Witzenberg Herald Vol.23 no.35 (Online Weergawe)

Page 1

WH Herald Witzenberg

Volume 23 no. 35

R7.00

Friday, September 11, 2020

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 10 September

Vrydag 11 September

10° 20°

11° 18°

Saterdag 12 September

Sondag 13 September

10° 13°

8° 18°

Ceres Koekedouw dam

100%

☎ (023) 316-2463 Witzenberg Herald vier vanjaar hul 23ste bestaansjaar

Lesing: 2020/09/09

Telephone: (023) 316-2021/3

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

For T&C’s visit www.steers.co.za

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

SAPD soek taxi-baas se moordenaars DIE Wes-Kaap taxi-eenheid en die Ceres polisie soek nog ‘n plaaslike taxi-baas se moordenaars.

Voetspore-span reis deur land en besoek Ceres DIE Voetspore-span het einde Augustus Ceres besoek. Ten spyte van inperkings en ’n pandemie, het Voetspore se wiele weer gerol. Nadat hulle verlede jaar om die buite grense van Suid-Afrika gereis het, het hulle vanjaar besluit om die binneland (Voetspore in Suid-Afrika 2 - ViSA2) te verken. Die reis het by Pafuri in die Noorde van Suid Afrika begin. Van daar is dit verby Klaserie, Dullstroom, die Waterberge, die Suid-Vrystaat, die Groot Karoo, die Sederberge, Weskus, oor die Hottentots Holland berge tot aan die mees suidelike punt van die kontinent by Agulhas. Tydens die besoek aan Ceres het hulle by Ceres Zipslide gaan kuier en die glykabel geniet. Die span het ook by Geldenhuys Slagtery gestop voordat hulle ‘n draai by Matroosberg reservaat gemaak het. Die Ceres-besoek is deel van episode 12 van die program.

ALLE TOYOTA VOERTUIG EIENAARS

URGENT RECALL CAMPAIGN

2007 - 2009 Corolla en RunX (lugsakke en vensterskakelaar)

Die polisie volg talle leidrade op in die ondersoek waar ‘n plaaslike minibus-eienaar, Victor Mbangula (66), op 18 Augustus voor sy huis in Zolastraat doodgeskiet is. Mbangula het die Dinsdagoggend omstreeks 09:20 voor sy huis gestaan toe hy deur twee onbekende aanvallers doodgeskiet is. Hy is drie keer deur een aanvaller geskiet voordat ‘n tweede man omgedraai en hom nog twee keer geskiet het. Die aanvallers het te voet gevlug. Die Wes-Kaap taxi-eenheid ondersoek ook ‘n skietvoorval in Town Two, Lingelethu (buite Kaapstad) waar Banele Mbuqe (46) van Ceres op 4 Augustus doodgeskiet is. Inligting Indien inwoners oor enige inligting beskik of weet waar die aanvallers hulle bevind, kan hulle die polisie skakel 0860-010111. Die ondersoekbeampte van die moord van Mbuqe is sers. Ntyileko Mase (021) 360-2263. Die ondersoekbeampte van die moord van Victor Mbangula, is sers. Mdokwana en hy kan op 071904-7404 geskakel word. Vorige skietery Die polisie ondersoek ook die aanval op ‘n buseienaar van Nduli, Sizwe (Mgeba) Adoons (41). Hy is Saterdag 25 Julie ernstig gewond. ‘n Man wat saam met hom in sy bakkie gesit het, Mpiyakhe Qokole (48), het in die aanval gesterf na twee skote hom getref het.

Skuldig aan moord ‘n MAN (19) van Wolseley is die week in die streekhof skuldig bevind aan moord. Franco Tieties het op 10 Desember 2019 ‘n inwoner na ‘n argument vermoor. Riaan Fredericks (26) was die betrokke dag omstreeks 11:50 by sy huis op Kluitjieskraal toe ‘n argument daartoe gelei het dat hy met ‘n mes gesteek is. Hy het op die toneel gesterf. Fredericks was saam met ‘n vriend by die huis toe Tieties daar verby stap en na Fredericks se vriend roep. Fredericks het die vriend gekeer en self nader gestap. ‘n Argument het tussen die mans begin waarna die Tieties ‘n mes uitgepluk en Fredericks in die bors gesteek het. Tieties sal op 14 September gevonnis word.

Make your life easier with Mobile convenience

CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!

OPEN GATE VIA MISSED CALL

Yaris Sedan en Yaris Hatchback (lugsakke en vensterskakelaar)

2007 - 2016 Hilux en Fortuner (luksakke en spiral cable) Indien u een van die bogenoemde voertuie het, skakel asb. ons diensafdeling om te hoor of u voertuig moet inkom om ‘n recall te doen

Ceres Toyota

Voortrekkerstr 112, CERES  (023) 312-1057

Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Witzenberg Herald Vol.23 no.35 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu