Witzenberg Herald Vol.23 no.34 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 34

R7.00

Friday, September 4, 2020

GO CERES SHELL

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 3 September

Vrydag 4 September

10° 20°

11° 18°

Saterdag 5 September

Sondag 6 September

10° 13°

8° 18°

Ceres Koekedouw dam

100%

Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar

Lesing: 2020/09/02

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Aanrandingsaak

Man (29) vrygelaat ‘n 29-JARIGE inwoner van Wolseley wat verlede week ‘n ander inwoner ernstig aangerand het, is verlede Vrydag 28 Augustus, op borgtog vrygelaat. Morné Nel, ‘n geskorste buurtwaglid van die dorp, het hom Donderdag aan die polisie oorgegee. Hy is deur speurders van Tulbagh in hegtenis geneem weens die aanranding van Bradley (Brado) de Bruin (26). Nel is Vrydag deur die ondersoekbeampte, kapt. Kamfer, vergesel na die hofgebou. Hy is op borg van R1000 vrygelaat en het die gebou onder polisiebeskerming verlaat. Hy moet aan streng borgvoorwaardes voldoen. Hy moet ondermeer in Worcester gaan bly, elke dag (eenkeer per dag) by die Worcester SAPD aanmeld en hy mag geen kontak met staatsgetuies hê nie. Die saak is na 17 September uitgestel vir verdere ondersoek. Aanranding en ondersoek Nel se verskyning spruit uit ‘n aanrandingvoorval wat op Saterdag 22 Augustus omstreeks 23:30 op die Kluitjieskraalpad plaasgevind het. Die Wolseley polisie is na die toneel ontbied waar

‘n 29-JARIGE inwoner van Wolseley, Morné Nel (links) is Vrydag deur die ondersoekbeampte, kapt. Kamfer, vergesel na die hofgebou. FOTO: Facebook.

hulle De Bruin aangetref het waar hy langs die pad lê. Nel was ook op die toneel saam met ander buurtwagen plaaswaglede. Nel wat nie as buurtwaglid aandiens was nie, het saam met ‘n ander buurtwaglid op inligting gereageer om op die uitkyk te wees vir onbekende verdagtes wat na bewering sonpanele op ‘n nabygeleë plaas gesteel het. Volgens die polisie het ‘n Ford Ranger bakkie dwars oor die pad gestop om die aankomende Toyota Tazz te forseer om te stop. de Bruin het na bewering uit die Toyota geklim en gevra dat die bakkie uit die pad getrek word waarna daar ‘n konfrontasie en geveg tussen die mans ontstaan het. In ‘n video van die voorval wat deur ‘n skoolmeisie met haar selfoon verfilm is en wyd op sosiale media platvorms gedeel is, kan gesien word hoe Nel later op die rug van die kleiner slagoffer (Bradley de Bruin) sit, sy kop oplig en hom teen die kop slaan. ‘n Groep omgekrapte inwoners het Maandag 24 Augustus by die Wolseley polisiestasie bymekaar gekom en daarop aangedring dat die verdagte gearresteer en aangekla word. Gemeenskapleiers het egter tussenbeide getree en die gemeenskap die versekering gegee dat geregtigheid sal geskied en dat die verdagte aangekla sal word sodra die ondersoek voltooi is. Die Worcester sektorbevelvoerder, maj.genl. Mene, het opdrag gegee dat die aanranding om ernstig te beseer, deur Tulbagh SAPD se speurhoof, kapt. Kamfer, ondersoek moet word. Reaksie Die aanranding is later wyd op sosiale media gekritiseer en veroordeel. In die meeste gevalle het mense ook hul woede daaroor uitgespreek. ‘n Groepie inwoners het Vrydag vreedsaam buite die landdroshof saamgekom toe Nel verskyn het. Bradley is tans by die huis en het goed herstel van sy beserings nadat hy ‘n paar dae in Tygerberg hospitaal behandel is.

2.5kg Sasko Cake Flour

2399

SPECIALS

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstraat 91 Weet-Bix 450g

1,5kg Rainbow Chicken IQF

4750

Rainbow Chicken Livers 250g

2199

Sunlight Washing powder 2kg

Willards Crinkle 99 Cut Ass. 125g 10

899

4299

Crunch & Munch Biscuits ass. 1850 500g / 400g

Refresh cooldrink 2L ass.

950

Pryse geldig tot en met 6 September 2020 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.

Rower word doodgeskiet ‘n ONBEKENDE gewapende man is Saterdag omstreeks 11:30 op Ceres doodgeskiet. Na die voorval is Lyellstraat tot by die vierrigting stopstraat by Pretoriusstraat (laagwaterbruggie) deur die polisie afgesper om hul ondersoek te voltooi. Dit is onbekend of die oorledene reeds ‘n winkel in die straat beroof het of op pad was om die winkel te beroof. Geen inligting is na die voorval plaaslik of provinsiaal uitgereik nie. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat (OPOD) ondersoek die voorval. * Die liggaam lê agter die polisiebakkie se voorwiel.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.