Gemeenskap leef in vrees na dubbele moord op dorp
DIE Pine Valley gemeenskap lewe in vrees na ‘n dubbele moord op twee inwoners van die woonbuurt. Een van die slagoffers was ‘n 10-jarige kind.



Die Wolseley polisie ondersoek dié moorde nadat hulle op 20 Augustus omstreeks 22:53 na die Pine Valley woonbuurt buite Wolseley ontbied is na ‘n skietvoorval.
Met hul aankoms op die toneel het hulle twee persone dood in ‘n voertuig aangetref. Beide is in die kop geskiet.
Gedenkarea voor biblioteek onthul
Dit blyk dat die seun kort van te vore in ‘n plakkershuis geskiet is en dat dat sy pa (37) met hom wou hospitaal toe jaag.
Die pa is in die voertuig doodgeskiet voordat die aanvaller te voet gevlug het.


Die polisie het talle leidrade opgevolg in hul soektog na die skieter wat vermoedelik van Lesotho afkomstig is en wat in besit was van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Maandag 21 Augustus omstreeks 02:13
het ses polisielede die verdagte in ‘n plakkershuis opgespoor. Polisielede het die verdagte probeer in hegtenis neem waarna hy hom teëgesit en ‘n stoeiery ontstaan het. Die verdagte is op die toneel geskiet. Hy is na Ceres hospitaal vervoer waar hy met sy aankoms dood verklaar is.
Die verdagte word verbind met ‘n aantal moorde op Wolseley, Ceres en Citrusdal. * Die onafhanklike polisie ondersoek direktoraat het die ondersoek oorgeneem.




HERSTELWERK aan die Van Bredabrug op Ceres vorder goed. Bouwerk het reeds in Desember 2021 begin en behoort teen Maart 2024 klaar te wees. Die brug word tans opgegradeer teen ‘n koste van meer as R58 miljoen. Die een kant van die brug (vanaf Shoprite na Spar se rigting) is nou bruikbaar vir voetgangers.


SATERDAG 26 Augustus is die gedenkarea van Klara Majola oftewel Violet Jansen, voor die John Steyn biblioteek onthul. Die onthulling is deur die gemeenskap en die Jansenfamilie bygewoon. In 2019 was die eerste fase onthul, maar met behulp van gedeeltelike befondsing van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, kon die standbeeld gemaak word wat nodig was om die projek te voltooi. Die kunstenaar Pieter de Villiers, het drie maande aan die projek gewerk om die nagedagtenis van Klara te laat herleef. Klara se verhaal van dapperheid was besig om te vervaag in die volksmond en die Togryers museum wil seker maak dat dié stukkie geskiedenis van die streek behoue bly vir die nageslag.



DIE R5 Movie Fridays het Vrydag 25 Augustus afgeskop by die Togryers museum op Ceres. Die eerste film We can be Heroes is vertoon en 25 kinders het die vertoning bygewoon. Besprekings kan by 060-7110-509 gedoen word. Die volgende fliekdatum is 8 September. NB: Hou die Witzenberg Herald en die Togryers museum se Facebook bladsye dop vir die naam van die volgende fliek.


Drie mans skiet kolgans in die dorp
BEKOMMERDE inwoner van Ceres skryf:
SONDAG 27 Augustus was ‘n mooi, vroeë lentedag, skoongewas en sonskynhelder.
Ek het so bietjie in my tuin gewerskaf en die weer geniet.
Ek bly op die Dwarsrivier se wal oorkant die Akkerbos, soos ons dit al jare noem.
Geniet die natuurskoon met al sy tarentale wat stil wei, eekhorings wat in die bome speel, duiwe wat koer en die watervoëls en hul kuikens wat in die rivier swem.

Omstreeks 15:00 hoor ek die gekraak van takkies en gewaar toe drie manspersone wat in die park rondstaan.
Ek sien hulle is besig om met gewere na bo te mik en gaan uit om hulle aan te spreek.
Bure het toe ook alreeds die skietvoorval gehoor en die SAPD ontbied. Toe ek hulle nader draai hulle om, steeds met die vuurwapens in hul hande en stap in Lyellstraat se rigting.
Met die kom die polisie daar aan, keer hulle voor en praat met hulle. Na ‘n rukkie klim die polisiemanne in hul voertuig en ry weg. Die een polisielid het genoem dat hulle die persone gewaarsku het - al is dit ‘n ernstige oortreding om in ‘n bewoonde gebied ‘n vuurwapen af te vuur.
Toe almal weg is sien ek ‘n dooie kolgans, beloed en vergruis op die grond lê. Ek het die voël opgetel en in my tuin begrawe.
Die Akkerbos word nou ‘n nes van onheil, prostitusie, openbare seksdade, dwelmhandel, alkohol-inname, inbrake (ek was self deel van twee insidente van boewe langs my bed) en mense wat van die hospitaal stap en beroof word.
Dit is tyd dat polisie, gemeenskap en munisipale wetstoepassers begin saamwerk om die euwels uit te roei.
* Ceres SAPD het teen druktyd nie op navrae gereageer nie.
Fix them before they become big potholes
JACQUES Cilliers from Ceres writes:
RECENTLY I drove into our beautiful town and was greeted by a bright yellow road sign - which has been there for months now…. The sign reads “POTHOLES” !! About 20 metre after the sign, every driver is welcomed to town by a huge pothole which has not been fixed properly for months.
What a wonderful welcome to our lovely town, what a wonderful way to welcome tourists and investors! What an apt reflection of the competency and urgency of the Witzenberg Municipality to fix these problems - well of the roads department in particular.
Since I wrote about the condition of roads in Ceres, I see that a token gesture has been made to re-paint the road markings on a number of roads.
This, however, although appreciated, is cosmetic and does not address the poor and deteriorating condition of our roads.
September is Tourism month!
COMMUNITY leaders from the Masakhe community service NGO and the Warmbokveld correctional service came together for a meeting to build a partnership to help inmates get a job after their release. * For more info regarding the Masakhe community service NGO (2023/711294/08), contact pastor Eric at ericndwanya@gmail.com or masakhecommunityservices@gmail.com or phone him on 073-9065-903 or T. Mhlakaphalwa on 071-9026-419 and tlmhlaks@ gmail.com. Masakhe community service was formed by a group of pastors and community leaders and they are working together with other community stakeholders.
Last week I was driving through Wellington and rode past a municipal team fixing small potholes in their roads. Fix them before they become big potholes!!
Why can the Witzenberg Municipality not do the same thing?


Why don’t we have our own team 5 to 6 people going around town and fixing small potholes? There are hundreds of these!! Is this not an opportunity to create some meaningful employment opportunities in a town that desperately needs employment?
What is being done about this issue? The longer it is ignored the worse it gets.
Infrastructure needs to be maintained or it will eventually collapse. Is ESCOM not a glaring example of this?
BOLAND HOSPICE BOLAND HOSPICE
Professional Nurse (PN)Intermediate Care Facility (ICF) based in Ceres Hospital.
Minimum requirements:
•Registered with the South African Nursing Council (SANC)
•Computer Literate

Tourism Month is celebrated annually in September and highlights South Africa’s diverse tourism offerings, and the sector’s significant contribution to the country’s economy. The purpose of World Tourism Day is also to create awareness on the importance of tourism and its social, cultural, political and economic value.
The theme for this year is “Tourism & Green Investments”, which highlights the need for more and better-targeted investments for people, for planet and for prosperity.
Ceres Tourism would like to encourage everyone to celebrate Tourism month and World Tourism Day on 27 September, by being a tourist in their own town or area. There is a whole range of attractions and activities right at your doorstep for you to explore: ziplining; hiking & mountain biking trails; 4x4 routes; museum; wine, beer & cider tasting facilities and many more. By exploring your own town and area, you will not only support local businesses, but boost the local economy. So, start planning your trip and get travelling!
If you would also like to know how you or your business can be part of tourism, please contact us at Ceres Tourism Bureau on (023) 316-1287 or info@ceres.org.za l www.ceres.org.za

Maak ligter jou kas van klere: oud, nuut, ekstra of onvanpas. Ons is opsoek na elektriese toebehore (toasters, waaiers, braaipanne), klere, skoene of enigiets was spasie opneem
Besigheidsure: Maandag - Vrydag: 09:00 - 16:00



Saterdag: 09:00 - 12:30
Navrae: Louw-Marie 083-634-8068 of louwmarieshepherd@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (ingang Lyellstraat - oorkant Ceres Cycles)
•Palliative Care Qualification and drivers licence advantageous
Key performance areas:
•Leading a team of Nursing Staff and Care Workers
•Networking with Health Facilities and NGO’s
•Assessment of patients and implementation of Care Plans
•Part of an Inter-Disciplinary Team
•Admin duties inclusive of Reporting and Stock-control
Working hours: Mondays to Fridays
Send CV with supporting documents to hr@bolandhospice.org by no later than 8 September 2023
If you have not received response within 2 weeks from closing date, your application was most likely unsuccessful. Only shortlisted candidates will be contacted.
PALS Annual Members Meeting a huge success
WITZENBERG PALS recently held its 7th Annual Members Meeting at the Kaleo Guesthouse, in the Koue Bokkeveld.
The meeting was attended by PALS commercial producer members, agricultural industry organisations and service providers, commercial financial institutions, government departments, municipal officials, and community-based organisations from across the province of the Western Cape.

The PALS annual members meeting serves the purpose of reporting the progress with the implementation of projects, updates on the latest developments in the agricultural sector, capacity building and empowerment of new era black commercial farmers.
Expert key industry speakers who participated at the meeting included Wandile Sihlobo (Chief Economist at Agbiz), Anton Rabe and Mariette Kotzé of Hortgo, as well as a recorded address delivered by the Minister of Agriculture, Land Reform and Rural Development (DALRRD), Minister Thoko Didiza, who made an apology for her absence, due to other commitments at the BRICS Summit in Gauteng.
This year’s meeting paid tribute to the contribution of women and youth in growing the PALS initiative through their active participation and leadership in PALS enterprises and PALS Boards of directors. PALS Board members Danell du Toit, Lien Visagie, Liza Ambraal and Joyene Isaacs, as well as young agriculturalists, Caitlyn Abdoll and Liza de Beer.

The meeting was attended by 180 attendees, as well about 320 online viewers who followed the meeting via YouTube livestream.


The PALS meeting was followed by a roundtable table discussion, sponsored by Nedbank on the topic, “Partnering to take sustainable transformation and land reform to the next level”
The panel discussion was facilitated by Angelo Petersen, Chairperson of the Board of NAMC, and included key industry speakers and representatives of government.
Nuwe wet gaan vrot appel raadslede vasvat
MUNISIPALE raadslede in Suid-Afrika sal voortaan twee keer moet dink oor hul gedrag in die raadsaal en in hul gemeenskappe, want die gevolge van hul optrede sal aan hul eie bas en sak gevoel kan word.
Ná die munisipale verkiesing van 2021 het Suid-Afrikaners gereeld op televisie gesien hoe rade ontwrig en in chaos gedompel word.
Thembi Nkadimeng, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, het onlangs die regulasies ingevolge die Wysigingswetsontwerp op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, in die Staatskoerant gepubliseer.
Luidens die regulasies moet die Speaker van die raad ‘n raadslid beveel om die raad onmiddellik te verlaat as dié raadslid se gedrag onbeheerbaar is. Dit sluit in wanneer ‘n raadslid ‘n ander raadslid of amptenaar aanrand of dreig om dit te doen.



As die raadslid weier, moet die wetstoepassers die raadslid verwyder. Regulasies en gedragskodes vir raadslede, wat onder meer bepaal dat diegene wat munisipaliteite ontwrig en gemeenskappe aanhits tot onwettige optrede, voortaan vervolg moet word.
Die regulasies bepaal uitdruklik dat raadslede wat gemeenskappe ‘aanhits tot geweldadige protes’, strafregtelik vervolg moet word. Dit sluit in die aanhitsing tot stakings deur munisipale amptenare. Daar word bepaal dat enige skade wat munisipaliteite ly weens raadslede se onwettige optrede, van dié raadslede verhaal moet word. Sulke skade kan voortaan ook nie afgeskryf word nie.
Wetgewing plaas nou ook ‘n verpligting op munisipaliteite en die polisie om sulke sake behoorlik te ondersoek om te verseker dat die skuldige raadslede aan die pen ry.
DIE wenners. Die toekenningseremonie is Woensdag 23 Augustus in die Paarl gehou, waartydens die nege wenners en die merkwaardige prestasies van hierdie wonderlike vroue gevier is. VLNR: Zenani Mithi, Denise Stubbs, Michael Jonas (direteur van die Afrikaanse Taalmuseum), rhr. (Dr) Elna von
Vrouemaand eindig in die viering van Fenomenale Vroue
NA aanleiding van die sukses van die eerste Fenomenale Vroue van die Kaapse Wynland-distrik toekennings verlede jaar, het die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM), in samewerking met die Historium Trust en die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), weer aan 16 fenomenale vroue van die gemeenskap hulde gebring. Die toekenningseremonie is Woensdag 23 Augustus in die Paarl gehou, waartydens die nege wenners en sewe naaswenners aangekondig is en die merkwaardige prestasies van hierdie wonderlike vroue gevier is. In haar toespraak het die uitvoerende burgemeester, rdh. (Dr) Elna von Schlicht, gesê: “Dis vir my ’n ongelooflike plesier om ons fenomenale vroue van die Kaapse Wynland-distrik, geluk te wens. Julle merkwaardige prestasies en bydraes het ons gemeenskap opgehelder en ons almal geïnspireer om beter te doen. Hierdie toekenning is nie alleen ’n erkenning van u individuele suksesse nie, maar plaas ook klem op die kollektiewe krag van vroue wat aanhou om hindernisse af te breek en te herdefinieer wat in ons gemeenskappe moontlik is. Julle verhale dien as ’n baken van hoop en bemagtiging vir toekomstige geslagte, en herinner ons dat daar geen perke is aan wat
ons kan bereik nie. Ons bring ere aan elkeen en mag u aanhou om helder te skyn en diegene rondom u te inspireer. U reis getuig van hoe fenomenaal elkeen is.”
Die versoek om nominasies het in Junie geopen en die publiek het die geleentheid gekry om die onbesonge heldinne te nomineer wat inspirerende werk onder gemeenskappe in die Kaapse Wynland verrig.
“Nasionale Vrouedag in Suid-Afrika word hoog geag en dien as ’n herinnering aan die groot bydrae van vroue in Suid-Afrika en is terselfdertyd ’n geleentheid om opnuut te besin oor die regte van vroue. Die rol van vroue in die samelewing is van kardinale belang. Hulle lewer merkwaardige bydraes tot gemeenskappe, families en die samelewing in sy geheel. Vroue is die ruggraat van gesinne en gemeenskappe. Dit is waarom dit vir ons belangrik is om vroue in ons gemeenskappe op hierdie skaal op te hef en te vier. Baie geluk aan al die wenners en naaswenners,” het Michael Jonas, direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument in sy toespraak gesê.
Die wenners en naaswenners het geskenke ontvang van die KWDM en vennote, die Afrikaanse Taalmuseum en monument en die Historium Trust, Jacob’s Jam en Ou Mutual.
Personeel reik uit na senior burgers in Nduli
DIE weeklikse uitreikaksie van gesondheidswerkers na die gemeenskap van Nduli het onlangs selfs meer dienste hierheen gebring - dié keer aan senior burgers.
Inwoners is lankal bekend met die WesKaapse departement van gesondheid en welstand se uitreike aan die Vredebes-omgewing deur sr. Elzanne Dampies, om ma’s en jong kinders te help met dienste soos immunisering.
Dampies werk nou saam met kollegas soos dr. Marisa Crous. As deel van dr. Crous se studies om te spesialiseer as ‘n huisarts, het dr. Crous ‘n opname gedoen oor die gesondheidsbehoeftes van senior burgers. “Dikwels tree bejaardes wat op plase in die

omgewing gewerk het, in Vredebes af. Hulle is dan onbekend met die omgewing en waar om dienste te kry,” verduidelik dr. Crous. Sy het opgelet dat daar ‘n behoefte is aan dienste soos oogsorg en gehoorsifting, dat van hulle geraak word deur wanvoeding en dat party senior burgers uitdagings met mobiliteit het. “Ouer mense wil nie altyd kliniek toe gaan nie. As jy met moeite beweeg, is die kliniek ver en is dit ongerieflik om daarheen te gaan,” sê dr. Crous.
Sy en ‘n span gesondheidswerkers het toe ingeval by ‘n gereelde uitreikaksie in Nduli, maar hierdie keer ook dienste aangebied soos sifting vir gehoorverlies en oogtoestande, voetsorg en wanvoeding. Hulle het die gemeenskapsaal in ‘n oogwink omskep in ‘n dienspunt. Senior burgers is met die hulp van Badisa na die saal gebring en danksy die ondersteuning van CBI kon pasiënte tee en koffie geniet terwyl hulle tussen die verskillende mediese-punte beweeg het.
Bykans 40 senior burgers is dié dag gehelp. Ná waarnemings en siftings, is drie persone verwys vir ondersteuning met voeding en twee persone wie katarakte moet laat verwyder, is geïdentifiseer.

Een persoon is verwys vir verdere evaluering wat gehoor betref. 12 Pasiënte het afsprake gekry om by te woon by Nduli kliniek. Buiten pasiënte wie reeds met personeel bekend was en elke twee maande hul kroniese medikasie by die mobiele kliniek afgehaal het, sal ‘n verdere vyf pasiënte nou ook hul kroniese medikasie by die mobiele kliniek kry.

Twee buurvrouens het mekaar ook raakgeloop by die saal.
Die 73-jarige Sara Botes sê dit was lekker om by die saal gehelp te word. Sy het uitgesien daarna, want sy het asma en omdat sy maklik kortasem word, loop sy net kort entjies op ‘n keer. Haar buurvrou, Eveline de Bruin (63), was ook daar en was bly oor die goeie diens. Sy kon haar kroniese medikasie hier kry en is na die kliniek verwys sodat ‘n wond aan haar been versorg kon word. Plaaslike gesondheidswerkers sal inwoners laat weet wanneer daar weer ‘n soortgelyke aksies sal plaasvind.
DIE Christelike Studente Verening van Tulbagh Hoërskool het verlede Maandag tydens Laerskool Waveren se byeenkoms, ‘n treffende en inspirende geestelike boodskap vir die leerders gebring. AGTER: Anthony Sauls, Aldin Koopman, Elvina Heraud, Delicia Philander, Anekeva Steenkamp, Cadé Lukas, Chloë Rhoda, Ian Demas, Luciano Fortuin en Keanu Seister. VOOR: Patricia Witbooi, Elmarie van Wyk, Neville Jones (skoolhoof), Elnay Lukas en Joniel Haita.

DIE Tulbagh Lionsklub nooi inwoners uit om op 23 September aan die “Walk in Heels Against Gender-based Violence”-projek deel te neem. Dit begin om 14:00 in Kerkstraat, Tulbagh en koste beloop R100 per persoon. Die doel van die optog en saamstap van nagenoeg 1.5 km, is om ‘n groter bewustheid te skep oor geslagsgeweld. Deelnemers, veral mans, sal vroue hoëhak skoene dra om ‘n standpunt te maak. Alle opbrengste sal aan The Warrior Project www.thewarriorproject.org.za, ‘n organisasie wat daagliks ondersteuning bied aan geslagsgeweld-slagoffers, geskenk word. * Meer inligting en registrasie is beskikbaar en kan by die skakel: https://tulbaghlionsclub.co.za/walk-in-heels/ gedoen word.


PUBLIEKE KENNISGEWING: BELANGRIK VOORAFBETAALDE ELEKTRISITEITMETER KLIËNTE
Neem asseblief kennis dat Ontec (Edms) Bpk aangestel is as die nuwe voorafbetaalde elektrisiteit diensverskaffer vir Witzenberg Munisipaliteit vanaf 1 Julie 2023.

Oorskakeling van die elektrisiteit verkoopstelsel sal plaasvind die aand van 31 Augustus tussen 22:00 en 06:00 die oggend van 1 September 2023. Tydens die agt (8) uur stilstand sal voorafbetaalde kliënte nie elektrisiteit op enige platform kan aankoop nie, dit sluit in aanlyn- en derde party instansies wat deur supermarkte, kleinhandelaars en banke bestuur word.
Kliënte word dus versoek om hul elektrisiteit met voldoende eenhede aan te vul voor 22:00 op die 31ste Augustus 2023.
D. NASSON


MUNISIPALE BESTUURDER
50 Voortrekker Street, Ceres
Brandstigtingsaak uitgestel na 18 September
‘n VERMEENDE brandstigter het verlede Dinsdag weer in die Ceres landdroshof verskyn.
Ashlin Brandon Paulse (24) staan tereg op klagtes wat verband hou met die brand waarin die Matroosberg skihut en drie voertuie in puin gelê is.
Die saak is na 18 September uitgestel vir verdere ondersoek. Paulse word aangekla van vier klagtes van brandstigting, huisbraak met die opset om te steel en diefstal.
Agtergrond
Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26-28 Mei by Matroosberg se skihut oornag.
Die groep het Vrydagaand na 21:00 by die skihut aangekom, daar vleis gebraai en oornag. Saterdagoggend omstreeks 07:00 het die groep vriende 15 kilometer gaan stap en met hulle terugkoms omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref.
Die brand het ‘n Renault Clio, Nissan Navara bakkie en ‘n Jeep Commander heeltemal verwoes asook persoonlike besittings in die skihut.
Arresteer
Paulse is Maandag 3 Julie deur Wes-Kaap speurders gearresteer weens die brandstigting. Dié ondersoek is deur die Wes-Kaap speurdiens oorgeneem en brand deskundiges was kort na die brand op die toneel.
Die forensiese verslag is nog nie deur die brandeenheid wat in Pretoria gesetel is, afgehandel nie.
‘n PERD van Boland Stud is verlede Saterdag by ‘n veiling vir 2 jaar oue perde in Johannesburg verkoop. Die perd behoort gesamentlik aan personeel van Boland Stud buite Ceres en Eugene Freeman.


‘n KUNSFEES en Digfees word deur die Togryers museum beplan vir 20 Oktober tot 28 Oktober. Deel hiervan is ‘n digkompetisie bestaande uit ‘n junior en senior kategorie. Om in te skryf sal jy die skakel op die museum se Facebookblad kry om te registreer. Al die terme, voorwaardes en reëls is op die inskrywingsblad beskikbaar. Inskrywings is noodsaaklik as jy wil deelneem en deelname is gratis. Sluitingsdatum vir die kompetisie is 30 September.


TWEE leerders van Rijk Tulbagh privaatskool, het onlangs deelgeneem aan die derde rondte (Boland finaal) van Toyota/ Universiteit Stellenbosch Woordfees spelfees. Luke Versfeld (graad 6) was eerste en Helana Maass (graad 2) het ‘n tweede plek behaal. Beide leerders dring nou deur na die Wes-Kaap finaal op 9 September op Stellenbosch.

DIANA
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021
info@witzenbergherald.com



066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Select
LAUNDRY
Whatsapp of skakel 082-821-3610
Joubertstr. 16, Ceres
Ma - Vry: 08:00 - 17:00



Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*
*Terme en voorwaardes geld
Bondels

Beplan nou reeds jou bouprojek vir Januarie 2024


Architect
Urbanist
PRINCE ALFRED HAMLET Vind ons op Google en Instagram, of skakel
084 484 4484
BAKERY ASSISTANT
CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical


•Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres
☎ (023) 312-1254
Boland Roll on Lawn
Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel 082-859-2300


FIREARM TRAINING
FAST Academy

Vuurwapen bevoegdheidsopleiding tot op besigheidsvlak en regulasie 21
Skakel 082-773-2501
Landswye Meubelvervoer . Ons doen gereelde vragte na en vanaf Gauteng. Deelvragte is beskikbaar. Ons is persoonlik betrokke by elke verhuising. Ons help ook met die verpakking van jou breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Vir 'n gratis kwotasie, skakel ons gerus by (023)

347-4092 of stuur 'n faks na: (023)
342-8629 of stuur 'n e-pos www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o


geld, Lotto, casino, sportweddenskappe
•Verslaan jou vyande
•Wen hofsake en egskeidings

•Maklik om te gebruik met geen voorwaardes nie
Hierdie steen is die antwoord vir al jou probleme.
SEPTEMBER is Erfenismaand. Die Togryers museum skop 7 September af met hul 1ste funksie vir die maand. Prof. Van der Merwe en prof. Mitchell (laasgenoemde van Kalifornia, Amerika) gaan ‘n interessante insig in die gebeure van 1825 op Hou Den Bek, Koue Bokkeveld, gedurende die Galant Slawe opstand, gee. Die gemeenskap word uitgenooi na hierdie saamgesels geleentheid, wat beloof om ‘n ander perspektief te bring na die 1825 gebeure. Bespreek jou sitplek so gou moontlik by (023) 312-2045
DIE Vriende van die Museum se volgende uitstappie is 9 September na die historiese plaas Eselfontein buite Ceres. Diegene wat die uitstappie wil meemaak kan bespreek by (023) 312-2045. Almal kom byeenkom in die parkeerarea voor die Witzenberg Herald se kantoor (langs poskantoor) vordat almal om 09:30 vertrek na die plaas. Nie-lede betaal R30 om die uitstappie mee te maak.
DIE PPK Ceres se Pelgrimstog (toer) na Israel vind plaas in Maart 2024. Beperkte aantal plekke is nog beskikbaar. Navrae in verband met depositos kan gerig word aan past. Jacobs by 084-657-4673 of stuur e-pos isaacjacobs50@yahoo.com
☎ (023) 312-1274

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

AND FRAMES 083-227-6476 STEFAN STEYN
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.

FATUMAH 079-120-7165
Psalm 138.8:

“Die Here sal vir my alles goed laat afloop. Aan u liefde, Here, is daar geen einde nie. Moet tog nie die werk van u hande laat vaar nie”
Ev. JacobsMAHHALA LIVRE GRATUITO SIMAHLA VERNIET
GRATIS BONDELS KOERANTE
vir die maak van papier mâché, geskenkpapier vir Kersfees, trek, vensters was of jou babahondjies

R30 per bondel

(023) 316-2021
Whatsapp die woord HERALD, gevolg deur ‘n kort beskrywing van die item wat jy wil verkoop en jou naam na 066-316-3003







Reëls:
•Slegs items met ‘n prys onder R1 000
•Slegs EEN item per Whatsapp

•Onvolledige Whatsapps wat nie die woord HERALD en ‘n telefoonnommer bevat nie, sal nie geplaas word nie


•Gratis advertensies word NIE per telefoon of per e-pos aanvaar nie







Twee spelers van Ceres deel van Wynlandspan
WYNLAND mansspan was die algehele wenner van die Interstreke rolbaltoernooi wat van 19-20 Augustus op Hermanus aangebied was. VLNR: Pierre Paul (Overberg president), Rika Mitchell (Boland vise-president), Stoffel Lambrechts (Ceres), Charles Stassen (Wellington), Conrad Burger (Ceres) en Linston Manuels (Wellington).


TWEE landlopers van Morrisdale primêr, Richie Baron (o/9) en Lorenzo Vergotine (o/13), is opgeneem in die Boland landloopspan wat vanaf 1-2 September aan Wes-Kaap landloop kampioenskappe op George gaan deelneem. By hulle staan Johan Jacobs (skoolhoof) en Lee-Irvin Felotie (afrigter).

Koop 'n kaartjie en ondersteun projek
DIE afgelope maande ondervind die Witzenbergstreek ‘n erge toename in honde- en katgetalle.
Die rede is inwoners se diere teel ongestoord aan en word die getal diere wat nie na gekyk kan word nie of wat net in strate ronddwaal, by die dag meer.
Ceres dierehospitaal in samerwerking met Witzenberg Vets, ander veeartse en talle plaaslike ondernemings, het ‘n insamelingsprojek van stapel gestuur om veral honde en in ‘n minderheid die katte, te steriliseer/kastreer teen ‘n spesiale prys. Lootjiekaartjies vir pryse van ondermeer Aquilla en Matroosberg, sal verkoop word om te help om die reuse en duur projek te help finansier.
Op 9 September gaan die diere in ‘n Bella Vista saal deur die veeartse gekastreer word teen ‘n spesiale tarief.
TANKWA Omgee Kettingkrakers (TOK) is Ceres Omgeemense se fietsrygroep. Daar word gereeld sosiale oorslaap fietstoere deur die groep gereël, veral uitstappies na die Karoo. Daar gaan ook altyd ‘n ondersteuningsvoertuig saam met die fietsryers en deelnemers hoef nie top fiks te wees nie. Die volgende toere word vir September en Oktober beplan: Matroosberg na Bike X Cape na Matroosberg op 2 en 3 September oor ‘n afstand van 132 km en 80 km, Knysna na Uniondale op 23 September 2023 - die dag voor Karoo to Coast (K2C) vir deelnemers aan die 100km en op 7 en 8 Oktober van Matroosberg na Kagga Kamma na Matroosberg oor ‘n afstand van 126 km en 92 km. *Vir meer inligting en inskrywings skakel Cordré by 082-8092-935 of stuur ‘n epos na cordre@erfdeel.co.za

KENNISGEWING
2023/2024 AANSUIWERINGSBEGROTING- EN 2024/2025 GOP EN BEGROTING PROSESPLAN
Kennis geskied hiermee dat die volgende dokumente gedurende die Raadsvergadering op 25 Augustus 2023 goedgekeur is:
•2023/2024 Aansuiweringsbegroting
•2024/2025 GOP en Begroting Prosesplan
Die gemelde raadsbesluit en tersaaklike dokumente is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke van Witzenberg Munisipaliteit, asook op die Munisipaliteit se webwerf by: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER
Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835
NOTICE
2023/2024 ADJUSTMENT BUDGET AND 2024/2025 IDP BUDGET PROCESS PLAN
Notice is hereby given that the following documents were approved at the Council meeting held 25 August 2023:
•2023/2024 Adjustment Budget
•2024/2025 IDP and Budget Process plan
The said Council Resolution and all other relevant documents may be inspected at the Municipal Offices and Public Libraries of Witzenberg Municipality during normal office hours and is also available on the Witzenberg Municipal website at: www.witzenberg.gov.za



D. NASSON MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality
50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
ISAZISO
2023/2024
UHLAHLOLWABIWA MALI LUKA 2024/2025 KUNYE NELIKE OLUHLENGAHLENGISIWAYO
Kwintlanganiso yeBhunga ibibanjwe ngomhla we 25 August 2023
•Oluhlahlolwabiwomali luhlengahlengisiweyo luka 2023/24 •kunyenelika 2024/2025 luye lwabekwa etafileni kwaboniswana, Lwaphunyezwa.
Esi Sigqibo seBhunga nawo onke amanye amaxwebhu afanelekileyo anokuhlolwa kwii-Ofisi zikaMasipala kunye namaThala eencwadi oluntu kuMasipala waseWitzenberg ngeeyure eziqhelekileyo zokusebenza kwaye ayafumaneka. Ku www.witzenberg.gov.za
D. NASSON
UMLAWULI-MASIPALA
uMasipala wengingqi yaseWitzenberg
50 Voortrekker Street, Ceres,6836
Pre-purchase tickets @ Ceres Vet & Witzenberg Vets Ceres


Draw: 9 September 2023
Prizes proudly sponsored by:

Advertensie-ruimte word geborg deur:

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald
Sport
Ceres trap Vastrap 30-15
DIE naweek het Ceres se rugbyspanne weer aan die wenkant gekom.
In die Streek Uitdaagreeks loop dinge baie gelykop aan die bopunt van die punteleer.Ceres is netnet voor met Tulbagh in die tweede plek. Die naweek het Ceres vir Vastrap met 30-15 geklop terwyl Tulbagh vir Lovedale met 26-23 geklop het.
In die Witsentraal Groot Uitdaagreeks het Delicious en Bella Vista oorwinnings behaal maar Hamlet en Wolseley het hul wedstryde verloor.
Naweek se uitslae
In die Witsentraal Groot Uitdaagreeks klop Delicious vir Young Blues met 24-21 en Bella Vista klop Temperance met 22-16. Hamlet verloor 1826 teen Roses United en Wolseley verloor 10-28 teen Hillcrest. Newtons klop Wellington 39-15.
In die Streek Uitdaagreeks het Tulbagh vir Lovedale 26-23 geklop, Ceres wen Vastrap, Young Good Hopes klop Op-die-Berg met 28-15, Paardekloof wen 18-13 teen Westlyans, Lindeshof klop La Plaisante 15-10 en Red Roses klop Pumas met 29-21.
JB en Nathan wen hul wedvlugte
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 26 Augustus op Hopetown losgelaat nadat die weer op Kimberley ongustig was vir duiwe om in te vlieg.


Die Kimberley wedvlug is na ‘n latere datum verskuif.
JB Erasmus en Nathan Jacobs het onderskeidelik die Noord Boland Uniale Ope 1 en 2 wedvlugte gewen. Hulle wen ook die twee Ceresvallei federasie vlugte. Ceres duiweboere het die naweek ook goed gevaar in die unie wedvlugte.
Die naweek word die duiwe weer op Beaufort Wes los gelaat vir die laaste kortpad-wedvlug van 2023. Die kortpad Ceresvallei Federasie kampioen sal na dié wedvlug aangewys word.


CPHS
Ope 1
1. Cyril en Anne Davids - 1188.386 mpm
2. Team Koopman - 1166.082 mpm
3. Mauritius Lofts - 1151.812 mpm
4. Hendriks familie - 1127.021 mpm
5. Cyril en Anne Davids - 1121.061 mpm Ope 2
Karatekas verower medaljes
HENRIQUE Swartz van Tulbagh is onlangs in die Boland o/21 rugbyspan opgeneem. Hier ontvang hy sy spelerstrui van Bennie van Rooi (president van Bolandse rugbyunie).



1. Cyril en Anne Davids - 1109.961 mpm
2. Clarence van Wyk - 1059.069 mpm
3. Cyril en Anne Davids - 1047.717 mpm

4. Mauritius Lofts - 1038.738 mpm
SENSHI Dojo op Ceres het Saterdag 19 Augustus aan die Alle style karate liga 2 byeenkoms deelgeneem wat deur Helderberg Dojo aangebied is. AGTER: Isak Krige het ‘n vierde plek in kata behaal, Mia Laubscher (kata-goue medalje, kubudo long weapon-silwer medalje, kubudo short weapon-goue medalje en in kumite-goud) en Lukas Krige (kata-goud en kumite-silwer medalje). VOOR: Sensei Wayne Vermeulen.

ALWAYNO Visagie, oudleerder van Laerskool Koue Bokkeveld en Paarl Gimnasium, is die afgelope paar jaar ‘n staatmaker speler van die Sharks. Alwayno se rugbyloopbaan het op die koue en nat velde van Op-die-Berg begin voordat hy opgeneem is in die o/12 en o/13 Bolandspanne. Hy het ‘n rugbybeurs ontvang waarna sy paaie na Paarl Gimnasium gelei het waar hy vir twee jaar deel van die eerstespan was. Na die 2013 WP Akademieweek het die Sharks hom ‘n kontrak aangebied en het hy tussen 2015 en 2018 vir die Sharks se o/19 en o/21 spanne uitgedraf. Hierna sluit hy hom by die Pumas aan en was hy deel van die span wat in 2022 die Curriebeker verower het. In 2023 het hy weer na die Sharks teruggekeer. (Inligting ingestuur deur Ettienne van Wyk).
Parish of St. Andrew’s Tour de Dam
