Witzenberg Herald Vol.24 no.34 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

TRADING HOURS: Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578

Witzenberg

Volume 24 no. 34

R7.50

Friday, September 3, 2021

Since 1997

SPRING MADNESS

MINI SERVICE R150

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 2 September

Vrydag 3 September

4° 21°

3° 15°

Saterdag 4 September

Sondag 5 September

2° 19°

2° 12°

Ceres Koekedouw dam

96,5%

Lesing: 2021/09/01

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Skiër val sleg op berg

Polisie soek man wat kind (3) raakry DIE Ceres polisie soek dringend na ‘n bestuurder wat van ‘n ongelukstoneel in Bella Vista weggehardloop het nadat hy ‘n kind (3) omgery het. Die Ceres polisie ondersoek ‘n roekelose en/of nalatige bestuur voorval nadat ‘n 3-jarige meisie, Caymee-Lee Jackson, in Klaradynstraat omgery is. Sy het kopbeserings opgedoen. Sy is op die toneel behandel en later die aand met ‘n ambulans na die Rooi Kruis hospitaal vervoer. Die voorval het Maandag 30 Augustus omstreeks 17:35 plaasgevind.

DIE Wes-Kaap departement van gesondheid EMS/AMS noodhelikopter is Sondag 29 Augustus na Matroosberg reservaat ontbied nadat ‘n skiër teen die skihelling bo-op Matroosberg ernstig beseer is. Die pasiënt het sy been en ook moontlik sy bekkenbeen gebreek nadat hy sleg geval het. Nadat die helikopter met ‘n paramedikus aanboord veilig geland het, is die pasiënt gestabiliseer en net na 17:00 deur die noodhelikopter by die Cape Gate MediClinic afgelaai. Lede van Wildernis-soeken-redding (WSAR), het met die reddingspoging gehelp. * Lees op bladsy 3 die volledige artikel oor een van die besigste sneeunaweke in jare op Ceres.

Die polisie soek nou na die bestuurder wat weggehardloop het. Hy het met ‘n Toyota Corolla met ‘n CY-registrasienommer probeer wegjaag van die toneel en teen ‘n muur gebots. Hy het uitgespring en weggehardloop. Indien iemand weet wie die bestuurder is en waar hy hom bevind, kan hulle s/kst. Watson skakel by (023) 316-8500. In ‘n ander roekelose en/of nalatige voorval is die 28-jarige Elton Daniëls in Bella Vista van sy fiets gestamp. Die voorval het Saterdag 21 Augustus omstreeks 23:00 naby Palm- en Jakarandastraat plaasgevind. Daniëls is na ‘n hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie het tans geen verdere inligting oor die bestuurder van die Toyota bakkie nie. Roof Sewe onbekende mans waarvan een gewapen was met ‘n byl, het Saterdagoggend 28 Augustus omstreeks 06:00 ‘n 38-jarige sekuriteitswag van sy handradio, selfoon en sigarette beroof. Die voorval het in Tulpstraat, Bella Vista, plaasgevind. Nog geen arrestasies is gemaak nie. Indien die gemeenskap weet wie verantwoordelik was vir die lafhartige aanval, kan hulle die Ceres speurders skakel by (023) 316-8500.

FOTO: @jamesrobertblack.

NTH’S BER MO SEPTEM

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91 White Star 10kg 99

79

Best Choice Sugar 50 2kg

34

Bobtail 8kg 00

135

Rainbow 2kg 99

67

Refreshh 2L ass. 99

8

Pryse en produkte geldig tot 9 September 2021 of terwyl voorraad hou Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.