gaan stem nie moet jy ook nie kla oor swak dienslewering en ander munisipale kwessies nie. Eksamen Die matriekeindeksamen is weens die verkiesing op 1 November, ook aangepas. Die eksamen sal nou op 27 Oktober begin oor ‘n periode van vyf weke. Engels en Besigheidstudies is na 27 en 28 Oktober vervroeg wat stemgeregtigde leerders sal help om Maandag 1 November te gaan stem.

Misdaad

SAPD ondersoek twee klagtes van seksuele aanranding DIE polisie op Ceres ondersoek ‘n moordsaak en twee klagtes van seksuele aanranding. ‘n 30-jarige man, Richard Zililo, is Sondag 10 Oktober in Nduli dood nadat hy met ‘n mes gesteek is. Die voorval het omstreeks 02:35 in Phakamisastraat plaasgevind. Sy meisie, Fundiswa Mona, het haar na die toneel gehaas waar sy hom in die straat aangetref het. Hy is met privaat vervoer na die Ceres provinsiale hospitaal geneem maar is met sy aankoms oorlede. Niemand is nog vir die moord gearresteer nie. Indien daar ooggetuies is, kan hulle vir v/sers. Burrows skakel by (023) 316-8500. Seksuele geweld Twee voorvalle van seksuele aanranding is die naweek op Ceres aangemeld. In die een voorval is ‘n 31-jarige vrou in Nduli oorval, verkrag en met ‘n mes gesteek. Die voorval het Vrydagaand tussen 22:00 en Saterdagoggend 01:00 naby die Nduli speelparkie plaasgevind. Die slagoffer was onderweg na ‘n huiswinkel toe sy van agter oorval is. Die onbekende aanvaller wat op die vlug geslaan het, het haar ook twee keer met ‘n mes in die nek gesteek. In die tweede voorval het ‘n onbekende man ‘n 48-jarige vrou in Owenstraat betas. Die voorval het Saterdag 9 Oktober omstreeks 19:00 plaasgevind. Niemand is nog in verband met dié voorval in hegtenis geneem nie. Indien daar enige persoon is met inligting oor die verdagtes kan hulle met s/sers. AJ van Rooy of s/kst. Singers skakel by Ceres GKS eenheid.

‘n JARELANGE inwoner van Wolseley, Bottie Bothma (85), is op 30 September na ‘n kort siekbed oorlede. Hy was die afgelope drie jaar ‘n inwoner van Maudie Kriel ouetehuis op Ceres. Hy het sedert Mei vanjaar ‘n paar beroertes gehad waarna hy op 30 September in die hospitaal oorlede is. Oom Bottie word oorleef deur sy dogter Carina Nieuwoudt (voorheen van Ceres) en seuns Pieter, Wouter en Pierre Bothma van Ceres asook klein- en agterkleinkinders. * ‘n Gedenkdiens word op Saterdag 23 Oktober om 11:00 by die Oakdale klub in Bellville gehou. Diegene wat die diens wil bywoon kan Ané voor of op 15 Oktober skakel by 071351-5569.


4

WITZENBERG HERALD

Friday, October 15, 2021

Kry jou inenting voor einde Oktober DIE Wes-Kaap departement van gesondheid vra inwoners om minstens hul eerste dosis van die Pfizer-entstof teen 20 Oktober te kry sodat hulle die somervakansie met die beste moontlike beskerming teen COVID-19 kan ingaan. Volwassenes wie nog nie hul inenting teen COVID-19 gekry het nie, moet so gou as moontlik na hul naaste inentingsfasiliteit gaan. Mense wat minstens teen 20 Oktober hul eerste inenting van die Pfizer-entstof kry, sal vroeg in Desember terugkeer vir die tweede inenting. Dit laat net genoeg tyd vir hulle immuunstelsel om die beste moontlike beskerming teen COVID-19 te gee in die vakansietyd wat baie mense sosialiseer. Teen 11 Oktober was daar 335 mense met aktiewe COVID-19 in die Kaapse Wynland, en 397 281 inwoners wie reeds hul inentings gekry het. Die departement vra dat veral mense wie 50 jaar en ouer is, vir inenting moet gaan. Data wys dat hierdie groep se risiko om ernstig siek te raak weens COVID-19 bykans agt keer hoër is as die risiko van mense tussen 20 en 49 jaar. Vlak 1 Suid-Afrika is sedert Vrydag 1 Oktober op vlak 1 van die nasionale CV-19 inperking. Dit is goeie nuus vir die ekonomie en veral vir drankwinkels en die toerismebedryf. Drankwinkels kan weer normaal handeldryf soos deur hul dranklisensies bepaal word. Dit is egter kommerwekkend dat Ceres provinsiale hospitaal steeds ‘n toename in nie-Covid-gevalle asook trauma-gevalle ervaar sedert daar na V-lak 1 geskuif is. ‘n Beroep word weer op die Witzenberg gemeenskap gedoen om aan CV-19 maatreëls te voldoen om sodoende die druk op die hospitaal te verlig en beddens oop te hou vir inwoners wat dringend mediese sorg nodig het. Witzenberg statistieke Statistieke wys dat Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 1776 gevolg deur Bella Vista met 1218, Wolseley met 1026, P.A. Hamlet met 982, Tulbagh met 968, Nduli met 542 en Koue Bokkeveld plase met 652. By die drie korrektiewe dienste-sentrums in die streek, is daar sedert die pandemie begin het, nog net 89 gevalle aangemeld. Teen Woensdag 13 Oktober het die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek van 19 na 9 gedaal. Daar is 7838 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld en hiervan het 7489 herstel. Drie honderd en veertig (340) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover is 72 gevolg deur Wolseley met 55, Bella Vista met 50, Tulbagh met 42, P.A. Hamlet met 38 en Nduli met 29. Positiewe gevalle het die afgelope

paar weke skerp gedaal. Die week het geen mens aan CV-19 gesterf nie. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 19 800 (12 Oktober). Daar is al 519 555 positiewe gevalle aangemeld en 494 209 het al herstel. Inwoners kan ook ag slaan op nuwe CV-19 statistieke van die Wes-Kaap. Die ouderdomsgroep bo 50 jaar se kanse om dood te gaan van die koronavirus is 7.5 keer hoër as ander ouderdomsgroepe. Diegene wat ten volle ingeënt is se kanse is 4.3 keer beter as diegene wat nie ingeënt is. Slegs 52% in die ouderdomsgroep is ingeënt. Meer as 3 miljoen inwoners in die Wes-Kaap is al ingeënt. In Suid-Afrika het meer as 2,797 miljoen mense al herstel. Ongelukkig het meer as 88 429 mense weens die virus gesterf. Die land se herstelkoers is tans 96 %. Ander statistieke sluit in: 58% vroue laat hulle inent en die positiewekoers is 2.59%.

Ceres provinsiale hospitaal As deel van die gesondheids departement se maatreëls om pasiënte en personeel veilig te hou, is alle nie-noodsaaklike operasies by Ceres provinsiale hospitaal onbepaald uitgestel. Mense wie gehospitaliseer is by een van Wes-Kaap gesondheid se fasiliteite, kan nie besoek word nie, hoewel uitsonderings gemaak kan word as dit kom by ‘n persoon wie in ‘n kritieke toestand is. ‘n Moontlike aanpassing deur die Wes-Kaap departement van gesondheid rakende bg. riglyne, word binnekort verwag. Registrasie Almal wat 18 jaar en ouer is, word aangemoedig om te registreer en na hul naaste inentingsfasiliteit te gaan. Deur jou inenting te kry, beskerm jy nie net jouself en mense na aan jou teen ernstige siekte weens COVID-19 nie, jy verlig ook die druk op hospitaalpersoneel. Mense wie 18 jaar en ouer is, kan registreer en teen COVID-

19 ingeënt word. Registreer deur die woord ‘REGISTER’ te stuur na 0600-123-456 op WhatsApp of bel *134*832# en volg die instruksies. Kliniektye Ceres provinsiale hospitaal Maandae tot Vrydae van 09:00 tot 15:00 P.A. Hamlet kliniek Maandae van 09:00 tot 11:00 Op-die-Berg kliniek Dinsdae van 09:00 tot 11:00 Tulbagh kliniek Woensdae van 09:00 tot 11:00 Bella Vista kliniek Donderdae van 09:00 tot 11:00 Wolseley kliniek Vrydae van 09:00 tot 11:00 Inwoners kan ook ‘n afspraak met suster Hester Truter maak by (023) 316-9600 indien hulle ‘n bedlêende familielid het wat ingeënt moet word.

CHARLIE Hofmeyr Hoërskool se leerlingraad vir 2022 is aangewys. AGTER: Josua du Toit, Daneel Malan, Anton Hanekom, Jacobus Bester en Heinrich Smit. MIDDEL: Dané Loubser, Helene Lintvelt, Hein-Will Jurries, Jacomé Bothma en Rachell Segels. VOOR: WD Muller (onderhoofseun), Jodi Ontong (hoofmeisie), Cillié du Toit (hoofseun) en Jani Beukes (onderhoofmeisie).

NOTICE APPLICATION IN TERMS OF THE NATIONAL HERITAGE RESOURCES ACT, 1999, ACT 25 OF 1999 (THE NHRA) Please note that an application is to be made in terms of Section 34 of the NHRA regarding the following property: VAN BREDA BRIDGE TOWN: Ceres: LOCAL MUNICIPALITY: WITZENBERG STREET ADDRESS: VOORTREKKER ROAD/R46 Short description of the work to be done: Rehabilitation and upgrading: The carriageway is to be widened. This will involve the demolition of the existing reinforced concrete balustrades and building corbels onto the existing piers. Pedestrian walkways would be built on either side. The bridge’s best feature; existing street lamps would then be re-erected on the new outer balustrades. A copy of the application can be obtained from: Name: Aikman Associates: Heritage Management E-mail: aikman@wol.co.za Cell: 083-306-6768 Postal address: P.O. Box 140, Tulbagh, 6820 And may be viewed at the Togryers museum. Any person wishing to object or comment on heritage grounds to the application must make such comment/objection in writing to the above address on or before 13 November 2021. (30 days from the date of publication). Kindly note that objections or comments that are not made on heritage grounds will not be considered.

Moov Fuel (Pty) Ltd is looking for a DEPOT ADMINISTRATOR at our Ceres office. Qualification and experience: • Minimum of Grade 12 • At least 3 years general administrative & accounting experience • Advanced experience in Evolution & Excell will be to your advantage • Fluent in Afrikaans & English • Own reliable transport • Strong references Job description: • Excellent service to all stakeholders • Accounts receivable & processing • Accounts payable & submit for payment • Daily stock reconciliation • General administrative work • Meet company deadlines. Market related salary Closing date: 18 October 2021 Application process: E-mail CV, ID & Matric Certificate to: anel@moovfuel.co.za

MEER as 'n jaar lank beleef Suid-Afrika reeds een of ander vorm van inperking en dit is dus geen verrassing dat die land (en as planeet!) maniere moes vind om bewustelik te leef en weer in harmonie met die natuur te kom. Daar moet maniere gevind word om landsburgers besig te hou en hul aandag van die situasie af te lei - daarom verwelkom ons Tuindag 2021 wat Sondag 17 Oktober gevier word. Dit is die sesde keer dat Tuindag gevier word. Een van die gewildste stokperdjies wat die laaste 18 maande wêreldwyd na vore getree het, is tuinmaak. ‘n Opname in 2020 deur GlobalData het tuinmaak as die tweede gewildste grendeltyd stokperdjie - 'n kortkop agter kosmaak - bevind. FOTO: Facebook Women of Light


WITZENBERG HERALD

5

Friday, October 15, 2021

Kuberafknouery onder tieners neem toe DAAR is al dikwels gesê dat die COVID-19pandemie niemand onaangeraak gelaat het nie. In werklikheid het dit nie net groot verliese veroorsaak nie, maar ook verdere druk op elkeen se daaglikse lewe geplaas. Hierdie ‘nuwe normaal’ is moeilik vir volwassenes, maar vir die ingewikkelde wêreld van ’n tiener het hierdie nuwe manier van hoe om saam met ’n pandemie te lewe, ’n ondraaglike bykomende las geword. Een van die newe-effekte van die pandemie is die kommerwekkende toename in gevalle van kuberafknouery onder tieners uit alle agtergronde in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit. Met die koms van digitale platforms en die gevolglike beskikbaarheid en die gemak van gebruik daarvan, het kuberafknouery vir baie mense ’n nare werklikheid geword, en dit kom veral voor in die ouderdomsgroep 11 tot 18 jaar. Kuberafknouery verwys na die doelbewuste gebruik van die internet, e-pos, teksboodskappe, kitsboodskappe, sosiale mediawebwerwe, aanlyn-forums, kletskamers en ander digitale middele om vals, neerhalende of kwaadwillige inligting oor ’n ander persoon te versprei - met die uitsluitlike doel om daardie persoon te teister, te dreig of te verneder. Weens die beskerming van anonimiteit wat digitale platforms aan oortreders verleen, het hierdie vorm van afknouery die afgelope paar jaar aansienlik toegeneem. In wese is dit ernstiger as tradisionele of fisiese afknouery, want dit kan enige tyd op enige toestel plaasvind en kan met ’n eindelose gehoor gedeel word. Al wat ’n kuberafknouer nodig het om ’n slagoffer 24 uur per dag te laat ly, is ’n selfoon en data, en wat meer is, hierdie boelie kan kies om sy of haar identiteit bekend te maak of nie! Dit beteken dat die slagoffer nooit vrede of ’n veilige ruimte kan vind nie. Statistieke 3,2 miljoen leerders in Suid-Afrika word jaarliks afgeknou.

In Februarie 2021 het ’n opname bevind dat 51,5% van Suid-Afrikaanse leerders een of ander vorm van kuberafknouery ervaar het. Kuberafknouery kan veroorsaak dat slagoffers aan angs en depressie ly, wat in uiterste gevalle tot selfmoord kan lei. “Ons het almal in die onlangse media berigte gesien oor tieners wat hul eie lewens geneem het en die hartseer werklikheid is dat tienerselfmoord ook aan die toeneem is”. As ouers en volwassenes is dit elkeen se verantwoordelikheid om soveel as moontlik te doen om seker te maak dat kinders veilig is. “Dit is belangrik dat ons met ons kinders praat oor kuberafknouery en dat ons aanhou met hierdie gesprekke. Praat met julle kinders en hulle vriende oor hoe om aanlyn veilig te bly, praat met hulle oor die gevare van sosiale media en praat met hulle oor deernis teenoor ander tieners. Herinner hulle daaraan dat daar ’n persoon aan die ander kant van ’n digitale platform is”. Raad en hulp Jy kan jou kind teen kuberafknouery beskerm deur sy of haar aanlyn en digitale aktiwiteit te monitor. Jy kan dit doen deur eenvoudige stappe te volg, soos om die wagwoorde op sy of haar toestelle te ken en deur rekenaaren aanlyn tyd tot ’n familie-area in die huis te beperk. Daar is ook verskillende filters en toepassings wat jy kan aflaai om op toestelle te installeer, soos sagteware vir ouerleiding wat jou in staat stel om ongewenste inhoud te blokkeer. Sê vir jou kinders dat jy bewus is van kuberafknouery en dat hulle met jou moet praat as hulle geteiken word; laat hulle voel dat dit veilig is om dit vir jou te sê. Maar ons is nie alleen nie. Daar is organisasies wat daartoe verbind is om kuberafknouery te help stop - hierdie mense is bekwaam en opgelei om diegene in nood te help. Die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), die Wes-Kaapse regering en die

Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het materiaal oor kuberafknouery ontwerp om almal te help om hierdie ingewikkelde sosiale probleem te verstaan. Die materiaal sluit in afbeeldings om op digitale platforms te deel en plakkate in drukbare formaat vir kennisgewingborde, klaskamers en kantore - dis alles beskikbaar om van die KWDM-webwerf af te laai. Die KWDM doen ’n beroep op almal om op te tree en betrokke te raak om hierdie vernietigende tendens te staak. Laai die afbeeldings af en deel dit op jou WhatsApp-status. Onderwysers kan dit op klasgroepe deel en skole, biblioteke en ander plekke waar jongmense bymekaarkom, kan ’n paar plakkate druk om bewustheid te skep en slagoffers te laat weet dat hulle nie alleen is nie. “Ons tieners moet egter ook hulle deel doen - dit is nie ’n stryd wat ouers en onderwysers op hulle eie behoort te voer nie. Dit is belangrik vir tieners om bewus te wees van die gevare van digitale platforms en om hierdie platforms versigtig te gebruik”. Hier is ’n paar wenke om te verhoed dat niemand geteiken word nie: ● Moet nooit persoonlike inligting aanlyn deel nie - die ontvanger is moontlik nie wie hy of sy voorgee nie. ● Moenie fotos van jou of van iemand anders neem wat seksueel van aard kan wees nie. En bowenal, moenie hierdie fotos deel nie. Die algemene reël is - as jy nie die foto vir jou ouers kan wys nie, moet jy dit nie op jou sosiale media plaas of dit via WhatsApp stuur nie. Daar is ’n groot risiko dat dit uitgelek kan word. ● Dit is ook belangrik om (verskillende) wagwoorde op al jou toestelle en platforms te hê en dit met niemand anders as jou ouers te deel nie. Praat met mekaar oor die belangrikheid van respek vir mekaar se privaatheid, selfs al het julle wagwoorde. ● Dit is ook uiters belangrik om te onthou dat as iets op ’n digitale platform gedeel is, dit vir altyd daar bly - dit gaan nooit weg nie.

● As jy weet dat iemand op die internet afge knou word, moenie met die oortreder kontak maak nie. Rapporteer dit! ● Moenie ’n boelie se foto of opmerkings ‘like’, kommentaar daarop lewer of dit deel nie. Dit dra net by tot die skade wat berokken word. ● En, as jy afgeknou word, praat daaroor! Daar is tekens waarvoor ’n mens moet uitkyk as iemand op die internet afgeknou word, soos ’n verandering in gedrag, buie, slaappatroon en eetlus. Hierdie individue onttrek hulle aan familie en vriende en hou op om deel te neem aan aktiwiteite waaroor hulle voorheen mal was. Hulle toon tekens van angs en depressie en kom veral angstig of ontsteld voor tydens of na die gebruik van die internet of hul toestelle. As kuberafknouery plaasvind, moet hierdie stappe gevolg word: ● Moenie reageer nie, veral nie as emosies hoog loop nie ● Moenie aan woede-oorloë deelneem nie ● Neem ’n skermkiekie (screen shot) van die inhoud ● Verwyder jou of jou kind uit die groep of toepassing waar die kuberafknouery plaasvind ● Blokkeer die persoon of groep mense wat afknouers is ● Rapporteer dit aan die owerhede ● Rapporteer dit aan die skoolhoof as leerders betrokke is, selfs al is dit na skoolure

Ouers, as julle vermoed dat julle kind ’n slagoffer van kuberafknouery is, soek dadelik hulp. “Aan ons jongmense, as iemand julle afknou op die internet, praat met ’n betroubare volwassene. As jy weet van iemand wat afgeknou word, moenie betrokke raak nie, maar rapporteer dit”. Besoek die webwerf www.cwdm.co.za vir meer inligting oor kuberafknouery


6

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

DIANA is there to help: • Financial assistance • Bring back lost lovers • Court and divorce cases • Pay after job is done

073-597-8118

Nicole Waronique Waterboer 2001/05/08 - 2021/10/06 Privaat begrafnis: Son. 17 Okt. 2021

• Slegs 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Saal: 09:00, Vastrap Saal Graf: Vastrap

Die beste diens, altyd. John Kannemeyer ☎ (023) 316-1814

Johannes Jacobus de Bruin 1968/07/19 - 2021/10/10 Privaat begrafnis: Son. 17 Okt. 2021

• Slegs 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand handhaaf • Geen handdruk of drukkies • Was hande of gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Huis: 10:00, Plaas Tuinskloof, Koue Bokkeveld Graf: Plaas Tuinskloof, KBV

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel

082-859-2300

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

Dr Mama Moses Herbal Healer TRADITIONAL & SPIRITU AL SPIRITUAL

Here for all your problems. Big or strong - she will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres For free consultation call:

073-016-4088

1969/08/29 - 2021/10/11 Privaat begrafnis: Sat. 16 Okt. 2021

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

Huis: 08:00, Ysterhoutstr. 24, Bella Vista Kerk: 09:00, Ou Apostel Kerk, BV Graf: Bella Vista

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Philippina Magrieta Thomas 1944/01/15 - 2021/10/08

CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker Street, CERES

☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.

(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181

TE KOOP LENOVO Skootrekenaar

R3 000 CANON drukker

R500 Skakel 082-721-4043

Witzenberg Vereniging vir Persone met Gestremdhede te Ceres

Posvereistes: • Geregistreer as Maatskaplike Werker by SACS SP • Graad in Maatskaplike Werk • Geldige Kode 8 bestuurderslisensie • Rekenaargeletterd in MS Excel, MS Word en Outlook • Tweetalig (2 v.d. 3 amptelike tale in die WesKaap Provinsie) • Ondervinding in werk met persone met gestremdhede sal in u guns tel. Stuur volledige CV’s na:

admin@witzenberg apd.org.za

Kontakbare verwysings moet deur ‘n CV vergesel word. Aansoeke wat nie aan die posvereistes voldoen, sal nie in aanmerking geneem word nie. Vir meer inligting:

SKRYF nou in vir die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum se Veiligheid en Noodhulp vir Kinderoppassers werkswinkel. Hierdie is ‘n uitstekende geleentheid vir ‘n huishulp of “nanny” om meer te leer oor basiese noodhulp en kinderoppasser verantwoordelikhede en om ‘n gelukkige en veilige huis te verseker. Die werkswinkel sal o.a. die volgende inhoud bevat: veiligheid vir kinders in en om die huis, wat is die risikos en hoe om ongelukke te verhoed, basiese noodhulp vir kinders en babas wat K.P.R sal insluit en koorshantering, verstikking en watter tekens en simptome kan dui op siekte by ‘n kind. Koste beloop R730 per persoon. Daar sal toebroodjies en koffie/tee beskikbaar wees. Inskrywings kan gedoen word by euria@kbos.co.za BIBLIOTEKE in die Witzenbergstreek lewer sedert 16 Augustus beperkte dienste aan die gemeenskap. Let op tye wat die biblioteke oop sal wees. Biblioteke (Bella Vista, Montana, P.A. Hamlet, Rietvallei, Tulbagh, Wolse-

BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. HET jy goeie storieboeke (Engels en Afrikaans) maar wonder wat om daarmee te maak? Die Togryers museum het nou ‘n langtermyn boekuitruil-biblioteek en benodig skenkings van goeie kwaliteit boeke. Indien jy kan help skakel die museum by 076-689-2885 of (023) 312-2045. DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het verander. Inwoners kan hulle skakel by 084-433-0103.

skakel Sheryl Abrahams by (023) 312-3935 Sluitingsdatum:

18 Oktober 2021

Indien u geen terugvoering 14 dae na die sluitingsdatum ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

PLANT AND TOOL HIRE

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvrate beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, langen korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

CapeNature urges public to practice fire safety

Privaat begrafnis: Sat. 16 Okt. 2021

Huis: 09:00, Magnoliastr. 52, Bella Vista Kerk: 10:00, VGK Bella Vista Graf: Bella vista

MAATSKAPLIKE WERKER

ley, Witzenville en Op-die-Berg) sal van Maandag tot Donderdag oop wees tussen 10:00 en 15:00 en op Vrydae net van 10:00 tot 13:00. Die mini-biblioteke op Laastedrif sal van 08-13:00 oop wees en in die Witzenbergvallei van 10:00 tot 15:00.

WARE VERHAAL

(Glo dit)!! My naam is Hazel, ek is 42 jaar oud, van Piketberg. Ek dank “Mama” Sherry wat my lewe verander het van hel deur vir my en my gesin te seën deur geluk te bring. Nou het ek my eie huis, groot besigheid en my eie duur motor. So asseblief, alle mense met lewensprobleme, skakel “Mama” Sherry met jou probleme. Sy kan help met finansiële probleme, en liefdesprobleme. Sien resultate binne 3 dae. Skakel gerus vir “Mama” Sherry. Sy sal jou help.

073-304-3531

Vallery Fortuin

nuusbrokkies

Friday, October 15, 2021

AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476 Skakel ons vir die stem, herstel, verkoop en koop van klaviere. Ons diens alle areas. 60 Jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

CapeNature responded to 76 fires resulting in 31 198.7 hectares of natural and other veld burnt during the 2020/21 fire season. “As we enter the 2021/22 fire season, CapeNature appeals to the public to help prevent fires and report smoke or fire. Partnerships are incredibly important when it comes to managing fire”, says CapeNature CEO, Dr Razeena Omar. “In 2020/21, CapeNature was able to contain 65% of fires responded to at less than 30 hectares. This success was achieved due to the collective efforts and fast response by all our valued firefighting partners including Provincial Disaster Management, District and Local Municipalities, Fire Protection Associations, Working on Fire, NCC Environmental Services, Volunteer Wildfire Services and landowners”. During the previous fire season, a total of 75% of fire ignitions were started by people and this remains the main cause of fire ignitions, followed by natural (lightning or rock falls), mechanical and fire operations respectively. It only takes one spark to start a wildfire that can quickly expand over thousands of hectares, endangering lives, properties, livelihoods and biodiversity. In our efforts to reduce ignitions by people, CapeNature conducted more than 360 stakeholder learning interventions across the Western Cape with the focus on fire prevention and rapid response. Interventions included awareness, capacity building and educational activities using a variety of platforms. The fynbos plant biome forms the largest part of the Greater Cape Floristic Region and contains fire-adapted ecosystems rich in plant

species. Fire is therefore needed to maintain high levels of plant biodiversity and as a result, effective management of fires is critical for the protection of biodiversity on these World Heritage Sites. Members of the public can help save lives, infrastructure and biodiversity by practicing fire safety and reporting smoke or fire quickly. To report smoke or fire, call 112 from a cell phone or 10177 from a landline. For more information, visit www.capenature.co.za


WITZENBERG HERALD

7

Friday, October 15, 2021

Cyril en Anne se duif vinnigste by hok

DIE groep fietsryers (Valley Funerals-span van Ceres) het Sondag 10 Oktober aan die Kaapstad Fietstoer deelgeneem. VLNR: Otto van der Dussen, Mitch Jantjies, Jandré Smit, Jaco de Jager, John de Leeuw en Brian Loff.

WEDVLUGDUIWE het Saterdag 9 Oktober ‘n baie moeilike vlug vanaf Kimberley gevlieg. Saterdagaand was daar slegs ‘n paar duiwe terug in hul hokke. Die wedvlug moes Sondag voortgesit word. Saterdag 16 Oktober word die laaste langpad-wedvlug vanaf Hopetown gevlieg. Dit sal ook die laaste wedvlug van die jaar wees en daarmee die seisoen afsluit. Die verskillende kampioene sal dan aangewys word in die verskillende kategorieë. CPHS Ope1 1. Cyril en Anne Davids - 1014.955 mpm 2. Bryan Isaacs 979.115 mpm 3. Cyril en Anne Davids - 942.718 mpm 4. Cyril en Anne Davids - 822.454 mpm 5. Bryan Isaacs 816.133 mpm Ope2

DE EIKE implementeer al jarelank renshi Andries Douglas se dissiplineprogram op hulle plaas. As deel van De Eike se nasorgprogram, leer studente weekliks ondermeer van karate-beginsels , dissipline en positiewe sosiale interaksie. Die karatestudente van De Eike is gekies om deel te neem aan die nasionale Kiyobukan proewe waar hulle die geleentheid kry om moontlik na Amerika te reis as lede van die Suid-Afrika karatespan. * Indien lesers meer van die dissiplineprogram wil weet, kan hulle ‘n epos stuur na renshi@adkarate.co.za of hom skakel by 083-376-8989.

1. Bryan Isaacs 2. Cyril en Anne Davids 3. Bryan Isaacs 4. Bryan Isaacs 5. Bryan Isaacs BHPS Ope 1 1. R. November2. M. Pieterse 3. M. Pieterse 4. R. November 5. R. van Wyk Ope 2 1. R. November 2. M. Pieterse 3. L. Koopman 4. R. van Wyk 5. L. Koopman -

849.165 841.450 804.750 789.419 787.061

mpm mpm mpm mpm mpm

978.666 907.909 832.462 828.685 823.612

mpm mpm mpm mpm mpm

998.776 967.387 936.524 933.956 910.802

mpm mpm mpm mpm mpm

Geen ander klub het uitslae gestuur.

WESTERN Cape schools are excited to take on the Twizza Super School Series Regional Qualifier. An impressive list of leading Western Cape based athletics schools have jumped at the opportunity to sign up for the Twizza Super School Series Regional Qualifier #2 that will take place at the Greenpoint Athletics Stadium (Cape Town) on Saturday 23 October 2021.

DO I QUALIFY?

KWALIFISEER EK?

The Municipal Council has made amendments to the current Indigent Policy to further assist the community and make the process more user friendly. Read the following information to find out and stop by the Municipal Offices for further inquiries. Kindly note that if the residents account holder is deceased and the account is still in the name of the deceased, the municipality can assist with transferring the account onto the next of kin.

Die Munisipale Raad het die huidige Deernis Beleid verander om die gemeenskap verder by te staan en die proses meer gebruikersvriendelik te maak. Lees die volgende inligting om uit te vind en besoek die munisipale kantore vir verdere navrae. Let asseblief daarop dat indien die inwonende rekeninghouer oorlede is en die rekening nog in die naam van die oorledene is, die munisipaliteit kan help met die oordrag van die rekening na die naasbestaandes.

Subsidised benefits you will receive

Income below R3 000 per month

Income below R5 000 per month

Gesubsidieerde voordele wat u ontvang

Inkomste onder R3 000 per maand

Inkomste onder R5 000 per maand

Electricity Water Sanitation Refuse Removal Property Rates

50kWh 6kl Free Free Free valuation up to R120 000 Free

25kWh 3kl 50% subsidy 50% subsidy Free valuation up to R120 000 50% subsidy

Elektrisiteit Water Sanitasie Vullisverwydering Eiendomstariewe

50kWh 6kl Gratis Gratis Gratis waardasie tot en met R120 000 Gratis

25kWh 3kl 50% subsidie 50% subsidie Gratis waardasie tot en met R120 000 50% subsidie

Free

50% subsidy

Gratis

50% subsidie

Rental - Municipal subeconomical rental stock Opening of Municipal service account

The following schedule for Indigent Applications will apply as from Monday, 18 October 2021 Time

Town/area to be serviced

Day of the week

Hall

Bella Vista & P.A. Hamlet Wolseley Tulbagh Ceres & Nduli

Mondays

Bella Vista Community Hall 08:30 - 15:00

Tuesdays Wednesdays Thursdays

Montana Community Hall Tulbagh Community Hall Ceres Town Hall

08:30 - 15:00 08:30 - 15:00 08:30 - 15:00

D. NASSON MUNICIPAL MANAGER

50 Voortrekker Street, Ceres, 6835 A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunity!

Huur - Munisipale subekonomiese huurvoorraad Opening van munisipale diensrekening

Die volgende skedule vir behoeftige aansoeke is van toepassing vanaf Maandag, 18 Oktober 2021 Dorp/gebied wat Dag van gediens moet word die week

Saal

Bella Vista & P.A. Hamlet Wolseley Tulbagh Ceres & Nduli

Bella Vista gemeenskapsaal 08:30 - 15:00

Maandae

Dinsdae Montana gemeenskapsaal Woensdae Tulbagh gemeenskapsaal Donderdae Ceres gemeenskapsaal

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER

Tyd

08:30 - 15:00 08:30 - 15:00 08:30 - 15:00

Voortrekkerstraat 50, Ceres, 6835 ‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap en groei en geleenthede skep!


8

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, October 15, 2021

Witzenberg Herald

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

Twee besoekers wen gholfdag CERES gholfklub het die naweek ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied waaraan 68 spelers deelgeneem het. Twee besoekers van Malmesbury gholfklub, Hein Louw en Yvette Louw, het die kompetisie met 48 punte gewen. Gert Brink en Herman van der Walt was in die tweede plek met 44 punte gevolg deur Naas van der Merwe en Pieter Immelman met 44 punte in die derde plek. Christo Strydom en Charles Basson was in die vierde plek gevolg deur BJ Claasen en Jodey Kayer, beide met 42 punte. Putjiespelkompetisie Die jaarlikse enkel- en dubbelputjiespelkompetisie is byna afgehandel.

ASHWILL Petersen van Ceres, het die naweek aan die Otter Trailrun in die Oos-Kaap deelgeneem. Vanjaar se roete was die Classic Edition (42km) en het by Stormsrivier begin en by Nature’s Valley geëindig. Ashwill het die roete in 6 uur en 51 minute voltooi in die algehele 96ste plek. Hy was ook 56ste in sy afdeling. Ashwill neem die naweek deel aan die 46 km Sanlam Cape Town trail marathon.

THE Laser sailors have just competed in the Internation Laser Class Associations (ILCA) National Championships in Port Elizabeth last weekend, which is an Olympic Sailing Class. Fifty four sailors and their boats travelled to Port Elizabeth (Gqeberha) from Cape Town, Mossel Bay, Knysna, Durban, East London and Johannesburg. A hard day’s sailing on Friday saw a number of broken masts and more than one or two tired sailors. Three were returned to the Port of Port Elizabeth suffering from hypothermia and exhaustion. Saturday was a blown out day with the West wind hitting near gale force winds. An early start on Sunday offered steady East South East Conditions and exciting sailing. Monday’s sailing was more of a challenge for the race committee as they chased a shifting wind and course to complete 4 races for the day in shifty conditions. One race had to be abandoned but all four were completed before the cut off time of 15:00. Robert Collingridge from Ceres achieved a 4th position in his mixed fleet of adults and youth at the ICLA National Championships out of 24 competitors and 10 races. He is currently second in the country in the mixed category (adults and youth) ILCA 6.

We offer: · · · · · · · · ·

In die dubbelputjiespelkompetisie het Cornel Muller en Lourens Strydom vir Booi van den Berg en Esman Boer in die finaal geklop. In die enkelputjiespelkompetisie moet Glenny Nasson teen Justin Wesson in die finaal speel. Wesson het Charles Basson geklop. AJV op 27 Oktober Die algemene jaarvergadering word op Woensdag 27 Oktober by die gholfklub gehou. Indien spelers nie die vergadering kan bywoon nie, moet hulle die klub in kennis stel en verskoning maak. Vir navrae skakel die klub by (023) 312-3068. Spelers kan van Woensdag 13 Oktober begin registreer op die Clubmaster app. Toekomstige speeltye sal net op die program gedoen kan word.

Consulting Services · Maintenance Access Control · Audio and Visual Structured Cabling · Wireless Networking Alarm Systems · Gate motors IP Based CCTV Systems Fibre Optic Installations Analytic Based Alert Notification Systems Analogue Based CCTV Systems Integrated Security Systems

SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. * Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES

066 205 3312

023 1000 515

info@jptek.co.za

Huurkoop opsie nou beskikbaar met CCTV installasies


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.