Witzenberg Herald Vol.26 no.41 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 26 no. 41

R 8.50

Friday, 20 Oktober 2023

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig

Nuwe koalisie neem beheer van raad

Donderdag 19 Oktober

Vrydag 20 Oktober

Saterdag 21 Oktober

Sondag 22 Oktober

14° 35°

14° 30°

11° 21°

10° 27°

CERES KOEKEDOUW DAM

100% TULBAGH DAM

100% WAVERENSKROON TULBAGH

60,5%

Lesings geneem: 2023/10/18

DIE koalisievennote van die ANC, WA, GOOD, PA, EFF en Icosa het Dinsdag daarin geslaag om die DA en hul koalisie bondgenote uit die kussings te lig. ‘n Mosie van wantroue is Dinsdag 17 Oktober deur die onderburgemeester, Gert Laban en die leier van Witzenberg Aksie saam met die ANC, ingedien teen raadslede Hennie Smit en Elizabeth Sidego van die

DA. Die mosie is met ‘n meerderheid stem aanvaar tydens ‘n spesiale raadsvergadering waar alles sonder enige voorvalle binne die munisipale regulasies plaasgevind het. Rdl. Katriena Robyn van GOOD is die nuwe burgemeester in die plek van Smit . Die ANC sal later hul twee burgemeesterskomiteelede aanwys. Lees berig op bladsy 3.

CERES (023) 312-2144

(023) 004-1338 l www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Kluisenaar vermoor

Damwal 25 jaar gelede voltooi BOUWERK aan die nuwe Ceres Koekedouw-damwal is 25 jaar gelede voltooi. Ceres Koekedouw bestuurskomitee stel Donderdag 19 Oktober hul nuwe webtuiste www.koekedouwdam. co.za oor die Koekedouwdam bekend om saam te val met die 25 jaar vieringe. Op Vrydag 20 Oktober vanaf 09:00 tot 12:00 kan belangstellendes ‘n besigtigingstoer na die damwal onderneem. Lees die promosie artikel op bladsy 7.

‘n BEJAARDE kluisenaar van Ceres is vroeër die maand vermoor. Ceres speurders het die week bevestig dat die 81-jarige Petrus Malan Cillie, wat in Tweedelaan gewoon het, vermoor is. Onbekende persone het vermoedelik ingebreek waarna die inbreker/s, Cillie in die sitkamer oorval en verwurg het. Die vermoede bestaan dat mnr. Cillie, wat al dekades alleen in die huis ‘n kluisenaarsbestaan voer, reeds vroeg in Oktober vermoor is. ‘n Buurman het op Vrydag 6 Oktober gaan uitvind hoe dit met die oom gaan. Hy het deur die venster geloer en die oom op die grond sien lê. Die SAPD is omstreeks 20:30 ontbied waar hulle die ontbinde liggaam in die sitkamer aangetref het. ‘n Nadoodse ondersoek is gedoen en toon dat Cillie verwurg is. Sy klere is ook na die polisie se forensiese-afdeling gestuur vir DNS-toetse. Die polisie kan nie vasstel of enigiets uit die huis gesteel is nie aangesien die oorledene ‘n opgaarder was. Hy was nooit getroud nie en het ook geen kinders gehad nie. Die polisie vra inwoners wat in die woonbuurt woon (naby die Lions kleuterskool) en wat die afgelope tyd moontlik iets verdag opgemerk het of iemand verdag daar naby gesien het, om hulle te skakel. Indien daar CCTV materiaal is, kan dit ook aan polisie oorhandig word in ‘n poging om dié moord op te los. ‘n Moontlikheid wat ondersoek word, is dat die moord naby die SASSA uitbetalingstyd (23 Oktober) gepleeg is. Nog ‘n vae leidraad wat opgeduik het is dat ‘n jong persoon wat op straat woon, moontlik die oom gehelp het. Indien iemand dalk ‘n trollie by die huis opgemerk het en ‘n datum en tyd het, kan hulle dit ook deurgee vir die polisie. Indien iemand oor enige inligting beskik, kan hulle s/sers. Swanson by Ceres speurders skakel by (023) 316-8500.


2 l WITZENBERG HERALD l 20 OCTOBER 2023

Kom ondersteun Boekeweek MAUDIEMark is al 8 jaar in bedryf. MaudieMark, ‘n fondsinsamelingsprojek van Huis Maudie Kriel, het op 10 Julie 2017 begin en oor die jare aangegroei. Tans word Maudie Mark uit ‘n ou woonhuis aan die oorkant van HMK bedryf en help ‘n groep vrywilligers daagliks by die winkel. Alle fondse van MaudieMark word aan die tehuis oorbetaal om te help met die bestuur van die aftreeoord. Inwoners word gevra om enigiets wat hulle nie meer gebruik nie, maar ook nog in bruikbare toestand is, aan MaudieMark te skenk om te verkoop. Van koppies tot borde en bekers, boeke, glase en linne en wol. Enigiets! Met die skenkings kan bejaarde inwoners wat nie meer die stygende koste kan bybring nie, gehelp word. Kom loer gerus in by MaudieMark. Hulle het ook ‘n groot boekversameling, lekker kaas en tuisgebak. Boekeweek Huis Maudie Kriel en MaudieMark beplan ‘n boekeweek van 4-9 Desember. Kom ondersteun die projek.

OUKOP se punt steek net-net uit bokant ‘n misbank. Die foto is verlede Donderdagoggend in Michellspas geneem.

MATJIESRIVIER primêr is baie trots op die landloop prestasie van Juanita Swarts (regs). Sy het op 30 September in Limpopo aan die SA byeenkoms deelgeneem waar sy lid was van die Wes-Kaapspan. Hier is sy saam met haar afrigter en skoolhoof, John Franse, afgeneem. * Die skool bedank die volgende persone en organisasies wat dit vir Juanita moontlik gemaak het om deel te neem: Mariaan Geldenhuys (Normat Farms), Wilhelm de Kock (Patmos), Witzenberg munisipaliteit, Hetta Hamman (DVH Solutions), Andeline Nasson (Bella Vista) en pastoor Volmoer van Christian Mission.

Helping communities make better choices this National Nutrition Week THE Western Cape Department of Health and Wellness last week commemorate National Nutrition Week, with the message that healthy eating is a key component of a healthy lifestyle and community. This year’s theme “Feel Good with Food” aims to encourage residents to make affordable healthy food choices every day. * Mignon van der Merwe, a dietitian at Red Cross War Memorial Children’s Hospital, promotes the benefits of nutrition.

DUTOIT AGRI, with its core operations based in Ceres in the Western Cape, is involved in the production, packaging and marketing of fruit and vegetables on large scale. Due to the dynamic nature of the business and the growth strategy, we require an additional Information Technology Support Engineer.

IT SUPPORT ENGINEER (Ceres)

Reporting to the IT Support Manager, the incumbent will be responsible for: • Supporting, troubleshooting, and resolving technical and infrastructure issues for 20 local sites in the Western Cape and 20 remote sites in the Eastern Cape • Installing, configuring and supporting various desktop applications (Microsoft and Farm Management amongst others) • Office 365 account setup and administration in a cloud and hybrid environment • Proactive maintenance of the office environment with regard to setups, cabling, UPS and general neatness • Monitoring and supporting networks • Regular maintenance and upgrades of computer equipment on sites • Asset verification, management and tracking • Assist with user training, where necessary • Managed Wi-Fi Access Point configuration and management • Ensure that policies in respect of assets are adhered to, such as providing information to the Finance Department, asset labelling etc. • Dealing with third-party service providers for technical support and troubleshooting callouts • Enforcing IT physical and logical security. Candidates must meet the following requirements: • Matric • N+ and MCSE (minimum requirement) • Minimum 5+ years’ experience as an IT Technician/ Support Engineer • Experience in working with printers, network cabling, basic networking, UPS, Active Directory system, Office 365, Windows 10/11, Android and IOS, Microsoft Server • Exposure to cloud technologies such as O365 and Azure would be beneficial • Ability to manage incidents and prioritise accordingly • Good time management skills, with an ability to multitask • Must thrive working to deadlines in a pressurised environment • Strong administrative skills • Basic project management skills • Valid driver’s licence and reliable vehicle. In addition to a great working environment, we offer a competitive remuneration package that includes membership of a retirement scheme and medical aid fund. Please send your full CV to recruitment@dutoit.com by no later than 27 October 2023.

Ceres Fruit Processors (Edms.) Bpk., Suid Afrika se voorkeur prosesseerder en bemarker van appel- en peer konsentraat, asook ‘n reeks ander konsentrate en purees, bied die volgende geleentheid by sy fabrieksaanleg in die skilderagtige Bolandse dorp, Ceres, in die Wes Kaap.

VELDBEAMPTE: VRUGTE LOGISTIEK Met rapportering aan die Bestuurder: Vrugte Logistiek sluit die posbekleër se verantwoordelikhede die volgende sleutelprestasie-areas in: • Doen werwing van grondstowwe • Sluit van kontrakte • Projeksies in terme van volumes, variëteite en kwaliteit • Dra sorg dat die grootmaathouer beleid uitgevoer word • Tref reëlings vir grootmaathouers sensus/opnames • Tref reëlings vir vervoer van kratte en vrugte • Opdatering van Produsente-inligting • Inwin en vaslegging van spuit rekords (soos nodig) • Insameling van alle relevante produsente dokumentasie soos vereis • Lewer insette tot opstel van begroting • Bestuur kostes relatief tot begroting. Die ideale kandidaat sal oor die volgende beskik: • ‘n Naskoolse kwalifikasie in landbou en/of logistieke bestuur • Bewese ondervinding in ‘n soortgelyke verant-woordelikheidsveld • Uitstekende bestuursvaardighede en ondervinding binne ‘n georganiseerde arbeidsmag • Goeie kommunikasie- en onderhandelingsvaardighe-de • ‘n Selfgemotiveerde spanspeler met uitstekende kommunikasie-, probleem-oplossings- en rekenaarvaardighede Ons vereis voor ts dat die ideale kandidaat ‘n hoë energievlak, verantwoordelikheid en selfstandige optrede sal openbaar. Rig asb. u aansoek aan: Die Bestuurder: Mense- en Prestasiestelsels Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd Posbus 366, Ceres of E-pos: dlintnaar@cfp.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 26 Oktober 2023


20 OCTOBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 3

Witzenberg gemeenskap dra by sodat Janine operasie kan kry

DIE nuwe ampsdraers. VLNR: Rdl. Petrus Heradien van Icosa (nuwe speaker), rdl. Katriena Robyn van GOOD (nuwe burgemeester) en rdl. Gert laban van WA (onderburgemeester).

Nuwe koalisie neem beheer van raad

Die nuwe koalisie wil ook stabiliteit herstel binne die raad. GOOD het Robyn as ervare raasdlid geprys wat al op burgemeesterskomitee gedien het en wat al ‘n keer onderburgemeester sowel as burgemeester was. GOOD wil met goeie leierskap ‘n beter omgewing vir landsburgers sowel as inwoners van die Witzenbergstreek skep en verseker. Uitslag van 2021 munisipaleverkiesing In die Witzenberg munisipalegebied was 47 098 inwoners vir die 2021 verkiesing geregistreer waarvan 37 085 gaan stem het. Die twee grootste partye (ANC en die DA) het 26 831 van die stemme gekry of 72.35%. GOOD het goed vertoon en 2 setels (2506 stemme - 6.25%) verower. Ses partye het elkeen 1 setel proporsioneel verwerf. Die ses partye is: Patriotic Alliance (PA) met 2174 stemme, Witzenberg Aksie met 1495 stemme, Icosa met 1180 stemme, EFF met 1156 stemme, VF Plus met 972 stemme en die Witzenberg Party met 777.

BACKUP POWER SOLUTIONS inverters batteries solar panels

JANINE Pretorius van Ceres.

uitgereik en gesê dat die magsbehepte ANC meerderheid het saam met die Witzenberg Aksie, beheer van die raad oorgeneem nadat die WA sy ooreenkoms met die DA verbreek het. In die verklaring sê die DA dat hulle verbind bly tot goeie en deursigtige regering en sal nie die knie buig voor politieke opportuniste nie. GOOD het ook ‘n verklaring uitgereik en gesê hulle verwelkom die verkiesing van rdl. Katriena Robyn as die nuwe burgemeester en dat sy die nuwe koalisie sal lei om die munisipaliteit op te ruim na talle klagtes van korrupsie en swak dienslewering.

DIE koalisievennote van die ANC, WA, GOOD, PA, EFF en Icosa het Dinsdag daarin geslaag om die DA en hul koalisie bondgenote uit die kussings te lig. ‘n Mosie van wantroue is Dinsdag 17 Oktober deur die onderburgemeester, Gert Laban en die leier van Witzenberg Aksie saam met die ANC, ingedien teen raadslede Hennie Smit en Elizabeth Sidego van die DA. Die mosie is met ‘n meerderheid stem aanvaar tydens ‘n spesiale raadsvergadering waar alles sonder enige voorvalle binne die munisipale regulasies plaasgevind het. Twee nuwe ampsdraers is verkies. Rdl. Katriena Robyn van GOOD is die nuwe burgemeester in die plek van Smit en rdl. Petrus Heradien (Icosa) is die nuwe speaker in die plek van Sidego. Die ANC sal later hul twee burgemeesterskomiteelede aanwys. Agtergrond Die Witzenberg munisipaliteit het tussen Mei en Augustus ‘n onstuimige tyd beleef na klagtes van beweerde omkopery in Junie teen Hennie Smit by die P.A. Hamlet polisie gemaak is en die GOOD-leierskap gedurende Meimaand, ‘n nuwe raadslid (Robyn) in die plek van die geskorste onderburgemeester (Felicity Klazen) aangewys het. Die kortstondige samewerkingsooreenkoms tussen Laban (WA) en die DA - tussen einde Julie en 17 Oktober - het nou ten einde gekom met die indiening van die wantroue mosie. Voor Dinsdag se oorname, was twee vorige oorname-pogings onsuksesvol een omrede daar nie ‘n kworum teenwoordig was nie. Partye reageer Die DA het kort na die oorname en verkiesing van ampsdraers, ‘n persverklaring

call us for:

DIE Witzenberg gemeenskap het die afgelope twee weke finansieël bygedra om te help dat een van hul inwoners, ‘n breinoperasie kan kry. Janine Pretorius (36) van Ceres en bestuurder van Deja Brew koffiewinkel by die dorp se ingang, het ewe skielik probleme met haar sig begin ervaar en met balans begin sukkel. Sy het vir ‘n roetine oogtoets gegaan waar daar vasgestel is dat dit ‘n breingewas is wat die sigprobleme veroorsaak. Sy is tans in baie pyn in ‘n Kaapstad provinsiale hospitaal. Sy kry behandeling vir die pyn en om die breinswelling te stop. Alle fondse wat ingesamel word met die BackaBuddy veldtog sal vir haar mediese uitgawes van R200 000 aangewend word. Daar is meer as R28 500 ingesamel en daar is en byna 94 000 mense het tot dusver die plasing op die Witzenberg Herald se FB-blad gelees. Enige navrae kan aan haar broer, Pierre Pretorius (bestuurder by Hamlet Spar) gerig word by (023) 313-3534. Besighede help ook Twee plaaslike besighede, Tremor Coffee Bar en Skin, het ook besluit om betrokke te raak. Tremor het op 11 Oktober, R5 van elke koppie koffie wat die dag verkoop is, aan die Janine Pretorius-fonds geskenk. Hulle het R1 100 ingesamel. Skin skenk R50 van elke behandeling tussen 11 en 31 Oktober, aan die fonds. Daar is ook ‘n donasiehouer vir skenkings by die onderneming.

THE Working on Fire - Kishugu Joint Venture in the Western Cape is gearing up for the upcoming Summer Fire Season with intensive refresher Yellow Card training camps. These training camps are essential in ensuring that firefighters are well-prepared and competent to handle the challenges of fighting wildfires. A total of 1070 dedicated firefighters are currently participating in these training camps, which are being held concurrently in two locations.

We offer: · Consulting Services · Maintenance · Access Control · Audio and Visual · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems · Integrated Security Systems

SKAKEL ONS VIR ALLE HEK MOTORS | ALARMS | CCTV INSTALLASIES 023 1000 515 info@jptek.co.za www.jptek.africa


4 l WITZENBERG HERALD l 20 OCTOBER 2023

Klubkampioen aangewys WEDVLUGDUIWE het Saterdag 14 Oktober aan die laaste middelpadwedvlug vanaf Britstown deelgeneem. Dit was dan ook die laaste wedvlug vir die 2023 seisoen. Cyril en Ann Davids het ook die Unie-wedvlug vir die jaaroud duiwe gewen. Die Ceresvallei Federasie se middelpad kampioenskap is ook afgehandel. 1. Blue Mountain Lofts 2. Nathan Jacobs 3. Cyril en Ann Davids Die algehele Ceresvallei federasie kampioen vir 2023 seisoen is Cyril en Ann Davids. Nathan Jacobs was tweede gevolg deur Meyer en Van Wyk. CHPS Jaaroud 1. Cyril en Ann Davids 1519.525 mpm 2. Cyril en Ann Davids 1498.557 mpm 3. Cyril en Ann Davids 1486.640 mpm 4. Team Koopman 1470.389 mpm 5. Cyril en Ann Davids 1468.532 mpm Ope 1. Cyril en Ann Davids 1494.514 mpm 2. Team Koopman 1489.710 mpm 3. Team Koopman 1483.487 mpm 4. Cyril en Ann Davids 1461.267 mpm 5. Koos Kupido 1455.763 mpm CHPS se klubkampioen vir 2023 is ook aangewys. Cyril en Ann Davids gevolg deur Team Koopman en die Hendriks familie.

Omgee kettingkrakers BJ Claasen wen kompetisie laat die speke sing DIE naweek het die Tankwa Omgee Kettingkrakers, hul jaarlikse fietstoer van Matroosberg na Kagga Kamma en terug aangebied. Die eerste dag se roete is na 130 km verleng. Fietsryers het vanaf Karoopoort die Sutherlandpad gevolg en daarna via Bike X Cape, Tankwa padstal en Skitterykloof tot by Kagga Kamma gery. Dag twee het die 107 km roete fietsryers via Katbakkies, Droëhoek en De la Rey geneem. Die wind het die span uitgeput maar almal het in ‘n goeie gees klaargemaak. Die veterane het dié fietstoer al drie keer voltooi. VLNR: Madeleen en Sarel Coetzee, Boetie Hugo en Cordré Smith.

TUINIER Koelfontein Landgoed is op soek na ‘n tuinier vir die instandhouding van die tuine, swembad en werf. Vereistes: • Minimum 2 jaar toepaslike ondervinding • sober gewoontes • liefde vir tuinmaak en instandhouding • kennis van plante en besproeiingsvaardighede • onafhanklik kan funksioneer • kode 8 lisensie (voordelig) • kontakbare verwysings. Verantwoordelikhede: • Algemene instandhouding en netheid van tuine, swembad en werf • Vernuwing van tuin waar benodig. Vir aansoekvorms vir bogenoemde posisie, stuur asb. ’n e-pos na Koelfontein Landgoed vir aandag: jboonzaaier@koelfontein.co.za of kom haal aansoekvorms af by die kantoor. Sluitingsdatum vir voltooide aansoekvorms: 31 Oktober 2023 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.

Hamlet Road • P.O. Box 539, Ceres, 6835 • (023) 315-5293 • info@frupak.co.za

Frupak is ‘n gelyke geleentheid onderneming, wat in Ceres geleë is. Die maatskappy verpak en bemark sagte- en steenvrugte van ‘n aantal produsente uit die Wes-Kaap. Die 2 vakatures het ontstaan as gevolg van uitbreiding in die maatskappy.

ADMINISTRATIEWE PERSONE

Die Administratiewe persone sal direk aan die Finansiële Bestuurder rapporteer en behulpsaam wees met die volgende take: · Fakturering van debiteure besendings op QX · Byhou van dokumentasie rondom uitvoere bv. PPECB addendums, uitvoer sertifikate ens. · Invoer van debiteure betalings en uitstuur van state · Byhou van munisipale mark uitlaaie en betalings (op QX) · Debiteure-invorderings · Oplossing van debiteure navrae · Help met logistieke take rondom uitvoere · Help met verwerking van produsente uitbetalings op QX · Administratiewe take gekoppel aan die pos. Vereistes: · Van die suksesvolle kandidate word verwag om selfgedrewe en gedissiplineerd te wees · Ongeveer 3 jaar toepaslike werkservaring en gevorderde rekenaarvaardighede in QX en Excel is noodsaaklik, terwyl ‘n toepaslike naskoolse kwalifikasie u aansoek sal versterk. Frupak bied ‘n mededingende vergoedingspakket, met die gebruiklike voordele aan. Stuur asb. u skriftelike aansoek, tesame met ‘n volledige CV per e-pos aan: info@frupak.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 30 Oktober 2023 (Geen telefoniese navrae sal hanteer word nie) Diensaanvaarding: So spoedig moontlik. Indien u nie binne vier weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

SATERDAG het Ceres gholfklub ‘n enkel stableford kompetisie aan-gebied. BJ Claasen (foto links) was die wenner met 39 punte. Johann van der Merwe was tweede met 38 punte gevolg deur Henk Rossouw met 36 punte, FK van Schalkwyk met 35 punte en Christo Strydom met 32 punte. Spelers word weer daaraan herinner om hul telkaarte volledig in te vul, te teken en hul two clubs op die telbord en hul telkaart in te vul. Dit is die speler se verantwoordelikheid - nie die klub sin nie. Putjiespelkompetisie Die dubbel putjiespelfinaal is verlede week tussen Martin van Jaarsveld en Tjoepie du Plessis en Trevor Abrahams en Charl du Plessis, beslis. Abrahams en Du Plessis het 5 en 4 gewen. Die finaal van die dubbel putjiespel se plaatkompetisie gaan tussen Jodey Kayer en Rodney Engelbrecht en Johan Smit en Pieter Immelman beslis word. Daar sal vanjaar geen enkel putjiespel kompetisie aangebied word nie. Dit sal moontlik eers begin 2024 weer aangebied word. Saterdag 21 Oktober bied Dutoit Groep hul jaarlikse gholfdag aan. Die kompetisie formaat is enkel stableford en op 28 Oktober borg die klub ‘n enkel stableford kompetisie. Spelers en klublede moet kennis neem dat die AJV op 25 Oktober om 19:00 plaasvind.

PELGRIMSTOG NA NA PELGRIMSTOG

7 - 14 Maart 2024 DOEN ASB. NAVRAAG INSAKE DIE DEPOSITO BETALING

Onder leiding van PPK Ceres Navrae: Past. Jacobs by 084-657-4673 of e-pos: isaacjacobs50@yahoo.com


20 OCTOBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 5


6 l WITZENBERG HERALD l 20 OCTOBER 2023

Kobura Kan Karate Dojo open op Ceres KOBURA Kan Karate Dojo, onder leiding van sensei Gerjo de Waal (vierde dan), het verlede Dinsdag hulle opening in die Ceres stadsaal gehou. Klasse word elke Dinsdag op Ceres vanaf 17:30 tot 18:30 en Woensdae op P.A. Hamlet in die stadsaal aangebied - ook vanaf 17:30 tot 18:30. * Sensei Johnny van Niekerk (eerste dan) se karate klasse word Maandae vanaf 17:00 tot 18:00 in die Bella Vista Cononia saal aangebied en op Donderdae vanaf 16:30 tot 17:30 bied sempai Ezelle afrigting aan op Op-die-Berg.

VAKANTE POS

BAMCO VERPAKKING, ’n sagtevrugte verkoelings- en verpakkingsfirma met ontstaan in 2009 as ’n vennootskap tussen drie goed gevestigde landbou-ondernemings, Bronaar Plase, Donkerbos Landgoed en Môrester Landgoed - elkeen afsonderlike progressiewe besighede wat spesialiseer in die verbouing van vrugte en groente in die Koue Bokkeveld, Ceres.

JUNIOR VERKOELINGSTEGNIKUS Die gepaste kandidaat sal aansluit by ‘n wêreldklas maatskappy met van die nuutste tegnologie. ‘n Droom geleentheid vir enige passievolle kandidaat. Werksverdeling sal plaasvind met aanstelling. Pakket sal markverwant wees, gekoppel aan die verantwoordelikheid en ervaring van die aanstelling. Sleutelprestasie-areas: • Daaglikse verkoeling- en masjienkamer inspeksies met verstellings waar nodig • Gas en temperatuur monitering • Skoon- en instandhou van verkoelingstoerusting • Meganiese kennis of ervaring is belangrik. Elektries sal tot u voordeel tel • Ervaring in verkoelingsafdeling is belangrik • Minstens 3 jaar ondervinding in BA verkoeling. Eienskappe: • Stiptelik, betroubaar en ‘n oog vir detail • Bereid om skofte, oortyd en naweke te werk, wanneer nodig • Moet onafhanklik en onder druk kan werk • Gedissiplineerd - werk binne veiligheidsreëls soos voorgeskryf • Moet oor goeie gesondheid beskik • Rekenaarvaardighede sal tot voordeel wees • Verblyf in Ceres omgewing of in Koue Bokkeveld • Moet oor kode 8 lisensie beskik. ‘n Markverwante vergoedingspakket sal aangebied word volgens die aansoeker se ervaring en kwalifikasie. Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Oktober 2023 Stuur asb. CV met werksverwysings en salarisverwagting na: mannekrag@bamco.co.za

VRUGTE PRODUKSIEBESTUURDER VREDELUST is ‘n gevestigde en gemengde boerdery in die Koue Bokkeveld distrik en beskik tans oor ‘n geleentheid vir n Vrugte Produksiebestuurder. Die suksesvolle kandidaat is ’n energieke persoon met bestuursvernuf wat proaktief en georganiseerd is asook onder druk en baie noukeurig kan werk. Die posbekleër sal aan die Vrugtebestuurder rapporteer. SLEUTELPRESTASIE-AREAS: • Verbouing en produksie van Vrugte (appels, pruime en pere) • Bestuur van werknemers vir optimale produktiwiteit • Kwaliteitsbestuur • Alle relevante administrasie en rekordhouding van produksie. VEREISTES: • Toepaslike tersiêre kwalifikasie • 3 - 5 Jaar ondervinding in die verbouing van vrugte • Die vermoë om ondergeskiktes te motiveer en produktiwiteit te optimaliseer • Kennis t.o.v. bemesting en besproeiing • Kennis van Global Gap, Siza en die verbouing van vrugte sal in die kandidaat se guns tel • Rekenaarvaardigheid • Goeie kommunikasievaardighede en menseverhoudinge. ‘n Mededingende vergoedingspakket word aangebied SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 10 November 2023 (Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was)

DIENSAANVAARDING: 01 Januarie 2024 CV KAN GERIG WORD AAN: Antoinette du Toit by antoinette@kbyboerdery.co.za Werwingsprosedure voldoen aan die Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting Nr van 2013

Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Ons volg ’n gelyke geleenthede-beleid.

Attie Heyns help Springbokke met regsadvies ATTIE Heyns, ‘n prokureur en direkteur van Kellerman Joubert Heyns prokureurs op Ceres, het verlede week na Frankryk vertrek om hom by die Springbok rugbyspan aan te sluit en die span by te staan as regsverteenwoordiger vir dissiplinêre aangeleenthede in die kwarteindrondte (en verder in die kompetisie) van die Wêreldbeker rugbytoernooi. Attie verteenwoordig al vir jare spelers wat uitgewys word vir vuilspel op provinsiale en internasionale vlak en het homself bewys as een van die land se mees prominente en kundige verteenwoordigers op hierdie gebied. Na afloop van Saterdag se wedstryd teen Frankryk het Attie gesê hy het nog nooit so ‘n atmosfeer by ‘n toetswedstryd ervaar nie. Die Franse skare was ongelooflik en die atmosfeer tot aan die einde elektries. * Hier is Attie saam met die Springbokafrigter, Jacques Nienaber, afgeneem tydens Dinsdag 17 Oktober se spanoefening.

Notice of Water Use Licence Application on behalf of Lotus South Africa Manufacturing (Pty) Ltd for the proposed groundwater abstraction on Erf nr. 4109, Wolseley, Tulbagh, Western Cape. 60 Day period of Public Participation: 20/10/2023 - 10/01/2024

TO WHOM IT MAY CONCERN Lotus South Africa Manufacturing (Pty) Ltd is in the process of applying for a water use licence which will be submitted to the Department of Water and Sanitation (DWS). This notice of the application for Section 21 (a) - taking water from a water resource, and Section 21 (c) - impeding or diverting the flow of water in a watercourse & Section 21 (i) altering the bed, banks, courses or characteristics of a watercourse, serves as part of the public participation process. The proposed volume of groundwater to be abstracted is 245 295.75 m3/a and will be used for domestic (potable and non-potable) and industrial use on the property. Groundwater will be abstracted from one production borehole that was correctly yield tested according to SANS 10299-4:2003, Part 4 National Standards. The yield testing was undertaken by ATS under the management and supervision of GEOSS South Africa. The sustainable pumping rates have been determined based on data obtained during yield testing and sampling. The implementation of groundwater monitoring will be recommended to ensure sustainable abstraction. The Geohydrological Assessment done for this water use licence application will be available upon request. If you have any questions, comments or objections about the application, please contact the WULA consultants before 10 January 2024 at: Abigail Oellermann Megan Roux WULA Manager (Hydrogeologist) WULA Assistant abi@geoss.co.za mroux@geoss.co.za 021 880 1079 021 880 1079 www.geoss.co.za www.geoss.co.za


20 OCTOBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 7

Ceres Koekedouwdam 25 jaar gelede voltooi BOUWERK aan die nuwe Ceres Koekedouwdamwal is 25 jaar gelede voltooi. Op die vroeë plaas Wakkerstroom is ‘n opgaardam gebou wat in 1953 geopen is. Dit het oor ‘n 70 voet damwal beskik wat nege miljoen gelling water gehou het. Die dam is destyds teen ‘n koste van £128,000 gebou. Met die aardbewing in 1969 is die damwal beskadig deur horisontale en vertikale krake. In 1986 het die damveiligheidswetgewing in Suid Afrika van krag geword en in terme daarvan is die ou Ceresdam in 1994 as onveilig verklaar en moes die ou dam of herstel word of ‘n nuwe dam moes gebou word. Samesprekings tussen die destydse Ceres munisipaliteit en die Koekedouw besproeiingsraad het gelei tot die stigting van die eerste samewerkingsooreenkoms tussen ‘n besproeiingsraad en ‘n plaaslike owerheid in Suid Afrika. Die doel van die ooreenkoms was om ‘n dam op eie koste en sonder staatshulp te bou om in al die waterbehoeftes van ‘n gemeenskap te voorsien. In Januarie 1996 is daar begin met die eerste fase van die damprojek. Aangesien die dam in ‘n aardbewing aktiewe-area gebou is, is spesiale ontwerp tegnieke gebruik. Daar is besluit op ‘n rotsvultipe dam met ‘n asfalt-beton kern wat die elastisiteit gee tydens ‘n aardbewing. Omdat hierdie tipe damme in Europa algemeen is, is daar van Noorweegse kundigheid en subkontrakteurs gebruik gemaak. Plaaslike kontrakteurs is in die konstruksie proses opgelei. Die damwal het met voltooiing ‘n hoogte van 60 meter bereik en ‘n stoor kapasiteit van 17 miljoen kubieke meter water. Die amptelike opening van die Ceres Koekedouwdam het op 15 Mei 1999 plaasgevind. Kostes Die koste van die totale damprojek wat die volgende insluit: toegangspad, interim waterskema, tydelike kofferskema en die nuwe

DIE ou Ceresdam met sy 70 voet wal.

PROFESSIONELE LANDMETERS 082-554-4695 l (023) 312-1455

‘n ARGIEFFOTO van die ou pad na Ceresdam.

Ons is trots op ons verbintenis met Ceres Koekedouw Bestuurskomitee. Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar.

JANUARIE 1996 is daar begin met die eerste fase van die damprojek. Aangesien die dam in ‘n aardbewing aktiewe-area gebou is, is spesiale ontwerp tegnieke gebruik. Daar is besluit op ‘n rotsvultipe dam met ‘n asfalt-beton kern wat die elastisiteit gee tydens ‘n aardbewing.

Bouwerk begin in 1996 CERES Koekedouwdam is op 15 Mei 1999 deur die destydse minister van Waterwese, Kader Asmal (links), geopen.

SAREL BESTER INGENIEURS BK Raadgewende Siviele Ingenieurs / Consulting Civil Engineers Argitektuurdienste / Architectural Services

Ons is trots op ons verbintenis met CERES KOEKEDOUW BESTUURSKOMITEE Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen. ✉ 21, CERES, 6835

☎ (023) 312-2017

E: admin@sbri.co.za

groter Ceresdam, het sowat R90 miljoen beloop en is gesamentlik gefinansier deur Ceres/ Witzenberg munisipaliteit en die Koekedouw besproeiingsraad. Die Ceres Koekedouw bestuurskomitee (‘n vennootskap tussen Koekedouw besproeiingsraad en Witzenberg munisipaliteit) is verantwoordelik vir die bestuur van die Koekedouwdam. Die 17 miljoen kubieke meter water word volgens die ooreengekome kwotas tussen die twee partye as volg aangewend: • Koekedouw besproeiingsraad lewer 1282.90 ha (795.8 ha in die somer en 487.1 ha in die winter) water aan 30 lede vir die verbouing van vrugte en groente. • Witzenberg munisipaliteit vir water voorsiening aan Ceres, Bella Vista, Nduli en P.A. Hamlet inwoners sowel as plaaslike industrieë. Besoek damwal Ceres Koekedouw bestuurskomitee stel Donderdag 19 Oktober hul nuwe webtuiste www.koekedouwdam.co.za oor die Koekedouwdam bekend om saam te val met die 25 jaar vieringe. Op Vrydag 20 Oktober vanaf 09:00 tot 12:00 kan belangstellendes ‘n besigtigingstoer na die damwal onderneem.

Porterstraat, Ceres (023) 312-3413 CERES KOEKEDOUW BESTUURSKOMITEE Baie geluk met jul 25ste bestaansjaar. Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.

KENNISGEWING VAN OPENBARE VERGADERING

NOTICE OF PUBLIC MEETING

WATERVERBRUIKERSVERENIGING

WATER USER ASSOCIATIONS

Warmbokkeveld Waterverbruikersvereniging Vrydag, 27 Oktober 2023 om 09:00 Koekedouw Waterverbruikersvereniging Dinsdag, 14 November 2023 om 09:00

Warmbokkeveld Water User Association Friday, 27 October 2023 at 09:00 Koekedouw Water User Association Tuesday, 14 November 2023 at 09:00

Kennis geskied hiermee dat ‘n openbare vergadering van alle moontlike belanghebbendes gehou sal word te Koekedouw Beheersentrum R303, Ceres vir die volgende doeleindes: 1. Die verduideliking v.d. bepalings van artikel 98 van die Nasionale Waterwet 1998 ( Wet 36 van 1998) met betrekking tot die omskepping van bestaande Besproeiingsrade in Watergebruikersverenigings. 2. Opklaring van enige moontlike onduidelikheid in verband met die voorgestelde grondwet. 3. Die aanhoor vana) Voorstelle vir die aanpassing v.d. voorgestelde grondwet; en b) Aansprake op deelname in die aktiwiteite van die voorgestelde Vereniging. ‘n Afskrif van die voorgestelde grondwet is ter insae by Koekedouw Beheersentrum, R303, Ceres tussen 07:30 en 12:30. Enige onduidelikheid omtrent die voorgestelde grondwet vergadering kan vooraf uitgeklaar word deur (023) 315-5569 te skakel.

Notice is hereby given that a public meeting of all possible interested parties will be held at Koekedouw Beheersentrum R303, Ceres for the following purposes: 1. An explanation of provisions of Section 98 of the National Water Act 1998 (Act 36 of 1998) with regards to the transformation of existing Irrigation Boards into Water User Associations. 2. Clarification of any possible uncertainty in connection with the proposed constitution. 3. The hearing of: a) Proposals for the amendment of the proposed constitution; and b) Claims for participation in the activities of the proposed Association. A copy of the proposed constitution is available for scrutiny at Koekedouw Control Centre, R303, Ceres between 07:30 and 12:30. Any uncertainty in connection with the proposed constitution meeting may be cleared in advance by phoning (023) 315-5569.


8 l WITZENBERG HERALD l 20 OCTOBER 2023

SENSHI Dojo se karatekas het Saterdag 14 Oktober aan die Cape Cobra liga, wat by FD Malan in Belville gehou is, deelgeneem. VLNR: Lukas Krige (katasilwer, kubudo long weapon - goud), Bellané Vermeulen (kata - vyfde), Izak Krige (kata - vyfde), Tylor Engelbrecht (kumite - brons), Mia Laubscher (kata - silwer, kubudo long weapon - goud en kubudo short weapon -silwer).

WF Loots se twee landlopers is veilig terug van die S.A. kampioenskappe wat einde September in Limpopo aangebied is. Regiun Sampson (o/10) spog met ‘n algehele vierde plek en Malcolm Swartz (o/12) het 12de geëindig in sy wedloop. Hier is die twee leerders saam Ronald Baxter (skoolhoof) afgeneem. * W.F. Loots primêr wil vir die twee landlopers sê: “Welgedaan met jul volgehoue puik prestasies en dat julle ons skool se naam hoog hou”.

LAERSKOOL Gericke is trots op hul dramagroep: Drama Llamas. Die dramagroep is op 13 Oktober as die wenners van die Charlie Toneelfees aangewys met hul produksie Stommerike.

LAERSKOOL Gericke is trots op Ellen Faul wat op 23 September aan die CTA uitnodingsbyeenkoms deelgeneem en ‘n brons medalje in die 100 meter vryslag asook ‘n silwer medalje in die 200 meter vlinderslag verower het. Sy het ook van 5-8 Oktober in George aan die Fred Barnard gala deelgeneem en ‘n silwer medalje in die 200 meter vlinderslag verower.

REAL Stars football team from Nduli request local support for their award ceremony gala dinner on 24 November. Local businesses are ask to assist them with refreshments for 125 people, trophies and framed certificates for 30 players. The club would appreciate if the businesses could assist on any of the above mentioned segments to make their event a success. For more information contact mr. M.Daniso at 072-076-8069.


20 OCTOBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 9

KROMLIN primêr het vanjaar aan die Paarl Eisteddfod deelgeneem. Die skool is trots op die leerders se uitmuntende prestasies van 80%. CHARLIE Hofmeyr se o/19 krieketspan het onlangs teen HTS Drostdy gespeel. Charlies wen hierdie wedstryd met 31 lopies. Rossouw Matthee staan uit met die bal in die hand en neem drie paaltjies. Léolan Davids teken 30 lopies met die kolf aan. * Die o/15 krieketspan speel ook teen HTS Drostdy maar verloor met ses paaltjies. Louis Reynolds teken 22 lopies aan en neem ook twee paaltjies. Shandley Burrows teken 16 lopies aan.

TWEE leerders van Mont Rouge primêr, Ciana en Raylin Manuel, blink uit op ander terreine. Ciana was die illustreerder vir die leesboek, Dream Big, wat geskryf is deur Belinda Ann Weber, en Raylin was een van die proeflesers.

LAERSKOOL GERICKE Ceres

Baie sterkte en voorspoed aan elke matrikulant met die komende eindeksamen.  (023) 312-1110 CHARLIE HOFMEYR Sterkte en voorspoed aan elke Charlie-matrikulant met die komende eindeksamen. Stay positive, keep working hard and push through to the end!

LAERSKOOL KOUE BOKKEVELD ☎ (023) 317-0611 Faks: (023) 317-0123 Protealaan 1 Koue Bokkeveld, Op-DieBerg

Namens die hele skoolfamilie van Laerskool Koue Bokkeveld, wil ons alle matrikulante sterkte toewens vir die komende eksamens. Mag God julle seën met wysheid en insig. Ons dra julle op in gebed.

Die personeel en ouers wens die matrikulante van Bella Vista Hoërskool sterkte en voorspoed toe met die komende eindeksamen. 074-049-7078

CERES SEKONDÊRE SKOOL

Die personeel en skoolbeheerliggaam wil alle matrikulante sterkte en voorspoed toewens met die 2023 eindeksamen.  078-525-4489 ceres.sec@wcgschools.gov.za

Laerskool FD Conradie P.A. Hamlet Voorspoed aan al die oud-leerders van FD Conradie asook alle Witzenberg matrikulante met die komende eksamen. Ons wens julle alle sukses toe.

☎ (023) 313-3407

2023

Katriena Robyn

Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor USodolophu oLawulayo

A special message to our 2023 Matriculants On behalf of the Council of Witzenberg Municipality, I would like to take this opportunity as the Executive Mayor, to wish all our matriculants all of the best. May God bless you with grace and wisdom. Our prayers and thoughts are with you. Namens die Raad en die gemeenskap van Witzenberg, wil ek, as Burgemeester alle matrikulante sterkte toewens vir die komende eksamens. Mag God u seën met wysheid en insig. Ons dra u op in gebed. Nje ngoSodolophu waseWitzenberg, Ndikwamele noMasipala waseWitzenberg. Ndithabatha elithuba, ndininqwenelela impumelelo kwimviwo zenu zamagqibela kankqoyi zebanga leshumi. Yanga uQamata anganiphahla xanibhala amaphepha enu okugqibela. Nakuhlala nisemithandazweni yethu.


10 l WITZENBERG HERALD l 20 OCTOBER 2023

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

nuusbrokkies Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

BLACK MAGIC powerful stone

Marrie Spanneberg

1943/05/03 - 2023/10/14 Begrafnisdiens: Sat. 21 Okt. 2023 Huis: 09:00, Selfsorg oord, PA Hamlet Kerk: 10:00, Christen Mission kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Hierdie steen is die antwoord vir al jou probleme.

Moos Paulse

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Whatsapp

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

MAMA OKERO & PROF OUPA Herbal Expert Traditional Helper for all your personal problems. She will make it disappear. Online services and home visits by appointment.

STEFAN STEYN 083-227-6476

Select

(next to Pick n Pay Qualisave in Worcester)

Call for appointments

LAUNDRY Bondels koerante @ R30 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

PLANT AND TOOL HIRE

FATUMAH 079-120-7165

AND FRAMES 1968/07/30 - 2023/10/12 Begrafnisdiens: Sat. 21 Okt. 2023 Huis: 08:00, Spesbona Plaas, Tulbagh Kerk: 09:00, Nuwe Apostoliese kerk, Tulbagh Graf: Tulbagh

2 - 3 Slaapkamerhuis te Nuwedorp, Op-die-Berg om te huur of te koop. Skakel Kobus 083-659-1735

Swart genesende steen het die krag om geluk te bring:

• Om geld te kry • Gee sukses in liefde, seksuele kragte • In besigheid • Beskerm jou teen bose magte, heksery • Bevordering by die werk • Politieke magte oor ander • Wen geld, Lotto, casino, sportweddenskappe • Verslaan jou vyande • Wen hofsake en egskeidings • Maklik om te gebruik met geen voorwaardes nie

082-859-2300

DRINGEND OP SOEK NA

Whatsapp of skakel

082-821-3610

073-356-2605

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld

Ceres Lions Pre-Primêr 2 ONDERWYSERESSE

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o

THE Department of Social Development (Paarl), is requesting Maria Magdalena du Toit to urgently contact Patricia Titus at (021) 871-1682 between 07:30 and 16:00 or after hours at 071-852-1702. DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas vanaf 7-14 Maart 2024. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur ‘n e-pos aan: isaacjacobs50@yahoo.com PPK Ceres gaan die Paaskonferensie van 29-31 Maart 2024 op Jeffreysbaai bywoon. Belangstellendes wat wil saamgaan, kan past. Jacobs skakel by 084-657-4673 vir verdere navrae. YOUNG Good Hope RVK se algemene jaarvergadering vind plaas op Maandag 30 Oktober om 19:00 op die Bella Vista sportgronde. Die klub hou ‘n afskeidsfunksie op Saterdag 25 November in die Bella Vista gemeenskapsaal. Kaartjies by klublede beskikbaar.

Besigheidsure: Maak ligter jou kas Maandag - Vrydag: van klere: oud, nuut, 09:00 - 16:00 ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem

Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

(ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)

Tyd raak min om vir wedlope in te skryf DIE jaarlikse Michellspas wedlope vind vanjaar op Saterdag 28 Oktober plaas. Die 21 km wedloop bereik ‘n besonderse mylpaal - die halfmarathon word vir die 30ste keer aangebied. Behalwe die halfmarathon, is daar ook ‘n 10 kilometer wedloop en 5 kilometer pretdraf vir deelnemers. ‘n Uitnodiging word ook aan plase, pakstore asook ander instansies gerig om spanne van vier atlete vir die 10 kilometer wedloop in te skryf. Hierdie sal as ‘n afsonderlike spankompetisie-inskrywing hanteer word, waar die eerste vier atlete van ‘n span wat die wedloop voltooi, as die wenspan aangewys sal word. Hulle sal ook ‘n geldprys ontvang. Die sperdatum vir inskrywings is 20 Oktober. Die eerste 10 leerders van ‘n skool wat die 5km wedloop voltooi, word as die wenskool aangewys. Vir navrae skakel Nico Jansen by 078-8825-299.

(vir Babas - 3 jaar oud)

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

André du PPreez reez

082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Saterdag: 09:00 - 12:30

Kwalifikasies: Minimum ECD level 4 plus NCF. Ondervinding: Ten minste 3 jaar by ECDsentrum. Vereistes: • sterk verantwoordelikheidsin • stiptelik in alle opsigte • passie en empatie vir babas tot en met 3 jaar oud • baie geduld • hardwerkend • moet onder druk kan werk • goeie gesondheid en sterk uithouvermoë. Aansoeke sluit: 2 Nov. 2023 om 12:00. E-pos volledige CV, ten minste 2 verwysings, getuigskrif van 2 vorige werksplekke, (nie ouer as 3 jaar), plus police clearance sertifikate na: lionsprepremer@ telkomsa.net

GRATIS Whatsapp die woord

HERALD gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003 Reëls: • Slegs items van onder R1 000 • Slegs EEN item per Whatsapp • Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie

TE KOOP BONDELS KOERANTE

R30 per bondel

vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

(023) 316-2021

RESCUES UP FOR ADOPTION Currently at the shelter

Contact Hazel 072-609-1165

adoptions@chainboland.co.za or www.chainboland.co.za

All adoptions are subject to a home check. Adoption fees: Dogs R1 000* + cats R700*. Incl. a chip. Sterilization is part of the adoption contract signed by new owners. Viewing of dogs at our shelter in Wolseley must be pre-arranged. Please contact us, preferably via telephone, to make an appointment. *Conditions apply

Please if you consider adopting, contact us. Not all are visible on our website/social media, as they are too small.

BELLA (Female) Born 15/04/2023

ESTER (Female) Born 02/02/2023

LEXI (Female) Born 20/02/2023

SMOKEY (Male) Born 14/02/2023

DAISY (Female) Born 03/01/2022

GUINEVERE (Female) Born 04/10/2022

LISE (Female) Born 30/11/2022


20 OCTOBER 2023 l WITZENBERG HERALD l 11


12 l WITZENBERG HERALD l 20 OCTOBER 2023

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voor trekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Bella Vista begin die naweek met hul Top12 aanslag

DIE Boland rugby unie het op 16 Oktober ‘n nuwe borgskap aan die unie en vir die Top12 kompetisie, bekendgemaak. Die 2023 Sanlam Boland Top12 kompetisie word moontlik gemaak deur Sanlam, Vumatel, Tekkie Town, Santam en Umbro. Hier is die kapteins afgeneem tydens die bekendstelling. AGTER: Dashton Wellman (Wesbank), Divan Joshua (Saldanha Bay), Hyco Jacobs (Roses United), Shandre Prince (Delicious NW), Philbrey Joseph (Young Hamiltons) en Branden Hunter (Hawston). VOOR: Chesvill Muller (Bella Vista), Wildon Marsh (Darling), Llewelyn Hahn (Vanrhynsdorp Eagles), Kirsten Adams (Mamre), Jumainiune Arendse (Robertson Town) en Benjamin Dwayi (Safcol).

BELLA Vista rugbyklub begin die naweek met hulle aanslag in die Sanlam Boland Top 12 kompetisie. Die kompetisie is in twee groepe opgedeel. Bella Vista ding in Groep B mee met Safcol, Mamre, Young Hamiltons en Delicious NW. Bella Vista speel Saterdag 21 Oktober teen Delicious NW. Saldanha (tweemalige kampioen) reis na Robertson vir hul eerste wedstryd. Die twee top spanne in elke groep sal in die semifinaal op 25 November speel met die finaal op 2 Desember op die Boland stadium in Wellington. Naweek se wedstryd Bella Vista sal van meet af hul stempel in die kompetisie moet afdruk. Soos gewoonlik sal daar weer swaar gesteun word op die voorspelers om dié grondslag te lê.

P.A. Hamlet het die naweek van 29-30 September die jaarlikse Valley Cup kompetisie teen Ceres maklik met 7.5 teen 4.5 gewen. Een dag se spel kon nie plaasvind weens die reën nie. Die Valley Cup word op Ceres gholfbaan aangebied en dit was die vyfde keer wat die kompetisie tussen Ceres en P.A. Hamlet/Koue Bokkeveld aangebied word. Ceres het die wisseltrofee al drie keer verower en P.A. Hamlet twee keer.

Chesvill Muller (kaptein) sal van voor lei sodat manne soos Lurencó Jumath, Selwin Jafta en Jemiehl Muller hul vuurvreter-spel kan lewer. Marno Sanders is net op die regte tyd ingesluit in die begin span en help dat Cameron Davids, Durin Nasson en Jared Manus lekker hardloop met die spasie wat hy aan die buitekant skep. Goeie en regte besluitneming sal in die uitkloprondtes van kardinale belang wees. Hier sal die senior spelers sterk na vore moet tree. Soos die afrigtingspan van Bella Vista Rugby Klub altyd sê: “Ons is nie net in die kompetisie om deel te neem ons is in om dit te wen”. Ander Top12 Bella Vista wedstryde: 28 Oktober - Young Hamiltons (weg), 4 November - Mamre (tuis), 11 November - Safcol (weg) en 18 November - Wesbank (tuis).

LAERSKOOL Gericke se tennisspelers was die naweek van 14 Oktober deel van die Kaapse Wynland tennisspan wat in die Plattelandtoernooi deelgeneem het teen die Overberg- en Weskusstreek. Christiaan du Toit (no.2) en Mienka du Toit (no.6) was in die o/10 span, Johan Morkel (no.6) en Nina du Toit (no.4) was in die o/11 span en Layla Claassen (no.7) was in die o/13 span. Beide die o/10 en o/11 seuns- en meisiespanne het goue medaljes verower en die o/13 meisies (foto) het ‘n silwer medalje verower.

JEUG FIETSRY

REGISTRASIE VANAF 06:30 BY BRONAAR GROENTE-PAKSTOOR MTB 50KM | R250 | 07:30 35KM | R200 | 08:00 25KM | R150 | 08:30

PRETDRAF 21KM | R200 | 07:40 10KM | R100 | 08:15 5KM | R50 | 08:40 (KINDERS KAN DIE 5KM FIETSRY OOK)

PRYSE VIR DIE EERSTE 3 POSISIES IN ELKE ITEM (BEHALWE 5KM). MEDALJES VIR ALMAL. GELUKKIGE TREKKINGS! NAVRAE: RIAAN 082-563-2072 EN HEINIE 083-229-9132 AKKOMMODASIE-NAVRAE: JEANETTE 083-562-1925

INSKRYWINGS DEUR ENTRYNINJA HTTPS://WWW.ENTRYNINJA.COM/EVENTS/79150-OP-DIE-BERG-MTB-AND-TRAIL-RUN/ENTER

Jeug fietsry in die Witzenbergstreek het onlangs ‘n reuse hupstoot gekry toe Ceres betrek is by die DSV fietsry akademie, die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit en Rapsport en Lange Sport se inisiatief om fietsry vir leerders tussen 13 en 18 jaar meer toeganklik te maak. CERES CYCLES + VALLEY FUNERALS is opsoek na geskikte kandidate wat in fietsry belangstel en dit as sport wil beoefen. Hulle het fietse en valhelms beskikbaar - kom meld net aan om in aanmerking te kom vir die 2024 DSV akademielede.

Vir deelname skakel:

CERES CYCLES: Rashid van Rhyn (023) 312-3578 078-551-9918 VALLEY FUNERALS: Mitch Jantjies 082-575-3181.

MALCOLM LANGE


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.